KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van van onsdorp.com. 'n Publikasie onsdorp.com TOULEIER. Chili het lekker kos, soos 'gotdogs'

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Mandala Madness Deel 2

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

BenguFarm Bestelvorm

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Hoe om krag te spaar

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rubriek vir skeppende werk

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Uit Moerdijk se pen Man en Media

KAMMANUUS KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Kamermaatjie spog met my baasresep

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

G. J. du Preez

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

SIZA takes the sting out of auditing

Dialoog en paragrawe *

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Ruimte Stories. Afdeling A: Begrip - Lees die onderstaande en antwoord dan die vrae wat volg: Die Eerste Suid-Afrikaner in die Ruimte

Sterdansers by Vensters.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Oor vlieë, modder en die duiwel

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Tonga die olifant - 01 *

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Pasteur en Lister oorwin kieme *

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Ons knoop 'n kwaai geveg aan teen 'n gesonder lewe(r)

Edgehog

University of Cape Town

100 DIE GETATOEEERDE K"

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Wêreld van Môre Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

KAMMANUUS KAMMANUUS. Nommer Julie 2014 'n 'n Publikasie van van onsdorp.com ANDERKANT DUSKANTLAND. Moleste met 'n kampkoerantjie

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

LW: Algemene navrae oor Kix, Kix.Komintekenings

'n publikasie van onsdorp.com Nommer September 2009

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Chileense seekos is tops en volop

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

Transcription:

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS Nommer 407 404 395 19 Nommer 376 2 Junie 2014 Nommer 7 Oktober September 20 April 2015 2015 Nr. 412 Nr. 378 2015 'n 409 41515 Publikasie 16 Februarie November 16 Mei 2015 2016 414 van 9 Julie 2014 'n Publikasie Nommer 12 April van Onsdorp.com 2016 2015 'n van Onsdorp.com Onsdorp.com van 'n 380 Onsdorp.com Publikasie 413 van 144 Maart Augustus Onsdorp.com 2016 Nr 'n 2014 'n Publikasie 416 Publikasie van 13 van Junie onsdorp.com Onsdorp.com 2016 Nr. 424 Nr. 13 418 Februarie 15 Augustus 2016 2016 'n Publikasie 'n Publikasie 'n Publikasie van van onsdorp.com van Onsdorp.com 'n Publikasie van onsdorp.com 'n Publikasie onsdorp.com 'n Publikasie van Onsdorp.com van Onsdorp.com TOULEIER Chili het lekker kos, soos 'gotdogs' Hoofstuk 3 Deel 17 W at maak die Chilene sulke onvergeetlike mense? Hul eenvoud en hardwerkendheid dis baie uniek. Omtrent elke mens daar het meer as een werk. Bedags sal een ou miskien die skoenmaker wees en saans ʼn kelner in die restaurant. Straatveër of slagter, almal is ewe trots op hulle werk. Die omie oorkant die straat het ʼn slaghuisie sommer so aan sy huis vasgebou. Hy verkoop net vark. Hy het later presies geweet wat om vir my reg te maak vir my baie gereelde braaiery as ek langnaweke uit die berge kom. Baie van dit wat jy in Chili eet, lyk bekend, maar smaak heeltemal anders. Vat nou maar ʼn kompleto. Dit lyk kompleet soos ʼn warmbrakkie, maar het ʼn eiesoortige en plaaslike gesmelte kaas by wat dit besonders en anders laat smaak. Van warmbrakke gepraat, toe ons eendag een op een van ons naweekreise in Chili langs die hoofpad so n warmbrakstalletjie langs die pad opmerk, trek ek af en vra doodluiters vir ʼn hot dog. Die meisie agter die toonbank trek net skouers op en mompel onderlangs non compriendo. Ek kyk haar verbaas aan en wys na hul groot advertensie met die prentjie van een duidelik daarop. Ȏ, glimlag sy verlig. Gotdog! Nou vra ek jou met trane in my vlootblou oë: is dit dan nie presies wat ek gevra het nie? Dis maar een van die vele voorbeelde wat ek wêreldwyd raakgeloop het van hoe mense toeslaan van benoudheid as hulle sien jy is n vreemdeling. Hulle aanvaar by voorbaat hulle gaan jou nie verstaan nie, al probeer jy ook om hulle taal te praat. Ons Vrydagaande in Salamanca is gewoonlik op die dorpsplein deurgebring. Hier het dit gewemel van oud en jonk. Elke dorp of stad het in die eg Spaanse tradisie ʼn plein in die middel van die dorp. Dis gewoonlik meer soos ʼn park met bome en voetpaadjies van hoek tot kant. Dit is die bymekaarkomplek vir almal. Vrydagaande is daar ʼn ou met so ʼn kombuisie op wiele wat vars aartappelskyfies verkoop. Maar weer eens effe anders as wat ons gewoond is. Jy kry jou tjips in so ʼn papiertrompet, en nadat hy dit gesout het, draai hy so ʼn paar draaie mayonnaise daaroor. Blykbaar het die gewoonte oorgewaai uit België. In Chili word daar siësta gehou tussen eenuur en vyfuur. Wat ʼn wonderlike gebruik! Dan is daar die land se kilometers en kilometers van strande. As jy in hierdie omgewing ʼn ander mens op dieselfde stuk strand raakloop, is daar klaar te veel mense op die strand. Ná n rukkie in Salamanca besef ons ons is kerkloos. Annabelle begin rondsoek uitvra en kom agter die land is hoofsaaklik Rooms-Katoliek. Sy was tydens haar skooldae vir n rukkie op kloosterskool en sy laat weet my ons gaan die volgende naweek wat ek af is, die lokale katedraal aandurf. Ek is maar katvoet vir die ernstige/gunstige/interessante wending, maar berei myself voor om dit te probeer. Groot was die verligting ek tuis kom en Kamermaatjie my voorstel aan Geoffrey en Adam, twee bloedjong seuns uit die VSA. Nie net het ons skielik maatjies wat kan Engels praat nie, hulle vertel ons toe ook van die Mormoonse Kerk namens wie hulle in Chili sendingwerk doen. Volgende keer meer hieroor. Hennie Greeff UITGEWER Onrusrivier pos@onsdorp.com

