Harry en Frank Zeiler

Similar documents
Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Februarie 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Rut: n Liefdes Verhaal

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Uit Moerdijk se pen Man en Media

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Mandala Madness Deel 2

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Direkte en indirekte rede *

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Laasgenoemde persone is familielede en/of vriende van die Bartie-gesin. GEDENKPLATE: Die projek waarvolgens die Genootskap gedenkplate

Hoofstuk 16 ( )

Inhoudsopgawe Boy Booysen

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Dagsê Alle belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

To promote sales Caxton s management organized a float carrying advertising material and staff members in special costumes through the city centre.

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Government Gazette Staatskoerant

Edgehog

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Pretoria Brief [Februarie] Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SIZA takes the sting out of auditing

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

G. J. du Preez

November Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Tariewe

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Rubriek vir skeppende werk

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Sterdansers by Vensters.

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Mosselbaai Munisipaliteit

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Houtkanon gemaak deur Graaff-Reinet Boere in die vroeë 1800's

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Transcription:

Junie 2007 Dagsê Alle belangstellendes in die Geskiedenis van ou Pretoria, Hierdie is nie n baie interessante stukkie geskiedenins nie, maar na meer as vier jaar raak my idees om oor te skryf maar min. Hoe lyk dit, wie van u kan n bydrae maak? Vandag iets oor die drie Zeiler broers van ou Pretoria. Hulle was: Johannes Frederik Christiaan [Fred] Zeiler Gebore 24 Maart 1841, gedoop 23 Mei 1841, Cradock. Beroep spekuleerder, oorlede 3 Maart 1888 Pretoria. Francois Frederik [Frank] Zeiler Gebore 11 Maart 1854, gedoop 30 April 1854 Cradock. Beroep prokureur. Getroud met Adriana Stiemens [dogter van Hendrik Stiemens die onderwyser van Pretoria en Adriana Zechner]. Frank is oorlede op 2 Augustue 1907 in Pretoria. Henrij William [Harry] Zeiler Gebore 15 April 1859, gedoop 1 Mei 1854 Cradock. Beroep Magistraat. Getroud met Debora Jacoba Skinner [dogter van William Skinner en Debora Wilhelmina Landman] Henry is oorlede op 17 Februarie 1924 in Pretoria. Harry en Frank Zeiler Soos so baie ander, of moet ek sê meeste inwoners van ou Pretoria kom hul name nooit voor in enige geskiedenis boeke nie maar as mens die ou koerante lees [en n bietjie navorsing doen] kan kan daar heelwat oor hulle geskryf word. Om die ou koerante te lees is amper soos n vervolgverhaal. Ongelukkig het ek mikrofilm kopië van die koerant De Volksstem net to Julie 1879 maar is tans besig om te onderhandel om afdrukke van nog n paar jaar se koerante aan te koop. Eerste Zeilers in Suid Afrika Die oupa van die drie broers was Johann Frederich Zeyler [ook gespel Seiler of Zeiler] en hy kom van Pancevo in Hongarye. Wanneer hy in die Kaap aangekom het is nie bekend nie maar in 1797 kom sy naam voor as soldaat en Wagenverhuurder op n lys van VOC

