THABAZIMBI AKSIEGROEP PROF KOBUS VAN ROOYEN (VOORSITTER) MNR RATHA MOKGOATLHENG DS DANIE DU TOIT

Size: px
Start display at page:

Download "THABAZIMBI AKSIEGROEP PROF KOBUS VAN ROOYEN (VOORSITTER) MNR RATHA MOKGOATLHENG DS DANIE DU TOIT"

Transcription

1 SAAKNR: 12/2001 DATUM VAN VERHOOR: 19 APRIL 2001 THABAZIMBI AKSIEGROEP KLAER vs SABC2 RESPONDENT TRIBUNAAL: PROF KOBUS VAN ROOYEN (VOORSITTER) MNR RATHA MOKGOATLHENG DS DANIE DU TOIT NAMENS DIE KLAER: MNR AJ NEL NAMENS DIE SAUK: ME DOROTHY VAN TONDER, BESTUURDER : SENTRALE KLAGTEKANTOOR SAAM MET HAAR MNR PEET VAN STADEN, UITVOERENDE REGISSEUR AFRIKAANSE NUUS. SUMMARY Complaint that inappropriate time was given to allegations by TV team that they had been removed from a meeting, where speeches were held after a peaceful protest march by 700 farmers, protesting the bail granted to alleged murderers of farmers and their families on their farms. SABC, properly in the BCCSA s view, apologizing for not having been in time to photograph the protest march through the streets. Tribunal requesting representative of Complainant Action Group to convey this apology to his organisation. 1

2 BCCSA holding that it was not its task to inquire into the allegations of threats of assault, abduction and damage to property. The matter was sub judice, since charges were filed with the Police. It should be noted that the Complainants state that there was a justification for the removal of the team. This is, however, a matter for the Court to decide upon. BCCSA, however, noted that coverage was given to the fact that the host of the camera team, the local Chair of the Transvaal Agricultural Union, had apologised to the camera team. In this sense, given the circumstances, balance was to a certain extent attained. BCCSA holding that it does not fall within its jurisdiction to censure a broadcaster for its choice of news. This is a matter which falls within the broadcaster s discretion. Complaint not upheld. Tribunal however expressing its gratitude to both parties for taking part in the debate before it in a constructive manner. UITSPRAAK JCW van Rooyen Op 26 Maart 2001 het die Respondent, SAUK2, gedurende die 19:00 nuus, dekking gegee aan `n vreedsame betoging van boere op Thabazimbi wat protesteer het teen die borgtog wat verleen is aan `n aantal persone wat aangekla is van plaasaanvalle. Omdat die SAUK-kameraspan na bewering deur van die boere verwyder is van die rugb yveld waar die boere deur verskeie persone toegespreek is, kon alleen fotomateriaal gebeeldsend word van die groot aantal boere wat op die stadion gesit het. Soos blyk uit die klagte, word beweer dat daar gegronde redes was vir die verwydering. Die volgende klagte teen die uitsending is van die klaer-organisasie ontvang: Die wanstelling van die protesoptrede te Thabazimbi op 26 Maart 2001 en die uitsending van die sogenaamde hardhandige verwydering van die SABC 2 joernalis van die terrein. Ons is van mening dat die beriggewing van die saak soos deur die SABC2 gebeeldsend n wanvoorstelling van die waarheid is en dat die saak dringened aandag moet geniet. As openbare uitsaaier het die SABC die plig om die waarheid objektief uit te saai. 2

