Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016

Size: px
Start display at page:

Download "Waterkruik. JAARGANG 53 NO Augustus 2016"

Transcription

1 Waterkruik JAARGANG 53 NO Augustus 2016 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondagoggend se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal Sondag 28 Augustus Die Nabetragtingsdiens volg direk na die oggenddiens. WYKSBEURTE Vandag: Wyke 20 & 22 Ouderlinge: Marthinus Erasmus en Theo le Roux Diaken: André Els Volgende Sondag Wyke 23 & 24 Ouderlinge: Herman Hamersma en Tjibbe Spoelstra Diaken: Willem Wepener KOLLEKTE BY DIE DEURE Vir die res van die jaar: Kerkkas TEESKINKBEURTE Baie dankie aan die susters van Wyk 14 wat vanoggend o.l.v. Hildegard Delport tee bedien. Volgende week is dit die beurt van Wyk 15 o.l.v. Marieta Steenekamp. Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Efesiërs. 1:3a DIAKENSVERGADERING Die diakens vergader Woensdag 24 Augustus 2016 om 18:00 in die kerk. 1

2 OUDERLINGEVERGADERING Die ouderlinge vergader op Woensdag 24 Augustus 2016 om 19:00 in die saal. Maandag Katkisasie vir hoërskoolleerders soos gereël Donderdag Bybelstudiegroepe 08:30 Groep 1: In die Konsistorie 10:00 Groep 2: In die Konsistorie 18:30 Bybelstudiegroep by die Pastorie 19:30 Kerkjeugaksie vir jongmense tot ongeveer 30 jaar: in die Pastorie VERJAARSDAE Ons wens die volgende broeders, susters en kinders van harte geluk met hulle verjaarsdae. Ons bede is dat die nuwe lewensjaar vir julle en julle geliefdes vreugde en ryke seën sal inhou. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Filippense 4:18 Vandag Sr. Petra Schutte Sr. Susan Tredoux (jnr) Maandag 15 Augustus Br. Johan Minnaar Br. André van Tonder Woensdag 16 Augustus Roné Josling (9) Sr. Elmarie Engelbrecht Donderdag 18 Augustus Br. Piet Malan Br. Dries Krüger Saterdag 20 Augustus Sr. Joan du Blois

3 ROEPING VAN OUDERLINGE EN DIAKEN Die volgende broeders is geroep om as ouderlinge en diaken te dien. As ouderlinge: brs. Pieter Smit en Piet Malan. As diaken: br. Braam Smith Ons vra u voorbidding vir die broeders met die oorweging van die roeping. MEELEWING Vanoggend word die verbondskindjie van Richart & Chené Keyser, Kaylin, gedoop. Hartlik geluk. Mag die God van wordende geslagte aan julle die krag, wysheid en genade gee om haar in sy verbond te mag opvoed Ook geluk aan die grootouers, Ferdie en Tersia Pelser en die ander familie met die doop van hulle kleinkind. Sr. Mercia van der Wateren het Woensdag n knievervangingsoperasie en terseldertyd n karpaletonnel-operasie ondergaan. Ons bid jou spoedige en volkome beterskap toe Met hartseer maak ons bekend dat sr. Rina Vorster Vrydagoggend in die ouderdom van 91 jaar na n kort siekbed oorlede. Ons bid haar seun Willem en haar ander kinders die vertroosting van die Heilige Gees toe in hierdie tyd. Die troosdiens vind plaas op Donderdag om 12:00 in ons kerkgebou. Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense. Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon. Psalm 33:13-14 VANAF DIE BREË KERKRAAD SE TAFEL. Die Breë Kerkraad (BKR) het op sy vergadering van 3 Augustus o.a oor die volgende sake gehandel : 1. Die ouderlinge se voorbereiding in Augustus vir die Fokustyd wat gedurende September gaan plaasvind in ons gemeente. 2. Die BKR moet, tydens die volgende vergadering wat op 2 November sal plaasvind, die begroting vir 2017 behandel en goedkeur. Daarvoor is ons lidmate se beloftes vir 2017 voor die tyd nodig en die ouderlinge sal dus die nodige tydens die Augustus huisbesoeke doen. 3

