INTRODUCTION. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Voor 1652 Vakhistorici se interpretasies van die vroeë Suid- Afrikaanse geskiedenis

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Tariewe

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

SIZA takes the sting out of auditing

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek

Direkte en indirekte rede *

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Government Gazette Staatskoerant

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

DIE PROBLEMATIEK IN DIE NAVORSING VAN KONTEMPORERE KRYGSGESKIEDENIS IN SUID-AFRIKAI

Dialoog en paragrawe *

SUID-AFRIKAANSE KRONIEK, 1949.

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

SUIDLAND MEDIA MONUMENTE WAT LEWE ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

ONS CHRISTELIKE GELOOF EN DIE WETENSKAP

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Boekbesprekings / Book Reviews

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

Tariewe

Kerssangdiens. SA Gemeente

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: n praktiese benadering vir generasie Z

Transcription:

. INTRODUCTION In 1598, the Edict of Nantes, called the edict of pacification and tolerance, gave France s protestants freedom of worship and association, as well as the right to practice any religion in the kingdom. Approximately one century later, the King of France, Louis XIV, promulgated the Edict of Fontainebleau which revoked these rights. The majority of the French Protestants, also called Huguenots, went to the British isles, some to Dutch, German and Swiss regions, but also to North America and South Africa. This massive exodus was recorded in history as the great refuge. So, in 1688, some 200 French families chose to settle with Jean Jourdan in the Cape. Although they were few, they made their mark on the province. These farmers, wine growers and experienced oenologists, made a large contribution to improving South African wine-making techniques and became involved in trade and business. The history of the South African Huguenots had just begun, and today again, as Marthinus Jordaan expressed in his work, it is considered as one of the components of the rainbow nation. The Huguenots left the Kingdom of France to protect their identity. But in less than two generations, they had formed close ties with the Dutch Protestants who had already settled in the Cape and had given up their language to ensure a rapid integration. Marthinus Jordaan s intensively researched register has compiled more than 29 000 names, which, although some were slightly altered, were passed on over the centuries. Names such as Champagne Castle, Parys, Delmas, Zola must be placed into context. They serve as proof of passage of the French families, who were evicted from their country but did not forget their roots and were able to make their mark on the country s toponymy. Today, French-South African co-operation is rich and diversified. Our two countries actively look to the future and our collaboration enriches several ambitious projects. This book is a glimpse of the past. It comes at the ideal moment to reaffirm that our current relationship has its roots in our two countries shared history. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria 31-03-2005

VOORWOORD Die Hugenote wat teen die einde van die 17de eeu na die Kaap van Goeie Hoop verhuis het, het slegs n breukdeel verteenwoordig van die groot Protestantse uittog uit Frankryk na die Herroeping van die Edik van Nantes in 1685. Reeds in 1671 arriveer die eerste Franse Hugenotevlugteling, Francois Villion (later Viljoen), aan die Kaap. In 1686 kom die broers Guillaume en Francois du Toit aan. Die hoofstroom van die Hugenote wat as vlugtelinge na die Kaap geëmigreer het, het in die jare 1688-1689 hier aangekom. Hulle onderskei hulle van die ander setlaars wat hulle aan die Kaap gevestig het, nie omdat hulle Franssprekend was nie, maar omdat hulle inderdaad vlugtelinge was wat gehoop het om in n nuwe vaderland vryheid te van geloof te vind. Hulle versimboliseer in die huidige Suid-Afrika die eerste vryheidsoekers, indien nie die oorspronklike vryheidsvegters nie. Onder hulle was die broers Jean en Pierre Jourdan en hul gesinne wat in 1688 met die Berg China aan die Kaap aangekom het, en daarmee die Jordaan familie in Suid-Afrika gevestig het. Dit is hulle en hul nasate wat in hierdie familieregister aangeteken is mense wat die geskiedenis en nalatenskap van die Hugenote voortsit en handhaaf. Nadat die hoofstroom Hugenote in 1688 1689 hier aangekom het, het hulle ongeveer een-sesde van die vryburgerbevolking uitgemaak, waarna hulle getalle steeds drupsgewyse tot die beëindiging van staatsondersteunde emigrasie in 1707 toegeneem het. Tog was hulle getalle groot genoeg om n sterk invloed op die jong Kaapse nedersetting uit te oefen. Die voornemende setlaars is slegs streng noodsaaklike bagasie toegelaat. Aan die Kaap was van hulle verwag om 'n bestaan uit die landbou, handel of enige ander bedryf te maak; indien deur eersgenoemde, sou hulle plase ontvang, en gereedskap, saad en vee sou aan hulle gegee word, waarvan die koste mettertyd aan die Kompanjie in koring, wyn of enigiets anders terugbetaal moes word. Onder hierdie moeilike omstandighede gaan boer Jean Jourdan op die plaas La Motte naby die huidige Franschhoek, en Pierre Jourdan op die plase Provence en Lourmarin, en later ook Bellingham te Franschhoek. Hulle, maar veral hul nasate, het bewys gelewer van hulle hardwerkendheid wat gelei het tot hul vestiging as suksesvolle boere wat n groot toename in landbouproduksie in die jong nedersetting verseker het. Verskeie landgoedere dra vandag Franse name wat herinner aan die besondere bydrae wat die Hugenote op die gebied van veral die wynbou gelewer het, insluitende die name van die plase van die oorspronklike Jordaan broers. Die Hugenote het egter ook n breër erfenis nagelaat.

