10/2017 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

Size: px
Start display at page:

Download "10/2017 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING"

Transcription

1 10/2017 Liewe Ouers In die deurmekaarste, gejaagde dag kom n mens soms op n blom af wat jou onverwags met skoonheid en geur oorrompel sodat jy vir n oomblik of twee moet talm om die wonder daarvan in te neem en die prag daarvan te waardeer, voordat jy weer verder hardloop met die take, dinge en stof van die alledaagse. Ons almal kry gereeld op whatsappboodskappe en facebook-plakkaatjies die raad om die dag aan te gryp en tyd te neem om die rose se geur te waardeer. Die vraag ontstaan: Hoe sal mens weet wanneer jy die spreekwoordelike rose van die lewe teëkom? Ek ontvang in die harwar van die besige eerste kwartaal n oproep wat my so effens in my spore stuit en die spreekwoordelike roos laat geniet - n graadagt-mamma wat graag met my wil gesels. Hierdie oproep het gesorg vir die heerlikste geur en kleur denkbaar! Die mamma se ouers kuier in Pretoria uit die Kaap, hulle albei was hier in Menlo op skool en het mekaar hier ontmoet. Hulle kleindogter is tans in graad 8 en die trotse grootouers wil graag n paar foto s, saam met haar (indien moontlik), hier op die Menlo-kampus kom neem. n Grootoog graadaggie loer kort voor lank om die hoek: Het my ouma-hulle Juffrou toe in die hande gekry? n Pragtige Menlo-kind met oë vol deernis. Oupa en ouma het inderdaad toe opgedaag - Grietha Dirkse van Schalkwyk en Frik van Niekerk het mekaar hier op Menlobodem ontmoet, 53 jaar gelede toe albei in standerd 7 (graad 9) was. Hulle was die eerste groep standerd sesse (graad 8 s) wat by Menlo begin skoolgaan het en matriek voltooi het - die skooldrag was nog nie eers gefinaliseer nie! Tannie Grietha onthou nog die dag in graad 9 toe sy by die huis ingestap en aangekondig het: Daar het vandag n nuwe seun by die skool ingeskryf... ek dink ek gaan met hom trou. Vandag is hulle 45 jaar getroud en die sprankel is steeds opsigtelik. Dit is vir hulle so lekker om te kan sê dat hulle kleindogter die trotse Menlo-tradisie kom voortsit! Wanneer n mens so deur die skool stap, is daar baie dinge wat verander het, maar die gevoel en die gees is nog dieselfde. Dit is n gees eie aan Menlo. Hierdie skool is net anders en doen nog steeds ongelooflik goed. Dit is nou maar net hoe dit was van die begin af. Van ons jare af al was hierdie net n besondere skool. Oom Frik wys trots die foto van hulle rugbyspan die eerste eersterugbyspan van Die Hoërskool Menlopark! Mnr. Reynders kom skud blad en gesels met ons twee besoekers en hulle kleindogter. Hulle is dankbaar dat die Skoolhoof n mens darem nie meer so bang maak soos in 1967 nie dalk het die aanstap in jare ook iets daarmee te make! Hierdie is nie n unieke storie nie, baie van daardie matriekgroep is nog steeds betrokke by die skool. Menlo was nog altyd n plek waar sielsgenote mekaar gevind het en lewenslange vriendskappe gevorm is. Wat n heerlike meevallertjie om hierdie pragtige Menlo-paartjie te ontmoet wat met soveel trots en liefde vir ons skool oorborrel. Ek weet hierdie roos loop jy nie elke dag raak nie - daar is moeite gedoen om die heerlike geur en kleur van Menlo met ons te kom deel. Ek stap terug kantoor toe en is dankbaar vir die oomblik wat ek kon stop om hierdie roos te waardeer. HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