amptenare. Sy eerste vrou was Catharina Theodora Muller en sy tweede vrou [en ouma van die broers] was Johanna Wilhelmina Andriesen. Hul vader was Francois Frederik Zeyler, gebore 16 Junie 1812 in Kaapstad en oorlede 18 Junie 1871 in Kimberley. Al sy kinders is in Cradock gedoop en dit is nie bekend of hy ooit in Pretoria woonagtig was nie. Die weduwee van Francois Frederik is in Schoemanstraat, Pretoria oorlede op 3 Julie 1915. Sy was Catharina Margaretha Wilhelmina Coetzer. Winkel in Pretoria Die twee oudste broers Fred [J.F.C. Zeiler] en Frank [F.F. Zeiler], het n winkel in Pretoria begin. Die eerste verwysing wat ek na hulle kry is in die Bras Periera dokumente van 1875 [Pr-35 p31]. Hulle het op rekening by hom gekoop o.a. 12 Kaffir Picks vir 2-17 sjielings, 12 cotton blankets vir 3-12 sjielings en 4 Guns, 2 @ 5 elk en 2 @ 4 elk. Die huur van die winkel was 47-10 sjielings per kwartaal. Waar die winkel was kon ek ongelukkig nognie vasstel nie. Moontlik was dit op Kerkplein waar die Reserwebank vandag is. In De Volksstem van 12 Junie 1875 adverteer hulle as volg: Messrs. Zeiler Brothers beg to announce that they have opened a General Bussiness in the store lateley occupied by mr. P.B. Perreira and invite inspection of their well assorted stock which they are prepared to offer at very low rates. Dit lyk asof dit goed gegaan het met die besigheid. Op 6 November 1875 is daar n nuwe advertensie in die koerant met n hele lys van goedere. Meesal klerasie soos bv. Mens Felt Hats, Pitch Helmit Hats and Leghorn Straw Hats. Vir die dames was daar onder andere Brushes and Combs en ook Hair Pads. Ook n verskeidenheid materiale soos Japanese silks in fancy colors, Black Silk Velvet en Balck Velveteen. In die kruideniersafdeling adverteer hulle: Starch, Mustard, Salmon and Fresh Dates. Baie anders as dit wat ons vandag in ons winkels sien. Miskien het hulle te hoog gevlieg. In die koerant van 29 Januarie 1876 word verklaar dat die venootskap verbreek word en dat J.F.. Zeiler alleen met die besigheid sal voortgaan onder die naam Fred Zeiler. In dieselfde koerant is daar ook n advertensie dat hy bereid is om vir kontant te koop of in ruil te neem Wol, velle ivoor en alle ander produkte. Dit is baie ver verwyder van die deftige klerewinkel waarmee hulle eers begin het. Ontdekking van Goud in Pretoria In De Voksstem van 24 Julie 1875 is die volgende berig: Goud in Pretoria -- Grote Opgewondenheid. Bernard Meintjes, gewoonlik genoem Pompey, 14 jaar oud en seun van J.J. Meintjes die Registrateur van Akte, bring Dinsdag vir sy vader een stuk kwarts dat hij opgeraapt had om voor sijn gomelastieken schieter te gebruiken. [Dit is deker n kettie] Omdat hy egter n geel stippel daarin sien bring hy die klippie na sy vader. Die heer Meintjes wys die kwarts aan n aantal mans en daar word besluit om Woensdag middag na die aangeduide plek te gaan. Die middag om vier uur gaan die heer Meintjes, twee klerke van die registrasiekantoor, J. Minnaar J.C. Kroch tesame met S. Melvill, Landmeter Generaal, C. Becker, Alphonse Meintjes en Celliers die redakteur van die koerant, daarheen. [Alphonso Cornelis Meintjes was getroud met Francina Dorothea Zeiler, suster van die Zeiler broers.] Dit is ongeveer 150 tree ten suide van die President se woonhuis. [dus ongeveer in die kruising van Prinsloo en Pretoriusstraat] Die klip is

