GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

Size: px
Start display at page:

Download "GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON"

Transcription

1 1 2 September 2018 Jaargang 36 Nommer 33 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds. Swanepoel bedien die woord aan die hand van Psalm 1. Teks: P salm 1:6 Tema: God belowe sukses aan diegene wat na Sy waarskuwings en raad luister. Hoofpunte: 1. God se waarskuwing. 2. God se raad. 3. God se belofte Sing: P salm 1: 1 en 4; Skrifb 12-3: 1 en 2; Psalm 119: 6 en 7; Psalm 66:7 en 8; Psalm 73: 11 en 12 Psalm 1:6 W aarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang. Die Aanddiens Ons het vanaand ʼn ruildiens met GK Waterkloofrand. Dr Douw Breed preek hier by ons en Ds Christo preek by Waterkloofrand. Die Skriflesing is Lukas 11:1-13. Die teksvers is Lukas 11: 8. Die Tema: Skaamteloos in gebed na God en seker dat Hy ag gee. Sing: P salm 146:1, 4 en 6; P salm 4: 2 en 3; Skrifberyming Skaamteloos. I n Jesus se gelykenis volgens Lukas 11 is daar drie hooffigure: die reisiger-vriend wat laat in die nag gearriveer het; die gasheer by wie die reisiger-vriend aangekom

2 2 2 Sepember 2018 het en die slaper-vriend wat moes opstaan om brode te voorsien. Die gasheer weet dat hy vir sy reisiger-vriend wat so laat in die nag onverwags arriveer het, iets moet gee om te eet. Hy het egter geen kos om te gee nie. Eerder as om sy vriend honger bed toe te stuur, gaan vra hy vir n ander vriend brood om vir die reisiger-vriend te gee. Jesus beklemtoon in die gelykenis wat die gasheer sy slapervriend aandoen deur hom in die middel van die nag wakker te maak. Die vriend bly duidelik in n een-vertrek huisie en almal in die huis, in besonder die kinders, sal wakker wees teen die tyd dat die deur met sy grendels oopgemaak is. Tog, vertel Jesus, sal die slaper-vriend nie die gasheer wegstuur nie. Die rede hoekom hy hom nie wegstuur nie, is die skerppunt van die gelykenis. Jesus sê dat die slaper-vriend die gasheer help, nie soseer omdat hy sy vriend is nie, maar vanweë die gasheer se skaamteloosheid. Wat tot die slaper-vriend spreek, is die feit dat die gasheer hulle verhouding so sterk ag, dat hy hom onbeskaamd in die middel van die nag wakker maak. Met hierdie gelykenis is Jesus besig om vir sy volgelinge van gebed te leer (vgl. 11:1). Jesus leer met die gelykenis dat gelowiges in n sekere sin skaamteloos in die gebed na God moet gaan. Ek het as sondaar geen reg om met my sake na God te gaan nie. Tog kom ek, sonder enige verdienste aan my kant, skaamteloos voor God. Ek kom vrymoedig op grond van die toegang wat my Verlosser, Jesus Christus, vir my bewerk het. Gelowige, kom jy so, diep onder die besef dat jy eintlik om middernag aanklop, met vrymoedigheid voor God? MEELEWING Sr Annatjie Engelbrecht is toe nie geskik bevind vir haar rugoperasie nie. Volgens die ortopeed by 1 Militêre Hospitaal is die rug en die pelvis wel besig om te herstel. Daar word nou na 'n ander probleem gekyk en sy moet eerskomende Donderdag 'n Angiogram ondergaan. Henry en Annatjie wil op hierdie stadium baie dankie sê vir almal se gebede en ondersteuning en meelewing wat hulle beleef het. Dit was vir hulle werklik 'n riem

3 3 2 September 2018 onder die hart en besef hulle hoe geseënd hulle is om deel van 'n liefdevolle geloofsgemeenskap te wees. Hulle waardeer dit opreg. Sr Marie Adelaar verjaar Vrydag 7 Septembr dan is sy 93 jaar oud. Baie geluk Tant Marie, ons wens jou n geseënde nuwe lewensjaar toe gevul met liefde, blydskap en vreugde MANNA EN KWARTELS VIR DIE GEES Ds Callie Opperman, Emeritus Leraar, Swakopnund DIE REDAKTEUR IS MAANDAG 27 AUGUSTUS BY DIE DORSLANDTREK GEDENKFEES, OP DIE WAL VAN DIE KUNENERIVIER. In die plek van 'n oordenking in die Deo Gloria Kuberbrief, skeduleer ek die uitsending van hierdie Skrifgedeelte oor God as Skepper. Ons bely: Ek glo in God, die Vader, die Skepper van hemel en aarde. Die Skrif leer: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. (Johannes 1:1 3)

