VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Hoofstuk 16 ( )

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Direkte en indirekte rede *

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Mandala Madness Deel 2

Inhoudsopgawe Boy Booysen

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

HOëRSKOOL PORTERVILLE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Tariewe

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

SIZA takes the sting out of auditing

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Dialoog en paragrawe *

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

The STRICKER Families in South Africa

Tariewe

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

FAMNEA. Briewe van Lukas Johannes van der Merwe vanaf Ceylon. GENEALOGIE n Jaar van ontdekking. DANIE THERON The memorial at Gatsrand

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

Rubriek vir skeppende werk

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Die Benade Familie in Suid-Afrika

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Kerssangdiens. SA Gemeente

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Sterdansers by Vensters.

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

Nieu Bethesda. March deurkom huistoe.

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van SA -Noordwes Tak Jaargang 9, uitgawe 3 FAMNEA

100 DIE GETATOEEERDE K"

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Deel 4: Die Venter voorgeslagte

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Hoe om krag te spaar

GENEALOGY OF JOHANNES PETRUS MEINTJES * ,

Hoofstuk 18 Johannes Janse van Rensburg (b1) (c.1709 c. 1775)

Transcription:

VOETNOTAS Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214 Lees binne Die Bassons van Simonsvlei in Simondium 1 Johanna Catherina le Roux née Basson 2 Johannes Basson van Simonsvlei 2 Jan Blom Basson 5 Matty Basson van Barberspan 8 Nuusbrokkies uit Roelandstraat se argief 11 Bleskop Memorial, Groot Drakenstein 12 Carl Friedrich Drège, Paarl s early 19th century apothecary and explorer 13 Stay in touch Website: www.drakensteinheemkring. co.za Facebook: facebook.com/heemkring Blog: wordpress.oudewoning.com Twitter: twitter.com/myheemkring Address: 214 Main St, Paarl Hours: Week days 10am - 12pm By appointment Die Bassons van Simonsvlei, Simondium Gerard en Adéle Tillema het onlangs die land deurkruis op n 12-dag/ 4 000 km reis om antwoorde te kry oor Gerard se ouma se familie. Hier deel Gerard meer oor sy navorsing oor sy Basson-familie. Terwyl ek my oupa, Petrus Jacobus du Pré le Roux, aan moederskant nagevors het, het daar 'n belangstelling in die Bassons ontstaan. My ma het altyd vertel van die wonderlike Kersfees-vakansies wat sy en van haar broers en susters by haar ouma en oupa, Petrus Jacobus Basson, in Ceres deurgebring het. Aan die een kant was die vraag van watter stoffasie is die gemoedelike vrou Johanna Catherina le Roux (gebore Basson) wat agter my oupa gestaan het? Aan die ander kant was die vraag hoe sit die klomp Bassons, wie se name ek ken, inmekaar? Die stories oor die eerste Bassons, Arnoldus en Ansiela is redelik goed bekend: Arnoldus, wat op 31 Maart 1647 gedoop is in die Willibrordi Dom, die evangeliese stadkerk in die Hansestad Wesel, het in1698 in Kaapstad gesterf en sewe kinders by sy vrou, Ansiela, nagelaat. Ansiela van Bengale, sy vrou, was 'n voormalige slavin uit Noord-Oos Indië, wat vandag waarskynlik Bangladesj is. Ansiela was aanvanklik een van Jan van Riebeeck se slawe en met sy vertrek uit die land is Abraham Gabbema opdrag gegee om haar vry te koop. In die vrylatingsdokument van 13 April 1666 word aangedui dat haar kinders ook vrygestel word. Behalwe vir haar kinders by die slaaf Domingo, het sy nog drie buite-egtelike kinders: Anna de Koningh, en Jacobus en Johannes Van As gehad. Ná haar huwelik met Arnoldus Basson het sy nog sewe kinders gehad. In die 22 jaar na Arnoldus se dood het Ansiela die boedel wat sy by haar eggenoot geërf het, meer as verdubbel na 15000 gulde. Wat volg is wat ons behalwe vir stamboominligting tot dusver uitgevind het. 1

