Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van SA -Noordwes Tak Jaargang 9, uitgawe 3 FAMNEA

Size: px
Start display at page:

Download "Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van SA -Noordwes Tak Jaargang 9, uitgawe 3 FAMNEA"

Transcription

1 Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van SA -Noordwes Tak Jaargang 9, uitgawe 3 FAMNEA Volume 9, number 3 Quarterly of the SA Genealogical Society - North West Branch GLORIA VICTIS deur Simon du Plooy Ter gedachtenis aan de oud studenten en studenten van de INHOUDSOPGAWE Gloria Victis 1 Theologiese School der Gereformeerde Kerk in den oorlog , die hun leven gaven voor Vrijheid en voor Recht KOMdt. Karel David COETZEE KOMdt. Calman Efraim LION- CACHET Jacob Philippus MARÉ Johannes Abraham VENTER Jan Christoffel KRUGER Ons kan voor konings staan n Brokkie geskiedenis uit die Anglo-Boereoorlog Fokus op families: Die Yssels van Elandskuil Distrik, Ventersdorp Genealoog van die jaar 2012: Jan Visagie Toekenning vir uitnemendheid 2010: Rachel Mercia Nepgen Sosiaal 18 Foto geneem deur Cornel van Heerden O p die terrein van die Gereformeerde Kerk se Teologiese skool, half weggesteek in die suidoostelike hoek, staan n beskeie monument in die vorm van n 3.50 m hoё gedenknaald. Die letters op die eenvoudige wit marmersteen is baie verweerd weens jarelange blootstelling aan die elemente, maar by nadere besigtiging is die volgende bewoording leesbaar: Foto geneem deur Cornel van Heerden Besoekers wie geen familiebande met bogenoemde persone het nie, het sekerlik al gewonder wie hulle was en hoe dit gekom het dat die monument met hulle name sy staanplek hier gekry het. Dit is algemeen bekend dat die Teologiese skool aanvanklik op Burgersdorp gesetel was. Na die uit- Agterblad: Familie hiërargie in die Basotho-Kultuur 20 Bydraes vir publikasie: Riglyne 20 breek van die oorlog het die studente vanuit die Boererepublieke huiswaarts gekeer om die wapen te gaan opneem met noodlottige gevolge vir die vyf wie se name op die monument vermeld word. Na die oorlog het die studente weer teruggekeer en die idee het ontstaan om n monument ter nagedagtenis van die gesneuweldes op te rig. Koste is deur hulself, asook gemeenskaplike vriende gedelg. (Vervolg op bladsy 2)

2 GLORIA VICTIS (vervolg vanaf bl. 1) Op is die monument onthul deur Ds. W.J. De Klerk. Die treffende opskrif GLORIA VICTIS was die idee van Prof. Jan Lion- Cachet. Tydens die onthullingsplegtigheid is n lied Gloria VICTIS met woorde deur die jong J.D. Du Toit (Totius) op die wysie van Wilhelmus van Nassau gesing. Prof. F. Postma het die rede gevoer en nadat student H.J.R. Du Plessis die bedankings gedoen het, is met die sing van Ps. 98:4 afgesluit. Maar dit was nie die finale staanplek van die monument nie. Aanvanklik is dit geplaas voor die eerste teologie-gebou op Potchefstroom wat op ingewy is. Dit is egter later verskuif na die huidige posisie - vermoedelik na voltooiing van die kompleks ongeveer n Verkorte lewenskets sal vervolgens gegee word van die studente wat gesneuwel het: KOMMANDANT KAREL D. COETZEE Foto: Boere-Offisiere Karel David Coetzee *Burgersdorp =Burgersdorp Geref. Kerk (Get: Carel David Aucamp, Petrus Jacobus Coetzee, Anna Elizabeth M. Snijman) (S/v Dirk Jacobus Coetzee * Eselshoek + Tolkop, Burgersdorp x Burgersdorp Johanna Alida AUCAMP * distr Albert Olyfenfontein ) x Hester Maria VAN TONDER *Ca 1880 (D/v Henning Willem Jacobus Van Tonder * xx Johanna Adriana Marais * ). Karel was die 2de van 5 kinders uit sy vader se eerste van 3 huwelike waaruit 18 kinders gebore is. Vir Karel en Hester is een kind gebore te wete Dirk Jacobus * = Dewetsdorp wat op tweejarige ouderdom in Springfontein-konsentrasiekamp sterf. Karel David Coetzee *Burgersdorp (Blackie Swart meld in sy publikasie 963 Days at the Junction dat n Dirk Jacobus Coetzee, 2 jaar oud, op sterf). Karel sluit hom by Genl. De Wet se kommando aan en in die begin van 1901, tydens De Wet se reorganisasie, word hy bevorder tot Kommandant vir Wepener en veg onder Asst. Komdt. Piet Fourie. Op was hy deel van die groep wat Groenkop, ook genoem Krismiskop, bestorm het. n Internetbron beskryf die gebeure kortliks as volg: Battle of Groenkop: A memorial monument has been erected on the top of Groenkop situated between Bethlehem and Kestell (40 km from Bethlehem), remembering those (Britishs soldiers) who died during the battle REDAKSIE Esther Visser-Stieger (Redaktrise) Stephan Botha Elmarie Weyers Sonja vd Westhuizen (Bladuitleg) VANAF DIE REDAKSIE ERRATUM Ons wil hiermee 'n regstelling doen en verskoning maak dat ons in ons vorige FAMNEA-uitgawe per abuis die verkeerde foto geplaas het by Ferdie Jansen se bekendstelling van hom en sy gesin. Ons plaas vervolgens nou 'n foto van die eintlike Jansen-gesin. Die foto is op hul oudste kind se huweliksplegtigheid in 2004 in die Paarl geneem: V.l.n.r. Johannes Jansen, Elise Jansen, Frederik Jansen, Ferdie Jansen en Wynand Jansen: Kopiereg outeurs van FAMNEA-artikels: Lesers moet nodige erkenning aan outeurs, sowel as FAMNEA gee indien artikels of gedeeltes daarvan gebruik word. (Redaksie) Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 2

3 Monument te Groenkop ter ere van Britse gesneuweldes. (Foto e-ggsa) on 25 December Major Williams with 550 men, most of them from the 11th Battalion, Imperial Yeomanry, a 15-pounder gun and a pompom were positioned at the top of the 61m. high Groenkop. And as one British prisoner of war stated after, some of their Boer captors were so short on clothing that they were wearing women s clothing. But despite their attire, the Boers defeated the British soldiers after climbing Groenkop barefoot at 02:00 on Christmas morning The Boers fired shots down into the tents of the sleeping British soldiers camped at the foot of the hill, reigning down a massacre which lasted for 40 minutes before the British surrendered. sterfdag is dus Dit stem ooreen met Malan se datum in sy publikasie Boereoffisiere. Sy S/k word onderteken deur Hester M. Coetsee en hy laat na bates van minder as 75, maar wel n versekeringspolis van 300. (Polis No van South- African Mutual Co.). Hulle gesamentlike testament is onderteken op Die egpaar was toe woonagtig op Rosebank in die Wyk Morokka, distrik Bloemfontein. Volgens die inventaris was die ander bates: 1 Koei en kalf: 15; elk = 25; elk = ; ; Totaal: (Later is Goats bygeskryf). Volgens n nota in die boedeldokumente het die egpaar een kind gehad wat oorlede is voor haar eggenoot volgens n beëdigde verklaring deur Hester Maria voor Jean Francois von Idekkinge (Resident Magistraat van Thaba Nchu) gedateer n Hertrou-sertifikaat is vir haar uitgereik op CALMAN EFRAIM LION-CACHET. Groenkop se ligging Groenkop is geleë op die koördinate S: 28 18'42.08" en O: 28 41'40.49" tussen Bethlehem en Kestel. Na die oorgawe van Genl. Prinsloo in die Brandwaterkom word Coetzee kaptein van die sogenaamde Vliegende Korpse soos die vinnige patrollies genoem is. Hulle tree op in die Suid-Vrystaat en Noord-Kaapland. Hy sneuwel a.g.v n skoot deur sy hoof in n geveg met Kleurling spioene, maar daar is nie eenstemmigheid oor die plek en datum van sy dood nie. Volgens die Geref. Kerk Venterstad se Eeufeesalbum was dit op te Paardefontein, distrik Bloemfontein, maar volgens Malan se Boereoffisiere sneuwel hy op by Rooikop naby Dewetsdorp. In die Geref. Kerke se eeufeesgedenkboek My Erfenis is vir my mooi: word die voorval kortliks soos volg beskryf: Kommandant Coetzee het op die dag van wapenstilstand met sy kommando huis toe gery. Hulle het gemeen dat alles veilig is. Skielik het n klomp Hottentotsoldate op hulle begin vuur. Hy is dodelik getref. Volgens sy sterfkennis was sy ouderdom met oorlye 30 jr 1mnd en 23dae en sy berekende Calman Lion-Cachet Foto TAB 3090 Calman Efraim was die derde kind en tweede seun van Prof. Jan Lion Cachet * xx 1877 Catharina Viljoen * en is hy gebore te Philipstown op ~ Philipstown Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 3

