Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014

Size: px
Start display at page:

Download "Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014"

Transcription

1 Waterkruik JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal op Sondag 23 Februarie 2014 om 09:00. Die nabetragting sal tydens die aanddiens plaasvind. WYKSBEURTE Vandag Wyke 1 & 3 Oudle.: Willie Enslin en Johan Basson Diaken: Eddie Trollip Volgende Sondag: Wyke 4 & 6 Oudle.: Gerhardt Koekemoer en Jac van der Walt Diaken: Mari de Beer KOLLEKTE Vandag: Kerkkas Volgende Sondag: Dankbaarheidsfonds : Doel: Om dankbaarheid teenoor die Here te betoon dat Hy die Gereformeerde Kerke vir 150 jaar bewaar het. Die opbrengs word as 'n addisionele inspuiting bestem om die Emeritaatversorgingstrust te versterk, kerke wat nie voldoende finansiële middele het nie, te help en historiese geboue van die GKSA in stand te hou. TEESKINKBEURTE Tee en koffie word vandag bedien deur wyk 8 o.l.v. Maureen Kruger en wyk 15 o.l.v Elize Breed Volgende Sondag is dit die beurt van wyk 16 o.l.v Marieta Steenekamp. DIAKENSVERGADERING Die diakens vergader Woensdag 19 Februarie 2014 om 18:00 in die konsistorie. 1

2 OUDERLINGEVERGADERING Die ouderlinge vergader Woensdagaand 19 Februarie 2014 om 19:00 in die saal. GEBEURE DIE WEEK Maandag: Katkisasie soos gereël. 19:00 Bybelstudie Groep 3 aan huis van Willie & Annette Coetzer. Donderdag Bybelstudiegroepe 08:30 Groep 1: by sr Hendrien Meiring 10:00 Groep 2: In die Konsistorie 18:30 Bybelstudie vir gesinne met jong kindertjies vind by die kerksaal plaas. 19:30 Kerkjeugaksie vir jongmense tot ongeveer 30 jaar in die Pastorie. VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou.... want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. Ps. 103: 11 Dinsdag 11 Februarie Heinrich Reynders Br. Paul Kruger Donderdag 13 Februarie Br. Alwyn v d Walt Vrydag Br. Jan du Preez Sr. Karin Moolman Saterdag 8 Februarie Johan Nel (jnr) Sr. Hannie Kuschke MEELEWING Sr. Ena du Preez is ernstig siek met longontsteking in Die Wilgershospitaal. Ena, mag jy spoedig volkome herstel

3 Die heupvervangingsoperasie wat sr. Marie Vos verlede Maandag sou ondergaan het, is uitgestel na more nadat sy in die hospitaal was met n obstruksie. Mag die operasie n sukses wees en mag jy gou sterk wees en sonder pyn HOE Sê MENS DANKIE.!! Daar is n liedjie uit vroeër jare wat begin met die woorde: Hoe sê mens Dankie Vandag wil ek daar dieselfde woorde gebruik en sê: Hoe se mens DANKIE vir n Waterkloofrandgemeente- familie? Hoe se mens DANKIE na my Pa se skielike afsterwe op 14 Desember 2013, terwyl meeste mense met vakansie was,vir al die boodskappe, oproepe, besoeke en steeds boodskappe, gesprekke, gebede, koppies boeretroos die omvou met warmte en liefde soos n geliefde kledingstuk? Dit word mens se voete as jy nie meer kan loop nie. Dit maak jou lam hande weer kan raak vat. Jou kop word weer oop Jou hartklop se ritme raak weer rustiger. Dit gee jou weer die moed om elke oomblik die volgende tree te gee. Loof die Here vir n gemeente soos Waterkloofrand wat familie geword het en nie maar net saam met jou in die kerkbanke sit nie! Loof die Here want Hy is goed, want aan Sy goedheid is daar geen einde nie!! Ansie Heymans ROEPING VAN OUDERLINGE EN DIAKENS Die volgende broeders is op die Breë Kerkraadsvergadering van 22 Januarie 2014 geroep om as ouderlinge te dien: brs. Wilkie Wilken en Sean van der Merwe. Ons vra u voorbidding vir hulle oorweging van die roeping. 3