As groep het die Hugenote op betreklik vroeë stadium ná die volksplanting hier aangekom toe die blanke bevolking ook nog relatief klein was. Wat hulle in hul eie vaderland as kinders van die Hervorming beleef en ervaar het, het hulle as geestesgoed met hulle saamgebring. Maar hoe gering ook al in getalle, het hulle nietemin in Suid-Afrika op alle gebiede ekonomies, opvoedkundig, tegnologies, landboukundig, kultureel, kerklik, godsdienstig, en so meer n waardevolle bydrae gelewer in die beginjare van die vestiging aan die Kaap van Goeie Hoop. Hierin het die Jordaans hul eie stempel afgedruk en hul eie bydraes gelewer, soos wat in hierdie familieregister verwoord word. Die Hugenote se nalatenskap is vliedend: met die verloop van jare het navorsers verniet gesoek na n duidelik Franse invloed onder die Kaapse koloniste, en slegs die name van families en plase bly oor. Selfs hul taal Frans het binne drie geslagte verdwyn. Watter bydrae die Hugenote ook al gemaak het, word nie meer afsonderlik van hul mede-koloniste se bydrae onthou nie. Maar die Hugenote se sin vir waardes leef voort, en die romantiek klou steeds aan daardie Franse plaasname in die Wes-Kaap wat aan die vlugtelinge herinner. Ek verwelkom hierdie familieregister as n waardevolle toevoeging tot die opskryf van die geskiedenis en bydrae van die Hugenote families in Suid-Afrika. Mag almal wat die van Jordaan dra, of spog met Jordaanbloed in hul are, voortgaan om te help bou aan die nuwe Suid-Afrika waar die eienskappe en waardes wat hulle verteenwoordig so nodig is. Prof H Christo Viljoen Voors: Hugenote Vereniging van SA Stellenbosch 2005-03-02

