SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Size: px
Start display at page:

Download "SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE"

Transcription

1 SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank ( SARB ), bly om bekend te maak soos dit hieronder op rekord geplaas is. 1. VERKRYGING VAN ZAMBEZI MALL 1.1. Sharemax Zambezi Retail Park Investments (Edms) Beperk ( Zambezi Retail ) het effektief vanaf 1 Julie 2011 eienaarskap van die Zambezi Mall eiendom van Capicol (Edms) Beperk verkry. Die verkryging volg op lang en intense onderhandelings. Hierdie transaksie was gedurende die week wat op 8 Julie 2011 geëindig het, gesluit Vanaf verskeie bronne van kommunikasie, insluitende die Road Shows en vanaf interaksie met die beleggers/fa Forum en beleggers, het die Direksie tot die gevolgtrekking gekom dat dit die algemene wens van die beleggers is om eienaarskap van Zambezi Mall te hê en dit is nou bereik, onderhewig aan sekere voorwaardes. Die eiendom sal in twee stappe oorgedra word vir eienaarskap daarvan. Die hoofwinkelgebou sal dadelik oorgedra word en die toepaslike oordragaktiwiteite het reeds begin. Die oordrag van die balans van die eiendomme wat uit die Zambezi Mall se ander geboue bestaan, sal volg gedurende die proses met die implementering van die verkrygingsooreenkoms Die dag tot dag bestuur van die sake van Zambezi Mall is oorgeneem deur Zambezi Retail en die bestuursaktiwiteite onder Zambezi Retail het reeds begin. Die bestuursaktiwiteite sal die invordering van huurgeld en alle ander verwante eiendomsbestuursaktiwiteite insluit. Samesprekings met die huurders het reeds begin en sal so vinnig as wat moontlik is vorder, sodat Zambezi Retail kennis kan dra van die huidige huur- en kontraktuele posisies, asook ander aanverwante sake van Zambezi Mall In ooreenstemming met die terme van die verkrygingsooreenkoms, word beoog om die uitstaande padwerke te voltooi sodat die hooftoegangsroetes tot Zambezi Mall oopgemaak kan word. Daar sal voor die einde van Julie 2011 daarmee begin word en daarmee voort gegaan word, totdat dit voltooi is. 1

2 1.5. Bykomend volgens die verkrygingsooreenkoms, sal bemarking- en promosie aktiwiteite vir Zambezi Mall van stapel gestuur word, volgens n ooreengekome bemarkingsprogram wat tans geïmplementeer word Die Zambezi Mall se verkrygingsooreenkoms het die weg gebaan vir die Direksie om die nodige befondsing vir die voltooiing van die konstruksie aktiwiteite van die toegangspaaie tot Zambezi Mall te kry en daardeur die langverwagte gemaklike toegang tot Zambezi Mall te verseker. Hierdie befondsingsaktiwiteite kan nou op n kommersiële basis plaasvind, omdat eienaarskap bestaan, teenoor die vorige posisie van nie-eienaarskap van Zambezi Mall en dit bring mee dat daar geen verdere betrokkenheid van die Capicol Groep, die ontwikkelaar van Zambezi Mall, is nie Met die koms van die oordrag van eienaarskap, sal toekomstige netto inkomste wat uit die besigheidsaktiwiteite van Zambezi Mall voortspruit, tot die voordeel van beleggers wees en die Capicol Groep sal geen verdere betrokkenheid hê in terme van die beleggingsopbrengs waarop beleggers geregtig is nie Die aandag van beleggers word egter daarop gevestig dat Zambezi Mall effektief beskou moet word as n nuwe winkelsentrum, wat weer bekendgestel sal moet word met die opening en finale voltooiing van die toegangspaaie en nadat geskikte huurders geplaas is met die effektiewe voltooiing van Zambezi Mall. Die huidige swak huurstatus van Zambezi Mall sal verbeter moet word met die bogemelde proses, voordat beleggingsopbrengste weer hervat kan word Dit is die oorwoë mening van die Direksie dat die aksies met betrekking tot Zambezi Mall, soos hierbo uiteengesit, tans en in die toekoms tot die beste voordeel en in die beste belang van die beleggers in die Zambezi Mall projek is. 2. VERKRYGING VAN VILLA MALL 2.1. Ook na lang en intense onderhandelings, welke onderhandelings oorvleuel het met die onderhandelings oor Zambezi Mall, het The Villa Retail Park Investments (Edms) Beperk ( Villa Retail ) effektief vanaf 1 Julie 2011 eienaarskap van n 80% onverdeelde aandeel in en van die Villa Mall eiendom van Capicol 1 (Edms) Beperk, verkry. Capicol 1 sal die oorblywende 20% belang hou, welke belang beskikbaar sal wees volgens die kontraktuele 2

