Dagsê Alle belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria

Similar documents
November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Harry en Frank Zeiler

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

November Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Februarie 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Mandala Madness Deel 2

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Tariewe

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Pretoria Brief [Februarie] Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Hoofstuk 16 ( )

HOëRSKOOL PORTERVILLE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Kerssangdiens. SA Gemeente

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Tariewe

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Laasgenoemde persone is familielede en/of vriende van die Bartie-gesin. GEDENKPLATE: Die projek waarvolgens die Genootskap gedenkplate

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Rubriek vir skeppende werk

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

flana ~feto Deel 2, Nr. 1 September 1952 Volume 2. No. 1 r. S. v. R.: Boekbespreking.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

SIZA takes the sting out of auditing

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

April 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Government Gazette Staatskoerant

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

To promote sales Caxton s management organized a float carrying advertising material and staff members in special costumes through the city centre.

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

~retoriana. Nr./No. 87 APRIL Prys R 3,00 Price VAN DIE GENOOTSKAP ODD-PRETORIA OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

G. J. du Preez

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Edgehog

Sterdansers by Vensters.

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners

I oaoo I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No. 33. Selling price Verkoopprys: R2,50

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Personeelnuusbrief van die US Biblioteek en Inligtingsdiens / Staff newsletter of the SU Library and Information Service

Eeufees skop af. UV het gegroei uit beskeie begin. April 2004 Jaargang 52, nr.1

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Transcription:

Dagsê Alle belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria Desember 2003 Ek kan dit nie glo nie maar dit is nou n jaar gelede dat ek die eerste brief geskryf het. Hier is nou 94 mense wat elke maand die brief ontvang. Ek sukkel hierdie maand vreeslik om aan die werk te kom. Ons het ongelukkig n televisie wat gholf uitsaai en ek vind dit vreeslik interessant. Vandag net n aantal kort sketse van beroemde/berugte persone in Pretoria. Juta, Louise [21 Julie 1880 27 Februarie 1931] Sy was die vrou van William Juta van die bekende uitgewersmaatskappy en is begrawe in die ou Kerkhof in Kerkstraat. Sy is vernoem na Louise [Marx] die vrou van J.C. Juta. Louise Marx was die suster van Karl Marx die vader van kommunisme. [AND-03 p40] Fillis se Sirkus H.R. Abercrombie het in 1887 as jong seun na Suid Afrika gekom. In sy boek The Secret History of South Africa gee hy die volgende beskrywing van sy reis: I soon made a few friends. Among these were Frank Fillis, the great circus man of that time in South Africa, and Johnnie Wallet and his daughter. Johnnie was one of the best clowns I ever met. The members of the circus included a baby elephant and two Shetland Ponies. We children were fortunate as Fillis often exercised his animals and made them perform for us. On moonlight nights Sunnyside Mears (he owned the township of Sunnyside at Pretoria) played the violin and Fillis the concertina while the passengers danced. [p29] Dit het nie baie voorspoedig gegaan met die olifant van die sirkus nie. Op 22 Junie 1897 skenk Fillis die lyk van n Indiese Olifant aan die Staatsmuseum sodat die vel en geraamte bewaar kan word. Krantz en Swierstra het n week gewerk om alles in orde te kry. Dit is bekend dat die olifant aan tetanus beswyk het. Die koste om die olifant te slag en op te stop het minder as 200 pond bedra. [PR-100 34] Die volgende kom uit die herinneringe van A.C. Kotterer soos opgeteken in 1952. Ek het in 1896 saam met my ouers uit Nederland gekom. Waar die Mutual- en Reserwebankgebou nou staan, was daar geboutjies waaronder n teekamer en n fietswinkel. Agter hulle het Fillis se sirkus sy vertonings gegee. Dit was voor Pagel se dae. [PR-4 p6] C.W.L. de Souza onthou: I wonder how many Old-timers can remember Fillis circus? In the first decade of the century there was indeed little commercial entertainment for the young. So the rare and real thrill of those days was the advent of a circus. With what awe did we watch the disembarkment of the animals at the station and the subsequent proud parade from there to the Square. The site was then the vacant area behind Spencer & Marks Building upon part of which the Mutual & Reserve Bank now stands. [PR-49 p36] Henry Rider Haggard [1856-1925] Ek weet nie wie van u almal die boek King Solomon s mines as voorgeskrewe boek op skool gehad het nie. Die skrywer daarvan, H. Rider Haggard, later sir Rider Haggard het as jong man n hele paar jaar in Pretoria gebly. Van sy ander boeke is She, Jess en Alan Quaterman. Sir Henry Rider Haggard is te Brandenham Hall, Norfolk, Engeland gebore. Hy was romanskrywer, koloniale amptenaar, en landbouhervormer. As negentienjarige kom hy Suid- Afrika toe as sekretaris van Henry Ernest Gascoyne Bulwer, goewerneur van Natal.. In 1877 word hy aangestel as lid van sir Theophilus Shepstone se spesiale kommissie vir Transvaal en in

