Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

Size: px
Start display at page:

Download "Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017"

Transcription

1 Waterkruik JAARGANG 54 NO Julie 2017 EREDIENSTE VANDAG EN VOLGENDE SONDAG Dr. Douw is in Kanada as afgevaardigde van die GKSA by die International Conference of Reformed Churches (ICRC) wat vergader tot 20 Julie. Dr Douw sal daar optree as sameroeper van die Theological Education Committee (TEC). Douw, ons vertrou dat jou werk aldaar geseënd sal wees. Ons heet Dr. Johannes Bingle, wat vanoggend die oggenderediens lei, hartlik welkom in ons midde. Ons bid u die Here se seën toe op die verkondiging van die Woord. Daar sal vanaand geen aand-erediens wees nie. DIENSBEURTE Vandag: Wyke 13 & 14 Ouderlinge: Piet Robbertse en Rudi Delport Diaken: Marjan van der Walt Volgende Sondag: Wyke 15 & 16 Ouderlinge: Juan Mienie en Johan Hoogendyk Diaken: André Els Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat in die Gees is. 2 Korintiërs 3: 18 KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag: Ekumenisiteit Gereformeerde Jeug in Londen Doel: Om die Gereformeerde jeug wat in Londen verkeer met Woordbediening en pastorale hulp by te staan. Volgende Sondag: 1

2 Christelike Onderwys Instituut vir Christelike Onderwys [ICO]/Lesmateriaal Doel: Bevordering van onafhanklike Gereformeerde skole en onderwys TEESKINKBEURTE Daar sal vandag geen selfhelptee of -koffie na die erediens wees nie aangesien die kombuis tans nie gebruik kan word nie. Volgende Sondag sal daar weer drinkgoed beskikbaar wees. VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou. Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle geskenk word! Judas 1:2 Vandag Br. Jan Heymans Dinsdag 18 Julie Sr. Annette Coetzer Woensdag 19 Julie Sr. Enla Minnaar Saterdag 22 Julie Sr. Irma Koekemoer MEELEWING Sr. Marietjie Robbertse is in die LCM hospitaal a.g.v. uitputting. Ons bid u krag en genade toe vir elke dag Br. Grandi Theunissen sterk tuis aan nadat hy in die hospitaal was met longontsteking. Ons bid jou spoedige en volkome beterskap toe Sr. Betsie van der Walt het Woensdag geval en haar heup gebreek en dis Donderdag herstel met n pen en skroewe in die Unitas-hospitaal. Ons bid u spoedige beterskap toe. Ons bid ook vir u en Tjaart krag en genade toe vir elke dag /

3 "Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here..." Klaagliedere 3: BEROEPE ONTVANG Ds N Pienaar (Nikolaas) van Pretoria-Wes na Oos-Londen. INTERNATIONAL CONFERENCE OF REFORMED CHURCHES In n reeks van 2 artikels in Die Kerkblad het dr Douw een en ander inligting oor die organisasie verskaf. Die vergadering van hierdie organisasie word bygewoon deur verskeie kerke dwarsoor die wêreld. Ter wille van lidmate wat kinders of vriende in sekere lande het, gee ons graag die name van enkele van dié kerke met wie die GKSA kerklike bande het. Die kerke in Noord-Amerika en Kanada is die Presbyterian Churches in America, United Reformed Churches of America, Christian reformed Churches in North America en Orthodox Presbyterian Church. In Australasië is dit die Christian Reformed Churches of Australia, Presbyterian Church Australia, Gereformeerd Evangeliese Kerk van Australië en die Reformed Churches of New Zealand. In Engeland is daar n bediening onder die sorg van The Evangelical Presbyterian Church of England and Wales waar ds Kruger de Kock (met die ondersteuning van die GK Randburg) werksaam is. Dr. Douw en dr. Malan van Rhyn is deur die GKSA afgevaardig om die byeenkoms van die International Conference of Reformed Churches in Kanada, Julie te Jordan, Ontario, Kanada te gaan bywoon. Indien u graag meer wil weet van die International Conference of Reformed Churches, kyk gerus op die internet by: DIE TRAPPE IN DIE VERRYKINGSPROSES VAN N OPSTANDINGSGELOOF God beveel om alles in die stryd te werp om ons geloof te verryk. Die verrykingsproses verloop in trappe: Geloof word verryk met deugsaamheid: jy begin om iets te beteken as Christen. 3

