Size: px
Start display at page:

Download ""

Transcription

1 5 Februarie 2018 No. 3 Uit die kantoor INSKRYWINGS 2019 Die inskrywings vir volgende jaar open op Maandag 12 Februarie Leerders wat in ons A-area woon (waar Gene Louw die naaste publieke skool is) kry voorkeur. Gewoonlik is daar baie leerders wat op die B-lys geplaas word wat wel plek kry. Ongelukkig sal hulle eers later kan hoor omdat ons nie weet hoeveel leerders nog uit ons A-area gaan aansoek doen nie. Ons werk streng volgens die volgorde van die B-lys, daarom is dit belangrik dat ouers so vroeg as moontlik moet inskryf. Bring dit asseblief onder die aandag van bure wat vir die eerste keer kinders moet inskryf. Ons doen n ernstige beroep op ouers wat reeds kinders by Gene Louw het, en wat n Graad 1 leerder in 2019 het, om ook vroegtydig aansoek te doen. WATERKRISIS Ek het verlede week n vergadering bygewoon waar Helen Zille al die hoofde toegespreek het. Ons beleef tans die ergste droogte ooit. As elke person by die voorgeskewe 50 liter per dag bly vir die volgende 150 dae, sal ons Dag Zero heeltemal kan vermy. Indien Dag Zero n werklikheid word, sal skole oopgehou word. Uit die aard van die saak sal dit nie ten koste van higiëne, sanitasie, brandgevaar en siektes wees nie. Elke skool sal 20 liter water per leerder per dag kry. Die water sal by die skool afgelewer word. Ons het 811 skole waarvan 407 boorgatwater het. Ongelukkig werk n kwart van die boorgate nie. Bitter min van hulle verskaf drinkbare water aan die skole. By die skool het ons reeds n paar praktyke in plek en is ons besig om nog maniere te ondersoek om ons waterverbruik nog minder te maak. GRONDSLAGFASE: ATLETIEK Baie dankie aan die groot aantal ouers wat die atletiekbyeenkoms bygewoon het. U belangstelling en die deelname van u kinders by die byeenkoms word hoog op prys gestel. Die deelname van leerders aan die skool se aktiwiteite, ongeag die resultate wat behaal word, vorm n uiters belangrike deel van die kind se holistiese ontwikkeling.

2 2 OUERBRAAI Wat n perfekte aand! Normaalweg is die aand sinoniem met wind. Baie dankie aan die ouers wat die geleentheid bygewoon het. Hoop dit was weer n kans om ou vriende te sien en nuwe vriendskapsbande te smee. Vir die kinders glo ons was dit ook n aand wat hulle terdeë geniet het. Ons maak weer so volgende jaar. GROEN BANKIES Die bankies is vir n spesifieke doel groen geverf. Die personeel wat aan diens is sit daar sodat hulle n ogie oor die kinders kan hou. Die kinders weet ook presies waar om die opvoeder te kry indien nodig. Ouers moet asseblief die groen bankies oophou vir hierdie doel. FINANSIËLE ONDERSTEUNING VAN DIE STAAT Die staat se voorsiening van opvoeders is een opvoeder vir elke 38 leerders. Tans word daar 44 personeellede deur die WKOD betaal. Die skoolhoof, twee adjunkhoofde en een musiekjuffrou het nie n akademiese klas nie. Met dit in ag geneem, sou ons getalle 43 leerders per klas gewees het. Gelukkig betaal die Departement die skool se erfbelasting. Verder kry ons R227 per kind per jaar. Alle ander onkostes word deur die skool self gedra. In 1993, het die groot verandering van die finansiering van skole plaasgevind. Die meeste skole se ouers het toe vir Model C gestem waar skoolfonds vir die eerste keer verpligtend was. In 1996, het dit weer verander waar skole in vyf kwintiele ingedeel is volgens die skool se welvaart. Die meerderheid van die ex-model C-skole is in Kwintiel 5, wat beteken dat hulle die minste arm skole is en daarom ontvang dié kwintiel ook die minste van die Departement. LO KLERE EN SIEKTEBRIEFIES Liggaamlike Opvoeding is deel van die vak Lewensoriëntering en moet ook geassesseer word. Ongelukkig is daar kinders wat met opset hul klere by die huis vergeet. Die reëling is dat leerders (Gr. 4 tot Gr. 7) wat nie n siekbriefie het nie, in hul skoolklere LO sal doen. Kinders moet hul tas vir die volgende skooldag pak volgens hul rooster. Op dié manier sal hulle nie vergeet om hul LO-klere in te pak nie. Leerders sal ook nie die geleentheid kry om te bel nie. Dit kweek net slegte gewoontes aan aangesien iemand by die huis agter hul goed aandra. Daar is baie kinders wat nie die voorreg het van n ouer wat gedurig hul situasie by die skool kom red nie. Kinders vanaf Gr. 4 tot Gr. 7 moet LO in die amptelike LO-klere doen of hul kan hul huishemp of n effe maroon, blou of wit T-hemp dra. Daar is genoeg opsies sodat dit onnodig is om hiervan af te wyk. DIE WAS VAN SKOOLKLERE n Versoek vanaf die skoolklere se verskaffers word aan u as ouers gerig om die skoolklere aan die verkeerde kant te was. Die kledingstukke moet dus omgedraai word voordat u dit was. Sekere waspoeiers bleik die klere uit a.g.v. die chemiese samestelling daarvan.