4 4 2 Sepember 2018 BEROEPENUUS BEROEPE ONTVANG Ds EJ van Jaarsveld [Janré] van Tsumeb na Durban-Noord. DIE EERSTE AFRIKAANSE BYBEL Op 27 Augustus 1933, 85 jaar gelede, is die eerste Afrikaanse Bybel in gebruik geneem. Die wortels van die Afrikaanse Bybel gaan so ver terug as 7 September 1872, toe Arnoldus Pannevis van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) n artikel gepubliseer het oor die dringende behoefte aan De Bijbel in het Afrikaans. Eers 44 jaar later, in 1916 (102 jaar gelede!), het die NG Sinode van die Vrystaat besluit dat daar daadwerklik iets aan die saak gedoen moet word. Inisiatief is geneem om die hele Bybel in Afrikaans te vertaal. Daar sou nog 17 jaar verloop voordat die eerste Afrikaanse vertaling die lig gesien het. Prof JD du Toit (Totius), saam met prof. BB Keet van Stellenbosch, sou die grootste werk aan die vertaling doen. Die vrug van die harde werk om die Bybel in Afrikaans te vertaal is groot. Daarvan is die hersiene 1953-Bybelvertaling wat daagliks nog in talle huise en kerke gebruik word, n klinkklare bewys. Hier is n interessante artikel om te lees: maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/85-jaar-van-die-bybelin-afrikaans/ In die artikel is daar n lys van pragtige Afrikaanse idiome wat uit die eerste Afrikaanse Bybelvertaling oorgeneem is en volksbesit geword het. Bv. hy het sy Moses teëgekom (Eks. 14:28), die skrif is aan die muur (Dan. 5:5), n vlieg in die salf (Pred. 10:1), berge versit (Matt. 17:20), hy is my regterhand (Jes. 41:1), kom ek om, so kom ek om (Est. 4:16). NEGE JAAR VAN GESEëNDE GROEI Verlede week het ons gewag gemaak van die bedrywighede in ons gemeente die afgelope 9 jaar. Ons kan egter nie nalaat om te kyk na hoe die lidmate van ons

5 5 2 September 2018 gemeente ook hul deel gedoen het in die groei van ons gemeente nie. Soos genoem het ons van minder as 300 lidmate gegroei het tot 430 lidmate nie. Wat egter besonders is, is dat die gemiddeld ouderdom van ons lidmate heelwat jonger geword het en dat ons nou die vrolike laggies van ʼn aansienlike aantal kleuters kan hoor. Ons lidmate het al hoe meer betrokke geraak by die gemeente aktiwiteite en ons kan nie anders as om ook ons lidmate se rol in die groei van die gemeenskap van die gelowiges uit te sonder nie. Kyk maar net hoe lekker kuier ons lidmate na die erediens met ʼn koppie tee in die hand. Ons wil graag ons lidmate bedank vir hul bydrae in ons gemeente groei, nie net vir hul getroue maandelikse bydraes nie maar ook die ondersteuning van die aksies wat hier by ons gemeente geloods word. Doen so voort. Maar ons kan nie op ons eie vermoëns roem vir hierdie opbloei nie. Ons erken dat ons nie sou kon wees waar ons nou is as ons nie die seënende hand van God oor ons gehad het nie en ons dank God vir sy bewaring en koesterende liefde. DIE FRANKFORT RIVIERTOER Hierdie toer word jaarkliks aangebied deur die Gereformeerde Kerk Frankfort vir ons eie gemeentejeug, maar daarby ingesluit jongmense van regoor die land (Gereformeerdes en niegereformeerdes). Daar was die afgelope paar jaar kinders uit meer as 50 verskillende gemeentes en denominasies. Die positiewe invloed vanuit ons GKSA-kerkverband strek dus baie wyd. Ons span bestaan elke jaar uit 9 predikante (wat verantwoordelikheid neem vir 20kinders in sy kleingroep). Ons totale inskrywingsgetal is 180 kinders. Die gemeentelede van GK Frankfort word ingedeel in werkspanne wat verantwoordelikheid neem vir die logistiek, vervoer van die kinders, die aktiwiteite op - en uit die rivier, asook natuurlik die lekkerste kampkos denkbaar Daar word elke dag (vir 3 dae) tyd gemaak vir Bybelstudie (in die kleingroepe) en dan n Tema-aanbieding vir die groot groep gesamentlik (een vd predikante neem elke dag hiervoor

