SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

Size: px
Start display at page:

Download "SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP"

Transcription

1 NUUSBRIEF No. 4, 2013 Boerperd Vriende So kom ons aan die einde van nog ʼn jaar wat nog vinniger gevlieg as die vorige een. In hierdie nuusbrief wil ons graag net ʼn paar punte uitlig wat dalk van belang kan wees voor almal die rus en Vrede van die Kerstyd binnegaan. Die doel van hierdie Nuusbrief is nie om al die hoogtepunte van die jaar weereens te herhaal nie dit is reeds gedek in verslae, op facebook, sowel as op ons webblad. U sal later in die skrywe ook wel sien hoe die gebruik van tegnologie wel hierdie jaar vir ons winsgewend was en n onverwagse meevaller tot gevolg gehad het. Namens die Raad wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om al die lede van die Genootskap te bedank vir hulle steun en samewerking gedurende die afgelope jaar. Ons sien uit daarna om 2014 op n positiewe noot te begin. Ons wil dan ook aan al ons lede n vredevolle en geseënde Christusfees toewens. Mag een en elk van julle in hierdie tyd opnuut die klein geskenkies wat ons daagliks uit die Vaderhand ontvang, raaksien en nie net fokus op groot Kersgeskenke nie. Let asseblief daarop dat ons kantoor gesluit sal wees vanaf 16 Desember 2013 tot 10 Januarie Groete Piet Grové President 2013/ Nuusbrief saamgestel deur Petro Grové Stuur asseblief alle bydraes aan petrogrove@mweb.co.za NUUSBRIEF 2013, No. 4 1

2 In hierdie nuusbrief : 1. DIE RAAD & PORTEFEULJES, 2013/14 2. VEILINGS 3. WEB-BLAD 4. JEUG-AKSIE 5. SA BOERPERD KAMPIOENSKAPPE 5.1 Nasionale Kampioenskappe SA Boerperd Skou-datums: Ander datums 6. SAEA & PASPOORTE 7. FINANSIES 8. KEURINGS 9. ELEKTRONIESE GEBOORTEKENNISGEWINGS EN AL DAAI STRIKKIES... NUUSBRIEF 2013, No. 4 2

3 1. DIE RAAD & PORTEFEULJES 2013/14 Naam & Van Portefeulje Selnommer E-pos adres Piet Grové (President) Bestuur van die Raad & Stamboek Frikkie Combrink (Vise-president) Opleiding & Kursusse Jan Joubert (Dagbestuur) Finansies, borgskappe, SANESA & SAEA Heleen Pope (Dagbestuur) SAB Kampioenskappe, Merietes & Erekleure, Skoureëls: SAEA Johannes Langenhoven Regulerende stelsels, Administrasie & Skou-reëls Jan van der Wath Kwaliteitsbeheer Dirk Odendaal Keurings- & Keuringstoere Lomon Terreblanche Skakeling, Dienslewering, Nuwe lede & Veilings David de Wet Reklame & Bemarking KANTOOR: Elize Prinsloo Sekretaresse Veilings Soos u reeds hierbo in die lys van die Raad 2013/14 se portefeuljes gesien het, is daar nou iemand spesifiek op die Raad aangestel om alle veilings te koördineer. Hoewel alle korrespondensie nog steeds deur middel van die SA Boerperd kantoor sal plaasvind, sal Raadslid Lomon Terreblanche verantwoordelik wees vir die skakeling met en bevestiging van die administratiewe sy van veilings wat sal plaasvind onder die beskerming van die SA Boerperd Telersgenootskap. Raadslid: Lomon Terreblanche NUUSBRIEF 2013, No. 4 3

