WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Size: px
Start display at page:

Download "WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER"

Transcription

1 GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER WEBSITE Members are reminded of the branch s new blog site [website] at WEST GAUTENG BRANCH MEETING Our West Gauteng Branch meeting originally scheduled for Saturday 16 March 2013 will not take place in light of the Annual General Meeting of the National Society being hosted by our Branch. We however, encourage you to attend this meeting. I am positive that you have by now received enough notices publishing this grand occasion! I wish the AGM to be a huge success and that many well worth resolutions will be taken and implemented Richardt Wolfaardt se Familiegeskiedenis. Waar dit alles begin het n Paar jare gelede werk ek saam met n persoon wat eers op 60 jarige ouderdom uitvind dat hy n aangenome kind is. Tydens n vakansie in Velddrif gedurende 2000 ontmoet ek weer n ander persoon wat op 45 jarige ouderdom uitgevind het dat hy n aangenome kind is. Na al die jare bly beide se totale ongeloof my steeds by... Die gebeurtenisse het my laat wonder oor my eie familie maar om inligting te bekom was moeilik want albei ouers was reeds oorlede.van die vorige geslag is net my ma se jongste suster wie nog lewe maar sy kan nie help nie en my twee broers was ook van geen hulp nie. Gelukkig kry ek n dokument wat jare gelede deur my pa, Henry George Wolfaardt, getik is met sy ouers se name, hulle huweliksdatum, hulle kinders se name en geboortedatums. Op dieselfde dokument was ook 1

2 die name van ma, Beatrice Coupland Smith, se ouers, hulle kinders se name met al die nodige geboortedatums. Al die inligting was egter nie heeltemal korrek nie want volgens die dokument is my ma se ouers in Fouriesburg, Transvaal getroud maar hulle is egter in die Anglikaanse Kerk in Fordsburg, Johannesburg getroud op 13 Januarie My eie ouers is getroud in die Anglikaanse Kerk, Observatory, Kaapstad op 19 Junie My pa Henry George Wolfaardt gebore op 15 Augustus 1897 en oorlede op 18 Oktober 1964, is gebore en oorlede op Robertson. My ma is Beatrice Coupland (Wolfaardt) Visagie, gebore Smith op 13 Desember 1914 in Johannesburg gebore en oorlede op 30 April 1998, Kuilsrivier. Daar is drie seuns uit daardie huwelik gebore en ek is die jongste Richard Coupland Wolfaardt. Die oudste seun is John en dan volg Charles. Vandag is ek bitter spyt dat ek nie vroeër met familie navorsing begin het terwyl my ouers nog geleef het nie. Pa Henry George sou waarskynlik baie inligting oor die Wolfaardts kon gee. Ongeveer 1946:Henry (Pa) [agter]. Voor: John, Charles & Richard Wolfaardt Baie van die mense van wie ek, as kind, net die voorname geken het, is sederdien bevestig as deel van die Wolfaardt familie hulle is ongelukkig ook almal reeds oorlede. 16 Oktober 2012: John, Charles & Richard Wolfaardt 2

3 Oupa Wolfaardt se name in die doopregister van die NG Kerk, Robertson word aangedui as Saul Jacobus. Ek het hom egter geken as oupa Sarel Jacobus. Een van die getuies by my oupa se doop se name word ook aangedui as Saul Jacobus Marais. Ek kon geen Saul Jacobus Marais se sterfkennisgewing kry nie maar wel dié van Sarel Jacobus Marais. Op grootoupa en grootouma Wolfaardt se sterfkennisgewings verskyn sy name as Sarel Jacobus. Oupa het toe hy die huweliksregister geteken het sy van met n dubbel ff gespel Wolffaardt. Interessant genoeg, op hul huweliksregister word ouma Charlotte Fowler se ouderdom aangegee as 24. Hulle is getroud op 21 Julie Daarvolgens is sy dan gedurende 1868 gebore. Die doopregister van die Anglikaanse Kerk op Robertson waar sy gedoop is dui egter haar geboortedatum aan as 2 November Sy was een van 9 kinders en wanneer daar gekyk word na die gedoortedatums van die ander kinders dan moet 1865 korrek wees. Uittreksel uit die Doopregister van Robertson n Uittreksel uit die Doopregister van Robertson wat aandui dat Charlotte Fowler gedoop is in 1865 wat haar dan 27 jaar oud sal maak op haar troudag. Ons gis dat aangesien haar bruidegom slegs 23 jaar oud was, sy dalk nie wou bekendmaak dat hy sowat vier jaar jonger was nie... of sy wou nie graag dat almal weet dat sy op 27 steeds ongetroud was nie... 3

