NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Size: px
Start display at page:

Download "NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11"

Transcription

1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2007 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

2 Inligtingstegnologie/V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie is 'n drie-uur-eksamen. As gevolg van die aard van die eksamen, is dit belangrik om kennis te neem dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voor die einde van die eksamensessie nie. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord AL die vrae. Jy het die onderstaande lêers nodig om die vrae te beantwoord. Die lêers is op die stiffie wat aan jou voorsien is of die toesighouer sal aan jou verduidelik waar om dit op die hardeskyf van die werkstasie wat jy gebruik of in 'n netwerkgids ('network folder') te kry: Lede.txt Reg.txt Klubs.xls Muscle.txt Indien jy 'n disket met die bostaande lêers ontvang het, skryf jou naam en eksamennommer op die plakker Stoor jou werk met gereelde tussenposes as 'n voorsorgmaatreël teen kragonderbrekings. Lees AL die vrae aandagtig deur en doen SLEGS dit wat verlang word. Aan die einde van die eksamensessie sal daar van jou verwag word om SLEGS die disket wat die toesighouer/onderwyser aan jou gegee het, in te lewer. Maak seker dat AL die lêers op die netwerk gestoor is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser verduidelik is. Maak seker dat AL die lêers leesbaar is. Jy mag van die handleidings wat saam met die oorspronklike hardeware en sagteware voorsien is, gebruik maak. Jy mag ook van die HELP-funksies van die sagteware gebruik maak. Java-kandidate mag van die Java API-lêers gebruik maak. Jy mag NIE van enige ander bronne gebruik maak nie. 8. ALLE drukwerk van die programmeringsvrae sal binne EEN uur nadat die eksamen afgehandel is, plaasvind.

3 Inligtingstegnologie/V1 3 SCENARIO: Daar is verskeie klubs wat by jou plaaslike sokkerorganisasie, Soccer Dynamics, geaffilieer (geregistreer) is. As die sekretaresse van Soccer Dynamics, moet jy boekhou van die rekords van AL die geregistreerde klubs, sowel as die lede van die klubs. VRAAG 1: DATABASIS 1.1 Skep 'n databasis met die naam SokkerDb. Trek data uit die sigblad met die naam Klubs in om 'n tabel met die naam KlubTb te skep. Die KlubTbtabel moet die inligting bevat wat in die onderstaande tabel vertoon word: Verander die groottes van die velde en datatipes sodat dit meer geskik is vir die inligting wat in die bostaande tabel getoon word. Stel 'n geskikte primêre sleutel vir die KlubTb-tabel. Stel 'n invoermasker ('input mask') vir die KontakNom-veld in die KlubTb-tabel op. Die formaat van die KontakNom-veld is (021) , dit is 'n "(" gevolg deur drie syfers, 'n ")", 'n spasie en sewe syfers. (1) (2) (2) 1.2 Skep 'n tweede tabel met die naam LedeTb deur die data in te trek ('import') vanuit die teks-lêer met die naam Lede.txt. Die LedeTb-tabel behoort nou AL die inligting van die lede te bevat. 'n Gedeelte van die Lede.txt-tekslêer word hieronder getoon: "Van","Naam","GeboorteDat","BeskikbaarOmTeSpeel","LedegeldBet aal","lidnommer","klubid" "Smith","Bill",1986/12/10 00:00:00,1,R ,86,"MCJ06" "Langoma","Lihle",1985/6/6 00:00:00,1,R ,100,"MCJ06" "Dixon","Sarah",1976/3/4 00:00:00,0,R ,209,"MCJ06" "Mpho","Jabulani",1951/10/12 00:00:00,0,R ,300,"MCJ06" "Mahote","Innocent",1989/10/11 00:00:00,1,R ,243,"MCJ06" "Black","Joe",1989/3/3 00:00:00,1,R ,111,"MIC06" "Bushini","Georgio",1978/6/5 00:00:00,1,R 0.00,435,"MIC06" "Hillbrook","Ben",1945/3/2 00:00:00,0,R ,1423,"RRP05" "Kani","Sipho",1986/12/2 00:00:00,1,R ,5476,"RRP05" "Janjo","January",1978/10/16 00:00:00,1,R 10.00,9876,"RRP05" (2)

