Drakensberger NUUSBRIEF / NEWSLETTER. Die Winsbees The Profit Breed DESEMBER / DECEMBER 2014

Size: px
Start display at page:

Download "Drakensberger NUUSBRIEF / NEWSLETTER. Die Winsbees The Profit Breed DESEMBER / DECEMBER 2014"

Transcription

1 Drakensberger NUUSBRIEF / NEWSLETTER DESEMBER / DECEMBER 2014 Die Winsbees The Profit Breed

2 Inhoudsopgawe DRAKENSBERGERS Die Raad van die Drakensberger Beestelersgenootskap aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige uitsprake in hierdie uitgawe nie. VOORBLAD FOTO: Johan Rautenbach NUUSBRIEF DESEMBER Redaksioneel 2. Boodskap uit die kantoor. 3. Algemene Jaarvergadering Jaarverslag 5. Veilingsverslae Frankfortveiling opsomming Noord-Wes Drakensberger klub veiling Veilings gemiddelde vir die jaar. 6. Nuus uit die streke. Fox in the Hill inligtingsdag. Drakensbergers in Gordonia presteer ekstensief Hoëveld Drakensberger studiegroep OTDK Nasionale Jeugskou UP Studente opleiding Vrystaat Drakensberger studiegroep 7. Kursusse Leerder keurders kursus 8. Nasionale veiling 9. Veilingsdatums 10. Veearts brief 11. Poena Diere 12. Eerste aanvaardings Streeksindeling FOTO: Johan Rautenbach 2 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

3 Redaksioneel Tyd vliegverby! n Gelykte gesegde maar ook so onteenseglik waar snel ten einde. Net nog n jaar verby?? Ja, maar nie sonder sy eie inhoud en nalatenskap van verandering, blydskap, sukses, en ook sy kwota hartseer nie. Goed en die sleg loop dikwels hand aan hand. Soms is dit n keuse maar 2014 sal soos elke jaar voor hom deel wees van die geskiedenis van ons Genootskap. n Jaar van groot verandering waarby baie emosie betrokke was. Die skuif van ons eie kantoor op Volksrust na die Sekretariaat by Stamboek was hartseer maar nodig. Lizanne Vermeulen en Chris Els gaan soos Wilanna Coetzer huishoudelike name word sonder dat ons ooit van Stienie sal vergeet. Dankie aan Piet Uys wat bereid was om soveel geskiedenis in die kantoor te behou. Tereg ook omdat die Uys familie diep verweef is in die hele geskiedenis van die Drakensberger Bees was ook n jaar van besonderse aksies. Met oorgawe gedryf deur ons President, Dr. Johann Fourie, word onder meer samesprekings gevoer met die Voerkraal Vereniging en die LNR se navorsingspan. n Veekundige Beraad met deelnemers oor die hele spektrum [KRY/KOOP DIE BOEKIE] word op Vrede gehou. Toekomsbepalende aksies wat betekenisvolle inpak maak oral. Mites en negatiewe persepsies word afgebreek en daar word met ander oë na die Drakensberger Beesras gekyk. Dankie Johann. Verskeie inligtingsdae deur klubs en groepe met uiters sinvolle inhoud word aangebied en betrek veral ook die kommersieële teler. Die stigting van die Noord-Oos Vrystaat Studiegroep is nog n veer in Piet de Villiers se hoed nog n monument in 2014 opgerig. As dit oor die Drakensberger gaan ken Piet se entosiasme nie grense nie. Viva Piet!! Ons AJV was voorwaar n pragtige geleentheid op n pragtige plek. Magiel Blom word verkies as President met Willie Landman as sy adjunk en Johann Fourie bly op die Raad. Dit waarborg die momentum van nuwe inisiatiewe en die uitdaag van aanvaarde norme [soos Poenas] deur wetenskaplike gronde wat noodsaaklik is vir die toekoms van die Drakensberger. Dankie Magiel dat jy weer voor vat. Baie min telers weet wat jy regtig alles vir ons Genootskap doen en beteken. Ons weet die skip sal op koers bly. Die enigste teleurstelling was dat so baie lede nie die AJV bygewoon het nie. Ons moet nooit vergeet dat die ware krag van die Genootskap in sy lede se betrokkenheid gesetel is nie en die AJV is die plek om jou bydrae te maak. Dit is die plek om jou stem te laat hoor en jouself met kennis en inligting te bemagtig. Kom ons maak BETROKKENHEID prioriteit vir Namens die Raad wens ons U en U familie n baie Geseënde Feestyd toe en mag 2015 vir almal n jaar van voorspoed en vrede wees. Carel Nel uit die kantoor Hiermee wil ek die Drakensberger Beestelersgenootskap verwelkom by die nuwe kantoor. Ek glo en vertrou dat die ras se lede baie gelukkig hier sal wees. Die feit dat die kantoor in dieselfde gebou as SA Stamboek is, sal kommunikasie asook beheer oor die stand van sake meer doeltreffend maak. Die kantoor is uit die aard van die saak nou bloodgestel aan die nuwe kultuur van die Genootskap en daarom is daar n leerproses wat voorlê, maar ek sien daarna uit om deel hiervan te wees. Ek wens al die telers n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe. Lizanne Vermeulen Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 3

4 Drakensberger AJV ALGEMENE JAARVERGADERING 26 EN 27 SEPTEMBER 2014 AMANZI WILDSPLAAS BRANDFORT Nuggets het gesê Die tweeling van sukses is dinkwerk en hardwerk. Met net EEN van die twee het niemand nog bo uitgekom nie. En Charles Schwab het gesê: n Mens kan sukses behaal in enigiets waarvoorjy n onbeperkte entoesiasme het. Met hierdie 2 aanhalings as dryfveer, het 6Plus telers hierdie jaar die Algemene Jaarvergadering van die Drakensberger Beestelersgenootskap op die wildsplaas, Amanzi, buite Brandfort in die Vrystaat gereël. En met entoesiasme, dinkwerk en hardwerk het die Brandforters vir meer as 'n jaar ongeveer elke maand 'n vergadering belê om 'n baie geslaagde en UITERS suksesvolle AJV aan die telers to bied! Die TEMA van die naweek was: VELDBEES V0ERKRAALBEES WINSBEES. Vrydag 26 September 2014 was die spreker Prof Johan Willemse, by die Bosberaad, lê aan die woord, en het met sy kenmerkende aanbiedingstyl, die uitdagings en ekonomiese vooruitsigte van Beesboerdery vir die volgende jaar(e), verskaf. Volgende aan die beurt was Mnr. Louw van Reenen met sy Tema: Drakensbergers in die Voerkraal, asook die Toekoms van die Voerkraalbedryf Daar was na die tyd geleentheid vir vrae vra, en lede het entoesiasties deelgeneem. Die aand is 'n semi formele Dinee aangebied, en die tafels was keurig en pragtig versier. Die dames van die 6Plus telers het almal lekker saamgewerk, en in samewerking met die gewillige en altyd vriendelike, oord bestuurder, Leonora, is Giles tot en met die nagereg, die aand uitstekend aangebied. Dr. Johann Fourie die President van die Drakensberger Beestelersgenootskap, het n kort, maar treffende boodskap gelewer. Die Hoofborg van die naweek was ENB, en Mnr Paul van den Berg, Bestuurder van die Vrystaatstreek, het as sodanig ook 'n boodskap aan die lede gelewer. 4 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

5 n Sertifikaat van Voortreflikheid is aan Koot Louw, veekundige konsultant namens die Drakensberger beestelersgenootskap oorhandig, vir sy onbaatsugtige en entoesiastiese diens, om die Drakensberger as die beste boerbees aan nie telers en telers to bemark. Baie Geluk aan al die ander stoettelers met hul prestasies. Piet de Villiers het n oorkonde ontvang vir die onbaatsigtige diens wat hy lewer aan die Drakensberger Beestelersgenootskap en sy lede. Dr Pierre van Rooyen, Hoofbestuurder van SA Stamboek, het in die afwesigheid van Mnr Chris Els, die bestuurder van Sekretariaat die Sekretariaat kom bekendstel, en hoe die Telersgenootskap van nou af in Bloemfontein sal funksioneer. Daarna is die veiling van die Kalender vir 2015 deur Koot Louw as afslaer behartig. Koot is 'n uitstekende afslaer. Daar is onder luide gelag, kennis geneem van sy kwinkslae! Deelname was traag, en die lede kon regtig maklik kies watter maand hul advertensies wou plaas. Almal het heerlik aan die geregte gesmul, en daar is tot in die vroeë oggendure lekker saam gekuier. Saterdagoggend, 27 September, is n heerlike buffet ontbyt by die Wild Olive restaurant op die wildsplaas genuttig, en daarna is die Algemene Jaarvergadering in die Sabel Saal aangebied. Die openingspreker by die geleentheid was mnr. Gerrit van Zyl, Bonsmara teler, en ook soos by dit self gestel het, net n boer. Gerrit bekend aan ons almal, was al Beesboer van die Jaar, President van die Bonsmara Beestelersgenootskap ens. Gerrit lewer 'n treffende geestelike boodskap, en daarna gesels by met die telers oor praktiese beesboerdery in die algemeen. Daarna is Magiel Blom as voorsitter, Willie Landman as vise-voorsitter en Johann Fourie as raadslid herkies deur die lede. Ons as 6 Plus telers, wens Magiel en Linda voorspoed en sukses, en bid God se rykste seëninge vir hul ampstermyn toe. Ons gun Johann Fourie, sy vrou en gesin die rustyd, en baie dankie Johann, as uitredende President, vir die uitstekende diens wat u met onderskeiding aan die Raad en Genootskap gelewer het. Ter afsluiting wil al die lede en eggenotes van 6Plus telers, die President, Raad, Stoet en Kommersiële telers n Geseënd Kersfees en voorspoedige nuwe jaar toewens. Numerie 6: 24, 25en 26 vir 2015 toebid: "THE LORD BLESS YOU AND WATCH GUARD, AND KEEP YOU; THE LORD MAKE HIS FACE TO SHINE UPON YOU AND BE GRACIOUS ( KIND, MERCIFUL AND GIVING FAVOUR) TO YOU; THE LORD LIFT UP HIS (APPROVING) COUNTENANCE UPON YOU AND GIVE YOU PEACE" (TRANQUILITY OF HEART AND LIFE CONTINUALLY)." Groete 6Plus telers Brandfort FOTO: Johan Rautenbach Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 5

