NUUSBRIEF (2013/11) Die A tot Z van 2013

Size: px
Start display at page:

Download "NUUSBRIEF (2013/11) Die A tot Z van 2013"

Transcription

1 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) Fax: +27 (12) NUUSBRIEF (2013/11) A: ANC Die A tot Z van 2013 Die regerende party het n moeilike jaar agter die rug danksy binnegevegte, omstredenheid oor beleidsrigtings en gerugte van ongerymdhede vir persoonlike finansiële gewin. Van almal is hulle bes moontlik die blyste dat 2013 aan die einde kom. D: Duur, duur skuld Of dit in SA of die VSA & Europa is, die wêreld verdrink in skuld. In Suid-Afrika het byna 10 miljoen mense swak kredietrekords, wat die druk op banke verder laat toeneem. Meer as 70% van huishoudings se besteebare inkomste gaan tans om skuld te delg. B: Bangui In Maart het 15 Suid-Afrikaanse soldate hul lewens in die Sentraal Afrikaanse Republiek verloor. Hulle het heldhaftig gestaan en veg teen n oormag terwyl die plaaslike weermag gevlug het, en die Franse soldate teruggestaan het. E: Economic Freedom Fighters Mnr Malema is soos n kat met nege lewens. Plaasloos, huisloos, maar met n nuwe party en oulike rooi hoedjies. Met al sy aanmerkings oor President Zuma was hy inderdaad n doring in die vlees van die ANC in C: Chelyabinsk Ja, jy het reg gelees. In Februarie het n meteoried oor hierdie Russiese stad ontplof. Ongeveer 1500 mense is beseer en byna 4500 geboue beskadig. Dit was die grootste een wat die aarde in byna 100 jaar getref het.

2 F: Federale Begrotingstekort en Spandering Die uitermatige hoë vlakke van staatsbesteding in die VSA bekommer baie ontleders, wat reken dit moet teruggesny word sodat die tekort meer beheerbaar kan wees. Wat ons egter die meeste bekommer is dat meer as 50% van besteding daar aan pensioene en gesondheidsorg is, terwyl slegs 4% aan onderwys gaan. G: Goud die SA Reserwebank se teikenband van 3%-6% beweeg. Die enigste rede hoekom dit nie nog hoër is nie is ons huidige patetiese vlak van ekonomiese groei wat inflasie effens inperk. J: Justin Bieber Ja, hy was in Suid-Afrika en tienermeisies se knieë was lam en hul stemme hees geskree. Hy het dit ook reggekry om n gholfkarretjie te beskadig by die One & Only Hotel in Kaapstad. Sedert die begin van die jaar het die prys van goud skerp gedaal van $1700 tot die huidige $1250 per ons. Inteendeel, goud is terug na die prysvlakke van 2010 en ekonomiese herstel in die VSA en Europa kan die edelmetaal verder knou. K: Kenia H: Haiyan (Ook Yolanda) Hierdie tifoon of tropiese sikloon het die Filippyne hard getref in November en na raming tot die dood van meer as 5000 mense gelei. Die Westgate winkelsentrum in Nairobi het in n slagveld verander toe terroriste van die Al-Shabaab groep aangeval het. Twee en sestig mense het hul lewens verloor en 170 is beseer. I: Inflasie Danksy stygende elektrisiteitskostes, brandstofpryse wat hemelhoog is, verbysterende looneise en ander uitgawes wat net nie ophou groei nie het inflasie bo L: Laiki Bank Cyprus se tweede grootste bank moes sy deure sluit as deel van n reddingspakket om fondse te kry om die eiland solvent te hou. Deposante het in baie gevalle meeste van hulle bank deposito s verloor.

