Laerskool KENRIDGE Primary School

Size: px
Start display at page:

Download "Laerskool KENRIDGE Primary School"

Transcription

1 Laerskool KENRIDGE Primary School Van Riebeecklaan / Van Riebeeck Avenue, KENRIDGE, 7550 Tel: /7 Fax/Faks: Every child Every chance Every day Elke kind Elke kans Elke dag Wonke umntwana Lonke ixesha Yonke imihla 22 Junie 2018 Geagte Ouers Carol Dweck het die volgende stelling gemaak: The passion for stretching yourself and sticking to it, even (or especially) when it s not going well, is the hallmark of the Growth Mindset. Tydens Groeiweek het ons geleer om die Flop te Flip deur te leer uit ons foute en nie ander daarvoor te blameer nie. Ons leerders is aangemoedig om aan te hou probeer en om hulself gedurig uit te daag, om sodoende persoonlike groei te verseker. Dit is wonderlik om soveel leerders te sien wat die avontuur om te groei met soveel entoesiasme aanpak en wat leer om die vaardighede in hulle daaglikse lewens toe te pas. DIE VERSKEIE DEPARTEMENTE WAS WEEREENS HIERDIE KWARTAAL BEDRYWIG EN DIE GRAADHOOFDE GEE GRAAG DIE VOLGENDE TERUGVOER: GRAAD EEN: Ons Graad Eens het n baie opwindende tweede kwartaal beleef. Ons leerders het meer selfvertroue, bloot omdat die skoolomgewing nou bekend is en aanpassingsprobleme uit die weg geruim is. Ons kan nou almal lees, somme doen en gemaklik gesels oor onderwerpe. Ons rekenaarvaardighede is opgeskerp en ons copy en paste nou met selfvertroue. Ons was op n wonderlike uitstappie na Rosen Castle en het elke oomblik daarvan geniet. Hier het ons geleer om sake in die bank te doen, n hyser met gemak te gebruik en hoe om die Weerberig op TV aan te bied. Ons het ook onsself Master Chef gehou en ons eie koekies gemaak. Die veearts se besoek was ook baie interessant. Die hoogtepunt was om met ons eie trollies deur Checkers te loop en ons eie kruideniersware te koop. Ons almal het die geleentheid gekry om die kasregister te beman en om die kruideniersware in sakke te pak. Wat n heerlike dag! Ons het gedurende Groei-week ons eie boontjies geplant, waar groei suksesvol plaasgevind het en ons van die ontkiemingsproses geleer het.

2 Ons het die boontjies in sakkies geplant en in die gang gehang waar hulle genoeg lig, water en liefde ontvang het. Ons sien uit na die aktiwiteite en uitdagings van die derde kwartaal. GRAAD TWEE: Die Graad Twees het hierdie kwartaal terug in tyd gereis na Antieke Egipte. Ons het onder andere geleer van ons kontinent Afrika, kamele, farao s, piramiedes en mummifisering. Ons reis deur Egipte is afgesluit met Egiptedag gedurende die laaste week van die kwartaal. Hierdie opwindende dag was weereens n groot sukses, te danke aan ons ongelooflike Graad Twee ouers. Ons het kougombreine in Graad Twee. Dit beteken ons het n groei denkwyse. Ons het deurlopend deur die kwartaal geleer. n Hoogtepunt was die Mr Grass Heads wat ons tydens die Groeiweek gemaak het, wat ons persoonlike groei gesimboliseer het. GRAAD DRIE: Hierdie kwartaal het die Graad Dries die wonderlike wêreld van insekte ontdek en bestudeer. Ons het kennis gemaak met die vreemdste en grillerigste gogga s op aarde! Ons was ook bevoorreg om Butterfly World te besoek altyd n hoogtepunt op ons kalender. Tydens Groei-week het ons hope pret gehad. Ons het saadjies geplant, blare op ons groei-boom gaan plak, Flip-flop dag gehad en uiteindelik GROEI met ons civviesdrag uitgebeeld. Ons het ook heelwat klasbesprekings rondom Groei gehad en gepaste take voltooi.