My ouma, Johanna Catherina (Hannah) le Roux (neé Basson), skryf: My Ouma-Grootjie, aan moederskant, Maria Magdalena Smuts (Loedolff) had (sic) die begeerte om van die geld wat hulle gekry het vir die vrykoop van die slawe, vir elke kind 'n stel silwergoed soos vurke, lepels, ens. te laat maak. Haar suster was getroud met 'n skipskaptein (sic). Sy is toe saam met haar man op weg na Engeland om dit te laat maak, maar in Portugal is sy dood. Na 'n lange tyd het haar man teruggekom met die bestelde silwergoed, waarvan nog in die familie is met M-S daarop. Tienie 1 het 'n lepel, en Tina Smith (Basson) het 'n teestel. 2 Sy (Marie Magdelena) het 86 jaar oud geword en het haar verjaarsdag groot gevier, een jaar op Klawervlei distrik Malmesbury en een jaar op Babylonstoren distrik Paarl. Sy het vir elke kind en kleinkind wat teenwoordig was geld present gegee en so het hul getrou opgekom. Hier was vyf dogters hier in die Paarl en distrik getroud - 1.Gertruida *1813 was getroud met Adriaan Louw, Louis Louw se oupa, maar sy is met die geboorte van haar eerste baba dood. Die kind is later getroud met Prof. Hofmeyr van die Kweekskool, Stellenbosch. 2.Johanna Hendrika *1817 (du Toit) was Bertie du Toit en Hennie Strauss se ouma. 3.Hester Anna *18233, getroud met Albertus Johannes Basson van Kanonberg distrik Moorreesbburg. Haar man was maar 28 jaar toe hy dood is. Sy bly toe agter met drie seuns Johannes 4, Marthinus 5 en Albertus 6. Sy het toe by haar suster kom woon op die plaas wat nou aan Back behoort en is later getroud met Johannes Albertus Louw van Simonsvlei. Hulle het toe die eerste jare op die plaas van mnr Danie Joubert (Klein Simonsvlei) gewoon, en later op Simonsvlei. Daar is drie kinders van die tweede huwelik, Aunt Sophy, Aunt Mokkie en ook 'n seuntjie wat met 'n ongeluk doodgeskiet is. 4.Maria Elizabeth *1824, getroud met Johannes Wynand Louw van Babylonstoren Van Velden se oupa. 5.Maria Magdalena getroud met Hendrik Louw. Hulle het op Back se plaas gewoon. Dit is die grootouers van Eric Louw. Louis se oupa7en Van Velden se oupa 8 was broers en die ander twee Louws van Back se plaas en van Simonsvlei 9 was ook broers. My ma (Johanna Catherina le Roux se oudste dogter Rina) het die volgende oor haar oupa, Johannes (sien 3 bó) opgeteken: Oupa Johannes (1843-1911) en sy broer Tinna (Marthinus) het saam geboer op Simonsvlei. Later (miskien toe Tinna aan trou gedink het so dink ek) het hulle besluit dat Tinna sy eie plaas moet soek en het Oupa Johannes, Tinna se deel gekoop. Maar, nadat die koop deur was het dit Tinna so gegrief dat hy Simonsvlei moet verlaat. Hy was diep ongelukkig en so het Oupa besluit om die koop uit te maak en liewer sy deel (ongeveer 1881) aan Tinna te verkoop. Oupa het toe juis die kans gehad om sy skoonvader se plaas, Grootrivier, te koop. Dit was vir hom 'n slegte ruil, want dit was 'n 1 Johanna Catherina se seun, Marthinus Smuts le Roux! 2 Die skrywer se neef, adv. Pieter le Roux, het twee lepels by sy pa, Tienie, ge-erf. Deskundiges het die stempel agterop identifiseer as dié van 'n silwersmid in die Kaap wie se naam en identifikasiemerk in bronne van daardie tyd verskyn. Soos met die telefoon-speletjie lyk dit of die storie met oorvertelling 'n ander kinkel bygekry het. Waarskynlik het die skeepskaptein die geld in Engeland gaan haal. 3 My ouma 4 My pa 5 Tina Smith se pa 6 John Basson van die Paarl se pa 7 Adriaan Louw 8 Johannes Wynand Louw 9 Johannes Albertus Louw 2

Johannes Basson (1843-1911) en sy vrou Catherina Johanna van der Merwe (1843-1921). ander soort boerdery en in daardie dae ver van die mark. Hy het swaar gekry en die plaas is later verkoop. 10 Hy het toe op Ceres gaan woon in 'n huis agter die ou skool. Soggens het hy gegaan na die Eiland waar hy groente verbou het. Later het Aunt Albie 11 haar huis gebou en het hulle by haar gaan woon. SKRYWER SE NOTA: Sy huwelike met Tinna was kinderloos.twintig jaar later (c1901) trou hy met 'n 22-jarige bruid. In 1906 toe die jongste van sy drie kinders 3 maande oud was, is hy oorlede. My tante Johanna Anna (Joan) Kilian skryf so oor haar oupa Johannes Basson (1843-1911) en haar ouma Catherina Johanna van der Merwe 1843-1921) se kinders: Die eerste kind, 'n seuntjie, Albertus J. het net 11 maande oud geword. Sy graffie in die Strooidak-kerkhof het tot niet gegaan. Die tweede kind was Maria Aletta (1870 1920). Sy was die moeder van Katie (Catherina Johanna van Wyk) en Heinie Hulle dogter Hester en haar man Petrus van der Merwe (Hendrik Schalk van Wyk). Sy is in die Paarl oorlede en op Ceres begrawe langs haar ouers. Die derde kind was Hester Anna (1872 1956). Sy was die moeder van Pietie Petrus Jacobus), Ina (Catherina Johanna), Rita (Margaretha du Toit) en Stella (Hester Anna). Sy is op Ceres oorlede en begrawe by haar man Petrus van der Merwe. Dan kom ons moeder Johanna Catherina Basson (1843 1960) gehuud met Petrus Jacobus du Pré le Roux en was die moeder van Johan, Rina, Sonnie, Pierre, Joan, Tienie, en Willie wat volwassenheid bereik het. Sy is begrawe in die Strooidak-kerk se kerkhof. Die vyfde kind was Jan Abraham (1876-1900). Hy het gesterf voor 'n vuurpeleton 12 toe hy 24 jaar oud was. Sy naam verskyn op 'n monument by Frederikstad in Wes- Transvaal.Sy bynaam was Blom omdat hy so 'n mooi seun was. Marthinus Mattie Smuts (1877-1944) was die sesde kind. Hy is getroud met Cornelia Auret en is die vader van Miemie, Hannes (Johannes), Mias (Jeremias) en Kina. Hy was plaasbestuurder vir Gen. J.C. Smuts en het later een van die plase gekoop by Barberspan, Wes-Transvaal. 10 Die plaas is op 20 Maart 1891 aan Anders Ohlssen van die bierbrouery vir 4350 verkoop. 11 Sy was sy jongste dogter. My oupa, P. J. du Pré le Roux, haar swaer, was haar matriekklas-onderwyser op Ceres. 12 Tydens die Anglo-Boere Oorlog op 27 Oktober 1900. 3

