OMGEWINGSINVLOEDBEPALING: BEOOGDE FOTOVOLTAÏESE SONENERGIE-AANLEG OP HOEKPLAAS NABY COPPERTON, NOORD-KAAP

Similar documents
OMGEWINGSINVLOEDBEPALING: BEOOGDE FOTOVOLTAÏESE SONENERGIE-AANLEG OP PLAAS KLIPGATS PAN NABY COPPERTON, NOORD-KAAP

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

RAADSLEDE / COUNCILLORS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGS PROSES

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Mosselbaai Munisipaliteit

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

SIZA takes the sting out of auditing

Provincial Gazette. Provinsiale Koerant INHOUD CONTENTS. Friday, 27 July Vrydag, 27 Julie 2007 PROVINCE OF WESTERN CAPE PROVINSIE WES-KAAP

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Government Gazette Staatskoerant

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Finansiële aanspreeklikheid: Rehabilitering van myne en sluitingsertifikate PN Meyer

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Tariewe

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

LML406T/102/3/2010 DEPARTMENT HANDELSREG MAATSKAPPYEREG LML406T. Studiebrief 102/3/2010. Geagte Student

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

Direkte en indirekte rede *

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

VAN ZYL R. [1] Applikante het in hul verteenwoordigende hoedanigheid as. mede trustees van die Westraad Trust, met

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA ANDREW GEORGE SCHOLTZ

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

.../ - -mks Dm PROVINSIE TRANSVAAL. fal; 1 1 PI \11 (1.4. r.e..._, 22 APRIL

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE SPESIALE RAADSVERGADERING

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Transcription:

1 OMGEWINGSINVLOEDBEPALING: BEOOGDE FOTOVOLTAÏESE SONENERGIE-AANLEG OP HOEKPLAAS NABY COPPERTON, NOORD-KAAP APRIL 2012 DOS VERWYSINGSNR.. 12/12/20/2503 NEAS VERWYSINGSNR: DEAT/EIA/0000605/2011 UITVOERENDE OPSOMMING: FINALE OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGSVERSLAG Agt ergrond Mulilo Renewable Energy (Edms) Bpk (Mulilo) beoog om ʼn fotovoltaïese (FV) sonenergie-aanleg op ʼn plaas naby Copperton in die Noord-Kaap op te rig. Aurecon South Africa (Edms) Bpk (Aurecon) is aangestel om die verlangde Omgewingsinvloedbepalingsproses (OIB) kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB) (Wet Nr. 107 van 1998), soos gewysig, namens Mulilo uit te voer. Die beoogde projek sal plaasvind op die plaas Hoekplaas (Restant van Plaas Nr. 146) naby Copperton in die Noord-Kaap (verwys na Figuur 1). Hoekplaas is ongeveer 7.8 km suid van Copperton geleë en grens aan die Kronos-substasie. Die plaas is ongeveer 5 014 ha groot. B eoogde P rojek Mulilo Renewable Energy (Edms) Bpk (Mulilo) beoog om ʼn FV sonenergie-aanleg van 100 MW (voorkeur-alternatief) of 150 MW (alternatief) op die Hoekplaas (Plaas 146/RE) naby Copperton in die Doel van hierdie dokument Noord-Kaap op te rig. Die beoogde FV-aanleg sal ongeveer 300 ha groot wees (voorkeur-alternatief) of 450 ha (alternatief). Die gebied word tans vir weiding gebruik. Die volgende verwante infrastruktuur is nodig: Opgradering van bestaande interne plaaspaaie en die bou van nuwe paaie vir konstruksievoertuie en toegang na die terrein. Oprigting van ʼn 132 kv transmissielyn, ongeveer 1.5 km lank, om die beoogde FVaanleg via die Kronos-substasie met Eskom se netwerk te verbind. Elektriese heining om ongemagtigde betredings te voorkom, sowel as om te voorkom dat lewende hawe tussen die sonpanele wei en toevallige skade berokken. Ander infrastruktuur sluit ʼn kantoor, aansluitingsentrum en ʼn waghuis in. OIB -proses Die OIB-regulasies (Regulasies 544, 545 en 546) wat kragtens die WNOB afgekondig is, identifiseer sekere aktiwiteite wat ʼn beduidende nadelige invloed op die omgewing mag hê. Hierdie dokument is ʼn opsomming van die Konsep Finale Omgewingsinvloedbepalingsverslag (OIBV) vir die voorgestelde FV sonenergie-aanleg naby Copperton, Noord-Kaap. Dit gee ʼn kort agtergrond en oorsig van die beoogde projek, ʼn beskrywing van die proses van openbare deelname tot op datum, en ʼn lys van projekalternatiewe en moontlike impakte wat beoordeel is. U word uitgenooi om op die Konsep Finale Omgewingsinvloedbepalingsverslag (KOIBV) vir die beoogde projek kommentaar te lewer. Die Konsep Finale OIBV is beskikbaar gestel by die Prieska (Elizabeth Vermeulen) Openbare Biblioteek, Ietznietz Gastehuis in Copperton en op Aurecon se webblad (www.aurecongroup.com verander Current Location na South Africa en volg die Public Participation - skakel). Lees asb. hierdie Uitvoerende Opsomming en Opdateringsblad, asook verkieslik die volledige Konsep Finale OIBV, deeglik deur, en dien u kommentaar op die voorgestelde projek in teen Woensdag 16 Mei 2012 Maandag, 16 April. Lewer kommentaar deur ʼn brief te skryf, te bel of ʼn e-pos aan die Kantoor vir Openbare Deelname te stuur. Aurecon Franci Gresse of Louise Corbett Posbus 494, Kaapstad, 8000 Tel: (021) 526 9400 Faks: (021) 526 9500

