Sy plaas is later waardeer op 8000 guldens, en sy melk en trekbeeste op 3000 guldens.

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Direkte en indirekte rede *

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BenguFarm Bestelvorm

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Hoofstuk 16 ( )

Tariewe

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Tariewe

Deel 4: Die Venter voorgeslagte

SIZA takes the sting out of auditing

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Dialoog en paragrawe *

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Inhoudsopgawe Boy Booysen

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

VAN TAFELVALLEI NA VERGELEGEN: DIE LEWE EN WÊRELD VAN ANNA MARGARETHA SIEK (1695-c1771)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Mosselbaai Munisipaliteit

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

The Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers PROCEEDINGS AT THE THREE HUNDRED AND FIFTY-SEVENTH GENERAL MEETING.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

HOOFSTUKI AMPSWONINGS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

ʼn Droewige laslap op die voos kombers van onreg : ʼn Statistiese analise van konsentrasiekampbewoners

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

Nieu Bethesda. March deurkom huistoe.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Rubriek vir skeppende werk

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Volume 2 No 4 Oktober 2006 VOORHEEN BEKEND AS: TROMPSBURG

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

ENIGE LOS GEDAGTES OOR BEROEPSOPLEIDING

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

Transcription:

Vredenburgh Hendrik Elbertz eerste eienaar van Vredenburgh. Hendrik is gebore 1625 in Osnabruk Duitsland, oorlede 1699 Stellenbosch Getroud met Aletta ter Meulen (Molen) van Schuttorf in Hanover. Nege kinders van wie agt Hendrik oorleef het is uit die huwelik gebore. Hendrik Elbertz was een van die 9 amptenare wat op 21.2.1657 vrybriewe van die Kompanjie ontvang het, en wat een van die eerste selfstandige boere aan die Kaap geword het. In Mei 1660 is hy benoem tot Korporaal van die Vryburgers wat langs die Liesbeeckrivier gewoon het. Op 31.1.1678 het Hendrik sy ontslag uit die V.O.C se diens geneem en die Veepos by Hottentots Holland gehuur, en sodoende een van die eerste veeboere in die binneland geword. (Hottentots Holland veepos staan vandag bekend as Vergelegen) Toe die Kompanjie einde 1680 Hottentots Holland as buitepos oorneem, het Hendrik Elberts Januarie 1681 op sy plaas Vredenburgh langs die Eerste rivier gaan boer. Sy plaas is later waardeer op 8000 guldens, en sy melk en trekbeeste op 3000 guldens. In Augustus 1682 deel van der Stel die Politieke raad mee dat daar nog allerlei geskille oor plaasgrense en openbare paaie in Stellenbosch omgewing voortduur. Heemrade van wie Hendrik Elberts een was, word aangestel om probleme op te los. Die vroegste gedateerde afbeelding van n Stellenbosch woning (1686) verskyn op die grondbrief van die plaas Vredenburgh by Vlottenburg, uit die pen van Johannes Mulder, die dorp se eerste Landdros en Landmeter. In 1687 was in Stellenbosch omgewing alreeds meer as 109 000 wingerdstokke, en in 1692 meer as 233 000. 24 Januarie 1691 word die plaas Vredenburgh aan Hendrik Elbertz toegestaan deur Goeweneur Simon van der Stel. 62 Morg. Na Hendrik se dood in 1699 het sy seun Izak die plaas ge-erf. Op 22.7.1716 erf Izak se susterskind en haar man, Johannes en Geertruy Wessels die plaas. 5.11.1716 koop Johannes Wessels ook die buurplaas Vlottenburg, by Antonie Vlotman. Na