4 Inligtingstegnologie/V Verander die groottes van die velde en datatipes om beter by die data in die LedeTb-tabel wat in die onderstaande tabel getoon word, te pas: Stel 'n geskikte primêre sleutel vir die LedeTb-tabel. (2) (4) Skep 'n een-tot-baie-verwantskap tussen die KlubTb- en die LedeTbtabelle en pas referensiële integriteit toe. Skep 'n navraag met die naam LaeFooi wat die Van, Naam, KontakNom en LedegeldBetaal van AL die klubs in 'Menlow' of 'Irene' (gestoor in die Dorp-veld) en wie se LedegeldBetaal minder as R500,00 is, sal vertoon. Skep 'n navraag met die naam Oud wat 'n berekeningsveld insluit om die ouderdom van ELKE lid in die LedeTb-tabel te bepaal. Vertoon AL die velde. Voeg 'n addisionele veld met die naam Afdeling by die KlubTb-tabel. Skep nou 'n vorm met die naam KlubVorm wat AL die velde sal vertoon. Die vorm moet 'n combo box vir die Afdeling-veld insluit, wat die gebruiker sal toelaat om uit die volgende opsies te kies: Eerste, Tweede, Derde of Vierde. Skep 'n verslag met die naam BeskikbaarVerslag om die Van, Naam, BeskikbaarOmTeSpeel en Klubld van AL die lede wat beskikbaar is om te speel, toon. Groepeer die inligting in die verslag volgens Klubld. Vertoon ook die TOTALE aantal lede wat beskikbaar is om te speel onderaan die verslag. (2) (4) (6) (4) (5) [34]

5 Inligtingstegnologie/V1 5 VRAAG 2: PROGRAMMERING Soccer Dynamics hou 'n Pretdag om sokker in die gemeenskap te bevorder. Twaalf spanne het vir die pretdag geregistreer. Spanne is volgens hulle vertonings in vorige wedstryde gegradeer. Hulle gradering kan 1, 2, 3 of 4 wees. (Die beste gradering is 1.) Die besonderhede van die geregistreerde spanne is in die tekslêer met die naam Reg.txt gestoor. Die inhoud van die tekslêer word hieronder vertoon: Mighty Pirates 3 Celtic United 2 Reston Rovers 1 Kingsley Pride 2 Albion Scholars 3 Old Buccaneers 3 The New Angels 1 City Sentinels 2 Presidents Men 3 Province Park 1 Bluenose Barons 3 Skryf 'n program/klas met die naam PretDag wat metodes/prosedures en parameteroordrag gebruik om die volgende te doen (in Java mag jy 'n aandrywerklas met die naam ToetsPretDag gebruik, indien jy dit verkies): (LET WEL: AL die skerms wat inligting vertoon, moet geskikte opskrifte insluit.) 2.1 Lees die name en graderings van die spanne uit die tekslêer met die naam Reg.txt in twee skikkings in met die name arrspanne en arrgraderings. (Java-programmeerders: Plaas hierdie kode in die hoofmetode.) (Delphi-programmeerders: Plaas hierdie kode in die OnCreate-gebeurtenishanteerder ('OnCreate event handler') van die hoofvorm.) (5)