Figuur 1: Ligging van die voorkeur- en alternatiewe plasings vir die voorgestelde FV-aanleg op die plaas Hoekplaas naby Copperton, Noord-Kaap (2922 CD) 2

Hierdie gelyste aktiwiteite verg ʼn omgewingmagtiging vanaf die bevoegde omgewingsowerheid, in hierdie geval (wat energie-aansoeke betref) die Departement van Omgewingsake (DOS), voordat daar met enige werksaamhede begin kan word. Die voorgestelde projek het verskeie WNOB-gelyste aktiwiteite tot gevolg, en verg dus ʼn omgewingsmagtiging vanaf die DOS via die OIB-proses uiteengesit in Regulasie 543 van die WNOB. Aurecon is aangestel om die verpligte omgewingsmagtiging- en lisensiëringsproses namens Mulilo uit te voer. 3 Die OIB-proses bestaan uit ʼn Aanvanklike Aansoekfase, ʼn Omvangbepalingsfase en ʼn OIB-fase. Die doel van die Aanvanklike Aansoekfase is om die projek van stapel te stuur deur die indiening van die toepaslike departementele aansoekvorms. Die doel van die Omvangbepalingsfase is om die moontlike positiewe en negatiewe omgewingsimpakte (beide maatskaplik en biofisies) wat die voorgestelde projek tot gevolg mag hê, te identifiseer en te omskryf, asook om te bepaal watter haalbare alternatiewe meer omvattend ondersoek moet word. Die doel van die OIB-fase (die huidige fase) is om daardie alternatiewe en impakte wat in die Omvangbepalingsverslag geïdentifiseer is, deeglik te ondersoek en te beoordeel, en voorstelle te maak wat die negatiewe impakte kan versag. Die OIBV is daarom die basis vir ingeligte besluitneming deur die applikant (om te bepaal watter alternatiewe mee voortgegaan kan word), en deur die DOS (om die omgewingsaanvaarbaarheid van die applikant se voorkeuropsie te bepaal). Hierdie opsomming kan nie die omvattende OIBV vervang nie, en is dus slegs ʼn oorsig van die inligting in die verslag. Hoe jy betrokke kan raak Openbare deelname is ʼn sleutelkomponent van hierdie OIB-proses en vind op verskeie stadiums van die projek plaas. Die proses van openbare deelname het begin met die samestelling van die konsep Omvangbepalingsverslag (OBV), en nadat B&GPe op die volgende manier in kennis gestel van die KOBV en die gevolglike tydperk vir kommentaar: Die plaas van advertensies in ʼn plaaslike koerant, die Gemsbok, op 2 November 2011 waarin die breër publiek in kennis gestel is van die begin met die OIB en hulle uitgenooi is om as B&GPe te registreer; Die oprig van ʼn kennisgewingbord by die ingang na die plaas Hoekplaas op 8 November 2011; Die beskikbaarstelling van die KOBV by die Prieska (Elizabeth Vermeulen) Openbare Biblioteek, by Ietznietz in Copperton, en op Aurecon se webblad vanaf 8 November 2011. Alle geregistreerde B&GPe is op 7 November 2011 per brief (per pos of e-pos gestuur) in kennis gestel van die beskikbaarheid van die KOBV. ʼn Afskrif van die Uitvoerende Opsomming van die KOBV (in Engels en Afrikaans) is by hierdie kennisgewingsbriewe ingesluit; B&GPe het vir 40 dae, tot 5 Januarie 2012, geleentheid gehad om hulle skriftelike kommentaar op die KOBV in te dien; ʼn Tweede kennisgewingsbrief is op 6 Desember 2011 aan B&GPe gestuur waarin hulle in kennis gestel is dat die kommentaartydperk as gevolg van ʼn probleem met die pos van die eerste kennisgewingsbriewe vanaf 5 Januarie 2012 tot 9 Januarie 2012 verleng is; en As gevolg van die tweede kennisgewingsbrief het B&GPe nou vir 40 dae, tot 9 Januarie 2012, geleentheid gehad om skriftelik op die KOBV kommentaar te lewer. Alle kommentaar is met die finalisering van die verslag in ag geneem, en die kommentaar, tesame met die projekspan en aansoeker se antwoorde daarop, is by die finale verslag ingesluit.

