MURRAYSBURGER. Die belofte vir 2016 gestand gedoen. Die Geheim is uit! Feb 2016 No 59

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Size: px
Start display at page:

Download "MURRAYSBURGER. Die belofte vir 2016 gestand gedoen. Die Geheim is uit! Feb 2016 No 59"

Transcription

1 MURRAYSBURGER Die Geheim is uit! Gaan na: Die Murraysburger is 'n gratis gemeenskapsnuusbrief wat net op die webwerf April 2011 beskikbaar is. Price: R1.00 Kontak besonderhede op Bl. 2 Feb 2016 No 59 Die belofte vir 2016 gestand gedoen Die belofte vir 2016 Uitkyk rivier 22 Jan 2016

2 BRIEWE/LETTERS TEL/FAKS: SMS: / EPOS: POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995 Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van n naam, adres en handtekening. Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand. Pseudonyms may be used, but all letters must be supported by a name, signature and address. The editors reserve the right to edit or reject letters. The deadline for contributions is middle of the month. Van die Redaksie: Die parlement noem dit n reses. Die gewone werkers noem dit n vakansie, die professioneles noem dit n Sabbatsjaar en die onderwysers praat van langverlof. Sommige karakters van die immergewilde volksepie, 7de Laan, raak ook soms moeg vir die besigheid en word uit die draaiboek geskryf. Sommige gaan selfs dood en verskyn dan net so merkwaardig later weer terug uit die dode. Miskien sal dieselfde met die Murraysburger gebeur! Maar nou het die Murraysburger ook eers n bietjie rus nodig! Dankie vir al die goeie terugvoering, bydraes en dankies wat ons van so baie van julle ontvang het. Een van die redes is die tydelike afwesigheid van Mette Kromhout, ons getroue verslaggeefster. Sy en Chris gaan vir n paar maande weg wees as gevolg van Chris se operasie aan sy heup en ons weet almal dat Mette self ook n goeie ruskans verdien. Ons wens hulle alle sterkte toe vir die moeilike tyd wat voorlê maar glo en vertrou dat alles goed sal afloop, dat hulle die tyd in Pretoria saam met hulle kinders sal geniet en dat hulle springlewendig anderkant sal uitkom. En sommer baie dankie Mette, vir jou reuse bydrae om gereeld elke maand die Murraysburger die lig te laat sien het. Die reën het toe gekom! Die aarde en al sy bewoners het gejuig. Die rolbalklub was miskien minder ingenome met al die water maar weer eens het ons Munisipaliteit (Booysen & Kie) sonder verwyl ingespring en begin pomp dat die water so spat! -2-

3 Maxie Swart vier neëntig jaar gewoel, maar dit is ongelukkig nie meer moontlik nie alhoewel sy vir haar jare nog goed mobiel is. Haar kleindogter Liesel Loock het gereël dat tannie Maxie se jarelange vriendin, Amy Pienaar, vanaf Beaufort-Wes na Graaff-Reinet kom en het die twee vriendinne op die dag voor die verjaarsdag heerlik by die Drostdy-hotel gekuier en ou stories gesels. Dit was vir haar 'n wonderlike verrassing en groot geskenk. Op die verjaarsdag self het Liesel en Flippie Loock die familie op Springfontein onthaal. Maxie Swart was altyd baie aktief by die Metodiste Kerk, waar sy vir baie jare op die bestuur van die Woman s Auxilliary van Beaufort- Wes was. Deur die kerk was sy dan ook baie betrokke by Kansas, Straatkinderprojekte en lid van die Senior Klub. Sy was altyd bereid om te help en te gee waar sy kon. Die gemeenskap van Murraysburg is saam met haar dankbaar oor nege vol dekades en wens haar net die mooiste vir die toekoms toe. Margaret Johanna Swart, beter bekend as tannie Maxie, van Huis Spitskop het op 17 Januarie haar neëntigste verjaarsdag gevier. Sy is in Somerset-Wes gebore en het op Beaufort-Wes skoolgegaan, waar sy dan ook gematrikuleer het. Na skool het sy by Woolworths gewerk totdat sy op 8 Maart 1947 met Gerard Swart getroud is. Hulle het in Kaapstad, Beaufort-Wes en Port Elizabeth gewoon en gewerk en het op Stilbaai afgetree. Uit die huwelik is 'n seun en 'n dogter gebore. Die seun is ongelukkig reeds oorlede, maar tannie Maxie het vyf kleinkinders en een agterkleinkind. Op 8 Mei 2012 word tannie Maxie 'n inwoner van Huis Spitskop, waar sy op haar stil manier gou in almal se harte gekruip het. Sy is altyd goed versorg, vriendelik, hulpvaardig en haar hande is nooit ledig nie. Sy lees graag en hou van die invul van blokkiesraaisel, maar die oë wil nie altyd meer so goed saamwerk nie. Sy brei graag, o.a. blokke vir komberse en mussies vir vroeggebore babas, wat deur die VLV versprei word. Sy het graag in die tuin Buffelsrivier 25 Jan