4 Deugsaamheid gee kennis : dit is ervaringskennis van die lewe saam met God. Kennis bring selfbeheersing: jy weet hoe om God se krag in jou te gebruik. Selfbeheersing lei tot volharding: jy hou aan want jy kan jou beheer. Volharding gee godsvrug: jy dra vrug omdat jy bewustelik in God se teenwoordigheid leef. Die godsvrug bring liefde onder mekaar: jy het jou medegelowiges regtig lief en gee vir hulle om. Uiteindelik lei dit tot die boonste trap: liefde vir alle mense. Wil jy so lyk? Op watter trap staan jy? Lees 2 Petrus 3:3-7 met die klem op vers 3. (Dagstukkie : Almanak 2006) ALLERLEI GESPREK Die volgende gesprek tussen die redakteur van Die Kerkblad en Christo Pretorius van Pretoria FM vind DV plaas op Sondag 23 Julie 2017 om 07:45. U kan na Pretoria FM luister op / Mhz; TV oudiokanaal 887. ************ ******* LITURGIE VIR VANOGGEND o.l.v. dr Johannes Bingle DIÉ SONDAG SAAM om 09:30 by Waterkloof se rand 16 Julie AD 2017 Ontmoetingsdiens Ons kniel klein en afhanklik-ootmoedig: sing Lied 169:2,3 as votum Die Here seën ons begroetend groetseën Ons lof is sonder maat: sing halleluja tot sy eer lofsang Ps :1,2 (p.717) Ons sê sonder huiwering geloofsbelydenis..en sing van geloof wat aanskouing sal word krag van ons belydenis SB 2-4:2 4

5 Verootmoedigings- en versoeningsdiens God proklameer afkondiging van die Wet Ons vra ootmoedig Leer my u wil en lei my as antwoord op die Wet Ps :3 (p.690) Woorddiens Ons vra om die verligting van die Gees Die Here sê Skriflesing 2 Kor. 3:1-11 Teks 2 Kor. 3:3 Tema God die Korrespondent se mense van papier Antwoorddiens Ons respondeer met ʼn woord op die Woord dankgebed ook met ʼn daad by die Woord liefdegawes En my tong word deur digvuur aangedryf slotsang Ps. 45-1:1,7,9,10 (p ; 2e melodie asb.) Hy verhef sy aangesig oor ons uitstuurseën, gevolg deur SB 13-3 Ansie Wichmann toonaangewend Johannes Bingle leidingnemend God die Korrespondent se mense van papier ( n gedig) Dit is tog duidelik dat julle ʼn brief van Christus is 2 Kor. 3:3 Flentervelletjie wat warrel in die wind papiertjie wat nêrens land of lêplek vind jy wat bemors voel en gereep versnipper en verflenter gevou geskeur gekreuk beklad vervloei en dof bestreep jy is tog God se skryfpapier vir hier wat vir tyd en wyl sy aarde hier kom sier in die wêreld se donkerbitter sy heerlikheid mag vonkelskitter. Sy skrif is skoon en kunstig sier in jou. 5

6 Maar jy dra die settermerk en letterwerk van God die Korrespondent ewig langer as vir tyd en tyd se wyl verby naby-by se hier en nou tot ver en verder-ver as tyd en wêreldend.. Johannes Bingle ********** FUNKSIONARISSE VAN DIE GEMEENTE EN ANDER INLIGTING PREDIKANT SKRIBA Dr. Douw Breed Eddie Trollip Duikerlaan MONUMENTPARK videouitsendings van eredienste van die afgelope tyd. SONDAGKOSTER: André Els: ATTESSKRIBA OUDL SKRIBA Tinus Erasmus Corrie Skinner VOORSITTER DIAK. ORRELIS Loutjie Coetzee Ansie Wichmann e-pos webwerf: Op die webwerf kan u etlike jare se preeksketse van dr. Douw lees en daar is ook skakels wat u neem na oudio- en WEEKKOSTER: Nienke vd Walt: KANTOOR: Nienke vd Walt en KANTOORURE: Donderdag en Vrydag: 9 12vm. U kan egter enige tyd die kantoor skakel en jou oproep sal beantwoord word omdat die telefoon deurgeskakel is na die selfoon. BANKBESONDERHEDE Kerk: ABSA : Gereformeerde Kerk Waterkloofrand Rek no

7 Diakens: ABSA: Diakonie Spaar Rek. No PARKERING Veilige parkering is ook beskikbaar tydens oggenderedienste op die terrein van die Laerskool Anton van Wouw, h/v Lange- en Deystraat. FOTO S van die gemeente se lidmate kan besigtig word op die kennisgewingbord op die stoep van die kerkgebou. 7

