British Concentration Camps of the South African War saamgestel deur Johan J Pottas

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Mandala Madness Deel 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Direkte en indirekte rede *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Uit Moerdijk se pen Man en Media

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

HOëRSKOOL PORTERVILLE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Hoofstuk 16 ( )

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

Rubriek vir skeppende werk

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Tariewe

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Dialoog en paragrawe *

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Kerssangdiens. SA Gemeente

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Edgehog

G. J. du Preez

Sterdansers by Vensters.

INTRODUCTION. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

SIZA takes the sting out of auditing

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Tariewe

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Inhoudsopgawe Boy Booysen

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

n Wetenskaplike verstaan van Eckart Otto se Pentateugteorie deur Erik Immelman Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

100 DIE GETATOEEERDE K"

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Transcription:

2008 no 3 September 2008 British Concentration Camps of the South African War 1900-1902 saamgestel deur Johan J Pottas Saamgestel deur JJ Pottas Ons het op 8 Augustus 2008 by ons maandbyeenkoms van die GGSA Vrystaat vir Elria Wessels van die ABO by ons gehad en het sy amptelik aan ons tak die volgende webwerf bekend gestel: http://media1.mweb.co.za/bccdb/ default.asp bronne kon opspoor, aangesien die "oorspronklike" kampregister nie by die VAB ooit uitgekom het nie niemand weet wat daarvan geword het nie. Die projek het onder leiding gestaan van Elizabeth van Heyningen. Bydraes kan gestuur word aan: pottasj.rd@mail.uovs.ac.za Tel. 051 522 7329 Sel 082 569 3727 Die inleiding op die webwerf lui soos volg: British Concentration Camps of the South African War 1900-1902 Nadat ons die inligting bekend gemaak het op verskeie genealogiese gesprekslyste was daar soveel reaksie dat ek gevoel het om dit te probeer saamvat in n artikel vir ons Maiores. My dank en erkenning aan elkeen wat tot die artikel bygedrae het. Stories in uitgawe British Concentration Camps of the South African War 1900-1902 My Mitochondriese- DNA storie 1-8 9-12 The camps were formed by the British army to house the residents of the two Boer republics of the South African Republic and the Orange Free State. They were established towards the end of 1900, after Britain had invaded the Boer republics. This database was designed to investigate mortality and morbidity in the camps during the war. Although it includes everyone listed in the registers during the war, it usually excludes returning prisoners-of-war and men who came back from commando at the end of the war, as well as the considerable movement of people which took place after 31 May 1902, when families were repatriated to their homes. Dit is 'n databasis met al die kampe nie net die Vrystaatse kampe nie. Daar is selfs ook inligting oor die Kroonstad kamp se inwoners, wat hulle uit ander Wil net sê baie dankie, ons is ongelooflik dankbaar vir julle bydrae. Beste groete Edward & Alet de Bruin Dit is wonderlik!! Maak sommer 'n klomp deure oop! Dankie Johan Alta Griffiths Ek wil graag hier ook my dank aan Elria Wessels uitspreek vir die onbaatsugtige groot werk wat sy en haar medewerkers deurentyd so in die stilligheid doen daar in Bloemfontein. (Vervolg op bladsy 2)

BLADSY2 (vervolg van bladsy 1) Barend J Venter Navorser van die Venter-Familie van Suid-Afrika Dankie vir die kennisgewing. Dis fantasties om die data -soekbaar- op die Internet te hê. En dankie aan die ABO mense. En plaasname ook. Mens kan sommer baie tyd hier spandeer. Groete Christo van Rensburg Vancouver, BC, Canada En belle Colombie Britannique Johan, Elria en ander skuldiges Mense, wat het julle aan ons gedoen? Hoe lank gaan hierdie ons besig hou? Onthou, ons mense moet eet ook! Dankie dankie dankie Dis 'n skatkis van informasie - ek het reeds vier kinders van 'n gesin gevind wat tydens die ABO oorlede is, wat ek vermoed het bestaan het, maar geen bewyse voor gehad het nie. Alta Roux van Kinross Geluk! Fantasties! Ek het binne minute n hele verlore familie van die Wallis en Rossouws kon kry! (kindertjies) Isebelle.Krauss En later weer Ek kan net dankie,dankie sê Johan, tussen ons klomp in die kantoor het ons soveel kindertjies gekry van families, wat ons jare al na gesoek het, Rossouw, Buitendach, van der Westhuizen, de Wet, Maritz, Slabbert en nog ander, selfs my ouma Isabella Elizabeth, kon sien op watter plase hulle gewoon het en na teruggegaan het... en ook Nicolaas George van der Westhuizen se vrou, en hul kindertjies wat oorlede is in die kamp! vandaar kon ons na die dorpe gaan waar die plase was, en nou kyk ons deur kerkrekords! en magistraatsrekords, en raai wat! sukses... (vervolg op bladsy 3)