3 GRAAD VIER: Die Graad Vier leerders het n opwindende en leersame kwartaal agter die rug. Ons het gaan kamp by die Bergkroon kampterrein in Wellington en die leerders het hulle eerste eksamen geskryf. Die Graad Viers het ook n baie interessante Groeiweek gehad, waarin hulle geleer het om die woorde, NOG NIE, n regmatige plek in hulle lewens te gee. Ons het die kwartaal afgesluit met die opwindende Afrikaanse Dag wat deur mev. Bornman vir ons gereël is. GRAAD VYF: Gedurende die afgelope kwartaal het die leerders hard gewerk ter voorbereiding van die Graad 5-eksamen. Tussendeur het ons die Dorpsmuseum besoek, met tandestokkies en Jellytots 3Dvorms verder verken, toebroodjies in die EAT-klasse gemaak en gedurende boelie bewustheidsweek is daar klem gelê op die verskillende maniere om afknouery te hanteer. Gedurende Groeiweek is baie leersame pretaktiwiteite en denkveranderende lesse aangebied. Die kwartaal is afgesluit met Wiskundedag waar ons bewys het dat uitdagende wiskundige aktiwiteite baie pret kan wees!

4 GRAAD SES: Die tweede kwartaal was beslis uitdagend as gevolg van al die openbare vakansiedae asook die eksamen aan die einde van die kwartaal. Die Graad 6-leerders het egter n hele paar geleenthede gehad wat hulle kon aangryp. 26 van ons leerders het gekwalifiseer vir die finale rondte van die AMESA Wiskunde-kompetisie wat in die derde kwartaal sal plaasvind. Ons is ook baie trots op Ayize Nondo wat gesamentlik die tweede plek behaal het in die MNED Spelkompetisie. Lynette Kock (A plus) en Mia Gräbe (A) het deelgeneem aan die Oppie Tong Af kompetisie en het baie goed gevaar. Baie geluk aan hierdie leerders. Groeiweek was n hoogtepunt met al die verskillende aktiwiteite wat die leerders ongelooflik baie geniet het. Ons wens al ons Graad Sesse n welverdiende vakansie toe. GRAAD 7 Die Graad Sewes het n besige kwartaal gehad, nie net wat sport betref nie, maar ook op die gebied van kultuur en die akademie. Ons was baie opgewonde toe ons Graad 7-baadjies op 19 Maart aangekom het, net betyds vir die koue, nat weer. Die leerders wat deelneem aan die musiekblyspel, oefen getrou op Maandae en hulle geniet dit terdeë! Ons prefekte het n suksesvolle Spur-fondsinsameling vir die Matriektee gehou. Dertien Graad Sewes het aan die Wetenskap-Ekspo deelgeneem en hulle het waardevolle ondervinding opgedoen, wat hulle later vanjaar sal gebruik. Die Graad Sewe eksamen is in die saal geskryf, waarna ons met n opwindende Karibiesedag en n wonderlike disko, met n Hollywood-tema, die tweede kwartaal afgesluit het. Ons het dus ons leuse, Whatever it takes! behoorlik uitgeleef.

5 WINTER SPORTSEISOEN Die winter sportseisoen het met sportklinieke afgeskop wat baie goed bygewoon is. Dit was n reuse sukses. Ons het aan ongeveer 18 toernooie in al die sportkodes en ouderdomsgroepe deelgeneem en baie ligawedstryde is gespeel. Ons sportkantoor het hard gewerk om ekstra wedstryde te reël sodat al die spanne n kans gehad het om te speel. Ons landloopatlete het aan vyf ligawedlope deelgeneem. Die skaakspelers het vier vriendskaplike toernooie en vyf ligawedstryde gehad. Ons wens graag die volgende leerders met hul sportprestasies geluk: Catharien Eager en Lucy de Bruyn het gekwalifiseer vir die Durbell Zone Hokkiespan. Van Heerden Pretorius is gekies vir die WP O/13B-skolerugbyspan. Carlie Olckers is gekies vir die Weskaap O/12-netbalspan. Iselle Acker (O/11), Dezanne Fredericks (O/12), Kanya Pieterse en Hannah Gildenhuys (O/13) speel in die Kaapstad Laerskoolspanne. Die Eerste Netbalspan het gekwalifiseer vir die Top Skoletoernooi wat gedurende Julie in Bloemfontein plaasvind. Ons wens hulle geluk met hierdie wonderlike prestasie. KULTUURAKTIWITEITE Op kultuurgebied was ons leerders baie aktief. By die Tygerberg Eisteddfod het beide ons Junior en Senior Kore lof gekry. Baie geluk aan hulle! Dié musiek- en kunsleerders het by die Stellenbosch Eisteddfod uitgeblink: Die strykkwartet (Liela Filippi, Heidi Basson, Christie Janson en Liné van Rensburg) het n trofee ontvang en het ook by die Pryswennerskonsert opgetree. Die kunswerke van vier en twintig leerders is uitgestal en vyf leerders was kategoriewenners. Hulle is: Amy Greef (Gr. 1), Roxie van Heerden (Gr. 2), Nina Senekal (Gr. 3), Elizmari du Plessis