Ek was omtrent vyf jaar prinsipaal van die Sending Skool, ek meen van 1893-1898. Die Skool gebou van 1887 was net een klaskamer (dit is na my tyd vergroot) en daar was die hoër klasse in, ek meen tot standard miskien 4 en die kleintjies was nog altyd in die gestig. Daar was net twee onderwyseresse, ek het die hoër klasse gehad en Mej du Toit (later Mev Terburg) die kleintjies. Alberta Albie (links) en haar suster Johanna Hannah Basson Die sewende kind, Magdalena Elizabeth, het net vyf maande oud geword. Alberta Albie Johanna (1882-1937) het nooit getrou nie en het tot haar aftreeouderdom (50 jaar) op Ceres onderwys gegee. Sy is op Ceres begrawe. Sy was almal se liefling tante. Die negende kind Carel van der Merwe is dood toe hy nege maande oud was. Die eerste ses kinders is gebore op Simonsvlei (Simondium, Dist. Paarl). Mammie was vier of vyf jaar oud toe hul na die plaas Grootrivier' in die Ceres dist. getrek het. Daardie dae was geld maar baie skaars en die ouers moes skoolgeld betaal dus kon baie nie bekostig om hulle kinders in die skool te sit nie. Toe het Mev. Erns Marais daaraan gewerk dat ons 'n aandskool begin vir die kinders wat nie in die skool was nie. Ons het toe 'n Waenhuis gekry en ek was die onderwyseres. Hoe lank dit aangehou het weet ek nie. Wyle Mnr Fanie van der Merwe van Murchisonstraat was een van die leerlinge en het dikwels in sy gesonde dae daarvan gepraat. Dit was natuurlik 'n liefde werk. My salaris by die sending skool was 7-10 per kwartaal. Nietemin het ek die werk geniet, die kinders was gehoorsaam.! Gerard Tillema (tillema@paarlonline.co.za) Johanna Catherina le Roux (née Basson) skryf na haar man se dood in 1941 soos volg aan mnr. J.P. Underhay van Ceres in antwoord op vrae wat aan haar gestel is: Uw brief ter hand en hier volg die antwoorde - 1894-1898. Ek het na my man se dood 'n paar portrette en papiere van die Ceres Skool (nou Charley Hofmeyr) toe hy prinsipaal was, aan Mnr Joubert, destyds Prinsipaal, op die Skool Kommisie gestuur, dus weet ek nie die presiese datums (toe hy skoolhoof was) nie maar ek meen dat 1894-1898 reg is Ons het op die plaas Groot Rivier in die distrik gewoon. Ons het goewernante gehad: Mej Teepe en later Mev Anderson. Ons was ook op Simondium in die Pêrel op skool. Joan Killian en Rina Tillema met hulle ma Hannah le Roux née Basson c1929. 4

Die storie van Jan Blom Gerard Tillema vertel dat die Basson-storie wat al die klein-neefs en -niggies in sy familie ken, is dié een oor sy ouma en oupa se oudste broer wat bekend was as Jan (Blom) Basson. Hy het die bynaam Blom gekry omdat hy so aantreklik was. Jan Blom was onwederregtelik gedurende die ABO op 27 Oktober 1900 gefusileer. Transkripsie uit So het Hulle Gesterf deur Graham Jooste en Abrie Oosthuizen met regstellings/bywerkings in hakies deur G. Tillema: Sowat 300 tree van die klein spoorweghalte Frederikstad, 'n entjie noord van Potchefstroom, staan 'n gedenksteen vir burgers wat in die slag van Frederikstad gesneuwel het Genl. De Wet het in Oktober 1900 'n Britse mag onder genl. Burton by Frederikstad-halte vyf dae lank vasgekeer. Die ander kommando's in Wes-Transvaal het egter versuim om tot die stryd toe te tree en toe hy geen hulp kry nie, was De Wet verplig om die beleg op te gee. Die Engelse het hom egter met 'n sterk mag agternagesit en in die proses is die Boere swaar verliese toegedien. Behalwe die meer as 30 ongevalle wat die Boere gely het, is etlike burgers gevange geneem. Dit was een van De Wet se grootste neerlae in die oorlog. Onder die gevangenes was drie Boere wat na bewering op die Engelse geskiet het nadat hulle oorgegee het en 'n Britse offisier gedood het. Hulle is summier deur 'n krygshof ter dood veroordeel en net daar (die volgende oggend) tereggestel. Een van die gevangenes ene burger Marais, is swaar gewond, maar het dit oorleef en het hierdie sonderlinge verhaal van die drie burgers wat op Frederikstad tereggestel is in sy oorlogsherinneringe opgeteken. Marais vertel dat hy en 'n paar (drie) burgers in 'n sloot skuiling gesoek het toe die Boere op die vlug geslaan het. Die Engelse het die Boere so vinnig agtervolg dat hulle Jan Blom Basson is in 1900 tydens die ABO oorlede. Regs is hy saam met sy verloofde Joe Boyd. 5

