Deelnemers KAAPSTAD. Erkenning !!!!!!! ! 1! Artikel: Fotos: Organiseerder: HEMEL-EN-AARDE VALLEI (Bykomstig tot

Size: px
Start display at page:

Download "Deelnemers KAAPSTAD. Erkenning !!!!!!! ! 1! Artikel: Fotos: Organiseerder: HEMEL-EN-AARDE VALLEI (Bykomstig tot"

Transcription

1 Deelnemers KAAPSTAD Jurie Erasmus (Leier) Angus Dyason Annette Erlank Chris Herbst* Chris Swanepoel* Douglas Thomas* Edwin Dyason Elize Herbst* Gerda Swanepoel* Lynette du Toit Thea Dyason HEMEL-EN-AARDE VALLEI (Bykomstig tot bogenoemde lede) Elna Bosman Hanli Townshend Marlene O Connell Mienie Ellis Mike Wray Rina Wray Theresa Oldewage Welmé de Beer Erkenning Artikel: Fotos: Edwin Dyason Jurie Erasmus Theresa Oldewage Organiseerder: Jurie Erasmus * Slegs Kaaptoer gedoen. SATERDAG 22 APRIL Ons vertrek vrolik na die Kaap om die middag by Edwin se broer, Brian s (Guesthouse?) in Parow te arriveer waar ons vir die volgende 5 nagte sou tuisgaan (of is dit dalk plak?) want almal het nie die luukse van n bed gehad nie en moes sien kom klaar met n matras op die vloer SONDAG 23 APRIL Dis met opgewonde afwagting dat die 12 Berg-en-Dallers en 8 gaste by die kabelkar-stasie om 8.00 ontmoet om die INDIA VENSTER- ROETE te stap. Die roete kry sy naam van die ravine tussen 2 groot rotse in die vorm van die Indiese kontinent. Volgens Jurie se inligting is daar afgronde, staalpenne wat in die rotse ingekap is asook kettings. Laasgenoemde is om die roete veiliger te maak (en ons minder seker van onsself) Die roete begin regs van die kabelkar-stasie met klip trappe wat ons al onder die kabel berg op laat klim. Na die eerste steil klim, draai ons links af om die Venster te gaan besigtig. Na nog n steil klim, is die kettings en penne aan die beurt. 1 Ten spyte van warm sonnige weer, het almal goed gevaar maar by die groot rotse se op en oor, het die manne menige helpende hand moes verleen. (Ons het agterna gevoel dat dit nie vir ons so angswekkend was as wat aanvanklik die gevoel was nie.). Tog ervaar mens onsekerheid want hoe hoër ons klim, kyk ons op na loodregte kranse van by die 100m wat die lug inskiet met die kabelkar-stasie wat met alle mag op die punt vasklou: hoe gaan ons bo-op die berg kom? Die kabelkarre beweeg met gereelde tussenposes bokant ons koppe verby terwyl ons al hoe hoër opklim. Tog stop ons om ywerig vir die kabelkar-ryers te waai.

2 SONDAG 23 APRIL (Vervolg) Aan die onderpunt van die 100m hoë kranse swaai die voetpad na regs om ons aan die westekant van die berg oor n breë lys en dan in n vallei tot bo-op die berg te laat klim. Dit bied ongelooflike uitsigte af na Kampsbaai en die Atlantiese Oseaan asook op na die loodregte kranse waar ons n paar rotsklimmers hoog bokant ons koppe teen die roste kon waarneem- dis waar Jurie ookal geklim het Bo-op Tafelberg word water by die Restaurant aangevul. Dan stap ons aan na McClear s Beacon waar ons vêr en wyd afkyk op Kaapstad en omgewing. Die roete vandaar lei ons na Skeleton Gorge (ook bekend as Smuts Track) Dit is n pragtige kloof met die mooiste groot bome wat ons baie steil laat afstap tot by die Botaniese Tuin. Met behulp van n taxidiens word almal weer by hul motors besorg en kan ons huistoe ry. Ons het berg-op 750m geklim en in totaal 14km gestap. Wat n hoogtepuns is die India Vensterroete nie Chris en Gerda moes ongelukkig die oggend omdraai as gevolg van die hitte maar het nogtans vir ons gewag en ook by Gerda se broer vir ons die heerlikste vars gebakte vis en skyfies vir aandete gaan haal. Nogmaals baie dankie daarvoor want Gerda se broer wou nie eers betaling daarvoor gehad het nie. Hier is van die stappers se kommentaar: Jurie: Lekkerrr-dit 39 jaar gelede geklim. Edwin: Roete minder scary maar moeilik. Thea: Ek het te vinnig gestap en die Venster gemis. Douglas:Uit die boonste rakke Angus: Fun, maar lank. Lynette: Moeilik, moeilik, moeilik en warm, warm warm. Chris Herbst: Most extreme hike I have ever experienced and most pleasant company to hike with. Elize: Most extreme hike ever Annette: Dit is n belewenis, was skrikkerig (angstige afwagting maar avontuur was ongelooflik- breë visie van die stad, berge en vergesigte vanaf McClears Beacon. Gerda: Was too hot to handle 2

