Waterkruik. JAARGANG 54 NO Oktober 2017

Size: px
Start display at page:

Download "Waterkruik. JAARGANG 54 NO Oktober 2017"

Transcription

1 Waterkruik JAARGANG 54 NO Oktober 2017 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Dr. Douw is in Wittenberg om die World Reformed Fellowship se REFO500 CONFERENCE as afgevaardigde van die GKSA by te woon. Hy sal in die buiteland wees tot 1 November. Vanoggend word die erediens deur dr. Johannes Bingle (emeritus van Windhoek) gelei en die aanddiens deur ds Petrus van Blerk van Rietvallei. Volgende Sondagoggend lei dr. Johannes Bingle die erediens. Sondagaand 29 Oktober is daar n gesamentlike Hervormingsdiens by die GK Alkantrant. Dit begin om 18:00 en word gelei deur ds. Dirk Kotzee. DIENSBEURTE Vandag: Wyke 15 &16 Ouderlinge: Juan Mienie Johan Hoogendyk Diaken: Stefan van der Walt Volgende Sondag: Wyke 17 & 18 Ouderlinge: Piet Malan Hannes de Beer Diaken: Hendrik Coetzee KOLLEKTE BY DIE DEURE Vandag en volgende Sondag: Kerkkas TEESKINKBEURTE Dit is vandag die beurt van Wyk 10 o.l.v. Anika le Roux om tee en koffie te bedien. Volgende Sondag is dit die beurt van Wyk 11 o.l.v. Inka Wepener. 1

2 BYBELSTUDIE Die Bybelstudiegroepe vergader eers weer op Donderdag 9 November. ORRELIS SONDAG Hartlik welkom aan sr. Blyde Basson wat vandag instaan vir sr. Ansie Wichmann wat met verlof is. THEBA RADIO Vanoggend, direk na die erediens, sal Riana Crafford van Feba Radio ons inlig oor hulle werksaamhede. Hartlik welkom. Ons bid u die seën van die Here toe op julle werksaamhede. Dit sal ongeveer 10min duur. BREË KERKRAADSVERGADERING LW. Die Breë Kerkraad vergader Donderdag 2 November om 19:00 in die saal. VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here." Ps. 112:1 Vandag Br. Eddie Engelbrecht Donderdag 26 Oktober Sr. Elize Cunze Vrydag 27 Oktober Br. Frikkie van Schalkwyk Saterdag 28 Oktober Sr. Emrie van Tonder MEELEWING Sr. Sus Hossel sterk tuis aan na n rugoperasie. Ons bede is dat die erge pyn wat jy ervaar, beter mag word

3 Aan God die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig " (2 Kor. 1:3 4) KUIERKAFEE Op Dinsdag 31 Oktober 2017 om 10:00 is daar weer n Kuierkafee in die kerksaal. Almal is baie hartlik welkom. As vervoer n probleem is, skakel Hannie Kruger of An Venter KEN ONS DIE MINDER BEKENDE PROFETE? (3) Die derde profeet in die reeksie van vier profete is Oded, die standvastige profeet. In 2 Kronieke 28 verse 9 tot 15 lees ons : Daar was in Samaria n profeet van die Here met die naam Oded. Hy het die leër wat in Samaria teruggekom het, voorgestaan en vir hulle gesê: "In sy toorn teen Juda het die Here, die God van julle voorvaders, hulle in julle mag gegee, en julle het onder hulle n slagting aangerig met n woede wat ten hemel skrei. Nou sê julle julle wil die mense van Juda en Jerusalem julle slawe en slavinne maak. Maar julle, is alles wat julle doen nie ook misdade teen die Here julle God nie? Luister nou en vat die gevangenes wat julle uit jul broedervolk weggevoer het, terug, want die toorn van die Here hang oor julle". 3