3 M: Margaret Thatcher Die ystervrou van wêreldpolitiek is in April oorlede. N: Nkandla Van n familietuiste na een van die duurste huise in die land. Ek dink nie daar is veel meer om te sê nie. R: Rand Danksy heelwat van die ander letters van die alfabet het die Rand se waarde sedert die begin van die jaar verswak van R8,45c teen $1 na die huidige R10,20c. S: Stakings Die ekonomie is vanjaar lamgelê daardeur, miljoene man-ure het verlore gegaan en BBP groei het slegs met 0,7% gestyg. O: Obama Barack Obama het n slegte 2013 agter die rug. Hy word deur sy opponent daarvan beskuldig dat hy op soek is na konflik, eerder as om te onderhandel. Van Obamacare tot Iran, die sluiting van sekere staatsdienste tot die spioenasieskandaal, het hy gesteier van een krisis na n ander. P: PSG Konsult Die maatskappy het aangekondig dat hy in 2014 op die JSE gaan noteer. Q: Quinton de Kock Die jongeling het vinnig opgang gemaak en kan oor die loop van die volgende dekade een van die Proteas se wedstrydwenners word. T: Tolgeld E-Toll, om meer presies te wees. Dit was n bielie van n stryd tot nou toe, maar baie mense reken dat die stryd nou eers werklik gaan begin. Dit kan die ANC n stem of 3 in die 2014 verkiesing kos. U: Uraan Iran en ander rolspelers kom ooreen om kernverryking slegs tot sekere vlakke te beperk, sodat sanksies verminder kan word. Israel is nie tevrede nie, noem dit n Historic mistake. V: Vavi Zwelinzima Vavi het eerstehands geleer dat kritiek vinnig teen jou kan draai. Hy het baie vinnig van diamante in koolstof verander en die toekoms van die vakbond Cosatu is nog in die weegskaal. X: X op n stembrief Die verkiesing van 2014 kom nader, maar die tussenverkiesings in 2013 was n hewige geveg. Die

4 ANC het steeds die oorhand, maar ander partye trek al meer stemme. Google gerus Zuma Zapiro en kyk hoeveel spotprente is bloot vanjaar gepubliseer. Y: Yellen Janet Yellen is aangewys om vir Ben Bernanke op te volg as Voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserwebank. Sy sal die eerste vrou in die pos wees. Z: Zapiro Hy het sy mes vir President Zuma ingehad. Die prestasie van fondse Een ding is verseker, ons is bederf met uitsonderlike fonds bestuurders in ons land. Ten spyte van uitdagende ekonomiese situasies, vind die uitgesoekte bate bestuurders steeds waarde en kry dit reg om puik prestasies te lewer. Ongelukkig is dit waar dat ons, as beleggers baie bederf geword het met bo verwagte opbrengste, veral vanuit die fondse met ʼn meer matig konserwatiewe risiko kalsifikasie. Hier verwys ek na fondse soos Prudential Inflation Plus Fund, of Coronation Balanced Defensive Fund. Selfs inkomste fondse, met n baie lae risiko mandaat, soos Coronation Strategic Income Fund het dubbel syfer opbrengste gelewer die afgelope dekade. Die probleem daarvan om iemand te bederf is dat daar `n verwagting geskep word. `n Verwagting dat hierdie prestasie voortaan die norm sal wees. Ongelukkig is dit `n realiteit dat fondse `n plekkie op die risiko kurwe het. Die beginsel van die risiko kurwe is dat laer risiko fondse `n laer geassosieerde opbrengs potensiaal het. Fondse, soos geldmark en inkomste fondse, lê laag op die risiko kurwe, as gevolg van die feit dat hul oorwegend geen aandeel blootstelling het nie. Daardeur word korttermyn volatiliteit meestal vrygespring, wat die fondse ideaal maak vir korter termyn beleggings. Hierdie tipe fondse word ook met groot sukses gebruik om gereelde inkomstes aan beleggers te voorsien. Hoe hoër die aandeelblootstelling in `n fonds, hoe hoër sy plasing op die risiko kurwe. Natuurlik beteken dit ook dat die tipe fondse `n groter langtermyn opbrengs potensiaal het. Die fondse benodig `n langer termyn ten einde die effek van volatiliteit te verminder in `n portefeulje. Die onderstaande grafiek toon hierdie beginsel grafies:

5 Potensiële Opbrengs `n Ander voorbeeld hiervan is die Prudential Inflation Plus Fonds: Na die groot finansiële krisis van 2007/2008 het daar `n baie groot Internasionale soektog begin na hoër opbrengste, aangesien beleggers dit nie gevind het in hul eie ontwikkelde lande nie. Die opkomende markte het geweldig baat gevind by die eksplorasie proses, met Suid Afrika as een van die groot wenners. Verskeie faktore het bygedra tot ons gewildheid by Internasionale beleggers, wat die volgende insluit: Stabiele bank sisteem Likiede geldeenheid Likiede kapitaalmark In vergelyking met ander opkomende markte was ons politieke arena kalm. Hierdie faktore het daartoe aanleiding gegee dat meer en meer kapitaal ingestroom het, veral na ons kapitaalmark. Teen 2012 was daar byna R95 biljoen kapitaalmarkinstrument gekoop deur Internasionale beleggers. Hierdie sterk lopie in die kapitaalmark sektor het fantastiese resultate te weë gebring in lae risiko fondse. Die fondse het hul eie teikens ver uitpresteer. Die onderstaande grafiek toon die prestasie behaal in die Coronation Balanced Defensive fonds, sedert sy aanvang in 2007, tot en met Oktober 2013 Alhoewel uitprestasie van teikens en die verskaffing van goeie opbrengs in beleggers portfeuljes baie goed is, is dit belangrik om onrealistiese verwagtings te identifiseer en jouself weer te herhinner aan wat normaal is. Hierdie realiteit het nou aangebreek. Sedert Mei 2013 word ons al hoe meer gewoond gemaak aan die gedagte dat die Amerikaanse Federale Bank hul ekonomiese stimulus programme gaan afskaal. Die rede daarvoor is omdat die Amerikaanse makro ekonomiese data dui op `n volhoubare ekonomiese herstel. Die direkte gevolg van die aankondigings rondom die fiskale afskalings programme was dat ons plaaslike Suid Afrikaanse 10 jaar gewaarborgde kapitaalmark instrument verhandel het vanaf `n lae opbrengs koers van 5.6% na `n hoogte punt van 8.0%. Dit is belangrik om te

6 othou dat daar `n inverse verhouding is tussen die prys en opbrengs van kapitaalmark instrumente. Die oomblik wat die oprengs opgaan, daal die prys, amper soos n wipplank, sonder die kinderspeletjies. Beleggers het hierdie onverwagse regstelling in hul portefeuljes gesien. realistiese opbrengs verwagtiging te skep. As jy enigsens twyfel of die effektetrust fondse ingesluit in jou portefeulje geskik is vir jou beleggings doelwit is dit belangrik dat jy ons moet kontak om die realistiese doelwitte te bevestig. Alhoewel daar sedertdien weer `n stelselmatige herstel plaas gevind het, verwag ons egter voortaan dat beleggers gewoond gaan moet raak aan laer opbrengs vanuit fondse met groter kapitaalmark instrumente. Met ander woorde, die realiteit van die risiko kurwe sal bes moontlik begin geld. Dit sal ook beteken dat beleggers die doel van hul beleggings fondse in oënskou moet neem. Inkomste fondse kan nie in `n portefeulje ingespan word om kapitaal appresiasie te bewerkstellig nie. Dit is resep wat nie gaan werk nie en moontlike aanleiding kan gee tot `n kapitale verlies. Spesifiek vir die doel het PSG `n goed ontwikkelde beleggings metodiek. Dit behels onder andere dat alvorens kapitaal belê word, daar `n proses gevolg word, wat die voltooing van `n risiko profiel analiese insluit. Die proses behels ook die bevestiging van die beleggingsdoelwit, sowel as termyn. Hierdie beleggings metodiek help ons, om die belegger se stand op die risiko kurwe te vind en sodoende So aan die einde van die jaar Vrolike harte, helder flikkerende liggies op die kersboom en, natuurlik, geskenke onder die kersboom. Ek vertrou dat die jaar n spesiale jaar sal wees waar die hart van Kersfees elke woonkamer sal binne dring en die feesseisoen sal ophelder. Wees asseblief versigtig op die paaie en veilig waar ookal jul mag gaan. Geseënde Kersfees en n voorspoedige nuwe jaar.