BLADSY3 (vervolg van bladsy 2) Dra my dank en ook die van my medegeners in Parktown se adminstratiewe kantore, ons het almal in plaas van om te werk vandag met die databasis rondgespeel...en medewerkers het kom rondstaan...dankie aan Elizabeth...sy is volgens my n ster!! Dit sou ure se navorsing geneem het tussen ons almal om hierdie inligting te kon bekom... en as daar foute inlsuip kan mens haar mos help om die regte inligting vir haar te gee? Dit is mos die doel van Genealogie... om mekaar te help. Isebelle E Krauss *Lloyd. Dankie vir die inligting Johan, dit is wonderlik! Groete Nico (NC Gey van Pittius) Beste Almal Ek het groot pret gehad met die nuwe BCCD databasis! Dis wonderlik om te soek volgens die ID nommer, aangesien mens die mense wat saam met dié wat jy geken het, ingeboek is, kan identifiseer. Die tentnommer help om te bevestig dat hul bymekaar hoort. En die plaasnaam en die soekfunksie op plaasname, beteken dat mens almal bymekaar kan maak! Dit sou gaaf gewees het om die tentnommers ook soekbaar te gehad het, maar waarskynlik kry mens al die inligting wel op n ander manier. My vraag is waarom n ou man van 91 in die konsentrasiekamp sou gewees het? As hy saam met sy familie (sê dogter en kleinkinders) ingekom het, is dit duidelik. Hul kan hom tog nie daar los en die huis om hom afbrand nie. Maar hierdie man het niemand bekends (nie eers naastenby nie) voor of na hom in order van ID nommers nie. En die plaasnaam wat saam met hom verskyn, bring ook geen verwante na vore nie. Hoe kan ek nog soek? Ek het probeer kyk vir sy dogters of kleindogters se getroude vanne, maar kry tot dusver niks nie. Enige idees, enige iemand? Groete Susan Viljoen Alberton, South Africa/Suid-Afrika En weer n keer van Susan (vervolg op bladsy 4)

BLADSY4 (vervolg van bladsy 3) Beste Almal Ek het in gesprek met Mark Howells, eggenoot van Cyndi Howells, eienaar van die bekende genealogiese hulpwebtuiste, Cyndi's List, die nuwe databasis genoem. Hier is sy ekspert reaksie. Beide Mark en Cyndi is groot geeste in genealogiese navorsing-terme, en hul opinie tel nogal, dink ek. Dis n groot pluimpie vir diegene (Elizabeth, Elria?) wat hierby betrokke is! Groete Susan Viljoen Alberton, South Africa/Suid-Afrika En hulle reaksie op Susan se gesprek: WOW! I don't think I have ever seen such a detailed online database! Down to the very tent number of the internee <I don't really know what to call these poor people>. I have submitted the link to Cyndi's List. Great sites like that get priority for categorization. Mark Howells Hallo almal Baie baie dankie vir die inligting re Konsentrasiekampe Elria asook natuurlik Elizabeth...wat 'n wonderlike gebeurtenis. Ek en Andre moes lank gelede self al die swaar registers fotokopieer en weet wat dit alles behels. Ek is veral baie verheug dat daar sekere van die Kroonstad kampregisters se inligting beskikbaar is en stem saam met Johan en Isebelle..foute sluip altyd in en dit is vir ons ander om te help indien nodig met die korrekte inligting... so bou ons 'n byna foutlose databasis (Vervolg op bladsy 5)