nie eers die paar Boere in die sloot opgemerk het nie. Soos hulle verbygejaag het, het die groepie een na die ander Engelsman platgetrek, totdat die Engelse hul skuiling agtergekom en op hulle begin vuur het. Marais is gewond toe hy een van sy gewonde makkers 13 probeer help het. Toe hulle besef dat hulle almal doodgeskiet gaan word, het hulle besluit om oor te gee. Hulle het hul gewere op die sloot se wal neergesit, maar een van die jong manne 14 was so senuweeagtig dat hy sommer opgespring en albei sy hande in die lug gegooi het. Die Engelse offisier het op hom afgestorm en hom trompop doodgeskiet. Jan Basson wat langs hom gelê het, het sy geweer gegryp en die offisier net daar doodgeskiet. Hulle is toe almal gevange geneem. Jan Basson en twee van sy maats is aangekla dat hulle gevuur het nadat hulle oorgegee het en is ter dood veroordeel. Basson se suster 15 wat getroud was met P.J.du Pre le Roux, voormalige skoolhoof van die Hoër Jongenskool Paarl, het jare later 16 vir Marais in Johanesburg opgespoor en sy oorlogsherinneringe by hom gekry. Mev. Le Roux se dogter, mev. J.A. Kilian van die Paarl, het jare lank haar oom se vergeelde briewe bewaar en dit nou tot ons beskikking gestel. Die drie tereggestelde burgers wat in die geveg gesneuwel het, is op die slagveld in 'n sloot begrawe. Na die oorlog is hulle in 'n klein kerkhoffie naby Frederikstadstasie herbegrawe en 'n gedenksteen is vir hulle opgerig. Jan Blom het die aand voor sy teregstelling n brief aan sy verloofde geskryf. 13 14 15 16 Duminy Mohr, Jan Blom se vriend van Ceres Johanna Catherina le Roux, gebore Basson In 1928 6

Die monument naby Frederikstad se stasie, en links, die brief waarin Jan Blom se pa van sy teregstelling in kennis gestel is. Daar verskyn 41 name van gesneuweldes op die gedenksteen, maar weens verwering of skade wat deur vandale aangerig is, is daar geen aanduiding meer op die monument van wie die drie burgers is wat daar tereggestel is nie. Ook Roberts' Papers in die Transvaalse Argiefbewaarplek waarin die veldslag beskryf word, vermeld nie die drie se narne nie. Volgens die opgawe van tereggesteldes wat deur die bevelvoerder van die Britse magte in Januarie 1902 verstrek is, is die drie tereggestelde burgers T.C. Lombard, P.C. Fourie en J.A. Basson. Uit die transkripsie van Marais se vertelling, soos Marais aan my ouma oorhandig en deur my tante, Joan Killian, bewaar, staan: Ek en Duminy was eers lank in die Kamphospitaal en Jan is verhoor en ter dood veroordeel. Toe hy voor die vuurpeleton moes staan wou hy hom nie laat blinddoek nie, maar het net sy hoed oor sy oë getrek. Hy is deur die hoed geskiet. Later het ek ook voor 'n Krygsraad verskyn. Ek het gevra hoeveel Engelse die dag dood is, maar hul wou eers nie sê nie. Op die dokter se aandrang het hul toe erken dat dit 60 was. Die dokter het vir Jan as 'n held beskou en sy hoed as 'n aandenking gebêre en dit nie vir my gegee nie. Ons het alleen die 60 khakies dood geskiet want die ander Boere het gevlug en nie geskiet nie. Gerard Tillema (tillema@paarlonline.co.za) 7

Die Bassons van Barberspan in die Noordwes Gerard Tillema vertel meer van Marthinus Johannes Matty Basson. Marthinus Johannes (Matty) Basson, is die enigste en jongste broer van Jan (Blom) Basson, uit die storie hierbo. Matty het in 1899 by die Pretoria Kommando aangesluit en onder Genls.Erasmus, De la Rey en Smuts diens gedoen en is nooit gevangene geneem nie. Matty het in 'n besonderse kort tyd, met 'n trapfiets van die Paarl na Pretoria gery waar hy volgens oorlewering by sy broer, wat ook 'n goeie perderuiter was, aangesluit het en gewerk het op die poskoetsdiens tussen Pretoria en Pelgrimsrus. Na die ABO uitgebreek het, het hulle in verskillende kommando s diens gedoen en vermoedelik nooit weer mekaar gesien nie. Kort na die beëindiging van die oorlog het hy weer met die fiets Paarl toe gery omdat die treine gepatrolleer was en hy bang was dat hy as Kaapse rebel gevang sou word. Vermoedelik het hy teen hierdie tyd uitgevind wat met sy broer gebeur het en ook gevoel hy moet vir sy ouers gaan gerusstel. Genl. Smuts het nà die oorlog vir Matty 'n pos aangebied as plaasbestuurder, op sy plaas by Pienaars Rivier omdat as 'n Kaapse rebel, jy nêrens veilg is nie, aldus Smuts. In 1905-06 het Genl. Smts hom as plaasbetuurder van sy Wes-Transvaalse plase aangestel. Later het hy die plaas waarop hy gebly het by Smuts gekoop. Hulle het moontlik ook later agtergekom dat hulle deur Matty se oupa-grootjie (Marthinus Smuts 1779 1845) verlangs familie was. Ons verneem ook dat hy met die fiets Graaff Reinet toe gery het om sy vrou Cornie te gaan haal en daarna met die trein terug gery het. Die volgende staaltjies vertel bietjie meer oor Matty, die 'Kaapse rebel', jong boer, oupa en die Barberspan waar sy kleinkinders steeds boer Kort na die oorlog het Genl. Smuts vir hom gesê: Kaapse rebel, jy loop hier in Pretoria rond, jy gaan gevang word. Dit was nie lank daarna nie, of hy stoot sy fiets in Pretoria. Haal klokkie, modderskerm, alles af oor die gewig van die fiets wat hy stoot. 'n Polisieman vat hom aan die Marthinus Johannes Matty Basson (1877-1944) 8