4 In n versoekskrif gedateer aan die Kaapse Hoofregter vra hy dat sy erfenis van uit sy oorlede moeder se boedel aan hom uitbetaal moet word. As rede voer hy aan dat hy reeds meer as drie jaar te Steynsburg as klerk in die besigheid van Anne Francoise van Rooy (weduwee van Johannes Cornelis van Rooy) werksaam was. Sy salaris by J.C. van Rooy - Direct Importers and General Dealer was aanvanklik per maand maar later Gedurende die tydperk het hy homself onderhou en apart gewoon van sy vader wat in Burgersdorp woonagtig was. Hy het fondse benodig om n General Dealer and Importer besigheid op Reddersburg te begin waar daar goeie moontlikhede vir n besigheid van die aard was. Die res van die versoekskrif word gewy aan die kontantvloei vooruitskattings en terugbetalings en sluit af met die versoek om as meerderjarige verklaar te word. As minderjarige is hy deur sy vader bygestaan. Die aansoek was vergesel van n verklaring deur A.C. van Rooy beëdig voor A. Postma, Justice of the Peace. Steynsburg. Verdere verklarings in sy guns is ook ingedien deur ene Francois Samuel Hoskin en Edward Barnard. Die aansoek is ook aanbeveel deur Landdros William Hare van Steynsburg. Met die uitbreek van die oorlog sluit hy hom aan by die kommando van Genl. Kritzinger. Hy was n dapper vegter en ontvang eervolle vermelding vir sy optrede in n geveg naby Lady Grey. Dit is nie bekend wanneer hy tot kommandant bevorder is nie. Op word hy op die plaas Ruiterskraal tussen Venterstad en Steynsburg ernstig bokant sy regteroog gewond en sterf dieselfde aand. Hy is op Steynsburg langs sy moeder begrawe. Dit is duidelik dat Calman nie n teologiese student aan die Teologiese skool was nie. Hy was waarskynlik n skolier aangesien daar in die beginjare wel leerlinge ingeneem is. Dit, asook sy vader se verbintenis met die skool as dosent en rektor het die oprigters waarskynlik die besluit laat neem om ook sy naam op die monument in Potchefstroom te plaas. Tydens die 1938 Voortrekkergedenktrek het Ruyterskraal ook besoek van een van die waens ontvang deurdat die Louis Trichardt op weg van Steynsburg na Venterstad daar aangedoen het. Die plek waar Cachet deur n verdwaalde ONDERSTEUN ONS BORG! koeёl neergevel is, was deur n paar los klippe aangedui. Die trekgeselskap het op die dag, , n eenvoudige maar stewige monumentjie van klippe uit die omgewing gestapel om die plek aan te dui. (In 1967 is n monument vir hom opgerig op die plek waar hy geskiet is). Monument ligging te Steynsburg Sy sterfkennis is op 23 Augustus 1901 te Burgersdorp onderteken en hiervolgens was hy ongetroud, 23 ½ jaar oud en n Shopkeeper woonagtig te Reddersburg. Verdere inligting meld dat hy wel n testament gehad het maar dat dit nog nie opgespoor kon word nie. Die testament is wel later opgespoor. Dit is onderteken te Steynsburg op met getuies A. J. Liebenberg en A. Postma en sy vader was die enigste begunstigde uit sy boedel. Sy besittings was In this Colony moveable property, In the OR Colony both moveable and immovable property. Roerende bates was None all destroyed no compensation received en vaste bates n halwe aandeel van erf 18 in Reddersburg, gewaardeer teen 225 deur die waardeerder Hans Christiaan Dessels. Die erfbeskrywing was Corner of Postma- and Church streets, village of Reddersburg, registered in the name of Lion-Cachet and Co formerly of Reddersburg of which firm deceased was a partner Elders word die erf se volle waarde aangetoon as 450. Dit sluit aan by Malan se Die Boereoffisiere wat meld dat hy na sy skoolloopbaan en voor die uitbreek van die oorlog n vennoot in n meubelwinkel te Reddersburg saam met sy oom Jan(sic.) Lion-Cachet was. Later het sy vader n gedig ter herinnering aan hom geskryf en in die Vrystaatse argief is n lêer gevind waarin P. Postma, skenker van die dokument, in sy begeleidende briefie meld dat hy die gedig van wyle Ds. Hammersma gekry het Soos u sien uit die aantekening wat hy gemaak het is die gedig deur wyle Prof. Cachet, vader van die gesneuwelde gemaak en deur hom oorhandig aan Ds. Hamersma. Ds. Hamersma skryf op sy beurt op aan Postma: Toen Prof. Cachet my het gedicht reciteerde luidde de eerste regel: Lag de jongeling by zyn moeder Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 4

5 Die gedig het later ook in die Het Studentenblad verskyn. Herinnering 13 Aug 1901 Laat hem rusten langs zijn moeder, Wind hem in die Oranjevaan, Nu hy goed en bloed en leven Voor zyn volk heft prysgegeven En sy taak is afgedaan. Omdat Engeland had besloten Mens te verven bloedig rood D Afrikaanse groene velden, Vloot hat bloed van onze helden, Stierf ook hy den vroegen dood. Tvl. (Volgens A.V. Oosthuizen se Rebelle van die Stormberge is hy op Potchefstroom begrawe wat n wanopvatting is. Die skrywer het waarskynlik aanvaar dat hy by die monument begrawe is). n Interessante brokkie is dat n halfsuster aan vaderskant, Susara Margaretha, blykbaar Sarie van die bekende volksliedjie Sarie Marais was. Haar eggenoot Jacobus Toerien het die liriek geskryf en dit het n gewilde Suid-Afrikaanse volksliedjie op die wysie van die Amerikaanse lied Ellie Rhee geword. n Verdere interessante familieskakeling is dat nog n suster, Elizabeth Johanna Deborah ca * later getroud is met Petrus Lion-Cachet *ca S/v Jan Lion Cachet x Catharina Viljoen, die ouers van Calman Lion-Cachet wie se naam direk bokant sy naam op die monument verskyn. Derhalwe 2 persone met indirekte familiebande wat mekaar waarskynlik nie in die hoedanigheid geken het nie maar wie se name op een monument verskyn gesterf vir dieselfde ideaal. Toe de roepstem klonk Te wapen! Greep de jonglin naar t geweer, Zag me steeds zyn strydros draven, Gaan hy viel op t veld van eer. Den verwinnaar ridderkruisen, Goud en schatten heerschappy, Den verwonnene tot looning, Waar zyn goed en trouwbetooning Ruste aan zyn moeders zy JOHANNES ABRAHAM VENTER Johannes Abraham (ook bekend as John) Venter was die oudste van 7 kinders van Diederik Johannes Venter * en tweede eggenote Susanna Sophia Kruger (wed. Coetzee) * Hy is gebore op en word gedoop in die Geref Kerk Bethulie op (Getuies: Jan Hendrik van der Merwe en Johanna Catharina van der Merwe; Magiel Hendrik Kruger en Catharina Jacomina Elizabeth Venter). JACOB PHILIPPUS MARÉ Jacob Philippus MARÉ, was die sesde kind van Jacob Philippus Maré * Machadosorp maar die derde uit sy huwelik met Johanna Catharina Louisa (Hannie) SCHABORT (wed. van Jan Christoffel Bosman hy het spoorloos verdwyn * ). Jacob Philippus snr. was n Voortrekker uit die Nuweveld, Beaufort (Wes) met Jacob De Klerk se geselskap in Hy woon eers in die Heidelberg-omgewing waar hy ook Volksraadlid was, maar verhuis omstreeks 1890 na Middelburg in die ZAR. Hy was bekend as n standvastige en vrome kerkman. Hoe en onder welke omstandighede sy seun Jacob gesneuwel het kon nie vasgestel word nie. Volgens sy S/k is hy in die distrik Machadodorp oorlede terwyl De Klerk in n publikasie oor die Geref. Kerk se gesneuweldes meld dat hy op die plaas Zuikerboschkop, Dullstroom sneuwel. Jacob se suster Lily Maré bygestaan deur sy swaer J.P. Toerien onderteken sy S/k op te Heidelberg Fotos van die wabrug oor die Oranjerivier by Bethulie nadat die Bethulie kommando die brug opgeblaas het (Foto verskaf deur Trudie Venter) John sneuwel op op 20-jarige ouderdom naby Bethulie op die wabrug oor die Oranjerivier. Die latere Komdt. A. Griesel van Bethulie beskryf hom soos volg: n jong man van ongeveer 22 jaar, gematrikuleerd, veel belowend en wat nog verder wou studeer. Johnnie was dieselfde man wat saam met hulle uitgekruip het naby die brug en wie se geweer soveel rook gemaak het dat Grobbelaar hom gevra het om nie te skiet nie. Hy is op die plaas Driefontein, hulle famileplaas begrawe, maar word later op 20 Januarie 1906 op Bethulie herbegrawe. Hy word ook op die Burgermonument van Fauresmith herdenk. Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 5

6 Behalwe die individuele graf is daar in die Bethuliekerkhof ook n monument vir Vrystaatse en Bethulieburgers wat tydens ABO II gesterf het. Hierdie monument is deur genl. J.B.M.Hertzog op 20 Januarie 1906 onthul. Behalwe Venter verskyn die volgende name ook daarop: J.J. de Wet; A.C. de Villiers; L. Coetzer; J.(L.) Vosloo; H. Verster; (J.) H. Viljoen; A.(J.) Roux; P.(H.) Van Vrede; W.(P.) Grobbelaar; C.J. Roelofse. Gloria Victis The glory of the vanquished ROEMRYKE OORWINNING Die inhuldiging van die monument het saamgeval met die inwyding van die gerestoureerde N.G. Kerk waarvan die toring onder andere vervang is. n Herbegrafnis van vier burgers wat tydens die oorlog gesneuwel het, het ook plaasgevind. Die plegtigheid is deur bykans 1000 familielede en belangstellendes bygewoon. Die oorskot is in een kis geplaas en het voor die kansel gestaan. Daarna is na die kerkhof beweeg waar n sierlike grafsteen of monument gewag het. Verskeie draers en 28 meisies in wit geklee met blommekranse was deel van die stoet. Slegs drie name van diegene wat herbegrawe is word genoem, naamlik Roux, Van Vrede en Venter met die vierde persoon wat onbekend was. n Lys van burgersterftes by die Oorlogmuseum, asook A.V. Oosthuizen se Rebelle in die Stormberge meld dat hy in Potchefstroom (her) begrawe is, maar dit is foutief soos bostaande onteenseglik bewys. Na die oorlog het sy ouers Argentinië toe getrek waar sy vader op te Chubut oorlede is. JAN CHRISTOFFEL KRUGER Jan Christoffel Kruger *Venterstad ~Geref. Kerk Venterstad (Kruger-register gee doopdatum foutief as ) (Get: Jan Christoffel Kruger en Johanna Margaretha Kruger Hy was die sewende kind van Gert Hendrik Jacobus Kruger *Colesberg Steynsburg 1923 en Hester Anna neé Kruger *1845 +ca Hy was 'n student van die Burgersdorpse Teologiese skool en lid van Kmdt. Van Reenen se kommando. Weens sy plek van herkoms (Venterstad) en verblyf (Burgersdorp) tydens die uitbreek van die oorlog was hy n Kaapse burger en derhalwe n rebel. Hy sneuwel te Ruigtevlei, Steynsburg tydens 'n geveg met die Britse magte. Volgens sy sterfkennis was die oorsaak van sy dood Killed in action. A.V. Oosthuizen in Rebelle van die Stormberge sowel as Barry Kruger in die Krugergeslagregister meld dat hy te Potchefstroom begrawe is, maar dit is foutief aangesien hy in Steynsburg begrawe is. In sy boedel is die bedrag van in kontant nagelaat. You live as long as you are remembered. -- Russian proverb BRONNE Foto geneem deur Cornel van Heerden De KLERK, W.J De Gesneuvelden en Gestorvenen van de Gereformeerde Kerken in Zuid-Afrika gedurende den oorlog (N.D. van den Heyden). HEESE, J.A. & LOMBARD R.T.J Suid-Afrikaanse Geslagsregisters Deel 5: L-M. Stellenbosch: Genealogiese Instituut van SA. HEESE, J.A. & Medewerkers Suid-Afrikaanse Geslagsregisters Deel 10: Roo-Schn. Uitgegee deur die Genealogiese Instituut van SA. KRUGER, B Die Krugerfamilie in SA (CD - Eerste Uitgawe). MALAN, J Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog, (J.P. van der Walt ) MOSTERT, D Gedenkboek van die Ossewaens op die Pad van Suid-Afrika. Eeufees Uitgegee deur die ATKV. OOSTHUIZEN A.V. in samewerking met die Aliwal- Noordmuseum Rebelle van die Stormberge - Tweede Vryheidsoorlog (J.P. van der Walt, Pretoria. Tweede druk). SWANEPOEL, R. Okt 2011: Pretoria Nuusbrief. SWART, B Days at the Junction A documented history of Springfontein during the Anglo-Boer War (Privately Printed). VAN DER VYFER, G.C.P My Erfenis is vir my mooi.- Gedenkboek by die Eeufees van die Teologiese Skool van die Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 6