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Oktober 2017

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Oktober 2017 Waterkruik JAARGANG 54 NO 41 22 Oktober 2017 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Dr. Douw is in Wittenberg om die World Reformed Fellowship se REFO500 CONFERENCE as afgevaardigde van die GKSA by te woon. Hy sal in

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 36 16 September AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 5 & 6 Ouderlinge: Daniël du Plessis en Kobie van Wyk Diaken: Joryn van Staden Volgende Sondag: Wyk 7 & 8 Ouderlinge: Jac van der

More information

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 Waterkruik JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 EREDIENS VANDAG Dr. Douw is tot Woensdag in Wallis waar hy en ds Malan van Rhyn die konferensie van die ICRC namens ons kerkverband bywoon. (Kyk berig hieronder)

More information

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016 Waterkruik JAARGANG 53 NO 32 14 Augustus 2016 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondagoggend se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal Sondag 28 Augustus 2016.

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 29 29 Julie AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 17 & 18 Ouderlinge: Piet Malan en Jaco Lindeboom Diaken: Ruan Landsberg Volgende Sondag: Wyk 19 & 20 Ouderlinge: Tinus Erasmus en Douw

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016 Waterkruik JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Vanoggend se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal volgende Sondag 13 November 2016.

More information

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015 Waterkruik JAARGANG 52 NO 27 19 Julie 2015 EREDIENSTE Dr. Breed en Elize is met verlof tot 31 Julie 2015. Vandag sal ds. Nico Ligthelm beide die eredienste lei. Ons verwelkom u weereens hartlik in ons

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 13 Januarie 2019 Jaargang 37 Nommer 01 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Ons Gemeente wil graag Ds. Casper Breed van harte bedank vir sy onbaatsugtige diens hier

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel 8 September 2013 OGGENDDIENS: Ds Karel Skriflesing: Handelinge 20: 17-38 Teks: Handelinge 20:28 Tema: God roep leiers vir sy kosbare kerk. Laat jou daarom deur die geestelike leiers bewaar en versorg!

More information

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie Dagboek Vandag 10 Junie Donderdag 14 Junie Vrydag 15 Junie Sondag 17 Junie Deurkollekte: Debutate Jeugsorg Skinkbeurt : Wyke S78 en N15 Bybelstudie 09:00 06:00 Vroegoggend Volgelinge Deurkollekte: Londen

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

29 September OGGENDDIENS: Ds Karel. Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps 131 1:1, 2, 3; Seën; Lofsang Ps 8-1:1, 3, 4, 5

29 September OGGENDDIENS: Ds Karel. Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps 131 1:1, 2, 3; Seën; Lofsang Ps 8-1:1, 3, 4, 5 29 September 2013 OGGENDDIENS: Ds Karel Skriflesing: Efesiërs 2:11-22 Teks: Efesiërs 2:16 Tema: Christus maak ons één nuwe mensheid en versoen ons só met God! Vooraf sang Lied 428:1, 2, 4 Ontmoetingsdiens

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens Jaargang 1 #30 Kontak ons 09:30 Oggenddiens Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: gkbult@gmail.com webblad: www.gkpotchbult.co.za 21 Oktober 2012 11:30 English Service Rev Willem Steyn

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons Jaargang 3 #22 09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons 29 Junie 2014 Sing: Ps 118-1: 12,13 Wetlesing: Gal 2:16 Geloofsbelydenis van Nicea Sing: Ps 31-1:

More information

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE VERJAARSDAE 6 TOT 12 FEBRUARIE 2011 02/06 CARLA PRETORIUS CONCERTO PARK 107 Blok 4 02/06 JOHAN LANDMAN SMUTSLN 254 Blok 1 02/07 WILHELM MEISSNER PRIDE OF INDIA 4821B Blok 2 02/07 MINETTE PIENAAR VAN RIEBEECKLN

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 2 September 2018 Jaargang 36 Nommer 33 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds. Swanepoel bedien die woord aan die hand van Psalm 1. Teks: P salm

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123 22 Mei 2016 15 Leraar: Dr. Christo Naude (0827851106) Kerkkantoor: 011782-0203 / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123 cnaude@mweb.co.za Danie Brink: danie@lindenpark.co.za Jeugwerker: Niel Brink (0828982946)