4 Uittreksel uit die huweliksregister van Robertson Ouma Charlotte Fowler se ouers was George en Maria Fowler, hulle is geskei is en tans in n doodloopstraat met die soeke na hulle voorsate. Stelselmatig is die Wolfaardt voorouers teruggewerk tot by Sebastian Wolfaardt wat op 5 Oktober 1729 in die Kaap Kolonie aangekom het in diens van die VOC as soldaat met die skip Johanna. Sebastiaan is gedoop op 13 Maart 1707 te Boxberg. In Duitsland is sy ouers: George Philliph (gedoop 21 April 1679) en Margretha Wolfaardt opgespoor en ook George Philliph se ouers nl. George en Anna Wolfaardt. Smith / Coupland Ma was n nooi Smith en haar ouers, John Christian Hardick Smith en Ethel Edith Coupland - neef en niggie wat met mekaar getrou het. John Christian Hardick se ouers was Christian John Smith en Martha Elizabeth Harper, laasgenoemde was die suster van Catherine Jane Harper. Ethel Edith se ouers was William Coupland en Catherine Jane Harper, laasgenoemde is oorlede n dag na die geboorte van n baba seuntjie, hy het self ook n paar dae later gesterf. Geen aanduiding kan gevind word wat van William Coupland geword het na die dood van sy vrou en seuntjie nie. Richard Coupland, broer van William Coupland het hom ontferm oor Ethel Edith Coupland en haar self groot gemaak. Geen verdere inligting oor Richard Coupland is egter beskikbaar nie. 4

5 Martha en Catherine Harper se ouers was Henry James Harper en Maria Johanna Wolverans (let op na die spelling) en haar ouers: Joseph Josephus Wolverans en Johanna Caterina (Jannetjie) Brandt. Met die hulp van Frank Early en Bill Jones is die Harper voorouers terug gespoor tot 1660 in Engeland. Meer oor Oupa se Oudste Broer Philippus Ernst Wolfaardt, oudste broer van my oupa, Sarel Jacobus Wolfaardt is getroud met Alida Maria Raats. Hul seun Philip Ernst Wolfaardt is oorlede te Malmesbury en op Robertson begrawe, sy jongste dogter was maar 13 jaar oud toe hy oorlede is. Terwyl ek besig is om die 1984 kieserslys te help transkribeer, kry ek n Martha Magdalena Carolina Carson gebore Wolfaardt. Haar geboortedatum stem ooreen met Philip se dogter se geboortedatum. Volgens die kieserslys is sy soos oorlede Philip se vrou woonagtig in Malmesbury. Die toeval is net te groot en daar word verder inligting versamel. Op e-ggsa se web tuiste word Philip se vrou se grafsteen in die Malmesbury begraafplaas gevind. Ek voer hierna Martha se i/d nommer in op die webwerf van Dept van Binnelandse Sake en vind sodoende uit dat sy ook reeds oorlede is en vind ook so haar huweliksdatum. Op onder Adelbert Semmelink se Cape Death Notice index verskyn die besonderhede van Martha Magdalena Carolina Carson asook die besonderhede van haar sterfdatum en haar eggenoot se name. Skoonfamilie My vrou was n nooi Goosen. Haar ouers is Petrus Immelman Goosen en Dalina Franzoa Neethling. Die voorgeslagte van die Neethlings is teruggewerk net tot by Johan Adam Neethling, oorlede op 13 Februarie Petrus Immelman Goosen se ouers is Francois Cornelius Goosen en Susanna Francina Immelman. Die Immelman voorgeslagte is teruggewerk tot by Daniel Ferdinand Immelman wat oorlede is op 23 Julie 1844 in Stellenbosch. Francois Cornelius Goosen se ouers is Jacob Petrus Goosen en Hester Maria Goosen. Die spoor loop tans egter hier dood. Die soektog vir die vermiste skakels gaan nog voort... Nagevors en geskryf deur Richard Coupland Wolfaardt Lid van die Wes-Gauteng Tak van die GGSA 5

