KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Chileense seekos is tops en volop

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Direkte en indirekte rede *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

BenguFarm Bestelvorm

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Mandala Madness Deel 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Hoe om krag te spaar

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Twee slaapwandelaars land in Suid-Amerika

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Rubriek vir skeppende werk

Tariewe

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Tariewe

G. J. du Preez

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van van onsdorp.com. 'n Publikasie onsdorp.com TOULEIER. Chili het lekker kos, soos 'gotdogs'

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Dialoog en paragrawe *

Ons knoop 'n kwaai geveg aan teen 'n gesonder lewe(r)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Tonga die olifant - 01 *

KAMMANUUS KAMMANUUS. Nommer Junie 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com. Kamermaatjie spog met my baasresep

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Sterdansers by Vensters.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Oor vlieë, modder en die duiwel

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Net soos sout aan kos geur gee, gee Mamma geur aan my lewe.

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Dinsdag 6 Maart saam met die ATKV BY VANJAAR SE US WOORDFEES! Jaargang 4 Uitgawe 2

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

IMPALA VOL 4/1 EERSTE TERMYN Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging W. TydskrifT Bushveld Hunters and Game Conservation Association Magazine

'n publikasie van onsdorp.com Nommer September 2009

University of Cape Town

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Inhoud. Twaalf Lekkerbekkie-uitgawes agter die rug!

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Ruimte Stories. Afdeling A: Begrip - Lees die onderstaande en antwoord dan die vrae wat volg: Die Eerste Suid-Afrikaner in die Ruimte

Kerssangdiens. SA Gemeente

100 DIE GETATOEEERDE K"

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

Inhoud/Contents 1. Redakteursbrief Taal van pyn en vreugde Hulle kleur hul eie prentjies in Die MOEITE WERD

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

SIZA takes the sting out of auditing

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Die jaar se kaskar was

PARKTOWN BOYS HIGH SCHOOL DEPARTEMENT AFRIKAANS (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

2017 Universiteit van Suid-Afrika. Alle regte voorbehou. Gedruk en uitgegee deur die Universiteit van Suid-Afrika Muckleneuk, Pretoria

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Die Laaste Avondmaal: Pasga? of Nie?

ink Onvervulde. Hierdie. Lewe. FOTO: NARDUS ENGELBRECHT Digkuns, kortverhale en vlymskerp gesprekke Bl

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

Pasteur en Lister oorwin kieme *

LW: Algemene navrae oor Kix, Kix.Komintekenings

Transcription:

KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS KAMMANUUS Nommer 407 404 19 395 Nommer 376 2 Junie 2014 Nommer 7 Oktober September 20 April 2015 2015 Nr. 412 Nr. 423 378 2015 409 41515 16 16 Februarie Januarie November 16 Mei 2015 2016 2017 414 12 April van van Onsdorp.com 2016 2015 9 Julie 2014 'n 'n 'n 'n Publikasie Publikasie Nommer van van van onsdorp.com Onsdorp.com Onsdorp.com van 'n 380 Onsdorp.com Publikasie 413 van 144 Maart Augustus Onsdorp.com 2016 Nr 2014 'n Publikasie 416 van 13 Junie Onsdorp.com 2016 Nr. 418 15 Augustus 2016 'n Publikasie 'n Publikasie 'n Publikasie van van onsdorp.com van Onsdorp.com 'n Publikasie van onsdorp.com onsdorp.com 'n Publikasie van Onsdorp.com TOULEIER Chileense seekos is tops en volop Hoofstuk 3 Deel 15 H allo daar almal wat dit gemaak het tot hier toe in die nuwe jaar. Hier in die Overberg het die somer klaar omgedraai. Onrus is nou weer rustig. Al die fendêmillie en kinders is nou weer terug daar waar hulle geld maak om later hier te kom aftree. Verlede jaar het ek julle nog in Chili gelos met my storie oor hoe die kos daar smaak en wat die mense eet, wat effe anders is as hier by ons. Eet bly my maar na aan die hart en op my heupe, so ons hervat sommer weer met nog oor geregte daar in Suid-Amerika. Een ding is seker, hulle seekos is altyd vars en volop en die variasie skrik vir niks. Mariscos, wat maar net n soort arikruikel is, is baie gewild en word meestal in n soort romerige sous of sop aangebied. Baie soos ons ons mossels eet. As jy kan droom van n vissoort, hulle het hom daar. Santiago lê nou wel so twee ure binneland toe, maar die vismark is maklik twee rugbyvelde langs mekaar, en binne-in is daar rye restaurante waar jy jou seekos so te sê van die boot af kan bestel. Salamanca in die noorde, waar ons twee jaar gewoon het, is te vêr van die see af en te klein om daagliks vars vis te waarborg. So besluit ek en Kamermaatjie dan dat elke lang naweek wanneer Heidi se oupa uit die Andes gebergtes huis toe kom ons sal afsit see toe vir lekker vars seekos. Ná so n uur se reis deur berg en dal en deur n landskap wat maar netsowel n mengsel van die Breëriviervallei en die Klein-Karroo kon gewees het, kom mens skielik op die klein vissersdorpie van Los Vilos af. Hierdie plek van winde herinner baie aan die Waenhuiskrans van die ou dae, waar die vissersbote sommerso op die strand uitgesleep word en jy jou vars vis koop soos hulle land. Daar stop ons toe by so n windverwaaide kafeetjie wat met sy voete in die waters van die Stille Oseaan staan. Die bejaarde kelner wuif ons nader na die paar tafeltjies met hul rooi geruite doeke oor en waarop die sout en asyn klaar reg staan. Met goeie rede gaan sit ons naby die enigste ander twee gaste. Soos ons verwag het, is die spyskaart en die kelner net Spaans magtig. Ons moes toe maar ons gewone truuk uithaal deur te loer wat die paartjie langs ons bestel en dan daarna te wys as ons sien dis naastenby wat ons in gedagte gehad het. Hulle twee eet toe dieselfde vis. Gelukkig lyk dit toe darem baie soos ons stokvis. Met gebaretaal vra ek die kelner om vir my op die spyskaart die vis se naam te wys. So leer mens mos sodat dit jy kan herken op die volgende suiwer Spaanse spyskaart. Ek bestel toe die Corvino vir Annabelle. Vreeslik lekker. Amper soos ons geelstert. Onverskrokke druk ek my vinger op volgende naam op die spyskaart. Dit is Congrio. Gee my die een asseblief, gooi ek sommer in Afrikaans. Maak mos nie saak watter taal ek praat nie. Magtag mense, poks ek daai dag nou n lekker een! Sulke klein wit sappige ronde porsies om n sentrale graat. Eet behoorlik my vingers af. Van toe af, as dit by seekos kom, is dit altyd Corvino vir kamermaatjie en Congrio vir my. Eers baie later vind ek toe uit ek eet die hele tyd seepaling! Ek vra myself vandag nog of ek dit sou eet as ek vooraf geweet het. Hennie Greeff UITGEWER Onrusrivier pos@onsdorp.com