6 6 2 Sepember 2018 verantwoordelikheid). 2 Desember 2018 tot Donderdag : 6 Desember Kampkoste: R800 per kind. Inskrywingsvorms is reeds beskikbaar (sien skakel) s/14pvj6u5v8u0yjl/2018%20-%20inskrywingsvorm.pdf? dl=0 Kontak gerus vir Sanette ( ) 21. Omgewingspitkos Met ons land wat soveel onbesoedelde bestemmings aan veral stedelinge bied om aan die seer van geknakte omgewings te ontsnap, dwing die wegbreke jou tot besinning van nuwe idees om die sleg in jou bestaan om te keer. God het in sy skepping soveel moontlikhede vir die mens opgesluit om kreatief mee te werk te gaan. Leer uit die hoe van diere en plante se oorlewingsinstinkte deur byvoorbeeld water en weiding op te spoor en te bespaar, tydens droogtes te oorleef, energie op te berg en sindelik en ordelik te lewe. Dinge in die natuur is darem te doelgerig besig om op n goddelike manier iets groots hier in stand te hou, om nie op n ontdekkingsreis deur ons raakgesien te word nie. KERKKAMP SEPTEMBER 2018 Ons is nou in die pylvak op pad na ons gemeentekamp. Daar is nog drie kamers met tweebeddens elk beskikbaar. Sou jy nog wil saamgaan moet jy asb gou spring. Ons program is gefinaliseer en ek kan jou verseker dat daar aan jou stoutste verwagtinge voldoen sal word. Ons het reeds ʼn volledige inligtingstuk aan die ons kampers voorsien. In die inligtingstuk het ons versoek dat die name van die kinders wat Saterdagoggend na die Bayette Avontuurkamp wil gaan asb aan Ferdie van Wyk verskaf moet word. Doen dit so gou as moontlik. Ons versoek daardie kampgangers wat nog nie hul kampgelde oorbetaal het nie om dit nou dringend te doen. Betaal dit in hierdie rekening in maar maak asb seker dat jy kerkkamp gekoppel met jou naam as verwysing gebruik. Absa Bank Lyttelton, Takkode , Rek No:

7 7 2 September 2018 HIERDIE WEEK HOU ONS, ONS BESIG MET: Vandag: Die kollekte tydens die erediens is vir die Diens van Barmhartigheid en by die deure vir die Studentekas. Die ouderlinge en diakens van wyke 9 en 10 is aan diens. Die susters van Wyk 5 nooi jou na die diens vir ʼn koppie tee by Dopperdraai. Katkisasie: Les 22 Bybelstudie: Daar is Bybelstudie Dinsdag en Donderdag. Die Silwerkrone bestuur vergader Dinsdag na Bybelstudie VERJAARSDAE 3 Sep: Heinrich Bloemhof(w yk 5) 4 Sep: Katrien Erasmus(w yk11) Br Flippie Venter(W yk 4) 5 Sep: Sr Susan Schoeman(w yk9) en Jaco Viljoen(w yk5) 6 Sep: Anelda Venter(W yk9) en Lorita van den Berg (W yk12) 7 Sep: Tew is Labuschagne(W yk3) 9 Sep: W ilfred Houston Mcmillan(W yk 19), Carl P ohl(w yk5) en Cristel Venter(Wyk15) KLEINADVERTENSIES R Riempies gebreek/stukkend? Stoele en 2 sitplek banke. Kontak Jan Plomp of JOU NUTSMAN: Skakel vir Hendrik van der Linden by Skoonmaak van Matte, Meubels, Leer en Materiaal, Matrasse, Vensters, Geboue, Kantore, Store en Huise. Baie dankie, ALTA by NEUTE. Gesels met George Lee oor vrugte en neute. Bel hom by Daar is ʼn nuwe pryslys beskikbaar. VLEIS. Chris du P lessis is w eer op spoor met die verskaffing van die vleis. Skakel Chris by