opgetel op n hoop grond wat onlangs uitgegrawe is met die maak van n watervoor. Na n lang soektog keer hulle terug met n skottel vol grond en 3 klippies met stukkies goud in. Die opgewondenheid is groot en die volgende dag word nog n paar stukkies goud gevind. Toe doen hulle dit wat ons Suid Afrikaners so graag doen hulle hou vergadering en kies n kometee. In De Volksstem van 14 Augustus 1874 word berig dat n Publieke vergadering gehou is en dat n komitee gekies is om 75 of 100 in te samel om die prospekteerdery te finansier. F. Zeiler is gekies as een van die lede van die komitee. Later word hy gekies as sekretaris van die komitee. In die koerant van die 20ste word berig dat dat hierdie week nog prospekteerdery plaasgevind het. Pompey Meintjes het nog n mooi stukkie kwarts met goud in gevind n paar uur wes van Pretoria. Mnr. Skinner se seun het op dieselfde plek ook n stukkie gevind. Donderdag het C. Evans en Pompey Meintjes nog n paar stukkies gevind in 4 skottels grond wat hulle gesif het. Mnr. Armsfield het nog geen kleur gekry nie. [Charlie Evans was getroud met die oudste Zeiler suster en H.W. Zeiler was getroud met Skinner se oudste dogter. Dit lyk asof almal in Pretoria iewers familie van mekaar was.] Einde van storie? Jammer ek weet nie wat die einde van die stroie was nie. Ek het geen koerante vir Oktober 1875 nie. Of dit wel op die meester rol bestaan kon ek noenie uitvind nie. n Paar jaar later, 9 Mei 1877 word daar in die koerant gekla oor die slegte toestand van die paaie. Onder die opskrif Nodige verbeteringe die volgede: Ons is in kennis gestel van die bestaan van n paar hindernisse in die stad. In die oostelike gedeelte van die stad, waar vir n paar jaar hard na goud gesoek is, is daar heelwat diep gate. Hulle is mooi valstrikke om ledemate te breek van een of ander ongelukkige persoon wat op n donker nag daar mag loop. Kan die outoriteite nie die gate opvul nie? Nie een van die strate in die westelike deel van die stad is pasabel voor rijtuigen ten gevolge van die diepe knikspooren, slooten en watervooren die er dwars daar heen lopen. Hoop die reparasies sal plaasvind voor die 24ste van die maand wanneer die wapenskou hier gehou word. Ek kan nie wag om die volgende koerante om meer oor die broers te lees. H.W. Zeiler In die koerante wat ek tot dusver gelees het kom H.W. Zeiler se naam nie voor nie. Van die poste wat hy al beklee het is o.a. die van 1ste landdros klerk, Publieke aanklaer, 1ste Regterlike Kommisaris. Hy het ook by verskeie geleenthede waargeneem as Landdros. Volgens Loloa Dunston [Dun-01 p12] was hy 1889 Publieke aanklaer by die Hooggeregshof in Andriesstraat. In 1898 en 1899 was hy 1ste Regterlike kommisaris [Sta-03 p312; Sta-02 p329] en volgens Longlands Directory was hy in 1899 ook Assistent Landdros [Lon-01 212] In 1896 met die Jameson inval het H.W. Zeiler die voorlopige verhoor waargeneem. Waar die verhoor plaasgevind het kon ek nognie bepaal nie. Daar is n foto met die opskrif Arrival of twe of Jamesons men at Landdrost s Court wat voor Landdroskantoor op Kerkplein geneem is [Dun-01 p38], en in die Groem Magasyn is

daar n foto van die verhoor wat lyk asof dit binne in die ou Raadsaal geneem is. Het iemand miskien meer inligting? H.W. Zeiler het ook n aandeel gehad in die ondersoek na die ontsnapping van Churchill uit die Staatsmodelskool. [Pr-032]. In die Eufeesalbumvan die Prokureursorde van Transvaal is daar n mooi foto van die Landdros en sy personeel in 1897 waar H.W. Zeiler die Seviele Kommisaris is [Van-01 p10]. Die foto wat ek hier gebuik kom uit die staatsargief en het ongelukkig geen datum by nie. Beide H.W. en sy broer Frank is op hierdie foto. Landdros en sy Personeel Agter: Dr. Tobias; John Quinn; C.H. Sheppard; P.A.M. Cloete; J. Carnisus; C. Thesen; Andries Steph. Roux; George Leith; Marthinus Schutte; Chief Constable Cronin. Meddel: J. Warmholtz; C.E. Schutte [ass. Landdros];? Olivier[ Interpreter]; J.S. Smit [Landdros] ;H.W. Zeiler [2de assistant Landdros]. Voor: Frank Francois Zeiler; Sarel Coetzer [geregsbode]; J.C. Niemeyer; W. de Villiers. Verwysings na J.F.C. [Fred] Zeiler in De Volksstem 75-06-12 Zeiler Broers. Begin winkel in ou winkel van B.P. Pereira. 75-08-14 Zeiler, F. Sekondeer goud kommisie 75-08-21 Zeiler, Fred Word sekretaris van Goudsoekers 75-11-06 Zeiler Broers. Nuwe Advertensie. 76-01-29 Zeiler Broers J.F.C. en F.F. Zeiler verbreek hul venootskap. J.F.C. sal voortgaan met besigheid as F. Zeiler. 76-01-29 Zeiler, Fred Advertensie as Koopman.