3 AGTERGROND: Die vermeende plaasaanvallers het o 26 Maart 2001 in die landdroshof vir verhoor verskyn. Die gemeenskap het n protesoptog gereël om hulle teenkanting teen plaasmoorde en die misdaadsituasie in Suid-Afrika te toon. Die organisasie van die dag is besonder goed gehanteer en so beplan dat so min moontlik steuring en ongerief aan inwoners van Thabazimbi veroorsaak word, terwyl terselfdertyd n duidelike boodskap oorgedra word. Die organisasie was só goed dat die SAPD een van die organiseerders geskakel het om hom met die rustige, kalm en gedissiplineerde houding van die optoggangers geluk te wens. Na die optog is na n naasliggende stadion beweeg waar sprekers die optoggangers toegespreek het. Hier het die hoofspereker die skare dan ook bedank vir hul goeie gedrag en die wyse waarop hulle protesteer het. Onderwyl die laaste spreker, Ds Willie Marais, n welbekende en gerespekteerde geestelike leier, n diep geestelike boodskap oorgedra het, het die SABC 2- joernalis in n onderonsie met n loslopende hond betrokke geraak. Omstanders beweer dat die betrokke joernalis die hond uitgetart het sodat die hond ernstig begin blaf het en terwyl hy dit doen wys hy die fotograaf om dit op band vas te lê. Van die omstanders het hierdie aksie van die joernalis as n steuring en skending van hulle vryheid tot die onbelemmerde aanhoor van die spreker gesien en is die joernalis deur van die protesgangers van die terrein verwyder. Op die genoemde nuusprogram is geen dekking aan die protesoptog of die kommer van die boeregemeenskap oor plaasmoorde en misdaad gegee nie. Daarenteen is die insident rondom die verwydering van die joernalis buite verhouding opgeblaas met die uitsluitlike doel om die nuusgebeure te manipuleer en n wanvoorstelling van die waarheid te maak. VERSOEK TOT ONDERSOEK Die Thabazimbi Aksie Groep, n liggaam waarby die breë gemeenskap ingeskakel het met die doel om teen misdaad op te staan, wil met hierdie klagte klem plaas op die feit dat die SABC n verantwoordelikheid tot akkurate en billike nuusdekking het. Die wanvoorstelling soos op SABC2 om 19:00 op 26 Marrt 2001 uitgesaai gee nie erkenning aan die ware gebeure van die dag nie, en laat die indruk dat die SABC daardeur toon dat hulle geen reg het aan die kommerwekkende misdaadsituasie in Suid-Afrika en die gruwelike moorde op boere, plaasgemeenskappe en hulle afhanklikes nie. Die Thabazimbi Aksie Groep doen n beroep op die Uitsaaiklagtekommissie om die aangeleentheid te ondersoek en die wanvoorstelling van SABC2 ten opsigte van die protesoptrede te Thabazimbi aan die kaak te stel. `n Klagte van aanranding, saakbeskadiging en vryheidsberowing is by die Polisie teen van die boere gelê. As gevolg van die sub judice reël kan daar dus nie by hierdie ondersoek ingegaan word op die meriete van wat die klaer sê oor die redes vir die verwydering van die kameraspan van die veld nie. Die verwydering het natuurlik daartoe gelei dat daar geen beeldmateriaal beskikbaar was oor die verdere verloop van die vergadering nie. Mev Van Tonder het namens die SAUK 3