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 2 Om die kampvuur ` Kwinkslae oor die politiek As die Here wou gehad het ons moet stemreg hê, sou hy vir ons kandidate voorsien het. ~Jay Leno~ Die probleem met politieke grappe is dat hulle verkies word. ~Henry Cate, VII~ Ons straf klein misdadigers met tronkstraf, maar die grotes word regeerders. ~Aesop~ As ons een tiende kry van wat ons belowe word, sal ons nie hemel toe wil gaan nie. ~Will Rogers~ Politici is oral dieselfde: Hulle belowe om 'n brug te bou selfs al is daar nie 'n rivier nie. ~Nikita Chroestsjof~ Toe ek klein was, is ek vertel dat enigeen president kan word. Ek glo dit nou. ~Clarence Darrow~ Politici is mense wat, wanneer hulle lig aan die einde van die tonnel sien, heengaan en nog tonnel koop. ~John Quinton~ Politiek is die kuns om stemme van die armes en geld van die rykes te kry deur te belowe dat jy hulle teen mekaar sal beskerm. ~Oscar Ameringer~ Hier is 'n winskoop vir my teenstanders: As julle ophou om leuens oor my te vertel, sal ek ophou om die waarheid oor julle te vertel. ~Adlai Stevenson, 1952~ 'n Politikus iemand wat jou lewe vir sy land sal opoffer. ~ Tex Guinan~ Ek het besluit dat politiek heeltemal te belangrik is om in die hande van politici gelaat te word. ~Charles de Gaulle~ Pleks van politici die sleutel tot die stad te gee, moet ons dalk liewer die slotte vervang. ~Doug Larson~ Om baie te lees, is skadelik vir onkunde. Sommer net lekker Afrikaans! Elke moer wil 'n aartappel wees - Almal wil die beste, mooiste, slimste of rykste wees. Nie ligte musiek wees nie - Nie maklik om uit te voer of af te handel nie. Nie sag kook nie (Namakwaland) - Moeilik of ongenaakbaar wees. Die dominee het ook al met oom Jan gaan praat, maar hy's mos nou nie iemand wat sag kook nie. Kortsokkie - Groentjie, onervare. Jy kan nie nou al wil baasspeel nie, jy is nog te kortsokkie hier. (Laat mens ook dink aan Kortbroek - Kortbroek van Schalkwyk.) Windbrood - Goedkoop brood met min voedingswaarde. Kermkoop - Aan iemand (veral 'n kind) se geneul toegee en teësinnig iets koop. Kakistokrasie - Heerskappy van die slegtes. Jy skop net klein klippies rond - Jy hou jou op met onbenullighede. Norring - Klomp. Hier kom hy met sy norring kinders. Elke donkiemerrie dink haar vul is n resiesperd - Elke ma dink haar kind is die mooiste of slimste of beste. 'n Kooltjie vuur kom haal n blitsbesoek aflê: Ek wou hê hulle moes langer kuier, maar hulle het nou regtig net n kooltjie vuur kom haal. Jou kuite styf trek Jou opsigtelik) vererg. Moenie jou kuite vir my kom styf trek nie, mannetjie! Semelgat Hy is 'n regte semelgat (nuttelose, goor persoon).