7 Vir die week geëindig: PSG MENLYN Newlands Office Park, Blok B, 261 Lois Laan, Newlands, Pretoria, 0049 Posbus 118, Newlands, Pretoria, 0049 Tel: +27 (12) Faks: +27 (12) FTSE/JSE indekse Sluitings prys Maand tot op datum Jaar tot op datum Laaste 12 maande All-Share Index % 14.60% 18.60% All-Share Index Total Return % 17.90% 22.30% Resources Index % -3.40% 0.00% Industrials Index % 27.00% 30.70% Financials Index % 11.80% 17.60% Top 40 Index % 15.40% 19.30% Shareholder Weighted Index % 16.60% 21.90% SA Listed Property Index % 7.30% 7.40% SA Volatility Index % 18.90% 9.30% Rente-draende indekse BEASSA All Bond Index % -0.50% 1.60% SteFI Composite Index % 4.70% 5.20% Inflation-Linked Bond Index % -0.30% 2.80% Rentekoerse Prime rate 8.50% 0.00% Repo rate 5.00% 0.00% Kommoditeite (in US dollars) Gold price % % % Platinum price % % % Oil price % -0.10% 0.40% Globale indekse (in basis-geldeenheid) Dow Jones (US) % 22.80% 23.60% S&P 500 (US)* % 26.70% 27.60% FTSE (UK)* % 14.70% 15.70% Nikkei (Japan) % 50.70% 66.60% Cac 40* % 18.20% 20.60% Dac* % 24.80% 28.20% MSCI Emerging % 24.80% 28.20% MSCI Developed % 21.70% 23.90% US Volatility Index % % -9.00% Wisselkoerse Rand/US dollar % 19.80% 14.60% Rand/euro % 23.30% 19.80% Rand/pound % 19.30% 18.30% Dollar/euro % 3.10% 4.90% Inflasie aanwyser CPI 5.50% Groep aanwyser MMI Holdings % 17.10% 26.10% Momentum ICI % -3.20% -6.90% Source: Momentum weekly queues

8 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) Fax: +27 (12) Volg ons op Facebook by en like ons bladsy. Ons is ook te vinde op Twitter PSG Menlyn Adres Newlands Kantoorpark Blok B, Grondvloer 261 Lois Laan Newlands Pretoria Posbus 118 Newlands Pretoria 0049 T: (012) / F: (012) Marius Cornelissen mariusc@psg.co.za Magdeleen Cornelissen Magdeleen.cornelissen@psg.co.za Martin Louw martinl@psg.co.za Gerda Potgieter Gerda.potgieter@psg.co.za Ben Fraser Ben.fraser@psg.co.za Kliënte Administrasie Menlyn@psg.co.za Facebook:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer:

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd 4 April 2014

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk 13 September 2013 Disclaimer:

More information

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5) DIE RAND DIE SLEGTE EN DIE GOEIE het. Wat my veral bekommer

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd 5 Julie 2013 Disclaimer:

More information

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016 Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016 In hierdie Maandagoggend Vooruitsig bied Prestige Bulletin u die volgende: 1. Wees versigtig die JSE is uiters gevaarlik. 2. Verlede week op aandeelmarkte. 3.

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember 2011 Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte INHOUD MULTI BESTUURDER FONDSE... 2 MARKOORSIG... 3 OPBRENGSTABELLE... 4 SAMESTELLING

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S Castle Walk Corporate Park Block B Cnr Swakop & Nossob Straat ٠Erasmuskloof ٠ 0048 Tel +27 (0) 12 484 2000٠ Fax +27 (0) 12 484 2001/2 E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S Tabel 1: Sleutel-markaanwysers

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate: Bl. 1 DESEMBER Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530 Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536 Tel: (021) 9196916 Faks: (021) 9199718 Epos: peterjon@rsabrokers.co.za Webtuiste: www.rsabrokers.co.za IN HIERDIE

More information

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf Finansieel Gesproke September 2014 INHOUD n Gebeurtenisvolle jaar Pieter Hugo Aandelemarkte verder opgedryf Rian le roux stadige rotasie nog aan die gang maar risiko s is volop PETER brooke Versterking

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September 2012 Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte INHOUD DIE RISIKO VAN INFLASIE... 2 MARKOORSIG... 3 OBRENGSTABELLE... 4 SAMESTELLING

More information

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping? julie 2008 Finansieel Gesproke 1 IN HIERDIE UITGAWE 2. Hoe marktoestande fonds-prestasie beïnvloed 4. n Plek vir kontant 5. Het ons n winteruitverkoping? 7. Doen die regte keuse (InvestRight TM ) 2 julie