3 ooreenkoms, vir die verkryging daarvan op verskillende stadiums teen voorafbepaalde bedrae. Hierdie transaksie was gedurende die week wat op 15 Julie 2011 geëindig het, gesluit Net soos in die geval met die Zambezi Mall projek, het die Direksie die algemene wens van die beleggers gekry dat hulle eienaarskap van die Villa Mall verkies en dit is nou bereik, onderhewig aan seker voorwaardes. Een voorwaarde is n opskortende voorwaarde, wat op 15 Augustus 2011 nagekom moet word. Beleggers en belanghebbende partye sal oor die nakoming van die opskortende voorwaarde of die nienakoming daarvan, ingelig word Die 80% onverdeelde aandeel in en van die Villa Mall eiendom sal ook in twee stadiums oorgedra word vir die eienaarskap daarvan. Die eerste oordrag, synde die eerste 30% van die 80% onverdeelde aandeel, moet onmiddellik oorgedra word na die nie-nakoming van die bogemelde opskortende voorwaarde. Voorbereidings vir die toepaslike oordragaktiwiteite in hierdie verband, het egter reeds begin en dit is die Direksie se siening dat dit onwaarskynlik is dat die opskortende voorwaarde nagekom sal kan word. Oordrag van die oorblywende 50% van die onverdeelde aandeel sal volg in die normale gang van die inplementeringsproses van die Villa Mall se verkrygingsooreenkoms, wanneer dit onvoorwaardelik is Die Villa Mall se verkrygingsooreenkoms het die weg gebaan vir die Direksie om voort te gaan om die nodige befondsing vir die voltooiing van die Villa Mall, wat deur die Direksie onderneem word. Hierdie befondsingsaktiwiteite kan nou op n kommersiële basis plaasvind omdat eienaarskap bestaan, teenoor die vorige posisie van nie-eienaarskap van Villa Mall en dit bring mee dat daar geen verdere betrokkenheid van die Capicol Groep, die ontwikkelaar en die ontwikkelingsbestuurder van die Villa Mall, is nie. Sou die opskortende voorwaarde nie nagekom word nie, sal die Capicol Groep met sy 20% onverdeelde aandeelbelang nie verder betrokke wees by die ontwikkeling nie, insluitend die voltooiing en die bestuur van die Villa Mall. Die ontwikkeling se voltooiing en bestuur sal deur Villa Retail onafhanklik van die Capicol Groep, onderneem word Dit is die oorwoë mening van die Direksie dat die aksies met betrekking tot Villa Mall, soos hierbo uiteengesit, tans en in die toekoms tot die beste voordeel en in die beste belang van die beleggers in die Villa Mall projek is. 3

4 3. PROSES VAN DIE REËLINGSKEMAS 3.1. Weens die suksesvolle sluiting van die verkrygingstransaksies met betrekking tot Zambezi Mall en die Villa Mall, is die direksies nou in staat om voort te gaan om die Reëlingskemas waaroor voorheen gerapporteer is, te implementeer tot die voordeel van die beleggers as n geheel en vir sover as wat dit spesifieke beleggers raak. Dit sal gedoen word in ooreenstemming met n finale tydtafel, welke tydtafel ook van toepassing sal wees om die versterkte posisie van Zambezi Mall en Villa Mall se transaksies te implementeer, soos hierbo vermeld Vordering met die proses van die Reëlingskemas, soos bo gemeld, het reeds begin in ooreenstemming met die tydtafel Behalwe in buitengewone omstandighede, word dit verwag om die implementering van die prosesse van die Reëlingskemas teen die einde van September 2011 te finaliseer, met die verkryging van die sanksionering van die toepaslike Reëlingskemas en om die opheffing van die direktiewe van die SARB te soek, nadat die toepaslike Reëlingskemas gesanksioneer is met die verstandhouding dat die beleggers ten gunste sal stem vir die aanvaarding en die sanksionering van die voorgestelde Reëlingskemas. 4. BESONDERHEDE VAN DIE VOORSTELLE AAN BELEGGERS 4.1. Die toepaslike dokumentasie van die Reëlingskemas word tans saamgestel met toeligting wat spesifiek handel oor die voordele wat beleggers sal kry, noudat die Zambezi Mall en Villa Mall se verkrygingstransaksies gefinaliseer is Die omsendskrywes met die formele voorstelle wat aan die krediteure en die beleggers in die maatskappye gestuur gaan word, word tans voorberei met die oog daarop om dit te finaliseer en in die laaste deel van Augustus 2011 uit te stuur. Die formele vergaderings van krediteure en beleggers sal na verwagting byeengeroep word om teen die laaste deel van September 2011 plaas te vind. Dit sal gevolg word deur die sanksionering van die voorgestelde Reëlingskemas en die opheffing van die direktiewe, kort nadat die formele vergaderings van die krediteure en die beleggers plaasgevind het. 4