VOORWOORD Toe Marthinus Jordaan, die opsteller van hierdie geslagregister, my enkele jare gelede genader het op soek na n eksterne promotor vir sy doktorale proefskrif, was ek onbewus daarvan dat hy ook n gepubliseerde weergawe in die vooruitsig stel en my weer sou nader om n Voorwoord daarvoor te skryf. Alhoewel twee Jourdan broers as Frans Hugenote vlugtelinge hier aan die suidpunt van Afrika voet aan wal gesit het meer as driehonderd jaar gelede, stam alle hedendaagse Jordaans af van die egpaar Jean Jourdan en Elisabeth (Isabeau) le Long. Binne die eerste 150 jaar het die Jordaans vanaf La Motte in Franschhoek oor die hele Kaapkolonie versprei en word hulle kinders in groot getalle gedoop in die latere gemeentes van Montagu, Worcester, Robertson, Sutherland, Fraserburg, Oudtshoorn, Cradock, Tarkastad, Queenstown en Somerset-Oos. Maar daarby het dit nie gebly nie, want onder die Voortrekker stamouers was daar etlike Jordaans uit die distrikte Graaff-Reinet, Somerset-Oos en Cradock wat die Kaapkolonie verlaat het om by die trekgeselskappe van Piet Retief en Jan du Plessis aan te sluit, oppad na die latere Vrystaat, Natal en Transvaal. Om maar enkelinge uit te lig: Pieter Georg Jordaan is saam met Piet Retief op 6 Februarie 1838 op Kwa-Mathiwane vermoor, terwyl die Voortrekker Johannes Hendrik Jordaan as 76 jarige grysaard tydens die Tweede Vryheidsoorlog op 18 September 1901 in die Konsentrasiekamp op Springfontein oorlede is. Die Boere Offisiere 1899-1902 deur Jacques Malan (1990) maak melding van drie Jordaan kommandante wat aan Tweede Vryheidsoorlog deelgeneem het te wete Jan Jordaan wat in Griekwaland-Wes onder genl Hertzog opereer het, Kootjie Jordaan van Hoopstad in die Vrystaat en Louis Hosea Jordaan van Pretoria. Gert Jordaan was die skrywer van die bekende werk Hoe zij stierven wat oorspronklik in 1904 op Burgersdorp uitgegee is en waarvan n Afrikaanse vertaling So het hulle gesterf! in 1940 in Kaapstad verskyn het. Albei uitgawes word ryklik aangehaal as bron deur historici wat oor die Tweede Vryheidsoorlog navorsing doen. Verskeie Jordaans het ook in die bediening gestaan as predikante en sendelinge, terwyl hulle in die onderwys ook diep spore getrap het. In Die Afrikaner - Familienaamboek en Personalia wat in 1955 in Kaapstad uitgegee was, word n aantal Jordaans van Worcester, Rawsonville, De Doorns, Kakamas en Somerset-Oos uitgesonder wat hulself in die boerderybedryf onderskei het. Deur n behoorlike genealogiese studie soos hierdie deur die opsteller geloods, kan die hele Jordaan familie sover moontlik gedokumenteer en binne die Suid- Afrikaanse samelewing in konteks geplaas word. Daarom is ek namens die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) en die breë navorsingspubliek dankbaar dat die opsteller dit daartoe gebring het om die produk van sy jarelange navorsing te laat publiseer, sodat dit vir almal toeganklik kan wees. Alhoewel dit vir n genealoog bykans onmoontlik is om n punt na die laaste inskrywing in sy familieregister te plaas en sy pen neer te lê, het die opsteller dit goed gevind om sy navorsing halt te roep en te boek te stel dit op sigself is n mylpaal beslissing wat besondere lof verdien,

omdat in enige familie daar voortdurend nuwelinge gebore word, nuwe gesinne gevorm word en ouer familielede te sterwe kom (sonder dat jy van elke gebeurlikheid noodwendig sou kennis neem). Per slot van sake is genealogiese navorsing bloot die beligting van n klein segment van die groter, nimmereindigende lewensketting van geslagte wat kom en gaan - vanaf die Skepping tot die Wederkoms Leon Endemann Direkteur: GISA Stellenbosch 24-03-2005