4 Youthful en NG Kerk Murraysburg vat hande met opruim die jongklomp geprys vir hulle harde werk en die voorbeeld wat deur Rwanda gestel word, met hulle gedeel. (Sien elders in die Murraysburger die stuk oor Rwanda) Die seuns het ook elkeen skryfbehoeftes ontvang met die woorde dat dit belangrik is dat hulle hard werk in die skool. Die aksie was vir ons dorp en die wens is uitgespreek dat ons almal by Rwanda se voorbeeld sal leer. Kedafie Goeieman van Youthful het die doel van die aksie saamgevat in die woorde: Hoekom doen ons dit? Vir ons dorp. Dis deur die seuns beaam, want dit was ook die woorde waarmee hulle die dag begin het. ~André Louwrens~ Tien seuns het Saterdag, 6 Februarie, soos miere gewerskaf in die sloot wat vanaf die hoërskool en die sementdam afloop. Hulle was deel van n opruimaksie wat gesamentlik deur n jeuggroep in die dorp, Youthful, en die plaaslike NG Kerk aangepak is. Om dit maklik te maak om te weet wat opgeruim moet word, het een van die boere so mooi vir die seuns gesê: Julle moet alles wat die Here gemaak het los en die res moet julle optel. Die munisipaliteit het ook kom hand bysit deur van die groot stukke rommel, soos ou matrasse en drade, op hul trok te laai en weg te ry ashope toe. Die boere, Izak van der Merwe en Jaco van den Berg, het die berg swart sakke vol rommel na die ashope aangery. Elsabé Louwrens, wat die aksie ge-organiseer het, het deurgaans beklemtoon dat aksies van hierdie aard deugde kweek en volhoubaar kan wees. Na die opruimaksie het almal op die pastorie se stoep koeldrank en koek geniet. Ds. André Louwrens het -4- Brief van Dave Pepler aan RSG Liewe Amore, liewe luisteraars: Na al die jare ken julle my mos as een van die aarde se mees deurweekte bitterbekke, en ook as uitgesproke sinikus. Ek beskou die meeste mense as reddeloos verlore, oninteressant en gewetenloos, en dit geld veral vir die inwoners van onse kontinent. Bykans elke stad in Afrika is 'n nagmerrie van besoedeling, onvoltooide projekte, opdrifsels van vuilgoed en lugbesoedeling. Chaotiese verkeer, onpadwaardige voertuie en varkagtige gedrag