7 Gereformeerde Kerke in SA. Uitgegee deur die Kalvyn Jubileum Boekefonds (Potchefstroom Herald). VELDKAMP-VISSER, GROESBEEK I. & ZöLLNER L Coetzee Familie in SA (Ongepubliseerde Manuskrip - RGN). VENTER J.D. & KRUGER V.R. Familie-Album van die Geref. Kerk Venterstad oor 100 Jaar (Kerkraad Geref. Gemeente Venterstad). VENTER, T Bethulie en die ABO.(Privaat uitgegee). VILJOEN, H.C Die Viljoen Familie Register (RGN 1978). VISAGIE, J.C Voortrekkerstamouers Tweede uitgawe, Tweede druk (Protea boekhuis). DOOP EN HUWELIKSREGISTERS: Burgersdorp Geref. Kerk - Doopregister Burgersdorp Geref. Kerk Huwelikregister. Philipstown Geref. Kerk Doopregister. Venterstad Geref. Kerk Doopregister. ARGIEFDOKUMENTE: KAB: CSC KAB: MOOC 6/9/ TAB: Foto versameling 3090 VAB: MHG C1251 VAB: MHG C 961 VAB: A: VAB: MHG C1321 KAARTE: MAPS & TRAVEL: Padatlas ISBN PERSOONLIKE MEDEDELINGS: VENTER, B. Inligting uit databasis. WESSELS, E. Inligting uit databasis. WEBWERF: ( ) "There is no king who has not had a slave among his ancestors, and no slave who has not had a king among his." -- Helen Keller ONS KAN VOOR KONINGS STAAN Amelia Nasorgsentrum benoem na leerling SUMMARY deur Elmarie Weyers Buildings and institutions are usually named after prominent people due to their contribution and or role in society. This is actually not the case in Amelia Aftercare Centre in Potchefstroom. This institution for mentally handicapped adults is named after Amelia Alice (Poppie) van Wyk, a former student. Despite her disability, she embodied the motto of this institution: We can stand before kings. The old residents of Potchefstroom will always remember her as the girl on the red bicycle who was loved by all. D ie gebruik in Suid-Afrika is om geboue en fasiliteite na bekende persone te benoem. Dit is gewoonlik vanweë hul posisie in die samelewing (die hofgebou in Potchefstroom is vernoem na Minister Louis le Grange), hul bydrae tot die instelling (E.S. le Grange Skool is vernoem na Elizabeth Susanna (Bessie) le Grange (nee Raats) een van die stigterslede van die Skool) en of hul pretasie (die sportstadion in Potchefstroom is vernoem na die eertydse Olimpiese Marathon-atleet, Kenneth Kane McArthur). Dit was egter nie die geval met Amelia Nasorgsentrum vir verstandelik gestremde volwassenes in Potchefstroom nie. Die sentrum is vernoem na een van hul beminde leerlinge wat, ten spyte van haar gestremdheid, die leuse van die sentrum uitgeleef het: Ons (ek) kan voor konings kon staan. WIE WAS AMELIA Mej. Amelia Alice van Wyk was n leerling in 'n senior klas van E.S. Le Grange-sentrum vir verstandelik gestremde kinders. Toe die Departement van Nasionale Opvoeding in 1975 bepaal het dat leerlinge, wat skoolverlaat-ouderdom bereik het, nie verder in E.S. le Grange-sentrum geakkommodeer sou kon word nie, moes daar dringend na 'n heenkome vir die leerlinge gesoek word. Amelia se klasonderwyseres, mev. Mostert, het onmiddellik die inisiatief geneem en 'n groepie, bekend as die Vriende van Amelia gestig. Die groepie is na Amelia vernoem omdat sy op 34-jarige ouderdom die oudste leerling in die senior klas was. In Mei 1976 is daar besluit om 'n werkswinkel, wat voortgesette opleiding en werksgeleenthede aan volwasse intellektueel gestremdes sou verskaf, in 'n plaashuis op die ou Vyfhoek-skoolterrein net Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 7

8 buite Potchefstroom tot stand te bring. Die werkswinkel het aanvanklik geen staatshulp ontvang nie en was hoofsaaklik van skenkings afhanklik. EERSTE SOOIE WORD GESPIT Die Nasorgsentrum sou later onder die destydse Departement van Gesondheid en Volkswelsyn ressorteer. Op 11 Mei 1989, op die 14de verjaarsdag van die Nasorgsentrum, is die eerste sooi vir nuwe werkswinkels en wooneenhede op 'n terrein langs die E.S. Le Grange-sentrum (Richardsonstraat, Potchefstroom) gespit. Die eerste fase van die projek is in November 1992 voltooi. Die destydse Stadsraad van Potchefstroom (tans bekend as Tlokwe Stadsraad) het die lening van R1 miljoen rand geborg. Amelia is later as klashulp by die E.S. Le Grangesentrum aangestel. Op veertigjarige ouderdom het sy afgetree. AMELIA EN HAAR ROOI FIETS Op haar rooi fiets was Amelia van Wyk 'n bekende gesig in Potchefstroom. Sy het die dorp vol gery om inkopies te doen, briewe te pos en rekeninge vir haar vriende te betaal. Almal in Potchefstroom het haar geken as Poppie. Dit was volgens haar jongste broer Benjamin (Bennie) 'n naam wat sy aan haarself gegee het. Poppie was die oudste van drie kinders en is op 1 Julie 1941 te Port Alfred uit die huwelik van Johannes Mattheus (Hans) van Wyk (*Distrik Bethlehem 1913? Adelaide ? Begrawe Springs) en Coral Daphne (noemnaam was Daphne) Hittler (* Durban Boksburg ) gebore. Haar twee broers was Willem Paul (Billy) van Wyk * (getroud met Susanna Weideman) en Benjamin George (Bennie) Van Wyk * (getroud met Maria C. van Zyl). Kyk verkorte stamlyn van Amelia vir meer inligting. Haar pa, Johannes Mattheus van Wyk het hom by die Graaff-Reinet Onderwyskollege as onderwyser bekwaam. In die tydperk het hy tuisgegaan by Eerw. Blignaut, die skoonpa van die bekende Afrikaanse skrywer, Audrey Blignaut. Hy was later egter 'n landdros in Nigel en ook in Adelaide. Volgens Bennie het sy ma, Daphne hul verlaat toe Poppie slegs sewe, Willem vyf en hy drie jaar oud was. Coral Hittler is vir 'n tweede keer getroud met Charles David Quinn (oorlede in 1975). Sy sou eers weer haar opwagting in 2001 met die viering van Poppie se 60ste verjaarsdag in Potchefstroom maak. By hierdie geleentheid was die eerste keer dat Amelia weer persoonlike kontak met haar eie moeder gehad het. Na haar pa in 1948 van Coral Daphne Hittler geskei is, het hy in Nigel in 1955 in die huwelik getree met Maria Susanna (Joan) Tempelhoff (* Potchefstroom ) (weduwee van Paul Smidt). Uit die huwelik is die volgende kind gebore: 1. Anneliese Catharina VAN WYK (*Adelaide X 1981 Johannes Petrus BEUKES. Geskei Uit laasgenoemde huwelik is twee seuns, naamlik Johan (*Potchefstroom ) en Renier (*Potchefstroom ) gebore. Na Johannes Mattheus van Wyk se afsterwe, het Joan weer in 1964 te Potchefstroom in die huwelik met die Potchefstromer, Harry Fuller getree. Poppie het by hulle in Potchefstroom gebly tot die afsterwe van haar stiefmoeder, Joan. SO WORD AMELIA ONTHOU Na die afsterwe van Joan (1986), het Amelia se halwe suster (Anneliese Beukes) haar aan huis geneem. Anneliese onthou haar soos volg: Vir my was Poppie gedurende my kinderjare 'n sussie wat Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 8

