In n neutedop: 2018 sover

Size: px
Start display at page:

Download "In n neutedop: 2018 sover"

Transcription

1 Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans Jaargang 22 Nommer 6 Januarie In n neutedop: 2018 sover Die onderwysers en leerders van R.R. Franks Laerskool in Eersterivier is baie opgewonde oor die boektrommel wat hulle ontvang. Die boektrommel is moontlik gemaak deur n skenking van die Bergheim Trust. LEES BINNE Die storie van die tog Richtersveld toe Beter Afrikaans

2 Februarie Akkerboompie Kleuterskool en Boempie Pre-Primêr in Centurion het elk n boektrommel in Februarie ontvang. Van Wyksvlei Primêr het n boektrommel ontvang. Chareldine lees vir die kinders n storie en praat met hulle oor hoe om met boeke te werk. Bladsy 2

3 Die storie van die tog Richtersveld toe Op Sondagoggend 18 Februarie vertrek ons douvoordag uit Stellenbosch met ʼn volgepakte Isuzu: 14 boektrommels, padkos en ʼn kamera. En water, natuurlik. Ons ry heerlik en is reeds 14:30 in McDougallbaai. Die pragtige ou gerestoureerde huisie voor op die see met ʼn lewende troetelperd op die grasperkie, steel dadelik ons harte. Ons gaan slaap vroeg uit afwagting vir die rit die volgende dag, die onbekende in. Ons eerste afspraak is met mnr. Kaptein in Sanddrif by die Laerskool Dryfsand. Eers leer die grondpad ons ʼn les ʼn pap band. Gelukkig is my metgesel bedrewe met dié soort dinge. Dis ʼn klein skooltjie met feitlik geen boeke nie. Ons trommel is nie naasteby genoeg nie, en die behoefte aan leesondersteuningsopleiding kom sterk deur. En gedurig drup daar mense uit die dorpie in om fotostate by die skool te kom maak. Kuboes is ons volgende stop. Kuboes is n afgeleë dorpie in die Richtersveld en was n eertydse sendingstasie van die Rynse Sendinggenootskap. Dit is n mooi dorp rondom n eenvoudige kerkkompleks wat dateer uit Kuboes word hoofsaaklik bewoon deur Namas en Basters. Die skool is vernoem na ʼn sendeling, Johan Hein, wat in 1844 vir die nomadiese bevolking gepreek het. Die skool hou die rekord as die enigste skool in die wêreld waar die Nama-taal onderrig word. Tog was dit vir my interessant dat die skoolhoof, me Cloete, sê dat die kinders baie tuis is in Engels en ook beter vaar daarin as in Afrikaans. Daar is ʼn geweldige tekort aan boeke en n dringende behoefte aan onderhoud wat die infrastruktuur betref. Onderwysers vra ook hulp met beplanning. Sonder ʼn noodwiel ry ons versigtig terug rigting Alexanderbaai. Wat ʼn oasis is die Laerskool Gaffie Maree nie. Dis of die groen van die Oranjerivier aansteeklik is. Die kinders blink en reageer op my stories soos kinders wat gewoond daaraan is om na stories te luister en nooit genoeg kan kry nie. Die skoolhoof, me Gesina Schreuder, volg ons na die Graad 3-klassie en kan nie haar hande van die boeke afhou nie. Ons vertrek die volgende dag voor die son opkom uit McDougallbaai om betyds 8:00 by die Elizabeth Wimmer Laerskool in die dorpie met die pragtige naam Lekkersing te wees. Tussen die berge wat verkleur met ʼn pad wat uitgestrek voor ons lê, word ons by ons kar gehaal deur me Saal, die skoolhoof. Ook hier kan ʼn mens sien watter invloed ʼn hoof op ʼn skool het. Me Saal weet wat kinders nodig het. Sy het selfs ʼn tiental ouers ook opgekommandeer. Ons het groot pret met ʼn storie oor ʼn leeu wat ons saam opmaak. Met vrolike harte ry ons verder met die wete dat elke kind se potensiaal hier na waarde geskat word. Bladsy 3