4 KLIMRAAM Ouers van klein kindertjies wat op die klimraam speel word vriendelik versoek om asseblief deeglik toesig oor hulle te hou. KERSPROGRAM Sondagaand: 5 November. Erediens: 18:00 Die Kersprogram volg direk na die diens. Die Pretoria Mannekoor o.l.v. Marina Mentz en die Van Staden instrumentale-trio gaan vir ons optree. Ons gaan ook heerlik met die koor en orkes saamsing. Na die program in die kerk, gaan ons na die saal om saam te kuier en heerlike verversings te geniet. Almal is hartlik welkom. =================================================== Vul asb die skeurstrokie in: Ons. woon graag die Kersete by Aantal volwassenes: Aantal kinders onder 10:... LOOF DIE HERE FEESDIENS VAN DIE AFRIKAANSE KERKE Reformasie500:VOLGENDE SONDAG Predikers: Prof. Gert Breed Prof. Stefan Joubert Waar: NG Kerk Universiteitsoord Datum : 29 Oktober 2017 Tyd: 15:30 en 18:30 Massakoor: Renette Bouwer 4

5 Orrelis: Pieter van den Berg Simfonieorkes: Braam van Tonder Ons gemeente het n aantal kaartjies vir beide opvoerings gekoop. Om teleurstelling te voorkom, skakel Nienke by ons Kerkkantoor om kaartjies te bekom. Daar is nog etlike kaartjies beskikbaar. MARTIN LUTHER - genade alleen Dinsdag 31 Oktober is die amptelike dag van die Reformasie 500 jaar gelede. Die program Martin Luther genade alleen deur Carel Trichardt en Petru Wessels word op reformasiedag deur die Gereformeerde Kerk Kameeldrift aangebied en ondersteun deur die Tussenkerklike Raad (Nederduits Gereformeerde Kerk, Gereformeerde Kerke, Nederduits Hervormde Kerk) as een van die Reformasie 500 gedenkgeleenthede Datum: Hervormingsdag 31 Oktober 2017 Plek: NG Kerk Magalieskruin, Braam Pretoriusstraat Tyd: 18h30 vir 19h00 Koste: R per persoon. Sluit hoenderslaai en broodjie in. Kinders: Daar word apart vir kinders onder 12 voorsiening gemaak met 'n film en worsbroodjies teen R30-00 per kind Kontak Susan Fourie by posvirsusan@gmail.com of vir besprekings voor of op 20 Oktober. OPVOERING: UIT DIEP VAN DONKER NAGTE Hierdie opvoering handel oor die gebeurtenisse ten tyde van die Hervorming 500 jaar gelede. Dit sal n dokumentêre vertelling wees saam met toneelspel, ensemblesang, kamermusiek, orreluitvoering en deelname deur die gehoor. Die opvoering vind op 25, 26, 27 en 28 Oktober in die kerkgebou van die GK Centurion plaas. U moet nie wag om kaartjies te koop nie want veral die Vrydagaand en Saterdagaand se kaartjies is byna almal uitverkoop. U kan kaartjies bespreek/koop op die internet by of navraag doen by navraeddn@gmail.com 5

6 KALEIDOSKOOP MET MOOT KANTATE n Aand van solosang en koorsang. Saterdag 4 November NG Kerk Mootvallei R100 pp, sluit ligte ete in Kinders R50 Kontak Lohan Linde FONDSINSAMELING PRESIDENT KRUGERKINDERHUIS Die Gereformeerde Kerk Benoni hou jaarliks n gholfdag ten bate van die twee President Kruger Kinderhuise. Hierdie jaar se gholfdag is op Vrydag, 27 Oktober by die Benoni Country Club en ons soek asseblief gholfspelers. Die besonderhede is: R2 000 / vierbal Halfway en aandete ingesluit R2 500 / Gaaitjie borg Hierdie fondse word vir die kinders aangewend en gaan nie vir operasionele kostes nie. Elke kind kry met sy/haar verjaardag n kontant bedrag, ons stuur jaarliks die hoërskoolkinders van beide huise op die Frankfort Riviertoer en help studente wat verder studeer met uitgawes. Meer inligting: hettievi@docenda.org.za. ALLERLEI TSHWANE NORTH OUTREACH (TNO) SE BEHOEFTES Ondersteun ons asb. met somersklere, veral vir kinders. Ons het ook n nood aan handdoeke, beddegoed en gordyne. Ons is alreeds besig om skryfbehoeftes vir die kinders bymekaar te maak vir volgende jaar. Ons 13 graad R- kinders het skoolpakkies nodig asook die groter kinders. Enige donasie van papier tot potlode sal hoog op prys gestel word. Afgesien van finansiële ondersteuning bly ons enkele grootste deurlopende behoefte kos, o.a. vir diegene wat kospakkies van ons moet ontvang. Selfs al is dit net een of twee blikkies kos, 'n sakkie mieliemeel, suiker, pasta, rys, tee, koffie, groente en ook bederfbare produkte (ons het verkoelingsgeriewe) sal dit 'n groot verskil maak. Ons hou op 1 Desember 2017 die jaarlikse Kersboomfunksie vir die kinders betrokke by die projek. Dit is seuns en dogters van gr. R tot gr. 12. Ons het ekstra hulp nodig om vir die sowat 200 Kerskospakkies te vul en het u ondersteuning baie nodig. U kan 'n donasie van R150 gee of goedere met daardie bedrag skenk. 6