6 SOEK HULLE SEARCH THEM Dit lyk my asof ons navorsers met die vakansietyd opgehou het om na hulle mense te soek, want ek het geen versoek gekry nie?! Soos Richard Wolfaardt nog na vermiste skakels soek, is ek oortuig daarvan dat ons lede sulke items het vir hierdie rubriek. Do you still search for relatives? Please let me have your items to publish. I am convinced that as Richard Wolfaardt is still searching for missing links, our members must have items for this slot in the Newsletter TAK BIBLIOTEEK Maak gebruik van ons honderde boeke en nog meer pamflette wat beskikbaar is JAARPROGRAM VAN WES-GAUTENGTAK VAN DIE GGSA VIR 2013 Wes-Gautengtak Program 2013 Vergaderings vind elke derde Saterdag van die maand om 14h00 plaas by die Nederduits Gereformeerde Kerk Ontdekkerskruin, Philipslaan, Ontdekkers, Roodepoort. Besoekers met n belangstelling in genealogie is welkom om vergaderings by te woon en geen toegangsfooie word gehef nie. Na afloop van elke vergadering leer lede mekaar beter ken en ruil kennis uit terwyl koffie/tee geniet word met smaaklike eetgoed teen n koste van net R5. Tydens elke vergadering word ook n kort praatjie oor n aspek van genealogiese navorsing of verwante onderwerpe gehou onder die opskrif : Genealogie vir Dummies hierna sommer kortweg genoem: Dummies. We speak both English and Afrikaans. 15 Maart 2013 n Buitengewone Maanlig Museumtoer word aangebied by die Roodepoortse Museum. n Kort praatjie sal gehou word oor die ontdekking van goud aan die Witwatersrand. Kaartjies sal verkoop word wat n ligte ete insluit. Besprekings is noodsaaklik en moet asseblief voor 10 Maart gemaak word by Lynette Swanepoel. 16 Maart 2013 Die Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika word deur die Wes-Gautengtak gehuisves en sal plaasvind in Krugersdorp. Enige lid van die takke is welkom om hierdie vergadering by te woon as n waarnemer. 6

7 Let wet : Geen gewone takvergadering sal op hierdie dag plaasvind nie. GALA DINEE. Om 19h00 vind die Gala Dinee plaas in Krugersdorp. Tydens hierdie glansgeleentheid word gewoonlik n toekennig gedoen aan Die Genealoog van die Jaar en n aantal sertifikate word oorhandig aan lede vir uitmuntende diens gelewer aan die Genootskap. Die dinee kan bygewoon word deur enige lid (en metgesel) van die Genootskap. Kaartjies sal beskikbaar wees by Lynette Swanepoel vanaf 10 Februarie April 2013 Dummies: Lynette Swanepoel verduidelik hoe om die Suid-Afrikaanse Geslagregisters se inligting te lees en verstaan. Spreker: Biebie van der Merwe kom vertel meer oor die Franse Hugenote. Redakteur van die Huguenot Bulletin wat jaarliks verskyn en n kenner op hierdie gebied. 18 Mei 2013 Dummies: Gwyneth Thomas verduidelik hoe om behoorlike voorbereiding to doen ten einde die meeste nut te kry uit n besoek aan die Church of Jesus Christ of Latter Day Saints (LDS) in Johannesburg. Spreker: Neels Coertse bied n Practical Case Study Workshop aan. Temas sal o.a. insluit: a. Hoe om Google en soekenjins te gebruik b. Geen boedel : waar kry jy sterfkennisgewing c. Hoe om dokumente van eggsa te bestel d. Betekenis van genealogiese simbole, afkortings ens. e. Hoe om aannemings in jou stamboom aan te dui 15 Junie 2013 A visit to the Family History Research Centre at the LDS Church in Johannesburg. 20 July 2013 Dummies: Neels Coertse praat oor die belangrikheid om erkenning aan bronne te gee vanaf die begin van navorsing en veskillende metodes wat gebruik kan word. Speaker: Natalie da Silva of the Johannesburg branch talks about New Records on Familysearch.org. 17 Augustus 2013 Dummies: Lucas Rinken verduidelik naamgee gebruike deur die voorsate en sal ook n klompie voorbeelde gee van interessante name in e-sagi. 7