VOORWOORD Dit is vir my 'n besondere voorreg om 'n klein bydrae te kan lewer met die bekendstelling van hierdie navorsingswerk oor die Jordaan familie. Die voorgeskiedenis van Suid-Afrika hang ten nouste saam met die wel en weë van die Hugenote wat hul aan die einde van die sewentiende eeu in Suid-Afrika kom vestig het. Maar tog gaan dit verder as net die voorgeskiedenis. In teenstelling met die migrasie van die Hugenote en ander groepe vanuit Europa na Suid- Afrika het daar die afgelope dekades 'n omgekeerde uittog plaasgevind van die afstammelinge van daardie setlaars na ander wêrelddele. Een van die vernaamste gevolge van die diaspora van Suid-Afiikaners oor die wêreld heen is die gedeeltelike verlies aan identiteit in hul nuwe vaderlande vir daardie setlaars. In sommige lande word dit vir migrante baie moeilik gemaak om 'n eie kultuur te behou. Maar in lande waar multikulturalisme die orde van die dag is en kutturele diversiteit aangemoedig word is daar vandag 'n oplewing in die belangstelling in genealogie. Ook in die skole waar hierdie diversiteit aangemoedig word, word 'n algemene belang in hul oorsprong by die jeug opgemerk. Hierdie soeke na hul oorsprong is een waar tegnologie 'n belangrike hulpmiddel kan wees. Ons het in die afgelope jare aansienlike voortuitgang in die benutting van tegnologie (in al sy vorms) in die genealogiese veld gesien. Die toenemende gebruik van die internet, die beskikbaarstelling van databasisse met duisende of selfs miljoene name en die groei van "elektroniese gemeenskappe" is maar 'n paar voorbeelde hiervan. Die eggsa - die virtuele of elektroniese tak van die Genealogiese Genootskap van Suid Afrika - is nog 'n voorbeeld van hoe tegnologie aangewend kan word om die belangstelling in genealogie nie net aan te wakker nie, maar ook om dit moontlik te maak vir mense van oral oor die wereld, van verskillende agtergronde en kultuurgroepe om met mekaar kontak te hê. Die eggsa stel homself dan ook ten doel om aan mense wat Suid- Afrika verlaat het 'n koppelvlak beskikbaar te stel waardeur hulle inligting oor hul oorsprong kan kry en ook om in 'n genealogiese sin skakeling te behou met Suid-Afrika. Vandag is daar buite die grense van Suid-Afrika duisende Jordaan nasate waarvan 'n groot aantal reeds in hierdie publikasie opgeneem en teruggekoppel is tot 1688. Dit is my vertroue dat die beskikbaarstelling hiervan andere ook sal aanspoor om hul besonderhede deur te gee vir toekomstige bywerking. Hiermee gaan my hartlike gelukwensinge aan die skrywer met die grootse taak wat hy aangepak en suksesvol afgehandel het. Dit is veral verfrissend dat in hierdie tye waar kommersialisme hoogty vier, daar steeds mense is wat bereid is om soveel tyd en energie te bestee aan die uitbouing en beskikbaarstelling van 'n familie se geskiedenis en agtergrond. Mag hierdie mylpaal in die geskiedenis van die Jordaans nuwe insigte daarstel, nie

net vir die Jordaanfamilie en nageslagte nie maar ook vir ander belangstellendes. Ek vertrou dat almal die avontuur van die ontdekkingsreis deur hierdie publikasie ten volle sal geniet. Colin Pretorius Voorsitter: eggsa (http://www.eggsa.org) Melbourne, 15 Maart 2005