1879 word hy Meester van die Transvaalse hooggeregshof. In 1881 keer hy terug na Engeland. [AND-01 p56] Hy en n vriend, Arthur Cochrane, koop n erf in die buitewyke van Pretoria en bou daar vir hulle n huisie. Omdat dit so klein was doop hulle dit The Palatial. Dit was n sinkdakhuisie bestaande uit twee kamers en n kombuis. Dit staan later bekend as Jess s Cottage na aanleiding van sy boek Jess. [BOL-01 p29] Volgens Rossouw [Die groot verlange] is Jess wat as inspirasie vir die boek gebruik is, die suster van Eugene Marais. Sy was Gezina Constantia Marais wat later met Rex getroud is. Van Gogh, Cornelis Vincent [Zundert, Noord-Brabant 17 Junie 1867 12 April 1900 Brandfort] Die jongste broer van die Nederlandse skilder Vincent Willem van Gogh. Cornelis van Gogh kom 1890 in Transvaal aan en help lokomotiewe bou vir die NZASM by die Cornucopiamyn op Elandsfontein. Daarna is hy vermoedelik betrokke by die aanleg van die Delagoabaai-spoorlyn. Hy trou in Februarie 1898 met Anna Cathrine Fuchs en tydens die Anglo-Boereoorlog sluit van Gogh by die vrywilligerkorps van die Vrystaat van generaal J.S.F.Blignaut aan. Hy word naby Kroonstad gevang, na die hospitaal op Brandford gebring en is daar oorlede. Volgens n ander bron is die sterfdag 14 April 1900 en in die eerste verklaring word die doodsoorsaak zelfmoord gedurende koorts aangegee. [PLO-01 p133] Na sy huwelik in 1898 het hy in Markstraat gebly [Bol-01 p150] en volgens Longlands het hy in 1899 in Potgieterstraat tussen Pretorius- en Schoemanstaat gebly. Sy beroep word aangegee as engineer ZASM. [LON-1 p59 en p123] Voordat Cornelis na Suid Afrika vertrek het het hy eers n besoek by sy broer Theo in Parys afgelê. Theo, n kunshandelaar, het vir Cornelis n paar van Vincent se skilderye as geskenk gegee. Later het Cornelis uit Suid Afrika geskryf hoe die skilderye sy kamer ophelder. [BOL-01 p150] Sy huwelik was nie baie gelukkig nie en agt maande later het hy n testament opgestel waarin hy sy moeder in Nederland benoem as sy enigste erfgenaam. In 1904 het sy weduwee die testament in die hof beveg. Uit die hofstukke blyk dit dat sy hom uit eie vrye wil voor sy dood verlaat verlaat het, en al sy meubels geneem het. Wat van die skilderye geword het weet niemand nie. [BOL-01 p151] Cornelis Van Gogh se naam verskyn op n muurbord aan die oostelike gewel van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Du Toitstraat saam met 78 name van Nederlanders wat tydens die Anglo-Boereorrlog in die stryd vir die Republieke omgekom het. n Duplikaat van die wandbord is in die voorportaal van die Twee Toringkerk in Bloemfontein. [PR-99 p66] Zeppelin Ek het n digitale foto van die personeel van Generaal Kock. Een van die persone op die foto word aangedui as Count Zeppelin. Het iemand miskien meer inligting? Ek wil vreeslik graag weet of dit die Zeppelin van die latere Lugskip is? Een en ander oor my werk Ek was besig met familie navorsing [Skinner/Zieler] toe die ou Ou Pretoria gogga my gebyt het. Ek het begin boeke versamel en het vandag meer as 200 boeke en tydskrifte. Ek het ongelukkig nie n fotografiese geheue nie en dit het later vreeslik moeilik geword om iets op te soek tussen al die boeke.