Op grond van die kommentaar wat tydens die kommentaartydperk van 8 November 2011 tot 9 Januarie 2012 op die KOBV ontvang is, is die KOBV toe na die FOBV opgedateer. Die tweede stadium van openbare deelname het betrekking gehad op die beskikbaarstelling van die FOBV op dieselfde plekke as die KOBV, en om kommentaar in te win. B&GPe het 21 kalenderdae (m.a.w. van 18 Januarie 2012 tot 7 Februarie 2012) geleentheid gehad om op die KOBV kommentaar te lewer. Geregistreerde B&GPe is op 16 Januarie 2012 per brief (per pos of e-pos) in kennis gestel van die kommentaartydperk op die FOBV. ʼn Uitvoerende Opsomming, tesame met ʼn Opdateringsbladsy, is in Engels en Afrikaans per pos of e-pos aan alle geregistreerde B&GPe gestuur. Die vernaamste veranderinge wat as gevolg van die 40-dag kommentaartydperk in die KOBV dokument aangebring is, is hierin uitgelig. Die huidige OIB-fase het ten doel om Tot op hede is die inhoud van die Konsep OIBV aan geregistreerde B&GPe oorgedra as deel van die huidige OIB-fase. Hierdie fase bestaan uit die: Beskikbaarstelling van die Konsep OIBV by die Prieska (Elizabeth Vermeulen) Openbare Biblioteek, by Ietznietz in Copperton, en op Aurecon se webblad (www.aurecongroup.com) verander Current Location na South Africa en volg die Public Participation -skakel) vanaf 5 Maart 2012; en Finalisering van die OIBV deur die insluiting van alle kommentaar vanaf die publiek op die Konsep OIBV by wyse van ʼn Kommentaar- en Antwoordblad. Na afloop van die OIB-fase is daar geleentheid vir appèl sodat B&GPe teen die DOS se omgewingsmagtiging kan appelleer. Projek- alt ernatiewe Die volgende haalbare alternatiewe is vir verdere ondersoek in die Omgewingsinvloedbepalingsverslag (OIB-verslag) geïdentifiseer: Alternatiewe plasings: o Een terrein vir die Hoekplaas FV-aanleg; en o Verspreiding van elektrisiteit via ʼn 1.5 km 132 kv-aansluiting met die Kronos-substasie. Alternatiewe bedrywighede: o Opwekking van sonenergie by wyse van ʼn FV-aanleg; en o No-go alternatief geen sonenergie nie. Alternatiewe terreinuitlegte: o Twee alternatiewe uitlegte (100 MW met ʼn 300 ha voetspoor en 150 MW met ʼn 450 ha voetspoor). Alternatiewe tegnologieë: o Twee alternatiewe tegnologieë vir sonpanele, naamlik FV en GFV; en o Vier verskillende tipe fondasies. Geïdentif iseerd e impakte 4 Die OIBV bevat ʼn omvattende beoordeling van die moontlike omgewingsimpakte wat op die voorgestelde FV-aanleg betrekking het. Hierdie impakte is deur die OIB-span sowel as B&GPe geïdentifiseer. Die volgende spesialisstudies is deur onderstaande deskundiges uitgevoer om meer omvattende inligting te bekom oor daardie omgewingsimpakte wat moontlik die meeste kommer wek, en/of waar daar nie genoeg inligting beskikbaar is nie. Die lys van die deskundiges en hul onderskeie spesialisstudies is in Tabel 1 uiteengesit.