4 3. Die BKR het kennisgeneem van die musiekaand (Jannie du Toit en Laerskool Anton van Wouw) wat die Diakonie vir 14 Oktober reël. Die BKR het ook kennisgeneem van die groeiende finansiële nood in ons gemeente en dat die Diakonie te kampe het met n maandelikse tekort van R n Gemeentevergadering word gereël vir n Sondagoggend in Augustus na die erediens waartydens n oorsig oor die gemeente se finansies deur die Finansies Kommissie gegee sal word. UITNODIGING VAN DIAKONIE Ons Diakonie bied, as deel van hulle fondsinsameling, n heerlike musiekaand aan op Vrydagaand 14 Oktober. Dit gaan plaasvind in die saal van die Laerskool Anton van Wouw. Die bekende en beminde sanger, Jannie du Toit, gaan optree saam met die senior koor van die skool wat al baie bekendheid verwerf het. Teken solank die datum in u dagboek aan vir n genotvolle aand van musiek! Volledige besonderhede sal nader aan die tyd bekend gemaak word. DIE HEKWAG SE FUNKSIE Ons kerkterrein se hekke word tydens eredienste gesluit om veiligheidsredes. Die hekwag met die afstandbeheer staan binne die perseel en is daar om die hek oop en toe te maak indien iemand dringend die erediens moet verlaat. Die sekuriteitspersoon is nie 'n karwag nie en staan nie buite om voertuie op te pas nie. Die reëling is dat voertuie toegesluit word binne die kerkterrein asook in die parkeerarea by Anton van Wouw Laerskool. Persone wat buite in die straat parkeer, doen so op eie risiko. 4

5 WAT Sê DIE BELYDENISSKRIFTE OOR DIE HEILIGE GEES? Ons bely in ons kerke in ons belydenisskrifte dieselfde as wat die Skrif oor die Heilige Gees openbaar. As daar gevra word wat ons van die Heilge Gees glo, antwoord Sondag 20 van die Heidelbergse Kategismus só : Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Net so treffend vat artikel 11 van die Nederlandse Geloofsbelydenis dit saam : Ons glo en bely ook dat die Heilige Gees van ewigheid van die Vader en die Seun uitgaan: dat Hy nie gemaak of geskep of gebore is nie maar van albei slegs uitgaan: dat Hy in orde die derde persoon van die Drie-eenheid is; dat Hy van een en dieselfde was, majesteit en heerlikhied as die Vader en die Seun is; dat Hy inderwaarheid ewige God is, soos die Heilge Skrif ons leer. VAKATURE VIR ORRELIS Die pos van orrelis by ons gemeente is reeds vakant aangesien sr Hannetjie Bezuidenhout ons op 1 Augustus verlaat het. Persone wat beantwoord aan die posvereistes word uitgenooi om aansoek te doen. Die primêre taak van die orrelis in ons gemeente is die begeleiding van die gemeentesang op die orrel tydens eredienste en ander funksies. Minimum vereistes is BMus met orrel as eerste of tweede instrument of n lisensiaat in orrel of kerkmusiek of n erkende kerkorrelis diploma of die vyfde eksamen van die Raad vir Kerkmusiek. n Minimum van 5 jaar toepaslike ondervinding en lidmaatskap van die Gereformeerde Kerk sal sterk aanbevelings wees. n Aansoekvorm en n posbeskrywing kan verkry word deur br Gerrit Broos by te skakel of aan hom n e-pos te rig by gerrit@yebo.co.za of deur sr Nienke van der Walt te skakel by of n e- pos aan haar te rig by nwgkw@telkomsa.net. BYBELVASVRA 2 Voltooi asb die volgende vrae: 1. In dié boek verskyn al die reëls en regulasies wat die Israeliete in hulle godsdiens en algemene lewens moes toepas: Numeri Levitikus Rigters Genesis 2. Die boek vertel ons hoe die Christendom, deur die prediking van die apostels, in die gebied naby die Middellandse See versprei het: 5