5 4.3. Volle besonderhede van die finale voorstelle aan krediteure en beleggers sal in die gemelde dokumentasie vervat wees en dit sal betyds aan krediteure en beleggers gesirkuleer word, sodat die voorstelle en dokumentasie met die toepaslike ondersteunende inligting, op n ingeligte basis oorweeg kan word. 5. INKOMSTE PLANNE 5.1. Verdere substansiële onderhandelings en verfyning van die voorstelle met betrekking tot die Reëlingskema het plaasgevind en die verfyning daarvan is nou voltooi Die proses van die Reëlingskema met betrekking tot die Inkomste Planne, sal vorder in ooreenstemming met dieselfde tydtafel waarna reeds verwys is en gelyktydig met die Reëlingskemas van Zambezi Mall en Villa Mall Besonderhede oor die betaling van die verwagte inkomste opbrengs met betrekking tot die Inkomste Planne, sal deur Frontier aan die beleggers voorsien word. Dit sal nie deur die voorafgaande proses met betrekking tot die Reëlingskema van die Inkomste Planne, geaffekteer word nie. 6. GROEI PLANNE Daar word gevorder met die strukturering van n Reëlingskema met betrekking tot die Groei Planne projekte. Die toepaslike Reëlingskemas sal voorgestel word, (insluitende die omsendskrywe aan krediteure en beleggers) in ooreenstemming met die tydtafel waarna reeds hierbo verwys is en daar word verwag om dit terselfdertyd te implementeer en te finaliseer as die prosesse wat op Zambezi Mall, Villa Mall en die Inkomste Planne projekte van toepassing is. 7. VERDERE VORDERING Verdere vorderingsverslae en opdaterings sal volg so gou as wat dit prakties moontlik is. Neem asseblief kennis dat hierdie inligting ook beskikbaar sal wees op Frontier se webtuiste by U is welkom om hierdie webtuiste vir gereelde opdaterings en agtergrondinligting te besoek. 5

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES deur Suzanne Marais Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé 11 Oktober 2013 Disclaimer: The opinions

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH

More information

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU TE HERMANUSDOORNS OP 11 Augustus 2012 OM 11H00 1. Welkom Die Voorsitter open die vergadering om 11h00 en verwelkom alle aandeelhouers

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing Uittree-Annuïteitsplan Planbeskrywing 'n Persoon wat uittree-annuïteitsvoordele wil ontvang, moet 'n lid van 'n uittreeannuïteitsfonds wees. Die uittree-annuïteitsfonds het 'n plan vir die lid om die voordele

More information

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013 Disclaimer: The opinions expressed in this document are the opinions of the writer and not necessarily those of PSG and do not constitute

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN Reporteerbaar: YES/NO Van belang vir ander Regters: YES/NO Sirkuleer na Landdroste: YES/NO In die saak tussen:- Saak Nr. : 1540/2016

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21

FINANSIËLE STATE 28 FEBRUARIE BGR De Villiers Ing Ing., Reg Nr. 2001/003908/21 FINANSIËLE STATE 28 FEBUAIE 2015 BG De Villiers Ing Ing., eg Nr. 2001/003908/21 DAKENSTEIN SAKEKAME FINANSIËLE STATE 28 FEBUAIE 2015 VOOSITTE Jandre Arangies TESOUIE Johan Kemp BESTUUSAADSLEDE Sieg Maier

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50 Selling price Verkoopprys: R2,50 Other countries Buitelands: R3,25 Vol. 9 MAY PRETORIA, 30 MEl 2003 No.203 We all have the power to prevent AIDS Prevention is the cure le AIDS HElPLINE I 0800 012 322 I

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN BASIESE ASSESSERING ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN FICKSBURG 88 KV KRAGLYN, SETSOTO PLAASLIKE MUNISIPALITEIT, VRYSTAAT PROVINSIE (DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE VERWYSINGSNOMMER: 14/12/16/3/3/1/797)