7 Ons rekeningbesonderhede is Wolmer Gemeenskapsprojek, ABSA tjekrekening , takkode (Gerbruik asb Kersfees as verwysing). Skakel Nadia de Jonge, ons administrasieklerk, by of vir meer besonderhede. Ons Winterveldtak het n behoefte aan kantoormeubels soos lessenaars, stoele, ens. Indien u ook n werkende ou rekenaar het om te skenk vir hul Rekenaar Sentrum sal dit ook hoog op prys gestel word. Verhoudings is alleen moontlik wanneer daar vrug uit daardie verhouding voortspruit. Die vrug waarna hier verwys word, is die geestelike vrug van die Gees wat in Gal. 5:22-23 vir ons beskryf word, nl. liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. In n ware opregte verhouding sal hierdie vrug navore kom. Die enigste manier hoe hierdie vrug gedra kan word, is wanneer jy in Jesus bly en Jesus in jou. God vra van jou geloof om in Jesus te bly, maar Sy genade is so groot dat die Heilige Gees vir jou die geloof gee wat Hy vra. Bly in geloof vas aan Jesus en ervaar hoe die vrug van die Gees ook in jou lewe n werklikheid word. ~Ds. JG van der Walt - Empangeni~ 7

8 Vatlike kode.en jy moet Hom Jesus noem. Matt. 1:21 Die plan is om ʼn Naam geweef die Godgemaakte plan die goedgemaakte plan wat alles vol omvat maar vir die menslike behoueringsvat nie vol vatlik is nie. Die Naam is tog genoeg ʼn vyftal letters onvoldoende vyf simbole maar dit kan wel kennelik kodeer is wel voldoende teks om die omvattende gemaakte plan na alkant toe as goeie nuus te sein. Die letterkode, kodeks-oud, die redwerk-werkwoord Ouer-Testamenties vervoeg in Josua, Jesua en Hosea, vind Nuwe-Testamenties en finaal kodering in die Jesus-Naam. Dié plan deur niks te stuit (selfs nie deur krake in die klei van die kodeerderkruik beperk) se kodewoord is geen modewoord wat God se plan beheer of vatklaar kalibreer. Tog is die kode die beperkte aardse vat se teks om ongehinderd uit te spreek; dit is die wewertong se greep en vat op skering en die inslag van ontperkte Woordeweef. Die Jesus-naam, ʼn tekstuele kode wat ek mag dé-kodeer, ontdekkend oop mag breek, as goeie nuus mag preek. Dit is kortliks teks en kode in konteks en bestek van my kort lewenspan. JPB 8