Johannes se dood trou Geertruy met Jan Cloete in 1719. Op 30.11.1734 koop Geertruy Cloete n gedeelte grond van weduwee v.d.bijl (Toegestaan aan Izak Van der Hiet 24 Oktober 1689) Hierdie is n belangrike gedeelte in die geskiedenis van Vredenburgh, dit is waarop die Hoofhuis gebou is. Na weduwee Cloete verwissel dit n paar keer van eienaars, Johanns Loubser 1742, Matheus Guillamet 1743, Jan de Villiers 1756, hy en sy vrou Aletha (gebore Hugo) word op 25 Julie 1761 deur n slaaf vermoor. Herculus Adriaan Malan 1761 Paul Roux IV koop die plaas op 6.5.1772 (Vredenburgh self het tot 1942 in Roux besit gebly 170jaar) Paul Roux bou die hoofhuis in 1789 1811 is n Raad aangestel, voorstelle vir die verbetering van wingerdbou en wynbereidings metodes. Twee vooraanstaande boere Paul Roux van Vredenburgh en Pieter van der Bijl albei van die Stellenbosch omgewing, het alreeds beter boerdery metodes toegepas. 13 Maart 1818 koop Paul IV nog n gedeelte by. 30.7.1824 verdeel Paul Roux IV die plase: Vlottenburg aan sy oudste seun Paul V (ook genoem die Wynkoper ) Vredenburgh aan sy derde seun Jacobus Petrus (Koos Witkop) JP Roux was was die 4de mees welgestelde wynboer in Stellenbosch distrik. Die getal wingerdstokke 1825 op die plaas Vredenburgh 110 000 108leers (62316 liter) -wynproduksie en 2 leers (1154liter) brandewyn J.P Roux koop nog n gedeelte by 4.8.1831 1861 word Vredenburgh in twee verdeel, Vredenburg Restant en Goedvertrouw word aan Paul Jacobus Roux gegee. Johan Wilhelm Herold Roux (Afrikaner Jood) erf die plaas 31.12.1897, hy was getroud met Nettie Neetling. Hulle het geen kinders gehad nie. Tielman Neetling het vanaf 1917 op die plaas gewerk, hy was die broerskind van Tannie Nettie Neetling.

Geboue Tielman Neetling koop die plaas op 21.12.1942 vir 22000 pond. Hy was bekend vir die maak van kwaliteit Port en Sherries, wat uitgevoer is onder die Gilbeys embleem. Toe sy seun Johan plaas in 1962 as Landgoed wou registreer het hy uitgevind die naam behoort aan die Gilbeys groep, hy het toe op die naam Vredenheim besluit. Johan was bekend vir kwaliteit Cabernet Sauvignon. Coen en Rikie Bezuidenhout koop die plaas in 1986. Hulle dogter Elzabe het begin wynmaak, en was die eerste vroulike wynmaker in die Stellenbosch wynroete. Coen Bezuidenhout is in 2005 oorlede. Sy seun, dogter en kleinseun het voortgegaan met die bedrywighede van die plaas. Kowie du Toit voormalige wynmaker van Vlottenburg kelder( vandag Stellenbosch Hills) is die huidige wynmaker. Hoofhuis Gebou in 1789 deur Paul Roux. Dit is in 1975 tot Nasionale Monument verklaar.

Geuwel Sy buitelyn bestaan uit 'n reeks kurwes, met die onderste paar wat die geuwelaansig binneswaai, terwyl die ander opswaai om in 'n sentrale skulpagtige motief te eindig. Daar is ander liefelike versiersels in bas- relief voëls met pluimpies in hulle bekke, blomme en wat lyk na die gesig van n klein mannetjie die geheel treffend soortgelyk aan die voorgewels van beide Idasvallei 1789 gebou en Hazendal,1790 gebou Dit maak die veronderstelling moontlik dat dieselfde ambagsman vir al drie verantwoordelik was. Daar is nog n gewel, aan die agterkant van die huis, minder ingewikkeld maar ewe mooi. Die huis is in n H-vorm gebou. Alhoewel die binnekant baie verander is, bestaan daar steeds n mooi skerm tussen die voor en agterkamer. 1920 Soos baie ander ou Kaapse huise, het dit kwaai gely onder die Victoriaanse invloed, die rietdak is met sinkplaat vervang, n stoepafdak kompleet met gietyster en latwerk is bygevoeg en die oorspronklike voordeur is in n buitegebou ingebou Die pragtige laat-holbolgeuwel gedateer 1789 het nietemin behoue gebly. Die huis is ongeveer in 1940/41gerestoureer, Mev Neetling (v.v Tielman Neetling), vertel dat hulle in die oorlog die huis betrek het en dat dit toe moeilik was om dit te restoureer, omdat al die nodige material nie beskikaar was nie. So was hulle byvoorbeeld baie gelukkig om by n nabygelee steengroef net die regte onegalige soort teels te kry wat vir die voorstoep nodig was. Anders as die meeste wonings uit daardie tyd het Vredenburgh se opstal nie Bataafse teels in die ingangsportaal nie, maar swart leiklip. Vredenburgh se vensters het nog die oorspronklike klein ruitjies van handgemaakte glas, maar die hortjies is met verloop van tyd vervang.