6 AANDAG VRYSTAAT DRAKENSBERGER KLUB NUUS BELANGRIKE KENNISGEWING Neem asseblief kennis dat die Vrystaat Drakensberger Klub se jaarlikse bulveiling verskuif vanaf Frankfort na die PLAAS BLESBOKFONTEIN in die distrik LINDLEY. Die datums sal steeds die tweede Woensdag in Augustus wees se datum is: Woensdag 12 Augustus 2015 Die volgende telers is deel van die veiling; kontak hulle gerus as u enige navrae het. Jan Dhooge: Petri Bezuidenhout: Hermaas Potgieter: Reinier van Rensburg: Johan Rautenbach: SIEN DAARNA UIT OM U OP DIE PLAAS BLESBOKFONTEIN TE ONTVANG! Dankie vir julle ondersteuning gedurende Ons by Buffalo Valley wil vir julle seën, liefde en vrede toewens vir die feesgety en baie voorspoedige Ons volgende veiling is die 27/05/15 en ons hoop om julle daar te sien. Tel: John Roos Webblad: co.za Epos: buffalovalley@skyafrica.co.za 6 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

7 Jaarverslag INLEIDING Hier volg n opsomming uit die Jaarverslag soos deur Dr Johann Fourie gelewer tydens AJV 2014 Wat gaan word? Wie gaan wen? Wat wil wie wen? Wie wil vir wie wen? Wanneer gaan ons wen? Wesenlike vrae vir die omstandighede rondom ons, die huidige situasie in Suid Afrika is oor die algemeen swakker daaraan toe as n jaar gelede. Die veranderde politieke gesig is neerdrukkend en oordonderend, wat deur aanhoudende druk op die Landbou die Boerdery gemeenskap kniehalter en stremmend inwerk op vooruitgang. Stagnasie en idees van emigrasie en buitelandse besoeke is aan die orde van die dag, dit lyk altyd beter daar aan die ander kant. Die wêreld is in stryd gewikkel, Rusland loop in die Ukraine rond, Israel verdedig sy beginsels, moslemlande raak radikaal en uiterste wreedheid is aan die orde van die dag, word selfs deur die elektroniese media die skerms van die wêreld ingestuur. Tot afgryse van die westerse wêreld. Hoekom dan die haat, die stryd wat nooit sal ophou nie, die wrok en die wreedheid? Dit gaan goed in Drakensberger geledere. Die tyd stap egter aan en die tempo van die dag tot dag bestaan neem nie af nie, dit versnel en is n wegholtrein. Nuwe denkrigtings en veranderde benaderings ten opsigte van stoetteling is vernuwend en verfrissend, die praktiese toepassing is die uitdaging en die mikpunt. Sommige gaan die voortou neem, stroom af, deur die maalkolk en deur die geskommel, om in die diep, rustiger water die voordeel te trek van strategiese, ingeligte besluite. Dit is onvermydelik dat sommige van ons oudste kuddes aan afskaal begin dink, n idée wat ons onmiddellik wil wegredeneer. Dit is egter die realiteit van die situasie waarin die teler homself bevind, met sy eie, unieke omstandighede. Aan diesulkes wat daardie drumpel moet oorsteek, baie sterkte met julle besluit en met die uitvoering van n emosioneel moeilike taak. Wees verseker van almal se ondersteunig. Daar is heelwat idees wat telkens tydens gesprekke na vore kom, idees wat baie goed is om te bespreek, om gevoelens te toets en om te oorweeg. Ons Ras is trots daarop om te noem dat ons die eerste ras was wat verpligte prestasietoetsing begin doen het. Dit is alles goed en wel. Wanneer daar egter na data gekyk word en vergelyk word met ander rasse, is die data dikwels misleidend. Sommige rasse het slegs prestasiedata van telers wat regtig belangstel om dit in te stuur, dit is ongebalanseerd. Die Drakensberger is geneties suiwer. Cas Maree Hoe vinniger daar van hierdie stelling afgesien word, hoe beter. Nuwe genetiese evaluasie toon dat daar GEEN ras is wat geneties suiwer is nie, selfs nie een nie. Dat ons unieke genetika besit, is definitief so. Daarin lê die kragtigheid van die feit vasgevang, dit is wat ons moet gebruik tot ons voordeel. Daarin is die heterose vasgevang, daarmee kan ons reuse spronge vorentoe gee. Die poenskopdiere in die ras word erken deur streng seleksie, wat nog altyd die ras beskerm het teen nie verkose genetika. Die gebruik van DNA ontleding het egter die kanaal geskep waardeur hierdie diere identifiseer kan word en kan dit die weg baan vir bewys en aanvaarding van vele eienskappe van die dier waarmee ons boer. Die bewuswording van die belang van prestasiesyfers word harde realiteit en die strewe na die daarstel van ideale mikpunte, is n groot uitdaging. Die omstandighede van onderskeie omgewings en boerderypraktyke skep soveel variasie, dat dit uiters moeilik is om rigiede afsnypunte af te dwing. Konsensus oor die belang van teelwaardes is die korrekte beginsel, navolg daarvan en die nastreef van optimale waardes, soos gereken dit vir jou die beesboerdery aan die voorpunt gaan plaas, is jou eie inisiatief. Die telers wat daarmee aan die voorpunt gaan wees, het die voordeel en sal beswaarlik ooit ingehaal kan word. KANTOOR Dit is die realiteit dat die kantoor van die Drakensberger Beestelersgenootskap in Volksrust hierdie jaar ontruim is en dat die administratiewe funksies oorgedra is aan Stemma Animalia. Hierdie onvermydelike aksie is inisieer deur die finansiële druk wat toegepas en gevoel word deur die GENOOTSKAP. Die neem van die besluit was gewigtig, wel deurdag en in fyn detail bespreek, die besluit is deur die Raad eenparig beslis. Die lede sal wel bewus wees daarvan dat die per kapita fooie vir die derde jaar opeenvolgend geen styging getoon het nie. Hierdie op sigself is nie volhoubaar nie en die volgende finansiële jaar sal noodgedwonge n styging realiseer van ten minste sewe (7) persent in die fooistruktuur van die DBTG. Wat wel implementeer is, is Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 7

8 die gebruik van n glyskaal waarin groter kuddes effense verligting kry na gelang van die getal stoetdiere in die kudde. Dit, tesame met die uiters akkommoderende fooistruktuur vir lede wat eerste aanvaardings registreer, is deel van die reeds implementeerde finansiële verligting wat reeds toegepas word. Stienie Steenkamp se termyn van pligsgetroue diens in die kantoor het dan ook ten einde geloop. Vir haar harde en toegewyde werk sal sy altyd onthou word en gun ons haar die kans om te rus en te reis, n voorreg wat haar beskore is. Dankie vir jou toewyding Stienie, elke lid het daarvoor die hoogste agting en respek. Johanna Mhlambo het n dienstermyn van 27 jaar by die DBTG, n tydperk waarin sy haar werk pligsgetrou en stil gedoen het. Sy is steeds in diens in dieselfde gebou, die rede is as volg. Piet Uys, broer van Pikkie en Johan Uys, is tans, op langtermyn basis, die huurder van die DBTG kantoorkompleks. Die gebou het, met enkele uitsonderings na, dieselfde gebly en word die aansig van die gebou dieselfde gehou. Die foto s en tradisionele memerobilia word intakt hanteer in die gebou en almal is baie welkom om enige tyd die gebou te besoek. Die beplanning is om die keurders vergadering en die voorafgaande Raadsvergadering in Februariemaand steeds in die die kantoorkompleks te hou, met vrymoedigheid aangebied deur Piet Uys. VEEGETALLE soos op 1 Julie Toe-/Afname MANLIK VROULIK GEBOORTES LAAT GEBOORTES VERSPREIDING VAN VEEGETALLE STREEK 2012 % 2013 % 2014 % VRYSTAAT MPUMALANGA KWAZULU-NATAL NOORD-WES NOORD-KAAP GAUTENG OOS-KAAP NAMIBIA MOSAMBIEK AUSTRALIA TOTAAL Uit bogenoemde syfers blyk dit dat daar n algemene groei van diere is teenoor Die laat geboortes van 200 diere is nie in berekening gebring by bogenoemde getalle nie. OPSOMMING VAN DIE KEURINGS TOERE DIERE SIEN KEUR % SIEN KEUR % SIEN KEUR % Bulle Verse Hulp A Totale kilometer gereis vir die keuringstoere is: km Spesiale keurings word op versoek van lede gedoen hoofsaaklik na afsluiting van Groeitoetse. My myning is dat hierdie praktyk deur somige lede misbruik word. Werklike syfers word nie aan die kantoor voorsien nie en is dit onmoontlik om n opsomming van Spesiale keurings te maak. Baie dankie aan keurders wat bereid is om op baie kort kennisgewing aan die versoek te voldoen en weereens aan Magiel Blom, vir sy behartiging van die aanwys van mees geskikte kandidate vir die keuringsgeleentheid. 8 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

9 Opsommende Reproduksie Statistiek soos op 1 Julie Kuddes met TKP van minder as 400 dae Teler Meer as 100 koeie TKP Toekenning J A Rautenbach Embee Wissel Trofee Neuman Broers tot 99 koeie E M Schroeder AS van Niekerk Skild Black Hills Drakensbergers J G Ehlers J I Van Zyl Naude M C Blom F van Dyk L A Foster Neusberg Drakensbergers Morgenzon Landbou Otjiwa Boerdery Cumin Drakensbergers Ntique Drakensbergers Kuddes onder 25 koeie Kudde Koeie TKP Dr F Barnard Meulstroom A J van der Walt Koei getalle binne die Ras Getal koeie 2012 Aantal Kuddes 2012 % 2013 Aantal Kuddes 2013 % 2014 Aantal Kuddes 2014 % 100+koeie koeie koeie koeie koeie Die kuddes (6) met geen koeie het 4 wel verse van 24 maande en ouer wat vanjaar sal kalf. Uit die 66 kuddes is die gemiddelde kudde grootte 74.6 koei met die maksimum 306 koeie en die minimum 2 koeie TKP van kuddes met meer as 25 koeie TKP 2012 Aantal Kuddes 2012 % 2013 Aantal Kuddes 2013 % 2014 Aantal Kuddes 2014 % Onder 400 dae dae dae dae Bo 600 dae kuddes het minder as 20 koeie of net verse en ons sien daarna uit om hul aanstaande jaar deel van ons statistieke te maak. Ras gemiddelde TKP. Jaar Dae Die rasgemiddeld het afgeneem met 1 dag, met reuse ruimte vir verbetering. Dit is nietemin n teleurstellende TKP en daadwerklike stappe sal geneem moet word om hierdie swak syfer te verbeter. 37 kuddes se TKP is onder die Ras gemiddeld. Dit is vir my n groot kwelling dat daar Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 9