5 van bestuurders bevestig elke keer dat hier geen beplanning is nie, dat elke mens eenvoudig net vir homself sorg, en dat omgee vir jou medemens nie meer bestaan nie. En toe, 'n paar dae gelede, land ek vir die eerste keer in my lewe met 'n groepie eko-toeriste van Live the Journey in Kigali, die hoofstad van Rwanda. Toe ons by die lughawe uitry, het dit dadelik doodstil in ons bus geword, en almal het sprakeloos na buite gestaar en eers minute later tot hul sinne gekom. Dis nou drie dae later, en steeds kan my gaste nie uitgepraat raak nie in die stede, langs die nasionale paaie is daar nie 'n stukkie papier of rommel te bespeur nie. Net waar jy kyk is daar groot plakkate wat uitroep: Keep our Country Clean! Reg deur die land tel mense rommel op, vee stof en blare op hopies en sny heinings netjies. Maar dit hou nie by netheid op nie, Amore, dis net die begin van een van die mees verrassende en verfrissende sosiale rewolusies wat ek al ooit gesien het. Mens kan jou beswaarlik indink dat, so onlangs soos 1994, Rwanda betrokke was in een van die mees skrikwekkende volksmoorde in die geskiedenis van die mensdom. Die slagting was op 'n byna ondenkbare skaal en het mens laat dink aan die gruwels van die Middeleeue. Uit die puin van vernietiging en ondenkbare lyding het die leiers van die land besluit om die herstel tot vrede en welvarendheid opnuut aan te pak. Die eerste teiken was korrupsie, en binne twee jaar het hulle dit wortel en tak uitgeroei deur eenvoudig lokvalle vir korrupte amptenary te stel en hul brutaal uit die sisteem te boender. Die boodskap was klokhelder - indien ons land wil groei met vertroue, moet ons saamstaan teen misbruik en diefstal. Alle motorfietsbestuurders wat 'n taxidiens bedryf, dra 'n veiligheidshelm met 'n spaarhelm vir die passasier. By taxi-staanplekke staan almal netjies in 'n ry en wag hul beurt geduldig af. Ek is stomgeslaan oor die orde in hierdie land. Sodra jy die stad verlaat, sien jy verder tekens van innoverende denke om landbouproduksie op te stoot, mense te laat saamwerk in kooperasies en om die produkte teen regverdige pryse te bemark. Nuwe damme word gebou vir visplase met hoender- en haashokke bo die water. Die mis val in die water, die water word verryk en so word die visse vinniger groter as gevolg van die alge wat in die vrugbare water groei. Daar is byeplase, landerye vol piritieen vir die produksie van organiese en eko-vriendelike insekdoder, en mielielande wat die Vrystaat sal laat bloos. Hiermee wil ek net dit sê, Amore, waar daar 'n gesonde politieke wil is, is daar 'n menslike en beskaafde weg. Dit maak my triestig om te sien dat die politieke bestel in Suid Afrika uitsluitlik gefokus is op selfverryking terwyl ons hierdie lieflike voorbeeld aan eie deur het. Ek voorspel dat die geskiedenis ons gaan verdoem en Rwanda gaan verheerlik. Hulle president in Rwanda, sê die mense met trots, wil hê hulle moet gesond wees deur baie groente te eet. Geen oorgewigprobleme nie en baie min diabetes. Geen outomatiese besproeiing, slegs leivore waaruit die kinders ritmies per plastiekemmer die lande natmaak. Reusesakke aartappels word deur kinders van ongeveer jaar per fiets mark toe aangery.. Jy kan jou oë nie glo nie. Ons het gemerk dat almal lig oranje Crocs dra. Hulle verduidelik hulle president voel as jy skoene aan het, het jy waardigheid. Elke Rwandees wat nie skoene het nie, kry by die regering crocs. Die skoene word dan by plaaslike markte vervang met nuwes teen 'n lae prys. Ons was die laaste Saterdag van die maand daar. Alle winkels, banke, kafees en net mooi alles is toe. Dit is 'we clean our country' - dag. Vanaf die president tot elke kind wat kan, maak skoon, verf huise, vee strate, en ons het mense gesien wat op lang brandweer-tipe lere die lamppale skrop, en mense wat padtekens was. Ons laat ons vertel dat President Kagame en sy seuns saam skoonmaak op straat. Nie een kind het ooit by ons gebedel nie. Hulle kom nuuskierig nader en vra: 'Where are you from? Welcome to Rwanda'. Vra nooit vir iets nie. Interessant... hulle praat sag met mekaar, nooit 'n skreeuery nie. In winkels is gedempte geluide hoorbaar, nooit luid nie. As die politieke wil daar is, en korrupsie is uitgeroei, is enige iets moontlik. 'n Merkwaardige ondervinding. Laat die wat oë het om te sien en ore het om te hoor, nou kennis neem van die suksesse van Rwanda. Met groetnis, Dave ~ Met erkenning aan Dave Pepler en RSG ~ -5

6 Die volgende berig, wat in die destydse "Murraysburger" verskyn het, was 'n huldeblyk aan Joan Pianaar wat op 8 Januarie 1999 oorlede is. Dit is geskryf deur Jan (Petrol) du Toit, 'n legende in sy eie reg. Hy bring hulde aan Joan en haar helpers, eggenotes van spelers en lede van die rugbyklub. Op die platteland kan gewis baie sulke stories vertel word van mense wat deur soortgelyke fondsinsamelings gebou het aan infrastruktuur wat vandag nog bestaan en benut word. Saam met Jan kan ons net hulde bring aan diegene wat so onbaatsugtig onder soms moeilike omstandighede geld ingesamel het vir soortgelyke instansies ~ Alida Pienaar ~ -6-