Tabel 1: Lys van die spesialisstudies en die deskundiges wat die ondersoeke uitgevoer het Studie Konsultant en Organisasie Botaniese beoordeling Dr. Dave MacDonald, Bergwind Botanical Tours and Surveys Bepaling van Mnr. Kurt Barichievy van SiVEST landboupotensiaal Akwatiese beoordeling Hidrologie Mnr. James Mackenzie, Mackenzie Ecological & Development Services Mnr. Richard Hirst, SiVEST Beoordeling van avifauna Dr. Andrew Jenkins van Avisense Consulting Bepaling van erfenisimpak Mnr. Jayson Orton van ACO Argeologie Kulturele erfenis Paleontologie Dr. John Almond van Natura Viva Bepaling van visuele impak Mev. Karen Hansen 5 Die betekenisvolheid van die moontlike omgewingsimpakte (biofisies en sosio-ekonomies) wat die voorgestelde projek tot gevolg mag hê, is in Tabel 2 opgesom. Wat Tabel 2 betref is die mees betekenisvolle (medium hoog (-)) impakte tydens die bedryfsfase op die biofisiese en sosio-ekonomiese omgewing (sonder mitigasie) die moontlike invloed van die voorgestelde FV-aanleg op voëls, visuele estetika en omliggende grondgebruike. Tabel 2: Opsomming van die betekenisvolheid van die moontlike impakte vir elke alternatief 1 van die voorgestelde ontwikkeling IMPAKTE TYDENS DIE BEDRYFSFASE Geen Mit Met Mit 1.1 Impak op botanie: Voorkeur-uitleg L L 1.2 Geen ontwikkeling-alternatief L L 2 Impak op voëls M-H L-M 3 Impak op fauna BL BL 4 Impak op oppervlaktewater BL BL 5 Visuele estetika M L 6 Impak op vervaardiging van energie L+ L+ 7 Impak op klimaatsverandering L+ L+ Impak op plaaslike ekonomie (werksgeleenthede) en maatskaplike M+ M+ 8 toestande 9 Impak op landbougrond BL BL 10 Impak op omliggende grondgebruike M Nie bepaal nie IMPAKTE TYDENS DIE KONSTRUKSIEFASE Geen Mit Met Mit 11 Impakte op flora, avifauna en fauna L-M L 12 Sedimentasie en erosie L BL 13 Impak op verkeer BL BL 14.1 Impak op erfenishulpbronne Argeologie: Voorkeur-uitleg L L 14.2 Argeologie: Alternatiewe uitleg L L 1 Hierdie tabel is op alle alternatiewe van toepassing, aangesien daar geen beduidende verskille tussen die alternatiewe is nie.