10 10, verlede jaar 5, kuddes is met n TKP van tussen 451 en 500 dae. Verder is daar 7, verlede jaar 3, kuddes met n TKP van bo 500 dae. Kuddes wat bo die 450 dae syfer val, sal deur die Raad evalueer word en kundige advies sal aangebied word met n daadwerklike plan van aksie. Indien daar nie aan sodanige aksieplan voldoen word nie, sal die Raad definitiewe stappe moet neem om hierdie situasie te verbeter. Dit sal in 2015 implementeer word, ongeag die individu of teler. SA Stamboek statistieke soos op 31 Desember 2013 RAS Kuddes Kuddes Manlik Manlik Vroulik Vroulik Totaal Totaal Jaar Drakensberger Alle Rasse by Stamboek PRESTASIE GEMIDDELDE Manlik DRB DRB DRB DRB Stamboek rasse Stamboek rasse Jaar Geboorte diere diere 35.5kg 35.6 kg 35.4 kg 35.1 kg Speen diere diere 228kg 232 kg 225 kg 232 kg 12 maande 608 diere 763 diere 264 kg 261 kg 319 kg 301 kg 18 maande 402 diere 419 diere 368kg 362 kg 426 kg 421 kg Vroulik DRB DRB DRB DRB Stamboek rasse Stamboek rasse Jaar Geboorte diere diere 33.5kg 33.5 kg 33.6kg 33 kg Speen diere diere 213kg 214 kg 212 kg 217 kg 12 maande 983 diere diere 238 kg 228 kg 259 kg 258 kg 18 maande 817 diere 768 diere 316kg 313 kg 338 kg 334 kg GROEI TOETSE Sentrale toetse DRB Sentrale toetse DRB Alle Stamboek rasse Alle Stamboek rasse Op die plaas toetse DRB Op die plaas toetse DRB Alle Stamboek rasse Alle Stamboek rasse Jaar Aantal Finale gewig kg GDT gram VOV Skrotum mm RTU 50 diere diere 585 diere Drakensberger Drakensberger Alle Stamboek rasse Alle Stamboek rasse Jaar OEK 33.4 maande 32.8 maande 31 maande 30 maande TKP 430 dae 419 dae 449 dae 409 dae Koei/kalf geboorte 7.57 % 7.19% (466kg) 7.25 % 6.72% (491kg) Koei/kalf speen 44.7 % 43.06% (497kg) 45.5 % 43.75% (496kg) Indien na hierdie syfers gekyk word, is dit baie duidelik dat die Drakensberger telers inderdaad baie het om op trots te wees. Die memorisering van sommige van hierdie syfers sal die kompeterende wêreld waarin ons ons bevind, makliker maak. Is dit nie so dat n ander persoon, met n enkele feit, n groot hoeveelheid twyfel kan saai deur n goed gemikte opmerking net op die regte tyd nie? Hierdie syfers vertel die ware storie, gebruik dit tot almal se voordeel. Die Drakensberger koei se gewig neem met 31 kg toe terwyl sy haar kalf soog teenoor al die rasse se gemiddelde toename van 5 kg. 10 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

11 TOEKENNINGS VIR AS van NIEKERK TROFEE VIR BESTE TKP VIR KUDDES 35 TOT 99 KOEIE E Schroeder dae oor 49 koeie 2 EMBEE TROFEE VIR BESTE TKPVIR KUDDES MET MEER AS 100 KOEIE Johan Rautenbach dae oor 107 koeie 3 AECI TROFEE VIR DIE KUDDE WAT DIE BESTE VORDERING GETOON HET DIE AFGELOPE JAAR Genomineerdes: Johan en Pikkie Uys (Wenner) L A Neuman Otjiwa Boerdery 4 EPPIE NEL TROFEE VIR DIE PERSOON WAT DIE MEESTE GEDOEN HET VIR RASBEVORDERING 2014 Genomineerdes: Johannes Retief (Wenner) Piet de Villiers 5 Pfizer Trofee vir die bul met die beste VOV Gawie en Frik Roux GR met VOV van VBRSA se trofee vir die veld getoetste bul wat die hoogste prys behaal Neuman Broers HN vir R Genootskaps trofee vir n kudde jonger as 5 jaar met die beste vordering. Black Hills Drakensbergers 8 Toekenning vir kudde met beste Speen data geborg deur Rouvus. Edwin Schroeder MAGIEL BLOM Die gedagte is telkens in die verlede geopper dat daar n persoon in die kantoor moet wees wat meer betrokke is met die direkte handeling met SA Stamboek. Die Raad het dit goed gedink om vir Mnr Blom hieroor te nader en te versoek om hierdie rol te vervul. Die versoek is deur hom aanvaar en tans is daar uiters goeie kontrole oor die administratiewe sake wat betref aanwys van Keurders vir Spesiale keurings, Beskermhere vir veilings, nagaan van katalogusse en opvolg van probleem gevalle, geboortekennisgewings, prestasiedata, herinstellings, korreksie van foute, laat geboortes, evaluasie van kuddes en opvolg met lede, skakeling met individuele lede, hantering van navrae van lede en is tans besig met die opstel van n Verwysingsraamwerk vir die Drakensberger Ras deur die identifisering van diere en die versameling van biologiese monsters vir n toekomstige Genomiese databasis. BEDANKINGS Daar is by my groot waardering vir die Raadslede wat deur die afgelope jaar met inisiatief en ywer betrokke was by die voortgesette uitbreiding van die ras. Die onvermydelike skuif van die kantoor se administratiewe deel het groot verantwoordelikheid geverg en die Raadslid wat hiermee as uiters belangrike skakel gedien het en die taak by uitnemendheid verrig het, is Magiel Blom. My opregte dank vir jou toewyding en nougesette opvolg van aksies, jy is onontbeerlik vir die Genootskap. Ook opregte dank vir die betrokkenheid in die versamel van data vir die opstel van hierdie jaarverslag. Jou lojaliteit en ondersteuning is steunpilare Magiel, baie dankie daarvoor. Willie Landman se rol in die oorwoë aksieplan en uitvoering daarvan, is krities belangrik en stimulerend. Die positiwiteit waarmee jy deelneem en leiding neem in toepaslike beplanning en in die uitvoer daarvan, is aansteeklik. Sterkte met jou verantwoordelikheid as hoof uitvoerende beampte by M Tech en ek glo en vertrou dat jy jou teeldoelwitte sal verwesenlik, vir jou kudde natuurlik. Rodney Neuman, jou eerlikheid en betroubaarheid skep vertroue en die Genootskap se finansies is in goeie hande. Geluk met n suksesvolle veiling, wees verseker dat baie individue dophou en oplet hoe jy die sukses verseker van jou boerdery. Jy is telkens soekend na die beter oplossing, na die voordeel wat die Drakensberger bied, nie net vir jou nie, maar vir ons almal. Ons respekteer dit. Fanie van Dyk, jou betrokkenheid oorskrei die grense van normaliteit. Nampo is jou verantwoordelikheid en hierdie jaar was n absolute hoogtepunt. Die afwesigheid vanaf die boerdery is n beperkende faktor, jy het dit nietemin gedoen en die raad en die Ras verteenwoordig vir die hele duur van Nampo. Jy is ook die Raadslid verantwoordelik vir die Karoolede se belange, n taak wat jy met groot toewyding volvoer. Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 11

12 Carel Nel, dankie vir jou verantwoordelike taak om die riglyne te evalueer en te rig soos wat nodig is wat betref die beoordeling en keuring van Drakensbergers. Jou beoordelingstegniek is sistematies en deeglik, jou beskrywings akkuraat en beskrywend, dankie daarvoor en wees asseblief betrokke by die opleiding van potensiële keurders. Vir jou, as persoonlike mentor en vriend, het ek die hoogste respek. Dankie Prof. Henk Delport, as nuut verkose lid het jy reeds jou impak gemaak en sien almal uit na jou betrokkenheid by Drakensberger sake in die toekoms. Jy is alreeds besig met gesprekvoering met GWK en almal is angstig om in die praktiese uitvoering daarvan betrokke te raak. Jou rol sal eskaleer in die volgende twee jaar, sterkte daarmee. Opregte dank vir jou en Liesel se inisiatief en tot uitvoer bring van die opkikkering van die Drakensberger stalletjie by Nampo. Daar is altyd kostes verbonde aan sodanige individuele aksies, wees verseker dat dit raakgesien en erken word en dat daar opregte waardering is vir julle ekstra myl. Gawie Roux, dit is vir my n voorreg om saam met u op die Raad te dien. U het n enorme kennis van en ondervinding met beesboerdery, tegniese sake en syfersake is belangrik en u het n reuse verantwoordelikheid as Raadslid vir tegniese aspekte. Die veranderinge tans aan die gebeur in stoetteling is vinnig opmekaar en tegnies, u moet die kaf van die koring skei om die mees gepaste aanbevelings te maak. U rol is onontbeerlik, doen so voort. Pikkie Uys, jou eerste jaar as Raadslid was n reuse sukses. Die groot taak wat aan jou opgedra was, was die bewerkstelliging van n oplewing in Mpumalanga. Deur jou direkte kontak met lede, jou voorstelle en positiewe gesindheid, het jy baie vermag. Dankie ook vir jou en Johan se hulp en beywering van n goeie keuringsopleiding op Gryshoek. Die plek met soveel Drakensberger tradisie. Daar word nuuskierig uitgesien na jou volgende idees vir die nasionale veiling en ook die renaissance in die hoëveld. Dr Hannes Dreyer, u betrokkenheid by Drakensberger sake is van baie hoë waarde. U is bewus van veranderinge in die praktyk, u deel die waarnemings en ons vind u onontbeerlik in die oorkoepelende visie wat nodig is om n ras te bevorder. As sameroeper van die Veekundige beraad het u uself uitstekend van u taak gekwyt. Sterkte met die gesondheid, van u en u gesin. Gert Du Preez, baie dankie vir jou bydrae in die afgelope jaar. As voorsitter van die Hoëveld studie groep het u inderdaad n baie belangrike rol te speel in n tradisioneel gevestigde Drakensbergerstreek. Jou sukses met jou boerdery is welbekend en die fantastiese data wat uit jou voerkraal genereer word, is n moet vir almal om te sien. Doen so voort en dankie. Piet de Villiers, jou bydraes gaan nie ongesiens verby nie. Dankie vir die hantering van die Grootfontein beoordelaarskursus, vir jou lojale en optimistiese bemanning van die Nampo aksie, vir die Val boeredag betrokkenheid, die Standerton fees se tentoonstelling, die beoordelaarskursus wat in Mpumalanga aangebied gaan word. Piet het ook n groot ideaal verwesenlik met die stigting van die Oos Vrystaat Drakensberger studiegroep, n mylpaal en n prestasie by uitnemendheid. Geskiedenis in wording, meneer de Villiers. My apologie aan die lede vir my afwesigheid by vele Genootskapsaksies. Tyd is die vyand en beroepsverpligtinge die eerste prioriteit, met tyd sal die balans verbeter en sal die pendulum ophou rondswaai. Daar is altyd die goue balans, vir almal. Marianne, Ruan, Armandt, Johann, Kiewiet, Doughnut en Coco, my afwesigheid vanaf die huis is self gekose, maar nie altyd verkose nie. Dankie vir julle geduld en verstaan as ek dit weer maak tot by die huis, soms aan die wonder oor die raadsaamheid al dan nie. Aan die Skepper van alle dinge, wat altyd in beheer is, al my lof en eer. Mag dit so wees dat ek nooit perspektief sal verloor nie en dat ek sal voortgaan om God te ken in alle sake. Ek groet julle. Johann Fourie 12 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