7 Die Lang Arm van die Gereg Op 27 Januarie het Murraysburgers die voorreg gehad om te luister na die goeie raad van Rhona Scheun. Sy is n staatsaanklaer van Graaff Reinet en aangesien sy in die toekoms op n meer gereelde basis Murraysburg toe sal kom op sake te hanteer, het sy ingestem om n lesing te kom gee oor wat van die publiek redelik kan verwag van n staatsaanklaer, en omgekeerd wat die staatsaanklaers van die klaers, die publiek, verwag. Die staatsaanklaer se werk is om skuldigbevindings te verkry en hulle rapporteer dat ook aan die Nasionale Vervolgingsgesag en nie aan die Polisie nie. Dit is maar n deurmekaarspul want alhoewel Murraysburg in die Weskaap val, resorteer hy onder Graaff Reinet as dit kom by regsake en om dinge nog verder deurmekaar te krap, word baie van ons sake hanteer deur aanklaers en landdroste van Victoria Wes wat weer in die Noordkaap val. n Resep vir n Babelse verwarring. Hopelik sal dinge nou beter verloop met Rhona as meer permanent en n permanente vehouding met haar opgebou kan word. Rhona se aanbieding was op amusante wyse aangebied en sy het die andersins droë onderwerp deur middel van staaltjies en episodes uit haar eie ondervinding opgespys. Aangesien veediefstal en veldslagters ten ene male die Murraysburgers se grootste kopseer is, het sy dit as vertrekpunt gebruik en was Gert, die fiktiewe veedief, telkemale in die hof en het sy verduidelik hoekom sulke sake van die moeilikste is om skuldigbevindings te verkry. Meestal omdat die bewyse gewoonlik opge-eet is! Die goue resep vir enige suksesvolle vervolging lê in die dossier. Dit is al waarop hulle werk en hoe vollediger die dossier, hoe groter die kanse op suksesvolle vervolging. Die omgekeerde is egter ook waar en menig waterdigte saak het al gesink as gevolg van swak dossiere. Die finale boodskap is maar dat enige misdaad sonder verwyl by die polisie gerapporteer moet word en moenie aan die misdaadtoneel peuter voor die forensie ondersoek nie afgehandel is nie. n Mens is maar geneig om so spoedig moontlik na n inbraak op te ruim. Goeie verhoudings, en geduld, met die polisie is ook van kardinale belang. n Ander interessante punt wat Rhona gemaak het, is die kwessie van besit van gesteelde goedere. Al het jy iets in goedertrou by iemand gekoop, sal jy die item verbeur as dit in jou besit gevind word en daar is selfs die moontlikheid van vervolging as bewys kan word dat jy redelikerwys moes geweet het dis n gesteelde item. En ten slotte, die polisie het nou spesialis veediefstaleenhede van Beaufort Wes op gereedheid en dit is hulle plig om van tyd-tot-tyd padblokkades te hou om die vervoer van onverwerkte vleis te beheer. So, dorpenaars, al is dit n ergenis, kry maar n briefie van die boer wat jou n boud of n bladjie of twee present gee en vermy enige onnodige konfrontasies. Die manne en vroue moet ook net hulle werk doen