4 verskoning aangeteken teenoor die Aksiegroep dat die kameraspan laat opgedaag het en dus nie die optog, wat vreedsaam verloop het deur die strate van Thabazimbi, op beeld kon vaslê nie. Sy het egter ook betoog dat Televisie ingestel is op beeldmateriaal en dat daar dus nie sinvolle TV- kommentaar gelewer kon word oor die res van die gebeure nie. Mnr Peet van Staden, Uitvoerende Regisseur van Afrikaanse Nuus, het getuig dat daar juis pogings aangewend is om uit te vind by die kameraspan of daar nie verdere beeldmateriaal beskikbaar was nie. Daar was ongelukkig nie sodanige materiaal beskikbaar nie as gevolg van die gebeure en hulle laat aankoms. Die vraag is nou of dit geregverdig vir die Nuusredaksie was om tyd te gee aan die bewerings van die twee lede van die kameraspan. Elkeen het sy weergawe gegee van hoe hulle verwyder is en van beweerde gedrag teen hulle. Die keuse van wat nuuswaardig is, val binne die uitsluitlike diskresie van die uitsaaier. Dit val dus nie binne die bevoegdheid van hierdie Kommissie om `n oordeel uit te oefen oor die insluiting van die kommentaar van die twee lede van die kameraspan nie. Daar sou geredeneer kon word dat die Respondent ook moes gepoog het om die standpunt van die boere, teen wie die klagte gelê is, te bekom en te beeldsend. Dit sou egter onrealisties wees om dit te verwag in die lig van die voorafgaande beweerde gebeure. Mnr Nel het toegegee dat hy verneem het dat die kameraspan verwyder is en dat daar dus nie `n dispuut is oor die feit dat kontak deur die boere verbreek is nie. Op die redes vir die verwydering en of dit geregverdig was, kan ons, soos vermeld, nie ingaan nie. Die SAUK het egter tereg in die item vermeld dat die plaaslike Voorsitter van die Transvaalse Landbou-Unie, wat die kameraspan genooi het, teenoor hulle verskoning aangeteken het. In die sin is `n mate van balans darem bereik. Die kern van die klaer se klagte is egter dat daar nie op gebalanseerde wyse na die dag se gebeure gekyk is nie. Die klem was ten onregte op die bewerings van die kameraspan. Soos reeds vermeld, is dit nie ons taak om aan die SAUK voor te skryf oor wat hulle as nuuswaardig mag beskou nie. Vir die SAUK was dit nuuswaardig dat die kameraspan nie verder toegang tot die gebeure gehad het nie. Wêreldwyd sou TV dieselfde benadering 4

5 gevolg het. Die vryheid van toegang van die media tot openbare gebeure is `n fundamentele reg en waar dit verbreek word, word daaroor verslag gedoen. Aan die ander kant het ons simpatie met die boere-gemeenskap dat hulle nie die dekking gekry het wat hulle verdien het nie. Soos vermeld, was die SAUK -span ongelukkig te laat om die vreedsame optog deur die strate te fotografeer. Hiervoor is reeds verskoning aangebied deur die SAUK. Vir sover dit die algemene klag betref dat die SAUK nie genoeg tyd aan die plaasmoorde in die land gee nie, is dit betekenisvol dat die berig wat onmiddellik voor die huidige berig gebeeldsend is, juis gegaan het oor die tragiese moord op `n egpaar naby Elliot in die Oos-Kaap. Die SAUK se veteenwoordigers het dan ook vermeld dat hulle bewus is van die vermelde klagte. Hulle het egter daarop gewys dat daar ook in ag geneem moet word dat kritiek ook diwels teen die SAUK uitgespreek word dat die Korporasie te veel slegte nuus uitsaai. Dit demoraliseer, na bewering, die publiek en is sleg vir internasionale toerisme. Weer eens, dit is `n saak van beleid wat nie onder ons jurisdiksie val nie. Ons kan egter nie wegkom van die basiese beginsel dat dit nie die taak van hierdie liggaam is om te besluit wat nuuswaardig is nie. Die feit dat die span te laat aangekom het vir die optog is natuurlik te betreur maar, weer eens, is dit nie `n saak vir ons om oor te beslis nie. In elk geval is verskoning hiervoor aangebied tydens ons ondersoek en ons het mnr Nel versoek om hierdie verskoning aan sy bestuur oor te dra. Ons kan dan ook meld dat dit ons mening is dat hierdie verskoning tereg aangebied is; die protesoptog deur boere is `n belangrike nuusitem en dis jammer dat dit nie gewys is nie. Die klagte word om bogenoemde redes van die hand gewys. Die Tribunaal wil egter sy dank uitspreek teenoor beide partye dat hulle in `n sinvolle en opbouende manier aan die ondersoek deelgeneem het. Dit is vir ons en die SAUK van kardinale belang dat die publiek op sinvolle en opbouende wyse deelneem aan die debat oor die taak van die Tribunaal en die uitsaaiers wat onder sy jurisdiksie val, vir sover dit die Uitsaaikode betref. 5

6 JCW van Rooyen SC 29 April 2001 Die ander lede van die Tribunaal het met bogenoemde uitspraak saamgestem. 6

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord Kaapse Afdeling / Northern Cape