Kammanuus 13 Februarie 2017 Bladsy 2 Om die kampvuur ` PARASPODAKIANS is stylfigure waarvan die tweede deel 'n ongewone wendig het. Soos: 1. As ek met jou saamstem, sal ons albei verkeerd wees. 2. Hulle begin die aandnuus met "Goeie naand", en vertel jou dan hoekom dit nie een is nie. 3. Om iemand se idees te steel, is plagiaat. Om baie mense se idees te steel, is navorsing. 4. Vroue sal eers mens se gelyke wees as hulle kaalkop met 'n bierpens in die straat kan loop en steeds dink hulle is sexy. 5. Agter elke suksevolle man is sy vrou. Agter die val van 'n suksesvolle man is daar gewoonlik 'n ander vrou. 6. 'n Skoon gewete is die teken van 'n swak geheue. 7. Ek was altyd onseker. Nou twyfel ek. 8. Nostalgie is nie wat dit was nie. Dit het ook geen toekoms nie. 9. Ek argumenteer nie met jou nie, ek verduidelik net hoekom jy verkeerd is. 10.Om in jou garage te staan, maak nie van jou 'n kar nie. Kerk toe gaan maak ook nie van jou 'n Christen nie. KENNISGEWING BY 'N PERDEPLAAS Vir vinnige ryers het ons vinnige perde. Vir stadige ryers het ons stadige perde. Vir mense wat nog nooit perdgery het nie, het ons perde wat nog nooit gery is nie. "'n Liegstorie trek vinniger om die wêreld as wat jy van broek kan verwissel." ~ Sir Winston Churchill Vlaters en firkeerde fertalings Daar duik vreemde, grappige flaters op wanneer koerantmanne begin stories vertel: Daar het 'n girltjie in die nagkantoor kom werk met 'n brein wat soos n pasgebore voëltjie in 'n nessie woel. Ons het haar maar gebruik om foto's in die bib te gaan haal, want 'n Sapavertaling was 'n ramp in haar hande. General failure het Generaal Failure geword en record sales was sommer plateverkope. Sy het Jannie van der Merwe se sigaretkwota van 60 na 100 laat styg. Bob het darem gedink sy het mooi tieties... In die 1980's met die noodtoestand was dit die misdaadverslaggewers by Beeld se werk om die polisieverklarings te vertaal en persgereed te kry. Hulle was egter nie die betrokke dag beskikbaar nie en die hofverslaggewer is noodgedwonge ingespan. Sy kry toe 'n verklaring van 'n wapenopslagplek wat ontdek is met o.m. "AK-47 assault rifles and magazines" daarin. Dit verskyn toe in die koerant as AK-47-aanrandingsgewere en tydskrifte. Watse tydskrifte wou ons na die tyd by haar weet: Huisgenoot, Sechaba, The Young Communist? Great fun was had by all. In daardie dae was daar ook 'n plattelandse hotel se buiteverkope wat sommer self hulle vertaling gedoen het. 'n Kennisgewing het bo die deur verskyn: "Gelisensieër om wyn en geestesdranke (spiritis) te verkoop." Toe ek pas as misdaadverslaggewer begin het, moes ek 'n Sapaberig vertaal oor iemand wat in die 'fracas' geskiet is. Groot was my verleentheid en my kollegas se gelag toe ek vra: "Waar sit 'n mens se fracas?" Nou weet ek. Of die meisie wat die rugbyberig oor die Springbokke in Nieu-Seeland moes vertaal. Die plekpyn was Christchurch, wat sy na die Gemeente van Christus vertaal het. Of die een wat gewik en weeg het tussen halftyd en rustyd. Toe skryf sy sommer in die pouse.