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd 11

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

Mosselbaai Munisipaliteit

Mosselbaai Munisipaliteit Mosselbaai Munisipaliteit GRASIE VIR VOLDOENING VAN ADVERTENSIETEKENS Die Stadsraad het n grasietydperk van 1 Julie 2015 tot 31 Desember 2015 aan besighede toegestaan om hulle die geleentheid te bied om

More information

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING, BLOEMFONTEIN. T[...] N[...]...Eiseres. F[...] L[...]...Verweerder SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAAT AFDELING,

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C) 0 0 Vol. 12 PRETORIA, 1 SEPTEMBER 2006 No. 333 "C) C) a t:j ru -~ C) 0 We all have the power to prevent AIDS Prevention is the cure gle AIDS HELPUNE 1 oaoo 012 322 1 DEPARTMENT OF HEALTH 0 J06-271217-A

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger, Grosskopf, Nienaber, Plewman ARR en Farlam Wnd AR Verhoordatum:

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk 13 September 2013 Disclaimer:

More information

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

FASCINATION WOOD Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town www.woodconference.co.za holzbau Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE WOOD Conference the knowledge platform for architects, engineers, quantity surveyors

More information

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5226/06 In die saak tussen: JACOBUS JOHANNES WESTRAAD N.O. ELIZABETH WILHELMINA WESTRAAD N.O. 1ste Applikant 2de Applikant en MAGRIETA JACOBA BURGER

More information

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume T' _....,... rle..- ClLlV Llle..- ClLJVIIV="'r:. T~..... _... "' JIoI U I e. IV L2 LA JIoI U I I: IV L2 ::::::::::::::::: :: :::::: : "" f:ll.','::.:~ Il:I,II~I:I:l:~::j;::::::::::::::r:: i:: :tr:::ti~,

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS 1. DOEL VAN DIE MEMORANDUM Om (a) bepaalde aspekte van n konsep

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 8 MARCH MAART 2013

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant EXTRAORDINARY BUITENGEWONE THE UNION OF SOUTH AFRICA $taatsftoerant VAN DIE UNlit VAN SUID-AFRIKA VOL._ oxxvm.) PRICE Gd. CAPE TOWN, 1ST MAY, 1942. KAAPSTAD, 1 MEl 1942. PRYS 6d. [No. 8050. OFFICE OF THE

More information

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: MARTHINUS FERDINAND VAN STADEN Appellant en WILLEM HENDRIK FOURIE, Respondent CORAM: CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 20 PRETORIA, 23 JULY JULIE 2014

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 10 MARCH MAART 2015

More information

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA. OFFICIAL GAZETTE EXTRAORDINARY UITGAWE OP GEBAG. OF SOUTH WEST AFRICA. PUBLIBBBD BY AUTBOBJ'l'Y. 10c Vrydag, 28 JUDie 1963. WINDHOEK Friday, 28th June

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3714/2003 LAMBERT HENDRIK ROUX ERWEE N.O. CATHARINA MARIA SUSANNA ERWEE Eerste Applikant Tweede

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape Division) Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord-Kaapse Afdeling / Northern Cape

More information

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 2001 Tydskrif vir Regswetenskap 26(2): 52-66 Kronieke / Chronicles Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings 1. Inleiding en probleemstelling Die vierjarige

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING,

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Pro~inci~l Gazette Extraordinary Pro~inci~l" Gazette Extraordinary Buiteri"g~Wone Proviilsiclle Koerant Selling price Verkoopprys: R2,50 Other countries Buitelands: R3,25 Vol. 10 AUGUST PRETORIA, 4 AUGUSTUS 2004 No. 314 We all have the

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA PUBLISHED BY AUTHORITY OFFICIAL GAZETTE EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG R0,30 Wednesday I November 1989 WINDHOEK Woensdag I November

More information

RAADSLEDE / COUNCILLORS

RAADSLEDE / COUNCILLORS NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 25 APRIL 2017 1 NOTULE VAN N ALGEMENE RAADSVERGADERING GEHOU OM 09:00 OP DINSDAG 25 APRIL 2017 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL TE BREDASDORP MINUTES OF A GENERAL

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 15 OCTOBER OKTOBER

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 14 AUGUST AUGUSTUS

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA   CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA   1. NAAM 1. NAME CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA www.cycadsociety.org BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA www.cycadsociety.org 1. NAME The Society shall be known as the CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA, hereafter referred to