4 Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwysers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met sorg nota s van alles wat ek met die kinders doen, en is baie dankbaar vir die boeke. Sy wil ook baie graag verdere opleiding hê om die die kinders met lees te help. Hulle vra hulp om ʼn mediasentrum in te rig miskien kan ʼn ATKV-tak help? Ons gaan op ʼn kort namiddagrit in die Richtersveld Nasionale Park. Die mense van hierdie streek is nie groot op padaanwys nie en ook nie op padaanwysers in afgeleë dele nie. So neem ons die verkeerde pad by ʼn vurk in die pad wat daartoe lei dat ons in die sand vassit en noodgedwonge die nag in die veld deurbring. Die volgende oggend om 7:30 kom daar twee Iere, Venetia en Michael Ryan, verby wat ook die verkeerde pad geneem het en help ons uit. En, glo dit as jy wil, dis twee onderwysers waarvan een ʼn leeskundige is! Ons sal hulle volgende jaar onthaal wanneer hulle weer in Suid-Afrika is. Ten spyte van die drama met die gedwonge oornagting in die middel van nêrens, het ons tog n wonderlike ervaring gehad van die pragtige, maar ook harde landskap wat die mense in die Richtersveld definieer. By Port Nolloth Laerskool en Port Nolloth RK gesels ek lekker met die onderwysers oor Doen en Leer en almal is baie gretig dat ons in Mei moet kom opleiding doen. Oor die boeke is hulle baie dankbaar. Baie van die boeke sluit heerlik aan by die kurrikulum dwelmmisbruik, molestering, emosies, nasiebou en vreemdelingehaat. Op 22 Februarie groet ons McDougallbaai en ry op ʼn mistige oggend kenmerkend van hierdie streek in die rigting van Steinkopf. Die pad lê reguit voor ons met die bergwoestyn in die verte. Steinkopf is ʼn groot dorp, veel groter as die dorpe tot dusver. Die Laerskool Ferdinand Brecher is ʼn skool met 447 leerders. Me Cloete, die skoolhoof, verduidelik dat die skool ʼn voldiensskool is wat alle leerprobleme self moet hanteer. Leesondersteuningsopleiding sal hulle dus ook baie help. Toe ons stop by De Kleine Bewaarskool in Steinkopf, is mnr Donald Cloete onmiddellik by die bakkie met Julle kom om ʼn groot behoefte te vervul. Ons het baie min hulpmiddels!. Desondanks kuier ons lekker saam met ʼn vrolike groepie van honderd 3 5-jariges wat oopmond sit en luister na die stories van Babalela en Parmant. Mnr Cloete vra ook leesopleiding vir hom en sy personeel. Die volgende stop is Bulletrap se Babbelbekkies Kleuterskool. Dis ʼn baie klein skooltjie (10 Kinders) met baie speelgoed en bitter min boeke. Die voorsitter, Marolene Snyders, beman die aangrensende dorpbiblioteek waar kinders in die middae kom lees en huiswerk doen. Verder op teen die bult, om die volgende draai net om die hoek lê Bulletrap Laerskool, ook ʼn multigraadskool met 87 leerders. Mnr Makatees neem ons na die klas van me Van den Heever se grade 1-, 2- en 3-klas toe. Wat ʼn entoesiastiese groepie bekkige kinders. Dié groepie toekomstige dokters, onderwysers, mekenieks en ʼn horde polisiemanne luister met aandag na die verhaal van die drie ll e wat mens se drome verwesentlik: luister, lees en leer. Ons slaap lekker in die Springbok Inn en is 7:15 by Springbok Laerskool. Mnr Sadie, die hoof van hierdie skool met 516 leerders, neem ons na die grondslagfase-klassies wat ons net daar in die vierkant trakteer met die drie ll e en Die Groot Boek van Emosies. Bladsy 4