6 Romeine Fillipense Handelinge Johannes 3. Die brief van Paulus is gerig aan die persoon wat sake in die kerk op Kreta moes Organiseer: Filemon Titus Jakobus Timoteus 4. Die boek handel oor 'n gelowige man wat in die Babiloniese koning se paleis diens gedoen het, en onder andere sy drome vir hom uitgelê het: Amos Johannes Daniël Jesaja 5. In hierdie boek word die oordeel oor die stad Nineve verkondig: Jona Nehemia Nahum Miga 6. In watter Bybelboek vind ons die volgende teksvers: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."?: Filip 4 vers 6 Gal 1 vers 10 Efe 5 vers 21 Rom 1 vers 8 7. In hierdie Bybelboek val die hoofklem op die herbou van die tempel deur die ballinge wat saam met Serrubbabel na Jerusalem terugkeer het: Ester Esegiël Esra Nehemia 8. Die boek bevat 'n versameling liedere en gedigte: Spreuke Konings Psalms Openbaring 9. Die Evangelie wat deur 'n dokter geskryf is: Johannes Matteus Lukas Markus 10. Hierdie boek handel oor die verowering van Kanaän deur die Israeliete: Deuteronomium Kronieke Josua Samuel EK IS SY Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het via die internet dié boekie (17 bladsye) spesiaal vir vroue saamgestel. U kan die boekie gratis aflaai vanaf hulle webwerf In die Inleiding gee die boekie die volgende agtergrond : Het jy al ooit deur n tydskrif geblaai dat jy een van die interessante, mooi en talentvolle vroue in die artikels is? Jy lees wat hulle dink, hoe hulle oor sake voel, na 6

7 watter musiek hulle luister. Watter sukses hulle behaal het. Jy sien wat hulle aantrek, jy verlustig jou in hulle lewensstyl. Hierdie boekie wil jou nooi om deur die Bybel te blaai en die verhaal van spesiale vroue daar te ontdek. Regdeur die Bybel speel vroue n belangrike rol. God het n pad met hulle gestap. In die bladsye van God se wonderlike Woord sal jy ontdek : Dit is ék daardie. Ek is sy! En God stap ook n pad met my! Bybelstudie met die oog op volgende Sondagoggend se preek Lees Matteus 6: 25 tot 34 Beantwoord die volgende vrae: Wat mag gelowiges volgens vers 25 nie doen nie? Hoekom moet gelowiges dit nie doen nie? Waarna moet gelowiges kyk en hoekom sal dit help wanneer hulle hul bekommer? Hoekom is bekommernis volgens vers 27 belaglik? Wat leer ons i.v.m. bekommernis as ons na die veldlelies kyk en hoe sal dit my vermaan wanneer ek my bekommer? Soos wie tree n mens op as jy jou bekommer? Waaraan moet in die plek van bekommernis aandag gee en hoe doen n mens dit? (v. 33) Toets jou lewe met betrekking tot dit wat jy uit hierdie gedeelte geleer het en bid daaroor. ALLERLEI Residentia Sunnyside (Troyestraat 40, Sunnyside) Residentia Sunnyside is n Oord waar daar nie net omgesien word na bejaardes en verswakte persone nie, maar daar word ook vir hulle omgegee! Werkende of afgetrede persone van 50 jaar en ouer kan ook hier woon. Daar is tans verskeie tipes verblyf beskikbaar: R , 1 R en 1½ slaapkamer R per maand. Volle sorg word verskaf by Karmel Versorgingseenheid: Pryse vanaf R tot R per maand. 7