3 3 BELANGRIKE DATUMS FEBRUARIE Di. 6 Atletiek: Somerset-Wes Atletiek: Curro Wo. 7 Gr. 6 & 7 Afr. AKADEMIESE MERIETETOEKENNINGS Wo. 7 Kring 7: O/10 & O/12-atletiek: Velditems (Welgemoed) Vr. 9 Juniorkoor-werkswinkel 13:15 16:00 Kring 7-atletiek: Spiesgooi en diskus (Eversdal) Sa. 10 Juniorkoor-werkswinkel 09:00 12:00 Kring 7-atletiek: Gene Louw Ma GR. 1-INSKRYWINGS OPEN Ma.- Wo Gr. 5E SOS kamp: Villiersdorp Gr. 6A-kamp: Wellington Wo. 14 VALENTYNSDAG Ma.- Wo Gr. 5A SOS-kamp: Villiersdorp Gr. 6E kamp: Wellington Do. 15 Atletiek: Aristea Vr. 16 Gr. 1E1 Uitstappie na Rosen Castle Sa. 17 MNED Atletiek (Bellville) Mini-kriekettoernooi: Gene Louw Ma. - Vr Gr. 1 Gehoorsiftings Vr. 23 Seniorkoor-werkswinkel 13:45-16:00 Gr. 1E2 Uitstappie na Rosen Castle PERDEDANS: O/13 RUGBY-FONDSINSAMELING PERSONEEL VERJAARDAE Februarie 05 : Me. A Greeff 07 : Me. M van der Merwe 07 : Mev. Johanna Marthinus 12 : Mev. M van Aswegen 20 : Mev. N. de Villiers 20 : Mev. V. Labuschagné 21 : Me. M. Martinson 22 : Mev. M. Goetsch 28 : Mev. E. Germishuys