More information

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes Die Kandelaar 10 April 2016 NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547 Finansies 051 522 8119 KANTOORURE: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en

More information

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Jaargang 6 #15 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 14 Mei 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Om vanuit jou verhouding met God, jou naaste (al is dit jou vyand) lief te

More information

Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014

Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014 Waterkruik JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal op Sondag 23 Februarie 2014

More information

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service Jaargang 4 #5 09:30 Oggenddiens 8 Februarie 2015 11:30 International Service Rev Willem Steyn Theme: God reconciled everything including you with Himself Scripture reading: Col 1: 15-23 Key verse: Col

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

(EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 12 NOMMER 32 ELKOM IN ALBEI VANDAG SE EREDIENSTE AS ONTMOETINGS VAN DIE D

(EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 12 NOMMER 32 ELKOM IN ALBEI VANDAG SE EREDIENSTE AS ONTMOETINGS VAN DIE D 2011-06-05 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 12 NOMMER 32 EREDIENSTYE OGGEND : 08h00 AAND : 17h30 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.... (Ps. 146:2Fil. 4:13) WELKOM ELKOM IN ALBEI VANDAG

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

WELKOM NA DIE SOMERVAKANSIE

WELKOM NA DIE SOMERVAKANSIE Gereformeerde Gemeente Pta- 2014-01-19 JAARGANG 15 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) NOMMER 18 EREDIENSTYE OGGEND : 10h00 AAND : 19h30 Gee julleself aan God as lewende en heilige offes wat vir Hom aanneemlik is....

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS Maand-Krant FEBRUARIE 2013 JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS Om getuienis van Jesus Christus te wees is baie meer as net vertel DIT IS ONS HELE LEWE. Ons is boodskap en boodskapper.

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Jaargang 5 #5 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Februarie 2016 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Ps 33-1:1,5,6 Ps

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment Project Name: LEED for New Construction v 2.2 Registered Project Checklist A Visitors + Archaeological Research Centre Appendix A Project Address: West Fort, Pretoria 44 4 8 GOLD Project Totals (Pre-Certification

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER deur CONRAD JOHAN STEYN voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad MA (Teologie) in die FAKULTEIT

More information

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof.

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Lees binne GKSA: beroepenuus BROOKLYN- BROKKIES Vetkoek- Vrydag 22 April Dissipelskapkafee Oggenddiens Want

More information

Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 13 NOMMER 18

Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 13 NOMMER 18 EREDIENSTYE OGGEND : 10h00 AAND : 19h00 Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort 2012-11-18 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 13 NOMMER 18 Hy wat My liefhet, sal Ek verlos; Hy wat My Naam ken sal Ek beskerm....

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE Geagte Tessa-bybelstudiegroep, 1 Hieronder vind julle drie belangrike aspekte aangaande ons bybelstudiegroep vir hierdie eerste helfte van die jaar: 1. Die program

More information

Lydenstyd en Paasfees

Lydenstyd en Paasfees Aswoensdag staan op uit die as 4 Hoekom Paasfees vanjaar so laat is 6 Paasfees tyd om te belééf 8 Stil Saterdag 10 Paasfees met 12 eiers vir kinders 12 Nuut gesing in Afrikaans 14 Liturgie vir nagmaal

More information

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Mei - Junie 2010 Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Vol. 9, No. 3 Vertalings uit n vroeër gepubliseerde Mei-Jun

More information

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Januarie - Februarie 2012 Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Vol. 11, No. 1 Vertalings uit n vroeër gepubliseerde

More information

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014 ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014 1 Kwartaalliks uitgegee deur die SAU Departement Kommunikasie Fairviewstraat 2, Bloemfontein, 9301 Tel: (051)

More information

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3 A U G U S T U S 2 0 1 4 J A A R G A N G 1 5 N R 3 G E R E F O R M E E R D E K E R K P R E T O R I A ( D O L E R E N D ) KWARTELTJIE Augustus 2014 1 Lees meer oor hierdie publikasie in die artikel wat handel

More information

(EEN PER GESIN ASSEBLIEF) WELKOM! N LEWENDE TE DOEN!