6 (Gr. 3) en Ava Retief (Gr. 5). Elizmari het n trofee vir die Beste Junior Kunswerk ontvang (foto bo). Soleil Greyling, Youkim Kim en Laura-Lee Foye het die oudisies, om deel te neem aan die SAMRO Hubert van der Spuy Musiekkompetisie vir Laerskole, geslaag. Ons wens hulle voorspoed toe met hulle voorbereidings vir die kompetisie. By ons kwartaallikse Kamer- en Klawerbordkonserte het ongeveer 60 leerders hul talente ten toon gestel en ons vermaak met musiekstukke wat hulle die afgelope kwartaal aangeleer het. (Van ons deelnemers verskyn hier saam met die gaskunstenaar, Qden Blaau.) Ons jaarlikse liefdadigheidspretdraf ten bate van Ciska is baie goed ondersteun. Ons is so dankbaar vir n gemeenskap wat omgee en ondersteun. Ons sien daarna uit om met die opbrengs van die pretdraf vir Ciska verder te ondersteun. In die eerste semester van 2018 het ons gesien hoe ons leerders gegroei het. Dankie aan elke ouer en opvoeder wat deel was van hierdie groeiproses. Julle ondersteuning, omgee en opregte belangstelling in elke kind het dit moontlik gemaak. Ons wens u en u kind(ers) n genotvolle vakansie toe en mag dit met baie mooi oomblikke gevul wees. Die uwe S. Smith (Mev.) SKOOLHOOF

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP Privaatskool Private School 2006 2017 Prospect House, Morkelstraat, Somerset-Wes. 7130 www.vergezicht.co.za Ek kan! I can! Die Inkpot Beste ouers, Oktober 2017 Ons is binne-in n wonderlike lentemaand en

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF Geagte Ouers Aan die einde van hierdie kwartaal kan ons terug kyk na n baie suksesvolle verhaal vir die Hoërskool Bellville. Ek wil graag elke leerder wat vir die skool deelgeneem het, bedank vir hulle

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE Weekbrief 12/2014

More information

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem. 4 Augustus 2017 Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem. Ons is baie trots om te sê dat Juanique Cloete (onder 14), Randy Monsthiwagae

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Die Hoërskool DF Malan

Die Hoërskool DF Malan Die Hoërskool DF Malan Akademie is ons besigheid Nuusbrief: Junie 2017 Beste DF-Ouers Ons het aan die einde van n bedrywige tweede kwartaal gekom. Op akademiese terrein is daar eksamen geskryf, die wintersporte

More information

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2017 Geagte Ouer Webblad: www.gelofte.co.za Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys

More information

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD HOËRSKOOL DURBANVILLE SEDERT 1827 UITGAWE 8/2018 Uit die Kantoor Geagte ouers Die afgelope paar weke was weer vol aktiwiteite. Die sportseisoen is vir die meeste spanne op n einde dit is nog net hier en

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018 Stellenberg Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018 IN THIS ISSUE SR-terugblik 6 Junior Ball 13 U/12 Hockey 22 2 Die ysbeer-populasie brei uit Die personeel wat braaf genoeg is, het 22 Junie

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA

EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA met spesifieke verwysing na die Paarl-Vallei Eisteddfod Minette Du Toit-Pearce Hierdie tesis is vir die gedeeltelike voltooïng (50%) van die graad M.Mus (Sang) aan die Departement

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne... Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne... Kwartaal 2 Uitgawe 2 Junie 2018 V a n m y k a n t a f... Van my kan af 2 Snuffels redaksie 3 Met die Balkie 3 Highlight Foto 3 Hockey Tour

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

NASIONALE WENNERS. Toppresteerders Plek behaal Skool Graad Streek

NASIONALE WENNERS. Toppresteerders Plek behaal Skool Graad Streek WISKUNDE-IN-AKSIE 2015 2 NASIONALE WENNERS Toppresteerders Plek behaal Skool Graad Streek Inge Odendaal Eerste Roodekrans Laerskool 7 Johannesburg Jessica Portwig Tweede Jan Celliers Laerskool 7 Johannesburg

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

Stellenberg IN THIS ISSUE TIE. Oklahoma! Krieket. SRC 2019, p. 13. Stellenberg High School Newsletter 7/2018 September 2018

Stellenberg IN THIS ISSUE TIE. Oklahoma! Krieket. SRC 2019, p. 13. Stellenberg High School Newsletter 7/2018 September 2018 Stellenberg Stellenberg High School Newsletter 7/2018 September 2018 IN THIS ISSUE TIE 4 Oklahoma! 7 Krieket 17 SRC 2019, p. 13 2 Universiteit van Pretoria Wiskunde-olimpiade n Paar van ons leerders het

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017

HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017 148 HOëRSKOOL HOPEFIELD JAARVERSLAG 2017 Master of Ceremonies, guests of honour, ladies and gentlemen, boys and girls, it an honour to report on the activities of Hopefield High School for the past year.