5 Toe ek ʼn juffrou daar uitvra oor die rassamestelling van haar klas, antwoord sy: Ek weet nie, ek het net kinders in my klas. En snaaks genoeg, toe ek terugdink aan die groep kinders met wie ek gepraat het, het ek dieselfde gewaarwording gehad. Ons hoop dat dit die toekoms van die meeste skole in SA gaan wees binne die volgende jare. Mens mag droom. Okiep Laerskool (739 leerders) floreer, weereens as gevolg van ʼn besielende hoof, mnr Saal. Hy vertel van sy voorleggings en pogings om die onderwys terug te kry, bedoelende dat ondinge soos die aanskuif van leerders sonder prestasie uitfaseer moet word. Hier sal ons boeke beslis benut word. Bimbo Kleuterskool in Okiep het 87 leerders. Hier is opleiding beslis baie nodig en die mense sien uit na ons moontlike terugkeer in Mei. Alle kinders word met potensiaal gebore. Omgewing en lewensomstandighede is uiteraard bepalend. Die kinders van hierdie streek met die pragtige melodieuse Afrikaans met ʼn eiesoortige klem en uitspraak, verdien al ons steun. Die gevaar bestaan dat hulle gaan migreer na Engels as gevolg van die stigma gekoppel aan Afrikaans en die idee dat Engels meer geleenthede bied. Hulle blootstelling aan Engels d.m.v. televisie en die sosiale media maak dat ons baie meer sal moet doen om te keer dat Engels Afrikaans ook hier verdring. Ons oorweldigende indruk na hierdie wonderlike reis? In die Richtersveld en omstreke woon daar sout-vandie-aarde-mense wat met groot toewyding baie vermag met min in n harde, maar pragtige landskap. Daar is groot behoefte aan die soort steun wat die ATKV met sy boektrommelprojek bied. Ons ontvang die volgende ondersteuningsbrief van Christien Neser vir ons reis na die Richtersveld: Dis n droom wat waar word. Julle gaan op n hengse uitgebreide trek. Ek wens baie dinge: - dat ek kon saamgaan - dat julle veilig sal reis - dat julle reën bring - dat dit nie te warm is nie - dar die boeke waardeer sal word - dat verhoudings gebou word en welwillendheid gekweek word - dat kinders sal lees - dat Afrikaans n sterker staanplek sal kry. DIPLOMA ʼn Kassier hoor ʼn ouma in ʼn winkel haar kleinseun hot en haar stuur: Diploma, gaan haal gou suiker en Diploma, nog 6 eiers ook, hoor. Die nuuskierige kassiere vra: En waar kom dié naam vandaan? Die ouma antwoord: Ek het my dogter universiteit toe gestuur en toe kom sy met hóm terug! Beter Afrikaans Daar is nou iets wat dit beter as die Bybel regkry om mens nederig te hou. En dit is Beter Afrikaans se taalvrae elke oggend op jou nugter maag. Probeer dit gerus. Dit verbeter jou Afrikaans en die stand van jou nederigheid. Bladsy 5

6 DOENDINGE IN AFRIKAANS NUUSBRIEF Redakteur: Amanda de Stadler Assistentredakteur: Chareldine van der Merwe Bladuitleg: Sunflood Studios ALGEMENE INLIGTING Straatadres: Eenheid 2013, Datevoice House, Elektronstraat 16, Tegnopark Stellenbosch 7600 Posadres: Posbus 1209, Stellenbosch 7599 Telefoon: / Faksnommer: E-posadres: Amanda de Stadler: Chareldine van der Merwe: Webtuiste: Bank: ABSA, Tjekrekening Rekeningnaam: ATKV Rekeningnommer: Takkode: Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende Swift Code : ABSA ZA JJ As verwysing gebruik asb: VVA en die item (bv. naam van CD, gedenkbundel, boektrommel ens.) E-pos of faks dan net die bewys van betaling, naam en van en ook bedrag wat inbetaal word. KOOPDINGE IN AFRIKAANS DIE VOLGENDE ITEMS IS BY DIE KANTOOR TE KOOP: 1. Dubbel-CD: Ou Vriende van Afrikaanse kunstenaars soos Laurika Rauch, Lucas Maree en bekende kore teen R Voetslaankaart van Tafelberg in Afrikaans geskep deur Peter Slingsby teen R20 3. Pieter van der Westhuizen-huldigingsbundel (277 pp. bladmusiek van gewyde musiek) teen R CD: Vespers van Rachmaninof in Afrikaans teen R Basic Afrikaans the top 1000 words and phrases teen R Joernaal van Jorik in klank (toonsetting deur Roelof Temmingh) teen R Die Nagbiblioteek deur Amanda de Stadler, n A3- formaat voorleesboek vir kinders onder 8 jaar teen R120 (R65 posgeld per bestelling moet ongelukkig gehef word) VERSPREI GERUS DIE NUUSBRIEF Bladsy 6