3 MAANDAG 24 APRIL Na gister se stap, word besluit om die Olifantshoekroete by Kaappunt te stap. Dit is n 7km sirkelroete wat kuslangs oor wit duine verby oorblyfsels van skeepswrakke neem. Dis son, sand en see en WIND. Dan ry ons na die vuurtoring by die PUNT en gaan verken al die uitkykpunte. Dis ongelooflik mooi om so hoog te kan afkyk op n pragtige geronde spierwitte strandjie asook die ruwe regaf kranse na onder om daar deur n blouselblou see omsoom te word. KOMMENTAAR: Jurie: So lekker soos n cracker. Elize: Interessante belewenis so om op die spierwit sand te loop met seewater wat turkoois vertoon. Angus: Bord aanduidings op die Punt moet reggestel word: dit moet lees KYK UIT VIR DIE BOBBEJANE. Chris H:Die hans bobbejane wat so in die pad lê; mens moet om hulle loop. Edwin: Kla oor die twee swakkelinge in die groep wat met die FUNICULAR afgery het en n derde kreupeling wat op EN afgery het. Chris: Dit was n slim en en dapper stapper Thea: Uitkykpunte was pragtig en ek het lekker saam met Edwin afgedraf na onder Doug: Lekker as usual Was my eerste keer by Kaappunt. Bietjie anders as wat ek dit verwag het. Gerda: Stap nie so mooi maar Kaappunt is baie besonders. Chris H:Ongeag die wind, was dit n baie aangename stap. DINSDAG 25 APRIL Duiwelspiek is ons stap vir die dag. Dis nie so moeilik soos India Venster nie maar tog hoogs belonend. Vanaf Duiwelspiek het ons vir Angus gevolg na n volgende maar laer piek met die naam Oppelskop. Daarna is ons verby steil kranse af na onder en met n sirkelroete terug na die motors. KOMMENTAAR Chris H: Was amazing dag en moeilik, maar beslis dit werd. Vroeë oggend uitkyk oor Kaapstad noem ons Feetjieland.Die saamstap en bly was vir ons besonders. Edwin: Was een van my ideale en ek is gelukkig. Verseker makliker as wat ek verwag het. Kan nie wag vir n volgende keer nie. 3