4 KAROPPASSER Die karwag wat op die oomblik by die hek staan is nie deur die Kerkraad aangestel nie. Ken u dalk iemand wat bereid sal wees om teen vergoeding op Sondae die motors op te pas?. Skakel dan met Nienke by die kerkkantoor. BEROEPE BEROEPE ONTVANG * Ds WJ Botha van Bloemfontein-Noord na Walvisbaai/ Swakopmund / Hentiesbaai. * Proponent MH le Roux na Newcastle. * Proponent ID de V Potgieter na Rietvallei as medeleraar. * Ds LJE Venter van Hoedspruit na Kimberley. BEROEPE BEDANK Ds JC van Dyk van Ventersdorp na Rustenburg-Wes as medeleraar. SUSTERSAAMTREK Liewe Susters Die Susters van die Gereformeerde Kerk Lyttelton nooi elke suster hartlik uit na 2014 se Sustersaamtrek. Dit vind plaas op Saterdag 8 Maart 2014 in die kerkgebou van die NG Kerk Raslouw, Eldoraigne. Die koste beloop R100 per persoon en 1 gebreide of gehekelde blokkie van 20x20cm, of wol waarvan kombersies vir die behoeftiges gemaak sal word. Registrasie begin om 7:30 en n ligte ontbyt word voorsien. Die opening en verwelkoming begin om 08:30. Om 09:00 gaan Hettie Britz die susters toespreek oor Efesiërs 6:15.. en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan julle voete. Daarna gaan die Voices Divine hulle vergas met hulle pragtige stemme. Om 11:00 kom n verteenwoordiger van die President Krugerkinderhuise die saamtrek toespreek. As elkeen wat die saamtrek bywoon 4

5 skryfbehoeftes vir die kinders saambring, kan die verteenwoordigers dit sommer saamvat na die Kinderhuis toe. Daar is n groot behoefte aan dié items. Om 12:00 sal n middagete bedien word. Kontak Nienke by voor Saterdag 15 Februarie 2014 indien u die saamtrek wil bywoon. PARAGORIE.LAVENTEL WITDULSIES.HAASBLASIES..!!!! Brrrrrrrr.Op die aarde, klink verskriklik, maar glo dit as jy wil.. Dis BOERERATE!!!!!!! Verlede Dinsdagaand het die susters gelag, geruik, geril, genies, is behandel. En HET BAIE GELEER!! Tannie Elma, Marieta se Ma, het ons in die geheimenisse, en die wonderwêreld van aromaterapie ingelyf. Kriewelhoes in die kerk..hoesgoed resep gekry. opgestres en opgejaag in vandag se vinnige lewe - resep vir tuisgemaakte badolie, Hoë bloeddruk veral in die verkeer dikdermtraagheid of te wete, swangerskap. Vir elke kwint en elke kwaal, is daar n botteltjie raat!! Ons het aan haar lippe gehang, wou net meer en meer weet, totdat Marieta sê: dis sluitingstyd, die boereraat apteek is nou toe!! Baie dankie Tannie, en dankie vir die botteltjie hoesgoed wat elkeen gekry het. Gedink ons drink nou tee?!! O nee, o wee, ons dierbare voorsitter, Nienke, het nog eers n ander plan.speletjie- en kompetisietyd!!!! Met haar mondering aan uit Toeka se Dae, hoed windskeef of die kop, na Blommetjie (die Koei) se manewales laat sy ons breine hard werk oor toeka se dae se kure en kwale vir elke pyn. Met waar of vals, stoei 5