8 Vir meer besonderhede kontak Anneke Cilliers (Woonstelle) of Tersia Cornelisson (Karmel) by (012) gedurende kantoor ure. KOOP EN KUIERFEES Die Gereformeerdekerk Rietvallei het Saterdag 20 Augustus n Koop en Kuierfees op hulle kerkterrein asook n Pretstap wat 08:00 begin. Dit klink soos n regte egte kerkbasaar met pannekoek, poeding-tafel ens en ook kindervermaak. FUNKSIONARISSE VAN ONS GEMEENTE PREDIKANT SKRIBA Dr. Douw Breed Eddie Trollip Duikerlaan MONUMENTPARK ATTESSKRIBA OUDL SKRIBA Tinus Erasmus Corrie Skinner VOORSITTER DIAK. ORRELIS Arno Jeffrey Hannetjie Bezuidenhout e-pos kerk:nwgkw@telkomsa.net webwerf: Op die webwerf kan u etlike jare se preeksketse van dr. Douw lees en daar is ook skakels wat u neem na oudio- en videouitsendings van eredienste van die afgelope tyd. SONDAGKOSTER: André Els: WEEKKOSTER: Nienke vd Walt: KANTOOR: Nienke vd Walt en KANTOORURE: Donderdag en Vrydag: 9 12 U kan egter enige tyd die kantoor skakel en jou oproep sal beantwoord word omdat die telefoon deurgeskakel is na die selfoon. BANKBESONDERHEDE Kerk: ABSA : Gereformeerde Kerk Waterkloofrand Rek no Diakens: ABSA: Diakonie Spaar Rek. No PARKERING Veilige parkering is ook beskikbaar tydens oggenderedienste op die terrein van die Laerskool Anton van Wouw, h/v Langeen Deystraat. PREEKVERDUIDELIKINGS Tydens oggenderedienste word die preek van die oggend vir die kindertjies vanaf 4 jaar tot Graad 4 deur n suster in die saal verduidelik. Dit vind net plaas as dr Douw preek, en nie gedurende vakansies en langnaweke nie. Dit word slegs tydens die preek en onder toesig van die beurtsouderling gedoen. 8

9 9

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO September AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 36 16 September AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 5 & 6 Ouderlinge: Daniël du Plessis en Kobie van Wyk Diaken: Joryn van Staden Volgende Sondag: Wyk 7 & 8 Ouderlinge: Jac van der

More information

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Julie 2017 Waterkruik JAARGANG 54 NO 27 16 Julie 2017 EREDIENSTE VANDAG EN VOLGENDE SONDAG Dr. Douw is in Kanada as afgevaardigde van die GKSA by die International Conference of Reformed Churches (ICRC) wat vergader

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016

Waterkruik. JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016 Waterkruik JAARGANG 53 NO 44 6 November 2016 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Vanoggend se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal volgende Sondag 13 November 2016.

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018

Waterkruik. JAARGANG 55 NO Julie AD 2018 Waterkruik JAARGANG 55 NO 29 29 Julie AD 2018 DIENSBEURTE Vandag: Wyk 17 & 18 Ouderlinge: Piet Malan en Jaco Lindeboom Diaken: Ruan Landsberg Volgende Sondag: Wyk 19 & 20 Ouderlinge: Tinus Erasmus en Douw

More information

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015

Waterkruik. JAARGANG 52 NO Julie 2015 Waterkruik JAARGANG 52 NO 27 19 Julie 2015 EREDIENSTE Dr. Breed en Elize is met verlof tot 31 Julie 2015. Vandag sal ds. Nico Ligthelm beide die eredienste lei. Ons verwelkom u weereens hartlik in ons

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013

Waterkruik. JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 Waterkruik JAARGANG 50 NO 35 1 September 2013 EREDIENS VANDAG Dr. Douw is tot Woensdag in Wallis waar hy en ds Malan van Rhyn die konferensie van die ICRC namens ons kerkverband bywoon. (Kyk berig hieronder)

More information

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie

Deurkollekte vir GKSA. Dagboek Vandag 10 Junie Dagboek Vandag 10 Junie Donderdag 14 Junie Vrydag 15 Junie Sondag 17 Junie Deurkollekte: Debutate Jeugsorg Skinkbeurt : Wyke S78 en N15 Bybelstudie 09:00 06:00 Vroegoggend Volgelinge Deurkollekte: Londen