Daar word gesê n biblioteek/versameling is net so goed soos sy ontsluitingstelsel. Dit het my genoodsaak om n onderwerp lys [INDEX] op my rekenaar te begin. Dit was n lang pad maar vandag staan my INDEX op 19,000 inskrywings. Dit is hoofsaaklik van mense, maar ook van plekke en gebeure in ou Pretoria. Op n stadium het dit te veel geword en ek het besluit om my veld te beperk tot Pretoria voor 1900. Op die oomblik gebruik ek nog Exel vir die Index maar sal moontlik later oorskakel na n databasis. Hier onder plaas ek so n stukkie van die Index sodat u kan sien hoe dit lyk. Weeskind Pretorius se kanon PRE-12 p140 Wege, J. Schubartstraat [1899] LON-01 p083 Wegner, E. Bestuur Transvaal Hotel Pretoriusstraat [1888] DUN-01 p240 Wegner, Ernst [bestuurder] Horse Shoe Bar Kerkstraat [1897] DUN-01 p164 Wegner, Ernst [proprietor] Transvaal Hotel [1888] DUN-01 p164 Wegner, Otto [barman] Phoenix Bar Kerkstraat [1889] DUN-01 p007 Wegner, Otto [eienaar van kroeg] Bosmanstraat h Kerkstraat PR-083 p039 Wegner, Otto [proprietor] Pretoria Bar h Bosmanstraat Kerkstraat DUN-01 p180 Wegner, Otto Emil [Herman] [*1866-1935] Geskiedenis en graf AND-03 p082 Weichardt, J. [verpleegster] Personeel van Volkshospitaal [1899] STA-03 p368 Weichart, H. Bosmanstraat [1899] LON-01 p045 Weijers, J.B. [1ste klas opsigter] Kantoor van Publieke Werke [1899] STA-03 p109 Weijgers, J. Potgieterstraat [1899] LON-01 p059 Weilbach, Cornelis Leerling van Wessel Loius PR-014 p017 Weilbach, Cornelius Leerling Meester Wessel Louis se Skool [1900] PR-032 p064 Weinhold, Theodore Graf in Lutherse deel van begraafplaas AND-03 p085 Weinraub & Abramsohn Koop bottels,eerste Fabieken.Glasblasery PR-032 p096 Weinthal, Woonhuis Bosmanstraat [1892] DUN-01 p293 Weinthal, Leo [*1865-1930] The press Weekly PR-106 p062+ Weinthal, Leo Eienaar van Schoemanstraat 270 [1895] PR-058 p008 Weinthal, Leo Eienaar van Schoemanstraat 271 [1896] PR-058 p008 Weinthal, Leo Hoofredakteur, The Press Weekly [1895] PR-106 p062 Weinthal, Leo Redakteur van "The Press" PR-071 p026 Weinthal, Leo [editor] The Press Vermeulenstraat [1891] DUN-01 p084 Weinthal, Leo [Kya Rosa] Skinnerstraat [1899] LON-01 p085 Weinthal, Leo [uitgewer] Longland [1896] De Pers PR-083 p037 Weinthal, Leo [uitgewer] Longland [1896] The Press PR-083 p037 Weinthal, Leo. Nuusblaaie in Pretoria [1899] STA-03 p310 Weinthal, Rosa PR-106 p066 Weinthal, Rosa Kaya Rosa Vernoem PR-058 p008 Weiss, [dr] Woonhuis Pretoriusstraat [1892] DUN-01 p240 Weiss, W. [doctor] Lid van Pretoria Klub [1890] ATK-01 p077 Weiss, W.A.J. [dr] Geneesheer, toegelaat tot beroep [1889] STA-02 p078 Weiss, W.A.J. [dr] Praktiserende Geneesheer [1899] STA-03 p091 Weivelde Begin van Munisipale bestuur van Pretoria ARG-03 p005+ Welgegund Plaas van M.W. Pretorius PR-077 p055+ Welgemoed Eienaars, eerste plase in Pretoria [1872] PR-102 p009 Welgemoed, D.J. [*-1901] Geskiedenis en graf AND-03 p082 Wellington Bar Kerkplein [1902] [eers Post office Bar] BOL-01 p102 Wellington Bar Kerkplein, h Kerkstraat [1899] LON-01 p033 Wellington Bar Kerkstraat h Kerkplein [1899] LON-01 p031 Wellington Bar Max Stadler [prop] Kerkstraat [1898] DUN-01 p164 Wellington Bar [Max Stadler] Kerkplein-W DUN-01 p028