More information

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E Castle Walk Corporate Park Blok B Cnr Swakop & Nossob Straat ٠Erasmuskloof ٠ 0048 Tel +27 (0) 12 484 2000 ٠ Faks +27 (0) 12 484 2001/2 E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E Dynamic Wealth is n Gemagtigde

More information

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS FINANSIEEL GESPROKE OKTOBER 2013 INHOUD BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS OLD MUTUAL INVESTORS FUND PETER LINLEY DIE GROOT ROTASIE PETER BROOKE BLY

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Finansieel Gesproke 1

Finansieel Gesproke 1 jan 2009 Finansieel Gesproke 1 IN HIERDIE UITGAWE 2. Ontmoet ons nuwe BD 3. Oorsig van wêreldwye krisis 4. Ekonomiese vooruitsig 6. Hoe u geld bestuur word in 2009 2 jan 2009 Nuwe Besturende Direkteur

More information

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016 FINANSIEEL GESPROKE SEPTEMBER 2016 INHOUD BELEIDVORMERS VERSKERP POGINGS OM WÊRELDEKONOMIE WEER AAN DIE GANG TE KRY EN GOEIE PLAASLIKE DATA GEE SA HUPSTOOT RIAN LE ROUX & TINYIKO NGWENYA WÊRELDWYE SOEKE

More information

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief 2018: Week 5 PRETORIA-OOS Weeklikse nuusbrief Beleggingsaanbieding 8 Maart 2018 Die VSA se ekonomiese groei is tans baie sterk. Dit kan in hulle baie hoë ISM (Institute for Supply Management) syfer, asook

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing Uittree-Annuïteitsplan Planbeskrywing 'n Persoon wat uittree-annuïteitsvoordele wil ontvang, moet 'n lid van 'n uittreeannuïteitsfonds wees. Die uittree-annuïteitsfonds het 'n plan vir die lid om die voordele

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September 2013 Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte INHOUD AFTREEBEPLANNING: DIE LEWENSFASE-MODEL... 2 MARKOORSIG... 4 OPBRENGSTABELLE...

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET JUNIE 2015 NUUSBRIEF Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET In hierdie uitgawe 1 Finsolnet / Sygnia Nuus Bl.2 2 Beleggingsbeleidsaanpassings Bl.2 3 Projekte Bl.3 4 Ekonomiese Oorsig en Grafieke 4.1 Markte

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys WETENSKAPLIKE BYDRAES REEKS H: INOUGURELE REDE NR. 150 BASEL, TYDSDUUR EN WAARDE OP RISIKO Prof. P Styger Publikasiebeheerkomitee Potchefstroomse

More information

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET JUNIE 2016 NUUSBRIEF Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET In hierdie uitgawe INHOUDSOPGAWE Bladsy 1) Finsolnet / Sygnia Nuus... 2 2) Beleggingsbeleidsaanpassings... 2 2.1 Buitelandse Blootstelling...

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED 2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED INHOUD VERKORTE JAARVERSLAG VIR DIE JAAR GEËINDIG 31 Desember 2014 Voorsitter se boodskap aan onderaandeelhouers 3 tot 4 Bladsy

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF Finansieel Gesproke September 2015 INHOUD N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF RENTEKOERSVERHOGINGS REGOOR DIE WÊRELD ONTSENU BELEGGERS Rian le Roux SIENING

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens 292 Tydskrif vir Geesteswetenskappe 2005, 45/2 Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens Jannie Rossouw Suid-Afrikaanse Reserwebank asook Departement

More information

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Kwartaalverslag 30 Junie 2015 Kwartaalverslag 30 Junie 2015 INHOUD FONDS VERWIKKELINGE... 2 MARKOORSIG... 3 OPBRENGSTABELLE... 5 BATEALLOKASIE... 6 1 FONDS VERWIKKELINGE Die Verso effektetrustfondse se naam het in Julie 2015 na Naviga

More information

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET INHOUDSOPGAWE 1) MARKTE IN OËNSKOU 2 Bladsy 2) 1.1 Verenigde State van Amerika 1.2 Facebook 1.3 Die Ramaphosa effek 1.4 Blue Chip aandele vaar