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 3 Duskantlander in Anderkantland Opgeneuk en aan die sing Daniël Bezuidenhout, 'n vrou van Namibië, skryf uit Ghana. D is 1976, ek s n haasbek sewejarige met bokstertjies en ons woon in n grasdakhuis in Lyttleton in die Jakarandastad, met n pruimboom wat groei in die tuin. Saans kook my ma twee emmers water vir n bad vol water. Dan jaag sy ons drie deur die bad voor die water koud word. Ek skool by Juffrou De Wet in Fleur Laerskool sy s kwaai en nie so mooi soos my ma nie. Als is eenvoudig, oom Niel het oor die Maan geloop en die lewe is n lied. My ma slaat my gat aan die brand want my perskebloeiselkroon verstop die badwater se uitloop. My pa is n superheld want hy het n televisie in die sitkamer kom neersit. Ons stoei onder mekaar vir die beste plek op die mat. Lank voor ses-ur sit ons blinkgeskrop in pajamas soos drie groen ertjies ingeryg op die mat en asem ophou sodat die programme kan begin. Die lewe is fantasties; Elvis ruk-en-rol en almal leer n paar woorde Engels en om te jive. Juffrou De Wet stuur n briefie huis toe: Ons het die piepklein groen pruimpies skool toe gebring om alies mee te speel. Al drie van ons se boude brand voor ons bed toe is. Saans kry ek nagmerries oor benoudheid van die Voetskroeiers wat ons op TV gesien het. Hulle is gevaarlike rowers wat jou in die nag besteel en dan jou voetsole voor die kaggel tot blase verskroei sodat jy hulle nie kan agternasit nie. Deur die dag hol ons deur die tuin met pruimboomtakke aan die arms vasgemaak soos Knersus dievlermuis se vlerke. Die lewe se deuntjie karring aan. Juffrou De Wet sê ek slaap in die klas en ons moet nou voor die nuus in die bed wees. My pa neuk ons gatte oor die takke wat rondlê in die voortuin. Die polisie het my langs die pad opgelaai en weer by die huis kom aflaai. Met my nagklere en inkleurkryte in my kussingsloop toegeknoop het ek weggeloop om Liewe Heksie en Blommie te gaan soek en haar te bespuit teen Geel Gifappeltjies. Juffrou De Wet sê ek leef in n droomwêreld en ken Elvis se liedjies beter as my tafels. As niemand my sien nie sing ek al sy liedjies kliphard onder die holte van die pruimboom se takke wat laag oorhang. Die bye takel my onder die pruimboom en ek hoef twee dae nie skool toe te gaan nie. Juffrou De Wet het in die vakansie Kaap toe getrek. Ek huil elke aand om by haar te gaan kuier. My pa sê dis te ver en sy is weg in n vliegtuig en die kaartjie is duur. Ek spaar al my tandemuisgeld want eendag gaan ek vir haar kuier. Iemand het die lied afgeskakel. My pa kom huis toe met n kitaar en speel die liedjies van Four Jacks and a Jill. Ons oes al die pruime wat oor is op die pruimboom en lê op n kombers en kyk op na die sterre. Eendag wil ek ook op die maan gaan rondstap, ek dink dis waar die tandemuis woon. Party mense is maar net gebore met n jeukerigheid onder die voetsole. Ek het wel in die Kaap uitgekom want my ouers het ná baie rondswerf in die Wes-Kaap gaan vestig. Elvis se legende leef voort, maar my pa se vlam is lankal uit. Wanneer laas het ek n pruimboom in n tuin gesien? My eie kinders het nog nooit eens één pruim vanuit n boom kon pluk en eet nie. Jare lank swerf ons gesin heen en weer oor Afrika se bodem. Die lewe speel n heel ander lied. Deesdae sluit hulle jou toe as jy jou kinders neuk oor stoutigheid. Maar as jy dit nié doen nie, jaag hulle so aan dat die polieste húlle eendag toesluit. So dan eerder ek; ek streep my kroos sodra hulle karring vir n drag slae. Vanmiddag kom my seun huis toe met n kitaar soos Elvis sin wat hy so oor die heup swaai. Hy speel sy eie lied. KAMPERING Wanneer jy kampeer, bestee jy 'n klomp geld vir die voorreg om soos 'n daklose persoon te leef.

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 4 Giggels As jy 'n giggel wil deel, vonk dit aan pos@onsdorp.com OOR EN UIT VERLOWING Jong seun aan sy pa: "Pa, wat is 'n verlowing?" Pa: "My seun, dis moeilik. Kom ek verduidelik so: As ek vir jou 'n fiets vir Kersfees koop, mag jy hom nie voor Kersdag ry nie. "Maar jy mag intussen darem sy klokkie lui." TROTSE VADER Fred as nie die skerpste mes in die laai nie, maar met die geboorte van sy eersteling het hy ewe spoggerig sigare uitgedeel. "En wat het die seuntjie geweeg?" "Een komma ses kilogram," sê hy trots "Dis nie baie groot nie, weet jy?" "Ja," sê Fred, "maar jy moet onthou, ons is nog net drie maande getroud." PASOP VIR SING! Moenie in die stort sing nie. Sang lei tot dans en as jy dans, kan jy gly. En dan sien die paramedici jou kaalgat. ONINGELIG Klein Koos kom huis toe met 'n 0 op sy rapport vir geskiedenis. Groot Koos is baie kwaad, en gaan spreek die onnie. "Meneer, watse k@k is dit dié dat jy my seun 'n nul gee vir geskiedenis?" "Meneer Van der Merwe, wat sou jy hom gegee het as hy nie eens weet Jan van Riebeeck, wat aan die Kaap geland het, is dood nie?? "Maar, Meneer," verduidelik Groot Koos. "Ons bly in Brakpan, ek het self dan nie eens geweet die ou is siek nie." BLY VER WEG! Hierdie krediet verskyn op die skerm in die TV-reeks Vikings. Die man moet dalk liefs uit Suid-Afrika wegbly. GROOT VERSKIL "Wat is die verskil tussen 'n donderstorm en 'n spoedlokval?" "In 'n donderstorm kan jy die bliksem sien." ` ANDY CAPP deur Smythe ` ` Komaan, julle twee! Opskud! Ma borsel net gou haar tande! Hoekom vat dit so lank? Sy soek hulle nog!