More information

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING 'n Skripsie ingehandig ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die graad Magister Legum in Boedelreg aan die Noordwes-Universiteit

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 12 FEBRUARY FEBRUARIE

More information

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING Inhoud Bladsy 1. Inleiding 2 2. Waarom kliniese onderrig? 2 3. Waarom afstandsonderrig? 2 4. Hoe dit werk 2 4.1 Doelstellings 2 4.2 Hoe die proses

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K Verslagwaardig: Ja/Nee Sirkuleer aan Regters: Ja/Nee Sirkuleer aan Landdroste: Ja/Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling DATUM GELEWER: 19 10 2001 KIMBERLEY SAAKNOMMER: CA&R 141/2000

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die aansoek van: Aansoek Nr. : 2658/2005 GEORGE FREDERIK WESSELS N.O. Applikant en DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF BLOEMFONTEIN

More information

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA SAAKNOMMER:J 273/97 In die saak tussen DS NOËL SCHREUDER Applikant en DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK WILGESPRUIT Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, NEDERDUITSE

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION

COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION COPYRIGHT AND CITATION CONSIDERATIONS FOR THIS THESIS/ DISSERTATION o Attribution You must give appropriate credit, provide a link to the license, and indicate if changes were made. You may do so in any

More information

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die appèl tussen: Appèlnommer: 96/2001 KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS APPELLANT en MEGS INVESTMENTS (EDMS) BEPERK

More information

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf deur P C Payne BA, LLB Studentenommer: 20727755 Skripsie ingedien ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes

More information

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Saak nr 350/82 MC JOHANNA COETZEE - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK JANSEN AR. Saak nr 350/82 MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen JOHANNA COETZEE Appellante

More information

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die aansoek van:- VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 596/2012 ABSA BANK BEPERK Applikant en BENJAMIN PETRUS VAN NIEKERK N.O. MARIA VAN NIEKERK N.O. FARMSECURE LIVESTOCK

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen BLUE GRASS ESTATES (PTY) LIMITED EN 26 ANDER Appellante en DIE MINISTER VAN LANDBOU 1ste Respondent DIE SUIWELRAAD 2de Respondent

More information

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 THE UNION OF SOUTH AFRICA

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 THE UNION OF SOUTH AFRICA EXTRAORDINARY BUITENGEWONE ~o",ernment THE UNION OF SOUTH AFRICA Staa ts hoeran t VAN DIE UNIE VAN SUID-AFRIKA filep*nd at tile Geoeral Post OOlee as a NewspapeJ'.) lgeregistreer by die Hoolposkaatoor

More information

NOTULE OIV. 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig en open die vergadering met gebed.

NOTULE OIV. 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig en open die vergadering met gebed. NOTULE OIV 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai TEENWOORDIGHEID - Walter Kurten () - Adriaan van Wyk (AvW) - Hettie Jooste (HJ) - Riekie Pienaar (RP) - Fanie Groenewald (FG) - Joe Meyer (JM) - Lana

More information

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING NOTULE VAN N BESTUURSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 2 MAART 2017 Opening en verwelkoming: Gebed deur: Carl Greyling TEENWOORDIG: Jan-Willem van Staden Roelf Beukes Susan

More information

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS Verwysingsnommers: Finansiële Diensteraad 12/8/22704 Suid-Afrikaanse Inkomstediens 18/20/4/024946 Die Fonds is op 1 Februarie 1989 gestig. Die Hersiene Reëls is op

More information

voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad

voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad 'rrn KIFUTIESE BESKOUING VAN DIE KONTAINI1JVlOEISTAAT AS ELEMENT VAN IFINANSieliE VERSLAGIDOlEN~INJG JOHANNES HENDRIK KIRCHNER voorgele ter vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER COMMERCii

More information

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se

In uitvoering van n ooreenkoms bereik by die Reël 37 samespreking is. aan die begin van hierdie verhoor beveel dat die quantum van eiser se IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Saak Nr. 3134/2002 NEWCASTLE KINGS HOTEL (EDMS) BPK SPOT ON AIR Eerste Eiser Tweede Eiser en SAFCAM (EDMS)

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (Noord Kaapse Afdeling / Northern Cape

More information

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme Departement Bos- en Houtkunde Akademiese programme vir 2018 Magisterprogramme Navrae: Kontakbesonderhede: Departementshoof Departement Bos- en Houtkunde Universiteit van Stellenbosch Privaatsak X1 Matieland

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information