More information

Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014

Waterkruik. JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014 Waterkruik JAARGANG 51 NO 5 9 Februarie 2014 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Volgende Sondag se erediens is n voorbereidingsdiens met die oog op die viering van die Heilige Nagmaal op Sondag 23 Februarie 2014

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 13 Januarie 2019 Jaargang 37 Nommer 01 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Ons Gemeente wil graag Ds. Casper Breed van harte bedank vir sy onbaatsugtige diens hier

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016 NG Kempton-Kruin Kwartaalblad Augustus 2016 Oktober 2016 Voorwoord In die boek Run with the Horses (lees gerus die boek!) skryf Eugene Peterson oor die brief wat Jeremia gestuur het uit Jerusalem aan die

More information

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Oktober 2017

Waterkruik. JAARGANG 54 NO Oktober 2017 Waterkruik JAARGANG 54 NO 41 22 Oktober 2017 EREDIENS VOLGENDE SONDAG Dr. Douw is in Wittenberg om die World Reformed Fellowship se REFO500 CONFERENCE as afgevaardigde van die GKSA by te woon. Hy sal in

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort

18:00 Aanddiens. 09:30 Oggenddiens. Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Jaargang 5 #5 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Februarie 2016 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: MAAR... daar is n GOD aan wie mag en wysheid behoort Ps 33-1:1,5,6 Ps

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons

09:30 Oggenddiens. Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons Jaargang 3 #22 09:30 Oggenddiens Prof Chris van der Walt Tema: God lê sy eie Naam deur Christus op ons 29 Junie 2014 Sing: Ps 118-1: 12,13 Wetlesing: Gal 2:16 Geloofsbelydenis van Nicea Sing: Ps 31-1:

More information

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A F E B R U A R I E 2 0 1 3 Praat reg oor God Constantia. Dis vir die Kerk belangrik dat daar REG oor God gepraat word, sê ds. Wynand van Beek tydens n

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE

BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE BYBELGEBRUIK TYDENS GROEPSBYBELSTUDIE Geagte Tessa-bybelstudiegroep, 1 Hieronder vind julle drie belangrike aspekte aangaande ons bybelstudiegroep vir hierdie eerste helfte van die jaar: 1. Die program

More information

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Jaargang 6 #15 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 14 Mei 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Om vanuit jou verhouding met God, jou naaste (al is dit jou vyand) lief te

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON

GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON 1 2 September 2018 Jaargang 36 Nommer 33 GEREFORMEERDE KERK LYTTELTON www.gklyttelton.org.za ONS EREDIENSTE VANDAG Die Oggenddiens Ds. Swanepoel bedien die woord aan die hand van Psalm 1. Teks: P salm

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING

BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING Inleiding BASISLITURGIE VIR DIE SEISOEN VAN DIE SKEPPING Om spesiaal te fokus op die skepping in ons eredienste is n navolging van eeue oue tradisies in die Christelike godsdiens. Die geweldige ekologiese

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Mei - Junie 2010 Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Vol. 9, No. 3 Vertalings uit n vroeër gepubliseerde Mei-Jun

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes

Die Kandelaar 10 April NG Gem Universitas-Wes. nguniversitaswes Die Kandelaar 10 April 2016 NG Gem Universitas-Wes Telefoon en faks: 051 522 2547 Finansies 051 522 8119 KANTOORURE: Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Webadres: Die Pastoor se pen:

Webadres: Die Pastoor se pen: Die Volle Evangelie Kerk - Middelburg Posbus 632 Middelburg 1050 Tel: 013-2825167 www.kruisgenerasie.co.za Die Pastoor se pen: Die Here het vir die gemeente n wonderlike woord gegee waarin n paar beloftes

More information

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE

BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE VERJAARSDAE 6 TOT 12 FEBRUARIE 2011 02/06 CARLA PRETORIUS CONCERTO PARK 107 Blok 4 02/06 JOHAN LANDMAN SMUTSLN 254 Blok 1 02/07 WILHELM MEISSNER PRIDE OF INDIA 4821B Blok 2 02/07 MINETTE PIENAAR VAN RIEBEECKLN