9 enige iets kon doen en van almal iets geweet het. My grootste bederf was dat sy elke koue wintersaand vir my 'n warm watersak gemaak het en dan by my gelê het totdat ek as klein dogtertjie aan die slaap geraak het, terwyl sy vir my stories uit die Kinderbybel gelees het. As enkelma het sy baie ondersteuning aan my gebied met die grootmaak van my twee seuns. Poppie het vir 13 jaar by Anneliese gewoon waarna sy, weens haar diabetiese siektetoestand en vir ekstra versorging op 24 Junie 1999 na Huis Anna Viljoen in Potchefstroom oorgeplaas is. Gedurende die drie jaar in Huis Anna Viljoen het sy baie nuwe vriende gemaak en was sy bemind onder almal. Sy het naweke by Anneliese en die twee seuns gaan kuier. Johan Beukes, oudste seun van Anneliese Beukes, deel met deernis sy herinneringe aan Amelia met die leser. Wanneer dit by Poppie kom, is daar so baie om te vertel! Poppie het n reuse rol gespeel in ons grootmaakproses. Sy was nie net ons beste vriend nie, maar ook ons held! Sy het ons bederf met die lekkerste lekkernye en alhoewel sy n diabeet was, het sy n lekker soettand gehad. Poppie was n groot ondersteuner van atletiek en het gereeld vir my en my broer op haar fiets na atletiekbyeenkomste in Potchefstroom geneem. Sy was ook die een wat ons leer fietsry het en was altyd so kwaad as ons wiele pap was. Gelukkig het sy altyd 'patch and solution' gehad om ons fietswiele mee reg te maak. Hy vertel verder: In ons kinder-oë kon Poppie alles doen. Poppie was ook vreeslik goed met name en sy sou iemand een keer ontmoet en hom altyd onthou. Poppie het ook altyd seker gemaak dat ek en my broer alle versamelings bymekaar maak. Ek onthou so goed dat Engen in 1995, net na die Lion King-film, n versameling van albasters uitgegee het met al die Lion King-karakters daarop. Die kinders by die skool was so jaloers, want ek en my broer het, danksy Poppie, die hele versameling gehad. In die winter het ons altyd warm slaapsokkies gehad met die mooiste tossels. Poppie kon vreeslik mooi brei en ongelukkig moes sy elke jaar nuwe sokkies brei omdat ons so vinnig gegroei het. As daar een eienskap van Poppie uitstaan, is dit die feit dat sy altyd wou bederf. Sy sou haarself heel laaste plaas om n glimlag op iemand anders se gesig te sien! Sy word oneindig baie gemis, maar ons hou n warm plekkie in ons harte vir haar. WAT JY WAAR KRY? Amelia is op 30 November 2002 in die Kalie de Haas Hospitaal te Potchefstroom oorlede met die laaste woorde op haar lippe: "Wat jy waar kry?" Op 4 Desember 2002 is sy in die Potchefstroomse Begraafplaas (E4/86) begrawe. TEN SLOTTE Die nagedagtenis van Amelia (Poppie) van Wyk leef voort in Amelia nasorgsentrum tans die tuiste van nagenoeg 130 verstandelik gestremde volwassenes vanuit Potchefstroom en omgewing. AMELIA SE VERKORTE STAMLYN Stamvader: Roelof Adriansz VAN WYK *Nederland C Stellenbosch Okt X Nederland Trijntje JANS(Z) b6c8d6e3f12 Willem Petrus VAN WYK * ~Winburg "Muldersvlei", distrik Bethlehem X Winburg Anna Maria KOEKEMOER *OVS Aug "Mooihoek, distrik Lindley g3 Johannes Mattheus VAN WYK * , boer "Mooihoek", Distrik Bethlehem. Begrawe Paul Roux Begraafplaas X NG Kerk Senekal Anna Johanna VAN NIEKERK van "Nieuwejaarsfontein", distrik Winburg *OVS "Mooihoek", Distrik Bethlehem (d.v. Izak Andries van Niekerk en Johanna van der Watt). Beide sy en haar kind is na bewering in die konsentrasiekamp oorlede. NOTA: Johannes Mattheus van Wyk was 24 jaar oud toe hy tydens die Anglo-Boereoorlog op op Lindley gevange geneem is. In die register van die deurgangskamp, Tin Town te Ladysmith word Johannes Matheus van Wyk as krygsgevangene nr aangedui. Hy is as krygsgevangene met die skip, Ranee na die Diyatalawa Kamp te Ceylon gestuur, waar hy in hut 20 gehuisves is. Krygsgevangenes is aanvanklik eers na St. Helena gestuur. Nadat die kampe daar te oorvol geraak het, is krygsgevangenes vanaf Augustus 1900 na Ceylon gestuur. As een van vyf kampe aldaar, was Diyatalawa die grootste met 4000 krygsgevangenes. Genealogy is like playing hide and seek: They hide... I seek! - - Unknown Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 9

10 h1 Anna Johanna VAN WYK * ~ NG Kerk Lindley XX Anna Catharina ROOS * Begrawe Paul Roux Begraafplaas. h2 Jacoba Elizabeth VAN WYK * ~NG Kerk Lindley h3 Willem Petrus VAN WYK * ~ NG Kerk Lindley X Paul Roux Anna Johanna Maria WILLIAMS *Distrik Paul Roux Pongola h4 Frans Paul VAN WYK * Begrawe te Lindley X Christina Adriana VENTER * Begrawe Lindley h5 Anna Maria VAN WYK h6 Johannes Mattheus (Hans) VAN WYK *Distrik Bethlehem ~NG Kerk Lindley Adelaide Begrawe Springs X Coral Daphne HITTLER *Durban Boksburg Veras. Geskei c.a.1948 (sy trou later met Charles David QUINN +1975). XX Nigel 1955 Maria Susanna (Joan) TEMPELHOFF (wed. van Paul Smidt) * Potchefstroom Joan trou na Johannes se afsterwe met Harry FULLER. KINDERS UIT EERSTE HUWELIK i1 Amelia Alice VAN WYK (ID )*Port Alfred Potchefstroom (ongetroud) i2 Willem Paul VAN WYK * X Durban Susanna (Susan) WEIDEMAN *Johannesburg j1 Johannes Mattheus VAN WYK j2 Maria Hendrina VAN WYK i3 Benjamin George VAN WYK * X Krugersdorp Maria C. (Rina) VAN ZYL *Johannesburg j1 Willem Petrus VAN WYK j2 Reinet VAN WYK KIND UIT EERSTE HUWELIK i4 Anneliese Catharina VAN WYK (*Adelaide X 1981 Johannes Petrus BEUKES. Geskei j1 Johan BEUKES *Potchefstroom J2 Renier BEUKES *Potchefstroom h7 Anna Catharina VAN WYK h8 Abraham Christoffel VAN WYK BIBLIOGRAFIE Anglo Boer War Museum Prisoners of war. Datum van gebruik: 7 Mei ANON. sj. Stam lyst van Johannes Mattheus van Wyk (handgskrewe) [e-pos: vanwykrina5@gmail.com]. 16 Mei 2012, Potchefstroom. ANON Poppie het baie vriende. Potchefstroom Herald. 5, 7 Apr. ANON Amelia kry nuwe gebou. Potchefstroom Herald. 8, 5 Sep. ANON Grafsteen [E4/86]: Amelia Alice van Wyk. Potchefstroomse Begraafplaas. Beukes, A Amelia van Wyk (biografiese inligting) [epos: anneliese.beukes@nwu.ac.za]. 9 Mei, Potchefstroom. GISA (Genealogiese Instituut van Suid-Afrika) Van Wijk/Van Wyk. (In Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, 16:471 53). Groesbeek, I Van Wyk-geslagsregister [e-pos: isabelg@mweb.co.za]. 12 Mei, Potchefstroom. SAVF (Suid-Afrika Vroue Federasie) Huis Anna Viljoen Opname-sertifikaat: Amelia van Wyk. 26 Jun., Potchefstroom. Suid-Afrika. Departement van Binnelandse Sake Geboortesertifikaat (verw. c ): Amelia Alice van Wyk. 5 Mrt., Potchefstroom. Van Niekerk, B Amelia van Wyk (persoonlike onderhoud). 2 Mei, Potchefstroom. Van Wyk, B.G Amelia van Wyk: lewensbeskrywing [e -pos: vanwykrina5@gmail.com]. 7 Mei, Potchefstroom. Van Wyk, B.G Amelia van Wyk: lewensbeskrywing en foto s *e-pos: vanwykrina5@gmail.com]. 16 Mei, Potchefstroom. Wees Ma, as jy nog hande het sal jy my weer vashou en as jy nog lippe het sal jy my rowe soen ag, Ma, ás jy nog n lyf het sal jy my weer baar dat ek met n klap op die boud uit volle bors kan skree - - Kobus Lombard Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 10

11 n BROKKIE GESKIEDENIS UIT DIE ANGLO- BOEREOORLOG Deur Pieter Hendrik Potgieter (a12b1c7d7e1f6g1h5i4) D ie stukkie geskiedenis wat ek hier probeer weergee, is gebeure uit die Anglo-Boereoorlog soos deur my Vader, Pieter Hendrik Potgieter onthou is. In 1970, toe vader reeds 75 jaar oud was, het ek n gesprek met hom gevoer en sy vertellings van gebeure tydens die Anglo-Boereoorlog op n kasset opgeneem. Graag deel ek hierdie verhaal, oor die ontberinge wat my Ouma en haar kinders gedurende die Anglo- Boereoorlog moes deurmaak, met julle. My Oupa Frederik Johannes (Vaal Fritz) Potgieter * , was die oudste van elf kinders van Johannes Hermanus Jacobus (Jan Rooiwal) Potgieter en Elsie Magdalena Adriana Kritzinger wat op die plaas Roodewal, distrik Alexandria geboer het. (4) Martha Johanna vroeg oorlede (5) Pieter Hendrik * (My vader) (6) Frederika Johanna (Frikkie) * 1897 My Vader Pieter Hendrik Potgieter vertel dat Oupa Frederik en Ouma Martha met beeste, skape en perde geboer het op die plaas Tweepunt naby Wonderkop-Stasie in die distrik Kroonstad. Oupa wat ook n transportryer was se wa en osse, waarop Oupa en n vriend van hom was, het op n dag voor n trein beland. Volgens oorlewering was die liggaam van Oupa se vriend so erg vermink dat dit wat van hom oorgebly het, Oupa in sy nekdoek bymekaar gemaak het. Oupa kon nooit oor die grusame dood van sy vriend kom nie en dit het daartoe gelei dat hy hierna aanvalle van vallende siekte begin kry het. Kort voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog is Oupa Frederik in Febuarie 1899 op die plaas Tweepunt oorlede na n aanval van vallende siekte terwyl hy besig was om turksvye agter die kraalmuur te pluk. My Ouma Martha Johanna de Necker (Hansie) * , was die vierde van dertien kinders van Pieter Hendrik de Necker en Martha Johanna Raubenheimer wat op die plaas Pampoenkloof in die Swellendam-distrik geboer en later verhuis het na die plaas Populierbos in die Ventersburgdistrik Uit die huwelik van Oupa Frederik en Ouma Martha is ses kinders gebore:- (1) Johannes Hermanus Jacobus (Jan) * (2) Elsie Magdalena Adriana (Ellie) * (3) Adriana Josina gebore * Kraalmuur waar Oupa Vaal Fritz Potgieter doodgeskiet is In dieselfde jaar het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek. Toe die Engelse Kroonstad inneem het Ouma Martha se twee bywoners Oom Koos Menson en Oom Dolf de Necker hulle by die Engelse magte op Kroonstad aangesluit om hulle deur die Vrystaat te lei. Die eerste groot kolon Engelse wat van Kroonstad na Bethlehem getrek het, het die eerste aand op Ouma se plaas Tweepunt oornag. Die waens en ruiters het by die huis en teen die bult laer getrek terwyl die Skotte met die orkes by die boonste dam aan die suidekant laer opgeslaan het. Die volgende oggend het hulle alles verwoes, selfs Ouma se ganse is op die dam doodgeskiet, al die bome is afgekap en het die bult vol gelê. Vader onthou hoe die skape in die kraal, deur die Engelse met bajonette doodgekap is en hoe die bloed in n stroom by die kraalhek uitgeloop het. Die volgende dag het hulle nog lewendige skape onder die hoop dooie skape uitgehaal. Vader het self n bajonet wat in die Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 11