8 Spreker: Isabel Groesbeek kom gesels oor navorsingsbronne in Pretoria. Isabel is Genealogiese navorser & - inligtingskonsultant sedert 1988 (voorheen Hoof: Genealogie-Inligting, RGN ( ) Genealogiese Genootskap van SA: Erelid Aanbieder: Genealogie werkswinkels 'Van waar Gehasi' in Pretoria sedert 2000 Organiseerder Genealogie- & Familie-Erfenisfees te Pretoria sedert September 2013 Dummies: Kriek Fourie verduidelik Genealogiese numenringstelsels. Spreker: Johan Barkhuizen kom vertel meer oor die gebruik van Multimedia (klank/videogrepe) in familiegeskiedenis sodat nasate meer as net n lys name van die voorsate kry maar n interessante storie met klank en beeld. 19 October 2013 Dummies: Giel Nel will highlight the Cemetery project and give tips and treasures on how to take photos at a graveyard. Speaker: Graham Southey will give a talk on the 1820 Settlers. 16 November 2013 Branch year end function details will be communicated nearer to the event. Ons vra dat u nou al u dagboek se inskrywings sal maak Ek vra nog steeds vir bydraes vir hierdie Nuusbrief. Dis n Nuusbrief vir u ons geagte lede maar ons geagte lede is so ietwat stadig om bydraes te stuur. Skryf jou storie en stuur dit vir my ek beloof ek sal kyk wat kan doen. Tot dusver het ek nog GEEN storie weggewys nie. Miskien kan ons so bietjie aan die storie skaaf en bietjie paneelklopwerk daaraan doen. Ek is baie oortuig daarvan dat absoluut elkeen van ons lede n storie te vertelle het dis tog inherent aan ons navorsing: stories. Asseblief mense, ek soek stories. Neels Coertse Redakteur WES-GAUTENG NUUSBRIEF

9 WEST GAUTENG BRANCH COMMITTEE, 2012 Designation Name Telephone Chairman Bob Saunders Vice-Chairman Colin Steyn Secretary Petro Meyer Treasurer Lucas Rinken Secretary: Members Richard Wolfaardt Librarian Graham Southey None Assistant Librarian Louise Dick None Blog Journalist Penny Evans Editor Newsletter Neels Coertse Cemetery Coordinator Giel Nel Product Sales Kriek Fourie

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Hoofstuk 16 ( )

Hoofstuk 16 ( ) 405 Hoofstuk 16 Johannes Lodewikus van der Walt (f8) (1866 1933) In hierdie hoofstuk Hans en Annie Susara Catharina Johanna Magdalena bl. 412 Andries Johannes bl. 413 Martha Helena bl. 415 Hans van der

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS MAY 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS MAY 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS MAY 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika Huguenot Society of South Africa Mei 2016 Nommer 11 Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief REDEVELOPMENT PLANS OF THE MUSEUM WELL UNDERWAY The Huguenot Society of South

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie. Die Grafte Praat Hennie Steyn Settlers' Heritage Trevor Dickerson Eie bodem Erna Buber-de Villiers (gebore Schutte) Die Ortons se Storie Sampie Orton Verslaafdes Gys en Kobie Ströh So ontstaan 'n boek