9 FUNKSIONARISSE VAN DIE GEMEENTE EN ANDER INLIGTING PREDIKANT SKRIBA Dr. Douw Breed Eddie Trollip Duikerlaan MONUMENTPARK ATTESSKRIBA OUDL SKRIBA Tinus Erasmus Corrie Skinner VOORSITTER DIAK. ORRELIS Loutjie Coetzee Ansie Wichmann SONDAGKOSTER: André Els: WEEKKOSTER: Nienke vd Walt: KANTOOR: Nienke vd Walt en KANTOORURE: Donderdag en Vrydag: 9 12vm. U kan egter enige tyd die kantoor skakel en jou oproep sal beantwoord word omdat die telefoon deurgeskakel is na die selfoon. e-pos kerk:nwgkw@telkomsa.net webwerf: Op die webwerf kan u etlike jare se preeksketse van dr. Douw lees en daar is ook skakels wat u neem na oudio- en videouitsendings van eredienste van die afgelope 12 maande. BANKBESONDERHEDE Kerk: ABSA : Gereformeerde Kerk Waterkloofrand Rek no Diakens: ABSA: Diakonie Spaar Rek. No LITURGIE OGGENDDIENS - AANBIDDING TYDENS REFORMASIE 500 Vooraf: Ps :1 (p.542) Erediens: Ontmoetingsdiens In sy Naam is ons hulp Ps :4 as votum voorgedra Groetseën: Eer aan Hom nou! ons lofsang SB 1-6:1,2,3 Geloofsbelydenis: Die kruis van ons Verlosser sluit vergesigte oop! Lied 478:4 Verootmoedigings- en versoeningsdiens Wet-afkondiging Skuldbelydenis en versoening En sing Ps. 32-2:2 (p.154) Woorddiens: Gebed Skriflesing: Eks. 14:21-27; Belydenisverwysing: HK 11.29; Teks: Matt. 1:21 Die Verlossernaam: n vatlike kode (prediking) Antwoorddiens: Ons bring ons offers, verlos uit doodsgevare Ps. 66-1:6 (p.321) Dankgebed Slotsang SB 2-6:3,4,7 Uitstuurseën SB

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017 Waterkruik JAARGANG 54 NO 27 16 Julie 2017 EREDIENSTE VANDAG EN VOLGENDE SONDAG Dr. Douw is in Kanada as afgevaardigde van die GKSA by die International Conference of Reformed Churches (ICRC) wat vergader

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 36 16 September AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 5 & 6 Ouderlinge: Daniël du Plessis en Kobie van Wyk Diaken: Joryn van Staden Volgende Sondag: Wyk 7 & 8 Ouderlinge: Jac van der

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016 Waterkruik JAARGANG 53 NO 32 14 Augustus 2016 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondagoggend se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal Sondag 28 Augustus 2016.

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 29 29 Julie AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 17 & 18 Ouderlinge: Piet Malan en Jaco Lindeboom Diaken: Ruan Landsberg Volgende Sondag: Wyk 19 & 20 Ouderlinge: Tinus Erasmus en Douw

More information

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 Waterkruik JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 EREDIENS VANDAG Dr. Douw is tot Woensdag in Wallis waar hy en ds Malan van Rhyn die konferensie van die ICRC namens ons kerkverband bywoon. (Kyk berig hieronder)

More information

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015 Waterkruik JAARGANG 52 NO 27 19 Julie 2015 EREDIENSTE Dr. Breed en Elize is met verlof tot 31 Julie 2015. Vandag sal ds. Nico Ligthelm beide die eredienste lei. Ons verwelkom u weereens hartlik in ons

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016 Waterkruik JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Vanoggend se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal volgende Sondag 13 November 2016.

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 13 Januarie 2019 Jaargang 37 Nommer 01 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Ons Gemeente wil graag Ds. Casper Breed van harte bedank vir sy onbaatsugtige diens hier

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

29 September OGGENDDIENS: Ds Karel. Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps 131 1:1, 2, 3; Seën; Lofsang Ps 8-1:1, 3, 4, 5

29 September OGGENDDIENS: Ds Karel. Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps 131 1:1, 2, 3; Seën; Lofsang Ps 8-1:1, 3, 4, 5 29 September 2013 OGGENDDIENS: Ds Karel Skriflesing: Efesiërs 2:11-22 Teks: Efesiërs 2:16 Tema: Christus maak ons één nuwe mensheid en versoen ons só met God! Vooraf sang Lied 428:1, 2, 4 Ontmoetingsdiens

More information

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Jaargang 6 #15 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 14 Mei 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Om vanuit jou verhouding met God, jou naaste (al is dit jou vyand) lief te

More information

Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014

Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014 Waterkruik JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal op Sondag 23 Februarie 2014