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 5 Uit die Wakis Stories vir die vaak Sê nou hulle het Joodse ma's gehad Wat sou hulle gesê het? MONA LISA se Joodse ma: "Ná al die geld wat jou pa op draadjies bestee het is dit jou beste glimlag?" CHRISTOPHER COLUMBUS se Joodse ma: "Ek gee nie om wat jy ontdek het nie, maar jy het nie vir my geskryf nie." MICHELANGELO se Joodse ma: :- "Jy het 'n plafon geverf? Was dit nie soos ander kinders se skilderye goed genoeg vir 'n muur nie? Weet jy hoe moeilik en duur dit is om 'n plafon skoon te maak?" NAPOLEON se Joodse ma: "Is jy besig om jou skoolrapport weg te steek? Wys my! Haal jou hand uit jou baadjie en wys my!" THOMAS EDISON se Joodse ma: "Oukei, ek is baie trots op jou dat jy die gloeilampie uitgevind het. Sit nou die lig af en gaan slaap!" BILL GATES se Joodse ma: "Ek sou dit verkies het dat jy 'n dokter geword het." BILL CLINTON se Joodse ma: "Wel, daai Monica Levinsky was darem 'n goeie Joodse meisie." Uit Kammanuus 207 April 2007 ROELFIE SLAAT RAAK Mense wat Kammanuus al lank kry, sal dalk hierdie rubriek deur Roelfie onthou. Hier was sy siening van die nuwe parlementêre embleem: JULLE sal onthou dat Roelfie belowe het hy sal kom wys hoe die volkiesraad se nuwe embleem lyk. Wel, hier is hy 'n konka waaroor die son besig is om onder te gaan (is dit simbolies van die land?) met ses koppe wat probeer inloer wat daar vandag te ete is. En die leuse: We the piepols. Roelfie is darem jammer die nuwe wapen is nie 'n pappot nie - iets wat ons almal gebruik, al is dit om potjiekos in te maak. En daar word hoeka meer geëet as gewerk in die volkiesraad.

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 6 Min mense kry die antwoord reg! Kyk onderaan bladsy 7. Semelgat Van Graan Daar was 'n ou semelgat Van Graan, wat liewer wou plat sit as staan. As sy vrou hom wou stuur leun die ou teen die muur en sê maar hy voel glad te gedaan! Motorwag 'n Besoeker aan Kaapstad parkeer sy motor naby die Kompanjiestuin. "Ek draf net gou oor die straat, sal jy asseblief 'n ogie oor my motor hou?" vra hy 'n man wat daar rondstaan. "Wat?!" sê die man ontsteld. "Besef jy ek is 'n lid van die parlement?" "Ag, dis orraait," sê die man, "ek dink ek kan jou darem 'n rukkie vertrou." Ou Abie se ontydige versoek Ou Abie lê op sy sterbed en die dokter sê dat hulle maar die kinders moet laat kom - ou Abie sal nie die volgende dag haal nie. Die ou is op 'n kol in 'n beswyming en kom by en sien sy dogter, Rebecca, sit by sy bed. Hy sê: "Hello Bekkie, wot am I smellink? Is it not appple stroedel?" "Yes, daddy", antwoord sy. "Mommie is baking apple stroedel." Abie: "Ag please, Bekkie, go and ask mommie to give me a piece of de stroedel." Rebekka gaan uit en kom terug. "Sorry daddy, mommie says you can't have any apple stroedel. Ist for de funeral." DIE meeste mans oor 40 speel jukskei. Eers juk hulle, dan skei hulle.