Wemmer, Ethelbert (J.) [*-1887] Geskiedenis en graf AND-03 p082 Wemmer, Martha Geskiedenis en graf AND-03 p082 Wemmer, Sameul [Sam] Geskiedenis en graf AND-03 p082 Wennips, A.J. [govt riding school] Paul Krugerstraat [1899] LON-01 p051 Ingesluit by die Index is n volledige bronnelys. Die Index is gratis beskikbaar aan alle belangstellends. Daar is egter n probleem. In sy gewone formaat is die Index nou meer as 2,000 kb groot en kan nie met e-pos gestuur word nie. Ek kan dit wel verklein met WINZIP, dan is dit amper 700KB en neem baie lank om af te laai. So as u belangstel en weet hoe om WINZIP te gebruik kan ek dit stuur. Of kom kuier en bring n skoon CD saam dan maak ek vir u n kopie. Indien u probleme ondervind om die boeke wat in die Index gebruik is op te spoor is u welkom om hier te kom navorsing doen. n Paar van die boeke in my versameling is o.m. ** Allen, Vivien Kruger's Pretoria 1971 A.A. Balkema. Kaapstad ** Andrews, Tom ea. Straat- en Plekname van Ou-Pretoria 1989 J.L. van Schaik ** Andrews, TomGod's Acre. Church Street Cemetary 1994 ** Argief Jaarboek. Jaar 23 vol. 1 1960 Nat. Commercial Printers. Elsies Rivier [Doktorale verhandeling van Cloete, Onstaan en ontwikkeling van Munisipale bestuur en Administrasie van Pretoria tot1910] ** Argief Jaarboek. Jaar19 vol. 1 1956 Cape Times Limited [Davey, The Siege of Pretoria 1880-1881] ** Breytenbach, J.H. Notule van S.A.Rep Volksraad Deel 1 [1844-1850] Deel 2 [1851-1853] Deel 3 [1854-1858] Deel 4 [onrbtreek nog] Deel 5 [1864-1866] Deel 6 [1866-1867] ** Lola Dunston Young Pretoria 1889-1913 1975 Lola Dunston Pretoria ** Duxbury, Geo. R First war of Independence 1880-1881 1981 Sa Nat. Museum of Military History ** Ernst, F and Scheurer, K History of the Swiss in South Africa 1979 ** Longland Longland,s Pretoria Directory 1899 [Naamlys van al die persone wat in 1899 in Pretoria gewoon het] ** Ploeger, Jan [dr.] Over-vaal 1963 ** Ploeger, Jan [dr.] Nederlanders in Transvaal [1850-1950] 1994 J.L. van Schaik Beperk., Pretoria ** Pretoriana [Tydskrif van die Genootskap Oud Pretoria] [reeks is byna volledig] ** Rex, H.M. Pretoira van Kerkplaats to Regeringstelsel 1960 HAUM. Kaapstad ** Kuipers, H. ea Staats-Almanak v d Zuid-Afr. Republiek 1899 Staatsdrukkerij, Pretoria [Lys van alle persone wat in die staatsdiens was] [boek vir 1889 ook beskikbaar] ** Theron, Bridget Pretoria at War 2000 Protea Boekhuis ** Theron, Bridget Dear Sue 2000 Protea Boekhuis Ek het ook fotokopië van die volgende ou kaarte van Pretoria: ** Oudste bestaande kaart van Pretoria geteken deur Landdros Andries Francois du Toit [1857-1859]

** Kaart van Pretoria vervaardigd door J. Van Vooren en J.H. Oerder. [1889] Op die kaart word die erfnommers aangedui sowel as die geboue op elke erf. ** Kaart van Pretoria and Suburbs [datum onleesbaar maar is ongeveer 1904] Hier word die geboue en die plante op elke erf aangedui. Interessant om te sien hoe groot was baie mense se tuine in daardie dae gewees. ** Dorpsgrond Plan van Pretoria middestad waar beide die ou en die nuwe nommers van elke erf aangedui word. Handige inligting om te hê indien u ou transportaktes bestudeer. ** Kaart van die ou Begraafplaas in Kerkstraat waar al die grafnommers [nie name] aangedui word. As u bv. soek na graf nommer DD A 37 Dutch Portion kan u op die kaart n aanduiding kry waar om te begin soek. Ek was gister by die Kerssangdiens in die Ooskerk agter Loftus. Die ou kerk het n groot indruk op my gemaak. Ek het besluit om volgende maand iets oor Pretoria se ou horlosies en klokke te skryf. Ek wil ook probeer toestemming kry om na die ou uurwerk te gaan kyk. Ek gee nie om vir hoogtes nie maar hou niks van lere nie, miskien moet ek maar net my kamera opstuur en veilig onder op die grond bly. Het iemand miskien enige bydraes oor ou klokke en horlosies? Groete tot volgende maand. Rosa Swanepoel Tel: [012] 546 5803