4 3. WEB-BLAD Soos julle seker sal onthou, het ons die einde van verlede jaar begin om ons web-blad op te gradeer en meer optimaal te benut. Ons kan nou met trots terug rapporteer dat die SA Boerperd Telersgenootskap se web-blad by SA Stamboek se jaarlikse prysuitdeling die prys gewen het vir die beste webblad van die jaar! As ʼn mens in gedagte hou dat SA Stamboek ook vanjaar op 29 Mei 2013 vereer is met die ICAR Serifikaat van Kwaliteit (ICAR: International Committee for Animal Recording) wat 57 lande in die wêreld insluit, is dit voorwaar ʼn prestasie. Afgesien van perde, verteenwoordig SA Stamboek ook beeste, skape, varke, bokke, honde, ens. Lees gerus meer hieroor by Mnr. Piet Grové (middel agter) ontvang die toekenning saam met die ander pryswenners. Voor v.l.n.r. Mnr. Danie Retief; Me. Johanna Cloete; Mnr. John Boulie; Mnr. Chris Els. Met die evaluering van SA Stamboek se web-tuistes is die volgende punte beoordeel: i. Betaling van web-blad fooie ii. Gereelde opdatering van inligting iii. Hoe lank gelede is die web-blad opgegradeer iv. Logiese organisasie van doelwitte en inligting v. Korrekte taalgebruik en versorging vi. Relevante skakels na ander web-blaaie vii. Navigasie na inligting op die web-blad viii. Kontakbesonderhede ix. Relevansie van materiaal en inligting t.o.v. die teikengroep x. Uniekheid van informasie xi. Verbruikersvriendelik (nie te veel inligting per bladsy nie) xii. Grafiese ontwerp xiii. Leesbaarheid en grootte van die teks xiv. Verbeeldingryke en stimulerende aanbieding xv. Foutlose aanbieding van inligting. Hierdie toekenning stel dan ook in die volgende jaar in staat sal stel om nóg meer verbeterings aan ons web-blad aan te bring en dit nog beter te benut aangesien ons prys juis gratis webblad dienste vir ʼn jaar is. Baie dankie aan Lisa Verwey vir haar moeite, asook almal wat haar voorsien het van relevante inligting vir die web-blad om die web-blad op so ʼn hoë standaard te kon hou. NUUSBRIEF 2013, No. 4 4

5 4. JUEG-AKSIE As enige iemand nog gewonder het oor ons SA Boerperde se jong ruiters, dan WEET ons nou dat hulle baie, baie spesiaal is. Ons is só trots op julle! Nie net het hulle laat aande geoefen vir ʼn Musikale Extravaganza vir ons 40 jarige herdenking van die SA Boerperd as ras tydens ons SA Nasionale Kampioenskappe 2013 nie, hulle het dit ook reggekry om ʼn hele maand se werk in net 4 dae ingeoefen te kry! Ongelukkig was daar ʼn misverstand tussen ons en die fotograaf met die gevolg dat ons nie enige professionele beeldmateriaal van die verrigtinge het nie. Ons het wel talle foto s. Om die probleem te probeer regstel en darem die geleentheid op DVD te kon vaslê, het ons by almal wat wel informele video s gemaak het beeldmateriaal gekry. Op die manier het ons dit dan tog reggekry om die vertoning te kon vaslê deur video s en foto s te kombineer. Ons sal dit in die eerste week van Desember 2013 as n skakel (link) op die webblad plaas en so kan almal dit dan verniet kyk en/of op hulle selfone of rekenaars aflaai in ʼn formaat wat hulle pas. Almal se name verskyn daarop, sowel as ons credo, ens. Hou gerus die web-blad dop vir meer besonderhede oor volgende jaar se jeug-projek. Ons het klaar ʼn plan van aksie aan die Raad voorgelê en sal meer besonderhede aan julle gee tydens elke Streekkampioenskap se Jeug-byeenkoms, asook op Facebook. Onthou ook om gereeld julle perde-nuus op Facebook met ons te deel! Dit is JULLE blad en JULLE moet dit aan die gang hou! NUUSBRIEF 2013, No. 4 5

6 5. SA BOERPERD KAMPIOENSKAPPE 5.1 Nasionale Kampioenskappe 2013 Nadat die Raad alle terugvoer oor die afgelope SA Boerperd Nasionale Kampioenskappe gekry en deurgewerk het, is dit vir ons aangenaam om te kan aankondig dat GEEN perde positief getoets is vir verbode middels nie. Baie dankie vir u verantwoordelike omgang met ons perde in die verband. Baie dankie aan elkeen van u vir u harde werk en samewerking wat bygedra het tot die sukses van ons skou. 5.2 SA Boerperd Skoudatums: 2014 Horse of the Kayalami Equestrian Park : 14 Februarie 2014 * WP SA Boerperd Streekkampioenskappe, Riversdal : Februarie 2014 Mpumalanga SAB Streekkampioenskappe, Ermelo : 2-5 April 2014 Vrystaat SAB Streekkampioenskappe, Bloemfontein : 28 April - 1 Mei 2014 Kwa-Zulu Natal SAB Streekkampioenskappe, Vryheid : 9-12 Julie 2014 Gauteng SAB Streekkampioenskappe, Misty Meadows : Augustus 2014 Nasionale SAB Kampioenskappe, Afri-Dome, Parys : 6-11 Oktober 2014 * Hou gerus die web-blad dop vir inligting oor Horse of the Year. Die program en inskrywingsvorms sal binne ʼn week of twee beskikbaar wees Ander datums Geen datums is nog formeel aangekondig vir SANESA en SAEA skoue vir 2014 nie. Indien u egter op hoogte wil bly met die nuutste verwikkelinge, kan u gerus die betrokke web-tuistes besoek. South African National Equestrian Schools Association - Soek u provinsie - Klik op Dates & Schedules Ander dissiplines se datums is verkrygbaar by: Skakels sal vanaf die SA Boerperd Telersgenootskap se web-blad na hierdie relevante web-blaaie geplaas word. NUUSBRIEF 2013, No. 4 6