6 Inligtingstegnologie/V Skryf 'n metode/prosedure met die naam vertoondata om die inhoud van die twee skikkings soos volg in kolomme gespasieer, te vertoon: Span Gradering Mighty Pirates 3 Celtic United 2 Reston Rovers 1 Kingsley Pride 2 Albion Scholars 3 Old Buccaneers 3 The New Angels 1 City Sentinels 4 City Crusaders 2 Presidents Men 3 Province Park 1 Bluenose Barons 3 (5) 2.3 Skryf 'n metode/prosedure met die naam vertooneerste om die name van die spanne met 'n gradering van 1, sowel as die totale aantal spanne met 'n gradering van 1, te vertoon. Voorbeeld van afvoer: Name van spanne met 'n gradering van 1 Reston Rovers The New Angels Province Park Aantal spanne met 'n gradering van 1: 3 (7) 2.4 Skryf 'n metode/prosedure met die naam sorteerspanne wat die posisie van die spanne in die skikking met die naam arrspanne sal verander sodat die spanne met 'n gradering van 1 aan die bokant van die lys sal wees en die spanne met 'n gradering van 4 onderaan die lys sal wees. Vertoon die spanne en hulle graderings deur die vertoondata-metode/prosedure te roep. (Die spanne se oorspronklike graderings moet behoue bly.) Gesorteerde lys: Span Gradering Reston Rovers 1 The New Angels 1 Province Park 1 Celtic United 2 Kingsley Pride 2 City Crusaders 2 Mighty Pirates 3 Albion Scholars 3 Old Buccaneers 3 Presidents Men 3 Bluenose Barons 3 City Sentinels 4 (9)

7 Inligtingstegnologie/V Skryf 'n metode/prosedure met die naam speelspel wat die speel van die eerste rondte van die 12 spanne sal simuleer. Span 1 speel teen span 2, span 3 speel teen span 4, span 5 speel teen span 6, ensovoorts. Die metode/prosedure behoort willekeurige tellings vir die 12 spanne te genereer. Tellings word willekeurig binne die grenswaardes van 0 tot 5 (albei waardes ingesluit) gegenereer. Die wenners van die eerste rondte word soos volg bepaal: As een span 'n beter telling as die ander span het, dan sal daardie span na die volgende rondte deurgaan. Indien twee spanne dieselfde telling het, dan sal die span met die beste gradering na die volgende rondte deurgaan. Indien albei spanne dieselfde telling sowel as dieselfde gradering het, sal die span waarvan die naam alfabeties voor die ander span se naam geplaas kan word, as die wenner aangewys word. Die metode/prosedure moet die name van die spanne en hulle tellings, sowel as die name van die ses wenspanne, vertoon. Voorbeeld van die afvoer word hieronder vertoon: Eerste-rondte-tellings Reston Rovers 4 The New Angels 2 Province Park 1 Celtic United 3 Kingsley Pride 0 City Crusaders 3 Mighty Pirates 4 Albion Scholars 4 Old Buccaneers 3 Presidents Men 0 Bluenose Barons 3 City Sentinels 3 Die wenners is: Reston Rovers Celtic United City Crusaders Albion Scholars Old Buccaneers Bluenose Barons (13) [39]

8 Inligtingstegnologie/V1 8 VRAAG 3: PROGRAMMERING Super Muscle, 'n gesondheidstydskrif, stuur e-posse aan al die lede van die sokkerklubs. Die lede beskou hierdie e-posse as gemors-e-pos (SPAM). E-posse wat deur die lede ontvang word, word getoets om te bepaal of dit SPAM is. In die proses word die volledige teks van die e-pos na hoofletters omgeskakel en al die spasies word deur koppeltekens (-) vervang. 'n E-pos word as SPAM-e-pos geïdentifiseer indien BEIDE die volgende voorwaardes van toepassing is: Die frase 'LOSE-WEIGHT' meer as drie keer in die e-pos voorkom Die totale aantal woorde meer as 30 woorde is Jy kan aanvaar dat daar slegs een spasie tussen die woorde in die e-pos is. Die voorbeeld van 'n e-pos wat vir toetsing gebruik kan word, is in die lêer Muscle.txt gestoor. (LET WEL: Punte sal vir die gebruik van metodes/prosedures toegeken word.) Skryf 'n program/klas met die naam Spam wat metodes/prosedures en parameteroordrag om die volgende te doen, gebruik: (In Java mag jy ook van 'n aandrywerklas met die naam ToetsSpam gebruik maak, indien jy dit verkies.) Skryf 'n metode/prosedure met die naam kryteks om elke reël van die tekslêer met die naam Muscle.txt na 'n skikking met die naam arrepos te lees. Skryf 'n metode/prosedure met die naam vertoonskikking om die inhoud van die skikking met die naam arrepos te vertoon. Skryf 'n metode/funksie met die naam krytelwoorde om die aantal woorde wat daar in die skikking met die naam arrepos is, te bepaal. Skryf 'n metode/prosedure met die naam maakhoofl om die volledige teks in die skikking met die naam arrepos na hoofletters te verander. Skryf 'n metode/prosedure met die naam vervangsp om AL die spasies in die skikking met die naam arrepos met 'n koppelteken (-) te vervang. Skryf 'n metode/funksie met die naam krytel om te bepaal hoeveel keer die frase 'LOSE-WEIGHT' in die skikking met die naam arrepos voorkom. (6) (3) (6) (3) (6) (7)