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

My sê deur Amanda de Stadler

My sê deur Amanda de Stadler Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans Jaargang 21 Nommer 4 My sê deur Amanda de Stadler Dr. Gerda Odendaal het ons laaste gesprek van die jaar by Gordon High in Gordonsbaai bygewoon waar 35 mense, leerders

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck WIE IS DIE PAARTJIE VAN DIE KWARTAAL? Lees meer op bl 8... Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Jan van Riebeeck Kloofstraat 129, Kaapstad 8001 Uitgawe

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE Weekbrief 12/2014

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018 THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018 V a n m y k a n t a f... Van my kant af 2 Snuffels redaksie 3 Met die Balkie 3 Highlight Photo 3 Bonnievale Netbal 4 Snuffels Redaksie: Redakteur: JP

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Rubriek vir skeppende werk

Rubriek vir skeppende werk Meyer van Rensburg J. W. du Plessis Heilna du Plooy G.A. Jooste Gedig Gedigte Mmamodidi Die reëls van die spel 129 130 132 144 Rubriek vir skeppende werk Met die afdeiing Litera tree ons toe tot die mark

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop D E U R J O H A N G E Y S E R Op die pad van hoop Professore, dokters, akademici, rektors, filmsterre, sportsterre. Dalk mense wat binnekort Mars toe kan gaan! Die wêreld is konstant aan die verander.

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2017 Geagte Ouer Webblad: www.gelofte.co.za Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD P1 / FOREWORD P4 / PROJECTS Closer look at our current projects P10 / PEOPLE P15 / CONGRATULATIONS We show off our happy new parents BKMAIL IS004 NOVEMBER 2015 HME FILLING STATION: SISHEN SISHEN SkORPION

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP Privaatskool Private School 2006 2017 Prospect House, Morkelstraat, Somerset-Wes. 7130 www.vergezicht.co.za Ek kan! I can! Die Inkpot Beste ouers, Oktober 2017 Ons is binne-in n wonderlike lentemaand en

More information

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel:

Rietvallei se kwartaallikse deuntjie. Deel 2 van 2. Kommunikasie in die huwelik. Profiel: Rietfluit Rietvallei se kwartaallikse deuntjie Deel 2 van 2 Kommunikasie in die huwelik Profiel: DEUR DELEEN KORNELIUS Dirk en Marlene Maree het in 1974 op skool ontmoet en is 5 jaar later getroud. As

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 (Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 From the Editor The seasons, once again, have turned. Welcome to the fall issue of the Welgevonden Bulletin. In this issue we

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Nuusbrief 20/2014 Webblad: LOFFIENUUS Nuusbrief 20/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Ek het in die lewe geleer dat n mens se agtergrond en omstandighede verantwoordelik kan wees vir die mens wat jy is, maar die mens wat jy word is

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS LAERSKOOL PRIMARY SCHOOL Weyerslaan Telefoon 976 8115 Telephone Weyers Avenue Durbanville 7550 Durbanville 7550 Faks / Fax: 021-975 1706 (Kantoor / office) E-pos / E mail: office@durbieland.com ONTHOU!!!

More information

Die jaar se kaskar was

Die jaar se kaskar was LAERSKOOL VOORPOS TEL: (02) 332 2534 FAKS: (02) 332 3055 Junie 208 Cunninghamlaan 354 Waverley Pretoria 086 Dit was 'n... Kathleen Taljaard Vava Voom Kaskar Die jaar se kaskar was weer fenominaal. Die

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA 268. 1 Hills Road, Cambridge, CB1 2EU, United Kingdom Tel: +44 1223 553554 Fax: +44 1223 553558

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP PUBLIKASIES VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA NUWE REEKS Nr.31 DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP deur ANNA S. POHL Intreerede uitgespreek by die aanvaarding van die amp van Bykomende Professor in die

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN 2007 Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine INHOUD/INDEX Foto deur: Diekie Muller Impala KONTAK

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van van onsdorp.com. 'n Publikasie onsdorp.com TOULEIER. Chili het lekker kos, soos 'gotdogs'