8 Windplase, Skaliegas, Kernkrag, Steenkool.? Op 28 Januarie het ARCUS n aanbieding kom lewer oor die uitslag van hulle omgewings-impakstudie oor die voorgestelde windplaasontwikkeling in die Murraysburg distrik. Die byeenkoms het amper meer herinner aan n Stand van die Nasie toespraak weens die talle objeksies oor beweerde foutiewe prosedures en verskeie ander onderbrekings wat onnodig afbreuk gedoen het aan die vloei van die gesprek. Die moderne mens se onversadigbare dors na goedkoop energie ken geen perke nie. Ons wil almal die gerief geniet van net n skakelaar gooi en die lig moet brand. O, die weemoed as dit tyd is vir kosmaak en die elektriese stoof bly koud, die onuithoudbare ongerief van n lugverkoeler wat nie werk nie, die geweeklaag as die yskas afloop en die melk word suur, supersport wat nie gekyk kan word nie want die DSTV is van die lug af, ens, ens. Die aarde is ongeveer 4½ duisend miljoen jaar oud. Die gebruik van elektrisiteit vir beligting, vervoer en vele ander gebruike het maar eers in die laat 1800 s ontwikkel minder as 150 jaar gelede. In hierdie kort tyd het die mensdom daarin geslaag om die fossielbrandstowwe wat die aarde so lank geneem het om te vorm, feitlik uit te put. n Geleerde het eens gesê dat die mens die enigste lid van die diere-spesie is wat doelbewus sy eie habitat vernietig. Daarby kan gevoeg word dat hy sy tegnologiese kennis inspan om die proses nog verder te versnel. In deperaatheid het die mens begin soek na hernubare energiebronne en onder andere aanleiding gegee tot die ontwikkeling van windplase. Of windplase eknomies, ergonomies of ekologies regverdigbaar is, is debatteerbaar en gaan nog baie oor baklei word. Die groter vraag is egter nie die ekonomie, die ergonomie of die ekologie nie, maar wat ons verskuldig is aan die aarde wat ons enigste tuiste is en weens die mensdom se hebsug binnekort onleefbaar sal word. Die groter prentjie gaan egter nie oor die verdienste van een energiebron bo die ander nie, maar eerder hoe ons ons lewensstyl moet verander en afskaal om minder vernietigend op te tree. Ons dring almal aan op die gerief van 24/7 goedkoop elektristeit, en net solank die NIMBY-beginsel (Not In My BackYard) geld, gee ons nie regtig en eerlik om waar die krag vandaan kom nie. Kies self

9 Get ready for the run of your life, April 2016 The idea of this run is to combine the beauty of Karoo and its people, Karoo food, and the spirit of trail running and adventure into one event where you challenge yourself and appreciate nature. The running: This event is ideal for people new to long distance trail running. The run is just long and challenging enough to set a goal for yourself if you are fit and already used to running. Although we will have prizes, the idea is to take your time and ENJOY your surroundings, the wide open spaces of the Karoo, the sweet thorn forests, and the harsh mountains. All of this while testing yourself and your capabilities. Food: We will be spoiled by our locally-based professional chef Erika Grebe, from Karoo Cuisine, who will prepare all of our meals. Please see the menu here. If you have any special dietary requirements, BE SURE TO LET US KNOW VIA , so that we can make arrangements for you. Accommodation: It is important to note that accommodations will be shared. The first night will be in guest houses in the town of Murraysburg. The second night we are sleeping in a cozy cabin in the veldt where there are beds for everybody as well as a large communal kitchen, braai and living area. The third night we will sleep in a large farm house, again with beds for everybody, but sharing rooms. If there are any couples wanting to enter, wanting to share a double bed, please let us know so that you get first priority for the double bed. Schedule/Time table: 28 April 2016 Arrive in Murraysburg on 28 April Race briefing, registration and number collection - 19:00 Light evening meal - snacks Go to separate accommodations. 29 April 2016 Breakfast - 05:00-05:30 Start of run - 05:45. Run 30km through beautiful Karoo veldt along the Buffalo River and through Acacia Karoo woodlands. Arrive at Visgat cabin, accommodation for the night. Braai, socialize and rest. 30 April 2016 Another early start with breakfast served - 05:00-05:30. Take off for the day - 05:45 33km will start flat but soon you will start climbing Wolwekop. This is a long, gradual climb that will last for a big part of the run, with lots of loose rock, but in the end, the views at the top will be worth it. Once you reach the top you will descend the mountain and have a short straight to Misthoek, where we will stay in the holiday farm house, have an amazing 3 course meal and then have our prize giving. Another fun filled night of kuiering around the fire and relaxing, with by now, good friends. 1 May Breakfast - 07:30 Ride back to town 09:00-10:00 Cost: R4000 per person (This includes all of your meals, running, 3 nights' accommodation, parking, t-shirt or top) In order to secure a spot, please fill in the entry form online (here) and then we will forward you banking details. We strictly require a 50% deposit to secure a spot. Be sure to check our our website for more detail Kind regards Willem Avenant Follow: - 9 -