CAMI EDUCATION. 1. Skryf jou naam op die ANTWOORDBLAD EN ANTWOORDBOEK. 3. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
|
|
- Jennifer Jasmin Palmer
- 6 years ago
- Views:
Transcription
1 CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) Fax : web: info@camiweb.com CAMI EDUCATION FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 1 FISIKA - GRAAD TOTAAL:150 TYD: 3 URE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam op die ANTWOORDBLAD EN ANTWOORDBOEK. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLA 4. Beantwoord AFDELING B in die ANTWOORDBOEK. 5. Nie - programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 6. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die numeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Inligtingsblaaie is vir jou gebruik aangeheg. 9. Wees kort (bondig) waar motiverings en besprekings verlang word.
2 AFDELING A Antwoord hierdie afdeling op die aangehegte ANTWOORDBLA VRAAG 1: EENWOORD ITEMS Gee een woord / term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord / term langs die vraagnommer ( ) op die antwoordblad. 1.1 Die term wat gebruik word om twee bronne te beskryf wat golwe vrystel wat 'n konstante fase verhouding met mekaar het. (1) 1.2 Die term wat gebruik word om lig met net een enkele frekwensie te beskryf. (1) 1.3 Die beginsel waarvolgens elke punt op 'n golffront as 'n bron van sekondêre golwe optree. (1) 1.4 Die basiese beginsel waarop 'n elektriese generator funksioneer. (1) 1.5 Die "energie pakkies" waaruit lig bestaan. (1) [5] VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE VRAE Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A D) langs die vraagnommer ( ) op die aangehegte ANTWOORDBLA 2.1 'n Voorwerp beweeg stadiger terwyl die versnelling konstant bly. Wat kan ons sê oor die krag wat op die voorwerp inwerk? Daar is geen krag wat op die voorwerp inwerk nie. Die netto krag wat op die voorwerp inwerk, neem geleidelik toe. Die netto krag wat op die voorwerp inwerk, neem geleidelik af. Die netto krag wat op die voorwerp inwerk, bly konstant. (2)
3 2.2 Lig wat deur 'n dubbelspleet beweeg, vorm helder en donker bande op 'n skerm. Die donker bande word veroorsaak deur golwe vanaf elke spleet wat: konstruktiewe interferensie ondergaan. presies een golflengte uit fase is. presies n halwe golflengte uit fase is. presies n kwart golflengte uit fase is. (2) 2.3 'n Trein beweeg wes teen 'n snelheid van 60km.h -1 relatief tot die grond. Die trein se snelheid, relatief tot die bestuurder van 'n motor, is 10km.h -1 ooswaarts. Die snelheid van die motor, relatief tot die grond is: 10km.h -1 wes 50km.h -1 oos 60km.h -1 oos 70km.h -1 wes (2) 2.4 Bostaande skets toon n bal, massa m, wat heen en weer aan n tou swaai. Die tou vorm n maksimum hoek van 30 te n opsigte van die vertikale posisie. Watter van die volgende vektore toon die versnelling, a, van die massa by posisie A, wat die hoogste punt van die beweging voorstel? (2)