12 slagting gebruik is, in die kraal opgetel. Die bajonet is steeds in die familie. Die tweede kolon Engelse wat van Kroonstad na Bethelehem getrek het, het vroue en kinders gevange geneem en na die konsentrasiekampe geneem. Toe Ouma verneem dat die Engelse in aantog is, het sy twee plaaswerkers die wa laat inspan en alles wat sy kon daarop gelaai en hulle na Oom Jannie Prins se plaas Plesierfontein aan die Valsrivier gestuur. Vader se broer Jan wat toe 10 jaar oud was en n swartman het met die beeste saam met die wa getrek. Toe Ouma verneem dat die Engelse op Nuweputsfontein is het sy en haar vyf kinders met die kar en perde gevlug. Hulle het aan die Valsrivier op Plesierfontein in die bosse geskuil totdat die gevaar verby was. In die tyd het Ouma die onstellende nuus ontvang dat haar woonhuis op Tweepunt afgebrand is. Later het sy verneem dat n Joiner by name Klein Karool Botha, wat aan haar bekend was, haar huis afgebrand het. Ouma het met die kinders van Plesierfontein na Pietersdeel, naby waar Steynsrus vandag is, gevlug. Vandaar was hulle pal op die vlug voor die Engelse terwyl Vader se broer Jan en die swartman voortdurend met die beeste gevlug het. By tant Hannie Wolmarans se plaas Makawaanstad, was die Engelse kort op hulle hakke. Net bokant die huis by die hek moes Oom Jan en die swartman die beeste los en gaan skuiling soek want die Engelse was op hulle. Daar voor die hek het die Engelse al die beeste doodgeskiet. Onder omstandighede van soms bittere koue het Ouma haar kroos gevoed en versorg terwyl sy gedurig op die vlug was en deur die Oos-Vrystaatse distrikte van Petrussteyn, Reitz, Bethlehem en verskeie kere deur Lindley getrek het. In die dorp Lindley was al die huise en selfs die Kerk afgebrand. Met die laaste vrouelaer wat deur die Engelse vernietig is, is al die osse voor die waens doodgeskiet en die waens verbrand. Die vrouens en kinders het egter wonderbaarlik met kar en perde van die Engelse ontvlug, hulle was egter sonder kos gestrand want daar is aangeneem is dat al die waens en osse vernietig was. Laat daardie middag het daar iets wonderlik en onverstaanbaar gebeur toe vier osse het op hul eie, sonder drywer of touleier, daar opgedaag met die wa, bekend as die blikwa, waarop die kos en meel was. As gevolg van hierdie gebeurtenis, wat deur die vroue as n wonderwerk beskryf is, het almal daardie aand kos gehad om te eet. Hierdie was n uiters gevaarlike tyd vir die vroue en kinders wat nog op die plase was. n Sekere Generaal Brett het met n mag van 800 swart troepe in spelonke in die berge by Bethelehem geskuil vanwaar hulle strooptogte op die plase uitgevoer het en veral jag gemaak het op vroue. Een van Brett se luitenante was ene Stuart wat snags strooptogte uitgevoer en vroue aangeval het. n Kleurling wat n skrikbewind gevoer het en talle vroue verkrag en vermoor het, is later deur die boere gevange geneem en tereggestel. Kort voordat die vervolging van vroue en kinders gestaak is en terwyl Ouma steeds met haar kinders voor die Engelse gevlug het, het sy ook haar kar en perde verloor. Ouma het die Engelse gewaar en die kar op die plaas van oom Piet Pieters in die distrik Lindley in n populierbos versteek en met takke toegeslaan. n Joiner het egter die kar opgespoor, uit die populierbos gesleep en aan die brand gesteek. Nadat dit vrede geword het, is Ouma met haar kroos van vyf wat sy deur hierdie tyd van swaarkry trou beskerm en versorg het, terug na hul plaas Tweepunt waar net die huis se swartgebrande mure nog sigbaar was. Hul lewe moes letterlik van voor en met niks begin. Ouma Martha trou weer na die oorlog met Gerhardus Petrus (Gert) Pieterse * Uit die huwelik is vyf kinders gebore:- (1) Martha Johanna * ± 1903 (2) Gerhardus jonk oorlede (3) Hendrik * ± 1907 (4) Elizabeth Maria * 1909 (5) Georginia Maria - * 1912 Die egpaar woon later jare op Viljoenskroon waar Ouma Martha oorlede is op en Oupa Gert op Beide grafte is in Viljoenskroon se begraafplaas te sien. Hierdie stukkie geskiedenis wat handel oor die stryd om oorlewing van n moeder en haar kinders gedurende die Anglo-Boereoorlog, illustreer weereens die ontberinge wat ons voorouers gedurende hierdie tyd moes verduur. Die geloof en deursettingvermoë van veral die vroue wat, deur die oorlog met klein kinders en babas, hierdie toestande moes hanteer, laat ons weereens besef dat ons die afstammelinge is van voorouers van edele inbors met n besondere karakter van durf en volharding. Die skrywer, Pieter en sy vrou Sarie Potgieter Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 12

13 FOKUS OP FAMILIES DIE YSSELS VAN ELANDSKUIL DISTRIK VENTERSDORP Deur Susan Schutte (Geb. Yssel ) SUSAN SCHUTTE W yle Sarel Gerhardus Yssel ( ), ons vader, groot- en oorgrootvader, wat ek in die skrywe Oupagroot sal noem, het hom op 21 Augustus 1851 op Elandskuil kom vestig. Oupagroot se vader was Gabriel Ernst Yssel, van Colesberg, later koster van die kerk te Colesberg, en sy moeder was Maria Catharina Nienaber sy vader se derde eggenoot. Oupagroot het grootgeword by Oom Hans Venter, n welgestelde boer. In 1851 het oom Hans en sy broer Jan Adriaan Venter Transvaal toe getrek. Die trek het bestaan uit familie van Hans Venter en Oupagroot as 18-jarige jongman. Die trek het hom in Augustus 1851 bevind op n plaas naby die oog van Schoonspruit. Aan die plaas is die naam Elandskuil gegee omdat in die laagte wat van Doornpan afloop n eland geskiet is. By die bekende koppietjie het die trek halt geroep, omdat dit naby water was wat maklik bereik kon word weens die feit dat daar n oop kol aan die spruit was terwyl sy walle byna orals toegegroei was met fluitjiesriet. Voorts het die koppietjie skuiling gebied, nie alleen teen wind en weer nie, maar ook teen roofdiere wat n gewilde skuiling gevind het in die rietvleie. Dit is toe besluit dat Oupagroot hierdie plaas sou koop, terwyl Oom Hans n ent verder opgetrek het en hom gevestig het op die plek waar Ventersdorp vandag staan en na wie Ventersdorp dan ook vernoem is. Oom Hans het sy broer met sy familie by Oupagroot agtergelaat op Elandskuil. Hier het Oupagroot hom geanker, n hartbeeshuisie opgerig en n nuwe lewe begin. Nadat daar vir behoorlike behuising gesorg is en die nodige voorsiening gemaak is vir n toekomstige gevestigde lewe, het Oupagroot in die huwelik getree met Elsie Lasea Sophia Petronella (laaste naam nie in SAG 14-Bl. 84) Venter ( ? ), dogter van Jan Adriaan Venter(*1795) en Anna Maria Sophia Pretorius (* ). Uit Oupagroot se huwelik met oumagroot Elsie Venter is drie seuns gebore. Die oudste het maar drie maande oud geword. Tant Annie Booyens het vertel dat sy moeder besig was om klere te was langs die spruit. Sy het hom agter haar neergelê terwyl sy besig was om te was. Ongemerk het n hondjie op hom kom lê terwyl sy was en hom versmoor. Wat n tragedie! Oupagroot se tweede seun by ouma Elsie was Jan Adriaan * (Tydens ABO II verban na St Helena) x Susanna Johanna Sophia Dyzel ( ) Die derde seun was Gabriel Ernst * x Susanna Cornelia Emmerentia van Aswegen (*9.6/ ). Gabriel Ernst was maar twaalf dae oud toe n terugslag sy moeder tref deurdat sy n invalide word tot en met haar oorlyde toe hy maar sewe jaar oud was. Gelukkig het Oupagroot se skoonouers by hom gewoon en kon hulle help met die versorging van die twee seuntjies. Blye dae het weer aangebreek toe Oupagroot in 1864 weer getroud is en wel met ouma Maria Cornelia van Vuuren, dogter van oupa Gert Johannes van Vuuren, gewoonlik genoem Oom Dik Gert van Buffelshoek naby Parys. Uit die huwelik is agt seuns en een dogter gebore. Die dogtertjie is vroeg oorlede aan witseerkeel haar naam was Maria Elizabeth noemnaam Nonnie. Corneelsie, die jongste seuntjie, het twee jaar oud geword toe hy en sy oppastertjie albei oorlede is aan witseerkeel en Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 13