7 6. SAEA & PERDE PASPOORTE Soos julle weet het alle perde n paspoort nodig om in enige ander dissipline buite die SA Boerperd Telersgenootskap te kan skou. Hierdie blou paspoorte was vroeër verkrygbaar by die voormalige provinsiale horse societies, bv. GHS. Elkeen van hulle het n unieke nommer en die betrokke perd se inentingsrekord, sowel as registrasiebesonderhede moes daarin opgeteken gewees het om geldig te kon wees. Baie perde wat by SA Stamboek geregistreer is, het egter ook n SA Stamboek paspoort. Hierdie paspoorte is ook uitgereik met ander n unieke nommer binne-in die boek. Vanaf 2014 mag hierdie paspoorte gebruik word by enige Suid-Afrikaanse perde-skou en vir enige dissipline. Die paspoort word nou dus deur die SAEA (en SAEF) erken, mits dit noukeuring op datum is en deur n veearts geteken word na inentings. Die maroon paspoorte kan teen R by die kantoor bestel word. Die paspoort het dan klaar reeds die gedrukte registrasiedokumente, sowel as ander volledige inligting van die perd in. Bestellings: elize@studbook.co.za 7. FINANSIES Soos bespreek tydens die AJV 2013, is dit nie moontlik om alle transaksies op ʼn streng kontant basis te kan doen nie. Indien moontlik, sal dit egter waardeer word indien ons daarna kan streef om ons rekeninge so gou moontlik kan betaal. Alle rekeninge wat 60 dae en ouer is, se dienste sal gevries word nadat u d.m.v. ʼn sms daarvan verwittig is. Agterstallige rekeninge sal eers volledig op datum gebring moet word alvorens dienste weer aangevra kan word. Moet dus nie versuim om op hoogte van die stand van u rekening te bly nie. Let ook daarop dat ʼn 10% verhoging op alle dienste tydens die AJV 2013 goedgekeur is. Die nuwe pryslys is reeds op die web-blad beskikbaar. Raadslid: Jan Joubert 8. KEURINGS Dit is weer tyd om aansoek te doen vir hings en merrie/reun keurings. Alle vorms is reeds aan u gepos, asook beskikbaar op die web-blad. Die sluitingsdatum vir keuringsaansoeke om die kantoor te bereik is: 19 Januarie Maak asseblief seker dat die DNS e van alle perde waarvoor om keuring aansoek gedoen word gedoen is, asook dat ouerskap geverifieer is. Details van die plekke en datums van keurings sal betyds aan u deurgegee word, soos bespreek tydens die AJV Raadslid: Dirk Odendaal NUUSBRIEF 2013, No. 4 7