skouer en sê: Ek arresteer jou. Hy vra: Waarvoor? Die polisieman antwoord: Jy ry dan 'n fiets sonder klokkie. Matty antwoord: Ek ry hom nie ek stoot hom. Die polisieman laat hom gaan. * * * In die tyd wat hy nog maar swaar gekry het, kom kuier suster Hannah en swaer Petrus. Hy het waarskynlik katels gehad maar geen beddegoed nie. Ook nie links nie, maak die jong boer 'n plan en neem beddegoed by die Indiërwinkel op appro en toe sy gaste weg is stuur hy die beddegoed mooi gestryk weer terug. * * * Matty se skoondogter,tant Daisy (Aletta Alida Regina Basson, née Auret) vertel soos volg: Genl. Smuts het drie plase naby Barberspan besit o.a. Groenfontein, waar my skoonpa op gebly het. My skoonpa was mos bestuurder van sy plase in Wes-Transvaal. Die mense het maar graag by Barberspan kom piekniek maak. Toe stuur oom Jannie vir skoonpa 'n klomp bloekombome om langs die pan te plant vir skaduwee vir die mense. Maar waar was die kant van die pan? Een jaar lê die water hier en Gen. Jan Smuts (1870-1950) gedurende die ABO volgende jaar 'n paar honderd tree met sy perd, Charlie. Foto: Kaapse Argief op of laer af. Aan die suid-oostelike kant was daar walle wat gelyk het of hulle deur water uitgekalwe is en Pa plant toe die bome net bokant daardie walle. Dit was in 1918. Toe Genl. Smuts weer besoek hier bring en wou sien waar die bome geplant is, moet hy besef dat die pan in die verlede baie meer water gekry het as wat dit destyds was. In daardie tyd was die pan ook elke tweede of derde jaar droog. Die pan het slegs water van die Hartsrivier gekry as hy buite sy walle loop. Daar was egter 'n duidelike loop sigbaar wat waarskynlik gedeeltelik toegewaai het. Hy moes seker eers toestemming by die waterraad of regering kry en 'n stuk grond, 22 morg, (Welgevonden) van Genl. De la Rey koop voordat die werk aan die Hartstivier gedoen kon word. Daar is toe 'n vrag klippe (of dalk meer) in die loop van die rivier gegooi en die loop na die pan oopgeploeg glo net ± twee tree wyd en 'n ploegvoor diep en die sooie is aan die anderkant van die sloot gepak, en die voor was ongeveer 150 tree lank. Daarvandaan is daar 'n taamlike val na die pan. Baie gou het die water die nuwe voor groter en dieper gespoel. Daar is glo 'n tipe van sluis in die oorspronklike loop waar die water verby gaan see toe gesit. Maar dit het nie gewerk nie en die Hartsrivier het daar twee lope. Die een ontspring by Welgevonden ± twee myl (ongeveer drie km) van waar my skoonouers later gewoon het. Die rivier vloei van Sannieshof se kant in die rigting van Sweizer Reineke, maar die tweede loop maak 'n 90 grade draai oor die verdeling na die pan. Van waar dit aan die suide kant van die pan invloei As die rivier in vloed is loop daar nog 2 sterk strome verby en soms loop die water ± 1km of meer wyd oor die vlakte. Presies wanneer die werk gedoen is kan Hannes (Matty se oudste 9

