Hoofstuk 18 Johannes Janse van Rensburg (b1) (c.1709 c. 1775)

Similar documents
Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Hoofstuk 16 ( )

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Rut: n Liefdes Verhaal

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Deel 4: Die Venter voorgeslagte

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel

Inhoudsopgawe Boy Booysen

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GENEALOGY OF JOHANNES PETRUS MEINTJES * ,

Uit Moerdijk se pen Man en Media

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Tariewe

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

SIZA takes the sting out of auditing

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Lys van geraadpleegde bronne

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Direkte en indirekte rede *

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van SA -Noordwes Tak Jaargang 9, uitgawe 3 FAMNEA

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Mosselbaai Munisipaliteit

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN CHARLOTTA AUGUSTA LOGGENBERG N.O.

FIDUCIARY INSTITUTE OF SOUTH AFRICA FIDUSIÊRE INSTITUUT VAN SUID AFRIKA

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Die Benade Familie in Suid-Afrika

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

IN DIE GRONDEISEHOF VAN SUID-AFRIKA

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Houtkanon gemaak deur Graaff-Reinet Boere in die vroeë 1800's

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

MALHERBE RP et HATTINGH R

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

Adam Small: Familiegeskiedenisse, aanlope en vroeër invloede

Harry en Frank Zeiler

Mandala Madness Deel 2

Kerssangdiens. SA Gemeente

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

ONTWIKKELING VAN DIE TREKGEDAGTE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

Transcription:

Hoofstuk 18 (b1) Oriëntasie (c.1709 c. 1775) Johannes was n boer. Hy is omstreeks 1709 gebore en in 1775 oorlede toe hy 646 jaar oud was. Hy trou in 1730, toe hy 21 jaar oud is, met Anna 1 Botha wat in 1716 gebore is en toe 14 jaar oud was. Anna sterf in 1765 toe sy nagenoeg 49 jaar oud is. Hulle het vyf seuns gehad en woon en boer op enkele plase aan die Valsrivier, noord van die huidige Albertinia. Genealogiese gegewens b1 JANSE VAN RENSBURG, Johannes: *c. 1709 23 ; Stellenbosch 7.7.1709 4 ; c. 1775 5. x Kaapstad 28.7.1730 6 : BOTHA, Anna Margaretha: *c. 1716 7 ; Stellenbosch 5.1.1716 8 ; Oktober 1765 9. Dogter van Jacobus Botha en Elsie Snyman. Jeug Johannes is omstreeks 1709 gebore en is gedoop te Stellenbosch op 7 Julie 1709. Sy pa, Claas, was toe ongeveer 48 jaar oud en sy ma, Aletta, 25 jaar. Die doopgetuies 10 was Gerrit Basson en sy huisvrou Jannetje (Johanna Ryninck). Doopinskrywing van Johannes 11 Johannes is die oudste seun van Claas en Aletta, maar in die gesin was ook Maria en Marthinus van Staden wat uit Aletta se eerste huwelik kom. Hulle woon aanvanklik op Vrymansfontein in die Drakenstein Distrik. In 1711, toe Johannes twee jaar oud is, trek hulle na Rensburg in die land van Waveren. Dit is moontlik dat hulle te Rensburg gebly het tot die dood van Johannes se ouers: Claas in 1728 en Aletta in 1729. Dit is ook moontlik dat hulle later verhuis het na Zeekoegat aan die Bergrivier en Noordwes van die huidige Wellington n plaas wat 1723 aan Claas toegeken is.