8 9. ELEKTRONIESE GEBOORTEKENNISGEWINGS Volgens ʼn skrywe van Mnr. Herman Labuschagne (Bestuurder: Data-dienste, SA Stamboek), is die elektroniese aantekening van perde geboortes nou op Logix oopgestel vir telers. Alvorens u dit kan doen, moes u egter reeds ʼn unieke gebruikersnaam (user name) en wagwoord (pass word) vir u stoet gekry het. Indien u dit nog nie gekry het nie, kan u elektronies daarvoor aansoek doen by Daar is ʼn blokkie wat lees: Elektroniese aansoekvorm. Klik daarop en vul u besonderhede in. ʼn E-pos sal dan aan u gestuur word met u persoonlike gebruikersnaam en wagwoord. Indien u probleme daarmee ondervind, kan u gerus vir Rosa van der Merwe by SA Stamboek skakel ( ). HOE OM VUL GEBOORTES ELEKTRONIES AAN TE TEKEN: Teken aan op Logix met u unieke wagwoord en gebruikersnaam Gaan na data opname geboorte-kennisgewing geboorte-kennisgewing (perde) Vul dan die dokument elektronies in en stuur. Stawende dokumente soos bv. dekkingsertifikate, asook DNS uitslae kan hierby aangeheg word. Die SA Boerperd Telersgenootskap, sowel as die Teler sal dan ʼn outomaties gegenereerde e-pos ontvang dat die geboorte wel aangeteken is. Let wel: Hare moet nog steeds getrek word vir DNS en aan Unistel of die SA Boerperd Telersgenootskap se kantoor gestuur word tesame met die nodige inligting wat nou uitgedruk kan word. Die gebruik van hierdie stelsel is opsioneel. Die vulboekstelsel is ook nog steeds in werking EN AL DAAI STRIKKIES... Almal het verseker al die gekleurde strikkies in perde se sterte en aan hulle tooms by sekere skoue gesien, maar het u geweet dat elke kleur ʼn spesifieke boodskap uitstuur? Die kleur word gewoonlik met ʼn strikkie in die stert en ʼn merker aan die toom gemerk. (ʼn Gewone knoop in die toepaslike kleur werk goed aan die regterkant van die toom se voorkopband). Maak gerus van die gekleurde en nie-verbale kommunikasie stelsel tydens enige skou gebruik! GEEL My perd is ʼn hings: wees versigtig met merries en ander hingste. Dui ook op die toom aan. ROOI My perd skop. Wees versigtig agter hom. GROEN My perd is nog baie jonk. Wees geduldig met hom. BLOU OF WIT My perd is te koop. NUUSBRIEF 2013, No. 4 8

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING Inhoud Bladsy 1. Inleiding 2 2. Waarom kliniese onderrig? 2 3. Waarom afstandsonderrig? 2 4. Hoe dit werk 2 4.1 Doelstellings 2 4.2 Hoe die proses

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

Mosselbaai Munisipaliteit

Mosselbaai Munisipaliteit Mosselbaai Munisipaliteit GRASIE VIR VOLDOENING VAN ADVERTENSIETEKENS Die Stadsraad het n grasietydperk van 1 Julie 2015 tot 31 Desember 2015 aan besighede toegestaan om hulle die geleentheid te bied om

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse SMS Fleet (Pty) Ltd Maatskappy in privaat besit gestig in 2006 Ons produk My Tracer is n lokaal ontwikkelde, briljante, internet gedrewe GPS Voertuig Volg Sisteem met n volledige Geoutomatiseerde Elektroniese

More information

INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL

INTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL INTERAKTIEWE TELEMATIESE UITSENDINGS FASILITEITE BESKIKBAAR IN DIE ITD-ATELJEE Standaard-televisiekameras vir die opname van die aanbieder en paneelgaste. `n Maksimum van vier paneelgaste kan geakkommodeer

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. 1 2 3 Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. Lot 1 Stoet ooi. Dragtig van 14-067. Puik teel ooi. 4 Lot 2 Stoet ooi. Dragtig van 14-067 Lot 3 Stoet ooi. Dragtig

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING NOTULE VAN N BESTUURSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 2 MAART 2017 Opening en verwelkoming: Gebed deur: Carl Greyling TEENWOORDIG: Jan-Willem van Staden Roelf Beukes Susan

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

Edgehog

Edgehog The Issue 1-2014 Edgehog www.kgsa.co.za Guild Show 2013 January 2014 PAGE 2 2014 Committee CHAIRMAN VICE- CHAIRMAN: CAREL SMITH CELL: 071 8819960 carelsmith1965@gmail.com Chairmans Chat Nov 2013 WILLIE

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 8 MARCH MAART 2013

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS 1. DOEL VAN DIE MEMORANDUM Om (a) bepaalde aspekte van n konsep

More information

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme Departement Bos- en Houtkunde Akademiese programme vir 2018 Magisterprogramme Navrae: Kontakbesonderhede: Departementshoof Departement Bos- en Houtkunde Universiteit van Stellenbosch Privaatsak X1 Matieland

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 36/2018 Hierdie is die laaste nuusbrief vir 2018 en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om u n geseënde

More information

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA all accepting that they are because they have not produced anything and in the still distant future "intend" doing it, knowing full well that it would never happen; yes, knows that these "cultured" men

More information

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT Voorgestelde Wysigings aan die Wet: Proposed Amendments to the Act: Die eerste konsep vir die wysiging van die Wet, is tans onder oorweging en op versoek van die Departement van Arbeid is die kommentaar

More information

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. ABC ABCDE DEFA Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September 2013 Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. AE Daar was n groot verskeidenheid stalletjies en ek glo elkeen kon na hartelus loer of koop.