4 4 Laerskool Mikro atletiekbyeenkoms - Donderdag 1 Februarie Viljoen Botha 1ste plek in 60m So/7 2. Casey Pedro 3de plek in 60m Mo/7 3. Benjamin Uwitonze 2de plek in 80m So/9 4. Christiaan Beyers 2de plek in 70m hekkies So/10 5. Anja Cilliers 3de plek in 100m Mo/10 6. Nadia van Wyk 1ste plek in 800m Mo/10 7. Jayden Brits 2de plek in 70m hekkies So/11 3de plek in 100m So/11 8. Mila Prinsloo 3de plek in 800m Mo/11 9. Martin Ferreira 3de plek in 800m So/ Shana Maggott 3de plek in 100m Mo/ Marco Tassi 3de plek in 100m So/ Benjamin Mc Guigan 3de plek in 800m So/ Amy Smit 3de plek in 75m hekkies Mo/13 Meisies aflosspan Seuns aflosspan 3de plek (Anja Cilliers, Mila Prinsloo, Shana Maggott, Anna-Mart Retief) 2de plek (Christiaan Beyers, Jayden Brits, Luc Cilliers, Marco Tassi) Fondsinsameling 2018 Netbalondersteunersklub Ons nooi oud en jonk, mans en vrouens, seuns en dogters, om te kom kuier en saam te dans met die pragtige sangeres, Leah op 2 Maart 2018 in Gene Louw se skoolsaal. Kom ontspan en ondersteun die kosstalletjies vanaf 18:00, waarna die konsert om 20:00 sal begin. Alle kinders moet deur n ouer vergesel word. Kaartjieverkope sal plaasvind vanaf 22 Januarie tot 9 Februarie, elke oggend in voorportaal vanaf 07:00 07:45. Beperkte aantal kaartjies beskikbaar. Die kaartjies kos R100 per persoon. Bespreek nou om terleurstelling te voorkom!!

5 5 KLEREBANKTYE Handelsure: Slegs Donderdae : 17:00 18:00 (tweede pouse slegs vir leerders.) Kredietkaart-fasiliteite is nie by die klerebank beskikbaar nie.

6 6 Vir die herstel of vervang van ritssluiters op reën- en sweetpakbaadjies, asook herstel van knieë van sweetpakbroeke, skakel Trozelle-klere by Gaan na die onderstaande adres op u selfoon en kies n skool. U sal so toegang hê tot al die inhoud wat op daardie stadium in die Skoolkommunikeerder verskyn.

7 7 SNOEPIE Die volgende produkte is beskikbaar by die snoepie: WRAPS (op bestelling/versoek) Hot dog Spek-en-eierbroodjie/-rolletjie Hoender mayonnaise toastie Geroosterde Toebroodjies Gesondheidsbroodjie (op versoek) Koeldrank (blikkies) Vrugtesap Water JC's Ystee Roomys ( lollies ) Skyfies (Simba / Willards) Sjokolade "brownies" Los lekkers Powerade (energie drankie) Flyers Gegeurde melkies Doughnuts Slush Puppies (ys-koeldrank) Slap Tjips Tjip Rolls Draai-roomys / Softserve Cone Yogi Sip Hot Chocolate Slaai Chicken R13.00 vanaf R5.00 vanaf R7.00 vanaf R en baie meer! Pryse onderhewig aan verandering. ONTHOU! NB! Ons is Maandae tot Vrydae oop na skool en tydens sportoefeninge en wedstryde en kultuuroefeninge. Asook op Saterdae tydens sportbyeenkomste en kultuuroefeninge. NB! Vir enige verdere inligting of as u 'n probleem het, kontak asseblief vir Michelle Neethling by:

8 Preferred Security Service Provider, protecting Gene Louw Primary School TOP CARPETS THE PROFESSIONAL FLOORING GROUP DIE PROFESSIONELE VLOERGROEP The Professional Flooring Group Tel: /1 Thank you to our sponsors who support us financially. Baie dankie aan die borge wat ons finansieel ondersteun.

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS LAERSKOOL PRIMARY SCHOOL Weyerslaan Telefoon 976 8115 Telephone Weyers Avenue Durbanville 7550 Durbanville 7550 Faks / Fax: 021-975 1706 (Kantoor / office) E-pos / E mail: office@durbieland.com ONTHOU!!!