BLADSY5 (vervolg van bladsy 4) Claudie Andre en Claudie Jooste Thank you Lynne, I found my grandmother and great grandmother whose letters I have from that period. Hopefully one day we will also find St Helena and India/Ceylon on a webpage. Warm regards Alaine Kent Hierdie is 'n ongelooflik wonderlike bydrae tot die veld en ek hoop die hele gemeenskap se dank is teenoor Elizabeth uitgespreek. Die feit dat daar plek plek data snaaksighede is, verdwyn eenvoudig in belangrikheid teen die agtergrond van die bydrae en poging wat hierdie werk verteenwoordig. Ek glo 'n mens kan werk rondom dinge soos dieselfde individue wat verskillende nommers het ensovoorts. Dis dinge wat gedoen is meer as 'n honderd jaar gelede deur een of ander "klerk" by 'n konsentrasiekamp en kan duidelik nie voor Elizabeth se deur geplaas word nie. Ek kan bloot getuig dat ek my vrou se "verlore" oumagrootjie en haar twee dogters duidelik en onteegseglik gevind het, en dit het ook verklaar by watter vleuel van die familie hulle gaan woon het in 1892, toe hulle van die "skerm af verdwyn het" in die Kliprivier distrik van Natal. 'n Mens sukkel eers so bietjie wanneer die rekord lees "Mrs Charles Jordaan; farmer...status: commando"", tot jy besef sy is NN Jordaan en haar man is 'n boer wat op kommando is. My innige dank vir 'n wonderlike bydrae...veral vir ons ouens wat vêr weg sit. P.S. Vraag: Is daar enige data oor die name van die bestuur, dokters, ens ens in die spesefieke kampe? Ek vra, want, volgens oorlewering, wou die Middelburg kampdokter my vrou se ouma daar en dan trou en het haar sterk Natalse rebelfamilie haar die dood voor die oë gesweer. n Mens sou graag wou weet wie die vlerkslepende dokter was. Baie van die Jordaan-familie mans was toe in die tronk vir hoogverraad in Natal. Harry Booyens Vancouver KANADA (vervolg op bladsy 6)

BLADSY6 (vervolg van bladsy 5) En weer n keer van Harry: Ek is veel meer beïndruk as net wat ek daar sê.ons het ook sommer die een dogter se toekomstige man daar opgespoor en het ontdek hy het oorgegee op Komatipoort. Hy was die een treindrywer. Elria het my toe heelwat verder gehelp met die vind van die ander dogter se man...my vrou se oupa. Hy was 'n krygsgevangene en die tweede treindrywer. Nou weet ons wanneer hy gevang is en dat dit op Standerton was. So daar het heelwat meer gebeur. Ons het selfs die dokter geïdentifiseer! SO, ek is ongelooflik beïndruk. As jy kyk na my latere pos op die onderwerp sal jy sien die SKs van die mense bevestig van die snaakse resultate. Ek wou dit eers nie glo nie... as 'n man se vrou en sy ma dieselfde dubbelname (en natuurlik dieselfde getroude van het) [ dus identiese name in die kamp], dan kry mens snuf in die neus... maar dit was wragtig korrek. Harry Booyens Vancouver KANADA Die konsentrasiekamp-databasis is ongetwyfeld 'n wondelike projek. Dra asseblief my gelukwensing aan Elizabeth van Heyningen oor. Ek wonder of die foute waarop gewys is regtig kritiek is, of net oorentoesiasme? Teen die tyd behoort ons almal te weet dat 'n groot projek nie foutloos gaan wees nie. Ek het op 15 Julie presies dieselfe oor foute gesê. Ons almal maak foute. (Dit was na aanleiding van 'n gesprek oor Groep Sonder Grense.) En dit is wat so lekker van genealogie is: As mens 'n fout kry, gaan krap mens weer in 'n paar dokumente en dan kry jy 'n nuwe leidraad om uiteindelik die probleem op te los. Ai tog, sê vir Elizabeth ons sal in dokumente gaan krap om die probleme op te los. (vervolg op bladsy 7)

