MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Amptelike Nuusbrief van die Malan-Familiebond MALAN VONK. 15de UITGAAF DESEMBER 2014 IN HIERDIE UITGAWE

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Rut: n Liefdes Verhaal

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

Tariewe

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

HOëRSKOOL PORTERVILLE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Tariewe

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Direkte en indirekte rede *

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Please keep those articles and contributions coming.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

~retoriana. Nr./No. 87 APRIL Prys R 3,00 Price VAN DIE GENOOTSKAP ODD-PRETORIA OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

INTRODUCTION. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria

SUIDLAND MEDIA MONUMENTE WAT LEWE ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

SIZA takes the sting out of auditing

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Edgehog

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

PROGRAMME PROGRAMMES

Mandala Madness Deel 2

G. J. du Preez

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Die Kerkbode en die viering van Geloftedag,

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Hoofstuk 16 ( )

Laasgenoemde persone is familielede en/of vriende van die Bartie-gesin. GEDENKPLATE: Die projek waarvolgens die Genootskap gedenkplate

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Sterdansers by Vensters.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

Why? You ask, would you want to attend this FGASA meeting.

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

A very big thank you to Elsje van der Linde for her contribution to Eureka.

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

SUID-AFRIKAANSE KRONIEK, 1949.

,SY CHRISTELIKHEID SAL GEEN BEPERKING WEES"

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Government Gazette Staatskoerant

Kerssangdiens. SA Gemeente

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

RIGLYNE VIR DIE SKRYF VAN SKRIPSIES EN WERKSTUKKE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

Nr./No Des~A}berlPe~~b~r!".. lh 2 A. 05 ( b~ ~ ret0 r f:'a'll':ap'~8\sl

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Transcription:

MALAN VONK Amptelike Nuusbrief van die Malan-Familiebond Herdenking eerste Malan-Saamtrek 1 Dr D F Malan Lindie Koorts.2 Brandbach Daniel Malan.2 Rainbowsend Jacques Malan.3 Saamtrek trek te Franschhoek..4 en 5 Program Pretoria Vrydag 1/9/2017....6 Ledegeld, kostes en betalings....6 8de UITGAWE JULIE 2017 65ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek Die Malans van Suid-Afrika het vir die eerste keer op 6 Oktober 1951 te Franschhoek onder beskerming van die Eerste Minister van Suid-Afrika sy Edele Dr D F Malan saamgetrek. Adv. Paul Malan van Frankryk was die eregas. Om hierdie besondere dag te gedenk, het die Malan-Familiebond twee saamtrekke gereël. Die een te Pretoria het plaasgevind op Saterdag 8 Oktober 2016 en die tweede een te Stellenbosch en Franschhoek op 14 en 15 Oktober 2016. n Aanhaling uit Lindie Koorts se boek D F Malan en die opkoms van die Afrikaner Nasionalisnme wat lui Wie was die man agter die dik bril van Doktor Malan neem onwillekeurig ons gedagtes terug na die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1947 en Dr Malan se besielende boodskap aan die volk van SuidAfrika. Hy het in sy boodskap afgesluit met die aangrypende woorde: terug na heiligheid en ongeskendheid van die gesinslewe, terug na Christelike wandel, terug na U. Tydens hierdie saamtrek het Dr Malan ook van sy drome geopenbaar nl dat n geslagsregister van die Malans van SuidAfrika deur n Malan saamgestel word en dat n Malan-Familiebond gestig word. Dr Hercules Morkel Malan van Bloemfontein doen aan D F Malan se eerste droom gestand met die publisering van die eerste uitgawe van die Die Malans van SuidAfrika, Geskiedenis en Geslagsregister in Augustus 1988. Dr D F Malan se tweede droom word verwesenlik deur die bemoeienis weereens van Dr H M Malan met die stigting van die Malan-Familiebond van Suid-Afrika, n kultuurorganisasie sonder winsbejag en wel op 16 Desember 1989 te Blyvooruitsig met 37 lede. Op 6 Oktober 1951 het Dr Malan die eerste Malan-saamtrek op Franschhoek toegespreek. Tydens hierdie saamtrek word Jacques Malan se boek die MalanGedenkboek vir die eerste keer bekend gestel. 1