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 7 Koerantopskrifte wat jou laat proes Teksredakteurs se diaboliese dubbelsinnighede het deur die jare vir gedenkwaardige opskrifte in koerante gesorg. n Opskrif destyds nadat Gladys Steyn, laaste SAP-kandidaat in die Vrystaat, in n verkiesing teen die NP uitgeval het, het baie vermaak verskaf. By die koerant skryf n subredakteur met diaboliese dubbelsinnigheid die volgende opskrif by die berig, Gladys sit pot mis; hele Vrystaat Nat. Dubbelsinnigheid dit is een van die skerpste wapens in die vernuftige kopskrywer se arsenaal. n Konserwatiewe redakteur het in sy spreekwoordelike graankos gestik toe hy in groot swart letters bo n ontleding van Rusland se uitbreidende invloed op die vasteland in sy koerant lees Moedertjie Rusland staan wydsbeen oor die horing van Afrika. Koerante kan self in n gat trap. Die Cape Times wou met die koninklike besoek in 1947 n bietjie plaaslike kleur in sy verslag bring. Op sy voorblad lees die opskrif dat die goeie mense van Beaufort-Wes koning George op hul dorp verwelkom het met die kreet Hoere, hoere, hoere vir die koning. Die ontbrekende kappie op die e het die stomme Engelse subredakteur sy naam krater laat maak. Dit moes natuurlik "hoerê" of "hoera" gelees het. 'n Verrassende een uit die New York Post word ook gereeld aangehaal: Headless body in topless bar. En dan was daar ook hierdie pryswenner oor Prinses Diana se tragiese dood toe haar bestuurder in 'n sementpilaar vasgery het: Woordspelings is n gewilde tegniek. Idiome word byvoorbeeld verbeeldingryk omvorm. n Klassieke kop in daardie trant was bo n berig oor die bedenklike kwaliteit van die Russiese weermagstewels wat gelui het: Russiese sool is die kous nie werd nie. In dieselfde kader (bo n storie oor n dronk treindrywer) het gestaan: Trein ry op twee rye spore na stasie. Dan moet die drukkersduiwel net nie met die naam kom lol nie. In die dae van warm lood in koerantsetterye is opskrifte in spesiale vormpies uitgepak. Soms is dit verkeerdom gedoen. Wat op aarde beteken Erg skitter Dicky Brob? Ruil die twee stukke lood om. A-a-a, Dicky Broberg (bekende atleet) skitter! 'n Paar jaar gelede, toe die onderonsie tussen Jurie Els en Robbie Klay groot aandag getrek het. Klay het die sanger (hy is die man van die Olimpiese hoogspringer Hestrie Cloete) onwelvoeglikheid beskuldig het Die Burger se koerantplakkaat dit in groot, swart letters en met goeie woordspeling uitgeskree: Jurie speel met Klay. (Klay het in die lang hofsaak uiteindelik erken dat hy oor die beweerde seksuele dade gelieg het.) JURIE SPEEL MET KLAY Ouer lesers sal ook Die Landstem onthou wat op Vrydae verskyn het. So het die koerant een keer 'n kompetisie vir 'n gevorderde naaimasjien gehad. Dit word toe gewen deur 'n vrou wat baie lank gesukkel het om swanger te raak. Die opskrif lui toe: VROU JARE LANK KINDERLOOS Wen nou nuwe naaimasjien ANTWOORD OP WISKUNDE SOM Dis 'n swak probleem. Die antwoord kan eintlik enige iets kan wees want daar word n nuwe voorwerp (een bierbeker) ingebring waaraan geen vorige waarde toegeken is nie. 1 bottel = 10 ; 1 hamburger = 5 ; 2 bierbekers = 2 ; 1 bierbeker is enige waarde want daar is geen vorige vergelyking waaruit dit bereken kan word nie.