BLADSY7 (vervolg van bladsy 6) (Ek sien Isebelle en Harry het my voorgespring! Maar ek wil tog my stuiwer byvoeg. Dit is darem te sleg om iets groots te doen en dan te dink dit word nie goed ontvang nie!) Groete Elmien Wood Ek het reeds my familie se regstellings vir Elizabeth gestuur. Die foutjies wat voorkom doen geen afbreuk aan die waardering wat mens moet hê vir wat hulle gedoen het nie; wonderlike bydrae! Groete, CHARLIE ELS Ten slotte n skrywe van Petrus Schoeman wat vir my die waarde van die webwerf en data pragtig saamvat: Hierdie webblad het my vanoggend geruk. 'n Aantal jare gelede het ek 'n klein aantekening boekie bekom en daarin het Marthinus Ferreira sy droewige gesinsverhaal opgeteken, hoe hy en sy 21 jarige vroutjie en hulle pasgebore baba vanaf Utrecht na die Volksrustkamp vervoer is per trein. Hoe hulle gesukkel het om kos vir die baba voor te berei, hoe sy vroutjie in die kamp dood is, hoe die baba aan iemand van Wakkerstroom toevertrou is en oorlede is en hoe hy gesukkel het om vervoer na Wakkerstroom te verky (18 kilometer) en op die ou einde daar opgedaag het nadat die begrafnis afgeloop het. Marthinus Stephanus Ferreira en Hendrina Gertina Johanna Ferreira (Swanepoel) BCCD - ID 2024 Stel 'n Ferreira navorser in 'n kopie belang? Ek het die verhaal jare gelede getranskribeer en gebêre, hier en daar ontbreek inligting of is dit bietjie moeilik om te verstaan. Vanoggend kon ek die moedertjie en die baba se dood kontroleer en sonder vrees van teespraak die droewige verhaal bevestig. Die traumatiese gebeure het die vader asof versteen en verdwaas gelaat, mens kry die indruk dat hy "dom geword" het onder die ongenaakbaarheid van die burokrasie. (vervolg op bladsy 8)

PAGE 8 (vervolg van bladsy 7) Ek het nie vanoggend die verhaal weer gelees nie, sien nie kans nie, het net die nuwe feite bygewerk. Die oorlog is in ons familie nie vreemd nie, my eggenote se grootvader is ses maande voor die einde van die oorlog gevange geneem en het ses maande na die vrede, net voor Kersfees weer tuis aangeland. my oorgrootvader was 'n Kaapse rebel en het drie jaar in kampe deurgebring en eers in 1903 weer tuisgekom. 'n Oom Geldenhuys uit hierdie omgewing het in Ceylon verneem dat sy eggenote in die Merebank Kamp oorlede is en alhoewel hy voortdurend met een van hulle dogters gekorrespondeer het, het hy geweier om terug te keer. Hy het gevoel met sy vrou se oorlye het hy te veel verloor en nie bereid om weer onder Britse heerskappy te begin nie, en is hy in vrywillige ballingskap in 1907 in Ceylon oorlede nadat hy sy laaste jare op 'n pensioen van die die Engelse regering op hoë ouderdom in die vreemde moes regkom. Sy familie het van sy dood verneem nadat 'n jong vriend van hom, die doodberig in 'n Ceylonse koerant raakgesien het en die dogter se adres kon opspoor om haar te verwittig. Die huisbaas waar die ou oom tuis was het toe ook die vriend kon opspoor en van die omstandighdede verwittig vir 'n maand of wat was daar skielik 'n tekort aan die benodigde adresse. Ek is vanoggend by herhaling ontroer, die oorlog moes nooit gebeur het nie. Iemand sal eendag moet rekenskap gee. Die webblad ontsluit kosbare inligting. Groete Petrus Schoeman.

