SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

Size: px
Start display at page:

Download "SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF"

Transcription

1 EKSKLUSIEF SA se Samaritane Gift of the Givers reik wêreldwyd uit Gift of the Givers verleen daagliks hulp aan duisende mense hier in Suid-Afrika waar die organisasie se wortels lê, maar ook regoor die wêreld. En dit het alles begin met een vreeslose man wat sy eie mediese praktyk gesluit het om alle mense wêreldwyd te dien. DEUR: Sonja Carstens FOTO S: Alet Pretorius & Gallo Images (Nelius Rademan, Dino Lloyd & Jan Right) 38 élan <<< >>> winter 2015

2 Om alle mense van alle rasse en alle klasse te alle tye te dien. Dít was die oogmerk waarmee dr. Imtiaz Sooliman die humanitêre organisasie Gift of the Givers in 1992 begin het. Sedertdien leef Sooliman en sy sowat 100 personeellede dié beginsels daagliks uit. Gift of the Givers is die grootste nieregeringsrampreaksiegroep in Afrika en het reeds meer as R1,2 miljard se hulp in 42 lande verleen. Ek wil graag ander mense met liefde dien sonder om iets terug te verwag. Ek het nooit voorsien dat Gift of the Givers só groot sou raak nie, sê Sooliman. Die organisasie het veral bekend geraak danksy sy volgehoue pogings om die Bloemfonteinse onderwyser Pierre Korkie deur onderhandelings te probeer bevry. Korkie is ná 18 maande in aanhouding saam met nog n gyselaar, die Amerikaner Luke Somers, weens skietwonde dood ná n mislukte Amerikaanse reddingspoging. Gift of the Givers het onlangs aangekondig dat hulle ook gaan probeer om Stephen McGowan se vrylating in Mali te probeer onderhandel, al het die organisasie nie n kantoor daar nie. Die 40-jarige McGowan is op 25 November verlede jaar ontvoer. Sy familie het by die organisasie om hulp gepleit nadat hulle suksesvol was in die onderhandelings vir die vrylating van Yolande Korkie, Pierre se vrou. Gift of the Givers was ook onlangs in die nuus toe hulle reddingswerk in die aardbewinggeteisterde Nepal gaan verrig het. >>> Ek wil graag ander mense met liefde dien sonder om iets terug te verwag. Ek het nooit voorsien dat Gift of the Givers só groot sou raak nie. ~ Dr. Imtiaz Sooliman ~ winter 2015 <<< >>> élan 39

3 Gift of the Givers-dokters in die Mayaadrajour-hospitaal ondersoek n man wat in die aardbewing in die Thini-woonbuurt beseer is. Hulle het operasies in verskeie hospitale uitgevoer. Onbaatsugtige werk ondanks omstandighede Min mense besef egter in watter gevaarlike omstandighede en vir hoe lank Gift of the Givers reeds dié onbaatsugtige werk wêreldwyd doen. Volgens Sooliman het hy destyds pas sy eie mediese praktyk geopen toe hy besluit het om hom op humanitêre werk te begin toespits. Die burgeroorlog in Bosnië was die eerste plek waar die organisasie met Sooliman aan die hoof van die sending hulp gaan verleen het. In 1993 het Gift of the Givers hier die wêreld se eerste mobiele hospitaal bekendgestel, en in 2003 het Gift of the Givers die eerste organisasie in Suid-Afrika se geskiedenis geword wat R60 miljoen van die regering ontvang het om humanitêre verligting in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te bring. Sooliman, wat oor die jare 43 toekennings vir sy werk ontvang het, vertel van die span se talle noue ontkomings. Hy en sy reddingspan het net uit n gebied in Libië beweeg kort voordat bomme daar geval het. Dieselfde het gebeur kort voordat bomme n hospitaal in Sirië getref het wat deur die organisasie bestuur is. Dié pa van vyf kinders en oupa van twee kleinkinders sien sy eie gesin baie min omdat hy geweldig baie tyd weg van die huis af spandeer. Ek vind dit baie stresvol om net by die huis te sit en rus. My brein is heeltemal te aktief! Samita Pandey, een van die Gift of the Givers-dokters, ondersoek n kind in die Kaule-dorpie waar hulle basiese gesondheidsdienste aangebied het. 40 élan <<< >>> winter 2015