4 Thea: Dit was lekker om op die piek te kan staan met baie mooi uitsigte. Lynette: Was n wonderlike belewenis en mooi. Ek is bly ek kon dit doen. Angus: Lekker gestap in die koelte. Baie mooi panoramiese uitsigte vanaf die piek. Elize: Asemrowende uitsigte. Dit voel asof jy uit n vliegtuig uitkyk. Jurie: Cool stap met 360 grade uitsig. WOENSDAG 26 APRIL Die keuse val op Koeberg want almal is moeg vir Kaapstad se verkeer. Die weer lyk belowend en ons gaan stap al reën dit. Ons parkeer by Koeberg en stap oor na die Inligting Sentrum. Die vriendelike dame by Ontvangs bied aan om vir ons n kort film van 25 minute te wys- baie insiggewend om so binne-in Koeberg se maag te kan kyk. Dan gaan stap ons n kort roete wat ons oor sandduine sal neem. Die manne begin egter onrustig raak oor die weer wat al meer dreigend raak en dis kort-kort blitse en selfs donderslae wat ons sien en hoor. Dan word summier omgedraai en vinnig teruggestap na die Sentrum; kyk van die Berg-en Dallers kan vinnig stap, maar nou was selfs dit nie vinnig genoeg nie. Daar is gehol vir onderdak beskerming want dis sulke groot druppels wat ons gou nat het. Die vriendelike dame by Ontvangs was steeds vriendelik en nadat elkeen n stuk wit papier gekry het om af te droog, word selfs koffie aangebied. Dan ontvang elk ook n plastiese poncho- alles gratis Ons het sommer heerlik daar gekuier en ons broodjies saam met die koffie geniet. KOMMENTAAR Jurie: n Stap, n blits en toe stortreën dit in Koeberg- so tussen die atome Elize: Dit was opwindend om tussen die weerligstrale terug te hardloop so in die reën. Edwin: Elektromagneties Chris H: Dit was n stap met n verandering danksy Eskom se Gasvryheid- Wet, wild and wonderful. Angus: Was interessant maar te gou omgedraai; ou mense was bang vir die blitse en water Rose: I felt electrified Koeberg en n donderstorm- en dit in dieselfde gebied HEMEL-EN-AARDE VALLEI: APRIL DONDERDAG 27 APRIL Dis oppak en aanry na die Hemel en Aarde Vallei by Hermanus. Ons bestemming is Overstrand Training Institute. Daar aangekom, wag Edwin se oom, wat almal net Schalk noem, ons in. Edwin en Thea en Angus slaap by sy ma en Jurie, Annette, Lynette en ek trek in die een kamer in.kort voor lank sluit Mike, Rina, Hanli, Elna, Mienie en Welme by ons aan. Chris, Gerda en Doug is terug huistoe en Chris en Elize het ook aan beweeg om by vriende te gaan kuier. Theresa en Marlene slaap weer by n vriendin. Daar is egter afgespreek om die middag n kort roete te stap. Schalk is betrokke by die uitlê van die paadjies wat hoofsaaklik deur fietsryers en op Saterdae vir die Parkrun gebruik word. Ons is die eerste groep wat van die paadjies kom stap en Schalk wou ook graag ons terugvoer hê." " 4

5 VRYDAG 28 APRIL Ek het n vriendin, Helene van Niekerk wat seker by die 20 jaar gelede hier gewoon het en saam met ons gestap het. Sy woon nou in Onrusrivier en het goedgunstiglik ingestem om ons weer na Vogelgat Natuurreservaat te neem. Dit is n private reservaat en daar kan slegs saam met n lid van die reservaat gestap word. Tien van ons ontmoet Helene om 8.00 en stap in heerlike weer die berg op. Die veld is pragtig asook die omgewing. Dis lieflike klowe berg in en na die anderkant kyk ons af op n meer en die see met Hermanus in die verte. Helene neem ons tot by een van die hutte waar lede kan oorslaap en terwyl daar iets genuttig word, gaan sy en nog 2 brawes in die yskoue bergwater swem. Dan stap ons aan en so 4 ure later, aan die teenoorgestelde kant van die vallei, voltooi ons die sirkel en stap uit waar ons voertuie geparkeer staan. Dit was n heerlike oggend se stap saam met Helene. Daar is egter nog genoeg tyd oor om na Fernkloof te ry en daar n sirkelroete van 5km te stap. Jurie het met die res van die groep eers Hoys Koppie uitgestap en toe so 11km vanaf die Ou Hawe tot by Voëlklip gestap en is beloon met pragtige uitsigte oor die see waartydens hulle het selfs walvisse en skole dolfyne gesien het. SATERDAG 29 APRIL Ons is 15 stappers wat die Rooi Roete aanpak oor 16km. Dis warm, soos in 34 grade Dit is n pragtige roete wat ons in n kloof opneem verby n waterval en dan aan tussen die wingerde deur. Ons stop vir versterkings by n oulike restaurant. Dan stap ons n opdraande op in die warm son tot bo by die baken vanwaar ons oor Hermanus, die see, hawe, berge Voëlklip en Fernkloof afkyk. Ons het die roete baie geniet ten spyte van die vele fietsryers wat ons teëgekom het. SONDAG 30 APRIL Vanoggend pak almal op maar ons gaan eers vir oulaas langs die see tot by Onrusrivier stap. Weer stop ons by n restaurant vir koffie en n heerlike laaste kuier. Dan seelangs terug na 9 dae saam is daar hartlik gegroet en in voertuie ingebondel vir die terugrit huistoe. Baie dankie vir al die beplanning Jurie en met Edwin se hulp is Hemel en Aarde Vallei ook verken. Edwin, Chris Swanepoel, Chris H, Mike, Welme, Lynette en Theresa het almal gedurende die 9 dae hul voertuie beskikbaar gestel om ons ander rond te ry- dus ook aan elk n groot dankie. Ten spyte van die droogte in die Kaap was dit n heerlike, suksesvolle tyd saam met baie stappe, baie ervarings en groot kuiers. ARTIKEL DEUR ROSE KUYPER 5