2 24/03 Tennis: Senior Seuns GN-liga 25/03 Tuksreeks: Rugby, Hokkie, Netbal Kwartfinaal (LC de Villiers) 27/03 Koor: Soirée (Saal, 18:30) 28/03 Tennis: Junior Dogters GN-liga Hokkiedogters: Liga vs AHM (tuis) 29/03 Netbal: Vriendskaplik vs Helpmekaar (tuis) Rugby: o/16a-toernooi (Paarl Gim) 30/03 Tennis: Junior Seuns GN-liga Hokkiedogters: o/14a-toernooi (Cornwall Hill) Rugby: o/15a-toernooi (Paarl Boys High) 31/03 Hokkieseuns: o/14-toernooi (Westville) Hokkieseuns: o/16b Menlo-toernooi (tuis) Hokkieseuns en dogters: o/14b, o/15b en o/18b (Tuks-kliniek) Rugby: o/14a Kwagga Rugbyweek (Outeniqua) Rugby: Laerskoletoernooi (tuis) Skool sluit 11:00 19/04 Koor: Tres Scholarum (Saal, 19:00) 20/04 Koor: Tres Scholarum (Saal, 19:00) 03/05 MENLO-OPEDAG LET WEL: Ons versoek ouers vriendelik om leerders nie op 31/03 vroeër uit die skool te neem nie. n Volledige akademiese program (in die besonder vir graad 12 in Afrikaans, Engels en Wiskunde) word gevolg tot om 11:00. Kom bid saam elke Donderdagoggend van ± 07:30 af in die sitkamer van die koshuis. Ma's wat Psalm 31:20, 21, 24, 25 (Ou vertaling) Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders! U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in n hut vir die twis van tonge. Julle moet die Here liefhê, al sy gunsgenote! Wees sterk en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag. HERMERKE: MATRIEKS 2016 Ons is baie trots om te kan berig dat die hermerkuitslae n addisionele 21 A-simbole vir ons Matrieks van 2016 opgelewer het! In totaal was daar 34 simboolveranderings en die volgende vakke het verdere A s ryker geword: Afrikaans: 3, English HL: 3, English FAL: 9, Geografie: 2, Rekeningkunde: 2, Ekonomie: 1 en Besigheidstudies: 1 Absolut asemrowende akademiese resultate vir ons 2016-graad 12 s wat 767 A s in totaal verower het! Maak gerus n draai by die Menlo-ontvangs tydens skoolure vir die uitslae van die hermerke. ABSOLUT AFRIKAANS Die ATKV Centurion vier hierdie jaar sy kwarteeuverjaarsdag en as deel van die vieringe vereer hulle toppresteerders in Afrikaans by Tshwaneskole deur n PPS - Prestige Prestasie Skouerband as mnr./mej. Afrikaans. Vlasta Kaffka (graad 10), Mariané Oberholster (graad 11), Nelis Daniels (graad 11) en Michàel van Schalkwyk (graad 12) is onlangs tydens n funksie by Audi Menlyn aangewys as die trotse draers van die titels na afloop van puik prestasies in Afrikaans! Die kort en die lank van die kompetisie word deur onse Michàel (matriek toppresteerder) en Ntuthuzela Kopo (graad 4-toppresteerder in Lyttelton Primary) letterlik geïllustreer op die foto hiernaas saam met Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion Leiersforum.