4 aanspraakmakers Aashim Miya (8) word ondersoek deur n dokter in die dorpie Kaule. Kospakkies word in Oktober 2014 in die Kya Sands-informele nedersetting in Johannesburg uitgedeel nadat n brand meer as mense dakloos gelaat het. Ek het al te veel seer en hartseer gesien waaraan iets gedoen moet word, vertel Sooliman. Gratis diens sonder eie gewin Vrywilligers wat hul dienste vir die organisasie aanbied, kom uit alle oorde. Sooliman sê Gift of the Givers het 140 medici en 70 soek-en-reddingswerkers op gereedheidsgrondslag. Almal dien ander gratis. Selfs in gevalle waar die organisasie daarop aandring om hulle te betaal, weier hulle steeds enige bydraes al verloor hulle duisende rande elke dag wat hulle nie in hul eie praktyke werk nie, sê Sooliman. Benewens dokters, verpleegpersoneel, spesialiste, dieetkundiges, sielkundiges, fisioterapeute en arbeidsterapeute, is argitekte en ingenieurs wat hospitale help bou ook deel van die organisasie se ondersteuningsnetwerk. Die groei van die organisasie het Sooliman genoop om sy privaat mediese praktyk op 30 Junie 1994 te sluit. Die organisasie het tans 21 projekte aan die gang. Ek leef Gift of the Givers 24 uur per dag uit. In Suid-Afrika het ons vyf kantore en daar is nog sewe kantore in die buiteland. Dit mag klink na n enorme operasie, maar die organisasie het slegs 100 mense voltyds in diens. Niemand kan glo hoeveel ons met so n klein groepie mense vermag nie, vertel Sooliman. >>> winter 2015 <<< >>> élan 41

5 aanspraakmakers Kos en komberse is verlede jaar tydens die stakingskrisis in Rustenburg deur Gift of the Givers en vrywilligers uitgedeel. 42 élan <<< >>> winter 2015

6 Gift of the Givers het basiese gesondheidsdienste in Kaule aangebied. Verskeie huise in die gebied is verwoes en die meeste mense moes buite slaap. Drie lede van dieselfde familie is in dié dorpie dood. Gift of the Givers se Suid-Afrikaanse projekte Hulle het die eerste kliniek ter wêreld in n vraghouer begin. Daar is tans 20 van hierdie mobiele klinieke landwyd in gebruik. Die organisasie het n hoëproteïen-sojaaanvulling ontwikkel wat veral gemik is op pasiënte met tuberkulose en MIV/vigs. Gift of the Givers bedryf n inbelhulplyn wat onder meer beradingsdienste aanbied. Die nommer is Die Gift of the Givers-stigting het in 2006 die grootste oopbronrekenaarlaboratorium in Afrika bekend gestel. Dié laboratorium by die Northbury Park Sekondêre Skool in Pietermaritzburg spog met 110 rekenaars. Die organisasie verleen hulp met landbouontwikkelings in afgeleë gebiede. Hulle is voortdurend betrokke by die uitdeel van kospakkies en komberse in arm gebiede. Raak betrokke of vind meer uit op die webtuiste Medemenslikheid sonder grense Gift of the Givers onderneem sendings na gebiede wat die res van die internasionale gemeenskap huiwer om te besoek. Die organisasie se leuse is ons dien alle mense onvoorwaardelik, ongeag hul ras, geloof, kleur, politieke verband of geografiese ligging. Gift of the Givers het nog nooit grense vir mensemenslikheid gestel nie, al bevind hul spanne hulself gereeld in lewensgevaarlike situasies. Sooliman is op n keer in die oorloggeteisterde Bosnië met n geweer teen die kop aangehou. Die oorlog in Sirië, waar dokters moet opereer terwyl bomme en granate buite die noodhospitaal ontplof, het die grootste impak op Sooliman gehad. Dáár is enige persoon as die vyand gesien. Op n dag was daar ongevalle. Die mees hartverskeurende geval was n negejarige seuntjie wat deur sy pa geskiet is toe dié sy vuurwapen skoongemaak het. Die kind is in die hart geskiet. Ons kon niks vir hom doen nie. Vir 35 minute lank het alle bedrywighede in die hospitaal tot stilstand gekom. Daardie skietvoorval was simbolies van alles wat in Sirië aan die gang was. Dit was nie n geval van soldate wat teen mekaar veg nie, maar gewone mense wat niks van wapens weet nie. Vreesloos op die voorpunt Sooliman lei altyd self Gift of the Givers se buitelandse sendings. Ek neem die risiko self. Ek is nie bang nie. Ek sal sterf wanneer dit my tyd is. Op n keer is ek in Suid-Afrika gekaap en die heeltyd gedreig dat ek doodgeskiet sal word. Ek is nie bang om te sterf nie, sê Sooliman. Volgens Sooliman sal hy graag wou sien dat armoede in Suid-Afrika uitgewis word en die land meer baat vind by die opheffing van die res van die vasteland. Sy grootste droom is om sy eie Gift of the Givershospitaal op die been te bring waar pasiënte die allerbeste privaat mediese sorg kan kry, en volgens hul vermoë daarvoor betaal. Hier sal dokters nie n wins maak nie, maar hulle sal hul kundigheid gebruik om terug te ploeg in die armes se gemeenskap. Dit is die laaste ding wat ek wil doen voordat ek my oë finaal toemaak, vertel hy. Volgens Sooliman het Gift of the Givers nog nooit nodig gehad om bakhand te staan nie. Ek vra nie dat mense vir ons geld gee nie. Ons doen wat ons doen en is baie dankbaar vir die geld wat inkom. é winter 2015 <<< >>> élan 43