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

Rubriek vir skeppende werk

Rubriek vir skeppende werk Meyer van Rensburg J. W. du Plessis Heilna du Plooy G.A. Jooste Gedig Gedigte Mmamodidi Die reëls van die spel 129 130 132 144 Rubriek vir skeppende werk Met die afdeiing Litera tree ons toe tot die mark

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA WES-GAUTENGTAK GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA WEST GAUTENG BRANCH WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER NEXT MONTHLY MEETING:

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

Die Rietstok. Kersboodskap 2012

Die Rietstok. Kersboodskap 2012 Kersboodskap 2012 Ja kan jul glo, Kersfees is om die draai en saam met die vooruitsig, kom vakansie verwagtinge soos rus, kuier, swem en die natuurskoon geniet. Vir die wat wel kan weggaan, geniet dit,

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN 2007 Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine INHOUD/INDEX Foto deur: Diekie Muller Impala KONTAK

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out! MURRAYSBURGER The secret is out! Go to www.murraysburg.co.za The Murraysburger is available on the website. Hard copies available at April 2011 Kweperlaan Coffee Shop on request. Price: R1.00 Contact details

More information

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. 1 2 3 Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. Lot 1 Stoet ooi. Dragtig van 14-067. Puik teel ooi. 4 Lot 2 Stoet ooi. Dragtig van 14-067 Lot 3 Stoet ooi. Dragtig

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

die ArtKat Jaar program

die ArtKat Jaar program die ArtKat Augustus 2009 Uitgawe 3 van 2009 Liewe Artkat studente en vriende, Die Hanswors, Harlekyn, Pierrot of Fool het nog altyd die verbeelding aangegryp. Kortom skeer hy oënskynlik gek en neem die

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Pretoria Brief 09/09 September 2009 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg n stukkie uit die geskiedenis van een van die bekendste hotelle van ou Pretoria. Die European

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, September 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, NS. Met vandag se tegnologie kan ons seker n naskrif aan die begin van n brief aanheg. Dit was baie interessant om Daspoort

More information

Edgehog

Edgehog The Issue 1-2014 Edgehog www.kgsa.co.za Guild Show 2013 January 2014 PAGE 2 2014 Committee CHAIRMAN VICE- CHAIRMAN: CAREL SMITH CELL: 071 8819960 carelsmith1965@gmail.com Chairmans Chat Nov 2013 WILLIE

More information

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR 1 HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE 1. Getrou

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

Die Rietstok. Die 18 e Nuusbrief van SAWA Rietvallei. Somer 2011

Die Rietstok. Die 18 e Nuusbrief van SAWA Rietvallei. Somer 2011 Die Rietstok Die 18 e Nuusbrief van SAWA Rietvallei Somer 2011 - 2 - - 3 - - 4 - - 5 - - 6 - - 7 - - 8 - - 9 - Rietvallei Bestuur 10/11 Voorsitter Klaus Lübbert Posbus 904, Silverton, 0127 083 688 636

More information

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service Subnuus Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service Vol 28 (3) Oktober 2008 In hierdie uitgawe: We welcome a few new faces Ons

More information

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese Meneer die President, dames en here, dit is vir my inderdaad 'n besondere voorreg qm vandag saam met u hier te verkeer. Ek

More information

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne... Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne... Kwartaal 2 Uitgawe 2 Junie 2018 V a n m y k a n t a f... Van my kan af 2 Snuffels redaksie 3 Met die Balkie 3 Highlight Foto 3 Hockey Tour

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck WIE IS DIE PAARTJIE VAN DIE KWARTAAL? Lees meer op bl 8... Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Jan van Riebeeck Kloofstraat 129, Kaapstad 8001 Uitgawe

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

Stede en bedienswaardighede *

Stede en bedienswaardighede * OpenStax-CNX module: m26170 1 Stede en bedienswaardighede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE

More information

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop D E U R J O H A N G E Y S E R Op die pad van hoop Professore, dokters, akademici, rektors, filmsterre, sportsterre. Dalk mense wat binnekort Mars toe kan gaan! Die wêreld is konstant aan die verander.