3 Die Tuksreeks sorg vir opwindende aksie op die sportveld en die afgelope naweek het ons kragte gemeet teen Hoërskool Kempton Park. Dit was vir Die Hoërskool Menlopark n voorreg om as gasheer op te tree vir n dag vol wonderlike wintersport. HOKKIE Die hokkie het reeds Vrydagmiddag afgeslaan en die naweek is afgerond op Saterdagmiddag. Menlo-hokkie het die besoekers uitoorlê op ons astro toe daar tydens 11 hokkiewedstryde (o/14 tot o/18 seuns en meisies) 87 doele aangeteken is en slegs een doel afgestaan! Die tellings was soos volg (met Menlo se telling elke keer eerste genoem): Meisies: o/14a: 4-0; o/14b: 8-0; o/15a: 3-0; o/15b: 7-0; o/16a: 12-0; o/16b: 7-0; 2de span: 8-0; 1ste span: 8-0 Seuns: o/14a: 10-1; o/16a: 9-0;1 1ste span: 11-0 NETBAL Harde netbalwedstryde is gespeel en al die spanne het voluit gewerk. Die volgende spoggerige tellings is aangeteken (met Menlo se telling elke keer eerste genoem): o/14a: 22-7; o/14b: 4-20; o/15a: 29-29; o/15b: 18-10; o/16a: 32-17; o/16b: 29-18; o/17a: 25-8; o/17b: 27-6; o/18a: en o/18b: RUGBY Ons rugbyspanne verskaf die kersie op die koek vir n baie suksesvolle naweek en benewens die warm weersomstandighede het elke seun sy beste gegee om die volgende tellings aan te teken: o/14a: 68-0 (Menlo druk 10 drieë); o/14b (Menlo druk 3 drieë en Kempton druk 2); o/15a: 50-5 (Menlo druk 8 drieë en Kempton druk 1 drie); o/15b: 68-0 (Menlo druk 10 drieë); o/16a: 48-5 (Menlo druk 8 drieë en Kempton druk 1 drie); o/16b: 12-5 (Menlo druk 2 drieë en Kempton druk 1 drie); 2de span: (Menlo druk 3 drieë, Kempton druk 2) 1ste span: (Menlo druk 3 drieë, Kempton druk 1) TENNIS Menlo-tennis slaan af in hierdie reeks met wedstryde teen Eldoraigne. So n kragmeting in die Tuksreeks bestaan uit 8 enkels, 4 dubbels en 4 gemengde wedstryde. As die verdedigende kampioene, wen beide ons senior- en juniorspanne oortuigend in hulle 16 wedstryde. Baie geluk met spoggerige vertonings! Die res van die reeks word beslis vanaf April in Pretoria.

4 LEWENSREDDING Dehanke van Rensburg (graad 10) is n kranige swemmer wat nie skroom om by die diepkant in te duik nie. Sy het onlangs aan Noordwes Lewensredding se provinsiale kampioenskappe by Buffelspoortdam deelgeneem en n ongelooflike vyf eersteplekke behaal in die o/15-ouderdomsgroep! DRIEKAMP Ons ken reeds vir Kyra Hempel in graad 12 as n matrikulant met n missie - of sy nou staatmaak op haar fietswiele of draftekkies (of albei), sy draf en trap dié driekamp-prestasie met mening los! Op 25 Februarie het sy aan die SA Xterra kampioenskappe in Grabouw in die Wes-Kaap deelgeneem (driekamp met n bergfiets en veldwedloop) en eindig 3de in haar ouderdomsgroep (18-19 jaar) en in die algehele 11de plek vir vroue. Selfs die SA Driekamp-kampioenskappe wat by Aldam in die Vrystaat gehou is, kon haar nie keer nie en sy eindig 8ste in Suid- Afrika en 9de in Afrika in haar ouderdomsgroep (18-19 jaar). Absolut atleet van formaat! Twee graad 11-leerders, Matthew Penning en Cobus van der Schyff, wat nie net die hoogste in hokkie nastreef nie, maar ook die diepste, blink uit in onderwaterhokkie en is pas gekies vir die SA o/19-span wat in Australië gaan deelneem aan die UWH Worlds 2017 (wêreldkampioenskappe vir onderwaterhokkie wat elke 2 jaar plaasvind). Hierdie twee leerders se paadjie na groen en goud het verlede jaar begin by die Junior Nasionale kampioenskappe waar hulle albei vir die o/19 Gauteng Noord span ingeduik het. Hierna het hulle deelgeneem aan verskillende oefenkampe en proewe om hulle fiksheids en vaardigheidsvlakke te toets. Die finale proewe het vanaf 9-11 Maart in Durban tydens die Junior Nasionale kampioenskappe plaasgevind waar Cobus as kaptein en Matthew as onderkaptein die Gauteng Noord span verteenwoordig het. Baie geluk en sterkte aan hierdie Menlo-manne wat as deel van die o/19 Protea-span die water gaan toets in Australië! Die perdesportdeelnemers het verlede naweek tydens n spanbounaweek, mekaar beter leer ken - te oordeel aan die foto s lyk dit of hierdie naweek sommer hope pret vir almal was en n reuse sukses! Amor le Roux en Mieke de Beer het ook aan die Onderstepoort-uithourit deelgeneem. Amor het die 80km baie kompeterend aangepak en behaal n 3de plek in die juniorklas. Mieke het die 60km-trapleer gery ( n nie-kompeterende afdeling), wat sy suksesvol afgelê het. Uithouritte word beskou as n moeilike toets vir deursettingsvermoë waar die vasbyt van beide die ruiter en die perd onder uitdagende omstandighede getoets word. Baie geluk aan hierdie uithouers!