4 2.5 Twee geïsoleerde deeltjies, A en B, is 4 m uitmekaar. Deeltjie A het 'n netto lading van 2Q en B 'n netto lading van Q. Die verhouding van die grootte van die elektrostatiese krag wat op A uitgeoefen word tot die grootte van die elektrostatiese krag op B is: 4 : 1 1 : 1 2 : 1 1 : 2 (2) 2.6 Die afstand tussen die plate van n parallelplaatkapasitor met oppervlakte A is d. Die kapasitor word gelaai sodat die potensiaalverskil tussen die plate V is. Indien die kapasitor geïsoleer word en die afstand tussen die plate word verminder na d/2, wat gebeur met sy kapasitansie? Die kapasitansie is vier keer die oorspronklike waarde. Die kapasitansie is die helfte van die oorspronklike waarde. Die kapasitansie bly onveranderd. Die kapasitansie is dubbel die oorspronklike waarde. (2) 2.7 'n Voorwerp word vanaf 'n hoogte h bo die grond laat val en val vry onder die invloed van swaartekrag. Lugweerstand is weglaatbaar klein. Watter een van die volgende grafieke is die beste voorstelling van die verband tussen die kinetiese energie en die verplasing van die voorwerp, gemeet vanaf die punt waar dit laat val is? (2)
5 2.8 Watter een van die volgende stellings oor emissiespektra is korrek? 'n Elektron wat van die n = 3 tot die n = 1 energievlak beweeg, absorbeer lig. 'n Elektron straal lig uit wanneer dit na 'n hoër energievlak opgewek word. 'n Elektron straal lig uit wanneer dit na 'n laer energievlak terugval. 'n Oorgang van die n = 2 na die n = 1 energievlak sal lig met n korter golflengte vrystel as 'n oorgang van die n = 3 tot die n = 1 energievlak. (2) 2.9 H 1 en H 2 is twee emissielyne wat uitgestraal word deur 'n waterstofatoom. H 1 straal uit by 'n golflengte van 656nm en H 2 by 'n golflengte van 486nm. Watter een van die volgende stellings is korrek? H 2 word uitgestraal by 'n laer frekwensie en laer energie as H 1. H 2 word uitgestraal by 'n hoër frekwensie en laer energie as H 1. H 2 word uitgestraal by 'n laer frekwensie en hoër energie as H 1. H 2 word uitgestraal by 'n hoër frekwensie en hoër energie as H 1. (2)
6 2.10 Die diagram toon sommige dele van die elektromagnetiese spektrum. Watter tipe elektromagnetiese straling stel P en Q onderskeidelik voor? X-strale en infrarooi lig Infrarooi lig en X-strale Klank en infrarooi lig X-strale en klank (2) [20] TOTAAL AFDELING A: 25
7 AFDELING B INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. 2. In alle berekeninge moet formules en berekeninge getoon word. 3. Rond antwoorde af tot TWEE desimale waar van toepassing. VRAAG 3 'n Gelaaide ertsdraer in 'n myn het 'n totale massa van 8000kg. Terwyl dit teen n helling opgesleep word, breek die kabel en die kar loop terug teen die wrywinglose helling af. Aan die onderkant van die helling bots die kar teen n ry van vier stilstaande, leë karre, elk met massa 1000kg. Die vyf karre koppel outomaties en begin beweeg teen 'n spoed van 6m.s Noem 'n behoudswet wat gebruik kan word om die spoed van die gelaaide kar net voor die botsing te bepaal, indien die spoed van die kombinasie direk na die botsing gegee word. (1) 3.2 Gee die wet van behoud van energie in woorde. (2) 3.3 Bereken die spoed van die gelaaide kar net voor dit bots. (4) 3.4 Bereken die kinetiese energie van die kar net voor die botsing. (3) 3.5 Bereken die vertikale hoogte (x in die diagram) van die gelaaide ertsdraer net voor die kabel gebreek het. (4) [14]