Kammanuus 13 Februarie 2017 Bladsy 3 Duskantlander in Anderkantland Reisigers in Afrika Daniël Bezuidenhout, 'n vrou van Namibië, skryf uit Ghana. M ense reken Afrika is nie vir sissies nie. Watter deel van Afrika? vra ek iewers in my agterkop. Natuurlik staan ek nie kaartjie-in-die-hand gereed om Mogadishu te gaan verken nie. Hier op Kotoko Internasionaal, Akkra se lughawe, leun ek in agt-en-twintig grade se warm seebries en bekyk die blinkoog-reisigers wat vanaand aanland. n Paar wat hulle aardsbesittings vir n enkele maande soos skilpad saamdra, kom lokaal skoolgee en stowwerige dorpies verken. Hulle is maklik om in die bondel te herken, hulle dra poepvang-broeke versier met pers olifantjies; bont serpe in gister se ongekamde hare. Teen môre sal hulle reeds twee honderd kilometer vêr met n lendelam bussie tussen agttien ander insittendes oortrek wees met Ghana se rooi stof. Binne tien dae dra hulle klere gemaak van Kenté-lap, rubberplakkies en plastiek kraletjies in die hare gevleg. Jare later gaan hulle nog stories vertel van die ongekende saggeaardheid van Ghana se mense. Die diepgewortelde respek teenoor gryskoppies en Afrika-tromme tussen die knieë vasknyp en n ritme trommel wat jou hoendervleis in die nek laat uitslaan. n Ander kleurvolle groep met dik beursies is opvallend minder beweeglik met n dik eend waggel en chroomwandelstok. Hulle hoor jy gewoonlik voordat jy hulle sien. Mary-Ann-Jane, is it not a glorious day! (hyg) Setting foot on our ancestral soil (wit sweet sakdoek oor die blink gesig) we are so blessed (leun oor mekaar en neem n selfie) Ek gooi n geoefende wit-oogrol en sien die taxidrywer langs my behaaglik lippe aflek en handpalms saamvrywe soos hy naderstaan. Hulle is tipiese swart Amerikaners wat hier in Ghana kom snuffel na n sweempie van hulle-se-mense se herkoms. In die volgende paar dae gaan hulle ooh-en-aah en OMG met regte trane in die oë en 'n handpalm oor die hart geklem. Hulle is te besig om hand te skud en almal te bevriend en mense te soek met dieselfde vanne om hulle fone te gebruik. Ghana se kuslyn is besaai met mosbegroeide murasies van toet-se-tyd se slawehandel kastele. Die bekendste kasteel in Elmina, Cape Coast, kan verken word met n fooitjie in die hand vir die gids. Niemand kan onaangeraak n slawekasteel verlaat sonder om kopskuddend die gierigheid, ongeregtigheid en wreedheid van die mensdom te betwyfel nie. Ná n paar jaar as inwoner in Wes-Afrika herken ek langsamerhand die ánder minder bekende, maar hoogs unieke seleksie alleenreisigers. Vaal verweerde vrouens aan die ander kant van veertig kom koekeloer met kalfsoë na die andersgeit van Afrika se manne. Die deursnit jongman speel aktief sokker, leef op vars vis en tropiese vrugte en pronk fisies soos n wafferse Griekse soldaat. Kyk, ek verstaan dis nie almal se koppie tee nie, maar hier is tannies met Europese paspoorte wat hierso, nuwe liefde kom vind. En so gun daai lustige tannies n geleentheid vir n Ghanees, vyftien jaar haar junior, om met sy hele familie na Europa se blink liggies te emigreer. Anderkant halfeeu weet jy presies wat jou voorkeur as reisiger is. Lank voor hulle voetspore trap in Wes-Afrika, het hulle verskeie reisgidse deurgewerk. Hulle is wel belese oor die kultuur, tale en tradisies. Hierdie groep neem duisende foto's, hulle is nie in een van daardie foto's nie. Ná n leeftyd se agt tot vyf is hulle bankbalans van so aard dat hulle kan kies en keur tussen gesogte hotelle, vlieg hulle eerder binnelands as om soos nat hoenders in n taxi rond te wip. Daar word die aller pragtigste kiekies vasgelê van Afrika-konings en tradisionele danse met rooistof fyntjies te bespeur in die laaste sonstrale van n fyn beplande dag. Wanneer hulle die markte besoek, kies hulle sorgvuldig die handgemaakte Venisiese glaskrale uit wat jare lank as skat bewaar word en waardevol genoeg is om in testamente te benoem. Ghana se kultuur is so eie aan Afrika. In die keinste dorpie word jy vyfuur wakker met tromme wat vrolik en ritmies die dorpie aan die gang kry. Kinders, hoenders, bokke en ou gryskoppies op knopkieries is almal op pad iewers heen en groet vriendelik met n handswaai in die lug. Almal wil gesels, nooi jou om eers te kom sit en vertel stories met handgebare en 'n eentand-mond wat agteroor lag. Die gemarineerde reisigers maak tyd om te kuier, proe aan kos uit swart potte, staangemaak onder grashutte. Kom, Sussie, wys my jou reiskiekies, dan weet ek sommer gou wat jy hierlangs in Wes-Afrika kom maak.