5 Die Gauteng Noord kampioenskappe het die afgelope naweek gedien as finale proewe vir die span wat aan Atletiek Suid- Afrika se Juniorkampioenskappe gaan deelneem vanaf 7 tot 9 April in die Groenpuntstadion in Kaapstad. Baie geluk aan die volgende Menlo-atlete wat met topprestasies hulle plekke in dié span verdien: Stephan Kruger, Nicola van der Merwe, Marlie Viljoen, Tunet Trumpie, Ivana Venn, Chanté Ferreira, Hannes Janse van Rensburg, Wian Nel, Paul Roos en Eric van der Walt. Die Gautengspan wat aan die SA Skole kampioenskappe in Durban gaan deelneem is ook aangekondig en ons spog trots met die volgende spanlede: Janie Blignaut, Belinda Janse van Rensburg, Nicola van der Merwe, Marlie Viljoen, Tunet Trumpie, Reynhard Strauss, Ethan van den Berg, Markus Kotzee, Stefan Maritz, Stephan Kruger, Eric van der Walt, Jansen Viljoen en Wian Nel. Op Vrydagmiddag 17 Maart het die Parkieraad se Geboue- en terreinkomitee (en vriende) die strepe in die vierkant oorgeverf. Dit was groot pret en selfs oom Hannes was beïndruk met hoe netjies en presies die jongklomp dié projek voltooi het. Heelwat toeskouers het met die verloop van die middag kom inloer en een van die aggies het van hom laat hoor met: Hoe kom n mens van sulke goed by die skool te hore... dit lyk so lekker! Welgedaan aan elkeen wat n kosbare Vrydagmiddag opgeoffer het om elke graad se aantreespasie tydens vierkantsopening te verseker. Izelle Verster, matrikulant van 2012, is sedert haar skooldae n hokkiespeler van formaat. Sy streef steeds haar passie na en het pas Suid-Afrika verteenwoordig in die seniorvrouespan wat twee weke gelede teen Engeland meegeding het. Baie geluk Izelle - ons is steeds trots op jou!

6 Buying or Selling a property Rawson Faerie Glen BERTIE LOMBARD Bertie.lombard@rawson.co.za Looking to Rent / To Let your Property Contact Rawson Faerie Glen

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018 THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018 V a n m y k a n t a f... Van my kant af 2 Snuffels redaksie 3 Met die Balkie 3 Highlight Photo 3 Bonnievale Netbal 4 Snuffels Redaksie: Redakteur: JP

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE Weekbrief 12/2014

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! Newsletter 17/2017 26 October 2017 Dear Parents VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS A sad fact about teaching is that we must say goodbye to learners who grew close to us.

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

14/2016 Schalk Reynders HOOF

14/2016 Schalk Reynders HOOF 14/2016 Liewe Ouers Aan die einde van die Tuks Skolereeks kan ons net n oomblik asem skep voordat ons normale ligas begin. Baie geluk aan ons leerlinge en afrigters wat uitsonderlik presteer het in dié

More information

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem. 4 Augustus 2017 Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem. Ons is baie trots om te sê dat Juanique Cloete (onder 14), Randy Monsthiwagae

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren- www.ahmp.co.za Familie-oorlog -Maroné van Veijeren- Vir n verwonderde laerskooldogtertjie op Opedag klink die nuwe wêreld van hoërskool soos n idilliese eilandvakansiewegbreek. Die ontnugtering is groot