14 in dieselfde graf begrawe is. n Sekere Morris op Ventersdorp het n pleister gemaak en dit het blykbaar hier en daar gehelp. Die naaste dokter was Dr. Poortman van Potchefstroom. Maar nou kom ons bietjie nader aan die hede. Oupagroot het dus twee seuns uit die eerste en sewe seuns uit die tweede huwelik gehad wat volwassenheid bereik het. Uit die eerste huwelik is Jan Adriaan en Gabriel Ernst gebore en uit die tweede huwelik Gert Johannes, Sarel Gerhardus, Andries Gerhardus Christiaan, (my oupa) Stephanus Petrus, Daniel Johannes, Pieter Lodewyk en Christoffel Lourens. Oupagroot was drie keer getroud, laaste keer met die weduwee Johanna Snyman geb. Du Preez. Sy het drie seuns gehad, maats van oupa se jongste drie dus hulle stiefbroers. Nou iets i.v.m die nege seuns van Oupagroot. Na sy oorlye is die gronde verdeel soos bepaal is in Oupagroot se testament. Oupagroot het vir sy nege seuns elk sy watergrond afgemeet op die westekant van Skoonspruit. Daar het hy hulle op n ry laat woon. Onderkant die jongste het hy aan die drie Snyman-stiefseuns elk n deel gegee gesamentlik so groot as die van sy eie seuns. Wat n unieke gebeurtenis dat n vader en sy nege eie seuns en drie stiefseuns bymekaar op een plaas woon! Die Bekende Dr. J.D. Du Toit (Totius) saam met 3 oorlewende kinders van Sarel Gerhardus Yssel en Maria Cornelia van Vuuren. VLNR: Stoffel Yssel; Totius; Sannie Yssel en Piet Yssel. Foto geneem tydens Yssels se 100 jarige feesvieringe op Elandskuil. Daar het die nege seuns gewoon van die oudste tot die jongste van Ventersdorp na Klerksdorp ± 10 Km uit Ventersdorp op linkerkant. Die Yssel begraafplaas is dan ook op een van die broers se erfdeel op linkerkant so 100m van die pad. Die broers was dan ook later in die politiek betrokke. Hulle was Sappe en Natte een Sap dan n Nat, so is hulle ook oorlede van die oudste tot die jongste. Oupagroot het n werker gehad genaamd Adonis. Op n keer het n leeu hom beetgekry op die koppietjie waar hy gewoon het. n Worsteling het plaasgevind en Adonis het naderhand daarin geslaag om sy arm in die leeu se bek te steek en met die ander hand die leeu aan die bek te gryp en te hou totdat die ander werkers die leeu van kant kon maak Ek, Susan Schutte, stam af van Andries Gerhardus Christiaan Yssel, die sesde seun van Oupagroot. Oupa Andries was n besondere man, baie begaafd om stories te vertel, Hy het ook stories geskryf. Wat daarvan geword het, weet ek nie. Hy het altyd vir my en nog n niggie stories vertel. Ons was dan betrek by die stories as Susanski en Marinski. Waarom die name? Ek weet nie! Myne was Susan en Marina was my niggie. My Oupa Andries en ouma Maria geb. Jansen van Vuuren, was vir ons baie wonderlik. Altyd kos om te eet! Oupa het gereeld die skaaprammetjies reggesien. Die peertjies met n suursous gaargemaak, was vir oupa en ouma n heerlike gereg! Snaaks, ek was 7 jaar oud toe oupa oorlede is maar ek onthou dit baie goed ek was nooit honger as ek weet waar die gereg vandaan kom nie. Ouma en Oupa het elf kinders gehad. Sewe seuns en vier dogters. Vyf kinders is oorlede terwyl Oupa nog gelewe het. Ouma het haar man en ses kinders aan die dood afgestaan voor sy oorlede is in die ouderdom van 88 jaar. Ons Oupagrootjie het dus in Augustus 1851 op Elandskuil aangekom. Op het ons as Yssel-familie die 100- jarige fees van die aankoms van die Oupagrootjie gevier. Dit het plaasgevind op die plek teen die koppie waar die eerste hartbeeshuisie was. Daar is dan ook n monument opgerig ter herdenking. Oom Piet en Stoffel Yssel, die jongste twee van die elf broers, het nog gelewe en het die monument onthul. Prof. J.D. Du Toit (Totius) het die feesrede gevoer en verskeie staaltjies wat met die Yssels verband hou opgediep. Dit strek vanaf so vroeg as 1899 toe hy verklaar het Ek kan sê ek was toe ingeburger by die Ysselfamilie. J.D. du Toit -Totius by onthulling van die Ysselgedenkteken te Elandskuil Distr. Ventersdorp Tant Sannie Yssel (97 Jr) het die kranslegging waargeneem en Totius het die huldigingsrede gelewer. In Augustus 2007 het die Yssels weer n fees gehou, hierdie keer die 150-jarige fees. Ons het n replika van die gedenknaald laat maak wat onthul is in die begraafplaas aan die westekant van Schoonspruit. Die Yssels het bymekaargekom by die Rietspruit-dam in Ventersdorp distrik. Daar is van Vrydag tot Sondag feesgevier. Meer as persone het die fees bygewoon familie en aanhangsels. Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 14

15 ELANDSKUIL Wayne & Gibson Jhb. Yssel Familie: Gedenkboek van die Yssel-Familie Elandskuil EFJS Drukkers Orkney. Persoonlike herinneringe van outeur. Suid- Afrikaanse Geslagsregisters 14: Va-Vir (GISA 2006) Replika van oorspronklike gedenksteen. VLNR Susan Schutte en haar broer, Okkie Yssel. Iets oor die oorspronklike 1951-gedenknaald: Die persoon wat die plaas intussen aangekoop het wou nie die oorspronklike een aan die familie teruggee nie - daar is n allemintige bedrag voor gevra toe laat maak ons n replika. Sela! DIE YSSELS SE GODSDIENS Die Ysselbroers was baie betrokke by die Gereformeerde Kerk Potchefstroom en met die afstigting van die Geref. Kerk Ventersburg. Voor daar n gemeente was te Ventersdorp het die 9 broers gereeld saamgekom op die eerste dag van die week, al om die beurt in elkeen se huis. Later het hulle saamgekom in die skoolgebou wat sentraal geleë was. Die diens is dan waargeneem deur een van die broers wat as ouderling opgetree het. Niemand het van die diens weggebly nie, tensy om gewigtige redes. Die mooi Gereformeerde lewenspraktyk van die broers in hierdie opsig vind sy weergawe in Ps. 84 As hulle jubelend aanhef Hoe lieflik is u wonings Heer Der leërkare! Hoe begeer My siel en hunker van verlange Om na Gods woning op te gaan En in u tempelpoort te staan Met jubelende lofgesange GENEALOOG VAN DIE JAAR 2012: NOMINASIE JAN VISAGIE D r. Jan Visagie is deur GGSA Weskaap benoem vir GGSA se meriete toekenning, maar die keurkomitee het beslis dat die publikasie voldoen aan die riglyne vir Genealoog van Jaar en gevolglik is die outeur as Genealoog van jaar aangewys. MOTIVERING Die eerste uitgawe van Voortrekkerstamouers (Unisa-uitgewers, Pretoria, 2000) het 362 bladsye beslaan met ongeveer 80 foto s en 6 kaarte, terwyl die tweede uitgawe wat in Januarie 2011 verskyn het, n grondige hersiene en uitgebreide weergawe is. Dit het so noemenswaardig verander van die eerste uitgawe, dat die nuwe uitgawe nou 752 bladsye beslaan en die foto s vermeerder is na 214. Die 2011-uitgawe is inderdaad n geheel nuwe boek waarin ook 246 bykomende biografieë van Voortrekkergesinshoofde ingesluit is. Nomineerders: J.A. Kok en M.D. de Klerk Jan Visagie dien ook op die bestuur van GGSA vir vier termyne ( ) as ondervoorsitter van die Genootskap. DIE ONTVANGER BRONNE Yssel G. J. : Gedenboek Eeufeesviering YSSEL-FAMILIE VAN VLNR: Mariana Fourie -dogter, Jan Visagie, sy vrou Christine en dogter Anelle van Reenen. Foto is geneem op die dag van toekenning. Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 15