More information

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons Jaargang 3 #22 09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons 29 Junie 2014 Sing: Ps 118-1: 12,13 Wetlesing: Gal 2:16 Geloofsbelydenis van Nicea Sing: Ps 31-1:

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service Jaargang 4 #5 09:30 Oggenddiens 8 Februarie 2015 11:30 International Service Rev Willem Steyn Theme: God reconciled everything including you with Himself Scripture reading: Col 1: 15-23 Key verse: Col

More information

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes Die Kandelaar 10 April 2016 NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547 Finansies 051 522 8119 KANTOORURE: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 2 September 2018 Jaargang 36 Nommer 33 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds. Swanepoel bedien die woord aan die hand van Psalm 1. Teks: P salm

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie Dagboek Vandag 10 Junie Donderdag 14 Junie Vrydag 15 Junie Sondag 17 Junie Deurkollekte: Debutate Jeugsorg Skinkbeurt : Wyke S78 en N15 Bybelstudie 09:00 06:00 Vroegoggend Volgelinge Deurkollekte: Londen

More information

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123 22 Mei 2016 15 Leraar: Dr. Christo Naude (0827851106) Kerkkantoor: 011782-0203 / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123 cnaude@mweb.co.za Danie Brink: danie@lindenpark.co.za Jeugwerker: Niel Brink (0828982946)

More information

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens Jaargang 1 #30 Kontak ons 09:30 Oggenddiens Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: gkbult@gmail.com webblad: www.gkpotchbult.co.za 21 Oktober 2012 11:30 English Service Rev Willem Steyn

More information

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel 8 September 2013 OGGENDDIENS: Ds Karel Skriflesing: Handelinge 20: 17-38 Teks: Handelinge 20:28 Tema: God roep leiers vir sy kosbare kerk. Laat jou daarom deur die geestelike leiers bewaar en versorg!

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Skooltasse Ons wil graag die Cadii houertas uitfaseer. Die Cadii tasse se

More information

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Geagte Ouers / Voogde en Florries Posbus 500, Florida Hills 1716 E-pos: florries@iafrica.com Webwerf: www.florries.co.za Tel: 011 672 5345 / 6 Faks: 011 672 5246 H/v Louis Botha en Havingastraat ENJOY EVERY MOMENT Geagte Ouers / Voogde

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Jaargang 5 #5 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Februarie 2016 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Ps 33-1:1,5,6 Ps

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE VERJAARSDAE 6 TOT 12 FEBRUARIE 2011 02/06 CARLA PRETORIUS CONCERTO PARK 107 Blok 4 02/06 JOHAN LANDMAN SMUTSLN 254 Blok 1 02/07 WILHELM MEISSNER PRIDE OF INDIA 4821B Blok 2 02/07 MINETTE PIENAAR VAN RIEBEECKLN

More information

(EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 12 NOMMER 32 ELKOM IN ALBEI VANDAG SE EREDIENSTE AS ONTMOETINGS VAN DIE D

(EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 12 NOMMER 32 ELKOM IN ALBEI VANDAG SE EREDIENSTE AS ONTMOETINGS VAN DIE D 2011-06-05 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 12 NOMMER 32 EREDIENSTYE OGGEND : 08h00 AAND : 17h30 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.... (Ps. 146:2Fil. 4:13) WELKOM ELKOM IN ALBEI VANDAG

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012

Maand-Krant ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012 Maand-Krant DES 2012 & JAN 2013 ONDERLINGE LIEFDE EN VERHOUDINGS (OLV), GELOOFS- GEWOONTE VIR 2012 OLV Bekendstelling Sondag: Die gemeente is aan die begin van die jaar bewus gemaak van die fokus vir die

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2017 Geagte Ouer Webblad: www.gelofte.co.za Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

iederark POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING Inhoudsopgawe

iederark POTCHEFSTROOMSE MANNEKOOR KERSSANGUITVOERING Inhoudsopgawe 23 November 2014 iederark Uitgawe 42/2014 Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 0794951836 Webwerf

More information

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS Maand-Krant FEBRUARIE 2013 JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS Om getuienis van Jesus Christus te wees is baie meer as net vertel DIT IS ONS HELE LEWE. Ons is boodskap en boodskapper.