Op 29 Desember 1722 gaan Johannes se pa n kontrak aan met die Adelbors Pieter Paulus Tame van Den Haag om hom as leenkneg as School meester te dien 13. Die kontrak is in 1723 en 1724 telkens vir nog n jaar verleng. Johannes sou dus van sy 14de tot sy 16de jaar een of ander vorm van onderwys ontvang het en moes dus in n mate geletterd gewees het. Handtekening van Johannes op 11.11.1765 12 Toe Johannes se pa oorlede is, was hy nagenoeg 18 jaar oud en 20 jaar toe sy ma oorlede is. In die inventaris van Aletta se boedel word sy ouderdom op as 21 jaar aangetoon, maar dit kan n berekeningsfout wees. Johannes erf Rds492.6.8 en sy twee broers Willem (12 jaar) en Nicolaas (7 jaar) word in sy sorg geplaas. Die vendusie van die goedere in Aletta van der Merwe se boedel vind op 16 en 17 November 1729 plaas. Johannes koop op die veiling 100 skape, n slaaf Coridon van Malabar, n ossewa en twee wateremmers. Daar was blykbaar n goeie verhouding tussen Johannes en sy ouer halfbroer Marthinus van Staden. In 1730 is die plaas Twee Kuylen aan Marthinus toegeken 14 en Johannes en sy twee broers in sy sorg trek ook daarheen. Daar kon egter n trekpleister gewees het, want Marthinus was getroud met Catharina Botha, n ouer suster van Anna Botha, waarmee Johannes sou trou. Toe Johannes 21 jaar oud is, trou hy in Kaapstad met die 14-jarige Anna Botha op 28 Julie 1730. Anna Botha was die dogter van Jacobus Botha en Elsie Snyman. Daar word na Johannes verwys as Jan Jansz van Rijnsburg van Cabo. Anna se pa, Jacobus Botha, was n diaken vir Drakenstein 15 en later n Heemraad 16 in die gebied wat bekend sou staan as Swellendam. Haar ouers se voorsate het n interessante geskiedenis. Daar is reeds oor aspekte daarvan geskryf in Hoofstuk 2. Hier word dit net oorsigtelik behandel aan die hand van die skets hieronder. Anna Margaretha Botha x Johannes Janse van Rensburg Jacobus Botha x Elsie Snyman Friedrich Both (Botha) Maria Kickers Christoffel Snyman x Marguerite Therise de Savoye o o Hans Christoffel Snijder en Catharina van Bengale Jacques de Savoye x Christine du Pont Anna se vader, Jacobus Botha, was die seun van Friedrich Both (Botha) en Maria Kickers. Maria Kickers was die vrou van Jan Cornelisz. Friedrich Both het by Jan Cornelisz gewerk en het in die tyd sewe kinders by sy baas se vrou gehad. Friedrich Both en Maria Kickers is later getroud nadat sy van Jan Cornelisz geskei het. Elsie Snyman se vader Christoffel Snyman was die buitehuwelikse kind van die vrygestelde slavin Catharina van Bengale en die soldaat Hans Christoffel Snijder. Snijder is na Robbeneiland verban

o omdat hy nie waggestaan het nie, maar by Catharina, oftewel Grootte Catrijn, was. Hy is moontlik op die eiland oorlede. Jacques de Savoye was deel van die Hugenote migrasie 17. Hy was afkomstig van Aeth, Heinaut, Vlaandere. Hy kom in die Kaap aan op die Oosterland op 26 April 1688 met sy tweede vrou, Marie- Madeleine le Clerq, twee dogters uit sy eerste huwelik en n seun. Sy eerste vrou, Christine du Pont is in Europe oorlede. Hy het met goeie reg of daarsonder in n aantal botsings betrokke geraak en is beskryf as n opvlieënde man. n Voorbeeld 18 is toe die Franse predikant, Ds. Pierre Simond, in 1690 weier om Jacques de Savoye te aanvaar as doopgetuie by die doop van Christoffel en Marguerite- Therese Snyman se oudste kind omdat De Savoye glo bankrot gespeel het in Europa. Daar voor die preekstoel vind toe n hewige botsing plaas waarin hulle Ds. Simond uitskel as n valse pastoor, onwaardige predikant, skynheilige, priester, Jesuïet, Judas. ( Priester was in daardie tyd van die vervolging van die Protestante tussen hulle n skeldnaam.) Anna Margaretha Botha is gedoop te Stellenbosch op 5 Januarie 1716. Die doopgetuies was Barent Gildenhuysen en Anna Margaretha Siek 19. Doopinskrywing van Anna Margaretha Botha 20 Woonplekke Soos reeds vertel, was daar blykbaar n goeie verhouding tussen Johannes en sy ouer halfbroer Marthinus van Staden. In 1730 is die plaas Twee Kuylen aan Marthinus toegeken en Johannes en sy twee broers in sy sorg trek ook daarheen. In 1732, nadat Van Staden die plaas verlaat het, word dit toegeken aan Johannes. Na hul troue vestig Johannes en Anna hulle in 1732 op die plaas Twee Kuylen, noord van die huidige Albertinia in wat later die Wyk Buffelskraal van die Distrik Swellendam sou word. Dit is moontlik dat Johannes en Anna later verhuis het na die plaas Valsrivier, waar hulle op 10 Julie 1759 n testament onderteken. Johannes het na Anna se dood in 1765 blykbaar geleidelik die eiendomme oorgedra aan die seuns aan wie dit in die testament bemaak is en so ontruim hy Valsrivier in 1765 en Twee Kuylen in 1771 sodat die plase aan die seuns tegeken kon word. Dit beteken nie dat hy nie meer op een van die plase gewoon het nie, maar waar hy toe gewoon het is nie seker nie. Dit is duidelik dat Johannes en Anna hul volwasse lewens deurgebring het in die omgewing van die Valsrivier ietwat noord van Albertinia. Eiendom en boerdery Daar is n mate van onsekerheid oor die plase waarop Johannes geboer het, maar wat wel duidelik is, is dat hulle in die gebied ten noorde van Albertina was en geleë aan die Valsrivier.