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 8 Stamboom ONSDORP se afdeling vir familiesoekers LOUW Die maand se eerste vanne ontvang: Coetzee elaineacoetzee@gmail.com Beide my pa se ouers was Coetzee. Johan Henry Coetzee (1888-1957) getroud met Agnes Caroline Coetzee(1888-1942). Johan se pa was Pieter Coetzee (my brickwall) en Agnes se pa was Godfried Coetzee. Nel dirknel@telkomsa.net Ek soek na oupa se graf ook (Dirk Johannes Nel )familie. Ek dink hy is in die 1930 op 45 oorlede. Van Rhynsdorp/Vrededal begrawe. Ouma begrawe op plaas Voorbaat, Ladismith, Kaap. Nortje tspvdw@absamail.co.za Was predikant in Waverley ongeveer 1949. Sy dogter het BMus studeer op stellenbosch. Sy het ongehude baba gehad in 1949 wat vir aanneming gegee is. Nog vanne wat aangemeld is: Müller, Goosen, Leslie, Struwig, De Villiers, De Klerk, Ungerer, Pretorius en Swart. Gaan na www.onsdorp.com/stamboom en kyk uit vir jou eie van. KORT VOOR KRISMIS Kort voor Kersfees het Meraai vir Gatiep gebel. Die gesprek het so verloop: Meraai: "Hello my outjie dis ampe Chrismas, nuh." Gatiep: "Hello sweety pie. Ja ek is so excited." Meraai: "Kan jy vir my 'n tablet koop asseblief?" Gatiep: "No problem, Engel. Panado of Nurefen?" Meraai: "Nei, Skat. Ek mean 'n Samsung tablet want dus mos ampe Chrismas" Gatiep: "Djirre Meraai, dus mos Jesus wat verjaar, nie djy nie! Vrou se oepsie laat vliegtuig omdraai 'n Amerikaanse vlug van Washington na Dallas het 'n noodlanding in Nashville, Tennesee gemaak nadat passasiers oor 'n vreemde reuk gekla het. Die FBI het opgetree en die passasiers ondervra. 'n Vrou het erken dat sy 'n wind gelos en 'n vuurhoutjie getrek het om die reuk te verbloem. Sy is van die vliegtuig verwyder. "American sal sorg dat sy vir 'n baie lang tyd nie weer vlieg nie," het 'n woordvoerder van die lugdiens gesê. Sy is nie aangekla nie, hoewel dit teen die wet is om 'n vuurhoutjie op 'n vliegtuig te trek. Dinge wat polisiemanne sê Hier is 'n paar opmerkings wat in Amerika van polisiemanne opgeteken is: # "Ontspan. Die handboeie is styf omdat hulle nuut is. Hulle sal uitrek as jy hulle 'n ruk gedra het." # "As jy jou hande van die kar afhaal, sal ek jou geboortesertifikaat 'n waardelose dokument maak." # "As jy probeer weghardloop, gaan jy net baie moeg by die tronk aankom." # "Kan jy vinniger as 1200 voer per sekonde hardloop? Vir jou inligting, dit is die spoed waarteen my 9 mm se koeëls trek." 'n Goeie feetjie tik Julius Malema met stokkie oor sy kop en sê: "Nou het jy vlerke." Julius kyk, sowaar, hy het vlerke. "Is ek nou 'n engel?" vra hy. Feetjie: "Don't push your luck, jy is nou 'n brommer."