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP Privaatskool Private School 2006 2017 Prospect House, Morkelstraat, Somerset-Wes. 7130 www.vergezicht.co.za Ek kan! I can! Die Inkpot Beste ouers, Oktober 2017 Ons is binne-in n wonderlike lentemaand en

More information

Die jaar se kaskar was

Die jaar se kaskar was LAERSKOOL VOORPOS TEL: (02) 332 2534 FAKS: (02) 332 3055 Junie 208 Cunninghamlaan 354 Waverley Pretoria 086 Dit was 'n... Kathleen Taljaard Vava Voom Kaskar Die jaar se kaskar was weer fenominaal. Die

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

19/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

19/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING 19/2018 Liewe Ouers Die gewoonte om so nou en dan rem te trap, spoed te verminder en die enjin af te skakel, het eeue gelede ontstaan. Pelgrims moes vir lang tye wegbly van die werk af om hulle pelgrimstogte

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens Foto: Quinton Lourens Lané du Plessis Ons skoolhoof, mnr. Andries Johannes (Jas) Hansen het sy loopbaan by Hoërskool Piet Potgieter begin as n doodgewone geskiedenisonderwyser, maar hy het nooit besef

More information

bedel. Dis mos waarvoor jy vriendinne het - om jou warm te hou tydens Kode Blou! Selfs UJ was effe afgewater as gevolg van die weervoorspelling

bedel. Dis mos waarvoor jy vriendinne het - om jou warm te hou tydens Kode Blou! Selfs UJ was effe afgewater as gevolg van die weervoorspelling www.ahmp.co.za BLOUDRUK BLOUDRUK Kwartaal een tuimel jou soos n tsoenami. Naderhand weet jy nie meer watter kant toe nie. Die graad 11 s en 12 s word op dag een al spartelend by die diep kant ingegooi.

More information

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD HOËRSKOOL DURBANVILLE SEDERT 1827 UITGAWE 8/2018 Uit die Kantoor Geagte ouers Die afgelope paar weke was weer vol aktiwiteite. Die sportseisoen is vir die meeste spanne op n einde dit is nog net hier en

More information

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. 1 2 3 Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. Lot 1 Stoet ooi. Dragtig van 14-067. Puik teel ooi. 4 Lot 2 Stoet ooi. Dragtig van 14-067 Lot 3 Stoet ooi. Dragtig

More information

1/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

1/2018 HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING 1/2018 Liewe Ouers Die paar korrels seesand wat onverwags uit ʼn sak uitval, laat dit voel asof 2017 nog nie heeltemal uitgeskud en afgeskud is nie. Mens raak nie so maklik ontslae van so ʼn geseënde jaar

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne Wintersportspanne het groot hoogtes behaal in vanjaar se seisoen. Quinton Lourens HPP se wintersportspanne het die koue vir n ses geslaan. Die hokkie eerstespan en o/14 rugbyspan is Limpopo kampioene.

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY! HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! Nuusbrief 4/2018 8 Maart 2018 Geagte Ouers VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY! Tydens Maandagoggend se saalbyeenkoms tref dit my soos n weerligstraal dat a.g.v. die

More information

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl. HOËRSKOOL WATERKLOOF L I G G A A M H A R M O N I E S I E L klofiekan V E R S T A N D www.klofies.co.za admin@klofies.co.za UITGAWE 1 2017 Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 Rueben Weiss, Cindy van Bers, Mia

More information

25/02 28/02 Lukas 4:18,19 (Ou vertaling 1933) 01/03 02/03 Die Gauteng Skole Proewe Sweminterhoërs

25/02 28/02 Lukas 4:18,19 (Ou vertaling 1933) 01/03 02/03 Die Gauteng Skole Proewe Sweminterhoërs 6/2017 Liewe Ouers n Wyse ou man het gesê dat n mens nie die diepte van die water met albei voete toets nie. Hierdie teorie word soms tog op die proef gestel hier by die skool. Toe ons verlede week saam

More information

Interskole: waar kan ons verbeter?