Benaderde ligging van Twee Kuylen Toestemming 21 word op 21 Oktober 1732 aan Johannes verleen om sy vee te laat wei aan de Valse rivier geleegen aan de twee Kuijlen, grond wat later as die plaas Twee Kuylen 22, in die Wyk Buffelskraal 23, bekendstaan. Die plaas was aanvanklik aan Johannes se stiefbroer, Marthinus van Staden, toegeken op 19 Oktober 1730 en toe hy die plaas verlaat word dit aan Johannes toegeken 24. Die Valsrivier vloei deur die plaas, soos dit tans in die Landmeter- Generaalkaarte aangeteken is. Johannes behou die reg tot okkupasie van die grond tot 1765, en op 12 April 1765 ontruim hy die plaas en later in 1765 bemaak hy die opstal daarop aan sy jongste seun, Marthinus Philippus, en hy verlaat die plaas in 1771 25. Ligging van Valsrivier en Middeldrif 26 Daar is onsekerhede ten opsigte van die plaas Valsrivier wat aan Johannes toegeken is: o Op 19 April 1742 is die leningsplaas Aan de Valsche Rivier aan Johannes toegeken 27. Dit was die verlate plaas van Cornelis van Rooyen wie se dogter Albertha met Johannes se seun Nicolaas sou trou. o Johannes en Anna teken hulle testament van 10 Julie 1759 op die plaas De Valsche Rievier aan de Twee Kuijlen. o Toestemming 28 om die Plaats gend (genaamd) de Valsche Rivier te bewoon word op 7 Oktober 1769 weer aangeteken. o Inagnemende die testament, wil dit voorkom asof dit net een plaas is waarna n paar keer verwys word. Daar is nie volle sekerheid oor die ligging van die plaas nie: o Volgens die testament van 1759 is die plaas aanliggend aan Twee Kuylen. In die gegewens oor plase in die Riversdal distrik soos in 1850 29 word so n plaas aangrensend aan en net noord van Twee Kuylen, Wyk Buffelskraal, aangedui as Aan Valsrivier. Die plaas kom egter nie meer voor op die Landmeter-Generaal kaarte nie. o Op die Landmeter-Generaal kaarte word egter n plaas Aan de Valsche Rivier 186 30 aangedui verder noordwes aan die Valsrivier. Weer meer na die ooste word die plase Valsrivier en Valsriviermond 31 aangedui waar die Valsrivier in die Gouritsrivier uitmond. Wat die posisie kompliseer is dat laasgenoemde Valsrivier grens aan Middeldrif(t) waarna hieronder verwys word. o Die aanduidings is egter dat die plaas waarby Johannes betrokke was, dié destydse plaas net noord van Twee Kuylen was