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, September 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, NS. Met vandag se tegnologie kan ons seker n naskrif aan die begin van n brief aanheg. Dit was baie interessant om Daspoort

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

INTRODUCTION. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria

INTRODUCTION. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria . INTRODUCTION In 1598, the Edict of Nantes, called the edict of pacification and tolerance, gave France s protestants freedom of worship and association, as well as the right to practice any religion

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 GOEIE VRYDAG Wanneer u hierdie uitgawe ter hand neem, is Goeie Vrydag al verby en is ons midde-in die Paasnaweek. Hierdie naweek is die

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

Please keep those articles and contributions coming.

Please keep those articles and contributions coming. Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika Genealogical Society of South Africa 2012/3 WES-KAAP NUUSBRIEF WESTERN CAPE NEWSLETTER Adres / Address: Posbus 4674, Tygervallei 7536 / PO Box 4674, Tyger Valley

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH

More information

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820-1902 Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein IERLAND Lys van bekende stamvaders 1820-1902 ALLISON, William James BAIRD, John BECK, John Frederick BOYCE, Thomas Robert

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS : DIE VERMEULEN FAMILIE SE VERBINTENIS MET PRETORIA DIE EERSTE VERMEULEN's GUILLIAM (GUILLAUME) CHRISTOFFEL VERMEULEN gedoop op 5 November 1788, trou te Graaff-Reinet op 3 April 1809 met Johanna Philliphina

More information

A very big thank you to Elsje van der Linde for her contribution to Eureka.

A very big thank you to Elsje van der Linde for her contribution to Eureka. Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika Genealogical Society of South Africa 2012/2 WES-KAAP NUUSBRIEF WESTERN CAPE NEWSLETTER Adres / Address: Posbus 4674, Tygervallei 7536 / PO Box 4674, Tyger Valley

More information

Rubriek vir skeppende werk

Rubriek vir skeppende werk Meyer van Rensburg J. W. du Plessis Heilna du Plooy G.A. Jooste Gedig Gedigte Mmamodidi Die reëls van die spel 129 130 132 144 Rubriek vir skeppende werk Met die afdeiing Litera tree ons toe tot die mark

More information

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dit is al weer sulke tyd einde van die maand, die Pretoria Brief is geskryf en my e-pos werk nie. Toe ek besef die storm

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING,

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

Inhoudsopgawe Boy Booysen

Inhoudsopgawe Boy Booysen Nasate Boy Booysen Inhoudsopgawe. Boy... Booysen............................................................................ 1 Boy Booysen is gebore in 1640 en is oorlede in 1743 in die ouderdom van

More information

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch VOETNOTAS Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214 Lees binne Die Bassons van Simonsvlei in Simondium 1 Johanna Catherina le Roux née Basson 2 Johannes Basson van Simonsvlei 2 Jan Blom Basson

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember. DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember. My antwoord aan hom is belangrik vir waarom ek die volgende

More information

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Pasteur en Lister oorwin kieme * OpenStax-CNX module: m24216 1 Pasteur en Lister oorwin kieme * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE:

More information

Edgehog

Edgehog The Issue 1-2014 Edgehog www.kgsa.co.za Guild Show 2013 January 2014 PAGE 2 2014 Committee CHAIRMAN VICE- CHAIRMAN: CAREL SMITH CELL: 071 8819960 carelsmith1965@gmail.com Chairmans Chat Nov 2013 WILLIE

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

Harry en Frank Zeiler

Harry en Frank Zeiler Junie 2007 Dagsê Alle belangstellendes in die Geskiedenis van ou Pretoria, Hierdie is nie n baie interessante stukkie geskiedenins nie, maar na meer as vier jaar raak my idees om oor te skryf maar min.