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord Kaapse Afdeling / Northern Cape

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer:

More information

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

!#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012 !"#2 JANUARIE 2012 Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 !"#2 GEMIDDELDE OPLAAG 41 042 000 UITGEGEE IN 84 TALE IS DIT PRAKTIES OM EERLIK TE WEES? 3 Oneerlikheid

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER... Jaargang 21Vol. 01 (Januarie 17) ARLOS IRLMAIER Net soos by Siener van Rensburg het toekomstige gebeure voor Irlmaier in beeldvorm verskyn en kon hy verwoord wat hy sien. WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse SMS Fleet (Pty) Ltd Maatskappy in privaat besit gestig in 2006 Ons produk My Tracer is n lokaal ontwikkelde, briljante, internet gedrewe GPS Voertuig Volg Sisteem met n volledige Geoutomatiseerde Elektroniese

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820-1902 Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein IERLAND Lys van bekende stamvaders 1820-1902 ALLISON, William James BAIRD, John BECK, John Frederick BOYCE, Thomas Robert

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

Rubriek vir skeppende werk

Rubriek vir skeppende werk Meyer van Rensburg J. W. du Plessis Heilna du Plooy G.A. Jooste Gedig Gedigte Mmamodidi Die reëls van die spel 129 130 132 144 Rubriek vir skeppende werk Met die afdeiing Litera tree ons toe tot die mark

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPêLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPêLAFDELING) Saak no. 58/86 E du P IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPêLAFDELING) In die saak tussen: ZAMILE WILLIAMS Appellant en DIE STAAT Respondent Coram: RABIE HR, CORBETT, HOEXTER, BOTHA et VAN HEERDEN

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling

Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling Die Verskynsel van Gesinne wat betrokke is by BG SluitnG ITlincJ oor Onttrekking van Lewensondersteunende Behandeling M. Oberholster M Cur (Psigiatriese Verpleegkunde) RAU & A Gmeiner D Cur (Psigiatriese

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry! Stad sonder mure n Toneel deur Theo de Jager Faan Louw, suksesvolle ginekoloog Bart Kruger, voormalige Blou Bul-flank, in n rystoel In Bart se woonkamer, matig luuks. Faan stoot die voordeur toe. Faan:

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 GOEIE VRYDAG Wanneer u hierdie uitgawe ter hand neem, is Goeie Vrydag al verby en is ons midde-in die Paasnaweek. Hierdie naweek is die

More information

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop D E U R J O H A N G E Y S E R Op die pad van hoop Professore, dokters, akademici, rektors, filmsterre, sportsterre. Dalk mense wat binnekort Mars toe kan gaan! Die wêreld is konstant aan die verander.