6 die 2 spanne om n wenplek, en is dit met 1 kortkop punt wat Marieta se span wen!! UITEINDELIK!!!!!!! Heerlike outydse eetgoed melktert, tipsytert, gemmerbier en boeretroos sluit n leersame, prettige aand af. WAS JY DAAR?!! JA?! Dan weet jy, jy het gedeel in n besondere aand en geleentheid wat jy NIE SOU WOU MIS NIE!! NEE?!! Hoe jammer, want n geleentheid om so iets te ervaar, kom soms net eenkeer. DUS maak n knoop in die oor, reël vroegtydig vir iemand om na kinders te kyk, die huiswerk vir een keer te laat oorstaan Jy is dit aan jouself verskuldig. Maak seker met die volgende geleentheid is jy daar!! Groete uit Toeka se Dae en Boererate land Ansie Heymans namens die Susters GODSDIENSTE VAN DIE WêRELD (4) : a) New Age (NA) Die New Age-beweging is een van n paar nie-kerklike godsdienste (soos bv. Hare Krisjna en Satanisme) wat die versamelnaam is vir verskeie bewegings met die gemeenskaplike visie vir n nuwe wêreldorde. Volgens die NA leef ons tans onder die sterrebeeld Akwarius wat n nuwe heilstyd vir die wêreld sou inlui. Sedert 1975 word NA-idees wêreldwyd versprei, in SA o.a. deur die tydskrif Odyssey. Die sentrale gedagte van die NA is dat God, mens, natuur en kosmos wesenlik een is, sodat alles met alles saamhang in één onpersoonlik kragveld. Sommige NA-kringe beoog een wêreldgodsdiens deur die herlewing van die ou Babiloniese misteriegodsdienste 6

7 b) Hare Krisjna is n Hindoeïstiese beweging wat in 1965 in Los Angeles bekend gestel is. Hare beteken here en Krishna is die hoogste van die Hindoegode. Navolgers word herken aan hulle saffraankleed, kaalgeskeerde koppe en asmerke op hulle gesigte. Verlossing lê vir hulle in suiwering en totale oorgawe aan Krishna. Navolgers gaan deur die Brahmin-inisiasie waartydens hulle n geheime mantra ontvang wat driemaal per dag gemediteer word. Hare krishnas glo in reïnkarnasie en glo dat die self na die dood van een liggaam na die ander liggaam migreer. Die manier waarop jy jou een lewe leef, bepaal die vorm van jou volgende lewe. (Christelike Kern-ensiklopedie) HARTKLOPFEES Die President Kruger Kinderhuise hou op 15 Maart 2014 'n groot fondsinsameling, genoem Hartklop Fees. Ons versoek die gemeentelede om hulle by te staan om van hierdie geleentheid 'n groot sukses te maak. Hulle het die taak om 6500 sitplekke vol te maak en is meer as verseker dat, met ons hulp, hulle dit vinnig sal kan doen. Hartklop Fees 2014 Bok van Blerk, Riana Nel en Bobby van Jaarsveld Kaartjies wissel tussen R 90 - R180 Kaartjies beskikbaar by < FOTO S OP ONS WEBWERF Die Redaksie het verneem dat u na n aantal foto s van mooi (!!) mense in ons gemeente kan gaan kyk op ons webwerf. Die foto s is geneem tydens laasjaar se Kersprogram.( Dankie aan Yolande Steyn wat dit vir ons geplaas het. Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Jes. 43:

8 SNIPPERS DANKIE UIT ZAMBIË Die Redaksie het die volgende brief ontvang : Watter voorreg om hiervan verslag te kan doen. U sal onthou hoe daar in die kerkverband 'n oproep was dat kerke vir wie dit moontlik is, ons kan help om vir ds Charles Zulu, wat vanuit die Gereformeerde Kerk Pretoria gestuur is vir kerkplanting in Zambië, 'n voertuig aan te koop. Dit was so amper 'n jaar gelede. Die samewerking en bydraes hiervoor was eenvoudig lofwaardig in wat die Here ons as kerke hierin mee begenadig het. Elke bydrae, hoe groot of hoe klein, het daartoe kon help dat ons in Lusaka, gedurende Desember 2013, vir ds Charles 'n voertuig kon koop. Sy brief tot dank aan almal vir hulle bydraes plaas ek graag onveranderd : LETTER OF THANKS I write this letter of thanks in connection with the Toyota Hilux Surf which the Church bought for easy transport during my work in the Confession Church in Zambia. The Confession Church, my family and I are thankful to all Churches, individuals and whosoever gave generously towards this project. For the past 10 years I had been using my own vehicle to execute the Church work, but at present it has been giving me problems of breaking downs due to oldness of its kind, I thank the Lord for the opportunity given to me to start a Church in Zambia in such situation, the gift of the vehicle has timely come. To all contributors towards the present way of easy transport, I encourage you to read Acts 20:35, indeed may the Lord bless you all. I say to God be the glory. Attached are pictures of the vehicle. With Christ s love to you all, Rev. Charles Zulu. 8

9 AANVULLENDE PSALMBOEK Daar is n bundeltjie Nuut-goedgekeurde liedere van die GKSA R10 by die kerkkantoor beskikbaar. ============================================ 9

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 36 16 September AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 5 & 6 Ouderlinge: Daniël du Plessis en Kobie van Wyk Diaken: Joryn van Staden Volgende Sondag: Wyk 7 & 8 Ouderlinge: Jac van der

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015 Waterkruik JAARGANG 52 NO 27 19 Julie 2015 EREDIENSTE Dr. Breed en Elize is met verlof tot 31 Julie 2015. Vandag sal ds. Nico Ligthelm beide die eredienste lei. Ons verwelkom u weereens hartlik in ons

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 Waterkruik JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 EREDIENS VANDAG Dr. Douw is tot Woensdag in Wallis waar hy en ds Malan van Rhyn die konferensie van die ICRC namens ons kerkverband bywoon. (Kyk berig hieronder)

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie Dagboek Vandag 10 Junie Donderdag 14 Junie Vrydag 15 Junie Sondag 17 Junie Deurkollekte: Debutate Jeugsorg Skinkbeurt : Wyke S78 en N15 Bybelstudie 09:00 06:00 Vroegoggend Volgelinge Deurkollekte: Londen

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016

Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016 Waterkruik JAARGANG 53 NO 32 14 Augustus 2016 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondagoggend se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal Sondag 28 Augustus 2016.

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 29 29 Julie AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 17 & 18 Ouderlinge: Piet Malan en Jaco Lindeboom Diaken: Ruan Landsberg Volgende Sondag: Wyk 19 & 20 Ouderlinge: Tinus Erasmus en Douw

More information

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017 Waterkruik JAARGANG 54 NO 27 16 Julie 2017 EREDIENSTE VANDAG EN VOLGENDE SONDAG Dr. Douw is in Kanada as afgevaardigde van die GKSA by die International Conference of Reformed Churches (ICRC) wat vergader

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service Jaargang 4 #5 09:30 Oggenddiens 8 Februarie 2015 11:30 International Service Rev Willem Steyn Theme: God reconciled everything including you with Himself Scripture reading: Col 1: 15-23 Key verse: Col

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016 Waterkruik JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Vanoggend se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal volgende Sondag 13 November 2016.