More information

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck Ons spaar water, bl.4 n Spaar-uitgawe Suidooster spaar papier, bl.7 2018, Uitgawe 1 'n Uitmuntende leuse! Uit die nuuskantoor

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service Psa 107:28 30 Then they cry out to the LORD in their trouble, And He brings them out of their distresses. He calms the storm, So that its waves are still.

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001 Oktober 2001 Bladsy 1 Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001 SENDING VIËTNAM Elke Eendragter het uit sy skuiling en loopgraaf gekom vir vanjaar se Hanedinee.

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT

DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT DISTRICT GOVERNOR S NEWSLETTER DISTRICT 410 D DISTRICT GOVERNOR HERMAN SMIT JANUARY 2014 IF MY DREAM IS TO BE, IT S UP TO ME Introducing you to 1 st Vice District Governor,Carl and family Carl grew up

More information

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2007 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Inligtingstegnologie/V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. Hierdie

More information

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018 THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018 V a n m y k a n t a f... Van my kant af 2 Snuffels redaksie 3 Met die Balkie 3 Highlight Photo 3 Bonnievale Netbal 4 Snuffels Redaksie: Redakteur: JP

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. ABC ABCDE DEFA Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September 2013 Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. AE Daar was n groot verskeidenheid stalletjies en ek glo elkeen kon na hartelus loer of koop.

More information

Boekbespreking / Book Review

Boekbespreking / Book Review Boekbespreking / Book Review 171 Klawerjas deur Adam Small Digbundel Tafelberg Uitgewers (2013) Small kô hystoe na n nuwe lente Die digter en dramaturg, Adam Small, het op 14 September 2013 sy stilte verbreek

More information

100 DIE GETATOEEERDE K"

100 DIE GETATOEEERDE K 100 DIE GETATOEEERDE K" " ",En nou, meneer Truter,' so eindig hy,,net nog di t: In die naam van ons Vader in die hemel moet jy my die leed jou deur my aangedaan vergewe. Ek is daar bewus van dat my wandaad

More information

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE 1. RESPONDENTE Hierdie prakties-teologiese ondersoek gebruik spesifieke gesprekke met verskillende spesialiste in verskillende

More information

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 (Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 From the Editor The seasons, once again, have turned. Welcome to the fall issue of the Welgevonden Bulletin. In this issue we

More information

Subnuus IFLA IFLA IFLA IFLA. In hierdie uitgawe:

Subnuus IFLA IFLA IFLA IFLA. In hierdie uitgawe: Subnuus Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service IFLA Vol 29 (3) Oktober 2009 ITALY IFLA In hierdie uitgawe: ITALY IFLA Totsiens

More information

University of Cape Town

University of Cape Town NERINA BENNETT NTHNER 001 STOORNIS MASTERS DEGREE IN CREATIVE WRITING 2001 UNIVERSITY OF CAPE TOWN GRADUATE SCHOOL IN HUMANITIES SUPERVISOR: PROF ER VAN HEERDEN This work has not been previously submitted

More information

From: Innes Burger Sent: 08 February :05 AM To: André Joubert Subject: SONPARK NOORDELIKE KRAGLYN.

From: Innes Burger Sent: 08 February :05 AM To: André Joubert Subject: SONPARK NOORDELIKE KRAGLYN. From: Innes Burger [mailto:iburger@mweb.co.za] Sent: 08 February 2012 11:05 AM To: André Joubert Subject: SONPARK NOORDELIKE KRAGLYN Hallo André Was gisteraand by jul aanbieding by die Protea Hotel. Baie

More information

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990 Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990 N.S. (Fanie) Jansen van Rensburg N.S. (Fanie) Jansen van Rensburg, Fokusarea vir Sosiale Transformasie,

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer:

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions

More information

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat 1820-1902 Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein IERLAND Lys van bekende stamvaders 1820-1902 ALLISON, William James BAIRD, John BECK, John Frederick BOYCE, Thomas Robert

More information

Helderberg Fishers Community

Helderberg Fishers Community Helderberg Fishers Community SSFP Parliamentary Presentation Friday 25th November 2016 FRAP PROCESS - 2015/16 Fishing Rights Allocation Process DAFF presented a Public Consultation Meeting on Draft Fisheries

More information