14.3 Paleontologie L L 14.4 Kulturele erfenis: Voorkeur-uitleg L L Kulturele erfenis: Alternatiewe 14.5 uitleg M M Impak op plaaslike ekonomie (werksgeleenthede) en maatskaplike 16 toestande M+ M+ 17 Visuele impak L BL 18 Geraasbesoedeling BL BL 19 Berging van gevaarhoudende stowwe op terrein L L 20 Impak van stof L BL Met die toepassing van mitigasiemaatreëls sal die impak op visuele estetika na laag medium(-) afneem. Daar is tans geen inligting oor die betekenisvolheid van die afname in die impak op omliggende grondgebruik nie, maar na verwagting sal die mitigasiemaatreëls wat na samesprekings met SKA toegepas moet word, die impak daarvan verlaag tot ʼn vlak waar dit vir SKA aanvaarbaar is. Die impak op visuele estetika sal met die toepassing van mitigasiemaatreëls tot laag (-) daal. Die impak op die kulturele landskap sal egter dieselfde bly. Daar moet kennis geneem word dat vervaardiging van energie drie moontlike positiewe impakte teweeg kan bring, naamlik die impak op klimaatsverandering, die impak op die vervaardiging van energie, en die impak op die plaaslike ekonomie (werksgeleenthede) en maatskaplike toestande. Hierdie impakte hiervan is onderskeidelik medium (+), laag (+) en laag (+) met en sonder mitigasiemaatreëls. Aangesien daar geen verskil is in die betekenisvolheid van die haalbare alternatiewe nie, word daar dus aanbeveel dat Mulilo sy voorkeuropsie op grond van tegniese en finansiële oorwegings bepaal. Gevolgtrekkings en aanbevelings Die impakte van die voorgestelde projek het streeksimpakte (beide biofisies en sosio-ekonomies) tot gevolg wat die gebied nadelig kan raak. Die betekenisvolheid van hierdie impakte, sonder mitigasie, word as medium of laer (-) betekenisvol beskou. Met die toepassing van die aanbevole mitigasiemaatreëls sal die betekenisvolheid van die negatiewe impakte egter tot ʼn minimum beperk word en, behalwe vir een impak, as laag of baie laag (-) geag word. Positiewe impakte van die voorgestelde projek hou verband met klimaatsverandering, met die opwekking van energie, en met die plaaslike ekonomie (werksgeleenthede) en maatskaplike toestande naamlik laag tot medium (+) betekenisvol. Op grond van bogenoemde is die Omgewingsbeoordelingspraktisyn van mening dat die aansoek vir die voorgestelde sonenergie-aanleg en verwante infrastruktuur, asook vir alle alternatiewe, gemagtig kan word omdat die voordele die negatiewe omgewingsimpakte by verre oortref. Die betekenisvolheid van die negatiewe impakte kan met die toepassing van ʼn Lewensiklus Omgewingsbestuursprogram (OBprogram soos in hierdie verslag beskryf deur doeltreffende en toepaslike mitigasie verlaag word. Indien die aansoek goedgekeur word, moet die implementering van so ʼn OB-program as ʼn voorwaarde vir die goedkeuring ingesluit word. Volgende stappe Die Finale OIBV is beskikbaar gestel by die Prieska (Elizabeth Vermeulen) Openbare Biblioteek, by Ietznietz in Copperton en op Aurecon se webblad (www.aurecongroup.com/) (verander Current Location na South Africa en volg die Public Participation -skakel). Alle geregistreerde B&GPe is per brief in kennis gestel van die beskikbaarheid van die Finale OIBV, tesame met ʼn afskrif van die Finale OIBV se Uitvoerende Opsomming en Opdateringsblad. Die publiek kan tot en met 16 Mei 2012 hulle skriftelike kommentaar op die Finale OIBV by Aurecon indien. 6

Die OIBV sal gefinaliseer word by wyse van die byvoeging van die kommentaar vanaf B&GPe, asook die byvoeging van ʼn brief van Mulilo waarin hulle aandui watter mitigasiemaatreëls toegepas sal word. Die Finale OIBV is op dieselfde plekke as die Konsep OIBV vir kommentaar beskikbaar gestel. Enige kommentaar op die Finale OIBV sal nie in ʼn Kommentaar- en Antwoordblad opgeneem word nie, maar direk aan die DOS deurgestuur word. Sodra die DOS die Finale OIBV deurgegaan het, sal hulle bepaal of die OIB-proses aan die wetlike verpligtinge voldoen het, en of daar genoeg inligting is om ʼn ingeligte besluit te kan neem. Indien alle vereistes nagekom is, sal hulle besluit oor die omgewingsaanvaarbaarheid van die voorgestelde projek. Hierdie besluit sal in ʼn Omgewingsmagtiging vervat word waarin die detail van die besluit, die redes daarvoor en enige ander voorwaardes uiteengesit is. Nadat die omgewingsmagtiging uitgereik is, sal die DOS se besluit per brief aan alle geregistreerde B&GPe oorgedra word. Dit word gevolg deur ʼn appelproses waartydens en enige party die geleentheid het om, in terme van die WNOB, by die Minister van Omgewingsake teen die besluit te appelleer. 7 Kantoor vir Openbare Deelname Aurecon Franci Gresse / Louise Corbett Tel: (021) 526 9400 Faks (021) 526 9500 E-pos: franci.gresse@aurecongroup.com Posbus 494 Kaapstad 8000 Lys van Afkortings B&GP DOS FOBV Ha Km KOBV Kv MW OB-program OIB OIBV WNOB Belanghebbende en Geaffekteerde Party Departement van Omgewingsake Finale Omvangbepalingsverslag Hektaar Kilometer Konsep Omvangbepalingsverslag Kilovolt Megawatt Omgewingsbestuursprogram Omgewingsinvloedbepaling Omgewingsinvloedbepalingsverslag Wet op Nasionale Omgewingsbestuur