8 VRAAG Gee Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2) 4.2 'n Helling met n growwe oppervlak maak n hoek van 30 o met die horisontaal. 'n Sak sement, massa 100 kg, word 1,5m teen die helling opgesleep teen n konstante spoed, deur 'n krag, parallel aan die helling, op die sak toe te pas. Die wrywingskoëffisiënt tussen die sak sement en die oppervlak is 0,35. Bereken: Die arbeid verrig teen gravitasie. (5) Die wrywingskrag wat op die sak sement inwerk teen die helling. (4) Die arbeid verrig teen wrywing terwyl die sak 1,5m teen die helling opgesleep word. (3) Die krag wat gebruik word om die sak teen die helling op te sleep. (4) [18] VRAAG 5 'n Bal met massa 0,1 kg word laat val vanaf die bopunt van n gebou, 180m hoog. Dit bereik n grenssnelheid van 40m.s -1 na 5s. Aanvaar dat die versnelling gedurende die eerste 5s konstant bly. 5.1 Definieer impuls. (2) 5.2 Bereken die hoogte bo grondvlak waar die grenssnelheid bereik is. (6) 5.3 Die bal val op 'n horisontale betonblad op die sypaadjie en bons opwaarts teen 'n spoed van 25m.s -1. Indien die bal vir 0,05s in kontak met die betonblad is, bereken die gemiddelde krag wat die betonblad op die bal uitoefen. (4) [12]
9 VRAAG 6 Die volgende diagram toon 'n bewegende bron wat klankgolwe uitsaai. 6.1 Wat word die verskynsel, hierbo geïllustreer, genoem? (1) 6.2 In watter rigting beweeg die bron: na links of na regs? (1) 6.3 Wat gebeur met die golflengte van die golwe aan die linkerkant van die bron? (1) 6.4 Jy is 'n stilstaande waarnemer en die klankbron beweeg weg van jou af. Hoe sal die toonhoogte van die klank wat jy hoor verskil van die toonhoogte as die bron stilstaan? (1) 'n Trein blaas sy fluit terwyl dit verby n stilstaande leerder beweeg teen 'n konstante spoed. Die volgende grafiek toon hoe die frekwensie van die fluit verander terwyl die trein die leerder nader en dan verby hom beweeg. 6.5 Bereken die spoed waarteen die trein beweeg. Aanvaar dat die spoed van klank in lug 340m.s -1 is. (5) [9]
10 VRAAG 7 Monochromatiese lig met 'n golflengte van 625nm beweeg deur n enkelspleet en val op 'n skerm 1,5m voor die spleet. Die tweede donker band kom voor 8,5mm vanaf die middel van die sentrale helder band. Bereken die wydte van die spleet. [5] VRAAG 8 'n Ongelaaide geleidende sfeer hang vanaf n vaste punt aan n dun geïsoleerde toutjie met weglaatbare massa. Die sfeer ontvang n negatiewe lading van 140nC en word tussen twee parallelle plate geplaas soos in die skets hieronder. Die afstand tussen die plate is 42mm. 8.1 Definieer die elektriese potensiaal by 'n punt in 'n elektriese veld. (2) Wanneer 'n potensiaalverskil oor die plate aangewend word, word die sfeer na die positiewe plaat aangetrek en bly in ewewig terwyl die toutjie n hoek θ met die vertikaal vorm soos in die skets hieronder. 8.2 Bereken die elektriese veldsterkte tussen die plate. (4) 8.3 Bereken die elektrostatiese krag op die sfeer as gevolg van die elektriese veld. (3) 8.4 Die massa van die sfeer is 4, kg. Bereken die grootte en rigting van die spanning (T) in die toutjie. (6) [15]
11 VRAAG 9 n Battery met 'n EMK van 9V en interne weerstand, r, word in die stroombaan hieronder verbind. Die stroom wat deur die battery vloei is 1,0 9.1 Wat word bedoel met 'n EMK van 9V? (2) 9.2 Bereken die potensiaalverskil tussen punte A en B in die stroombaan. (4) 9.3 Bereken die interne weerstand, r. (3) 9.4 Bereken die energie wat in 5 minute deur die battery gebruik word. (3) [12]