Kammanuus 13 Februarie 2017 Bladsy 4 Giggels As jy 'n giggel wil deel, vonk dit aan pos@onsdorp.com OOR EN UIT Jan, ek sien al weer jou vyfuur-skaduwee. VET Wanneer jou vrou jou vra of sy vet lyk, is dit nie genoeg om net "nee" te sê nie. Jy moet van verbasing oor die simpel vraag ook minstens twee treë agteruit steier. KAKIE Twee boere sit op die stoep en gesels oor rugby, politiek, die droogte en die verlede. Sê een: "Jy weet seker hoekom Napoleon altyd 'n rooi jas gedra het? Sodat sy soldate nie bekommerd moet wees wanneer hy gewond word nie." Sê die ander oubaas: "Dit laat my wonder, hoekom het die Engelse kakie gedra?" JANNIE SE TAFELGEBED Die gesin het vir die Kersmaal aangesit en Jannie is gevra om die tafelgebed te doen. "Dankie Here vir my gesin en my huis en die lekker skaapboud en die gebakte aartappels en die pampoenkoekies." Toe onderbreek hy sy gebed en kyk na sy ma en vra: "Ma, Hy sal mos weet ek lieg as ek dankie sê vir die brokkoli?" O AARDE! Kareltjie het baie swak punte in sy aardrykskundetoets behaal. Onderwyser: "Jy het duidelik nie vir die toets geleer nie. Wat is jou verskoning?" Kareltjie: "Wel, Meneer, my pa sê die wêreld verander so vinnig, hy kan nie byhou nie. Ek het besluit ek sal maar wag totdat alles meer stabiel is voordat ek begin om dinge ernstig op te neem." DUUR OPERASIE Dokter aan kollega nadat hy 'n groot operasie uitgevoer het: "Hoeveel het dit gekos?" "Altesaam R200 000." "Wat het hy gehad?" "Nee, dis al wat hy gehad het." GROOT VERSKIL Sonder om nou onnodiglik tegnies te wees: Volgens die chemiese definisie is alkohol 'n oplossing. As 'n vrou 'n argument begin met "Om mee te begin," moet jy hardloop. Jy kan seker wees sy is voorbereid met al wat data, navorsing en statistieke betref en dat sy die vloer met jou gaan was. Om met 'n sot te redeneer is soos om met 'n vark in die modder te stoei. Jy kom gou agter hy geniet dit. ` ANDY CAPP deur Smythe ` ` Kom nou julle twee! Opskud! Ma borsel net gou haar tande Hoekom vat dit so lank? Sy soek hulle nog!