seun) nie sê nie. Dit moes vroeg twintiger jare gewees het, want Hannes sê hy het gehelp om die sooie te pak. In 1943 het die water weer vir die eerste keer by die walle gekom waar Pa die bome geplant het en toe het die pan ook oorgeloop in Leeupan wat net Noord van Barberspan lê. Eintlik lê Leeupan bo-kant Barberspan. In 1976 het dit gebeur met die uitsonderlike baie reëns wat ons vir 'n paar jaar gehad het dat die water toe ook van die Noorde afgekom het met die reeks panne: Deelpan, Witpan, Klippan, Leeupan en Barberspan. Die Hartsrivier stoot van die suidekant af in dat die water 8 treë van my huis gekom het en ek op 'n eilandjie 50 tree x 100 tree sit met water in die blombeddings en groentetuin en dit 'n myl (1,6km) by die huis verby gestoot het, n derde van ons plaas was onder water vir maande. Marthinus Matty Basson Geen motor kon by ons verby kom nie en 'n mens moes maar deur die modder ry om by die teerpad of by 'n dorp te kon gaan. As Massie na sy lande wou gaan moes hy 'n 12 myl (ongeveer 19km) draai ry om die plaas van die bokant in te kom. Tans is dit asof die rivier homself oopgespoel het en is dit 2m diep en 18m wyd. Sedertdien (byna 100 jaar) is Barberspan standhoudend. * * * Barberspan is na Mnr Barber die landmeter vernoem. (Die baber vis word sonder 'n 'r' geskryf) * * * Toe oupa Matty oud was neem hulle hom dokter toe. Dr. gee hom 'n bruin bottel met medisyne. Gaan van Johannesburg na Pretoria na familie toe. Toe trein Johannesburg uitry, draai hy bruin bottel se proppie af, neem 'n sluk, klap lippe so 2-3 maal, botteltjie se prop terug, gooi by venster uit en sê: Ag die goed help ook niks. Oupa Matty se seun, Jeremias (Mias/Massie) het blykbaar ook iets by sy pa ge-erf: * * * Toe Mias 'n 12 jaaar oue seuntjie was (1915?), het delwerye tussen Lichtenburg en Kimberley, die ekonomiese groeipunte ontstaan. Die pad het oor Groenfontein verby Barberspan gegaan. Langs pad by die pan het Mias water 500 meter ver gedra en die pad nat gegooi. Outydse karretjies het in die moddergat vasgesit. Dan was Mias en Tswanatjies by die dam dadelik byderhand om teen betaling hulp te verleen. Met die geld gou na die Indieërwinkel gehardloop en kondensmelk gekoop. Gerard Tillema (tillema@paarlonline.co.za) 10

Brokkies uit Roelandstraat se Argief Soos enige navorser weet, is n besoek aan die Kaapse argief in Roelandstraat n ondekkingsreis soos min. Dit is veral die terloopse inligting wat mens daar afkom wat die besoek so lonend maak. Johann Claassen het onlangs die volgende Paarl-stories daar ontdek. Personeel van die Paarl se Palladium Bioskoop. Die bioskoop was op die hoek van Lady Grey- en Fabriekstraat. Auretstraat se geliefde skoenmaker Baie van die Paarliete sal nog David Daniels, die skoenmaker agter Maurits Uys se klerewinkel onthou, maar min mense weet van die stryd wat hierdie skoenmaker moes stry om sy ou winkeltjie te behou daar waar hy vir soveel jare vir die oorspronklike eienaar gewerk het. Toe die winkel se eienaar aftree, wou hy voortgaan om die besigheid vir sy eie rekening te bedryf. Toe het die stadsvaders ewe skielik 'n probleem daarmee gehad. Want sien, hy was 'n kleurling en diesulkes mog nie tussen die witmense gewoon of'n besigheid bedryf nie. Dit was hier in die vroeë 1970s dat David Daniels kennis kry dat hy die skoenwinkeltjie moet ontruim en na elders verskuif. In die Kaapstad se argief is daar pakke papier wat opgeskryf is tussen David, die Paarl se inwoners, die stadsraad en later ook die betrokke ministerie se amptenare. Uiteindelik, na die omgewing se inwoners 'n petisie ter ondersteuning van David Daniels se besigheid ingedien het, het hy finaal op 23 Oktober 1972 'n permit gekry om sy besigheid in Auretstraat te bedryf. In sy motivering skryf David Daniels onder andere dat sy skoenwinkel nie front op die Hoofstraat nie en dat hy 'n belangrike diens lewer aan die ongeveer 440 koshuisgangers 11

van die La Rochelle Meisieskool, Hoër Meisieskool en Hoër Jongenskool. As iemand dalk weet of David Daniels nog lewe, moet hy/sy asseblief in aanraking kom met die Heemkring. gebruik sodat hulle darem ook op 'n Vrydag of Saterdag hul helde kan gaan bekyk op die silwerdoek. Die mense in die hoër gestoeltes wou nie bes gee nie en op 5 Februarie 1979 is die permit finaal geweier. Die ontoeganklike teater Die Odeon Teater (bioskoop) in Lady Grey straat het in die jare 1970 gesorg vir heelwat briewe wat oor-en-weer gestuur is tussen die inwoners aan die Oostekant van die Bergrivier, die stadsvaders en die Kaapse Provinsiale Administrasie se kantoor in Kaapstad. Dié teater, Slegs vir Blankes, het vir 'n paar jaar leeggestaan en omdat die ongeveer 35 000 bruinmense van die Paarl slegs een teater gehad het wat heeltemal onvoldoende was, het iemand dit goedgedink om namens hulle aansoek te doen om die teater te! n Huisie om in te bly Eienaars van dorpsplase het ook deurgeloop. Aanvanklik was daar hewige protes deur die gemeenskap in die omgewing van die plaas Vredenburg, omdat daar teen 1971 steeds plaasarbeiders en hul gesinne op die eiendom van die weduwee Bourbon-Leftly teenwoordig was. Na vele korrespondensie tussen haar en die owerhede, word daar op 29 Januarie 1971 besluit dat die gesinne maar eers kan aanbly en 'n permit tot dien effek word uitgereik. As daar van die lesers is wat weet wanneer die gesinne uiteindelik die eiendom moes verlaat, en ons in kennis kan stel, sal dit waardeer word. Johann Claassen (johann.claassen@telkomsa.net) WWI: Bleskop Memorial The Heemkring recently received a few queries about the Bleskop Memorial in Groot Drakenstein. Neil Palmer of Franschhoek sent us the following information on five of the names inscribed on the base of the memorial.! Basil George Hope MACLEAR (30), 2 nd Lieutenant in the Grenadier Guards, died 27/07/1916. Owned Plaisir de Merle, Simondium. Awarded the Military Cross For conspicuous gallantry and ability. When ordered to establish communication with another battalion, he did so over 250 yards of ground in the face of heavy shell fire, establishing bombing posts as he proceeded. E BAKER, 7th South African Horse RGS WILTSHIRE CJ THRIFT G PRICHARD, Private in Royal Fusiliers, 22 nd Battalion, died 28/07/1916.! P TURNER Kingsley Louis STRANGMAN (24), Rifleman, King s Royal Rifle Corps 3 rd Battalion, Rhodesian Platoon. Farmer, Somerset West. Stephen Geoffrey DAHSE, gunner in the SA Field Artillery, died 09/09/1916. T PARSONS Eric Percy Johnstone TOUCHE, 2nd Lieutenant, died 17/05/1918. Wounded at Delville Wood on 18 July 1916, joined the Essex Regiment in 1917, transferred to the Royal Air Force in 1918. Died in a flying accident over Hampshire. His medals were sent to his father PKJ Touche, Pickstone, Simondium. 12