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 36/2018 Hierdie is die laaste nuusbrief vir 2018 en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om u n geseënde

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE Weekbrief 12/2014

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Geagte Ouers / Voogde en Florries Posbus 500, Florida Hills 1716 E-pos: florries@iafrica.com Webwerf: www.florries.co.za Tel: 011 672 5345 / 6 Faks: 011 672 5246 H/v Louis Botha en Havingastraat ENJOY EVERY MOMENT Geagte Ouers / Voogde

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots Fisiese adres: Hoofstraat Leipoldtville 8122 Posadres: Posbus 12 Leipoldtville 8122 Tel: 027 4221 409 Epos: cpl@leipoldtville.co.za Dept. registrasie

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2017 Geagte Ouer Webblad: www.gelofte.co.za Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven) 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR 1 HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE 1. Getrou

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING -1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING To create a classroom where all learners will thrive is a challenging task, but there is an island of opportunity in the sea of every difficulty. (Kruger & Adams,

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton) LOFFIENUUS Nuusbrief 3/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Geagte Ouer Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)

More information

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018 Nuustak 2018 Telefoon : (011) 972 4147/8 Faks : (011) 391 3307 / 086 653 7528 e-pos : kantoor@kruinies.co.za Web-adres : www.laerskoolkruinsig.co.za NUUSTAK 18/2018 31 Mei tot 6 Junie 2018 Geagte Ouer

More information

INSKRYWINGSVORM

INSKRYWINGSVORM INSKRYWINGSVORM - 2016 VOLTOOI MET 'N SWART PEN ASSEBLIEF HET U ENIGE LEERDERS TANS/VOORHEEN IN HIERDIE SKOOL? Ja Nee Naam van Sentrum/Tutor : Graad : LEERDERINLIGTING LEERDER Geboortedatum: Nasionaliteit:

More information

Geagte Ouers / Voogde en Florries

Geagte Ouers / Voogde en Florries Jaargang 15 Nuusbrief 24 4 September 2014 Posbus 500, Florida Hills 1716 E-pos: florries@iafrica.com Webwerf: www.florries.co.za Tel: 011 672 5345 / 6 Faks: 011 672 5246 H/v Louis Botha en Havingastraat

More information

Edgehog

Edgehog The Issue 1-2014 Edgehog www.kgsa.co.za Guild Show 2013 January 2014 PAGE 2 2014 Committee CHAIRMAN VICE- CHAIRMAN: CAREL SMITH CELL: 071 8819960 carelsmith1965@gmail.com Chairmans Chat Nov 2013 WILLIE

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. 1 2 3 Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin. Lot 1 Stoet ooi. Dragtig van 14-067. Puik teel ooi. 4 Lot 2 Stoet ooi. Dragtig van 14-067 Lot 3 Stoet ooi. Dragtig

More information

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018 Stellenberg Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018 IN THIS ISSUE SR-terugblik 6 Junior Ball 13 U/12 Hockey 22 2 Die ysbeer-populasie brei uit Die personeel wat braaf genoeg is, het 22 Junie

More information

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN 3.1 INLEIDING By die besluitnemingsfunksie wat binne skoolverband plaasvind, besit die skoolhoofde die meeste gesag (Jacobson, 1987:54).

More information

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven)

Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven) LOFFIENUUS Nuusbrief 11/2017 Geagte Ouer Webblad: www.gelofte.co.za Ledige pyp hou toe jou kraan, dan sien ons jou vir n volle aan. (CJ Langenhoven) 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING Inhoud Bladsy 1. Inleiding 2 2. Waarom kliniese onderrig? 2 3. Waarom afstandsonderrig? 2 4. Hoe dit werk 2 4.1 Doelstellings 2 4.2 Hoe die proses

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

More information

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015

SAOU. Posbus Hadisonpark 8306 E-pos: Faks Augustus 2015 No: 20 van 2015 SAOU Noord-Kaap Northern Cape Posbus 110156 Hadisonpark 8306 E-pos: saounk@saou.co.za 053 832 2727 Faks 053 832 2460 28 Augustus 2015 No: 20 van 2015 AFSTERWE VAN LUR, ME. GRIZELDA CJIEKELLA-LECHOLO Dit

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Nuusbrief 20/2014 Webblad: LOFFIENUUS Nuusbrief 20/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Ek het in die lewe geleer dat n mens se agtergrond en omstandighede verantwoordelik kan wees vir die mens wat jy is, maar die mens wat jy word is

More information

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY! HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! Nuusbrief 4/2018 8 Maart 2018 Geagte Ouers VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY! Tydens Maandagoggend se saalbyeenkoms tref dit my soos n weerligstraal dat a.g.v. die

More information

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018 Nuusbrief 41 Vrydag, 1 Desember 2017 www.wouwtjies.co.za Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Revue 2018 -My lewe in 'n FilmLigte... Kamera... Aksie! Terwyl ons nou net

More information

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! Newsletter 17/2017 26 October 2017 Dear Parents VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS A sad fact about teaching is that we must say goodbye to learners who grew close to us.