9 Inligtingstegnologie/V Skryf 'n metode/prosedure met die naam wysstringe om AL die voorkomste van 'LOSE-WEIGHT' in die teks van die skikking met die naam arrepos op die volgende manier aan te dui: Vertoon van teks met LOSE-WEIGHT uitgelig LOSE-WEIGHT!-LOSE-WEIGHT!-LOSE-WEIGHT! *********** *********** *********** DO-YOU-WANT-TO-LOSE-20-KG-OF-UGLY-FAT-AND-REPLACE-IT-WITH-HARD- TONED-MUSCLE? TIRED-OF-THUGS-KICKING-SAND-IN-YOUR-FACE-AT-THE-BEACH? SUPER-MUSCLE-CAN-DO-IT-FOR-YOU. OUR-HEALTH-MAGAZINE-IS-FULL-OF-DIET-REGIMES, DIETARY-SUPPLEMENTS-AND-EXERCISE-ROUTINES-TO-LOSE-WEIGHT-QUICKLY. *********** WENK AAN DIE DELPHI-PROGRAMMEERDERS: Verander die font van die afvoerkomponent na Courier in hierdie prosedure. (12) 3.8 Voltooi die program/klas deur die relevante metodes/prosedures/funksies te roep sodat die afvoer soos in die voorbeeld op die volgende bladsy, vertoon sal word. Die skikking, sowel as die string 'LOSE-WEIGHT', moet as parameters, waar van toepassing, oorgedra word. Gebruik die resultate van die krytel- en die krytelwoorde-metodes/ funksies om te bepaal of hierdie e-pos SPAM-e-pos is. Vertoon 'n geskikte boodskap. (4)

10 Inligtingstegnologie/V1 10 Voorbeeld van afvoer: Inhoud van die skikking: Lose weight! Lose weight! Lose weight! Do you want to lose 20 kg of ugly fat and replace it with hard toned muscle? Tired of thugs kicking sand in your face at the beach? Super muscle can do it for you. Our health magazine is full of diet regimes, Dietary supplements and exercise routines to lose weight quickly. Aantal woorde in die teks: 58 Inhoud van die verwerkte skikking: LOSE-WEIGHT! LOSE-WEIGHT! LOSE-WEIGHT! DO-YOU-WANT-TO-LOSE-20-KG-OF-UGLY-FAT-AND-REPLACE-IT-WITH-HARD- TONED-MUSCLE? TIRED-OF-THUGS-KICKING-SAND-IN-YOUR-FACE-AT-THE-BEACH? SUPER-MUSCLE-CAN-DO-IT-FOR-YOU. OUR-HEALTH-MAGAZINE-IS-FULL-OF-DIET-REGIMES, DIETARY-SUPPLEMENTS-AND-EXERCISE-ROUTINES-TO-LOSE-WEIGHT-QUICKLY. LOSE-WEIGHT kom 4 keer voor Vertoon van teks met LOSE-WEIGHT uitgelig LOSE-WEIGHT! LOSE-WEIGHT! LOSE-WEIGHT!- *********** *********** *********** DO-YOU-WANT-TO-LOSE-20-KG-OF-UGLY-FAT-AND-REPLACE-IT-WITH-HARD- TONED-MUSCLE? TIRED-OF-THUGS-KICKING-SAND-IN-YOUR-FACE-AT-THE-BEACH? SUPER-MUSCLE-CAN-DO-IT-FOR-YOU. OUR-HEALTH-MAGAZINE-IS-FULL-OF-DIET-REGIMES, DIETARY-SUPPLEMENTS-AND-EXERCISE-ROUTINES-TO-LOSE-WEIGHT-QUICKLY. *********** Hierdie e-pos is waarskynlik SPAM. [47] TOTAAL: 120