PAGE 9 My Mitochondriese-DNA storie deur Naomi de Valdoleiros My liefde vir familiestaaltjies, familie reunies en familiebegraafplase het ongelukkig laat begin! My ma en haar twee susters (LOOCK) het op die plaas, Georgida, tussen Willowmore en Uniondale in die Klein Karoo grootgeword. Die spookvrou van Uniondale se staanplek was so n kilometer van die plaashek af. Ons (al die niggies en nefies) het elke April en Desember vakansie daar gekuier, in die plaasdam geswem, muisvoëls met ketties geskiet, die blikke met Herzogkoekies ontdek en leeggeëet en berggeklim. Ons het mekaar elke Aprilvakansie moed ingepraat om die spookvrou te gaan voorlê; gewapen met ketties en padkos, maar teen middernag was ons reeds in droomland,... of ons moed het ons begewe. Ouma Betsie is dood aan breinkanker in 1992 en die voorman het bestuur van die plaas oorgeneem. Elf jaar later in 2003 het my neef die boerdery oorgeneem en n familiereunie is dadelik gereël vir Desember 2003. Ek het besluit om die familiegeskiedenis van die LOOCK s na te vors en daar het die geneaologiegogga hard gebyt en bly klou. My oupa is Hendrik Stephanus Loock [1906 1975], sy pa is Johan Christiaan [1880 1960], dan weer Hendrik Christiaan [1852 1945] (wie se bynaam Oupa Siek was); dan weer Johan Christiaan [1808 1862] (almal begrawe in die familiebegraafplaas op Georgida); Johan Lodewyk [1785-} en uiteindelik by Johan Christaan LOOCK, gebore 1750 in Berlyn, Duitsland wat Suid Afrika toe gekom het vir n beter lewe. Hy sterf in 1833. Ek lees begin van hierdie jaar op News24.com van n Mitochondriese DNA-projek wat in samewerking met Ancestry24.co.za geloods word, en het dadelik Heather MacAlister gekontak om my meer besonderhede te stuur. My oë het geblink this was right up my alley! Ek het vir twee toetse betaal want ek wou sien waar my man se voorgeslagte nou ook rêrig vandaan kom! Dit het gearriveer, borseltjie teen die wang gedraai vir n minuut, en is die volgende dag met Speed Services weer af Kaap toe. Ses weke se wag! Ons het einde 2005 Bloemfontein toe getrek vanaf Johannesburg. My man wou nog altyd sy lewensdroom volg om medies te swot. Aangesien sy matriekpunte van 1978 te oud was is hy aanbeveel om n eerste jaar BSc te doen, en dan te probeer aansoek doen vir medies. Sy punte is toe uitstekend en hulle hom moes aanvaar en hy het pas sy derde jaar medies begin! Die vertellinge van sy familie van nobility in hulle vroeëre geskiedenis ten tye van luidrugtige saamkuiers met die Portuguese inlaws het my ook in my saak gesterk. Blykbaar in die twaalfde eeu was daar n Portuguese Generaal Nuno Álvares PEREIRA, [Jul 24, 1360 April 1, 1431], wat die lewe van die Koning gered het, en hy is tot adelheid (nobility) geslaan. Sy graf is vernietig gedurende die 1755 aardbewing in Lissabon, maar inskrywing was as volg: "Here lies that famous Nuno, the Constable, founder of the House of Bragança, excellent general, blessed monk, who during his life on earth so ardently desired the Kingdom of Heaven that after his death, he merited the eternal company of the Saints. His worldly honors were countless, but he turned his back on them. He was a great Prince, but he made himself a humble monk. He founded, built and endowed this church in which his body rests." As Portugal vandag n monargie was, sou my man vandag n burggraaf (viscount) gewees het aangesien hy n afstammeling van die famous Nuno Alvares PEREIRA is. Daar is tot n Visconde DE VALDOEIRO in Portugal. (Ek is tans besig om die navorsing hieroor te doen soos julle self weet, totdat konkrete bewyse verkry is, bly dit slegs n interessante storie!) Ek kry toe die slim plan om ook sommer self vanuit my familiestamboom die mitochondriese DNA-lyn van my vroulike voorgeslagte na te vors en te sien of die wetenskaplike uitslae en my eie navorsing ooreenstem, aangesien mitochondriese DNA van ma na haar dogter en haar seun oorgedra word, maar net die dogter dra die mitochondriese DNA oor na haar eie dogter. Die eerste geneaologiese program waarmee ek gewerk het is Genopro en ek het gedink dis spectacular! Johan Pottas het goedgunstiglik vir my die waarheid gewys! Dankie Johan. My ma is Werna LOOCK [1944 - ] X Charles Haupt [1941 - ] my ouma Elizabeth Gertruida HONEY [1915 1991] (dit word nie Hanie uitgespreek nie, maar Hóney, soos die ó in horse) X Hendrik Stephanus LOOCK [1906 1975], oumagrootjie was Elizabeth Margaretha COLESKE [1881 1950] en (ja, ek is familie van die singende Coleske-broers) X Daniel Hendrik HONEY [1884 1959]; oer-oumagrootjie was Magdalena Jacoba SCHOLTZ [1858 1929] x Ockert Jacobus Coleske [1858 1931] en toe hak ek vas. Ek kry nie vir oeroumagrootjie Magdalena Scholtz opgespoor nie! Die cd Geslagsregister van Ou Kaapse Families het haar (vervolg op bladsy 10)