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens Jaargang 1 #30 Kontak ons 09:30 Oggenddiens Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: gkbult@gmail.com webblad: www.gkpotchbult.co.za 21 Oktober 2012 11:30 English Service Rev Willem Steyn

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes Die krag van tradisie is gevind in die emosies wat mense bind aan verskillende dade, simbole of praktyke. Tradisie wat oorgedra word van generasie tot generasie bring

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Januarie - Februarie 2012 Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek. Vol. 11, No. 1 Vertalings uit n vroeër gepubliseerde

More information

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood? NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Tweede kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Waarheen roep die Here vir Lynnwood? Immanuel van Tonder Die afgelope twee

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA SAAKNOMMER:J 273/97 In die saak tussen DS NOËL SCHREUDER Applikant en DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK WILGESPRUIT Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, NEDERDUITSE

More information

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens. Ds Willem Steyn Tema: Jesus reinig die tempel, sodat alle nasies die Here kan aanbid.

09:30 Oggenddiens. 18:00 Aanddiens. Ds Willem Steyn Tema: Jesus reinig die tempel, sodat alle nasies die Here kan aanbid. Jaargang 6 # 11 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 26 Maart 2017 Ek sal die lof van die Here verkondig, laat al wat leef sy heilige Naam altyd prys Psalm 145:21 09:30 Oggenddiens

More information

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER Inhoud / Index Tydsduur van die glyskuif is slegs 4 min. 48 sek. Dankie aan u wat die tyd neem om dit deur te lees The timeframe of the slideshow is only

More information

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123 22 Mei 2016 15 Leraar: Dr. Christo Naude (0827851106) Kerkkantoor: 011782-0203 / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123 cnaude@mweb.co.za Danie Brink: danie@lindenpark.co.za Jeugwerker: Niel Brink (0828982946)

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Stellenbosch Theological Journal 2018, Vol 4, No 1, 297 319 DOI: http://dx.doi.org/10.17570/stj.2018.v4n1.a14 Online ISSN 2413-9467 Print ISSN 2413-9459 2018 Pieter de Waal Neethling Trust Geloofsonderskeiding

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra.

IEDERARK NG KERK MIEDERPARK. Wat gebeur DV die volgende week. As jy een ware vriend het, het jy meer as waarvoor jy ooit kon vra. IEDERARK NG KERK MIEDERPARK Wat gebeur DV die volgende week. Sondag 27 Oktober Maandag 28 Oktober Dinsdag 29 Oktober Woensdag 30 Oktober Donderdag 31 Oktober Vrydag 1 November Saterdag 2 November Erediens

More information

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER

Hartklop. Wees Lig! 22 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 29 MEI DIENS VANOGGEND DR WILHELM BURGER Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 22 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Pinkster 2016 het ons opgeroep om nie meelopers nie, maar dissipels te wees. Pinkster 2016 het ons opgeroep om met groter vrymoedigheid

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN

N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER. deur CONRAD JOHAN STEYN N LITERATUUR TEOLOGIESE ONDERSOEK NA DIE LITURGIE EN DIE POST-MODERNE SENIOR KIND / TIENER deur CONRAD JOHAN STEYN voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad MA (Teologie) in die FAKULTEIT

More information

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014 ALGEMENE KERKNUUSBRIEF SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE DESEMBER 2014 1 Kwartaalliks uitgegee deur die SAU Departement Kommunikasie Fairviewstraat 2, Bloemfontein, 9301 Tel: (051)

More information

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service

09:30 Oggenddiens. 11:30 International Service Jaargang 4 #5 09:30 Oggenddiens 8 Februarie 2015 11:30 International Service Rev Willem Steyn Theme: God reconciled everything including you with Himself Scripture reading: Col 1: 15-23 Key verse: Col

More information

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016 GOEIE VRYDAG Wanneer u hierdie uitgawe ter hand neem, is Goeie Vrydag al verby en is ons midde-in die Paasnaweek. Hierdie naweek is die