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING,

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA SAAKNOMMER:J 273/97 In die saak tussen DS NOËL SCHREUDER Applikant en DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK WILGESPRUIT Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, NEDERDUITSE

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO 200/84 N v H 36/85 GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK en DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO SMALBERGER, Wn AR :- 200/84 N v H IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die

deur voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad aan die TOEGANG TOT GETUIEVERKLARINGS IN STRAFSAKE deur PETRUS JOHANNES DIRKSE STRUWIG voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER LEGUM aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA STUDIELEIER:

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING 6 AUGUSTUS 2018 1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN DRINGENDE RAADSVERGADERING GEHOU OP MAANDAG, 6 AUGUSTUS 2018 OM 11:00 IN DIE MUNISIPALE

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA RAPPORTEERBAAR DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA SAAK NR: 336/2001 In die saak tussen: RIAAN BOTHA BENJAMIN KORFF Eerste Appellant Tweede Appellant - en - DIE STAAT Respondent Coram: VIVIER WND

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die appèl tussen: Appèlnommer : A1/06 S J BADENHORST Appellant en LIBERTY GROUP PROPERTIES (EDMS) BEPERK Respondent CORAM:

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saaknommer: 876/2002 PETRUS MARTHINUS OOSTHUIZEN Applikant en DIE LANDDROS, SENEKAL WYNAND DU PLESSIS THABANG

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) 1ste Verweerder. GA HATTINGH, R et CJ MUSI, R IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. :A130/2006 In die saak tussen: MICHIEL JOSIAS DE KOCK Eiser en DIE RAAD VAN JERSEY SA JERSEY SA 1ste Verweerder 2de

More information

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3134/2002 NEWCASTLE KINGS HOTEL (EDMS) BPK SPOT ON AIR Eerste Eiser Tweede Eiser en SAFCAM (EDMS)

More information

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

(OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (OOS KAAPSE AFDELING) Saak no: 3593/06 MEAGAN HERTRICIA PRINGLE and MEC, DEPARTMENT OF HEALTH, EASTERN CAPE THE MEDICAL SUPERINTENDENT, DORA NGINZA HOSPITAL UITSPRAAK

More information

MALHERBE RP et HATTINGH R

MALHERBE RP et HATTINGH R IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr : 1935/2003 In die saak tussen: CHRISTIAAN HENDRIK BOSHOFF Applikant en NKETOANA MUNISIPALITEIT Respondent CORAM:

More information

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA UITSPRAAK RAPPORTEERBAAR Saaknommer: 565/98 IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA In die saak tussen: A W F MIDDELBERG APPELLANT en DIE PROKUREURSORDE VAN TRANSVAAL RESPONDENT CORAM: SMALBERGER

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Northern Storm Trading 10 BK UITSPRAAK Rapporteerbaar: Ja / Nee Sirkuleer onder Regters: Ja / Nee Sirkuleer onder Landdroste: Ja / Nee Sirkuleer onder Streeklanddroste: Ja / Nee IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley)

More information

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA RAPPORTEERBAAR SAAKNO: 430/2001 In die saak tussen: CORNELIS JANSEN VAN DER MERWE Appellant en NEDCOR BANK BEPERK Respondent CORAM: VIVIER Wne AP, HARMS, FARLAM,

More information

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH) Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante 2017 8 BCLR 949 (KH) I.M. Rautenbach I.M. Rautenbach, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Johannesburg

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys Die regte van trustbegunstigdes: waai? 'n Nuwe wind wat Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys Inleiding Dit blyk steeds die algemene opvatting

More information

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O. In die saak tussen: VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saak Nr: 236/2013 FRANK JAMES DE BEER N.O. MARIETTE DE BEER N.O. ABRAHAM JACOBUS DU PLESSIS N.O. 1 ste Applikant 2 de Applikant

More information

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Saak nr 350/82 MC JOHANNA COETZEE - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK JANSEN AR. Saak nr 350/82 MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen JOHANNA COETZEE Appellante