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR 1 HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE 1. Getrou

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 MODEL 2008 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 39 bladsye. Inligtingstegnologie/V1 2 DoE/Model 2008 INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n aparte inligtingsblad. Rekenaartoepassingstegnologie/V1

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 FEBRUARIE/MAART 2015 PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, 'n HTML-merkersblad en 'n aparte inligtingsblad.

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MODEL 2007 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 3 diagramvelle. Wiskundige Geletterdheid/V1 2 INSTRUKSIES

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100 1 Kopiereg voorbehou GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100 Naam: Klas: INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS en SES vrae. Beantwoord AL die vrae op hierdie

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse SMS Fleet (Pty) Ltd Maatskappy in privaat besit gestig in 2006 Ons produk My Tracer is n lokaal ontwikkelde, briljante, internet gedrewe GPS Voertuig Volg Sisteem met n volledige Geoutomatiseerde Elektroniese

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE AFDELING A HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE Die oorhoofse tema van die werkopdrag is Tradisie. Hierdie onderwerp het al in die verlede en sal heel waarskynlik ook in die toekoms tot vele debatte aanleiding

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NSIONLE SENIOR SERTIFIKT GR 11 REKENRTOEPSSINGSTEGNOLOGIE V2 MOEL 2007 PUNTE: 150 TY: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3.

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes. a REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 1 01 Hierdie dokument bestaan uit 4 bladsye en twee bylaes. Rekenaartoepassingstegnologie 1 DBE/PAT 01 NSS (Riglyne

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Rekenaartoepassingstegnologie

Rekenaartoepassingstegnologie Rekenaartoepassingstegnologie Study Opportunities Graad 12 Junie 2014 Vraestel 1 Prakties Tyd: 3 uur Punte: 180 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye (titelblad en HTML tag-lys ingesluit) Instruksies

More information

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing Uittree-Annuïteitsplan Planbeskrywing 'n Persoon wat uittree-annuïteitsvoordele wil ontvang, moet 'n lid van 'n uittreeannuïteitsfonds wees. Die uittree-annuïteitsfonds het 'n plan vir die lid om die voordele

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

GRADE 11 / GRAAD 11 Vraestel 1 / Paper 1. June / Junie 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP TOTAL / TOTAAL

GRADE 11 / GRAAD 11 Vraestel 1 / Paper 1. June / Junie 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP TOTAL / TOTAAL INSTRUCTIONS ND INFORMTION. The paper consists of questions.. nswer LL questions.. Use scale : unless stated otherwise.. ll questions must be answered on the given answer sheets. 5. ll answer sheets must

More information

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING Inhoud Bladsy 1. Inleiding 2 2. Waarom kliniese onderrig? 2 3. Waarom afstandsonderrig? 2 4. Hoe dit werk 2 4.1 Doelstellings 2 4.2 Hoe die proses

More information

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

INSTRUKSIES AAN OUTEURS INSTRUKSIES AAN OUTEURS ALGEMEEN Beide Engelse en Afrikaanse artikels word aanvaar. Beide die Chicago- en die Harvard-verwysingsmetodes word aanvaar. Indien van argivale bronne gebruik gemaak word, word