13 Vrystaat DrakensbergerklubVeiling Die Vrystaat Drakensbergerklub veiling is gehou op 13 Augustus bulle word aangebied en 25 bulle word verkoop teen `n gemiddelde prys van R Twee bulle, Jatro 1115 van Johan Rautenbach en Uitvlug F71 Armand van Hermaans Potgieter, behaal elk die hoogste prys was R Die koper in beide gevalle is JP Hatiingh Trust van Frankfort. Hiermee `n opsomming van die veiling: Gemiddelde pryse Verkoper Aangebied Verkoop Duurste Beste 3 Totaal J.A. Rautenbach J.H. Potgieter J + E Dhooge Bezuidenhout Broers RJ v Rensburg +Seun R R R R R R R R R R R R R R TOTAAL R As beskermhere het opgetree Mnre. Fanie van Dyk en Callie Watermeyer. Veiling was aangebied deur CMW Elite met die afslaer Lourens Bibbey. NWDK HOU VEILING n Nuwe datum, n nuwe plek, dieselfde groep telers. Wat gaan gebeur op 9 Oktober 2014 op die plaas Jakkalsfontein Klerksdorp van dr Johann Fourie. Johann besluit net die beste sal goed genoeg wees en op 6 September vat hy die pad na al die bulle wat ingeskryf is vir die veiling. 25 Bulle word uitgesoek vir die aanbod saam met 20 dragtige verse uit die Black Fox stoet. 11 Dragtige koeie van Schalla van Schalkwyk en 3 koeie met kalwers van Johan van Staden maak die aanbod vol. Die tent word so opgeslaan om die koelte bome van Jakkalsfontein die beste te benut. CMW/ELITE is die afslaers en Ian Grobbelaar op die rostrum. Die Beskermhere is Piet de Villiers en Kobus Davel. Na die veiling word daar gebraai en heerlik saam gekuier. Die Noord- Westers se gasvryheid was, soos gewoonlik, uit die boonste rakke. Die NWDK se volgende veiling sal DV op 1 Oktober 2015 op Jakkalsfontein Klerksdorp wees. Veilingsresultate Aanb. Verk. % Gem. prys Hoogste Koper Verkoper Bulle R R Black Hills Drakensbergers J Fourie Dragtige Verse geregistreerd R R J van Staden J Fourie Dragtige koeie kommersieël R R C P Mostert S van Schalkwyk Koeie & kalwers kommersieël R R C P Mostert J van Staden Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 13

14 Veilingsgemiddelde 2014 Bulle verkoop in 2014 op Veilings Onder Beskerming van die Genootskap Veiling Aanbod Verkoop % Gem Hoogste Nasionaal , BV , Natal Vryheid Rouvus Alle Ras Ermelo , Neuman Broers , Kuruman , Karoo Calela , Davel/Bracher , VDK Frankfort , OTDK , Rouxville Telers , SHDK Vrede NWDK Totaal , Koeie verkoop in 2014 op Veilings Onder Beskerming van die Genootskap Veiling Aanbod Verkoop % Gem Hoogste BV , VDK Frankfort , Telers , Totaal Koeie verkoop in 2014 op Veilings Onder Beskerming van die Genootskap Veiling Aanbod Verkoop % Gem Hoogste Nasionaal , BV , Telers NWDK Totaal , Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

15 FOX IN THE HILLS Kudde seleksie inligtingsdag Quality is never an accident; it is always the result of high intention, sincere effort, intelligent direction and skilful execution; it represents the wise choice of many alternatives. Oom Danie Bosman het tydens die Fox in the Hills inligtingsdag sy ervaring kom deel oor die volgende aspekte van vleisbees kudde seleksie: As al die koeie jaarliks kalf, wie moet bly? Keuse tussen vervangingsverse en bewese koeie. Drie belangrike syfers in n veiling katalogus vir die kommersieële teler. Bul seleksie vir jou kommersieële kudde behoeftes. Die balans tussen syfers en visuele voorkoms. Die bespreking is deurgans op praktiese wyse verduidelik deur diere uit die Black Hills en Black Fox Drakensberger kuddes te bespreek, met die veiling katalogus van die diere byderhand. Oom Danie is n ervare vleisbeestelingkundige en ook die voormalige adjunk-direkteur van die LNR se Instituut vir Diereverbetering. Hy het in 1965 die aanvanklike Bonsmarakudde van die LNR by Prof Bonsma oorgeneem en vir meer as 30 jaar daarmee gewerk. Die man ken n vleisbees! Die dag is bygewoon deur 120 gaste wat boer met alle rasse. Na afloop van die inligtingsdag is daar heerlik gebraai en gekuier tot laat. Dankie aan al ons borge wat bygedra het tot die dag se sukses. Volgende jaar maak ons weer so! Hier volg enkele van die belangrikste uittreksels/ inligting van die dag: 1. SELEKSIE BEGINSELS Seleksie is die proses waarby n kudde geneties verander word deur visuele evaluasie en objektiewe metings as hulpmiddels te gebruik. Al die eienskappe het n genetiese basis en sal dus reageer op seleksie. Die effek van vandag se seleksie besluite bly vir baie jare in n kudde en daarom moet seleksie weldeurdag uitgevoer word. Dit word van stoettelers verwag om prestasiemetings van hulle kuddes in werking te stel sodat die korrekte vordering vinniger kan plaasvind. Teelwaardes word van die metings oor kuddes en selfs lande verwerk wat n belangrike seleksie hulpmiddel is. Dit is noodsaaklik dat telers die produksiestelsels verstaan en beeste teel wat dit bevredig. Die twee belangrikste produksiestelsels is die volgende: Speenkalfproduksiestelsel (SKP) Die voerkrale rond speenkalwers af vir die vleismark en koop hulle vanaf kommersieële telers. Die kommersieële teler sal graag n 240kg kalf wil verkoop eerder as n 200kg kalf want teen R18/kg gee dit n bykomende R720 per kalf inkomste. Die voerkraal wil bespiering op die kalf sien sodat hulle voldoende groei kan kry om n wins te maak. Die speenkalfprodusent stel belang in gemak van kalwing (34kg kalwers by geboorte) hoë reproduksie tempo, voldoende melk in sy koeie en groeikrag voor en na speenouderdom. Voerkrale Suid Afrika het n stewige voerkraal komponent van 60 voerkrale met n kapasiteit van diere met n jaarlikse deurvloei van 1.5 miljoen diere met n omset van R10.7 biljoen. Die mees intensiewe afronding van vleisbeeste lewer beslis die grootste vermeerding in produksie binne n gegewe tyd. Volgens verslae kom 80% en meer van die hoë gehalte beesvleis, veral in die stede, uit voerkrale. Die vleisbees teelwaardes wat belangrik is vir die voerkraal is naspeengroei (GDT), voeromsetverhouding (VOV), bespiering en weerstand teen voerkraal siektes (brongiaal en rumen steurnisse) en afwesigheid van klougroei. 2. SELEKSIE VAN DIE KOEIKUDDE Koeie verdien erkenning want hulle is fisies 97% van die teelkudde en hulle produseer die kuddebulle vir die bedryf. Die funksie van n koei is om: Jaarliks n kalf te speen. Voldoende melk te gee sodat die kalf optimaal groei en ontwikkel. Om funksioneel te wees in alle opsigte en haar kalf te beskerm en versorg. Om reproduksie te verbeter, volgens navorsing, is uit n ekonomiese oogpunt 12 maal belangriker as om karkas kwaliteit te verbeter en 10 maal beter as om die produksie eienskappe soos groeivermoë te verbeter. Reproduksie is dus die belangrikste eienskap en Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 15