More information

SA-GENEALOGIE Poslys. Jaargang X Maand 9. Saamgestel deur: Elorina du Plessis

SA-GENEALOGIE Poslys. Jaargang X Maand 9. Saamgestel deur: Elorina du Plessis SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2013 Jaargang X Maand 9 September 2013 Saamgestel deur: Elorina du Plessis KWYTSKELDING Hierdie argief is nie n amptelike, wetlike dokument nie, maar n samestelling van die

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR 1 HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE 1. Getrou

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Pretoria Brief 09/09 September 2009 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg n stukkie uit die geskiedenis van een van die bekendste hotelle van ou Pretoria. Die European

More information

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3 A U G U S T U S 2 0 1 4 J A A R G A N G 1 5 N R 3 G E R E F O R M E E R D E K E R K P R E T O R I A ( D O L E R E N D ) KWARTELTJIE Augustus 2014 1 Lees meer oor hierdie publikasie in die artikel wat handel

More information

MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek

MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek MALAN VONK Amptelike Nuusbrief van die Malan-Familiebond Herdenking eerste Malan-Saamtrek 1 Dr D F Malan Lindie Koorts.2 Brandbach Daniel Malan.2 Rainbowsend Jacques Malan.3 Saamtrek trek te Franschhoek..4

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid OM MEE TE BEGIN Bedagsaamheid Die nuwe jaar het ongemerk sy loop geneem en hier staan ons alreeds aan die begin van die derde maand daarvan. Die Trustees hoop dat die nuwe jaar suksesvol verloop en dat

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

SA-GENEALOGIE Poslys. Jaargang X Maand 6. Saamgestel deur: Elorina du Plessis

SA-GENEALOGIE Poslys. Jaargang X Maand 6. Saamgestel deur: Elorina du Plessis SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2014 Jaargang X Maand 6 Junie 2014 Saamgestel deur: Elorina du Plessis KWYTSKELDING Hierdie argief is nie n amptelike, wetlike dokument nie, maar n samestelling van die e-posse

More information

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck WIE IS DIE PAARTJIE VAN DIE KWARTAAL? Lees meer op bl 8... Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Jan van Riebeeck Kloofstraat 129, Kaapstad 8001 Uitgawe

More information

SA-GENEALOGIE Poslys. Jaargang XIV Maand 1. Saamgestel deur: Elorina du Plessis

SA-GENEALOGIE Poslys. Jaargang XIV Maand 1. Saamgestel deur: Elorina du Plessis SA-GENEALOGIE Poslys Argiewe 2017 Jaargang XIV Maand 1 Januarie 2017 Saamgestel deur: Elorina du Plessis KWYTSKELDING Hierdie argief is nie n amptelike, wetlike dokument nie, maar n samestelling van die

More information

Adam Small: Familiegeskiedenisse, aanlope en vroeër invloede

Adam Small: Familiegeskiedenisse, aanlope en vroeër invloede Francois Cleophas Francois Cleophas is verbonde aan die Departement Sportgeskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy ook n doktorsgraad in hierdie dissipline verwerf het. E-pos: fjcleophas@telkomsa.net

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING 5. 1 INLEIDING In hierdie hoofstuk word die toepassing bespreek van die Ericksoniaanse benadering tot sandspelterapie vir deelnemers wat depressie as ontwikkelingsteurnis

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel: Rietfluit Rietvallei se kwartaallikse deuntjie Deel 2 van 2 Kommunikasie in die huwelik Profiel: DEUR DELEEN KORNELIUS Dirk en Marlene Maree het in 1974 op skool ontmoet en is 5 jaar later getroud. As

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

British Concentration Camps of the South African War saamgestel deur Johan J Pottas

British Concentration Camps of the South African War saamgestel deur Johan J Pottas 2008 no 3 September 2008 British Concentration Camps of the South African War 1900-1902 saamgestel deur Johan J Pottas Saamgestel deur JJ Pottas Ons het op 8 Augustus 2008 by ons maandbyeenkoms van die

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry! Stad sonder mure n Toneel deur Theo de Jager Faan Louw, suksesvolle ginekoloog Bart Kruger, voormalige Blou Bul-flank, in n rystoel In Bart se woonkamer, matig luuks. Faan stoot die voordeur toe. Faan:

More information

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord Kaapse Afdeling / Northern Cape

More information