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU TE HERMANUSDOORNS OP 11 Augustus 2012 OM 11H00 1. Welkom Die Voorsitter open die vergadering om 11h00 en verwelkom alle aandeelhouers

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 8 MARCH MAART 2013

More information

INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL

INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL INTERAKTIEWE TELEMATIESE UITSENDINGS FASILITEITE BESKIKBAAR IN DIE ITD-ATELJEE Standaard-televisiekameras vir die opname van die aanbieder en paneelgaste. `n Maksimum van vier paneelgaste kan geakkommodeer

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION o Attribution You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 BESIGHEIDSTUDIES

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 BESIGHEIDSTUDIES Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 BESIGHEIDSTUDIES PUNTE: 300 TYD: 3 uur *BUSTA* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. 2 BESIGHEIDSTUDIES (SEPTEMBER

More information

Study Opportunities. September REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE Graad 12

Study Opportunities. September REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE Graad 12 Study Opportunities September 2014 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE Graad 12 Vraestel 2 Skriftelike vraestel TYD: 3 UUR PUNTE: 150 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye (titelbladsy ingesluit). Instruksies

More information

A Beginner s Guide to Programming Logic, Introductory

A Beginner s Guide to Programming Logic, Introductory A Beginner s Guide to Programming Logic, Hoofstuk 2 Werking met Data, Skep van Modules, en Ontwerp van Hoëkwaliteitprogramme Doel In hierdie hoofstuk sal jy leer oor: Verklaring en gebruik van veranderlikes

More information

INSKRYWINGSVORM

INSKRYWINGSVORM INSKRYWINGSVORM - 2016 VOLTOOI MET 'N SWART PEN ASSEBLIEF HET U ENIGE LEERDERS TANS/VOORHEEN IN HIERDIE SKOOL? Ja Nee Naam van Sentrum/Tutor : Graad : LEERDERINLIGTING LEERDER Geboortedatum: Nasionaliteit:

More information

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme Departement Bos- en Houtkunde Akademiese programme vir 2018 Magisterprogramme Navrae: Kontakbesonderhede: Departementshoof Departement Bos- en Houtkunde Universiteit van Stellenbosch Privaatsak X1 Matieland

More information

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Pro~inci~l Gazette Extraordinary Pro~inci~l" Gazette Extraordinary Buiteri"g~Wone Proviilsiclle Koerant Selling price Verkoopprys: R2,50 Other countries Buitelands: R3,25 Vol. 10 AUGUST PRETORIA, 4 AUGUSTUS 2004 No. 314 We all have the

More information

Mosselbaai Munisipaliteit

Mosselbaai Munisipaliteit Mosselbaai Munisipaliteit GRASIE VIR VOLDOENING VAN ADVERTENSIETEKENS Die Stadsraad het n grasietydperk van 1 Julie 2015 tot 31 Desember 2015 aan besighede toegestaan om hulle die geleentheid te bied om

More information

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die INSTRUKSIES AAN OUTEURS Artikels mag nie terselfdertyd aan enige ander joernaal voorgelê word met die oog op publikasie nie. Bladgelde beloop tans R120,00 per bladsy. Artikels moet 15 na 25 (5 000 8 000

More information

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) GRAAD : 11 DATUM : NOVEMBER 2012 VRAESTEL : KYK- EN LEESBEGRIP, TYD : 2 UUR OPSOMMING

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS 1. DOEL VAN DIE MEMORANDUM Om (a) bepaalde aspekte van n konsep

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet Die evaluering van besproeiingstelsels help die watergebruiker om die stelsel beter te bestuur die evaluasie wys of die stelsel funksioneer

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 12 FEBRUARY FEBRUARIE

More information

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige

More information

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA   CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA   1. NAAM 1. NAME CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA www.cycadsociety.org BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA www.cycadsociety.org 1. NAME The Society shall be known as the CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA, hereafter referred to