16 behoort eerste aandag te geniet in die seleksieproses. Daarna kan ander eienskappe aandag geniet. Meting van reproduksie by die vroulike dier is moeiliker omdat dit slegs berus by besetting of nie. Die grootste verbetering word gevind in die bulle wat geselekteer word en wat vroulike nageslag voortbring. Sowat 87% van die genetiese samestelling van n koeikudde kom van die bulle wat gebruik is die afgelope 3 generasies (± 15 jaar). Die reproduksie eienskappe van kuddebulle is dus van primêre belang. Vroulike diere wat in n sekere omgewing goed aangepas is, sal n voordelige reproduksie tempo handhaaf. Die vroulike dier in n gesonde hormonale balans vertoon besonders vroulik. Dit beteken: Haar borsbeen is normaal klein, sy het n goeie kapasiteit met n wigvorm van smaller voor na breër agter. Haar hare in die somer is glad en blink. Uierontwikkeling as vers is reeds sigbaar en haar vroulike dele is goed ontwikkel. Regophakke is n funksionele fout wat die loopvermoë benadeel. Selfs te sekel hakke is nadelig. Koeihakkigheid of duiftonigheid is raamwerk swakhede wat uitgeskakel moet word. Genetiese verbetering vir melkproduksie sal kuddedoeltreffendheid verhoog mits n balans tussen melkproduksie en reproduksie gevind word. Dit is dus sinvol om kalwers te merk, hulle geboortedatums binne 3 dae aan te teken en hulle en die koeie te weeg as n groep kalwers gemiddeld 7 maande oud is. Die koeie wat laer as n 90 indeks kalf speen, het nie voldoende melk nie en behoort uitgeskot te word. Kalwers behoort tussen 40 en 50% van die moeder se gewig te weeg. n Koei kan 600kg of hoër weeg en kan in die kudde bly mits sy dragtig is. Die dragtigheidslengte is belangrik veral met beperkte teelseisoene. Koeie met n korter dratyd van dae sal eerder elke jaar kalf as koeie met n dratyd van dae. Indien n koei elke jaar later kalf mag dit wees dat sy n langer dragtigheidsperiode het. Dit is daarom belangrik om bulle aan te koop waarvan die moeder n voordelige reproduksierekord het. 3. SELEKSIE VAN VERVANGINGSVERSE Die goue reël in vleisbeeskuddes is dat 20% van die kudde uit nuwe verse moet bestaan. Selekteer verse met bo 90 indeks op speen, jaar en 18 maande ouderdom. Bulle, verse en osse word apart geindeks. Plaas soortgelyke verse met hulle eerste kalwers in n aparte indeks-groep. Selekteer verse wat funksioneel korrek is veral ten opsigte van reproduksie eienskappe. Selekteer verse met teelwaardes naby of beter as rasgemiddeld. 4. SELEKSIE VAN KOEIKUDDE NA DRAGTIGHEIDS ONDERSOEK Die volgende prosedure word gevolg om 20% koeie/ verse uit te skot: Skot ou koeie uit waarvan die tande slyt (± 12 jaar oud). 16 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief Skot koeie uit wat beseer, siek is of uitsak. Skot alle nie-dragtige koeie en verse uit. Dit is makliker met n 85% of hoër besetting. Skot koeie uit wat n kalf speen met n indeks onder 90. Skot koeie/verse uit wat funksionele swakhede toon soos uier wat uitsak, dopspene wat ontwikkel of kloue wat uitgroei. 5. PARING VAN VERSE EN EERSTEKALF KOEIE Verse behoort altyd 21 dae voor die koeikudde gepaar te word. Hulle behoort omtrent almal beset te raak voor dat die groter koeie bykom. Dit gee n beter gebruik van die kuddebulle want meer koeie/verse kan per bul gepaar word (35-40 koeie/verse). Indien verse 21 dae vroeër gepaar word sal hulle vroeër kalf en is dit voordelige om hulle weer vroeër te paar saam met die verse. Indien nie sal hulle kalwers groter wees wanneer die teelseisoen van die ouer koeie begin en kan die kalwers hulle in anoestrus laat gaan met ander woorde hulle hou op om op hitte te kom en slaan oor. In kuddes waar hierdie prosedure gevolg is het die kalfpersentasie van eerste kalf koeie opgeskiet na 80% en hoër. 6. SELEKSIE VAN KUDDEBULLE Die ekonomiese, genetiese en fenotipiese bydrae van kuddebulle is so groot dat seleksie groter omsigtigheid en studie vereis. Foto: Top koei (BH03 01 [TKP van 360 oor 4 kalwers]) met haar bulkalf langs haar van 2011 (BH ). Die eerste keuring van die meeste veilings is reeds deur die betrokke genootskap en teler onderneem. Dit is n groot hulp. Die koper moet egter ook versigtig evalueer en kuddebulle aankoop wat sy spesifieke vereistes bevredig. Dit is n basiese vereiste dat kuddebulle by die betrokke omgewing en produksiestelsel moet aanpas. In n suurveld omgewing sal raamgrootte byvoorbeeld beperk word. Reproduksie is die belangrikste eienskap en verg eerste aandag. Die reproduksiepotensiaal word weerspieël deur die grootte en vorm van die skrotum asook sekondêre manlike eienskappe. Die enigste aspek wat gemeet word is skrotum grootte en n teelwaarde behoort beskikbaar te wees. Die teelwaarde syfer moet nie negatief wees nie maar na aan rasgemiddeld of hoër. Die vorm van die skrotum is

17 belangrik afgesien van sy grootte. Vermy die volgende skrotums waar moontlik: Gedraaide skrotum. Meestal n draaiing na links. Skrotums wat vorentoe of agtertoe buig. Byballe wat in teenoorgestelde rigtings draai. Byballe nie sigbaar nie. Gesplete skrotum soos by boerbokke gevind word. Hipolastiese skrotum waar een bal neig om kleiner as die ander een te wees. Dit is almal genetiese afwykings met nadelige gevolge in die nageslag. Onthou om die reproduksie syfer van die moeder na te gaan. Indien sy n tussenkalfperiode bo 450 dae het, moet die bul verkieslik nie gekies word nie. Probeer om kurweknakker bulle te identifiseer waarvan die geboortegewig teelwaarde onder 1kg is met goeie speendirek en GDT syfers. Indien kalwingsgemak bulle benodig word sorg dat die keuse by n geboortegewig is wat onder 40kg is met n teelwaarde onder ras gemiddelde en die bul nie prominente skouers, of breë heupbene het nie. Bulle met n growwe beenstruktuur moet liewer vermy word. Bespiering is belangrik aangesien dit gekoppel is aan naspeengroei (GDT) en voeromsetverhouding. Selekteer bulle met n GDT teelwaarde bo rasgemiddeld. Vermy oorbespierde bulle of bulle met n 2kg plus teelwaarde vir GDT. Hulle is uitskieters wat gewoonlik nie goeie balans teel nie. Speendirek is n belangrike groei-eienskap. Selekteer bulle met hoër speendirek teelwaardes sodat hulle stewige speenkalwers sal teel met groeipotensiaal. Selekteer bulle met moeders wat voldoende melk produseer. Hulle dogters sal swaarder speenkalwers gee met ekonomiese voordele. Selekteer bulle met maternale teelwaardes bo rasgemiddeld. Bly dus by medium grootte kuddebulle met n hoogte teelwaarde na aan rasgemiddeld. Haarkleed en veldikte. Verkieslik glad en blink met n goeie dik vel. Manlike kop met lewendige oog. Hulle is die bulle met goeie libido. Vermy regop of te sekel hakke. Gesonde goed gevormde verkieslik swart kloue. Vermy swak kootgewrigte Kuddebulle verteenwoordig n aansienlike belegging maar dit is krities vir die sukses van die teelprogram. Maak gebruik van al die hulpmiddels in die seleksieproses en pas goeie bestuurspraktyke toe sodat die bulle goed funksioneer en die kudde op n ekonomies doeltreffende basis plaas. Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 17

18 Drakensbergers in Gordonia PRESTEER EKSTENSIEF Vêr in die ou Kalahari loop vandag groot troppe Drakensbergers waar vroër net skape en rooibeeste gewei het. n Nasionale Monument Tussen Postmasburg en Griekwastad teen die Langberg wei Philip van Staden se kommersiële beeste onder ekstensiewe toestande in baie van die kampe waar die koeie loop was tot n dekade gelede net met skape geboer-water was te min vir beeste. Boerdery hier is ekstensief en op geen van die plase is Eskom krag. Water is lewe en sonpompe en windlaaiers verskaf die elektrisiteit om water 100+ meter uit die grond te haal. Son is volop hier en drie tot vier boorgate kan elke trop koeie van ±150 voorbly. Moderne tegnologie het dit moontlik gemaak om meer water te herwin. Die kleinste kamp is 450ha. In hierdie wêreld moet n bees wil stap om te kan oorleef. Die Drakensberger benut dele in die Langberg waar geen ander beesras wil klim. Op hierdie plase kry die woord ekstensief nuwe betekenis. Hierdie 18 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief is harde wêreld waar jy nie in die somer maande tussen 11vm en 3nm uit vrye wil in die veld wil wees, as temperature bo 40 C bly en by tye 45 C raak. Dit is n ongenaakbare wêreld, kom jy van die Hoëveld en kom kuier in die somer lê jy snags en sweet. Die insekte hier is hard, die sand is baie en die reën maar skaars met 230mm gemiddeld per jaar. Ekstensiewe beesboerdery kry hier n nuwe betekenis. Geen van die plase het permanente hanterings geriewe behalwe by die woonhuis, n Stel verskuifbare krale word twee maal per jaar na elke trop beeste geskuif. Bosluise kom glad nie hier voor. Die enigste enting wat n bees kry is alle verse word stam 19 Brucelose entstof gespuit by speen. Elke trop beeste word 2 x per jaar gewerk. Klein kalfies word dan gekastreer en onthoring en groot klawers word gespeen. Ossies en n gedeelte van die verse word as speenkalwers verkoop. Speenverse geselekteer om mee te boer word opgelaai en by die volgende trop afgelaai om inteling te voorkom. Drie bulle loop by 150 koeie deur die jaar. Verse word nie eenkant groot gemaak tot op n sekere gewig of ouderdom. Elke trop beeste word ten minste elke 2de dag besoek om hoofsaaklik water na te gaan. Diere in die waterjaard word tydens n besoek waargeneem, maar geen sprake bestaan van individuele aandag of behandelings.