Johannes het die plaas reeds teen 23 April 1765 ontruim en dit is op daardie datum aan sy seun, Nicolaas, toegeken 32. In 1754 word Johannes die eienaar van die eiendomsplaas Middledrif(t) een plaats aan de hartebeeste craal aan de valsche rivier, gent. Middeldrift 37 Daar is meer as een plaas met die naam Middeldrif(t), maar die een wat hierbo aangedui word, is geleë aan die Valsrivier. (Die plek/plaas Hartebeestekraal kon nie opgespoor word op die Landmeter-Generaal kaarte nie.) In die testament van 1756 bemaak Johannes en Anna die plaas de Hartebeeste Kraal aan hul seun Johannes Frederik. Daar is nie n toekenning van Hartebeestekraal opgespoor nie en dit wil voorkom asof die plaas en Middeldrif(t) dieselfde plaas was. Opgaafrolle van Distrik Boed 33 Drs 34 Drs 35 Swe 36 Item 1729 1731 1741 1752 Mans 1 1 1 1 Vroue 1 1 1 Seuns 4 4 Dogters Slawe 1$ 1 1 Perde 2 2 8 5 Beeste 31 32 45 90 Skape 230$ 100 250 800 Daar is ook rekord daarvan dat die plaas Langfontein hierdie kant van die gourits in 1771 aan ene toegeken is 38. Daar kom so n plaas voor in die Wyk Gouritsrivier van die Distrik Mosselbaai 39. Inagnemende Johannes se testament wat net na drie plase verwys en geldelike erfporsies voorsien vir die ander twee seuns, word aanvaar dat die plaas aan n ander Johannes van Rensburg toegeken is, byv. b5c2 ( 6.10.1748) wat die seun van Nicolaas Janse van Rensburg was. Die gegewens in die opgaafrolle dui daarop dat Johannes veral met skape geboer het en die ander vee meer vir lewensonderhoud en plaasarbeid gebruik is. Daar kan kwalik peil getrek word op die akkuraatheid van opgaafrolle wat eintlik belastingopgawes was, maar dit kom voor asof Johannes n gemiddelde veeboerdery aan die gang gehad het. Kerk en gemeenskap Snaphane (Geweers) 1 1 1 Pistole 1 1 1 Degens (Swaarde) 1 1 1 Nota: Boed = Vendusie vir boedel van sy ma. Drs = Drakenstein. Swe = Swellendam. $ = 1 slaaf en 100 skape gekoop op boedelvendusie. In die lidmateregister van Drakenstein kom daar in 1736 die volgende inskrywing voor: 1736 31 Maart haare belijdenis gedaan in tegen woordigheijt o Johan Jansze van Rensburg en sy sijne huisvrouwe.. na Waveren o Anna Margaretha Botha. na Waveren 40 Dit is opvallend dat Johannes en Margaretha in 1730 getroud is en in 1731 en 1733 kinders te Drakenstein gedoop het, maar dat hulle eers in 1736 belydenis afgelê het en volwaardig lidmate geword het. Die verwysing