Interskole: waar kan ons verbeter? September 2018 Bl.3 verenigings Bl.5 Stellenbosch se nuwe goudmyntjie Bl.7 vakkeuse-quiz Bl.8 wat is Finsta? Die kort kwaai enetjie Interskole: waar kan ons verbeter? en spyte van die longverskeurende

More information

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers

HOËRSKOOL INHOUD. Uit die Kantoor UITGAWE 9/2018. Geagte ouers HOËRSKOOL DURBANVILLE SEDERT 1827 UITGAWE 9/2018 Uit die Kantoor Geagte ouers Die jaar is nou regtig in sy laaste stuiptrekkinge. Die graad 12 s se eksamen is verby die halfpadmerk en ons interne eksamen

More information

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne... Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne... Kwartaal 2 Uitgawe 2 Junie 2018 V a n m y k a n t a f... Van my kan af 2 Snuffels redaksie 3 Met die Balkie 3 Highlight Foto 3 Hockey Tour

More information

19/2016. Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking & Skakeling

19/2016. Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking & Skakeling 19/2016 Liewe Ouers Daardie klein swart plastiek skopfietsies was altyd vir my die heel wonderlikste speelding wat n mens vir n kind kon gee. Ek het my keer op keer verwonder aan die spoed, behendigheid

More information

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck WIE IS DIE PAARTJIE VAN DIE KWARTAAL? Lees meer op bl 8... Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Jan van Riebeeck Kloofstraat 129, Kaapstad 8001 Uitgawe

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018 HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018 1. Inleiding En so is nog n genade jaar vir Hoërskool Fichardtpark, sy personeel, leerlinge en ouers verby. n Jaar waarin ons Hemelse Vader ons gedra het en ons

More information

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF Geagte Ouers Aan die einde van hierdie kwartaal kan ons terug kyk na n baie suksesvolle verhaal vir die Hoërskool Bellville. Ek wil graag elke leerder wat vir die skool deelgeneem het, bedank vir hulle

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017 Laerskool Voorpos Saalopening 31 Julie 2017 Opening Dr Joey Fraser hy het dit saam met die Here en vir die Here gedoen. TEMA: STAP SAAM MET GOD Drie meesterbouers het op n dag n katedraal gebou. Iemand

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie

Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie Die PoTTIEKANER Hoërskool Piet Potgieter APRIL 2014 Jaargang 34, Volume 1 Interhoër Glorie! Geloof groter as n Mosterdsaadjie Jana Kirchner In hierdie uitgawe... Waarom Noodhulp? 2 Potties wen R20 000!

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS LAERSKOOL PRIMARY SCHOOL Weyerslaan Telefoon 976 8115 Telephone Weyers Avenue Durbanville 7550 Durbanville 7550 Faks / Fax: 021-975 1706 (Kantoor / office) E-pos / E mail: office@durbieland.com ONTHOU!!!

More information

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016 Bladsy 1 van 8 UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016 Geagte Ouers en Leerders Ek vertrou u almal het n heerlike, welverdiende langnaweek gehad! ORANJE PRINT AND PACKAGING

More information

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop D E U R J O H A N G E Y S E R Op die pad van hoop Professore, dokters, akademici, rektors, filmsterre, sportsterre. Dalk mense wat binnekort Mars toe kan gaan! Die wêreld is konstant aan die verander.

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

Die Hoërskool DF Malan

Die Hoërskool DF Malan Die Hoërskool DF Malan Akademie is ons besigheid Nuusbrief: Junie 2017 Beste DF-Ouers Ons het aan die einde van n bedrywige tweede kwartaal gekom. Op akademiese terrein is daar eksamen geskryf, die wintersporte

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Geagte Ouers / Voogde en Florries Posbus 500, Florida Hills 1716 E-pos: florries@iafrica.com Webwerf: www.florries.co.za Tel: 011 672 5345 / 6 Faks: 011 672 5246 H/v Louis Botha en Havingastraat ENJOY EVERY MOMENT Geagte Ouers / Voogde