12 VRAAG 10 'n Elektriese motor benodig n toevoerspanning van 900V wgk om n besproeiingspomp teen maksimum doeltreffendheid te laat funksioneer. Wanneer hierdie toevoerspanning aangewend word, is die stroomsterkte deur die motor 50A wgk Bereken die drywing van die motor indien die pomp teen maksimum doeltreffendheid funksioneer. Jy kan aanvaar dat die motor energie verbruik net soos n gewone resistor. Gee jou antwoord in kilowatt. (3) n Wateraangedrewe ws-generator by 'n dam, 'n ent weg van die pomp, word gebruik om elektrisiteit te voorsien aan die elektriese motor wat die pomp aandryf. Die generator verskaf 'n wisselstroom met 'n piekspanning van 1414,21 V. Die generator is aan die motor verbind deur twee aluminiumdrade. Die totale weerstand van die twee drade is 7Ω. Die opstelling word geïllustreer deur die volgende diagram Die weerstand van die elektriese motor is 18Ω. Bereken die wgkstroom wat deur die aluminiumdrade vloei. Aanvaar dat die motor soos n gewone weerstand funksioneer. (7) 10.3 Bepaal of die pomp teen maksimum doeltreffendheid sal funksioneer. Ondersteun jou antwoord met berekeninge. (3) 10.4 In die stroombaan tussen die generator en die motor gaan n groot hoeveelheid elektriese energie verlore. Identifiseer en beskryf een verandering wat gemaak kan word om hierdie energieverlies te verminder. In jou antwoord, jy moet ook verduidelik hoe die verandering wat jy voorstel die verlies van elektriese energie sal verminder. LET WEL: Dit is nie moontlik om die posisie van die generator of die motor te verander nie. (3) [16]
13 VRAAG 11 Die volgende diagram toon 'n reghoekige spoel, met N windings, wat teen n konstante tempo van 2 rotasies per sekonde in 'n uniforme magneetveld van 3,0T draai. Die lengtes van sye AB en BC is 6cm en 4cm onderskeidelik Watter tipe generator word in die diagram geïllustreer? (1) 11.2 In watter rigting (A na B of B na A) sal die stroom in sy AB van die spoel vloei indien die spoel gedraai word in die rigting soos aangedui in die diagram? (1) 11.3 As die spoel 'n kwart rotasie ondergaan vanaf die posisie soos in die diagram word n gemiddelde emk van 7,2V geïnduseer. Bereken die aantal windings teenwoordig in die spoel. (5) 11.4 Gebruik 'n skets om te toon hoe die uitsetspanning van die generator verander indien die sleepringe vervang word deur 'n kommutator. (2) [9]
14 VRAAG 12 Die diagram hieronder toon 'n kwartsglas-vakuumbuis met twee elektrodes. Hierdie elektrodes word aan 'n battery met 'n spanning V gekoppel. Wanneer ultra-violetlig op die katode geskyn word, kan n stroom begin vloei. Die grafiek toon die stroomsterkte as 'n funksie van die frekwensie van die ultra-violet lig. Die spanning V word konstant gehou. Kurwes X en Y in die grafiek is verkry vir twee verskillende metale wat gebruik word as katodes Watter verskynsel word deur die onderstreepte sin beskryf? (1) 12.2 Wat is die langste golflengte van ultra-violetlig wat elektrone vanuit die katode van metaal X kan vrystel? (3) 12.3 Bereken die minimum energie wat nodig is om 'n elektron uit die oppervlak van metaal X te verwyder. (3)
15 12.4 Ultra-violetlig met n frekwensie van 3,0 x Hz word op die katode, wat van metaal Y vervaardig is, geskyn. Bereken die maksimum kinetiese energie van die foto-elektrone wat deur die katode vrygestel word. (4) 12.5 Die intensiteit van die straling wat op die katode inval, word verhoog terwyl die frekwensie konstant gehou word. Noem en verduidelik watter effek hierdie verandering op die volgende sal hê: Energie van die vrygestelde foto-elektrone. (2) Aantal vrygestelde foto-elektrone. (2) [15] TOTAAL AFDELING B: 125 TOTAAL: 150
CAMI EDUCATION. 1. Skryf jou naam op die ANTWOORDBLAD EN ANTWOORDBOEK. 3. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD.
CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com CAMI
More informationst, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus
Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen
More informationst, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik
Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste
More informationNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 MODEL 2007 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 3 diagramvelle. Wiskundige Geletterdheid/V1 2 INSTRUKSIES
More informationks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie
Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste
More informationDie netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *
OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons
More informationBenguFarm Bestelvorm
BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek
More informationMODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde
MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and
More informationProvincial Gazette Provinsiale Koerant
The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25
More informationOEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is
More informationNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2007 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Inligtingstegnologie/V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. Hierdie
More informationGRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING
More informationMandala Madness Deel 2
Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar
More informationProsesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede
More informationLIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION
Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).
More informationCambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education
ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes
More informationHOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR
1 HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE 1. Getrou
More informationGRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100
1 Kopiereg voorbehou GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100 Naam: Klas: INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS en SES vrae. Beantwoord AL die vrae op hierdie
More informationIn Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:
ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means
More informationProvincial Gazette Provinsiale Koerant
The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25
More informationMENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014
PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014
More informationCAMI EDUCATION FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 CHEMIE - GRAAD PUNTE: 150 TYD: 3 URE. 1. Skryf jou naam op die ANTWOORDBLAD EN ANTWOORDBOEK.
CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com CAMI
More informationHoe om krag te spaar
= Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering
More informationMosselbaai Munisipaliteit
Mosselbaai Munisipaliteit GRASIE VIR VOLDOENING VAN ADVERTENSIETEKENS Die Stadsraad het n grasietydperk van 1 Julie 2015 tot 31 Desember 2015 aan besighede toegestaan om hulle die geleentheid te bied om
More informationRut: n Liefdes Verhaal
Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org
More informationIN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,
More information- Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our
Kyk ook: - Die DVD s: Our Created Solar System DVD en Our Created Stars and Galaxies DVD - Skepping & Evolusie Onversoenbaar!, Hennie Mouton, Hoofstuk 4, Die uniekheid van die aarde - Ons is in die middel
More informationIN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR
More informationMy Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse
SMS Fleet (Pty) Ltd Maatskappy in privaat besit gestig in 2006 Ons produk My Tracer is n lokaal ontwikkelde, briljante, internet gedrewe GPS Voertuig Volg Sisteem met n volledige Geoutomatiseerde Elektroniese
More informationDirekte en indirekte rede *
OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2
More informationHOëRSKOOL PORTERVILLE
P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK
More informationEXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT
North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS
More informationENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE
150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST
More informationMENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014
PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11
More informationOlE ONTWERP EN IMPLEMENTERING VAN 'N LAE KOSTE MELK-PASTEURISEERDER VIR DIE ONT\VIKKELENDE KLEINBOER. PfETER BENHARDUS VAN ZYL
OlE ONTWERP EN IMPLEMENTERING VAN 'N LAE KOSTE MELK-PASTEURISEERDER VIR DIE ONT\VIKKELENDE KLEINBOER PfETER BENHARDUS VAN ZYL Voorgele ter vea-vulling van die vereistes vir die MAGISTER TECHNOLOGIAE: INGENIEURSWESE:
More informationCOPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION
COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION o Attribution You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any
More informationPasteur en Lister oorwin kieme *
OpenStax-CNX module: m24216 1 Pasteur en Lister oorwin kieme * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 SOSIALE WETENSKAPPE:
More informationPROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE
2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen
More informationStelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet
Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet Die evaluering van besproeiingstelsels help die watergebruiker om die stelsel beter te bestuur die evaluasie wys of die stelsel funksioneer
More informationLaerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM
Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan
More informationNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, 2 bylaes en 1 aanhangsel. Wiskundige Geletterdheid/V1
More informationINHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE
INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:
More informationREËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE
REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur
More informationALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS
TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84
More informationPARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)
PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) GRAAD : 11 DATUM : NOVEMBER 2012 VRAESTEL : KYK- EN LEESBEGRIP, TYD : 2 UUR OPSOMMING
More informationALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING
ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING Inhoud Bladsy 1. Inleiding 2 2. Waarom kliniese onderrig? 2 3. Waarom afstandsonderrig? 2 4. Hoe dit werk 2 4.1 Doelstellings 2 4.2 Hoe die proses
More informationUittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing
Uittree-Annuïteitsplan Planbeskrywing 'n Persoon wat uittree-annuïteitsvoordele wil ontvang, moet 'n lid van 'n uittreeannuïteitsfonds wees. Die uittree-annuïteitsfonds het 'n plan vir die lid om die voordele
More informationTariewe
Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot
More informationREKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.
a REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 1 01 Hierdie dokument bestaan uit 4 bladsye en twee bylaes. Rekenaartoepassingstegnologie 1 DBE/PAT 01 NSS (Riglyne
More informationRegsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings
2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige
More informationSHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE
SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe
More informationGRADE 11 / GRAAD 11 Vraestel 1 / Paper 1. June / Junie 2015 ENGINEERING GRAPHICS & DESIGN INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP TOTAL / TOTAAL
INSTRUCTIONS ND INFORMTION. The paper consists of questions.. nswer LL questions.. Use scale : unless stated otherwise.. ll questions must be answered on the given answer sheets. 5. ll answer sheets must
More informationG. J. du Preez
G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het
More informationNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 MODEL 2008 PUNTE: 120 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 39 bladsye. Inligtingstegnologie/V1 2 DoE/Model 2008 INSTRUKSIES EN INLIGTING
More informationAPOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode
APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop
More informationNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n aparte inligtingsblad. Rekenaartoepassingstegnologie/V1
More informationNienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is
Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,
More informationProvincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant
THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 12 FEBRUARY FEBRUARIE
More information2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS
2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS Vraag-terminologie Ontleed Breek 'n probleem op in sy samestellende dele. Kyk in diepte by elke deel met behulp van stawende argumente en bewyse vir en teen, asook
More informationGRAAD 12 SEPTEMBER 2012 BESIGHEIDSTUDIES
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 BESIGHEIDSTUDIES PUNTE: 300 TYD: 3 uur *BUSTA* Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. 2 BESIGHEIDSTUDIES (SEPTEMBER
More informationNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11
NSIONLE SENIOR SERTIFIKT GR 11 REKENRTOEPSSINGSTEGNOLOGIE V2 MOEL 2007 PUNTE: 150 TY: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3.
More informationMEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS
MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS 1. DOEL VAN DIE MEMORANDUM Om (a) bepaalde aspekte van n konsep
More informationHOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,
HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:
More informationUit Moerdijk se pen Man en Media
MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit
More informationSIZA takes the sting out of auditing
SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their
More informationINHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2
Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap
More informationNOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00
NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van
More informationDIE PROSES VAN DISSIPELSKAP
DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode
More informationProvincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant
THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 1 FEBRUARY FEBRUARIE
More information33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en
2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:
More informationKolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema
inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan
More information3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so
3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie
More informationProvincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant
THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 8 MARCH MAART 2013
More informationProvincial Gazette Provinsiale Koerant
The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25
More informationHOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS
HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Met die navorsing is daar ondersoek ingestel na die effek van Gestaltspelterapie op die selfbeeld van die leergestremde leerder. In Hoofstuk 1 is
More informationHierdie is n aansoek om die volgende regshulp:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede
More information2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER
Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,
More informationRAADSLEDE / COUNCILLORS
NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 25 APRIL 2017 1 NOTULE VAN N ALGEMENE RAADSVERGADERING GEHOU OM 09:00 OP DINSDAG 25 APRIL 2017 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL TE BREDASDORP MINUTES OF A GENERAL
More informationKANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320
KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl
More informationMENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013
PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions
More informationHOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie
HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE 1. INLEIDING So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie verklaar as n verskynsel wat kan manifesteer in n verskeidenheid aanvalle, wat grootliks
More informationTariewe
Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot
More informationStudy Opportunities. September REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE Graad 12
Study Opportunities September 2014 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE Graad 12 Vraestel 2 Skriftelike vraestel TYD: 3 UUR PUNTE: 150 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye (titelbladsy ingesluit). Instruksies
More informationHANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE
AFDELING A HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE Die oorhoofse tema van die werkopdrag is Tradisie. Hierdie onderwerp het al in die verlede en sal heel waarskynlik ook in die toekoms tot vele debatte aanleiding
More informationHermanusdoorns Aandeleblok Bpk
Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU TE HERMANUSDOORNS OP 11 Augustus 2012 OM 11H00 1. Welkom Die Voorsitter open die vergadering om 11h00 en verwelkom alle aandeelhouers
More informationMATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING
MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING 9 FEBRUARIE 2016 1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG, 9 FEBRUARIE 2016 OM 10:00 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL, VREDENDAL
More informationIN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant
SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK
More informationINTERAKTIWITEIT GEDURENDE DIE UITSENDING: DIE DOSENT SE BEHEERPANEEL
INTERAKTIEWE TELEMATIESE UITSENDINGS FASILITEITE BESKIKBAAR IN DIE ITD-ATELJEE Standaard-televisiekameras vir die opname van die aanbieder en paneelgaste. `n Maksimum van vier paneelgaste kan geakkommodeer
More informationVraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD
OpenStax-CNX module: m24583 1 Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
More informationThe Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers PROCEEDINGS AT THE THREE HUNDRED AND FIFTY-SEVENTH GENERAL MEETING.
The Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers Editor Founded June. 1909Incorporated December, 1909 A. W. L1NEKER. b.sc.(glas.). m.i.e.e.. mem.a.i.e.e.. m.(s.a.)i.e.e., a.m.i.c.e.,
More information2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume
T' _....,... rle..- ClLlV Llle..- ClLJVIIV="'r:. T~..... _... "' JIoI U I e. IV L2 LA JIoI U I I: IV L2 ::::::::::::::::: :: :::::: : "" f:ll.','::.:~ Il:I,II~I:I:l:~::j;::::::::::::::r:: i:: :tr:::ti~,
More informationEerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA SAAKNOMMER:J 273/97 In die saak tussen DS NOËL SCHREUDER Applikant en DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK WILGESPRUIT Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, NEDERDUITSE
More informationEKURHULENI-NOORD DISTRIK
EKURHULENI NORTH GEOGRFIE VRESTEL : 1 TEORIE GR : 10 TY : 3 URE TOTL : 225 TE : NOVEMER 2017 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en n YLG van 11 bladsye. INSTRUKSIES EN INFORMSIE: 1. eantwoord RIE
More informationNabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies
Stellenbosch Theological Journal 2016, Vol 2, No 2, 93 110 DOI: http://dx.doi.org/10.17570/stj.2016.v2n2.a05 Online ISSN 2413-9467 Print ISSN 2413-9459 2016 Pieter de Waal Neethling Trust Nabye aftrede:
More informationDagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,
Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is
More informationESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN
BASIESE ASSESSERING ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN FICKSBURG 88 KV KRAGLYN, SETSOTO PLAASLIKE MUNISIPALITEIT, VRYSTAAT PROVINSIE (DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE VERWYSINGSNOMMER: 14/12/16/3/3/1/797)
More informationvoorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad
'rrn KIFUTIESE BESKOUING VAN DIE KONTAINI1JVlOEISTAAT AS ELEMENT VAN IFINANSieliE VERSLAGIDOlEN~INJG JOHANNES HENDRIK KIRCHNER voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER COMMERCii
More informationOFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA
PUBLISHED BY AUTHORITY OFFICIAL GAZETTE EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG R0,30 Wednesday I November 1989 WINDHOEK Woensdag I November
More informationDIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES
DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE deur ALETTA MARIA VOGES voorgele ter gedeeltelike vervuuing van die vereistes vir die graad MAGISTER ARTIDM
More informationIN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)
Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)
More information