Inleiding / Preface Vreemd om te dink dat n projek wat vir 18 jaar deel van my gedagtes was nou gegroet moet word. Die invloed van n foto wat vier geslagte verteenwoordig, geneem na my geboorte en wat in my oupa en ouma se huis en al die tannies en ooms se huise gehang het en n familiewapen wat in oupa en ouma se huis gehang het, het waarskynlik n rol gespeel in die ontstaan van die register. Hierdie Jordaan-genealogiese register is die 19de genealogiese register van die 45 Hugenotefamilies in Suid- Afrika wat gepubliseer word.. Dit sou wonderlik wees as ek die lewenstyd gegun word om in die toekoms aan n tweede en vollediger uitgawe te werk. In Suid-Afrika is onder meer provinsiale argiewe en Meesterskantore besoek om die meer as 3 600 sterftekennisse van alle geregistreede sterftes van lede van die Jordaan-familie te bekom. Meer as 3 400 vraelyste is gepos in n poging om genealogiese inligting van lede van die Jordaan-familie te bekom. n Geregistreerde e-pos en internet-tuisblad wat n aanlynvraelys insluit, is gebruik om op moderne wyse kontak te maak met lede van die Jordaan-familie regoor die wêreld. Afgesien van die derduisende kilometers wat in Suid-Afrika afgelê is om die register te voltooi sedert 1987, het die navorser ook tydens 1995, 9 500 kilometer afgelê op n genealogiese toer in Switserland, Oostenryk, Italië, Frankryk, Spanje, Duitsland, Nederland en België. Die genealogiese register het n natuurlike groei getoon wat in Julie 2004 bykans die volledige Jordaangenealogiese register in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe verteenwoordig. Hierdie verteenwoordiging is in die vorm van die inligting wat ook uit bogenoemde lande se sterfkennisse benut is. Die Jordaan-genealogiese register verteenwoordig 33 038 individuele name, 12 433 families, 4 674 plekname, 53 852 verskillende gebeurtenisse soos, onder meer, troues en geboortes. Nie minder nie as 450 bronne is gebruik om die inligting te bekom, bykans 600 e-posadresse, tussen 150 en 200 posadresse, terwyl ongeveer 150 faksnommers ook versamel is. Hierdie statistiek sluit die bykans 3 400 vraelyste wat uitgestuur was uit. Die dokument beslaan meer as 1 620 bladsye tydens die finale afronding van die publikasie. Hier is die uitdaging om verder navorsing te doen om sodoende Jourdan-afstammelinge sedert 970nC in Beziers, Frankryk met mekaar, deur middel van hierdie genealogiese register, te kan koppel. Die leser sal opmerk dat die Isabeau le Long die stammoeder van die Jordaan-familie in Suid-Afrika se voorgelsagte terugdateer tot 1633. Hierdie register van name sou nie hierdie omvang bereik het nie, as dit nie ook was vir ander mense se hulp en belangstelling in die projek nie. Hierdie register in sy verskillende stadia kon ook soms van hulp wees in ander se soeke na hulle biologiese oorsprong.

Die verslag oor plekname van meer as 408pp uit die genealogiese register het n bydrae tot die aanduiding van die verspreiding van die Jordaan-familie, soos breedvoerig bespreek in die proefskrif, gelewer. Name, geboortes en huwelike in die register kom voor van oos na wes in die wêreld, Nieu-Zeeland tot Kanada. Die verskeidenheid name en verskillende spelvorme weerspieël die verskeidenheid van die Jordaan-familie. Puriste mag krities wees oor staaltjies en geskiedenis wat by sommige name voorkom, maar dit is tog in n mindere mate n aanduiding van die verloop van geskiedenis. Enkele plekke mag toutologies voorkom, maar weerspieël weereens die gebruik daarvan in die verloop en invloed van die geskiedenis. Nou wat daar terug gekyk kan word, besef n mens dat kennis van al die funksies van die Family Origensrekenaarprogram die projek kon vergemaklik het. Alles moontlik is gedoen om die inligting, soos ontvang, korrek weer te gee, maar daar mag verskillende interpretasies of aanbieding in die register voorkom. Die inligting op watter wyse ontvang, uitgesonder die wat in sterfkenisse verkry is, is nie geverifieer nie en as feitelik gebruik. Die skrywer kan nie verantwoordelik gehou word vir die verkeerde aanbieding van enige inligting in die register nie. Alles moontlik is gedoen om alle inligting te plaas, soos ontvang. Indien enige inligting nie geplaas is nie, bied ek my verskoning aan. Hierdie register is nie bedoel om enige iemand te na te kom nie. Hierdie genealogiese register het gesluit op 1 Mei 2005 en derhalwe mag daar reeds addisionele inligting ontstaan het. Tydens die intik van die name en inligting het daar soms n eienaardige onderlinge verhouding ontstaan, veral waarin daar bietjie meer inligting was wat omstandighede uitbeeld Ek buig my hoof voor elke naam in die register en vertrou dat die register n bydrae sal lewer tot groter duidelikheid oor familiename, familieverdraagsaanheid en familie- verbintenisse. Marthinus Johannes Steyn Jordaan 04 Mei 2005 Bloemfontein.