76-05-27 Zeiler, Fred Skuif besigheid na no. 1 Kerkplein. Voorheen Beckett & Co. 76-08-05 Zeiler, Fred Verkoop kaartjies vir onthaal van nuwe Wesleyan Chapel 76-11-25 Zeiler, Fred B.P. Pereiera wil winkel verhuur. Eers gebuik deur Fred Zeiler, later as Railway Hotel. Langs Masonic Hotel 76-12-02 Zeiler, Fred Sluit Woensdag 2 uur vir halfweeklikse vakansiedag 77-05-02 Zeiler, Fred Gekies as Sekretaris van Aurora Lodge. Vrymesselaars 77-05-30 Zeiler, Fred Word aan Shepstone voorgestel tydens Resepsie in Raadsaal. 77-07-04 Zeiler, Fred Gekies as offisier by Vrymesselaars Verwysings na F.F. [Frank] Zeiler in De Volksstem 75-06-12 Zeiler Broers. Begin winkel in ou winkel van B.P. Pereira. 75-11-06 Zeiler Broers. Nuwe Advertensie 75-12-18 Zeiler, F.F. Gekies as sekretaris van die Krieketklub 76-01-29 Zeiler Broers J.F.C. en F.F. Zeiler verbreek hul venootskap. J.F.C. sal voortgaan met besigheid as F. Zeiler. 76-01-29 Zeiler, F. Eers van Gebroeders Zeiler vertrek na Kaapstad. 76-12-23 Zeiler, Frank [Eers van gebroeders Zeiler] Is deur hof in Kaapstad toegelaat as Transportbesorger. 77-05-16 Zeiler, F.F. Speel kriektwedstryd vir Pretoria Klub teen 13de regiment 77-05-30 Zeiler, Francois Word aan Shepstone voorgestel tydens Resepsie in Raadsaal. 77-05-30 Zeiler, Frank Be-eedig as Prokureur 77-05-30 Zeiler, Francois F. Advertensie. Prokureur, transportuitmaker, algemene agent. 77-06-20 Zeiler, Francois Eerste Saak. Dagvaar H. Von dem Hove. Skuld loon aan arbeider. Bronne Verwysing Genealogiese inligting kom uit n ongepubliseerde werk: ZEILER Descendents of Johann Friedrich Zeyler, founder of the Zeiler family in South Africa. 2006 Compiled by Dr Michael Glatthaar [mg@ampath.co.za] Dun-01 Dunston, Lola Young Pretoria 1889-1913 1975 Lola Dunston Pretoria L0n-01 Longland Longland,s Pretoria Directory 1899 Pr-032 Pretoriana Nommer 32&33 [April - Augustus] 1960 Pr-035 Some recent documentary discoveries. Pretoriana Nommer 35 [April] 1961 Sta-02 Kuipers, H. ea Staats-Almanak v d Zuid-Afr. Republiek 1898 Staatsdrukkerij, Pretoria Sta-03 Kuipers, H. ea Staats-Almanak v d Zuid-Afr. Republiek 1899 Staatsdrukkerij, Pretoria Van-04 Van Niekerk, J.P. Prokureursorde van Transvaal Eeufees 1892-1992 Transvaal Law Society Hoop volgend maand se brief is interessanter. Groete, Rosa Swanepoel