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018 Menlo Weekliks Nr. 26 15 Augustus 2018 Geagte Ouers/Voogde, HALFJAARVERSLAG VAN BEHEERLIGGAAM AAN OUERS Met die jaar nou amptelik verby die halfpad merk, doen die beheerliggaam graag verslag van werksaamhede

More information

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018 Stellenberg Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018 IN THIS ISSUE SR-terugblik 6 Junior Ball 13 U/12 Hockey 22 2 Die ysbeer-populasie brei uit Die personeel wat braaf genoeg is, het 22 Junie

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2017 Geagte Ouer Webblad: www.gelofte.co.za Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

Finansies / Finances

Finansies / Finances Finansies / Finances Tans ondervind ons dat daar n groot getal ouers is, wat nie hulle maandelikse verpligting t.o.v. skoolgeld teenoor die skool nakom nie. Dit bring mee dat daar elke maand n al hoe groter

More information

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2 Bladsy 1. Boodskap van die Hoof 2 2. Prosedure vir inskrywing 2 3. Geskiedenis van die skool 3 Ontstaan Skoolwapen Skoolvlag Skoollied Drie geslagte Bellvilliete Legendes van weleer 4. Akademie 8 Vakke

More information

dat dit nie anders kon as om n sukses te wees nie.

dat dit nie anders kon as om n sukses te wees nie. 17/2015 Liewe Ouers Wat n voorreg om na die lang wintervakansie by Die Hoërskool Menlopark in te stap, en met die heerlike warmte van weersiens omarm te word! Kinders kom gee drukkies en glimlagte strek

More information

Rubriek vir skeppende werk

Rubriek vir skeppende werk Meyer van Rensburg J. W. du Plessis Heilna du Plooy G.A. Jooste Gedig Gedigte Mmamodidi Die reëls van die spel 129 130 132 144 Rubriek vir skeppende werk Met die afdeiing Litera tree ons toe tot die mark

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD P1 / FOREWORD P4 / PROJECTS Closer look at our current projects P10 / PEOPLE P15 / CONGRATULATIONS We show off our happy new parents BKMAIL IS004 NOVEMBER 2015 HME FILLING STATION: SISHEN SISHEN SkORPION

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

Daar s n tsoenami op pad. bl. 2. PRG se son verrys in die Ooste

Daar s n tsoenami op pad. bl. 2. PRG se son verrys in die Ooste Concipio 260 Editions Daar s n tsoenami op pad. bl. 2 Uitgawe/Issue 266 Jaargang XIII 15 Mei 2015 PRG se son verrys in die Ooste Wenners van die O/18 Sanix World Youth Rugby Tournament in Fukuoka Foto:

More information

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese Meneer die President, dames en here, dit is vir my inderdaad 'n besondere voorreg qm vandag saam met u hier te verkeer. Ek

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer:

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Geagte Ouers / Voogde en Florries Jaargang 15 Nuusbrief 24 4 September 2014 Posbus 500, Florida Hills 1716 E-pos: florries@iafrica.com Webwerf: www.florries.co.za Tel: 011 672 5345 / 6 Faks: 011 672 5246 H/v Louis Botha en Havingastraat

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Pretoria Brief 09/09 September 2009 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg n stukkie uit die geskiedenis van een van die bekendste hotelle van ou Pretoria. Die European

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd 4 April 2014

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme Departement Bos- en Houtkunde Akademiese programme vir 2018 Magisterprogramme Navrae: Kontakbesonderhede: Departementshoof Departement Bos- en Houtkunde Universiteit van Stellenbosch Privaatsak X1 Matieland

More information

Laerskool KENRIDGE Primary School

Laerskool KENRIDGE Primary School Laerskool KENRIDGE Primary School Van Riebeecklaan / Van Riebeeck Avenue, KENRIDGE, 7550 Tel: 021 976 3046/7 Fax/Faks: 021 975 1312 www.kenridgeprimary.co.za Every child Every chance Every day Elke kind

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 GOEIE VRYDAG Wanneer u hierdie uitgawe ter hand neem, is Goeie Vrydag al verby en is ons midde-in die Paasnaweek. Hierdie naweek is die

More information