Volgens San Vivier (kleindogter van Tielman Neetling) is die es (oond) blykbaar nie op die regte hoogte ingebou nie. Sy sê ook haar oupa het plaasvolk na Groot Constantia geneem en aan hulle die huis daar gewys, sodat hulle n idée kan kry van hoe hulle die huis gaan restoureer. Van die oorspronklike meubels is vandag nog in die huis. Staanhorlosie. Ingeboude vertoonkabinet. Ander geboue Links agter die Hoofhuis is daar n ander buitegebou met end geuwels, waarskynlik gebou voor die hoofhuis. Dit is slegs een van enkele voorbeelde van in "curving" geuwels. Ander voorbeelde, is Vergelegen gebou in 1701, en Nooitgedacht in 1774. Dit is baie ongewoon en raar om sulke swaar geuwels as end geuwels te gebruik.

Volgens mev Santie Vivier (d.v Tielman Neetling) het haar pa van die vertrekke gebruik as wynkamers. Daar is ook n boog ingebreek om die kelder makliker te bereik. Vandag word dit hoofsaaklik as n woonhuis gebruik. Kelder Die kelder is in 1950 afgebreek en herbou op dieselfde plek as die ou kelder. In 1986 is daar eers n stoep aan die een punt van die kelder gebou, wat toe later weer toegebou is vir n Restaurant. (Restaurant Barrique). Die binnekant is ook verander in n funksie lokaal asook n wynproe area. Van die ou sement wyntenks is oopgemaak om kantore te huisves. Die plaas skuur langs die kelder is in September 2002 verander in n koffiewinkel Hudson S, asook n funksielokaal. Die vleie agter die gebou is ook omskep in tuine met die asemrowendste uitsig op die Helderberg. Asook n liefelike visdam. Interessanthede 1806 Slag van Blouberg, genl Jansen se troepe word verslaan by Blouberg deur die Britte, hy en n paar van sy troepe vlug, weg van Kaapstad, en hulle oornag op Vredenburgh plaas. Daar is n groot dubbelverdieping gebou, wat in 2006 deur die Bezuidenhout familie gerestoureer is en omskep is in woonstelle. Die gebou is in die veertigerjarige deur mnr Tielman Neetling gebou, en was deel van die Tokai verbetering skool. Die meer gereabiliteerde studente is uitgeplaas hiernatoe. Die gebou langs die dubbelverdieping was die kantoor, kombuis en dan was daar ook n chill vertrek, vir wanneer die studente weggeloop het en hulle weer gevang is, hulle is daarin geplaas tot die volgende dag wat hulle teruggestuur is Tokai toe. Hulle is opgedeel in spanne om op die naburige plase te werk, mnr Neetling was geregtig op n kwart van die mense. Hulle dagloon was 7en n sikspens. Mev Rena Roux van Vlottenburg se hulle het gereeld baie fietse in die plaaslike dam gekry, wat die studente waarskynlik in die dorp gegaps het en terug plaastoe gery het daarmee, en het dit dan sommer in die dam gegooi. Die skool het omtrent net tot in 1958 bestaan en het toe tot nietgegaan. Mnr Albertyn was tot 1950 die hoof, Mnr Horten Griffits tot 1956 en Mnr Carstens ongeveer twee jaar. Mnr Tielman Neetling was ook onder andere n melkboer. Hy het ook Gladiola en Affodille bolle ingevoer van Holland af, die blomme is ge-oes en dan na Kaapstad gestuur. asook na

Adderley straat. Die studente kon van die oorskot blomme verkoop vir ekstra sakgeld. Waar die Vlottenburgh kelder (Stellenbosch Hills) vandag is was n plaaswinkeltjie, Saphiro, 'n Duitse-Jood. Hy het n uitstekende kennis gehad van beeste. Op n keer het hy n kalf van oom Tielman gedokter wat oom Tielman gesê het hy sal dit nie maak nie. Na n paar weke was die kalf springlewendig. Voor die hoofhuis is twee kannonlope, en in die tuin naby Barrique 'n groter een. In Desember 2007 word die drie kanonne geidentifiseer as 292,293 en 294 en word die twee kleineris skoongemaak en elkeen kry n nuwe staander deur mnr Jerry de Vries. Die kleiner een kan weer skiet. The larger gun is a cast iron 1 pounder by Bailey Pegg & Co. of Brierley Hill in England and dated about 1800-1830. The presence of the weight marking 2:0:21 indicates that it may have been in military service either at sea or with land forces. The smaller gun, when it was cleaned, revealed its true identity as being a 1/2 pounder cast by the Carron Co. of Falkirk in Scotland in 1782. The 1/2 pounder was never formally used by military forces, but was cast for merchant ship use, or for sale to the general public.