Kammanuus 13 Februarie 2017 Bladsy 5 Uit die Wakis Stories vir die vaak Hoe lief het jy jou man? In 'n stuk navorsing is vroue gevra: "Hoeveel van julle is lief vir julle mans?" Almal het hul hande opgesteek. Die volgende vraag was: "Wanneer laas het jy dit gesê?" Sommige het gesê vandag, ander gister, en ander kon nie onthou nie. Hulle moes toe hul selfone uithaal en aan hul mans teks: "Ek is lief vir jou, my skat." Hulle moes toe die antwoorde wat hulle gekry het hardop lees. Hier is 'n paar van die antwoorde: 1. Wie die hel is jy? 2. Moeder van my kinders, voel jy sleg? 3. Ek is ook lief vir jou. Wat skort? 4. Wat nou? Het jy weer die kar gestamp? 5. Wat probeer jy sê? 6. Moenie draaie loop nie. Hoeveel geld wil jy hê? 7. Droom ek nou? 8. Ek dog ons het ooreengekom jy sal nie bedags drink nie? 9. Hoe lank kom jou ma vir ons kuier? 10. Wat het jy nou weer aangevang? Die lewe is nie regverdig nie Dis mos verkeerd om 'n werkende persoon tot breekpunt te belas en die werk dan aan iemand te gee wat weet hoe om dit te doen, maar weier om te werk? Mans trek aan die kortste ent Ons mans word maar stief behandel deur die lewe: As ons gebore word kry ons mamma die gelukwense en blomme. As ons trou kry ons bruid die geskenke en as ons ons laaste asem uitblaas kry ons weduwee die lewenspolis. WISKUNDIGE ROMANTIEK Slim man + slim vrou = romanse Slim man + dom vrou = affair Dom man + slim vrou = huwelik Dom man + dom vrou = ongewenste swangerskap Twee oues se wense Die egpaar is op pad huis toe na 'n kerkdiens op 'n naburige plaas. Uit die bloue hemel skroei 'n witwarm son die Karoo. Voor die karretjie trek die esel skaars vinniger as hy gaan as wanneer hy staan. Sy: (ietwat getroffe nog deur die prediking): "Ek wens ek was nou in die hemel. En ek sit op 'n wolk, en die engele gee vir my lemmenyt in 'n glas, en die ys maak tiengelieng en die borretjies kielie my neus." Hy: (nadat hy dit 'n wyle bepeins het): "Ek wens ek was nou poep-poepdronk." Sy: (met die lydsame sug van 'n gade): "Ag ja. Jy wens ook altyd die lekkerste." Ek kan onthou toe die lug skoon en seks vuil was. -- George Burns.