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 9 AGTEROS Net voor uitspantyd Die Baaiskoup Blinde Sambok Cape Epic Die Cape is Epic sonde Die invloedryke rolprentman Jans Rautenbach is onlangs oorlede. Hier is 'n geskrif wat hy nagelaat het oor die begin van sy loopbaan. S oos n slang wat spoeg het sy pa vir hom gesê: Baaiskoup is sonde," skryf Jans Rautenbach in sy tweede storie in die reeks van sy ongepubliseerde verhale. What did you say his name was, vra Hymie Kirsten, Killarney se grootbaas, die laaste pofadder van Isidore Schlesinger se sterwende rolprentreus. Jans with an es, antwoord Emil Nofal, die gasheer. Die uithang- langrok- en aandpaklywe in die Carlton se foyer staan hom toe. Ons hoor hulle skuins skrams waar ek en Almeri en ma, Rautie, die legendariese Rykie van Reenen en haar Sondag-Beeld-kollegas omhels. Where does he come from? I found him in jail... Hymie snap nie mooi nie: He studied movies at Yale...!? No, he s a jailbird from prison... Swier- en plesierkollegas om Emil vries soutpilaar. Hy druk die naald n entjie dieper: He s a proper Boksburg-boerebandiet. Dis Die Kandidaat se gala-aand. My eerste fliek, eerste baba. Buite swaai soekligte die nag in. Kameras flitslig gaste die rooi tapyt op. Dames kry eksotiese parfuum, manne Havanna-sigare. Strikdasstudente skink sjampanje. Kort rokkies bedien gaste met hoë happies. Almal groet en ontmoet. Die wie s wie van Afrikaanse sake in Johannesburg klink glasies. André Pieterse van Sterfilms, Sanlam se pronkpou, betaal. Asseblief, Pappie, seblief? Ek sê nee, en my nee is my nee! Dis Quo Vadis, n Bybelse prent vannie Israailiete, en van Moses... met Jesus innie riete. My pa se moer roer dik: Hoor jy my nié?! Laaste soebat: Net hierie een keer. Mammie en Pappie kan saam na Jesus kom kyk, 'seblief, Pappie? Hy het sy hele lewe lank fiets getrap myn toe en terug. Somer en winter. Ses dae n week. Sodat ons kon lewe. My pa vou Die Landstem op sy skoot versigtig toe, want dis ou Hentie langsaan se koerant wat hy Sondae leen om te lees en ek moet dit netnou terugvat. Oom Nico oorkant moet dit ook nog kyk. En daarna ant Drien in nommer 14 wat resepte opgaar. Hy staan op, sit Die Landstem rustig, eintlik té rustig, op die bankie op die rooi sementstoepie neer, stap verby die varing in die groen drom, en stop by die sifdeur. Hy draai stadig om en kyk my op en af of ek paddaslyk is: Dis innie Bybel geskryf. Jy sal geen gelykenis van die mens maak nie, van niémand nie, en nie van tie Here in die hemel nie. Die woord van God sê jou regyt, wee diégenes, want hulle sal ewig innie vagevuur uitbrand! My pa was nog nooit so woedend nie. Soos n slang wat spoeg: Baaiskoup is sonde. Dis die witwarm hel. Jy sit nooit nie, nooit óóit jou voete daarin nie! Hy het nie meer n stem nie. Sy gesig is gryswit soos kryt. Ek het dié aand laat Mammie met nannies koepêla en tweevingers spoeg op my hart belowe dat ek Pappie tot in die graf sal eerbiedig. Hy was sewe-en-veertig

Kammanuus 16 Januarie 2017 Bladsy 10 toe ek gebore is. Hy kom uit n ander tyd, lank voor bioskope. Hy het in Patensie met sy stamvader se Statebybel geleer. In Hooghollands. Alles wat n mens op aarde moes weet, was daarin. Ook n prent van die sondeval. Op twee-en-sewentig het hy hygend, roggelend aan myntering gesterf. Ons het sy kis graf toe gedra. Ek en my broer Gert heel voor. Die klokkies lui, ons moet ingaan. Die bioskoop gaan begin. Ek en Almeri in haar pragtige smaraggroen aandrok sit in die uitverkore ry. My ma, wat nou kos kook vir Jamie Uys se filmspan, sit net so deftig aan my linkerkant. Emil stap onder luide handeklap die verhoog op: It is my very special honour to welcome you tonight at the premiere of a milestone in our film history. I am the producer of Die Kandidaat, directed by our youngest filmmaker, somebody that nobody has ever heard of before, ever. Daar kom sy stout Libanese glimlag weer: Someone five years ago a prison warder, now my partner. Staan op, Jans. Ek staan. Draai agtertoe en vorentoe. Mammie neem my hand styf. Die eerste applous in my lewe sny my hart oop. Ek gaan sit. Bewoë. Die ligte doof. As Pappie maar net vanaand hier kon wees... KAMMANUUS het sy maksimum verspreidinggrootte bereik, maar as jy op hierdie skakel klik, kan jy KAMMANUUS EKSTRA maklik self aflaai: www.onsdorp.com/ekstra.html