(EEN PER GESIN ASSEBLIEF) WELKOM! N LEWENDE TE DOEN! Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort Dinamies kerk in die wêreld 2016-03-06 JAARGANG 16 EREDIENSTYE OGGEND : 10h00 AAND : 19h00 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) NOMMER 58 Maak die beste gebruik van elke geleentheid,

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Rubriek vir skeppende werk

Rubriek vir skeppende werk Meyer van Rensburg J. W. du Plessis Heilna du Plooy G.A. Jooste Gedig Gedigte Mmamodidi Die reëls van die spel 129 130 132 144 Rubriek vir skeppende werk Met die afdeiing Litera tree ons toe tot die mark

More information

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens. Ds Willem Steyn Tema: Jesus reinig die tempel, sodat alle nasies die Here kan aanbid.

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens. Ds Willem Steyn Tema: Jesus reinig die tempel, sodat alle nasies die Here kan aanbid. Jaargang 6 # 11 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 26 Maart 2017 Ek sal die lof van die Here verkondig, laat al wat leef sy heilige Naam altyd prys Psalm 145:21 09:30 Oggenddiens

More information

WELKOM IN DIE EREDIENSTE VAN:

WELKOM IN DIE EREDIENSTE VAN: 20-0-6 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 2 NOMMER 6 EREDIENSTYE OGGEND : 08h00 AAND : 7h30 Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.... (Ps. 46:2) WELKOM

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel: Rietfluit Rietvallei se kwartaallikse deuntjie Deel 2 van 2 Kommunikasie in die huwelik Profiel: DEUR DELEEN KORNELIUS Dirk en Marlene Maree het in 1974 op skool ontmoet en is 5 jaar later getroud. As

More information

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS' M ENDI M EM O R IA L S IL V E R A N N IV E R S R Y 2 2 N D FEBRUARY 1 9 4 2 BANTU SPORTS CLUB' VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. I d. AFRICANS' OWN 1.00 p.m. 1.45 p.m. 2.00 p.m. to 2.30 p.m. 2.20

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 2. Is jy n Christen en n volger van Jesus Christus? Eerstens moet ek vra of jy n Christen en n volger van Jesus Christus is, of is jy n volgeling van YAHUSHA dié Gesalfde (Yahh-Hu-Sha

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos NG Gemeente Meyerspark Maart 2014 - Jaargang 11 Uitgawe 2 Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos Geloof weet uiteindelik dat Jesus jou vrymaak. Om Hom te kan volg. Gebed: Ek glo ook, Here! Help

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG 21 September Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd Deurkollekte

More information

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Mei - Junie 2017 Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Vol. 16, No. 3 Vertalings uit n vroeër gepubliseerde Mei-Jun

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 22 AUGUSTUS Sakelys : Kerkraadsvergadering 09:00

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry! Stad sonder mure n Toneel deur Theo de Jager Faan Louw, suksesvolle ginekoloog Bart Kruger, voormalige Blou Bul-flank, in n rystoel In Bart se woonkamer, matig luuks. Faan stoot die voordeur toe. Faan:

More information

MEER AS WELKOM IN ALTWEE VANDAG SE

MEER AS WELKOM IN ALTWEE VANDAG SE EREDIENSTYE OGGEND : 10h00 AAND : 19h00 Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort 2012-10-21 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 13 NOMMER 14 Hy wat My liefhet, sal Ek verlos; Hy wat My Naam ken sal Ek beskerm....

More information

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop Jaargang 6 #14 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Mei 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop Ps 146-2: 1,3,4 Ps 146-2:

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend VERJAARSDAE : 25 TOT 31 JULIE 2010 07/25 REINERT VAN RENSBURG VAN RIEBEECKLN 59 Blok 3 07/25 TANYA RAS VAN RIEBEECKLN 87B Blok 3 07/26 BEATRIX SWANEPOEL VAN RIEBEECKLN 193B. Blok 2 07/26 RINA PRETORIUS

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 GOEIE VRYDAG Wanneer u hierdie uitgawe ter hand neem, is Goeie Vrydag al verby en is ons midde-in die Paasnaweek. Hierdie naweek is die

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING Inleiding BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING Om spesiaal te fokus op die skepping in ons eredienste is n navolging van eeue oue tradisies in die Christelike godsdiens. Die geweldige ekologiese

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid OM MEE TE BEGIN Bedagsaamheid Die nuwe jaar het ongemerk sy loop geneem en hier staan ons alreeds aan die begin van die derde maand daarvan. Die Trustees hoop dat die nuwe jaar suksesvol verloop en dat

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018)

iederark Inhoudsopgawe 30 November 2014 Uitgawe 43/2014 (018) (018) Kerkkantoor Tel (018) Faks (018) 30 November 2014 iederark Uitgawe 43/2014 Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information