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Vader sy soenoffer volkome aanvaar Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 13 FEBRUARIE 2016 LYDENSTYD Almal weet dat ons weer volgens die kerklike kalender by lydenstyd is. As jy op ons gemeente se almanak kyk, sal jy sien dat

More information

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1 BULT April 2004 Jaargang 52, nr.1 UV het gegroei uit beskeie begin Eeufees skop af Universiteit van die Vrystaat University of the Free State Yunivesithi Ya Freistata Nuustydskrif van die Universiteit

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11

More information

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7 By: Siyavula Uploaders Online: < http://cnx.org/content/col11024/1.1/ > C O N N E X I O N S Rice

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING SAAKNR: 427/90 In die appèl van LESLEY PRETORIUS Eerste Appellant CECIL PRETORIUS Tweede Appellant en DIE STAAT Respondent Coram: JOUBERT, E.M GROSSKOPF,

More information

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD) n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief deur THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN vir die graad PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD) DEPARTEMENT PRAKTIESE TEOLOGIE (Pastorale

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, September 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, NS. Met vandag se tegnologie kan ons seker n naskrif aan die begin van n brief aanheg. Dit was baie interessant om Daspoort

More information

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society Navorsings- en oorsigartikels / Research and review articles (1): Voorwaardes vir n gesonde samelewing (gemeenskap) 525 Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as

More information

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

VAANDELDRAER HULDEBLYK AAN VOLKSMOEDER EN KIND EUROPA SE MIGRASIE KRISIS KARIBA WATERVLAK SAK STEEDS SIRIE - 3DE WERELDOORLOG EN MEER...

VAANDELDRAER HULDEBLYK AAN VOLKSMOEDER EN KIND EUROPA SE MIGRASIE KRISIS KARIBA WATERVLAK SAK STEEDS SIRIE - 3DE WERELDOORLOG EN MEER... HULDEBLYK AAN Jaargang 19 Vol. 9 September 2015 VOLKSMOEDER EN KIND Die oorlog is verby maar die wraak op die pioniersvrou se agter-, agternasaat het nog nie geëindig nie... EUROPA SE MIGRASIE KRISIS KARIBA

More information

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie 29-1 841 - MARITZ was en dan maak by die volgende stelling "Dit blyk uit n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie die oproer op 16 Junie verwag bet nie" en dan gaan by verder aan. Nou kom

More information

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA   CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA   1. NAAM 1. NAME CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA www.cycadsociety.org BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA www.cycadsociety.org 1. NAME The Society shall be known as the CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA, hereafter referred to

More information

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) qa^remongp; cc 482/85 )L - DELMAS 1986-07-30 ; : DIE STAAT t«en: PATRICK MABUTA BALEKA 21 AKPEB VOOR: SY EDELE REGTER VAK DIJKHORST

More information

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS' M ENDI M EM O R IA L S IL V E R A N N IV E R S R Y 2 2 N D FEBRUARY 1 9 4 2 BANTU SPORTS CLUB' VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. I d. AFRICANS' OWN 1.00 p.m. 1.45 p.m. 2.00 p.m. to 2.30 p.m. 2.20

More information

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016 Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016 In hierdie Maandagoggend Vooruitsig bied Prestige Bulletin u die volgende: 1. Wees versigtig die JSE is uiters gevaarlik. 2. Verlede week op aandeelmarkte. 3.

More information

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN?

WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN? Geskiedenis/V1 VRAAG 3: 8 DoE/Model 2008 WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VSA IN DIE 1960's ONTSTAAN? BRON 3A Hierdie uittreksel kom uit die bekendste toespraak deur Martin Luther King, 'n

More information

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes Bladsy 1 van 135 n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman 76206328 Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad M.A. Departement: Ou Testament

More information

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE Die Departement Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Fort Hare

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

KAMPUSNUUS. Waar. dewandeling. Maart Uitgawe 2. Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit Maart 2005 - Uitgawe 2 KAMPUSNUUS Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit Studente en personeel tydens die onlangse Waardewandeling. Hier tussen 'n klompie studente is Vincent

More information

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information

Geen diens, geen instandhouding, geen niks Bose kringloop gaan ekonomie knak

Geen diens, geen instandhouding, geen niks Bose kringloop gaan ekonomie knak Die 40 jaar http://www.hnp.org.za/afrikaner Tel: (012) 335-8523 30 Julie - 5 Augustus 2010 Jaargang 41 Nr.1939 PRYS R6-00 Geen diens, geen instandhouding, geen niks Bose kringloop gaan ekonomie knak Anita

More information

Pasteur en Lister oorwin kieme *

Pasteur en Lister oorwin kieme * OpenStax-CNX module: m24216 1 Pasteur en Lister oorwin kieme * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE:

More information