PAGE 10 My Mitochondriese-DNA storie deur Naomi de Valdoleiros (vervolg) (vervolg van bladsy 9) nie. En ek was toe nog saliglik onbewus van die SAG-reeks. In moedeloosheid epos ek vir Heather MacAlister van Ancestry24 en vra haar vir n verwysing vir n goeie navorser en hier het sy die Scholtz-register op rekenaar en stuur dit vir my aan! Ouma-grootjie Magdalena was verlore en nou is sy gevind! Ek bars sommer in trane uit van verligting! Haar ma was Elizabeth Margaretha DU PREEZ [1835 1902] X Christoffel Frans SCHOLTZ [1825 - ] en toe is dit Elizabeth Catharina Jacoba Hendrika LOURENS [1816-1890] X Johannes Daniel DU PREEZ [1810 1897]. Haar ma was Elizabeth Margaretha VAN ZYL [1786 - ] X Johannes Christoffel LOURENS [1781 - ]en toe Elizabeth BEUKMAN [1757 - ] X Gideon VAN ZYL [1752 1836] wie se ma Elizabeth Margaretha NIEMANN [1727 1805/6] is X Christoffel BEUKMANN [1734 - ], wat toe eindig by Elizabeth VOOGD / van de Kaap [1705 1777] wat met Diederik NIEMANN [1697 1777] getroud was. Let op al die Elizabeth Margaretha s! Toe ek die van Van de Kaap sien, was daar n titseltjie onrusbaarheid, want so vêr ek dit verstaan is dit net slawe en diegene wat in daardie tipe kategorie val wat die van Van de Kaap het..., maar ek stoei voort n vrou se nuuskierigheid ken geen perke nie! Ek jaag toe dadelik na die stamouers.com webtuiste met die hoop om Elizabeth VOOGD/Van De Kaap se ouers op te spoor. Ek besluit om op Elizabeth Margaretha NIEMANN se naam te click en is in my noppies om te sien dat wat ek sover uitgevind het, bevestig is deur Johan Pottas en as n geweldige bonus werk hy sommer by die universiteit van die Vrystaat! (Elisabeth Margaretha NIEMAN is dan ook die stammoeder van die POTTAS familie). Ek epos hom dadelik opsoek na informasie oor Elizabeth van de Kaap en hy bring informasie wat hy het oor Elizabeth as n vrije bastardin. (KAB 1/STB 18/14.51) Die testament wat opgestel is in 1747 word herroep en die volgende laaste wens en testament word opgestel in Stellenbosch op 6 Mei 1765. Die testateur, Diederik Niemand, was weereens siek in die bed maar gesond van verstand. "...Zoo verklaar der Testateur als nooijt getrouwd gewezen zynde no geene ouders in't leven hebbende aan wien enige geregtelijke makinge beskuldig is, tot zyne enige en universeele erfgename te noemen en te instiuteer gelijk doen by deesen, de Vrije Bastaardinne Elizabeth Voogd, nevens hare seven kinders in name: 1. Jan Nieman 2. Elizabeth Margaretha Nieman getroudt met de Landouwer Cristoffel Beukman 3. Johanna Catharina Nieman getroudt met de Metselaar Philip Petrus Spies 4. Claus Nieman 5. Pieter Nieman 6. Frederik Nieman 7. Maria Nieman. Uit Johan POTTAS se databasis. Ek dog, o hell!, hier is dit nou. Trying to keep a straight face, maar hier binne voel dit asof iemand my met n ysterpan op die krop geslaan het. Ek moet ook net noem toe ons mekaar die eerste keer ontmoet, lyk dit omtrent of hy n spook gesien het! Blykbaar trek ek nogal in gelaatstrekke na die Pottas vroulike geslag. Elizabeth van de Kaap (elf geslagte gelede) moes baie sterk gene gehad het. O, en hy noem toe dat Elizabeth se ma Catharina VAN DE KAAP was, gebore ongeveer 1687. Haar pa? Moontlik Claus VOOGD. Mitchondriese DNA is onfeilbaar en dis wettig en die waarheid, onveranderd; dit kan nie gemanipuleer word nie. My mitochondriese DNA hardloop terug na ongeveer 1727 na n vrije bastaardin, en haar ma gebore circa 1687 en dis nie wat ek verwag het of ooit in my wildste drome kon voorstel nie. Ek was in stilte in geskok vir n dag. Die res van die familiestamboom (cognatic) is almal van Europa afkomstig en ek het vas geglo dis waar ek vandaan kom. Daar is n Pool (ek het maar nog altyd n ding vir Oos-Europa en Rusland gehad), n Noorweër en n Sweed, dan hordes Duitsers, hope Hollanders, n Ier en n handvol Franse Hugenote. My nooiensvan is HAUPT afstammeling van Carel Albrecht HAUPT, gebore 1724 in Berlyn, Duitsland. My oupa Hendrik LOOCK was n Nat wat gehelp het om die Ossewatrek te reël. Oupagrootjie Daniel Hendrik HONEY was n Rebel wat teen die Britte geveg het en hulle fenomenaal uitoorlê het [dis n ander dag se storie). Oupagrootjie Daniel HONEY en Advokaat STRYDOM (premier van die Unie Suid-Afrika) was neefs en iewers aan my pa se kant is daar n blykbare skakel met Generaal SMUTS, alhoewel van die Afrikaners nie te veel van hom gedink het nie. Nog was dit die einde niet. Die ses weke se wag vir my DNA-uitslae het tien weke geword en toe ek weer my eposse kyk sien ek n aanhegsel van Hassan Makkan van die HUMAN GENOMIC DIVERSITY AND DISEASE RESEARCH UNIT (HGDDRU), Division of Human Genetics, National Health Laboratory Service. Ek haal diep asem. Die dag en oomblik van waarheid het aangebreek. Langs die mtdna Haplogroup (branch) staan L0d. Ek maak die verduidelikende booklet oop en soek L0d my nuwe branding. Ek haal vir julle aan: L0 is the oldest surviving haplogroup found worldwide. It is found widespread in sub-saharan African and is further categorised into four main haplogroups L0a, L0d, L0f and L0k. It is still not clear where haplogroup L0 originated but it has been suggested that East Africa or Southern Africa are the likely candidates. Haplogroup L0 and its subhaplogroups evolved about 100,000 years ago. L0d: L0d is thought to be the oldest of the L0 clans, common to Khoesan populations of southern Africa. It is also found at frequencies of 4 to 40% in different southeastern Bantu-speaking tribes. Haplogroup L0d is further divided into subgroups L0d1, L0d2 and L0d3. The distribution of haplogroup L0d and its subgroups strongly points to an origin of this haplogroup among Khoesan ancestors, before the arrival of Bantu-speaking populations in southern Africa. (vervolg op bladsy 11)