Pioneers Paarl s famous apothecary and explorer: Carl Friedrich Drège (1791-1867) Carl Friedrich Drège was an itinerant apothecary and lived in Paarl between 1828 and 1867. In 1847 he married Sophia Christina Auguste Koch (*Hamburg 1816) in Paarl. Two of their children are buried in the Strooidak Church cemetery: a baby (died 12.04.1848) and Henri Charles ( Paarl 3.6.1849, died 13.04.1850. His son Isaac Louis was also baptised in the Strooidak Church on the 10 April 1853. Further research would be required to establish if the undated CF Drège buried in the Strooidak Church s cemetery is a third child, or Carl Friedrich himself.! Carl Friedrich Drège was born in Altona near Hamburg, arrived at the Cape in 1821 and worked in Cape Town as an assistant apothecary Pallas & Pohlmann.! The 35 year old Carl Friedrich registered as an independent apothecary in 1826 with a shop at 4 Long Street, on the corner of Long and Grave Streets. Carl Friedrich was an enthusiastic amateur collector of dried plants, seeds, bulbs, insects and animal skins. Most of these first specimens were collected around the Cape Peninsula and sent to his younger brother Johann Franz (1794-1881), a horticulturalist with a similar interest in new and exotic species. Carl Friedrich encouraged his brother to join him, and in 1826 Johann Franz and a younger brother Wilhelm Eduard (-1840) arrived at the Cape. Wilhelm Eduard was a chronometer and watchmaker. Johann Franz did not waste any time, and in August 1826 left on an eight month trek by ox wagon to explore the Karoo. Although Carl 13

Friedrich clearly shared his brother s interest in exploration, he did not join him on this trip first overland trip. In 1828 Carl Friedrich moved his apothecary business from Cape Town to Paarl. His journal - only discovered in 1937 - spans the years 1828 to 1848 and provides invaluable snippets of information on his life. Drège s journal provides some perspective into relative costs. In 1828 for instance he bought the following:! Horse (150 Rds), a horse harness (8 Rds), half a cask of muscadel (80 Rds), a barrel (24 Rds) and 180 kg of aloe (33 Rds). In Paarl he live in a double storey thatched roofed house with a large underground cellar. The house was situated on the wagenpad (Main Road) and had two steps leading up onto the stoep. His thatch roofed shop (probably on the premises) had two glass doors and a ceiling constructed from old wooden doors. In 1828 built a stable in the backyard, which he thatched with palmiet gathered in the river (Berg River). Drège wrote that when he moved into the house it was so invested with fleas that he was compelled to sleep stretched out across two chairs. He lived modestly on a diet that consisted mostly of boiled mutton, rice, potatoes, raisin dumplings and cooked peaches. Jean le Roux s research into Paarl s early properties suggests that Drège s erf may have been the Vredelus property, a subdivision of the original Rosendal farm. An approximate location would be between Rosendal and Cecelia Streets. In 1827 Vredelus belonged to Charles P Theron, who may have sold it to Drège when the latter moved to Paarl in 1828. Drège employed two servants: Willem who he paid 10 Rds per month, and Daartje, Mrs Aling s slave who he hired from her for 13 Rds per month. Mrs Aling was in all probability Hester Anna Meiring (1802-1885), the wife of Robert Frederik Aling (1785-1861), the son of the former minister of the Strooidak Church, Ds Robert Nicolaas Aling (1751-1800). Drège also supplemented his income as a tutor teaching English, French and arithmetic. He wrote that for this service Goetz paid him 10 rds per month. Goetz was probably Andreas Marthinus Goetz (1763-1831), then married to his second wife Johanna Hermina Redelinghuys. Goetz owned the town erf Morgenster near what is today the intersection between Mill and Main Streets. Goetz son Marthinus Andreas, born on 29 August 1815, would have been a teenager at the time. Drège wrote in his journal that he sold his apothecary business in March 1829 to Mr Juritz (see p.15). It is likely that he continued to practice his trade as an itinerant apothecary and retained his Paarl property as a home base while travelling. In July 1833 Carl Friedrich left the Cape on board the Porcupine to take his vast collection of mostly zoological specimens to Europe where he sold them to collectors and An itinerant apothecary travelled the countryside selling preparations to doctors, healers and farmers. In remote districts most households had a medicine chest stocked with preparations. These chests were designed with individual compartments for bottles and was often included with a booklet of instructions. Some of the preparations may still sound familiar: harmansdrop (bladder complaints), levens-essens (digestion, headaches), witdulsies (heart complaints, fevers and flu). Healers supplemented these commercial preparations with medicinal plants and herbs either cultivated or gathered from the veld. 14