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES deur Suzanne Marais Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen BLUE GRASS ESTATES (PTY) LIMITED EN 26 ANDER Appellante en DIE MINISTER VAN LANDBOU 1ste Respondent DIE SUIWELRAAD 2de Respondent

More information

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf deur P C Payne BA, LLB Studentenommer: 20727755 Skripsie ingedien ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING SAAKNR: 427/90 In die appèl van LESLEY PRETORIUS Eerste Appellant CECIL PRETORIUS Tweede Appellant en DIE STAAT Respondent Coram: JOUBERT, E.M GROSSKOPF,

More information

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS Universiteit van Pretoria UITDAGINGS AFRIKAANSE VIR DIE HISTORIKUS Intreerede gelewer op 23 April 1987by die aanvaarding van die Professoraat en Hoofskap van die

More information

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE, PORT ELIZABETH

FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE, PORT ELIZABETH FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE, PORT ELIZABETH PARTIES: PIETER ROELF PRINSLOO V THE MIN OF SAFETY & SECURITY NOT REPORTABLE Case Number: 2099/06 High Court: EASTERN CAPE, PORT ELIZABETH DATE HEARD:

More information

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die appèl tussen: Appèlnommer: 96/2001 KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS APPELLANT en MEGS INVESTMENTS (EDMS) BEPERK

More information

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika Mini-skripsie ter gedeeltelike voltooiing van die vereistes vir die graad Magister Legum

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) BREEDE VALLEI MUNISIPALITEIT UITSPRAAK GELEWER 24 JUNIE 2016 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD) In die saak tussen: HANNES JACOBS N.O. HANNES JACOBS DIE BESTUURDER: ROYAL MUSHROOMS Saak No: A520/2014 Eerste Appellant Tweede Appellant

More information

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING NOTULE VAN N BESTUURSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 2 MAART 2017 Opening en verwelkoming: Gebed deur: Carl Greyling TEENWOORDIG: Jan-Willem van Staden Roelf Beukes Susan

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) ONRAPORTEERBAAR In die saak van: CHRISTIAAN DIEDERICKS NO Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 EISER TEEN PADONGELUKKEFONDS VERWEERDER

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN Reporteerbaar: YES/NO Van belang vir ander Regters: YES/NO Sirkuleer na Landdroste: YES/NO In die saak tussen:- Saak Nr. : 1540/2016

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. : A385/2007 BAREND BURGER (BEN) COETZEE JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN)

More information

Eiseres spreek die verweerder aan vir betaling van skadevergoeding ten. aansien van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 11 Augustus 2000

Eiseres spreek die verweerder aan vir betaling van skadevergoeding ten. aansien van beserings wat sy opgedoen het toe sy op 11 Augustus 2000 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr.: 1425/2003 S.G. BREYTENBACH Eiseres en PETRO SAVE (EDMS) BEPERK h/a ENGEN QUICK SHOP, COLLEGE

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling) Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee Sirkuleer aan Streekanddroste: Ja / Nee Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Saakno:

More information

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING ACTA CLASSICA XXXVI {1993} 151-153 ISSN 0065-11.11 BOOK REVIEW BOEKBESPREKING ARISTOTELES POETIKA, VERTALING EN UITLEG VAN BETEKENIS deur E.L. de Kock en L. eilliers, Perskor, Johannesburg, 1991 Met hierdie

More information

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer aan Streeklandroste Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY Saakno: / Case number: 235 / 2009

More information

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag

Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag Deliktuele eise in die geval van konstruktiewe ontslag Deur Philippus Louis Steyn LLB Ingedien in ooreenstemming met die vereistes vir die graad Magister Legum in Arbeidsreg by die Noordwes Universiteit

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

LOMBARD, HATTINGH et BECKLEY RR. Die respondent is op 12 Februarie 2003 op n klagte van moord deur

LOMBARD, HATTINGH et BECKLEY RR. Die respondent is op 12 Februarie 2003 op n klagte van moord deur IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèlnommer : A325/2003 In die appèl tussen: DIE STAAT Appellant versus EDUARD BERNARD CLOETE Respondent CORAM: LOMBARD, HATTINGH