na Waveren in die inskrywing in die lidmateregister verwys daarna dat hulle na die Tulbagh gemeente (Roodezand) oorgegaan het toe die kerk in 1743 gestig is. In 1746 word Johannes voorgestel as Heemraad vir die Distrik Swellendam, maar dit word nie goedgekeur nie 41. Hulle was destyds woonagtig in die gebied wat later die Distrik Swellendam sou word en waar n Landdros in 1745 gevestig is. Tog was hulle kerk eers te Drakenstein (Paarl) en sedert 1743 te Tulbagh. Riversdal is nagenoeg 300km van beide die Paarl en Tulbagh volgens die huidige (2016) kaarte. Dit was dus nog n entjie verder vanaf die plaas naby die huidige Albertinia en n baie groot afstand om per ossewa af te lê. Dit was dus baie moeilik om kontak met die kerk te hou. Daar is wel sedert 1751 n Voorleser in die omgewing van Swellendam geplaas en die eerste een was Christoffel Keurigsheijm 42. Johannes en Jan du Buis het begin met n versoekskrif vir n kerk in die Swellendam distrik en het 47 handtekeinge ingesamel en die versoekskrif aan die Politieke Raad gestuur. In die versoekskrif vra die ondertekenaars n kerk en predikant te Palmietrivier naby die huidige Riversdal. Hulle meld dat hulle so ver van Roodesand (Tulbagh) is dat hulle nie die nagmaal kan vier nie en die kinders eers as hulle al ouer is kan doop, aangesien die reis na Roodesand of Drakenstein veertien dae duur n reis wat nog moeiliker is in die reënseisoen wanneer die riviere in vloed is. Die versoek het die Politieke Raad op sy vergadering van 21 Maart 1758 43 ontstig: hoe Seer het deesen Raade heeft ontstigt omdat die versoeksrif nie aan die Landdros en Heemrade van Swellendam gestuur is nie en omdat rondgegaan is en handtekeninge ingesamel is. Die versoek word na die Landdros en Heemrade terugverwys en daar word aanvaar dat dit eerder uijt onkunde, dan Quadwilligheijd is dat die versoek direk aan die Raad gestuur is. Die versoek is toe deur die Landdros en Heemrade gekanaliseer en n nuwe brief met 52 handtekeninge is aangestuur met erkenning van onser Leedweesen, dat wy ondergeteekende Soo onbedagtsaam Sijn geweest, en Mijn Heer landdrost daar ook niet in gekent hebbe Die Politieke Raad het op sy vergadering van 5 September 1758 44 aangedui dat hy nie in staat is om n besluit te neem nie en dat die inwoners eers moet ooreenkom oor waar die kerksetel moet wees. Daarby het die saak vir baie jare gebly. Swellendam c. 1765 45 Johannes en Jan du Buis het die wiele aan die rol gesit met n verdere versoekskrif 46 aan die Landdros en Heemrade van Swellendam oor hulle en die ander boere swak finansiële posisie. Hulle wys daarop dat die weiding verswak het en dat die pryse vir vee geval het. Die posise word vererger omdat die slagters self vee aanhou en slag. Die gevolg is dat hulle nie die inkomste het om lewensmiddele aan te koop en die

rekognisiegeld (huur) op hule plase te betaal nie. Hulle gebruik die voorbeeld van die duur smidswerk aan waens om die hoë pryse te illustreer. Die versoekskrif is onderteken deur 60 persone. Die Landdros en Heemrade meen dat al die ondertekenaars nie voldoende belang by die versoekskrif het nie, maar dat die boere wel n saak het met die verswakkende weiding en die lae veepryse. Hulle besluit om die saak aan die Goewerneur en Politieke Raad voor te lê en doen dit op n simpatieke wyse. Hulle meld dat het in deese Contrije Seer droevig gesteld was en dat die boere nie die rekognisiegeld van Rds24 kan bybring nie. Dit is waarom die boere versoek het dat die rekognisiegeld weer verminder word tot Rds12. Die Politieke Raad neem die versoek in behandeling op sy vergadering van 21 Maart 1758 47. Die rekognisiegeld is deur die Here XVII in Nederland bepaal en die Raad kan dit nie verminder nie, maar tref n aantal maatreëls om dit op n Sagte en Minnelijke Wijse in te Vorderen en te Laten Verevenen, onder andere dat dit met vee betaal kan word. Die Raad stem saam met die hoë koste ten opsigte van waens en doen aan die hand dat die boere hulle waens minder gebruik en pakosse oplei om te verhoed dat alles per wa vervoer word. In 1750 laat weet Johannes die Landdros te Swellendam dat sy seuns tydens n jagtog by die mond van die Gouritsrivier afgekom het op sewe skipbreukelinge, maar hy vermeld nie iets oor hulle skip of wat van hulle geword het nie 48. Dit was die Deense skip d Elephant wat teen Julie 1750 sonder water is. Die bemanning het die kaptein gedwing om land toe te vaar en hulle het naby die mond van die Gouritsrivier gestrand. Al 72 bemanningslede het oorleef. Huwelik en gesin Johannes en Anna het vyf seuns gehad: o Nicolaas Paarl 22.6.1731, getroud met Albertha van Rooyen. o Jacobus Paarl 10.5.1733, getroud met Maria Catharina Botha. o Johannes Frederik Stellenbosch 17.6.1736, agtereenvolgens getroud met Maria Elizabeth du Buys en Elisabeth Sophia Mulder. o Hendrik Christoffel Paarl 27.9.1739, getroud met Maria Isabella Botha o Marthinus Philippus 13.4.1742, getroud met Anna Maria Otto en daarna met Hester Magdalena Botha. Johannes en Anna het 57 kleinkinders gehad. Laaste lewensjare Op 10 Julie 1759 maak Johannes en Anna n testament 49 waarin hulle die langslewende as erfgenaam aanwys. Indien die langslewende n tweede huwelik aangaan moet die boedel verdeel word en die versorging en opvoeding van die kinders gereël word. Hulle onderteken die testament op De Valsche Rievier aan de Twee Kuijlen. Anna is in Oktober 1765 oorlede 50 en die testament van 1759 is op 7 Januarie 1766 by die Weesheer ingedien. Na Anna se dood maak Johannes n testament op 11 November 1765 51. Daarin bemaak hy aan sy seun Nicolaas die plaas Valse Rivier, aan Johannes Frederik die plaas Hartebeeskraal en aan sy jongste seun, Marthinus Philippus, die opstal op Twee Kuilen. Aan die ander seuns, Johannes Frederik en Hendrik Christoffel bemaak hy elk ƒ(indiese valuasie) 1000 instede van n plaas. Daarna maak hy sy seuns gelyke erfgename van die res van die bates in die boedel. Dit kom voor asof Johannes tussen tussen 1774, toe sy naam nog in die monsterrolle voorkom, en 1778 oorlede is 52. In die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters word aangedui dat Johannes omstreeks 1775 oorlede is. In n paar gevalle is spesifieke datums aangedui ten opsigte van biografiese gegewens van Johannes of Anna op webwerwe, maar daar is geen stawing van die datums deur die vermelding van bronne nie.