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Met die navorsing is daar ondersoek ingestel na die effek van Gestaltspelterapie op die selfbeeld van die leergestremde leerder. In Hoofstuk 1 is

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018 THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018 V a n m y k a n t a f... Van my kant af 2 Snuffels redaksie 3 Met die Balkie 3 Highlight Photo 3 Bonnievale Netbal 4 Snuffels Redaksie: Redakteur: JP

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck WIE IS DIE PAARTJIE VAN DIE KWARTAAL? Lees meer op bl 8... Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Jan van Riebeeck Kloofstraat 129, Kaapstad 8001 Uitgawe

More information

Die jaar se kaskar was

Die jaar se kaskar was LAERSKOOL VOORPOS TEL: (02) 332 2534 FAKS: (02) 332 3055 Junie 208 Cunninghamlaan 354 Waverley Pretoria 086 Dit was 'n... Kathleen Taljaard Vava Voom Kaskar Die jaar se kaskar was weer fenominaal. Die

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018

HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018 HOëRSKOOL FICHARDTPARK JAARVERSLAG 2018 1. Inleiding En so is nog n genade jaar vir Hoërskool Fichardtpark, sy personeel, leerlinge en ouers verby. n Jaar waarin ons Hemelse Vader ons gedra het en ons

More information

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren-

Familie-oorlog. -Maroné van Veijeren- www.ahmp.co.za Familie-oorlog -Maroné van Veijeren- Vir n verwonderde laerskooldogtertjie op Opedag klink die nuwe wêreld van hoërskool soos n idilliese eilandvakansiewegbreek. Die ontnugtering is groot

More information

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck Ons spaar water, bl.4 n Spaar-uitgawe Suidooster spaar papier, bl.7 2018, Uitgawe 1 'n Uitmuntende leuse! Uit die nuuskantoor

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! Newsletter 17/2017 26 October 2017 Dear Parents VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS A sad fact about teaching is that we must say goodbye to learners who grew close to us.

More information

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS LAERSKOOL PRIMARY SCHOOL Weyerslaan Telefoon 976 8115 Telephone Weyers Avenue Durbanville 7550 Durbanville 7550 Faks / Fax: 021-975 1706 (Kantoor / office) E-pos / E mail: office@durbieland.com ONTHOU!!!

More information

Spelling our way to a lot of prizes

Spelling our way to a lot of prizes SEPTEMBER 2018 KWARTAAL 3 TERM Spelling our way to a lot of prizes This year, the annual Spelling Olympiad, had a great build-up! The learners received brain teaser activities in the weeks leading up to

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Online: < http://cnx.org/content/col11024/1.1/ > C O N N E X I O N S Rice

More information

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018 Nuusbrief 41 Vrydag, 1 Desember 2017 www.wouwtjies.co.za Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Revue 2018 -My lewe in 'n FilmLigte... Kamera... Aksie! Terwyl ons nou net

More information

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Skooltasse Ons wil graag die Cadii houertas uitfaseer. Die Cadii tasse se

More information

die ArtKat Jaar program

die ArtKat Jaar program die ArtKat Augustus 2009 Uitgawe 3 van 2009 Liewe Artkat studente en vriende, Die Hanswors, Harlekyn, Pierrot of Fool het nog altyd die verbeelding aangegryp. Kortom skeer hy oënskynlik gek en neem die

More information

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 36/2018 Hierdie is die laaste nuusbrief vir 2018 en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om u n geseënde

More information

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse Narratief en perspektief in Sleuteloog deur Hella Haasse Lana Bakkes Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in die Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

bedel. Dis mos waarvoor jy vriendinne het - om jou warm te hou tydens Kode Blou! Selfs UJ was effe afgewater as gevolg van die weervoorspelling

bedel. Dis mos waarvoor jy vriendinne het - om jou warm te hou tydens Kode Blou! Selfs UJ was effe afgewater as gevolg van die weervoorspelling www.ahmp.co.za BLOUDRUK BLOUDRUK Kwartaal een tuimel jou soos n tsoenami. Naderhand weet jy nie meer watter kant toe nie. Die graad 11 s en 12 s word op dag een al spartelend by die diep kant ingegooi.