16 JAN VISAGIE VERTEL Ek is gebore op Petrusville, Noord-Kaap, op die 7de Mei 1938 en het op Jacobsdal, Vrystaat, in 1956 gematrikuleer. In 1959 het ek n BA-graad behaal op Stellenbosch en na n kort rukkie as onderwyser op Lady Grey het ek in 1963 in diens getree van die Staatsargief in Kaapstad waar ek vir 8 jaar as argivaris en senior-argivaris gewerk het. My verdere grade het ek deur Unisa behaal. Daarna was ek n dosent in geskiedenis by die Departement Geskiedenis van die Universiteit van Stellenbosch waar ek as senior-lektor in 1996 afgetree het. Dan van 1996 tot 1998 het ek vir die Universiteit n argiefbewaarplek op die been gebring en toe finaal afgetree. Ek hou my sedertdien besig met geskiedenisnavorsing. Benewens die vier boeke van my wat verskyn het, het ek ongeveer 60 vaktydskrifartikels geskryf en ook heelwat hoofstukke in ander boeke. Vir die boek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Geskiedenis van Suid- Afrika: Van voortye tot vandag wat in Junie 2012 bekend gestel gaan word, het ek drie hoofstukke en n kaart bygedra. Op 21 Junie 2012 lewer ek by die Akademie in Pretoria n referaat oor Vraagstukke in verband met grondbesit in Suid- Afrika, Ek het reeds vroeg in my loopbaan as historikus van genealogie gebruik gemaak, veral om persone te identifiseer. Vir die honneursstudente op Stellenbosch het ek dikwels n kort kursus in genealogie aangebied. In 1994 het ek die voorreg gehad om in Den Haag en Antwerpen familienavorsing te doen. Onder meer het dit daartoe gelei dat ek kon vasstel dat die stamvader Pieter Visagie die eerste Afrikaanse stamvader was wat hier voet aan wal gesit het, naamlik vroeg in Die ander persone voor hom het almal weer vertrek of het nie hier n nageslag gehad nie. Op Genealogiese terrein het ek in die 1980 s vir 4 termyne ( ) op die bestuur van die Genealogiese Genootskap gedien. Toe was daar nog net die sentrale liggaam en nie takke nie. Ek was toe onder-voorsitter en dr. C. Pama was voorsitter. Mnr. Johan Krige was sekretaris en dr. Anna Boeseken was saam met ons op die bestuur. TOEKENNING VIR UITNEMENDHEID 2010: RACHEL MERCIA NEPGEN NEé SMITH Saamgestel in samewerking met Claudie Jooste MOTIVERING VIR NOMINASIE S o lui die toekenningsriglyn vir GGSA se Toekenning vir Uitnemendheid en dit is GGSA Noordwes se voorreg om vir Rachel Mercia NEPGEN, voorheen Van Heerden neé Smith voor te stel vir die toekenning op grond van haar navorsing oor n tydperk van meer as 40 jaar in die Ooskaap, asook die onvoorwaardelike skenking van die resultate aan GGSA. Tydens GGSA se 2008 AJV lees die voorsitter n brief voor waarin Rae Nepgen aanbied om haar navorsingsnotas van meer as 30 jaar aan GGSA te skenk. Die aanbod word opgevolg maar het ongelukkig nie op daardie stadium gerealiseer nie. Vroeg in 2010 kontak Rae haar jeugvriendin Claudie Jooste woonagtig te Bloemfontein en Claudie skryf later: Rae (sy is 'n baie ou vriendin van my) het my eendag byna in trane gebel en gesê sy weet nie wat om met haar navorsing te doen nie en sy wil dit vir my gee om te hou en bewaar aangesien sy 84 is. Sy stuur my toe 'n gedeelte per geleentheid en so het die versameling dokumente by die Vrystaattak van GGSA n tuiste gevind. Claudie skryf verder: Rae se liefde vir die Genealogie kom uit haar belangstelling in haar Skotse en Engelse voorouers. Sy en haar skoonsuster Koeks Pretorius gebore van Heerden, later n bekende in Genealogiese kringe, begin saam met alle erns navorsing doen. Sy help vir Koeks met die insameling van data en dra hoofsaaklik daartoe by om die hele omgewing van Dordrecht, Barkly-Oos, Indwe en Molteno se genealogiese inligting volledig aan te teken sonder die hulp van n rekenaar en ander moderne hulpmiddels soos kameras en skandeermasjiene. Rae het al haar Suid-Afrikaanse navorsing goedgunstiglik aan die GGSA geskenk en hou haar nou hoofsaaklik besig met waarmee sy begin het en wat haar so na aan die hart lê, naamlik haar Skotse en Engelse voorouers se genealogie waarvan sy n skatkis van inligting en briewe in besit het. Die versameling bestaande uit Rae se navorsingnotas handel uitsluitlik oor inwoners en families van die voormelde en ander Ooskaapse dorpe en is, hoewel in ruvorm, in familieverband gesistematiseer volledig met verwysings op haar eie unieke manier aangetoon. Die versameling bestaan uit ongeveer getikte folios en neem naastenby 4,0 meter rakspasie op. n Groot bate is die feit dat die breër gemeenskap van die tyd en omgewing in die navorsingsnotas opgeneem is dus nie beperkings plaas op die potensiaal van die notas nie derhalwe sal meer genealogiese navorsers daarby baat vind. Die toekenning geskied vir 'n uitnemende genealogiese bydrae oor 'n aantal jare, en moet tot voordeel van die GGSA in die besonder en/of genealogie in die algemeen wees "Those who forget their past are destined to repeat it." -- Robert A. Heinlein Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 16

17 Johan Pottas, Voorsitter Vrystaattak, oorhandig Rae se toekenning in die hospitaal waar sy behandeling ontvang het. Haar reaksie in n brief later, waarin sy haar dank uitspreek oor die toekennig wat aan haar oorhandig is was: "Ek het die navorsing vir my eie plesier gedoen en nie vir erkenning nie... Baie dankie vir die wonderlike gebaar" WIE IS RAE NEPGEN Rachel Mercia Smith beter bekend as Rae, * te Dordrecht, Noord-Oos-Kaap was die oudste dogter van Hugh Smith en Maria Adrina Sophia Venter. Sy en haar suster Jean Russel Smith * en haar broer George John Smith * het grootgeword op die plaas Morriston in die Indwe-distrik. Haar vader het van Londen gekom en het eers by n kaasfabriek in nuwe Engeland en daarna op die Waschbank in die Indwe distrik begin werk. Hy verloor sy linkerarm in n ongeluk by die kaasfabriek en het daarna geboer op die plaas Morriston waar hy ten spyte van die verlies van sy arm, ook pragtige houtwerk en meubels gemaak het. Sy ouers George Russel Smith, van Skotse afkoms en Emily Anne Steed van Engelse afkoms, het hulle in London gevestig. Haar Oupagrootjie Steed was n Superintendent by Scotland Yard London. Rae se moeder het lank onderwys gegee op Steynsburg en was die dogter van Jan Abraham Venter, LV vir Wodehouse en Rachel Maria Coetzer. Rae het eers op die tweeman-plaasskool op Morriston, Indwe wat deur haar vader gebou is, skoolgegaan tot standerd 6. Daarna is sy na Indwe waar sy haar matriek te Indwe Hoërskool geslaag het, voordat sy vir 3 jaar na die Grahamstown Training College is waar sy haar as kindertuinonderwyseres bekwaam het. Sy het eers op Indwe en daarna op Queenstown by Hangklipskool skoolgehou. Sy tree op te Indwe in die huwelik met Willem Pieter Jacobus van Heerden * seun van Stephanus Cornelius van Heerden en Elizabeth Pretorius en hulle vestig hulle op die plaas Mar s Hill, Rossouw.( daar bestaan vandag nog enkele geboue van die dorpie, maar die dorpie is lankal verlate) Uit die huwelik is ses kinders gebore naamlik: 1. Stephanus Cornelius plaasboer van Smitsdal Barkly-Oos * x Charmaine Lake. 2. Hugh Smith plaasboer op die familieplaas Mar s Hill * x Charlotte Pagel. 3. Maria Andrina bekend as Marien * x Piet Oelofse boer van die plaas Perserverance Dordrecht distrik. 4. Elizabeth Jacoba, bekend as Lizette * Sy het in Amerika koperblaasinstrumente bestudeer en haar daarna as musiekonderwyseres op Stellenbosch gevestig x Chris Malan. 5. Mercia * Musiek onderwyseres te Paarl Gimnasium x Iwan Labuschagne. 6. Wilma Jean (bekend as Jeannie) * Intensiewesorgverpleegster by Vergelegen Privaat Hospitaal asook lektor in intensiewe-sorg te Tygerberg Mediese skool. Na die dood van haar man op te Mar s Hill Dordrecht loop sy n ou liefde, Arnold Nepgen * , weer raak. Sy vrou is in tussen oorlede en hulle trou op te Morriston, Waschbank, Indwe en vestig hulle eers op die plaas Pretoriusrus, Molteno, waarna hulle hul net voor Arnold se dood, by die aftreeoord Siesta. te Molteno vestig. Arnold is op oorlede. Rae se liefde vir genealogie kom uit haar belangstelling in haar Skotse en Engelse voorouers. Sy en haar skoonsuster Koeks Pretorius (neé van Heerden), later n bekende in genealogiese kringe, begin saam en alle erns navording doen. Sy help vir Koeks met die insameling van data en dra hoofsaaklik daartoe by om die hele omgewing van Dordrecht, Barkley-Oos, Indwe en Molteno se genealogiese inligting volledig aan te teken sonder die hulp van n rekenaar. In n samelewing waar navorsing, dokumentering en bewaring van genealogiese inligting, in welke vorm ookal, baie lae prioriteit geniet, is dit GGSA se voorreg, nee plig, om erkenning te gee aan diegene wat dit wel doen. Hierdie mense offer hul tyd op en stel hul kennis en energie beskikbaar vir die navorsing, dokumentering, bewaring en beskikbaarstelling van inligting wat andersins verlore sou gaan. Na ons mening is Rachel Mercia NEPGEN deur haar navorsing en werk oor meer as vier dekades en die onbaatsugtige skenking aan GGSA die toekenning waardig en is dit ons eer en voorreg om haar te nomineer vir GGSA se Toekenning vir Uitnemendheid en haar vriendin Claudie skryf ook verder: Ek is so bly alles word nou mooi bewaar en dat sy die eer daarvoor kry...sy verdien dit oor en oor Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 17

18 SOSIAAL Gaspreker Nicol Stassen (middel) saam met gaste Daan Hamman wat sy toekenning as Genoot van GGSA vanaf die uitgetrede President van GGSA, Hendrik Louw (regs), ontvang het. Saam op die foto is Pierette Hamman en Sharon Louw, weerskante van Nicol. Nicol Strassen Gasspreker tydens die Junie byeenkoms. Blaaskans vir helpers by Antiekdag (28/5/2012): VLNR Christa Loxton, Elmarie Weyers, Amanda Addisson, Esther Visser-Stieger en Isabel Groesbeek (voormalige GGSA Vise- President) Antiekdag 28 Mei 2012 en GGSA se stalletjie word druk besoek. Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 18

19 SOSIAAL VLNR Pierette Hamman, Annie Campbell, Daan Hamman, Suzie Kleynhans en Rita Vincent Sewes Scholtz en Lindie van Zyl VLNR Linda van Zyl, Simon du Plooy, Celia Fourie en Renier Feldtmann (Vaal Driehoek), Pierette Hamman en Sharon Louw VLNR Elizabeth van Deventer, Esther Visser-Stieger en Hendrik Louw Augustus 2012 / Jaargang 9, Nommer 3 19

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Hoofstuk 16 ( )