Kammanuus 13 Februarie 2017 Bladsy 6 Die aandoenlike storie van die dom Zacharias 'n Seuntjie met die naam Zacharias het in 'n klein dorpie Bapong in Gelukspan gewoon. Omdat hy so onnosel was, het nie een van sy klasmaats van hom gehou nie. Sy onderwyseres kon hom ook nie verduur nie. "Zacharias, jy maak my mal!" het sy dikwels geskree. Zacharias se ma het eendag skool toe gekom om te hoor hoe hy vorder. Die onderwyseres was baie eerlik en het aan die ma gesê hy is 'n ramp, dop elke vak en dat sy nog nooit iemand wat só onnosel is in haar klas gehad het nie. Die moeder was geskok en het Zacharias uit die Middelbare Skool Ipokeng gehaal, met hom verhuis en hom in 'n ander skool geplaas. Sowat 25 jaar later is 'n ernstige hartsiekte by die onderwyseres gediagnoseer. Al raad was 'n opehartoperasie wat net deur een hartspesialis uitgevoer kon word. Sy het besluit om die kans te waag en die operasie was suksesvol. Toe sy haar oë ná die operasie oopmaak, het sy gesien hoe 'n aantreklike dokter vir haar glimlag. Sy wou hom bedank, maar kon skielik nie praat nie. Haar gesig het blou begin word. Sy het haar hand gelig om iets te probeer sê, maar kon nie en het gesterf. Die dokter was geskok en het probeer uitvind wat verkeerd geloop het. Toe hy omdraai, sien hy sy vriend en die skoonmaker Zacharias, wat die suurstofprop uitgetrek het om sy selfoon te laai. Moet nou net nie sê julle het gedink Zacharias het 'n dokter geword nie. LEES GOU HIER! IN AMERIKA As jy nie 'n dokter kan bekostig nie: Gaan na 'n lughawe. Hulle gee jou gratis x-strale en 'n borsondersoek. En as jy Al-Kaïda noem, kry jy sommer ook 'n gratis kolonoskopie. Moenie wag tot jy op jou sterfbed lê voor jy mense vertel wat jy werklik van hulle dink nie. Jy kan dalk te moeg wees om jou middelvinger te lig. Dit hang alles af! Die Trans-Karoo se kondukteur het sy groen vlag oopgerol en die trein was op die punt om De Aar te verlaat. Hy blaas op sy fluitjie en skree: "Almal aan boord vir Kaapstad!" Net toe storm 'n jong man verby, gooi sy tas deur 'n venster en draai in sy spore om. Toe hy by die kondukteur verbyhardloop, skree hy: "Het ek tyd om my vrou te groet?" "Wel," sê die kondukteur, "dit hang af. Hoe lank is jy al getroud?" Goeie sake Die man het gehoop dat sy seun eendag die familiesaak sal oorneem, en vertel hom wat van hom te wagte is. "Seun," sê hy, daar is twee belangrike dinge in 'n suksesvolle besigheid. Dit is eerlikheid en versiendheid." "Watter soort eerlikheid?" vra die seun. "Maak nie saak wat gebeur nie - as jy 'n belofte gemaak het, hou jy daarby." "En versiendheid?" "Moet nooit beloftes maak nie."