PAGE 11 My Mitochondriese-DNA storie deur Naomi de Valdoleiros (vervolg) (vervolg van bladsy 10) So dan is dit toe waar, swaer. Wat ek met my eie navorsing oor my mitochondriese DNA-lyn uitgevind het, is pas deur n wetenskaplike gesaghebbende met n mikroskoop bevestig. Die geskoktheid gaan oor na curiosity. Siende dat die L0 groep ongeveer 100 000 jaar oud is, het my oerancestor dalk nog vir Eva en Adam geken (hang af hoe jy glo!) en vuurmaaktegnieke of klipkappers uitgeruil! So ek is van oer-oue gene afkomstig dit verduidelik dalk my wysheid beyond my years.... Dit bevestig dan ook Elizabeth van de Kaap, die vrije bastaardin en haar ma Catharina as my mitochondriese ancestors. Op die SAGen chatlys verwys iemand na die volgende webtuiste - http://www.tokencoins.com/griqua.html. Oor die Griquas - hulle agtergrond, geskiedenis en swaarkry. I was mesmerised. Ek is tans besig met n graad in Antropologie, waarvan Argeologie een van my vakke is. Die oorsprong en geskiedenis van die Khoikhoi word behandel ek lees die informasie deur nuwe oë, oë van belangstelling. Na n onlangse aandfunksie ry ons huistoe en by n verkeerslig staan n ou Kleurlingman, bedelend, hande uitgestrek, honger. Ek kry so n knop op my maag miskien is daar iewers in die verlede n genetiese skakel tussen ons. Ek druk n noot in sy hand. Ek dink natuurlik dat meeste van ons nader familie is aan mekaar as wat ons dink of ooit wil weet... My een tannie se reaksie toe ek haar meedeel van die nuwe gekleurde gesiggie in ons familie antwoord my met n sug Nou waarom krap, my kind? Om die eerlike waarheid met julle te deel voel ek nie meer african noudat ek weet vanwaar my mitochondriese dna afkomstig is nie. Die ondervinding en uitvinding daarvan maak my n ryker mens; nog n hoofstuk in my lewe is geskryf. Ek laat waardevolle inligting vir my kinders en kleinkinders na as hulle ooit uitvra na hulle voorgeslagte. Ek kon seker net so wel my kinders United Nations 1 en United Nations 2 genoem het. Hul het nou rêrig internasionale bloed! Na n onlangse meningsverskil merk my man so stil, droogweg op Jy aard nou definitief na Elizabeth en Catharina. Nodeloos om te sê, hy moes penance doen! Ek is oortuig dat Murphy van Murphy s law wel bestaan. Toe hy die dobbelsteen gerol het vir onbekende vanne waaroor daar nie hope inligting beskikbaar is nie, was ek die volgende ongelukkige een in die ry - COLESKE, UNGERER, HONEY, STRUMPHER, KIELBLOCK (die skrywer Karel KIELBLOCK is my ander ouma se neef), GRIEMS / GRIMES, GREATHEAD en GRANT! Paulo (hy is in Portugal gebore) se mitochondriese DNA uitslag is V en sy paternal ancestry is R. Ek haal vir julle aan: V: The clan of Velda (Scandinavian for ruler) is the smallest of the seven clans containing only about 4% of native Europeans. Velda lived 17,000 years ago in the limestone hills of Cantabria in northwest Spain. Her descendants are found nowadays mainly in western and northern Europe and are surprisingly frequent among the Saami people of Finland and Northern Norway. Die paternal gedeelte: P: Haplogroup P is believed to have arisen in Siberia, Kazakhstan, or Uzbekistan, 35,000 to 40,000 years ago. It is represented mainly by its descendant haplogroups Q, which is the dominant haplogroup of the Americas, and haplogroup R, which is the most common haplogroup in Europe and parts of South Asia. Apart from haplogroups Q and R. R: Haplogroup R is a subgroup of haplogroup P, and is thought (vervolg op bladsy 12)