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember. DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember. My antwoord aan hom is belangrik vir waarom ek die volgende

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

Lydenstyd en Paasfees

Lydenstyd en Paasfees Aswoensdag staan op uit die as 4 Hoekom Paasfees vanjaar so laat is 6 Paasfees tyd om te belééf 8 Stil Saterdag 10 Paasfees met 12 eiers vir kinders 12 Nuut gesing in Afrikaans 14 Liturgie vir nagmaal

More information

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 21 SEPTEMBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG 21 September Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd Deurkollekte

More information

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel

8 September Tema: Verruil jou vyeblare vir velklere: die Here bedek ons sondeskande en gee ons n menswaardige lewe. OGGENDDIENS: Ds Karel 8 September 2013 OGGENDDIENS: Ds Karel Skriflesing: Handelinge 20: 17-38 Teks: Handelinge 20:28 Tema: God roep leiers vir sy kosbare kerk. Laat jou daarom deur die geestelike leiers bewaar en versorg!

More information

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid OM MEE TE BEGIN Bedagsaamheid Die nuwe jaar het ongemerk sy loop geneem en hier staan ons alreeds aan die begin van die derde maand daarvan. Die Trustees hoop dat die nuwe jaar suksesvol verloop en dat

More information

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Gereformeerde Kerk Pretoria- Brooklyn 28 Junie 2015 Hart & Hand Uit Hom, deur Hom en tot Hom Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Die goeies en die

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS' M ENDI M EM O R IA L S IL V E R A N N IV E R S R Y 2 2 N D FEBRUARY 1 9 4 2 BANTU SPORTS CLUB' VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. I d. AFRICANS' OWN 1.00 p.m. 1.45 p.m. 2.00 p.m. to 2.30 p.m. 2.20

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTLIK WELKOM! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTKLOP Moedersdag... ma, ek skryf vir jou n gedig sonder fênsie leestekens sonder woorde wat rym sonder bywoorde net

More information

29 September OGGENDDIENS: Ds Karel. Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps 131 1:1, 2, 3; Seën; Lofsang Ps 8-1:1, 3, 4, 5

29 September OGGENDDIENS: Ds Karel. Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps 131 1:1, 2, 3; Seën; Lofsang Ps 8-1:1, 3, 4, 5 29 September 2013 OGGENDDIENS: Ds Karel Skriflesing: Efesiërs 2:11-22 Teks: Efesiërs 2:16 Tema: Christus maak ons één nuwe mensheid en versoen ons só met God! Vooraf sang Lied 428:1, 2, 4 Ontmoetingsdiens

More information

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop

18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn. 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee. Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop Jaargang 6 #14 Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult 7 Mei 2017 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: So lief het God die wêreld... en my reaksie daarop Ps 146-2: 1,3,4 Ps 146-2:

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~ DIE NUWE BRANDWAG. Musiek. WAAROM SUID-AFRIKA AGTER STAAN BY ANDER LANDE. J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~ musiek in Suid-Afrika nie. Wat daar nog is, word gewaardeer

More information

Bybelse etes (2) Wyke A87, C72 & C80. Wyk B31. Mei Feesblad

Bybelse etes (2) Wyke A87, C72 & C80. Wyk B31. Mei Feesblad Wyke A87, C72 & C80 Bybelse etes (2) Wyk B31 Die redaksie vra verskoning vir die volgende: Ons het nie foto s van al die Bybelse etes ontvang nie. As jou wyk se foto nie geplaas is nie, het dit ons ongelukkig

More information

STAAN VAS TEEN DIE VYAND!

STAAN VAS TEEN DIE VYAND! Editor : S. SAM SELVA RAJ Touching lives by Teaching...since 1969 - In 16 Languages Rs. 10/- AFRIKAANS EGGO VAN SY ROEP Associate Editor : Sis. Mariekjie Nelson Published monthly in ENGLISH, TAMIL, MALAYALAM,

More information