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 13 Januarie 2019 Jaargang 37 Nommer 01 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Ons Gemeente wil graag Ds. Casper Breed van harte bedank vir sy onbaatsugtige diens hier

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons Jaargang 3 #22 09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons 29 Junie 2014 Sing: Ps 118-1: 12,13 Wetlesing: Gal 2:16 Geloofsbelydenis van Nicea Sing: Ps 31-1:

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens Jaargang 1 #30 Kontak ons 09:30 Oggenddiens Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: gkbult@gmail.com webblad: www.gkpotchbult.co.za 21 Oktober 2012 11:30 English Service Rev Willem Steyn

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE VERJAARSDAE 6 TOT 12 FEBRUARIE 2011 02/06 CARLA PRETORIUS CONCERTO PARK 107 Blok 4 02/06 JOHAN LANDMAN SMUTSLN 254 Blok 1 02/07 WILHELM MEISSNER PRIDE OF INDIA 4821B Blok 2 02/07 MINETTE PIENAAR VAN RIEBEECKLN

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 25 Julie 2010 Hartlik welkom in die erediens vanoggend VERJAARSDAE : 25 TOT 31 JULIE 2010 07/25 REINERT VAN RENSBURG VAN RIEBEECKLN 59 Blok 3 07/25 TANYA RAS VAN RIEBEECKLN 87B Blok 3 07/26 BEATRIX SWANEPOEL VAN RIEBEECKLN 193B. Blok 2 07/26 RINA PRETORIUS

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 22 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Pinkster 2016 het ons opgeroep om nie meelopers nie, maar dissipels te wees. Pinkster 2016 het ons opgeroep om met groter vrymoedigheid

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Jaargang 5 #5 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Februarie 2016 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Ps 33-1:1,5,6 Ps

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop D E U R J O H A N G E Y S E R Op die pad van hoop Professore, dokters, akademici, rektors, filmsterre, sportsterre. Dalk mense wat binnekort Mars toe kan gaan! Die wêreld is konstant aan die verander.

More information

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier!

Rietfluit. Ons word 30! Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Meningspeiling uitslae is hier! Rietfluit Rietvallei se kwartaallikse deuntjie Ons word 30! Meningspeiling uitslae is hier! Die Rietfluit F toverhaal Sustersaamtrek 2017 Sjoe, ons is oorweldig deur die positiwiteit van, en die hoeveelheid,

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 GOEIE VRYDAG Wanneer u hierdie uitgawe ter hand neem, is Goeie Vrydag al verby en is ons midde-in die Paasnaweek. Hierdie naweek is die

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry! Stad sonder mure n Toneel deur Theo de Jager Faan Louw, suksesvolle ginekoloog Bart Kruger, voormalige Blou Bul-flank, in n rystoel In Bart se woonkamer, matig luuks. Faan stoot die voordeur toe. Faan:

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Rubriek vir skeppende werk

Rubriek vir skeppende werk Meyer van Rensburg J. W. du Plessis Heilna du Plooy G.A. Jooste Gedig Gedigte Mmamodidi Die reëls van die spel 129 130 132 144 Rubriek vir skeppende werk Met die afdeiing Litera tree ons toe tot die mark

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions

More information

19. Kerkargief en -museum

19. Kerkargief en -museum 19. Kerkargief en -museum 19.1 RAPPORT DEPUTATE KERKARGIEF EN MUSEUM (Artt.9, 133) A. Dr. JM van Tonder stel die Rapport. B. Besluit: Finansiële implikasies word verwys na die Kommissie Finansies. C. Ds.

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING Inleiding BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING Om spesiaal te fokus op die skepping in ons eredienste is n navolging van eeue oue tradisies in die Christelike godsdiens. Die geweldige ekologiese

More information

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

!#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012 !"#2 JANUARIE 2012 Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 !"#2 GEMIDDELDE OPLAAG 41 042 000 UITGEGEE IN 84 TALE IS DIT PRAKTIES OM EERLIK TE WEES? 3 Oneerlikheid

More information

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Vader sy soenoffer volkome aanvaar Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 13 FEBRUARIE 2016 LYDENSTYD Almal weet dat ons weer volgens die kerklike kalender by lydenstyd is. As jy op ons gemeente se almanak kyk, sal jy sien dat

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Jaargang 6 #15 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 14 Mei 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Om vanuit jou verhouding met God, jou naaste (al is dit jou vyand) lief te