19 Vir die afgelope 15 jaar kom al Philip se bulle van sy broer Johan by Bonheim en spesiale aandag word aan geboorte massas gegee aangesien dit die sukses van hierdie ekstensiewe boerdery waarborg. Alle bulle word in veldkondisie in die Kalahari afgelaai. HOËVELD Drakensberger Studiegroep TUISTE VAN DIE KOMMERSIëLE DRAKENSBERGERTELER HDSG 10 JAAR Met verkoop word kalwers met verskuifbare laaibank in die nasionale pad gelaai om te voorkom dat trokke vassit. Philip is n speenkalf produsent en nuwe Drakensberger kuddes begin nou vestig aangesien speenverse nou aan boere beskikbaar gestel word wat op soek is na n geharde Afrika bees vir hierdie deel van die wêreld. Lank lewe die winsbees in die Kalahari Johan van Staden Lede van die studiegroep: Neem kennis! Ons vergadering op Dinsdag 10 Februarie 2015 om 09:00. Dit is ons studiegroep se 10de verjaarsdag en ons wil u aanmoedig om man en muis op te daag, sodat ons opnuut ons solidariteit kan bewys; ons liefde vir Drakensbergerbeeste met mekaar deel en van mekaar leer vir kennis wat ons nodig het. Die dag begin om 9:00 op Standerton by die Skougronde, waar ons ons motors gaan los en n bus haal vir n safaribesoek aan verskeie kommersiële telers wat groot sukses met DB beeste behaal, asook met hul skaapboerderye en gesaaides. Ons besoek vir Jan van Zyl, Naas Steyn, Johan Hancke, Hannes Lombard en Gert du Preez. Ons sal met Kasselman Veiligheidsdienste reël vir die veilige bewaring van u voertuie. U word versoek om n braaipak vleis, n koffiebeker, papierbord, mes en vurk saam te bring, sodat ons nie ons gashere met skottelgoed en baie logistieke bemoei nie. As u die dag wil meemaak, skakel asb. vir Piet de Villiers by selnommer Groete PIET DE VILLIERS FOTO: Johan Rautenbach Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 19

20 OTDK VIER FEES Na vele beraadslaging het ons die besluit geneem dat die 50 ste Ermelo Drakensbergerveiling, aan gebied deur die OTDK, na Standerton omgewing moet verskuif. BKB VAN WYK word as Afslaers aangewys met Frik Verster op die rostrum. Datum is 3 September 2014 en plek Jonkersdam 10 km van Standerton. Op 26 & 27 Augustus onderneem n groep lede van OTDK n bussietoer op besoek aan van ons kommersiële kopers. Daar word oorgeslaap op Jonkersdam en die koue wys wie is baas. Die krale en tent is reeds opgeslaan en op 2 September is die groot aankoms van diere. Oom Eli van der Merwe al die pad van Pelgrimsrust, Kobus Davel en Graham Esterhuysen van Dullstroom, Peet van Vuuren van Bronkhorstspruit, Johan en Pikkie Uys, Jim Roos en Willie en Kallie Watermeyer van Volksrust, John en Vic Roos van Carolina, Jannie Jacobsz en Petrus Taljaard van Ermelo en Reinier van Rensburg van Frankfort. Hans Meyer van Charl Cilliers bring n vrag dragtige kommersiële koeie. Om 14:00 begin die screening met Reinier van Rensburg en Jan Crous as Beskermhere net om seker te maak al die diere en hul papiere is in plek. Net die beste is goed genoeg. Die aand om 19:00 hou ons makitie soos net Pikkie Uys dit kan reël. Petrus Taljaard, voorsitter van die klub, verwelkom al die gaste, borge, beamptes en verkopers. Petrus se dogter, Lorencia, het n DVD gemaak met die tema van Toeka tot Nou en dit word vertoon. Piet de Villiers vertel van sy wedervarings en skool slip om altyd die Ermelo veilings by te woon. Magiel Blom dra die groete en gelukwense van die Raad en Genootskap aan die klub oor. Piet de Villiers doen die tafelgebed en daar word tot laat gekuier. Op 3 September is dit veilingstyd en daar heers n gesellige atmosfeer. Kopers en vriende daag op van heinde en verre, Lüneburg in KwaZulu Natal, Petrus Steyn, Ventersburg en Vrede in die Vrystaat, Heidelberg in Gauteng en Mpumalanga is ook goed verteenwoordig. Die bulle en vroulike diere, deur die Hoëveld Studiegroep voorsien, word besigtig en elke verkoper is aktief deel van die besprekings. Om 11:00 begin die veiling met Frik Verster en sy span in beheer. Hier en daar word gekibbel oor pryse maar kort voor lank is die veiling verby en nou word daar afgereken, diere gelaai en opgeruim. Vir oulaas word daar saam gekuier en lekker geeet en nou word die pad weer gevat, huistoe, beeste toe, terug na die gejaag van die alle daagse lewe. Resultate van die veiling. AANBOD VERKOOP % GEM. PRYS HOOGSTE PRYS VERKOPER KOPER BULLE R R P J Taljaard E G Esterhuysen KOEIE R R H Meyer MG Beneke 20 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief Rekordprys Oupa, Hoekom is daar nie n swart Drakensberger-bul op die voorblad nie? Mnr. Rodney Neuman leer sy eerste kleindogter, Taylor Shaftoe (5maande) sommer van kindsbeen af om saam met hom Landbouweekblad te lees. Rodney boer naby Vrede saam met sy broer, Leonard, met Drakensbergers, Merino s en Holsteins. Hulle was in 2012 Molatek se nasionale Veeboer van die jaar, en diere uit hul Drakensberger-stoetery behaal gereeld die hoogste pryse op veilings. Verlede jaar is die bul HN0923 vir n Suid-Afrikaanse rekordprys van R verkoop.

21 Nasionale Jeugskou OKTOBER 2014 TE VRYBURG In die Mekka van die beeswêreld, die Texas van Suid Afrika was die Nasionale Jeugskou hierdie jaar in Vryburg gehou. Die Gauteng span bestaande uit 72 kinders en 11 afrigters se Provinsiale hemde was geborg deur Marico Valley Drakensbergers en vir die eerste keer was die Drakensbergerlogo op elke kind en afrigter se spandrag. Met dank hiervoor aan Brian en Sharon. Bonheim Drakensbergers het die 3 bulle voorsien waarmee die span geskou het. Johan van Staden is die vleisbees provinsiale afrigter Kompetisie was straf soos in hierdie deel van die wêreld verwag kan word. In die enkel klasse is Brahman verse vir die wenners by die juniors en seniors uitgeloot. Beide klasse in die individuele afdelings is dan ook deur Brahmane gewen. Die eeu oue gesegde is maar waar want; as jy in Rome is dan maak jy soos die Romeine maak. Die nasionale skou was ons 4de vir die jaar. Interskole is daar tussen Wagpos (Brits) en Bekker (Magaliesburg) geskou. Hieruit is n provinsiale span gekies. Die span het dan ook in Pretoria geskou tydens die Jakaranda skou- hier behaal beide die juniors en seniors tweede plekke in die groepskou afdeling. Terug by Vryburg: Die Jeugskou bestaan uit 4 afdelings Eerstens skryf die kinders n teorie toets oor basiese kennis van die bees wat, siektes, bouvorm, voeding en die anatomie insluit. Tweedens was ons die bees Derdens berei ons die bees voor en maak hom blink vir die skouring En dan SKOU ons die bees Staan kan ons staan let op been en klou plasings Die hoogtepunt is die groepskou waar 3 juniors en 3 seniors saam skou en waar spanwerk en individuele vermoëns tot die uiterste beproef word. Nasionaal het ons net n Junior span gehad en kom ons derde. Let op hoe die groep saam beweeg en met mekaar moet kommunikeer Gauteng Junior groep voor die Hoofpaviljoen Interessant dat hierdie klas 2 uur die middag geskou het toe die kwik op 36 grade gestaan het. Van die swart Europese rasse wat ook in die ring was, het Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 21

22 (gepant)-vinnig asem gehaal en hitte stres gewys. Met bolle skuim om die bek, terwyl die toeskouers nie kon glo die Drakensberger toon geen tekens van hitte stres Hier lê dus nog n opvoedings taak voor maar ons kon dit visueel bewys. Gesinkroniseerde spanwerk soos in gesinkroniseerde ballet EN JA...Somtyds is daar net tyd vir spog en mooi lyk My dank aan die kinders wat met strawwe oefening en harde werk die bulle met geduld skougereed gekry het en streef om bo uit te kom. Sonder julle sal hierdie spogdiere nie n toonvenster vir die Drakensberger ras kan wees nie. Verder dank ek my hemelse vader vir die geleentheid om steeds te kan werk waarvoor ek lief is. Bonheim Groete Johan van Staden N.S. Twee weke voor die nasionale Jeugskou in Vryburg is ons span borg Brian Viljoen se vrou Sharon in n frats ongeluk oorlede toe sy by die huis geval het. Sterkte in hierdie moeilike tyd, Brian. Onthou soos die Elvis Blue Song sê: Ons is gemaak om ons spore hier te los... UP STUDENTE OPLEIDING Die finale jaar Veekunde studente van die Universiteit het vanaf 27 September tot 1 Oktober verskeie boer in Vrede distrik besoek as deel van hul jaarlikse praktiese opleiding. Die 30 studente en 2 dosente het besoeke afgelê by mnre Arthur de Villiers (Bonsmara), Freddy en Mark Schmidt (Bovelder en Dohne Merino), Neuman Broers (Drakensberger en Merino), WO Beefmasters en by Manie en Karen Wessels (Dormer). Dinsdagoggend is besoek afgele op die plaas Excelsior van die Neuman Broers. Mnr Gert Smit, Raadslid van die Merino-telersgenootskap het die studente meer vertel oor die Merino en ook n borgskap van die Merino telersgenootskap aan die studente oorhandig. Onder leiding van mnre Danie Cronje en Dreyer Nel is n groep ramme en ooie prakties bespreek en het die studente die geleentheid gehad om self die ramme prakties te beoordeel.mnr Leonard Neuman het aan die studente verduidelik waarom hy ramme op die veld toets en die welslae wat hy daarmee behaal. Daarna het mnre Rodney Neuman en Pikkie Uys die Drakensbergerras bespreek aan die hand van bulle en koeie. Rodney het ook spesiaal n paar diere met erflike gebreke spesiaal gehou sodat die sudente dit in die praktyk kon waarneem. Daar is ook n borgskap van die Drakensbergerbeestelersgenootskap aan die studenteleier oorhandig. Hierna is die studente op n sleepwa gelaai en is beeste in die veld besoek volgens baie studente een van die hoogtepunte van die besoek. Na n heerlike middagete kon die studente sien hoe Drakensberger bulle gekeur word deur mnr Pikkie Uys en Piet de Villiers. Aan die einde van die toer het dr Hannes Dreyer (wat as toerleier opgetree het) n vraelys aan die studente uitgedeel. Hiervolgens was die besoek aan die Neuman Broers en spesifiek die rit met die sleepwa na die Drakensbergers in die veld een van die hoogte punte. Die volgende kommentaar verdien vermelding: me Mareli Smalberger: I had a lot of fun and I m amazed at the hospitality of the farmers Me Elanza Wiese: A great tour! Excellent farming construction with farmers striving for perfection! I m proud to be part of the agricultural industry in the future Mr Dominic Gore (South Sudan): Wish successful farming can spread to the whole of Africa Links: Al die studente wat die dag op die plaas was, die drie mans aan die regter kant is Mnr. Rodney en Leonard Neuman en agter staan dr. Hannes Dreyer; Middel: Die hemde wat die student aangehad het tydens die dag. Regs: Die studente op die sleepwa 22 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief

23 VRYSTAAT Drakensberger Studiegroep Nuus Die studiegroep het vir n tweede keer op Saterdag 13 September 2014 vergader, aan huis van Thys en Esna Le Roux. Daar was 25 lede en van hulle vroue teenwoordig, ten minste 6 persone kon op die nippertjie nie opdaag nie as gevolg van dringende plaasverpligtinge. Dit was inderdaad n leermekaar ken geleentheid. Die helfte van ons is om 9-uur met n bus weg uit Reitz na Thys se plaas by Susannaskop, waar die ander al op ons gewag het. Alreeds op die bus het die ouens en mevrouens lekker gesels en nuwe vriendskappe gesmee. Met Thys as voorsitter is n hele aantal sake bespreek in verband met die teling en bestuur van Drakensbergerbeeste. Ons het ook n praktiese sessie gehad, waar ons met Thys se kommersiële beeste gewerk het. Hermaas Potgieter het n pragtige bespierde bul asook n poenskopbul saamgebring wat die lede waarlik beïndruk het. Met teepouse en middagete het die lede eers lekker gesels en gekuier, saam vleisie gebraai en drankies geniet op goeie buurmanskap. Herman Claasen se boerewors met fetakaas en olywe is n smaaksensasie en ons is dik vriende uitmekaar. Ek sal nog die resep by hom kry en dit in die volgende nuusbrief publiseer. Ons dank aan Molatek en Danie Fourie vir die drinkgoed en vuurmaakgoed en vir sy reëlings by die ete. Dank aan Esna vir die bykosse en dat ons haar huis kon gebruik. Dank aan die DBTG vir hul ruim borgskap om die kostes vir die dag te diens. Dank aan Jacoline Fourie wat die registrasie behartig het en vir haar hulp aan Esna met die voorbereiding van die voedsel. Ons volgende vergadering vind plaas op Saterdag 21 Februarie 2015, by Gawie en Mona Roux op hul plaas Rondebossie by Ventersburg. Die program sluit die volgende in: 1. Mnr. Peter Milton praat oor Backgrounding van speenkalwers en die toekomsverwagtinge in vleisbeesteling; 2. n Persoon van Stamboek kom praat oor die interpretasie van veilingskatalogusse; 3. Gawie self praat oor teelwaardes; 4. Die praktiese sessie sal n besoek aan hulle fase C toetsfasiliteit insluit en besigtiging van beeste. As u die dag wil bywoon, skakel my, Piet de Villiers, selnommer of die voorsitter Thys le Roux, selnommer of Gawie Roux by selnommer Groete PIET DE VILLIERS SEKRETARIS Lede van die Vrystaat studie groep in die bus oppad na Thys le Roux se plaas. Aankoms en registrasie, daar word gesellig gekuier. Die Vrystaat studie groep by die kraal, met Hermaas Potgieter se bulle in die voorgrond. VRYSTATERS! kom bewys jul solidariteit; julle liefde vir jul pragtige swart koeie; kom maak nuwe vriende en kom skakel in by die uitruil van kennis en bestuursvaardighede wat ons vir mekaar leer. LEERDER KEURDERS- KURSUS Ons bied n leerder keuderskursus op Volksrust en Gryshoek aan tydens die week 13, 14 en 15 Januarie Ek het reeds 28 lede geïdentifiseer wat ek wil uitnooi en wat aangedui het dat hulle die kusrus wil bywoon. Laat weet onmiddelik as jy die kursus wil bywoon. Skakel vir Piet de Villiers by selfoonnommer Lizanne Vermeulen by die kantoor om u deelname te bevestig en sodat ons die kursusmateriaal betyds by u kan uitkry. Groete Piet de Villiers Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 23

24 2015 DRAKENSBERGER VEILINGSDATUMS 24 April 2015 NASIONALE VEILING Parys Afri-Dome 27 MEI 2015 BUFFALO VALLEY PRODUKSIEVEILING Carolina (John Roos ) 1 JULIE 2015 KWA ZULU NATAL BUL EN RAM VEILING Vryheid (Edwin Schroeder ) 21 JULIE 2015 ROUVUS INLIGTINGSDAG EN PRODUKSIEVEILING Ventersburg (Gawie Roux ) 22 JULIE 2015 INLIGTINGSDAG NEUMAN BROERS 22 Julie JULIE 2015 KAROO DRAKENSBERGER KLUB Middelburg Kaap (Johannes Retief ) 29 JULIE 2015 ALLE RAS VEILING Ermelo (Petrus Taljaard ) 6 AUGUSTUS 2015 NEUMAN BROERS Vrede (Rodney Neuman ) 7 AUGUSTUS 2015 KURUMAN BUL EN RAM VEILING Kuruman (Johann Fourie ) 8 AUGUSTUS 2015 CALELA PRODUKSIEVEILING Ermelo (Jannie Jacobsz ) 11 AUGUSTUS KOBUS DAVEL EN MIKE BRACHER PRODUKSIE VEILING Uitvlught Belfast (Kobus Davel ) 12 AUGUSTUS 2015 VRYSTAAT DRAKENSBERGER KLUB PLAAS BLESBOKFONTEIN LINDLEY Lindley (Johan Rautenbach ) 19 AUGUSTUS 2015 OOS TRANSVAAL DRAKENSBERGER KLUB Ermelo (Petrus Taljaard ) 10 SEPTEMBER VRYBURG STOETVEEVEILING Vryburg (Johann Fourie ) 10 SEPTEMBER PLUS TELERS Bultfontein (Petri Bezuidenhout ) 17 SEPTEMBER 2015 SUIDELIKE HOëVELD DRAKENSBERGER KLUB Vrede (Louis Botha ) 1 OKTOBER 2015 NOORD-WES DRAKENSBERGER KLUB Klerksdorp (Jean Vd Merwe ) 8 OKTOBER 2015 ROUXVILLE ALLERAS VEILING Rouxville (Johannes Retief ) 19 NOVEMBER VRYBURG STOETVEEVEILING Vryburg (Johann Fourie ) Nasionale veiling 2015 Die Nasionale Veiling 2015 sal op Vrydag 24 April 2015 by die Afridome te Parys plaasvind. Ons nooi u voortydig uit om u bulle en top vroulike diere vir hierdie prestigé geleentheid uit te soek. Dit is dan ook die plek waar die beste bulle van onderskeie telers beskikbaar sal wees. Hier is die plek om u stoetbul vir volgende jaar uit te soek. Pikkie Uys het in 2014 n grootse poging aangewend om uitstaande vroulike diere uit Mpumalanga op die veiling beskikbaar te hê. Dit was n reuse sukses en ons wil dit hierdie jaar nasionaal uitbrei. Pikkie Uys sal verantwoordelik wees om diere te werf vir dié veiling. Rodney Neuman is die Raadslid verantwoordelik vir die oorhoofse reëlings van die Nasionale Veiling. Alle inskrywings en navrae vir die Nasionale Veiling moet aan Lizanne Vermeulen by die Kantoor gestuur word. Verblyf opsie by die Domé is beskikbaar Kontak Jean van der Merwe as u meer wil weet van (op die terrein) reëlings. A WORD FROM THE VET 24 Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief Good afternoon all, I was busy with Gerhard Botha this afternoon. Three or Four years ago he bought some open Drakensbergers from one of the Willemse family, not sure who. They were intended for the feedlot, but before they entered, his Bonsmara bulls got in with them. He was extremely impressed with the resultant calves. He says roughly 2/3 were black, one third brown. They performed exceptionally well in the feedlot. He let some of the females mature and he says that they are the most beautiful animals on his farm, they are indeed very attractive! In any case, I would say that crossing Drakensberger bulls with local commercial red cattle, for feedlot calves with hybrid vigour is something that should be promoted. Neil

25 Kerswense Eksamen tyd is byna verby en toemaak tyd vir al wat besigheid is, is naby. Vakansie beplannings is reeds gedoen, eersdaags is dit tyd vir die see, tyd om weg te kom van die daaglikse gejaag, tyd om te rus. Ons, as boere, besef ook maar alte goed dat hierdie tyd sy eie uitdagings het want ons is uitgesluit uit bogenoemde groep. Werkers is met verlof en die wat veronderstel is om te werk, kuier gereeld by Bacchus, ongewenste kuiergaste kom kuier by die werkers, leeglê is aan die orde van die dag en diefstal vier hoogdy. Daagliks sal ons as boere op ons pos en ons hoede wees. Dit is egter ook n tyd van stilte, n tyd van rustig wees, n tyd van dankbaar wees. n Tyd saam met die familie, maar ook n tyd om te besin waarheen ons op pad is. n Tyd waar ons naby ons Skepper leef want dit is die tyd wat ons die geboorte van Jesus vier. Namens die Raad wil ek elkeen van u en u gesin n Geseënde Feestyd toewens en mag 2015 vir elkeen van ons net Voorspoed, Vreugde en Geluk bring. Magiel & Linda Blom Welkom! Nuwe AANSLUITINGS Lede wat die afgelope jaar aangesluit het is LJ &WJ Kraynauw, Monja Esterhuysen en Rooipad Drakensbergers (Werner Vermeulen). Brain Viljoen neem die Marico Vallei Drakensbergerstoet oor en Hannes van Wyk die Rodora Drakensberderstoet. Die genootskap verwelkom graag die nuwe lede. Geluk! Baie geluk aan Hannes en Helena van Dyk met hul nuwe baba dogtertjie. Die groot 80 Oom Daan Bothma, links, het in Oktober 80 geword. Hier is hy saam met sy twee broers, Pieter en Frans. Oom Eli en Tannie Shirley van der Merwe. Oom Eli het ook in Oktober 80 geword Drakensberger Nuusbrief/Nuusbrief 25

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

bestaansboere? identifiseer en te 2013 keer

bestaansboere? identifiseer en te 2013 keer Jaarverslag: Drakensberger Beestelergenootskap 2013 JAARVERSLAG DRAKENSBERGER BEESTELERSGENOOTSKAPP 2013 INLEIDING Genetika, genomika, genetiese profiele, genetiesee merkers vir gunstige en e ongunstige

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

A-PDF Merger DEMO : Purchase from to remove the watermark. Drakensberger Nuusbrief.