8 8 2 Sepember 2018 ALGEMENE INLIGTING Predikant: Ds Christo Sw anepoel, Burgerlaan 113, Lyttelton Manor Selfoon E-pos swanepoel.gerefkerk@telkomsa.net Bedieningskommissie: Ouderling Kobus Erasmus. Tel Bestuuurskommissie: Ouderling Tiddo Voogt: Voorsitter van die Diakonie: Diaken Johan How ell Tel: Susters Voorsitter: Sr Griet Sw anepoel Die Silwerkrone Voorsitter: Br Jan P lomp Orrelis: Jaco Viljoen Tel: Koster: Mike Muller Kerkkantoor: Dirk Schoeman Bankrekening van die Kerk: Absa Bank Lyttelton, Takkode , Rek No: Die Kassier: Ouderling Kobus Robbertse Bankrekening van die Diakonie: Bank: ABSA Rek: Tak: Bankrekening van die Susters: Gereformeerde Susters Komitee, ABSA Bank Lyttelton Takkode , Rek No: Die Koerier: Ferdie van W yk - ferdievw@telkomsa.net Gereformeerde Kerk Lyttelton Skribas: H/v Stasie en Monument Strate Oudl Carl Pohl Navrae: Dirk Schoeman Selfoon: Tel Oudl Pieter Bos E-pos: gkl@telkomsa.net Selfoon: Attes Skriba: Henry Engelbrecht, Tel: Selno: E-pos: henmet@telkomsa.net Emosionele Ondersteuningsnetwerk: Indien u emosionele bystand weens eensaamheid, siekte, trauma ens. beleef of net wil deel word van die emosionele ondersteuningsnetwerk in ons gemeente, kan u gerus vir Trudie Grobbelaar (koördineerder) skakel by tel: , of sel:

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 13 Januarie 2019 Jaargang 37 Nommer 01 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Ons Gemeente wil graag Ds. Casper Breed van harte bedank vir sy onbaatsugtige diens hier

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 Waterkruik JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 EREDIENS VANDAG Dr. Douw is tot Woensdag in Wallis waar hy en ds Malan van Rhyn die konferensie van die ICRC namens ons kerkverband bywoon. (Kyk berig hieronder)

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie Dagboek Vandag 10 Junie Donderdag 14 Junie Vrydag 15 Junie Sondag 17 Junie Deurkollekte: Debutate Jeugsorg Skinkbeurt : Wyke S78 en N15 Bybelstudie 09:00 06:00 Vroegoggend Volgelinge Deurkollekte: Londen

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017 Waterkruik JAARGANG 54 NO 27 16 Julie 2017 EREDIENSTE VANDAG EN VOLGENDE SONDAG Dr. Douw is in Kanada as afgevaardigde van die GKSA by die International Conference of Reformed Churches (ICRC) wat vergader

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3 A U G U S T U S 2 0 1 4 J A A R G A N G 1 5 N R 3 G E R E F O R M E E R D E K E R K P R E T O R I A ( D O L E R E N D ) KWARTELTJIE Augustus 2014 1 Lees meer oor hierdie publikasie in die artikel wat handel

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE VERJAARSDAE 6 TOT 12 FEBRUARIE 2011 02/06 CARLA PRETORIUS CONCERTO PARK 107 Blok 4 02/06 JOHAN LANDMAN SMUTSLN 254 Blok 1 02/07 WILHELM MEISSNER PRIDE OF INDIA 4821B Blok 2 02/07 MINETTE PIENAAR VAN RIEBEECKLN

More information

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Jaargang 6 #15 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 14 Mei 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Om vanuit jou verhouding met God, jou naaste (al is dit jou vyand) lief te

More information

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE 1. RESPONDENTE Hierdie prakties-teologiese ondersoek gebruik spesifieke gesprekke met verskillende spesialiste in verskillende

More information

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof.

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Lees binne GKSA: beroepenuus BROOKLYN- BROKKIES Vetkoek- Vrydag 22 April Dissipelskapkafee Oggenddiens Want

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Stellenbosch Theological Journal 2018, Vol 4, No 1, 297 319 DOI: http://dx.doi.org/10.17570/stj.2018.v4n1.a14 Online ISSN 2413-9467 Print ISSN 2413-9459 2018 Pieter de Waal Neethling Trust Geloofsonderskeiding

More information

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar

Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar Die 2001-omdigting van die Psalms na vyf jaar Herrie van Rooy ABSTRACT In 2001 a new version of the Afrikaans Psalter was published. It contains 150 hymns in a strophic version by T.T. Cloete, eight by

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 29 29 Julie AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 17 & 18 Ouderlinge: Piet Malan en Jaco Lindeboom Diaken: Ruan Landsberg Volgende Sondag: Wyk 19 & 20 Ouderlinge: Tinus Erasmus en Douw

More information

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons Jaargang 3 #22 09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons 29 Junie 2014 Sing: Ps 118-1: 12,13 Wetlesing: Gal 2:16 Geloofsbelydenis van Nicea Sing: Ps 31-1:

More information

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch

H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch H J B Combrink Universiteit van Stellenbosch n Halfeeu van verklaring, vertaling en verspreiding van die Bybel: met spesifieke verwysing na die rol van die Algemene Kommissie vir Bybelvertaling, Bybelverklaring