Kammanuus 13 Februarie 2017 Bladsy 7 WENKE VIR BESTUURDERS IN AFRIKA 1. Moenie jou rigtingwysers gebruik nie. Verras almal met jou volgende beweging. 2. Moenie 'n spasie agter die kar voor jou laat nie. Twee taxis sal dadelik daar indruk. 3. Moenie stadiger ry voor 'n stopteken nie. Dit sal die ryers agter jou verras en hulle sal in jou gat vasry. 4. Moenie spoedtekens gehoorsaam nie. Almal sal dink jy is onnosel. 5. Moenie jou hoofligte aanskakel voor dit pikdonker is nie. 6. Moenie regs verbysteek nie. Steek aan die linkerkant verby. Dit hou ander padgebruikers wakker. 7. Teks op jou selfoon. Dit help dat jy nie te vinnig ry nie. 8. Moenie flink wegtrek as die robot groen word nie. Dit keer dat te veel motors die kruising oorsteek en help teen verkeersopeenhopings. Die lesing oor die dooie koei Eerstejaars by 'n landboukollege het hul eerste anatomieklas met 'n dooie koei as voorbeeld gehad. Almal het rondom die tafel vergader waar die liggaam onder 'n wit laken bedek was. Die professor was aan die woord: "In dieremedisyne is dit noodsaaklik om twee kwaliteite te hê. Eerstens moet jy nooit gewalg wees deur enigiets wat met die dier se liggaam verband hou nie." As voorbeeld het hy die laken weggetrek, sy vinger in die dooie koei se agterent opgedruk en dit toe gesuig. "Nou is dit julle beurt - gaan voort en doen dit." Die studente was verstom, het enkele minute rondgestaan en toe uiteindelik een na die ander 'n vinger in die koei se stert gedruk en dit gesuig, gevolg deur 'n gebraak en gespoeg van die eerste water. Toe almal hul gesigte afgevee, hul monde uitgespoel en tot ruste gekom het, het die professor sy lesing hervat. "Die tweede belangrikste les is dat julle uiters oplettend moet wees. Ek het my middelvinger in die koei opgesteek en aan my wysvinger gesuig. "Leer nou om aandag te gee. Die lewe is swaar, maar dis baie erger as jy onoplettend en onnosel is." Só flous jy die duiwel! Die twee kêrels, Piet en Koos, is op pad Springbok toe. Piet vra sy ouma om vir hulle n gebed te doen vir reisgenade. Ouma: Here beskerm die tjinners op pad George toe sodat die duiwel geen onheil oor hulle sal bring nie. Amen. Ná ouma se gebed herinner Piet haar dat hulle eintlik op pad Springbok toe is en nie George nie. Sy glimlag skelm en antwoord: Ja ek het die duiwel nou vir n gat gevat. Hy sit nou heelnag staan wag op Riversdal.

Kammanuus 13 Februarie 2017 Bladsy 8 Stamboom LOUW Die maand se eerste vanne: ONSDORP se afdeling vir familiesoekers Badenhorst (Lourens Petrus) louresn.badenhorst@webmail.co.za Familie Badenhorst LP,CHP. Vaderkant Badenhorst&Du Preez vanuit Bethal, Davel, omgewing. Moederkant Brits&Engelbrecht Heidelberg, Val omgewing. Grové ferinavisser8@gmail.com Dirk Jacobus van Niekerk 9 Mei 1899 Germiston - ek soek asb die familiegeskiedenis en die familiewapen. Viviers andriesviviers@gmail.com Ek is besig om die VIVIER/VIVIERS familie se stamboom en ander besonderhede na te vors en op te dateer. AS jy wil help, laat weet gerus. Of as jy iets soek. Ek het die FAMILIE WAPEN in hoe resolusie vir druk en gebruik - gratis beskikbaar. BUYSE GESOEK VIR DNS-TOETS Buys: Ek is op soek na manlike BUYSe (hulle kan op enige plek in die wêreld woon) wat bereid sal wees om hulle DNS te laat toets. Dis deel van n poging om vas te stel waar Barend BUYS die Suid-Afrikaanse stamvader vandaan kom. Belangstellendes kan my my by sbbuys@mweb.co.za kontak vir meer besonderhede. Nog vanne wat aangemeld is: Schreuder, Luus, Coetzee, Helberg, Fourie, Collins, Goosen,Boshoff. Gaan na www.onsdorp.com/stamboom en kyk uit vir jou eie van. Gaan na www.onsdorp.com/stamboom en kyk uit vir jou eie van. TE KOOP Koop en Verkoop: Tweemantent te koop, splinternuut. Slegs een naweek gebruik, geld dringend nodig om stootwaentjie te koop. Bank sonder breke Meneer, ek moet jou 'n kaartjie gee omdat jy te vinnig gery het," sê die spietkop. "Wat is jou naam?" "Ekhard Steekbreek" antwoord die man. "Moenie my koggel nie, meneer!" sê die spietkop dreigend. "As jy my nie glo nie," sê die man, "bel vir Absa Bank, ek werk daar". Die spietkop is dadelik op sy selfoon en skakel Absa. "Hoor hier mevrou," vra die spietkop, "het julle 'n Steekbreek daar?" "Ag, hemel meneer!" antwoord die dame, "Ons het nie eers 'n teebreek hier nie!" LEKKER BLOND Die blondine kuier op die plaas, en sit sit aan vir ontbyt. "Ek kan nie verstaan hoekom die melk so waterig waterig lyk nie," sê die boervrou. "Seker maar omdat die koeie heelnag in die reën gestaan het," antwoord die blondine. ONS MAL WÊRELD IN BAHREIN mag 'n manlike dokter 'n vrou se geslagsdele inspekteer, maar hy mag nie direk daarna kyk nie - slegs na 'n refleksie daarvan in 'n spieël. (Lyk dit omgekeerd dan anders?) Chinese spreekwoord: "Man met voet in mond se asem stink heeldag."