A-PDF Merger DEMO : Purchase from   to remove the watermark. Drakensberger Nuusbrief. A-PDF Merger DEMO : Purchase from www.a-pdf.com to remove the watermark Drakensberger Nuusbrief www.drakensbergers.co.za No. 1 van 2009 Julie 2009 Inhoudsopgawe Redaksioneel 2 Uit die Raad 3 Briewe 3 Telers

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

DIE DONKER WAARHEID NUUSBRIEF 2018

DIE DONKER WAARHEID NUUSBRIEF 2018 DONKER DIE WAARHEID NUUSBRIEF 2018 DRAKENSBERGER BEESTELERSGENOOTSKAP / CATTLE BREEEDERS SOCIETY 2018 INHOUD / CONTENTS Drakensberger Raad / Council 5 Bemarking en Kommunikasie 2017/2018 6 Voorwoord 7

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer:

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

We have applied 15 years of selection, in order to breed our bulls & females with EBV proven genetics!!

We have applied 15 years of selection, in order to breed our bulls & females with EBV proven genetics!! We have applied 15 years of selection, in order to breed our bulls & females with EBV proven genetics!! Brandfort sel: 072 807 5221 082 775 9941 epos: heinc@afrideca.com.na Angus 2014 76 Angus 2014 un

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd 4 April 2014

More information

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. 1 2 3 Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. Lot 1 Stoet ooi. Dragtig van 14-067. Puik teel ooi. 4 Lot 2 Stoet ooi. Dragtig van 14-067 Lot 3 Stoet ooi. Dragtig

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA

TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA Notule vir die 22ste Algemene Jaarvergadering gehou by Monte Christo, BLOEMFONTEIN op 19 Augustus 2016 om 09:00 Minutes for the 22nd

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk 13 September 2013 Disclaimer:

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions

More information

PIONIERS April 2013 LOT DIER OPMERKINGS VL Hy spreek vanself, groot kampioenbul by Wes&Suidkaap klubkampioenskappe

PIONIERS April 2013 LOT DIER OPMERKINGS VL Hy spreek vanself, groot kampioenbul by Wes&Suidkaap klubkampioenskappe PIONIERS April 2013 LOT DIER OPMERKINGS 1 2 3 4 5 VL100025 Hy spreek vanself, groot kampioenbul by Wes&Suidkaap klubkampioenskappe 2012. Top presteerder in Fase D toets met GDT indeks van 124. Sy pa is

More information

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing Uittree-Annuïteitsplan Planbeskrywing 'n Persoon wat uittree-annuïteitsvoordele wil ontvang, moet 'n lid van 'n uittreeannuïteitsfonds wees. Die uittree-annuïteitsfonds het 'n plan vir die lid om die voordele

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

Nelson Mandelarylaan 124, Westdene, Bloemfontein, 9301

Nelson Mandelarylaan 124, Westdene, Bloemfontein, 9301 S.A. BRAFORD Newsletter/Nuusbrief S.A. BRAFORD Society Volume 19, Issue 1 July 2010 www.braford.org.za Nelson Mandelarylaan 124, Westdene, Bloemfontein, 9301 Voorwoord van die President Mnr. Wessel Wessels

More information

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse SMS Fleet (Pty) Ltd Maatskappy in privaat besit gestig in 2006 Ons produk My Tracer is n lokaal ontwikkelde, briljante, internet gedrewe GPS Voertuig Volg Sisteem met n volledige Geoutomatiseerde Elektroniese

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP NUUSBRIEF No. 4, 2013 Boerperd Vriende So kom ons aan die einde van nog ʼn jaar wat nog vinniger gevlieg as die vorige een. In hierdie nuusbrief wil ons graag net ʼn paar punte uitlig wat dalk van belang

More information

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING 9 FEBRUARIE 2016 1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG, 9 FEBRUARIE 2016 OM 10:00 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL, VREDENDAL

More information

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU TE HERMANUSDOORNS OP 11 Augustus 2012 OM 11H00 1. Welkom Die Voorsitter open die vergadering om 11h00 en verwelkom alle aandeelhouers

More information

President. Die jaar spoed verby en ons feesvieringe te NUUSBRIEF. se pen: In hierdie

President. Die jaar spoed verby en ons feesvieringe te NUUSBRIEF. se pen: In hierdie Hereford NUUSBRIEF In hierdie uitgawe: 1. President 2. SA Stamboek Vleisbeeskudde van die Jaar 3. Jaarprogram 4. Swartlandskou: Program 5. Toekennings 6. Nampo 2017 7. Kleurstandaarde BERTUS MONG President

More information

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme Departement Bos- en Houtkunde Akademiese programme vir 2018 Magisterprogramme Navrae: Kontakbesonderhede: Departementshoof Departement Bos- en Houtkunde Universiteit van Stellenbosch Privaatsak X1 Matieland

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE Die Departement Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Fort Hare

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 28 Augustus 2015 No: 20 van 2015 AFSTERWE VAN LUR, ME. GRIZELDA CJIEKELLA-LECHOLO Dit

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING NOTULE VAN N BESTUURSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 2 MAART 2017 Opening en verwelkoming: Gebed deur: Carl Greyling TEENWOORDIG: Jan-Willem van Staden Roelf Beukes Susan

More information

BULLETIN. Simbra Joernaal 2013 binnekort beskikbaar. Uitgawe/Issue 45 WORCESTER SKOU Vars uit die veld. DINSDAG, 26 Februarie 2013

BULLETIN. Simbra Joernaal 2013 binnekort beskikbaar. Uitgawe/Issue 45 WORCESTER SKOU Vars uit die veld. DINSDAG, 26 Februarie 2013 Simbra Joernaal 2013 binnekort beskikbaar WORCESTER SKOU 2013 Uitgawe/Issue 45 BULLETIN Vars uit die veld DINSDAG, 26 Februarie 2013 In hierdie uitgawe: Simbra Judges Course R2 Heffing Geakkrediteerde

More information

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA all accepting that they are because they have not produced anything and in the still distant future "intend" doing it, knowing full well that it would never happen; yes, knows that these "cultured" men

More information

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING 6 AUGUSTUS 2018 1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN DRINGENDE RAADSVERGADERING GEHOU OP MAANDAG, 6 AUGUSTUS 2018 OM 11:00 IN DIE MUNISIPALE

More information

Moederlyn 49. Kruisteling 50. Boeredae 57

Moederlyn 49. Kruisteling 50. Boeredae 57 inhoudsopgawe Raad 2 Voorwoord 5 Redakteursbrief 7 Bouvorm handleiding 8 Brandmerk 9 Tegnologie word ingespan... 12 Sweetdruppels op die grondpad 20 Skoue... 22 Positief in die landbou 25 Teelwaardes -

More information

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Met die navorsing is daar ondersoek ingestel na die effek van Gestaltspelterapie op die selfbeeld van die leergestremde leerder. In Hoofstuk 1 is

More information

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) Die bevordering van adjunkhoofde: Is indiensopleiding nodig? SAOU Hoofdesimposium 2012 Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) Agtergrond In SA geen formele voorbereiding vir die hoofskap

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd 5 Julie 2013 Disclaimer:

More information

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Online: < http://cnx.org/content/col11024/1.1/ > C O N N E X I O N S Rice

More information

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE deur PAUL1 RICHARDS BA (MW) (PU vir CHO) Manuskrip voorgele ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIUM (MAATSKAPLIKE WERK)

More information

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA   CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA   1. NAAM 1. NAME CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA www.cycadsociety.org BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA www.cycadsociety.org 1. NAME The Society shall be known as the CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA, hereafter referred to

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2007 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Inligtingstegnologie/V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. Hierdie

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/22-0201/06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS Cabriere Estate BAR E12/2/3/1-B2/22-0201/06 Appendix E: 1 / 19 Hoogstraat

More information

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820-1902 Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein IERLAND Lys van bekende stamvaders 1820-1902 ALLISON, William James BAIRD, John BECK, John Frederick BOYCE, Thomas Robert

More information

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our

- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our Kyk ook: - Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our Created Stars and Galaxies DVD - Skepping & Evolusie Onversoenbaar!, Hennie Mouton, Hoofstuk 4, Die uniekheid van die aarde - Ons is in die middel

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE deur ALETTA MARIA VOGES voorgele ter gedeeltelike vervuuing van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIDM

More information

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING 5. 1 INLEIDING In hierdie hoofstuk word die toepassing bespreek van die Ericksoniaanse benadering tot sandspelterapie vir deelnemers wat depressie as ontwikkelingsteurnis

More information

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese Meneer die President, dames en here, dit is vir my inderdaad 'n besondere voorreg qm vandag saam met u hier te verkeer. Ek

More information

Mosselbaai Munisipaliteit

Mosselbaai Munisipaliteit Mosselbaai Munisipaliteit GRASIE VIR VOLDOENING VAN ADVERTENSIETEKENS Die Stadsraad het n grasietydperk van 1 Julie 2015 tot 31 Desember 2015 aan besighede toegestaan om hulle die geleentheid te bied om

More information

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers Stellenbosch Theological Journal 2015, Vol 1, No 1, 217 233 DOI: http://dx.doi.org/10.17570/stj.2015.v1n1.a11 Online ISSN 2413-9467 Print ISSN 2413-9459 2015 Pieter de Waal Neethling Trust Die bydrae van

More information

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse Narratief en perspektief in Sleuteloog deur Hella Haasse Lana Bakkes Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit

More information

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN 3.1 INLEIDING By die besluitnemingsfunksie wat binne skoolverband plaasvind, besit die skoolhoofde die meeste gesag (Jacobson, 1987:54).

More information

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information