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Jaargang 5 #5 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Februarie 2016 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Ps 33-1:1,5,6 Ps

More information

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012 Maand-Krant DES 2012 & JAN 2013 ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012 OLV Bekendstelling Sondag: Die gemeente is aan die begin van die jaar bewus gemaak van die fokus vir die

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop Jaargang 6 #14 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Mei 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop Ps 146-2: 1,3,4 Ps 146-2:

More information

19. Kerkargief en -museum

19. Kerkargief en -museum 19. Kerkargief en -museum 19.1 RAPPORT DEPUTATE KERKARGIEF EN MUSEUM (Artt.9, 133) A. Dr. JM van Tonder stel die Rapport. B. Besluit: Finansiële implikasies word verwys na die Kommissie Finansies. C. Ds.

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 22 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Pinkster 2016 het ons opgeroep om nie meelopers nie, maar dissipels te wees. Pinkster 2016 het ons opgeroep om met groter vrymoedigheid

More information

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015 Waterkruik JAARGANG 52 NO 27 19 Julie 2015 EREDIENSTE Dr. Breed en Elize is met verlof tot 31 Julie 2015. Vandag sal ds. Nico Ligthelm beide die eredienste lei. Ons verwelkom u weereens hartlik in ons

More information

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes Die Kandelaar 10 April 2016 NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547 Finansies 051 522 8119 KANTOORURE: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel: Rietfluit Rietvallei se kwartaallikse deuntjie Deel 2 van 2 Kommunikasie in die huwelik Profiel: DEUR DELEEN KORNELIUS Dirk en Marlene Maree het in 1974 op skool ontmoet en is 5 jaar later getroud. As

More information

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens Jaargang 1 #30 Kontak ons 09:30 Oggenddiens Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: gkbult@gmail.com webblad: www.gkpotchbult.co.za 21 Oktober 2012 11:30 English Service Rev Willem Steyn

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend VERJAARSDAE : 25 TOT 31 JULIE 2010 07/25 REINERT VAN RENSBURG VAN RIEBEECKLN 59 Blok 3 07/25 TANYA RAS VAN RIEBEECKLN 87B Blok 3 07/26 BEATRIX SWANEPOEL VAN RIEBEECKLN 193B. Blok 2 07/26 RINA PRETORIUS

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014 ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014 1 Kwartaalliks uitgegee deur die SAU Departement Kommunikasie Fairviewstraat 2, Bloemfontein, 9301 Tel: (051)

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid OM MEE TE BEGIN Bedagsaamheid Die nuwe jaar het ongemerk sy loop geneem en hier staan ons alreeds aan die begin van die derde maand daarvan. Die Trustees hoop dat die nuwe jaar suksesvol verloop en dat

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 36 16 September AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 5 & 6 Ouderlinge: Daniël du Plessis en Kobie van Wyk Diaken: Joryn van Staden Volgende Sondag: Wyk 7 & 8 Ouderlinge: Jac van der

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA all accepting that they are because they have not produced anything and in the still distant future "intend" doing it, knowing full well that it would never happen; yes, knows that these "cultured" men

More information

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD P1 / FOREWORD P4 / PROJECTS Closer look at our current projects P10 / PEOPLE P15 / CONGRATULATIONS We show off our happy new parents BKMAIL IS004 NOVEMBER 2015 HME FILLING STATION: SISHEN SISHEN SkORPION

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

n Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling: noodsaaklik, wenslik of onnodig?

n Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling: noodsaaklik, wenslik of onnodig? n Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling: noodsaaklik, wenslik of onnodig? Prof. JAE Adendorff Die Deputate vir Bybelvertaling het in 1994 aan die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika gerapporteer

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER deur CONRAD JOHAN STEYN voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad MA (Teologie) in die FAKULTEIT

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG 21 September Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd Deurkollekte

More information

Lydenstyd en Paasfees

Lydenstyd en Paasfees Aswoensdag staan op uit die as 4 Hoekom Paasfees vanjaar so laat is 6 Paasfees tyd om te belééf 8 Stil Saterdag 10 Paasfees met 12 eiers vir kinders 12 Nuut gesing in Afrikaans 14 Liturgie vir nagmaal

More information

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel 8 September 2013 OGGENDDIENS: Ds Karel Skriflesing: Handelinge 20: 17-38 Teks: Handelinge 20:28 Tema: God roep leiers vir sy kosbare kerk. Laat jou daarom deur die geestelike leiers bewaar en versorg!

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information