More information

Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 13 NOMMER 18

Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 13 NOMMER 18 EREDIENSTYE OGGEND : 10h00 AAND : 19h00 Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort 2012-11-18 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) JAARGANG 13 NOMMER 18 Hy wat My liefhet, sal Ek verlos; Hy wat My Naam ken sal Ek beskerm....

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

(EEN PER GESIN ASSEBLIEF) WELKOM! N LEWENDE TE DOEN!

(EEN PER GESIN ASSEBLIEF) WELKOM! N LEWENDE TE DOEN! Gereformeerde Gemeente Pta-Montanapoort Dinamies kerk in die wêreld 2016-03-06 JAARGANG 16 EREDIENSTYE OGGEND : 10h00 AAND : 19h00 (EEN PER GESIN ASSEBLIEF) NOMMER 58 Maak die beste gebruik van elke geleentheid,

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof.

Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Baie welkom 17 April 2016 Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof. Lees binne GKSA: beroepenuus BROOKLYN- BROKKIES Vetkoek- Vrydag 22 April Dissipelskapkafee Oggenddiens Want

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 GOEIE VRYDAG Wanneer u hierdie uitgawe ter hand neem, is Goeie Vrydag al verby en is ons midde-in die Paasnaweek. Hierdie naweek is die

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend VERJAARSDAE : 25 TOT 31 JULIE 2010 07/25 REINERT VAN RENSBURG VAN RIEBEECKLN 59 Blok 3 07/25 TANYA RAS VAN RIEBEECKLN 87B Blok 3 07/26 BEATRIX SWANEPOEL VAN RIEBEECKLN 193B. Blok 2 07/26 RINA PRETORIUS

More information

Lydenstyd en Paasfees

Lydenstyd en Paasfees Aswoensdag staan op uit die as 4 Hoekom Paasfees vanjaar so laat is 6 Paasfees tyd om te belééf 8 Stil Saterdag 10 Paasfees met 12 eiers vir kinders 12 Nuut gesing in Afrikaans 14 Liturgie vir nagmaal

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 22 Augustus 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 22 AUGUSTUS Sakelys : Kerkraadsvergadering 09:00

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH

More information

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra. IEDERARK NG KERK MIEDERPARK Wat gebeur DV die volgende week. Sondag 27 Oktober Maandag 28 Oktober Dinsdag 29 Oktober Woensdag 30 Oktober Donderdag 31 Oktober Vrydag 1 November Saterdag 2 November Erediens

More information

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment Project Name: LEED for New Construction v 2.2 Registered Project Checklist A Visitors + Archaeological Research Centre Appendix A Project Address: West Fort, Pretoria 44 4 8 GOLD Project Totals (Pre-Certification

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTLIK WELKOM! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTKLOP Moedersdag... ma, ek skryf vir jou n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net

More information

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens Jaargang 5 #35 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 23 Oktober 2016 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Om die kwaad aan die oordeel van God oor te laat en steeds

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 22 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Pinkster 2016 het ons opgeroep om nie meelopers nie, maar dissipels te wees. Pinkster 2016 het ons opgeroep om met groter vrymoedigheid

More information

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Mei - Junie 2010 Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Vol. 9, No. 3 Vertalings uit n vroeër gepubliseerde Mei-Jun

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG 21 September Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd Deurkollekte

More information

September Na God se hart...

September Na God se hart... September 2017 Na God se hart... Wees n Ester, sterk en dapper genoeg om vir die waarheid op te staan. Wees n Rut, lojaal in al jou verhoudings, gee die ekstra tree en moenie moeg word wanneer dinge moeilik

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

Edgehog

Edgehog The Issue 1-2014 Edgehog www.kgsa.co.za Guild Show 2013 January 2014 PAGE 2 2014 Committee CHAIRMAN VICE- CHAIRMAN: CAREL SMITH CELL: 071 8819960 carelsmith1965@gmail.com Chairmans Chat Nov 2013 WILLIE

More information

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos NG Gemeente Meyerspark Maart 2014 - Jaargang 11 Uitgawe 2 Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos Geloof weet uiteindelik dat Jesus jou vrymaak. Om Hom te kan volg. Gebed: Ek glo ook, Here! Help

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER WEBSITE Members

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information