Kammanuus 13 Februarie 2017 Bladsy 9 AGTEROS Net voor uitspantyd Die Blinde Sambok Let Cape maak 'n Epic Die glipsie Cape Epic D nie. Haar ma se afskeidswoorde was: My kind, jy moet agter jou kyk!" Met erkenning aan JOHAN VAN DYK ankie tog dis verby. Van politiek het ek genoeg gehad. Die politici wat ons ingestem het, moet nou agter ons kyk, sodat ons nie oorkom soos Let van die Kolbroeke van Rooileegte in die Agterveld Toe Let standerd agt in die tweede klas op Nuwerus slaag, het haar pa gesê: My kind, pa dink jy moet uitspring om te gaan verdien, die lewe is swaar. Sy kon. Standerd agt was toe net n kortkop agter matriek die toppunt van geleerdheid. Baie Afrikaanse kinders van vorige geslagte is ná standerd agt uit die skool om in die staatsdiens te gaan werk. Selfs ná standerd ses, waarmee jy n polisieman kon word. Talle het so gemaak en hulself opgewerk. Party het as generaals afgetree. Suid-Afrika het toe nog nie, soos nou, die meeste generaals per honderd weermaglede ter wêreld gehad nie. Of die meeste woordvoerders en politieke kommentators nie. Hopelik gaan almal op n sabbatsjaar noudat die verkiesing verby is. Indien nie, gaan ek n sabbatsjaar vat om van die eindelose besprekings, bespiegelings en ontledings weg te kom! Let was n gehoorsame dogter. Sy het gaan sit en by n flikkerende kersvlam n brief vir n betrekking aan die posmeester-generaal in Pretoria geskryf. Die volgende dag het sy dit saam met haar standerdagtsertifikaat (tweede klas), haar doopseël en die getuigskrif van die predikant dat sy van edele inbors, sobere gewoontes en welgeskape voorkoms is, op Nuwerus gepos. Let was inderdaad welgeskape. Haar hare was die goudgeel van boesmangras in die herfs, haar smeulende oë oker, haar gelaat dié van n rooiwangperske. Haar enkels was so dun en haar mooi bene so lank soos dié van n jaaroud volbloedmerrievul. Sy was besig om n Lister-roomafskeier in die melkkamer op Rooileegte te draai toe die brief kom. Toe die klokkie stil raak, n teken dat die roomafskeier die regte spoed bereik het, het sy die handvatsel gelos. n Dun straaltjie room het by die afskeier se tuit uitgeloop toe sy die bruin koevert met bewende hande oopskeur en lees: U word met ingang 1 Februarie 1947 aangestel as toonbankassistent graad vier in die Hoofposkantoor, Adderleystraat, Kaapstad, teen vyftien pond sewe sjielings en ses pennies per maand. Losies is vir u gereël by die YWCA (Young Women s Christian Association) se hostel in Kloofstraat. Op Bitterfontein het haar pa haar koffertjie, kombers en n koekblik met padkos deur die tweedeklaskompartement se venster aangegee. Haar ma se afskeidswoorde was: My kind, jy moet agter jou kyk! Toe die trein wegtrek, het sy met n wit sakdoekie vir haar pa en ma gewaai. Ses maande later was Let terug op Rooileegte. n Broodjie in die oond. Toe haar moeder bedroef uitroep: My kind, ma het dan vir jou gesê jy moet agter jou kyk!, was haar antwoord: Ma, ek het, maar hy het van voor af gekom! KLIK NET HIER VIR KAMMANUUS EKSTRA! www.onsdorp.com/ekstra.html