Travels into the interior A synopsis of Carl Friedrich and Johann Franz Drège s specimen collecting expeditions: Johann Franz Drège Johann Franz Drège (1794-1881) collected more than 200 000 specimens of southern African plants including 8 000 species, many unknown to European botanists and collectors. He lived at the Cape between 1826 and 1834, and returned for a brief visit in 1836. Drège is seen as the father of South African phytogeography. The plant genus Dregia was named after him. August 1826 - May 1827: Johann Franz Drège travels to the central Karoo, then joins his older brother Carl Friedrich in Paarl.! May 1829 - February 1830: The two Drège brothers travel by ox wagon to Worcester and then through Graaff-Reinet to the Sundays River and back to Paarl via Swellendam.! June 1830 - January 1831: The Drège brothers leave Paarl on the 16 June 1830 and travel northwards as far as the Orange River. On their way back they explore the Cederberg and Bokkevel. In the autumn of 1831 Carl Frederich makes a second trip to the Cederberg, this time by horseback and returns to Paarl on 18 June 1831.! July 1831 - May 1833: The Drège brothers travel through the Overberg and Eastern Cape to Port Natal before returning to Paarl via the Langkloof, Swellendam and the mission station at Genadendal.! 1836 Carl Friedrich travels to Namaqualand and then on to Uitenhage and Port Elizabeth.! 1837 Carl Friedrich visits Namaqualand, returning to Paarl in October 1837.! November 1833 - March 1834 Johann Franz visits the Cederberg.! April 1839 - September 1839: Carl Friedrich undertakes another trip to Namaqualand.! institutions. He returned to the Cape in October 1835. Carl Friedrich Juritz, Stellenbosch On Monday and Tuesday, 21-22 October 1833 the apothecary Carl Friedrich Juritz held a public auction in Stellenbosch of his property and household furnishings. His house and property was situated in Plein Street, Stellenbosch. The auction provides a snapshot of worldly possessions of a relatively successful apothecary. This property was described the SA Commercial Advertiser as erven planted with fruit trees, vines and cotton plants, a good kitchen garden and plenty of water. Among the predictable listings of wardrobes, sofas and chairs are a number of items one would associate with an apothecary s 15

Wilhelm Eduard Drège, Market Square, Cape Town Carl Friedrich Drège s younger brother, Wilhelm Eduard placed an advertisement in the SA Commercial Advertiser on 8 February 1832 to advertise new stock: trade: Hallisch and other medicines, Helmonds and medicinal herbs, curry powder, Van der Graaffs and other bitters, saltpetre & &. The advertisement continues the Dispensary, which has been carried on for the last seven years with success. The advertisement was preceded by an earlier advertisement on the 2 October 1833 in which he informed his Stellenbosch clients that he had bought Mr Adolph Kohl s apothecary s shop in Cape Town. The dispensary was originally owned by CF Liesching. References: Unpacked, and for sale, a splendid investment of London made and warranted gold and silver chronometers and watches, with richly embossed and engine-turned double-bottomed hunting cases, capped and jewelled, hand to mark the seconds, on patent detached lever, horizontal and other most approved principles, maintaining power &. These watches will be sold at the lowest rates possible. He placed another advertisement in the SA Commercial Advertiser of 11 September 1839: The Undersigned, during his absence of this Colony, visited the principle Chronometer and Watch Manufactories of England, France and Switzerland he has (now) reopened his shop at No.9 St George s Street! South African Biographical Dictionary Part I. Tafelberg, Cape Town 1976! Burrows, EH. A History of Medicine in South Africa. Balkema, Cape Town 1958! Laidler, RW et al. South African Medical History 1652-1898. Struik, Cape Town 1971! Le Roux, J et al. Bewaarders van ons Erfenis: Drakenstein. Drakenstein Heemkring 2012! Le Roux, J et al. Drakenstein Erfgrond: Suider Paarl. Drakenstein Heemkring 2012! South African Commercial Advertiser, 8 February 1832! South African Commercial Advertiser, 2 October 1833! South African Commercial Advertiser, 9 October 1833! South African Commercial Advertiser, 11 September 1839! Van der Walt, K. Millenniumregister, Kerkhof van die Strooidakkerk, Paarl 2000! Marguerite Lombard (info@mlombard.co.za) Die Drakenstein Heemkring ontvang graag bydraes vir Voetnotas. Kontak ons gerus vir meer besonderhede. info@drakensteinheemkring.co.za 16