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van van onsdorp.com. 'n Publikasie onsdorp.com TOULEIER. Chili het lekker kos, soos 'gotdogs' KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS Nommer 407 404 395 19 Nommer 376 2 Junie 2014 Nommer 7 Oktober September 20 April 2015 2015 Nr. 412 Nr. 378 2015 'n 409 41515 Publikasie 16 Februarie November 16

More information

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out! MURRAYSBURGER The secret is out! Go to www.murraysburg.co.za The Murraysburger is available on the website. Hard copies available at April 2011 Kweperlaan Coffee Shop on request. Price: R1.00 Contact details

More information

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne Wintersportspanne het groot hoogtes behaal in vanjaar se seisoen. Quinton Lourens HPP se wintersportspanne het die koue vir n ses geslaan. Die hokkie eerstespan en o/14 rugbyspan is Limpopo kampioene.

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Skooltasse Ons wil graag die Cadii houertas uitfaseer. Die Cadii tasse se

More information

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

!#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012 !"#2 JANUARIE 2012 Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 !"#2 GEMIDDELDE OPLAAG 41 042 000 UITGEGEE IN 84 TALE IS DIT PRAKTIES OM EERLIK TE WEES? 3 Oneerlikheid

More information

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1 BULT April 2004 Jaargang 52, nr.1 UV het gegroei uit beskeie begin Eeufees skop af Universiteit van die Vrystaat University of the Free State Yunivesithi Ya Freistata Nuustydskrif van die Universiteit

More information

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE 1. RESPONDENTE Hierdie prakties-teologiese ondersoek gebruik spesifieke gesprekke met verskillende spesialiste in verskillende

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service Subnuus Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service Vol 28 (3) Oktober 2008 In hierdie uitgawe: We welcome a few new faces Ons

More information

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry! Stad sonder mure n Toneel deur Theo de Jager Faan Louw, suksesvolle ginekoloog Bart Kruger, voormalige Blou Bul-flank, in n rystoel In Bart se woonkamer, matig luuks. Faan stoot die voordeur toe. Faan:

More information

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe. Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe. Laventel badsout of Roosmaryn-sout vir kos: Laventel of roosmaryn Growwe sout Chiffon of fyn net (omtrent 15cm X 15cm elk) Boodskappie op karton

More information

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! Newsletter 17/2017 26 October 2017 Dear Parents VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS A sad fact about teaching is that we must say goodbye to learners who grew close to us.

More information

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT JANUARY 2014 IF MY DREAM IS TO BE, IT S UP TO ME Introducing you to 1 st Vice District Governor,Carl and family Carl grew up

More information

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language

CLF Nuus News. The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language CLF Nuus News The Message of the Bible to all through free and affordable literature in everyone s language Privaatsak X19 Wellington 7654 021 873 6964 info@clf.co.za www.clf.co.za 3 / 2018 n Ambassadeur

More information

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse SMS Fleet (Pty) Ltd Maatskappy in privaat besit gestig in 2006 Ons produk My Tracer is n lokaal ontwikkelde, briljante, internet gedrewe GPS Voertuig Volg Sisteem met n volledige Geoutomatiseerde Elektroniese

More information

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS Nommer 407 404 19 395 Nommer 376 2 Junie 2014 Nommer 7 Oktober September April 2015 2015 Nr. 412 418 Nr. 378 2015 'n 409 41515 15 16 Februarie Augustus November

More information

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck Ons spaar water, bl.4 n Spaar-uitgawe Suidooster spaar papier, bl.7 2018, Uitgawe 1 'n Uitmuntende leuse! Uit die nuuskantoor

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 28 Augustus 2015 No: 20 van 2015 AFSTERWE VAN LUR, ME. GRIZELDA CJIEKELLA-LECHOLO Dit

More information

100 DIE GETATOEEERDE K"

100 DIE GETATOEEERDE K 100 DIE GETATOEEERDE K" " ",En nou, meneer Truter,' so eindig hy,,net nog di t: In die naam van ons Vader in die hemel moet jy my die leed jou deur my aangedaan vergewe. Ek is daar bewus van dat my wandaad

More information

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. ABC ABCDE DEFA Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September 2013 Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. AE Daar was n groot verskeidenheid stalletjies en ek glo elkeen kon na hartelus loer of koop.

More information