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP Privaatskool Private School 2006 2017 Prospect House, Morkelstraat, Somerset-Wes. 7130 www.vergezicht.co.za Ek kan! I can! Die Inkpot Beste ouers, Oktober 2017 Ons is binne-in n wonderlike lentemaand en

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek nr : 4761/1998 In die aansoek van: JACOMINA ELIZABETH SCHEEPERS Applikante en DIE VOORSITTER VAN DIE RAAD VAN TRUSTEES

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING LEERDER VAN EN NAAM:.... HUIDIGE SKOOL:..... HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING Roglandstraat Privaatsak X03 BRACKENFELL Tel. 021 981-5522 Faks: 021 981-6023 E-pos: staff@brackenfellhs.co.za SLEGS

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

OMSENDBRIEF 1 13 JANUARIE 2016

OMSENDBRIEF 1 13 JANUARIE 2016 OMSENDBRIEF 1 13 JANUARIE 2016 Geagte ouers Januarie 2016 Dit is vir ons aangenaam om u terug te verwelkom na n heerlike vakansie waarin almal uitgerus het en gereed is om die nuwe jaar saam vol moed aan

More information

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck

DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK DIE SUIDOOSTER Skoolkoerant van Laerskool Jan van Riebeeck Ons spaar water, bl.4 n Spaar-uitgawe Suidooster spaar papier, bl.7 2018, Uitgawe 1 'n Uitmuntende leuse! Uit die nuuskantoor

More information

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Skooltasse Ons wil graag die Cadii houertas uitfaseer. Die Cadii tasse se

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

Interskole: waar kan ons verbeter?

Interskole: waar kan ons verbeter? September 2018 Bl.3 verenigings Bl.5 Stellenbosch se nuwe goudmyntjie Bl.7 vakkeuse-quiz Bl.8 wat is Finsta? Die kort kwaai enetjie Interskole: waar kan ons verbeter? en spyte van die longverskeurende

More information

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid OM MEE TE BEGIN Bedagsaamheid Die nuwe jaar het ongemerk sy loop geneem en hier staan ons alreeds aan die begin van die derde maand daarvan. Die Trustees hoop dat die nuwe jaar suksesvol verloop en dat

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

Die jaar se kaskar was

Die jaar se kaskar was LAERSKOOL VOORPOS TEL: (02) 332 2534 FAKS: (02) 332 3055 Junie 208 Cunninghamlaan 354 Waverley Pretoria 086 Dit was 'n... Kathleen Taljaard Vava Voom Kaskar Die jaar se kaskar was weer fenominaal. Die

More information

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap. PLIGTESTAAT VAN DIE ADJUNKHOOF Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: Ondersteun die hoof deur hom/haar by te staan om die skool te bestuur, en om effektiewe onderwys te verseker. Verseker die effektiewe

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING,

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing Uittree-Annuïteitsplan Planbeskrywing 'n Persoon wat uittree-annuïteitsvoordele wil ontvang, moet 'n lid van 'n uittreeannuïteitsfonds wees. Die uittree-annuïteitsfonds het 'n plan vir die lid om die voordele

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige

More information

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Saak nr 350/82 MC JOHANNA COETZEE - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK JANSEN AR. Saak nr 350/82 MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen JOHANNA COETZEE Appellante

More information

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 geesgenoot. GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18 Verbondskinders GKR is baie geseënd om soveel dooplidmate in die gemeenskap te kan verwelkom. Hier is al die babas wat die afgelope jaar

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information