PAGE 12 My Mitochondriese-DNA storie deur Naomi de Valdoleiros (vervolg) (vervolg van bladsy 11) to have originated somewhere in Northwest Asia around 30,000 years ago. R1b: Haplogroup R1b is the most common haplogroup in European populations. It is believed to have expanded throughout Europe as humans re-colonized after the last glacial maximum 10-12 thousand years ago. This lineage is also the haplogroup containing the Atlantic modal haplotype. Professor Bryan Sykes het n boek geskryf The Seven Daughters of Eve waarin hy beweer dat ongeveer al die Europeërs hulle ancestry kan terugtrek na een van sewe vroulike ancestors wat hy ondermeer Ursula, Xenia, Helena, Velda, Tara, Katrine en Jasmine genoem het. O ja, en dan is daar nog die Portugese sy van my man se geneaologie. Elke Portuguese kind word geseën met n van of twee van elke ouer. My man se doopname is Paulo Alexandre (uitgespreek Elshandro) Mendonça Velez (twee vanne van sy ma) e Osorio DE VALDOLEIROS (twee vanne van sy pa). Wish me well! Naomi de Valdoleiros, Bloemfontein, 2008 BRONNE Johan Pottas - PottasJ.RD@ufs.ac.za Heather MacAlister www.ancestry24.co.za Geslagregisters van Ou Kaapse Families www.stamouers.co.za Bryan Sykes. 2002. The Seven Daughters of Eve, Bantam Press, Great Britain BYDRAES TOT MAIORES/ CONTRIBUTIONS TO MAIORES Enige persoon wat belangstel om n bydrae te lewer tot Maiores, sien bladsy een vir kontakbesonderhede Anyone that whishes to make a contribution to Maiores, see page one for contact details MAIORES KOPIEREG / MAIORES COPY RIGHT Die kopiereg van enige artikel geplaas en gepubliseer in Maiores word behou deur die skrywer van die artikel, uitgesluit die reg van GGSA Vrystaat-tak om die artikel netso weer te kan publiseer in n toekomstige uitgawe of as n deel van n bundelsamevatting. The copy right to any article published in Maiores is kept by the author of the article excluded the right of GGSA Free State branch to re-publish the article in the same format in a future edition or as a part of a combined edition.