More information

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos

Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos NG Gemeente Meyerspark Maart 2014 - Jaargang 11 Uitgawe 2 Hoe lyk geloof wat jou kan red? - *Barend Vos Geloof weet uiteindelik dat Jesus jou vrymaak. Om Hom te kan volg. Gebed: Ek glo ook, Here! Help

More information

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS

Maand-Krant JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS Maand-Krant FEBRUARIE 2013 JY, EK, ONS IS GETUIENIS EN GETUIE VAN JESUS CHRISTUS Om getuienis van Jesus Christus te wees is baie meer as net vertel DIT IS ONS HELE LEWE. Ons is boodskap en boodskapper.

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord Kaapse Afdeling / Northern Cape

More information

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE Geagte Tessa-bybelstudiegroep, 1 Hieronder vind julle drie belangrike aspekte aangaande ons bybelstudiegroep vir hierdie eerste helfte van die jaar: 1. Die program

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr.

Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk. 10 November Mnr. Groeteboodskap by geleentheid van die amptelike afskeid van proff. Annette Combrink en Daan van Wyk 10 November 2009 Mnr. Chris Windell Namens die Ondersteuningspersoneel Meneer die Vise-kanselier en mev

More information

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel 8 September 2013 OGGENDDIENS: Ds Karel Skriflesing: Handelinge 20: 17-38 Teks: Handelinge 20:28 Tema: God roep leiers vir sy kosbare kerk. Laat jou daarom deur die geestelike leiers bewaar en versorg!

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens

09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens Jaargang 5 #35 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 23 Oktober 2016 09:30 Oggenddiens 18:00 Aanddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Om die kwaad aan die oordeel van God oor te laat en steeds

More information

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. 1 2 3 Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. Lot 1 Stoet ooi. Dragtig van 14-067. Puik teel ooi. 4 Lot 2 Stoet ooi. Dragtig van 14-067 Lot 3 Stoet ooi. Dragtig

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment Project Name: LEED for New Construction v 2.2 Registered Project Checklist A Visitors + Archaeological Research Centre Appendix A Project Address: West Fort, Pretoria 44 4 8 GOLD Project Totals (Pre-Certification

More information

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU TE HERMANUSDOORNS OP 11 Augustus 2012 OM 11H00 1. Welkom Die Voorsitter open die vergadering om 11h00 en verwelkom alle aandeelhouers

More information

Bybelse etes (2) Wyke A87, C72 & C80. Wyk B31. Mei Feesblad

Bybelse etes (2) Wyke A87, C72 & C80. Wyk B31. Mei Feesblad Wyke A87, C72 & C80 Bybelse etes (2) Wyk B31 Die redaksie vra verskoning vir die volgende: Ons het nie foto s van al die Bybelse etes ontvang nie. As jou wyk se foto nie geplaas is nie, het dit ons ongelukkig

More information

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3 A U G U S T U S 2 0 1 4 J A A R G A N G 1 5 N R 3 G E R E F O R M E E R D E K E R K P R E T O R I A ( D O L E R E N D ) KWARTELTJIE Augustus 2014 1 Lees meer oor hierdie publikasie in die artikel wat handel

More information

September Na God se hart...

September Na God se hart... September 2017 Na God se hart... Wees n Ester, sterk en dapper genoeg om vir die waarheid op te staan. Wees n Rut, lojaal in al jou verhoudings, gee die ekstra tree en moenie moeg word wanneer dinge moeilik

More information

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA SAAKNOMMER:J 273/97 In die saak tussen DS NOËL SCHREUDER Applikant en DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK WILGESPRUIT Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, NEDERDUITSE

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes Die Kandelaar 10 April 2016 NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547 Finansies 051 522 8119 KANTOORURE: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, September 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, NS. Met vandag se tegnologie kan ons seker n naskrif aan die begin van n brief aanheg. Dit was baie interessant om Daspoort

More information