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 15 OCTOBER OKTOBER

More information

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume T' _....,... rle..- ClLlV Llle..- ClLJVIIV="'r:. T~..... _... "' JIoI U I e. IV L2 LA JIoI U I I: IV L2 ::::::::::::::::: :: :::::: : "" f:ll.','::.:~ Il:I,II~I:I:l:~::j;::::::::::::::r:: i:: :tr:::ti~,

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu LIMPOPO PROVINCE LIMPOPO PROVINSIE XIFUNDZANKULU XA LIMPOPO REPUBLIC REPUBLIIEK PROFENSE YA LIMPOPO OF VAN VUNDU ḼA LIMPOPO SOUTH AFRICA SUID-AFRIKA IPHROVINSI YELIMPOPO Provincial Gazette Provinsiale

More information

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf deur P C Payne BA, LLB Studentenommer: 20727755 Skripsie ingedien ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 20 PRETORIA, 15 JANUARY JANUARIE

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 14 AUGUST AUGUSTUS

More information

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING 1. Verhandelingsprosedures Algemeen Verhandeling van aandele via KLK Landbou Beperk se verhandelingstelsel vind plaas deur

More information

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C) 0 0 Vol. 12 PRETORIA, 1 SEPTEMBER 2006 No. 333 "C) C) a t:j ru -~ C) 0 We all have the power to prevent AIDS Prevention is the cure gle AIDS HELPUNE 1 oaoo 012 322 1 DEPARTMENT OF HEALTH 0 J06-271217-A

More information

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 MEMORANDUM/NASIENBOEK

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 MEMORANDUM/NASIENBOEK Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD SEPTEMBER 0 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V MEMORANDUM/NASIENBOEK PUNTE: 00 KANDIDAAT NAAM KANDIDAAT SE PUNTE VRAAG 5 6 7 TOTAAL

More information

Stede en bedienswaardighede *

Stede en bedienswaardighede * OpenStax-CNX module: m26170 1 Stede en bedienswaardighede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE

More information

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING -1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING To create a classroom where all learners will thrive is a challenging task, but there is an island of opportunity in the sea of every difficulty. (Kruger & Adams,

More information

RAADSLEDE / COUNCILLORS

RAADSLEDE / COUNCILLORS NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 25 APRIL 2017 1 NOTULE VAN N ALGEMENE RAADSVERGADERING GEHOU OM 09:00 OP DINSDAG 25 APRIL 2017 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL TE BREDASDORP MINUTES OF A GENERAL

More information

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA SAAKNOMMER:J 273/97 In die saak tussen DS NOËL SCHREUDER Applikant en DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK WILGESPRUIT Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, NEDERDUITSE

More information

11WILK c_.. \\* --,- 0) "410. ifite eitoetail nt (Registered at the Post Office as a Newspaper)

11WILK c_.. \\* --,- 0) 410. ifite eitoetail nt (Registered at the Post Office as a Newspaper) 1 320 I 1 11WILK 11111 11\13\A Li c_ THE PROVINCE OF TRANSVAAL tewtv li\ DIE PROVINCE q74 o 4 TZWAAL N 1 1 I P i \ c Ilia MWA (J% 1 f i t i a i (4;a3ette ijob "410 ifite eitoetail nt (Registered at the

More information

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Met die navorsing is daar ondersoek ingestel na die effek van Gestaltspelterapie op die selfbeeld van die leergestremde leerder. In Hoofstuk 1 is

More information

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Pasteur en Lister oorwin kieme * OpenStax-CNX module: m24216 1 Pasteur en Lister oorwin kieme * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE:

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys South African Journal of Education Copyright 2002 EASA Vol 22(3) 162 169 Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys A.E.

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA PROPERTY VALUATION ACT REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WET OP EIENDOMSWAARDASIE No 17, 14 ACT To provide for the establishment, functions and powers of the Office of the Valuer-General;

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information