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K Verslagwaardig: Ja/Nee Sirkuleer aan Regters: Ja/Nee Sirkuleer aan Landdroste: Ja/Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling DATUM GELEWER: 19 10 2001 KIMBERLEY SAAKNOMMER: CA&R 141/2000

More information

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG

in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) )L - AKPEB ADV. ADV. ADV. ADV. ADV. MNR. AL DIE BESKDLDIGDES; ONSKULDIG in Pit: HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAAL5E PBOVINSIALE AFDELING) qa^remongp; cc 482/85 )L - DELMAS 1986-07-30 ; : DIE STAAT t«en: PATRICK MABUTA BALEKA 21 AKPEB VOOR: SY EDELE REGTER VAK DIJKHORST

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

More information

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING,

More information

RAADSLEDE / COUNCILLORS

RAADSLEDE / COUNCILLORS NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 25 APRIL 2017 1 NOTULE VAN N ALGEMENE RAADSVERGADERING GEHOU OM 09:00 OP DINSDAG 25 APRIL 2017 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL TE BREDASDORP MINUTES OF A GENERAL

More information

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT IIOOFSTUK 4 GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE WAT 'N ROJ, SPEEL H\' DIE SAMESTELLING VAN 'N MODEL VIR ONDERWYSERPROFESSIONALITEIT 4.1 INLEIDING In hoofstuk 3 is aandag geskenk aan die statutere determinante

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] 1 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] RAPPORTEERBAAR SAAKNO: A66/2002 In die saak van: SHAMIEL SYDOW RIEDEWAAN SYDOW ASHALEY DAVIDS BRIAN DAVIDS Eerste Appellant

More information

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn

DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS. Leanne Appelgryn DlSSlPLlNBRE VERHORE: 'N REG OP REGSVERTEENWOORDIGING VIR WERKNEMERS Skripsie ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die Magister Legum graad in Arbeidsreg aan die NoordWes-Universiteit (Potchefstroom

More information

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990

Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990 Weerstand teen huisvesting van swart studente deur die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, 1987 tot 1990 N.S. (Fanie) Jansen van Rensburg N.S. (Fanie) Jansen van Rensburg, Fokusarea vir Sosiale Transformasie,

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 7548/2008 In die saak tussen:- K MPHURWANA t.b.v. SC MPHURWANA Eiseres en PADONGELUKKEFONDS Verweerder UITSPRAAK DEUR: KRUGER, R AANGEHOOR

More information

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE

DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE DIE REG OP REGSVERTEENWOORDIGING TYDENS ADMINISTRATIEWE VERRIGTINGE MC Roos 1 Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus) 1 Inleiding Die vraag of 'n betrokkene mag aandring op regsverteenwoordiging tydens

More information

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE WYSIGING VAN DISKRIMINERENDE BEPALINGS IN TESTAMENTÊRE TRUSTS MET N LIEFDADIGHEIDSOOGMERK Henda Steyn* University of the Free State SteynH@ufs.ac.za Received: June

More information

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998

Saak No: 423/96. In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS. Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman ARR et Melunsky Wnd AR. VERHOOR: 18 September 1998 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA Saak No: 423/96 In die saak tussen: DIE ONGEVALLEKOMMISSARIS Appellant en SANTAM BEPERK Respondent CORAM: Hefer, Smalberger, Schutz, Plewman

More information

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING 9 FEBRUARIE 2016 1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG, 9 FEBRUARIE 2016 OM 10:00 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL, VREDENDAL

More information

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA   CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA   1. NAAM 1. NAME CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA www.cycadsociety.org BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA www.cycadsociety.org 1. NAME The Society shall be known as the CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA, hereafter referred to

More information

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot

van die respondent, n toegelate prokureur van hierdie Hof, van die rol van prokureurs asook die gebruiklike verdere regshulp met betrekking tot IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak No.: 1010/2003 DIE PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT Applikant en HERMAN TREVOR BARNEY LEVIN Respondent

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information