1 Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 2 Afgelei van doopdatum. 3 Geni Webwerf. https://www.geni.com/people/johannes-janse-van-rensburg/4073719119810071741 4 Genootskap vir die Kerkversameling. Kerkraad van die NG Moedergemeente Stellenbosch. 2004. Palmkronieke. Annale van die Moedergemeente Stellenbosch. Nr. 1. Versprei op CD. 5 SAG 9. Bl. 264. 6 SAG 9. Bl. 264. 7 Afgelei van doopdatum. 8 Genootskap vir die Kerkversameling. Kerkraad van die NG Moedergemeente Stellenbosch. 2004. Palmkronieke. Annale van die Moedergemeente Stellenbosch. Nr. 1. Versprei op CD. 9 KAB MOOC 6/1, Vol. 1.Bl. 37. 10 Genootskap vir die Kerkversameling. Kerkraad van die NG Moedergemeente Stellenbosch. 2004. Palmkronieke. Annale van die Moedergemeente Stellenbosch. Nr. 1. Versprei op CD. 11 TAB FK 2174. 12 KAB CJ 2620. Verw. 143. 13 KAB CJ 2880. Verw. 51. 14 Van Rensburg, J. H. 1994. Die Rietvleiers. Die Familiegeskiedenis van n Tak van die Familie van Rensburg. Somerset-Wes. Deur skrywer uitgegee. ISBN 0-620-18691-7. Bl. 23. 15 TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. Notule van 3.12.1720. 16 TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. Notule van 12.11.1743. 17 Breyer, Lynne en Theron, Francois. 1988. Die Hugenote en hul Erfenis. Dieprivier: Chameleon Press. ISBN 0 62011 391 X. Bl. 35. 18 Schoeman, Karel. 2006. Kinders van die Kompanjie. Kaapse lewens uit die sewentiende eeu. Pretoria: Protea Boekhuis. ISBN 13: 978-1-86919-119-1. Bl. 488. 19 Genootskap vir die Kerkversameling. Kerkraad van die NG Moedergemeente Stellenbosch. 2004. Palmkronieke. Annale van die Moedergemeente Stellenbosch. Nr. 1. Versprei op CD. 20 TAB FK 2174. 21 KAB RLR 9/3. Bl. [608]. 22 Madmappers: Kaart 3421BA. GEO(WGS84) -(21.55695272, -34.13384501) 38 08 01.84 S, 21 33 25.03 O. Mapset: South Africa AfricaTopo GPS topographic map series. DVDs 1 en 2. Versprei deur Madmappers. 23 Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2004. Bewaarders van ons Erfenis: Riversdal. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 17 en 18. 24 Van Rensburg, J. H. 1994. Die Rietvleiers. Die Familiegeskiedenis van n Tak van die Familie van Rensburg. Somerset-Wes. Deur skrywer uitgegee. ISBN 0-620-18691-7. Bl. 27. 25 Van Rensburg, J. H. 1994. Die Rietvleiers. Die Familiegeskiedenis van n Tak van die Familie van Rensburg. Somerset-Wes. Deur skrywer uitgegee. ISBN 0-620-18691-7. Bl. 32. 26 Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2004. Bewaarders van ons Erfenis: Riversdal. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 17. Met waardering aan die opstellers gebruik. 27 KAB RLR 10/2.Bl. [243]. 28 KAB RLR 20/2. Bl/[229]. Alhoewel daar nie enige gegewens is wat in die rigting dui nie, mag dit natuurlik ook n ander Valsrivier gewees het. 29 Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2004. Bewaarders van ons Erfenis: Riversdal. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 17 en 18. 30 Madmappers: Kaart 3321. Mapset: South Africa AfricaTopo GPS topographic map series. DVDs 1 en 2. Versprei deur Madmappers. 31 Madmappers: Kaart 3421. Mapset: South Africa AfricaTopo GPS topographic map series. DVDs 1 en 2. Versprei deur Madmappers. 32 KAB RLR 19/1. Bl. [3]. 33 KAB MOOC 10/3. Verw. 83. Vendusie op 17 en 18 November 1729 na sy ma, Aletta van der Merwe, se sterfte. Hy koop die items uit die boedel. Asook Inventaris KAB MOOC 8/5. Verw. 24. 34 KAB A 2250. 35 KAB A 2250. 36 KAB J 316. 37 Van Rensburg, J. H. 1994. Die Rietvleiers. Die Familiegeskiedenis van n Tak van die Familie van Rensburg. Somerset-Wes. Deur skrywer uitgegee. ISBN 0-620-18691-7. Bl. 31. Die aanhaling is oorgeneem uit hierdie bron. 38 KAB RLR 21/2. Bl. [338]. 39 Le Roux, J. G., Niemandt J.J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. 2004. Bewaarders van ons Erfenis: Mosselbaai. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 63 en 64. 40 TAB FK 2194.