Hoofstuk 16 ( ) 405 Hoofstuk 16 Johannes Lodewikus van der Walt (f8) (1866 1933) In hierdie hoofstuk Hans en Annie Susara Catharina Johanna Magdalena bl. 412 Andries Johannes bl. 413 Martha Helena bl. 415 Hans van der

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820-1902 Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein IERLAND Lys van bekende stamvaders 1820-1902 ALLISON, William James BAIRD, John BECK, John Frederick BOYCE, Thomas Robert

More information

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS : DIE VERMEULEN FAMILIE SE VERBINTENIS MET PRETORIA DIE EERSTE VERMEULEN's GUILLIAM (GUILLAUME) CHRISTOFFEL VERMEULEN gedoop op 5 November 1788, trou te Graaff-Reinet op 3 April 1809 met Johanna Philliphina

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

Inhoudsopgawe Boy Booysen

Inhoudsopgawe Boy Booysen Nasate Boy Booysen Inhoudsopgawe. Boy... Booysen............................................................................ 1 Boy Booysen is gebore in 1640 en is oorlede in 1743 in die ouderdom van

More information

Die Benade Familie in Suid-Afrika

Die Benade Familie in Suid-Afrika Die Benade Familie in Suid-Afrika Hierdie is slegs n voorlopige publikasie oor die Benade familie in Suid-Afrika en belangrike besonderhede oor die voorgeslagte is nie hierin opgeneem nie. Toe ek begin

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

The STRICKER Families in South Africa

The STRICKER Families in South Africa The STRICKER Families in South Africa Copy Right Ludwig Döhne 2009 Privately Published by Ludwig Döhne P. O. Box 2510 Kempton Park 1620 e-mail doehne@global.co.za Introduction There were three or four

More information

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch VOETNOTAS Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214 Lees binne Die Bassons van Simonsvlei in Simondium 1 Johanna Catherina le Roux née Basson 2 Johannes Basson van Simonsvlei 2 Jan Blom Basson

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER WEBSITE Members

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, September 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, NS. Met vandag se tegnologie kan ons seker n naskrif aan die begin van n brief aanheg. Dit was baie interessant om Daspoort

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Pretoria Brief 09/09 September 2009 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg n stukkie uit die geskiedenis van een van die bekendste hotelle van ou Pretoria. Die European

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

GENEALOGY OF JOHANNES PETRUS MEINTJES * ,

GENEALOGY OF JOHANNES PETRUS MEINTJES * , GENEALOGY OF JOHANNES PETRUS MEINTJES * 19.05.1923, 7.07.1980 In what follows only the genealogy of Johannes Meintjes maternal ancestors are represented. All males in the schedule that follows are numbered

More information

Hoofstuk 18 Johannes Janse van Rensburg (b1) (c.1709 c. 1775)

Hoofstuk 18 Johannes Janse van Rensburg (b1) (c.1709 c. 1775) Hoofstuk 18 (b1) Oriëntasie (c.1709 c. 1775) Johannes was n boer. Hy is omstreeks 1709 gebore en in 1775 oorlede toe hy 646 jaar oud was. Hy trou in 1730, toe hy 21 jaar oud is, met Anna 1 Botha wat in

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11

More information

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel THEUNISSEN Catharina Jacoba THEUNISSEN (1803 1831) was my great great grandmother. She was the wife of 4 th generation Hendrik Johannes MORKEL (1799 1859). They had six children (one died young) before

More information

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dit is al weer sulke tyd einde van die maand, die Pretoria Brief is geskryf en my e-pos werk nie. Toe ek besef die storm

More information

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/22-0201/06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS Cabriere Estate BAR E12/2/3/1-B2/22-0201/06 Appendix E: 1 / 19 Hoogstraat

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer: Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee Sirkuleer aan Landdroste: Ja / IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA ( Noord- Kaapse Afdeling) Nee Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: 2008-05-09 Datum

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

The Henry-Steyn Trek of 1895

The Henry-Steyn Trek of 1895 The Henry-Steyn Trek of 1895 In my previous article I touched on the participants of this Trek in connection with my Great Grandfather s brother, Cornelius Hermanus Marais, who, with his wife and four

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika Huguenot Society of South Africa Mei 2016 Nommer 11 Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief REDEVELOPMENT PLANS OF THE MUSEUM WELL UNDERWAY The Huguenot Society of South

More information

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA all accepting that they are because they have not produced anything and in the still distant future "intend" doing it, knowing full well that it would never happen; yes, knows that these "cultured" men

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING,

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

FAMNEA. Briewe van Lukas Johannes van der Merwe vanaf Ceylon. GENEALOGIE n Jaar van ontdekking. DANIE THERON The memorial at Gatsrand

FAMNEA. Briewe van Lukas Johannes van der Merwe vanaf Ceylon. GENEALOGIE n Jaar van ontdekking. DANIE THERON The memorial at Gatsrand DANIE THERON The memorial at Gatsrand GENEALOGIE 2004 - n Jaar van ontdekking Quarterly of the SA Genealogical Society - North West Branch Kwartaalblad van die Genealogie Genootskap van SA - Noordwestak

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA SAAKNOMMER:J 273/97 In die saak tussen DS NOËL SCHREUDER Applikant en DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK WILGESPRUIT Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, NEDERDUITSE

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

Familiejoernaal 2 Barkhuizen, Barkhuysen, Barkhuisen, (Van) Barkenhuizen

Familiejoernaal 2 Barkhuizen, Barkhuysen, Barkhuisen, (Van) Barkenhuizen Familiejoernaal 2 Barkhuizen, Barkhuysen, Barkhuisen, (Van) Barkenhuizen Nuusblad van Barkhuizen en verwante families, Nr 2, Januarie 2013. Hierdie joernaal is ook beskikbaar op: www.barkhuizen.co.za,

More information

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR. 1 Saak nr 435/90 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING) Tussen: ESKOM Appellant - en - ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie. Die Grafte Praat Hennie Steyn Settlers' Heritage Trevor Dickerson Eie bodem Erna Buber-de Villiers (gebore Schutte) Die Ortons se Storie Sampie Orton Verslaafdes Gys en Kobie Ströh So ontstaan 'n boek

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) VERSLAGWAARDIG JA/NEE SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 898/2003 DATUM:24/06 /2005 In die

More information

~retoriana. Nr./No. 87 APRIL Prys R 3,00 Price VAN DIE GENOOTSKAP ODD-PRETORIA OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

~retoriana. Nr./No. 87 APRIL Prys R 3,00 Price VAN DIE GENOOTSKAP ODD-PRETORIA OF THE OLD PRETORIA SOCIETY Nr./No. 87 APRIL 1985 ~retoriana TYDSKRIF JOURNAL VAN DIE GENOOTSKAP ODD-PRETORIA OF THE OLD PRETORIA SOCIETY Prys R 3,00 Price INHOUDSOPGAWE / TABLE OF CONTENTS bladsy /page Van die Redakteur /Editorial

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek

MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek MALAN VONK Amptelike Nuusbrief van die Malan-Familiebond Herdenking eerste Malan-Saamtrek 1 Dr D F Malan Lindie Koorts.2 Brandbach Daniel Malan.2 Rainbowsend Jacques Malan.3 Saamtrek trek te Franschhoek..4

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. 1 2 3 Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. Lot 1 Stoet ooi. Dragtig van 14-067. Puik teel ooi. 4 Lot 2 Stoet ooi. Dragtig van 14-067 Lot 3 Stoet ooi. Dragtig

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die aansoek van: Aansoek Nr. : 2658/2005 GEORGE FREDERIK WESSELS N.O. Applikant en DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF BLOEMFONTEIN

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 12 FEBRUARY FEBRUARIE

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord Kaapse Afdeling / Northern Cape

More information

Hoofstuk 5 Die vyfde geslag Swanepoels tydens die Anglo-Boereoorlog tot 1906

Hoofstuk 5 Die vyfde geslag Swanepoels tydens die Anglo-Boereoorlog tot 1906 Hoofstuk 5 Die vyfde geslag Swanepoels tydens die Anglo-Boereoorlog tot 1906 (Kyk na addenda A tot D vir die stamregisters agter) 5.1. Inleiding Die sigbaarheid en rol van die vyfde geslag van die geselekteerde

More information

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING NOTULE VAN N BESTUURSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 2 MAART 2017 Opening en verwelkoming: Gebed deur: Carl Greyling TEENWOORDIG: Jan-Willem van Staden Roelf Beukes Susan

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Lys van geraadpleegde bronne

Lys van geraadpleegde bronne Opgestel tot by Hoofstuk 14 Argivale en verwante bronne Argief van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika. Lidmate-, doop- en huweliksregisters van ʼn aantal gemeentes en enkele ander bronne. Drostdymuseum

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

Houtkanon gemaak deur Graaff-Reinet Boere in die vroeë 1800's

Houtkanon gemaak deur Graaff-Reinet Boere in die vroeë 1800's Houtkanon gemaak deur Graaff-Reinet Boere in die vroeë 1800's SUID-AFRIKAANSE VERENIGING VIR KULTUURGESKIEDENIS KONGRES, LUGMAGMUSEUM, SWARTKOP LUGHAWE, 21 JULIE 2012 DANIEL JACOBS WEBTUISTE: WWW.GENDATA.CO.ZA

More information

DIE GEESTELIKE BEVRYDING VAN DIE ZOELOES

DIE GEESTELIKE BEVRYDING VAN DIE ZOELOES Home Geloftedag... En Die Slag van Bloedrivier Geloftedag... En Die Slag van Bloedrivier Afrikaans Articles Written by Peter Hammond Thursday, 30 August 2012 16:31 Geloftedag word op 16 Desember gevier

More information

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika * OpenStax-CNX module: m24254 1 Die vroegste ryke in Suidelike Afrika * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

NONNIE DE LA REY deur ZELDA ROWAN

NONNIE DE LA REY deur ZELDA ROWAN NONNIE DE LA REY 1856 1923 deur ZELDA ROWAN Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER HEREDITATIS CULTURAEQUE SCIENTIAE (KULTUURGESKIEDENIS) in die Fakulteit Geesteswetenskappe Universiteit

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA PUBLISHED BY AUTHORITY OFFICIAL GAZETTE EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG R0,30 Wednesday I November 1989 WINDHOEK Woensdag I November

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer:

More information