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008 Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008 It is with great pleasure that we bring you the autumn edition of Gozzip. We hope that you find the contents informative and helpful,

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU TE HERMANUSDOORNS OP 11 Augustus 2012 OM 11H00 1. Welkom Die Voorsitter open die vergadering om 11h00 en verwelkom alle aandeelhouers

More information

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD P1 / FOREWORD P4 / PROJECTS Closer look at our current projects P10 / PEOPLE P15 / CONGRATULATIONS We show off our happy new parents BKMAIL IS004 NOVEMBER 2015 HME FILLING STATION: SISHEN SISHEN SkORPION

More information

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume T' _....,... rle..- ClLlV Llle..- ClLJVIIV="'r:. T~..... _... "' JIoI U I e. IV L2 LA JIoI U I I: IV L2 ::::::::::::::::: :: :::::: : "" f:ll.','::.:~ Il:I,II~I:I:l:~::j;::::::::::::::r:: i:: :tr:::ti~,

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid OM MEE TE BEGIN Bedagsaamheid Die nuwe jaar het ongemerk sy loop geneem en hier staan ons alreeds aan die begin van die derde maand daarvan. Die Trustees hoop dat die nuwe jaar suksesvol verloop en dat

More information

TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA

TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA TULI BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SA TULI CATTLE BREEDERS SOCIETY OF SA Notule vir die 22ste Algemene Jaarvergadering gehou by Monte Christo, BLOEMFONTEIN op 19 Augustus 2016 om 09:00 Minutes for the 22nd

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH

More information

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 20 PRETORIA, 23 JULY JULIE 2014

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 10 MARCH MAART 2015

More information

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA   CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA   1. NAAM 1. NAME CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA www.cycadsociety.org BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA www.cycadsociety.org 1. NAME The Society shall be known as the CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA, hereafter referred to

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing Uittree-Annuïteitsplan Planbeskrywing 'n Persoon wat uittree-annuïteitsvoordele wil ontvang, moet 'n lid van 'n uittreeannuïteitsfonds wees. Die uittree-annuïteitsfonds het 'n plan vir die lid om die voordele

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN 3.1 INLEIDING By die besluitnemingsfunksie wat binne skoolverband plaasvind, besit die skoolhoofde die meeste gesag (Jacobson, 1987:54).

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING,

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007 HANEKRAAI Nr 2 / April 2007 Nuusbrief van die Tradisionele Boeremusiekklub van SA. Kontakadres : T B K van SA, Posbus 48865, Hercules. 0030. Musiekverspreier - Sias Erasmus,Tel [012] 379 1745/083 948 2987

More information

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING 6 AUGUSTUS 2018 1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN DRINGENDE RAADSVERGADERING GEHOU OP MAANDAG, 6 AUGUSTUS 2018 OM 11:00 IN DIE MUNISIPALE

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

INSKRYWINGSVORM

INSKRYWINGSVORM INSKRYWINGSVORM - 2016 VOLTOOI MET 'N SWART PEN ASSEBLIEF HET U ENIGE LEERDERS TANS/VOORHEEN IN HIERDIE SKOOL? Ja Nee Naam van Sentrum/Tutor : Graad : LEERDERINLIGTING LEERDER Geboortedatum: Nasionaliteit:

More information

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR 1 HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE 1. Getrou

More information

Beplanning en spaar vir u aftrede verg persoonlike dissipline en kennis. Alhoewel u as n lid van die Universiteit van

Beplanning en spaar vir u aftrede verg persoonlike dissipline en kennis. Alhoewel u as n lid van die Universiteit van Universiteit van Stellenbosch Aftredefonds NUUSBRIEF Maart 2011 Volume 17 1. Beleggingsprestasie: 7. Voordeelstate soos op 31 Desember 2. Toewysing van bydraes tot die fonds 8. Hoe om n vals e-pos te herken

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek nr : 4761/1998 In die aansoek van: JACOMINA ELIZABETH SCHEEPERS Applikante en DIE VOORSITTER VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES

More information

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA PUBLISHED BY AUTHORITY OFFICIAL GAZETTE EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG R0,30 Wednesday I November 1989 WINDHOEK Woensdag I November

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN Reporteerbaar: YES/NO Van belang vir ander Regters: YES/NO Sirkuleer na Landdroste: YES/NO In die saak tussen:- Saak Nr. : 1540/2016

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information