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2

Bladsy 1. Boodskap van die Hoof Prosedure vir inskrywing 2 Bladsy 1. Boodskap van die Hoof 2 2. Prosedure vir inskrywing 2 3. Geskiedenis van die skool 3 Ontstaan Skoolwapen Skoolvlag Skoollied Drie geslagte Bellvilliete Legendes van weleer 4. Akademie 8 Vakke

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT JANUARY 2014 IF MY DREAM IS TO BE, IT S UP TO ME Introducing you to 1 st Vice District Governor,Carl and family Carl grew up

More information

Die senior koor van die Primêre

Die senior koor van die Primêre C&N Primêre Meisieskool Oranje, Bloemfontein 1 November 2016 - Volume 5 - Waar elke kwaak tel eur: Liezl Koekemoer ie senior koor van die Primêre Meisieskool Oranje het al baie besonderse dinge gedoen,

More information

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl.

klofiekan Coca Cola Schools T20 Challenge Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 HOËRSKOOL WATERKLOOF Onnie-persoonlikheid Bl.4 Druppels Bl.10 Atletiek Bl. HOËRSKOOL WATERKLOOF L I G G A A M H A R M O N I E S I E L klofiekan V E R S T A N D www.klofies.co.za admin@klofies.co.za UITGAWE 1 2017 Mnr. en Mej. Waterkloof 2017 Rueben Weiss, Cindy van Bers, Mia

More information

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!! GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!! Geagte Ouers 01 Junie 2017 BELANGRIKE DATUMS DATUM GELEENTHEID PLEK/GRAAD 02/06 Prysuitdeling Mini-Netbal

More information

5 Februarie 2018 No. 3 www.genelouw.co.za postmaster @genelouw.co.za Uit die kantoor INSKRYWINGS 2019 Die inskrywings vir volgende jaar open op Maandag 12 Februarie 2018. Leerders wat in ons A-area woon

More information

DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK

DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK DEURLOPENDE FORMATIEWE ASSESSERING IN SKRIFTELIKE STELWERK IN GRAAD 5: N AKSIENAVORSINGSPROJEK MINI-TESIS TER GEDEELTELIKE VERVULLING VAN DIE VEREISTES VIR DIE GRAAD MAGISTER EDUCATIONIS IN DIE FAKULTEIT

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY! HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! Nuusbrief 4/2018 8 Maart 2018 Geagte Ouers VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY! Tydens Maandagoggend se saalbyeenkoms tref dit my soos n weerligstraal dat a.g.v. die

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

e-pukaner Alumni Nuus Afskeidsboodskap van Prof Herman van Schalkwyk NWU-Pukke neem afskeid van Prof Herman

e-pukaner Alumni Nuus Afskeidsboodskap van Prof Herman van Schalkwyk NWU-Pukke neem afskeid van Prof Herman Alumni Nuus NOVEMBER 2015 Afskeidsboodskap van Prof Herman van Schalkwyk NWU versterk samewerking met BRICS-universiteite NWU-Pukke neem afskeid van Prof Herman Inhoudsopgawe Afskeidsboodskap van Prof

More information

Vinkie. Laerskool Fairland

Vinkie. Laerskool Fairland Vinkie Laerskool Fairland Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 25 21 Augustus 2014 ATKV-REDENAARS: NASIONALE KAMPIOEN! Pieter le Roux het op 14 Augustus geskiedenis

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

OUDSKOLIERE-BOND: NUUSBRIEF NO 2 VAN Liewe Hoërskool Strand-Oudskoliere

OUDSKOLIERE-BOND: NUUSBRIEF NO 2 VAN Liewe Hoërskool Strand-Oudskoliere OUDSKOLIERE-BOND: NUUSBRIEF NO 2 VAN 2016 Liewe Hoërskool Strand-Oudskoliere Die jaar stap aan en die OSB het baie om te vertel kry gerus n koppie koffie of gaan sit in die winterson EN geniet die nuusbrief.

More information

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union VERSLAG DEUR DIE SAOU PROFESSIONELE ONDERSTEUNINGSDIENSTE 18 Julie 2011 ANALISE VAN DIE UITSLAE VAN DIE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING

More information

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING NOTULE VAN N BESTUURSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 2 MAART 2017 Opening en verwelkoming: Gebed deur: Carl Greyling TEENWOORDIG: Jan-Willem van Staden Roelf Beukes Susan

More information

ISSN: Geagte Akademielede. Voorwoord. Inhoudsopgawe

ISSN: Geagte Akademielede. Voorwoord. Inhoudsopgawe Voorwoord Geagte Akademielede Pryse en bekronings gedurende 2016 Die trustees van Het Jan Marais-Fonds het op 30 Mei 2015 aangekondig dat die Trust, in vennootskap met Media24 en die Universiteit Stellenbosch,

More information