41 H. C. V. Leibbrandt. 1906. Precis of the Archives of the Cape of Good Hope. Volume II. Requesten and Memorials. Cape Town and Londen. Cape Times, Ltd. Bl. 447. 42 Van Rensburg, J. H. 1994. Die Rietvleiers. Die Familiegeskiedenis van n Tak van die Familie van Rensburg. Somerset-Wes. Deur skrywer uitgegee. ISBN 0-620-18691-7. Bl. 26. 43 TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. Notule van 21.3.1758. 44 TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. Notule van 5.9.1758. 45 Brommer, A. B., Hattingh, L. J., Sleigh, D. en Zielstra,H. 2009. Grote Atlas van de Verenigde Oost-Indische Compagnie. V Afrika. ISBN 978-90-74861-30-4. 46 Van Rensburg, J. H. 1994. Die Rietvleiers. Die Familiegeskiedenis van n Tak van die Familie van Rensburg. Somerset-Wes. Deur skrywer uitgegee. ISBN 0-620-18691-7. Bl. 33. 47 TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. Notule van 21.3.1758. 48 Van Rensburg, J. H. 1994. Die Rietvleiers. Die Familiegeskiedenis van n Tak van die Familie van Rensburg. Somerset-Wes. Deur skrywer uitgegee. ISBN 0-620-18691-7. Bl. 34 en 35. 49 KAB MOOC 7/1/16. Verw. 44. 50 KAB MOOC 6/1, Vol. 1. Bl. 37. Aangedui as die vrou van Johannes van Rensburg d oude. 51 KAB CJ 2620. Verw. 143. 52 Van Rensburg, J. H. 1994. Die Rietvleiers. Die Familiegeskiedenis van n Tak van die Familie van Rensburg. Somerset-Wes. Deur skrywer uitgegee. ISBN 0-620-18691-7. Bl. 37.