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

streef na uitnemendheid

streef na uitnemendheid BELEGGER2017 BELEGGINGS BEPAAL SÓ DIE WAARDE VAN JOU KLASSIEKE MOTOR INSIG ROBO-ADVISEURS MAG SLIM KLINK, MAAR KAN JY IN MOEILIKE TYE OP HULLE REKEN? LEEFSTYL DIS MOS DIE LEWE! KAMPEER LUUKS, SPRING OP

More information

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf deur P C Payne BA, LLB Studentenommer: 20727755 Skripsie ingedien ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes

More information

NUUSBRIEF JUNIE 2008

NUUSBRIEF JUNIE 2008 NUUSBRIEF JUNIE 2008 ONS KANTOOR TE EDWARDSTRAAT 126, BELLVILLE, KAAPSTAD INHOUDSOPGAWE: 1. Allan Gray - geselekteerde Finansiëlebeplanners 2. Finsolnet Nuus 3. Ekonomiese Barometers 4. Plaaslike Rentekoerse

More information

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1 RSA MAKELAARS Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET Geseënde Kersfees Bladsy 1 IN HIERDIE UITGAWE 1 Finsolnet Nuus Bl. 2 2 Ekonomiese Barometers Bl. 4 3 Buitelandse Beleggings terug na RSA Bl. 10 1) FINSOLNET

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks 1 WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET Johann Basson, Maart 2013 Agtergrond en konteks Die inligting waarop hierdie lesing gebaseer is is grootliks geïnspireer deur die boek van Tim Jackson

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe 971 Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe in Suid-Afrika The role of NSFAS in facilitating access

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

Gefokus, standvastig en oopkop

Gefokus, standvastig en oopkop NUUSBRIEF Januarie 2014 Uitgawe Inhoud: Gefokus, standvastig en oopkop 1 Ekonomiese en markoorsig Des 2013/ Jan 2014 2 Vive la difference! 4 Wiehan se brief 5 Redakteur: Aneka Janeke "It's not how much

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles (1): Voorwaardes vir n gesonde samelewing (gemeenskap) 525 Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Online: < http://cnx.org/content/col11024/1.1/ > C O N N E X I O N S Rice

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie 29-1 841 - MARITZ was en dan maak by die volgende stelling "Dit blyk uit n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie die oproer op 16 Junie verwag bet nie" en dan gaan by verder aan. Nou kom

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

N O V E M B E R

N O V E M B E R N O V E M B E R 2 0 1 4 Tegnologiese innovasie... n nuwe wêreld wag! Die RDR besprekingsdokument, hier kom n ding... Een-grootte-pas-almal by die deur uit Ontmasker die wolf in skaapsklere Verbuikers-diskonnek

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS 360 Nuusbrief van The Core Group Uitgawe 20 3 de Kwartaal September 2018 Newsletter of The Core Group Issue 20 3 nd Quarter September 2018 WEET WAARHEEN DIE W Ê RELD OPPAD IS INDEKS Vyf BTW-foute wat klein

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) VERSLAGWAARDIG JA/NEE SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 898/2003 DATUM:24/06 /2005 In die

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer 4.1 Inleiding Die doel met hierdie hoofstuk is om vanuit die literatuur die aard van bestuursmodelle

More information

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet Die evaluering van besproeiingstelsels help die watergebruiker om die stelsel beter te bestuur die evaluasie wys of die stelsel funksioneer

More information

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie deur CWH BOSHOFF 29136939 Ingehandig ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad BACCALAUREUS IN BEDRYFSINGENIEURSWESE

More information

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE Die Departement Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Fort Hare

More information

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE 360 Nuusbrief van The Core Group Uitgawe 15 2 de Kwartaal Julie 2017 Newsletter of The Core Group Issue 15 2 nd Quarter July 2017 SKEP 'N OASE TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE INDEX Dieselrabatte Kan

More information

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE Bl. 1 JUNIE Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530 Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536 IN HIERDIE UITGAWE 1 Finsolnet Nuus Bl. 1 2 Webtuistes Bl. 2 3 Ekonomiese Barometers Bl. 3 4 Inkomstebelasting Bl.

More information

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS 1. DOEL VAN DIE MEMORANDUM Om (a) bepaalde aspekte van n konsep

More information