Dr Hercules Malan word die eerste voorsitter, maar staan in 1990 die pos as voorsitter af aan J C Malan wat die bond vir die volgende 14 jaar bestuur en ook optree as redakteur van die Bond se nuusbrief die Deus Arx Mea. Dr Hercules kon hom nou as onder-voorsitter toelê op die uitbreiding van die geslagsregister en die geskiedenis van die Malans van Suid-Afrika. Met behulp van die twee Danie s word die 2de uitgawe n werklikheid en word n prag Lindie Koorts se toespraak is soos hierbo verpak en verkoop teen R100.00 posgeld uitgesluit. t weede publikasie in Oktober 1998 uitgegee. Dr Hercules Malan is tans besig om die kennis wat hy opgedoen het met 3 oorsese reise na die bakermat van die Malans in Frankryk te verwoord in n nuwe uitgawe van die Malans van Suid-Afrika. Hierdie nuwe uitgawe sal in 2018 uitgegee word om saam te val met die viering van die Hugenote se koms na Suid-Afrika 330 jaar gelede. J C Malan is tans die beskermheer van die Malan-Familiebond en D S (Dennis) Malan is sedert 2006 die voorsitter en ook die redakteur van die Malan Vonk, die Bond se elektroniese nuusbrief wat nou vir die 17de keer verskyn. Groepie Malans wat die Pretoria-saamtrek bygewoon het in die voorportaal van die Erfenisstigting se biblioteek. Dr Lindie Koorts sit voor met die rooi baadjie aan. Daar is ook n besoek gebring aan die Erfenisstigting by die Voortrekker Monument en Brandbach n Malan plaas te Cullinan. Etlike Malans het besoek gebring aan Brandbach wat behoort het aan Daniel Malan (1799-1881). Daniel is te Noordhoek naby Houtbaai gebore. Woon en trou te Swellendam. Trek in 1838 van hier en vestig hom op Malanskraal, Heidelberg (Tvl) in 1840. In 1849/50 vestig hy hom op Brandbag vandag Brandbach. Sien Familie-Album en geslagsregister van Daniel Malan van Brandbach deur Jacques Malan. Groot dank gaan aan Jan Daniel Malan wat al die reëlings vir ons besoek getref het. Ontleen aan die openingstoespraak van J C Malan, Beskermheer van die Malan-Familiebond van SA. Hierdie besondere saamtrekgeleenthede se hoof doelwit was om erkenning te gee aan die drome van Dr D F Malan en die uitkomste daarvan. Dr Lindie Koorts was dus die hoofspreker te Pretoria se saamtrek met die titel Wie is die man agter die bril van Doktor Malan. 2

Versamelingsafdeling in die biblioteek van die Universiteit van Stellenbosch oorhandig. The new and very successful owner of Brandbach Dr Brylyne Chitange with Dennis Malan and Dr Hercules Malan. Dr Chitange went out of her way to make this a most outstanding visit. She also escorted us to the ancestral graves of the Malans of Brandbach. The original house was burnt down and only the graves remain. Malans by die D F Malan-uitstalling in die biblioteek van die Universiteit van Stellenbosch. Hierna is die plaas Rainbows End van Jacques Malan te Banhoekvallei, Helshoogte besoek. n Groepie Malans en afstammeling van die Malans van Brandbach besoek die Familiebegraafplaas. Jacques Malan en sy seuns Anton en Francois. Jacques is die seun van Drew Malan vorige eienaar van Rainbows End en na aftrede woonagtig te De Merindol, Kusweg, Strand. Middagete was hier genuttig en kon ons proe van die besonderse lekker wyne wat op die plaas in Jacques se eie kelder gemaak en gebotteleer word. Die saamtrek te Stellenbosch het afgeskop met n kranslegging by die grafte van Dr D F Malan en sy kinders Danie, Hannes en Marietjie. Dit is opgevolg met n besoek aan die opstal, kunsuitstalling, watermeul en begraafplaas te La Motte. L L na R: René gade van Ds Danie en Dr Chris wat die skriflesing en gebed gedoen het gevolg deur Viode, Boet, Beatrix, Edie, Stephan en Dennis. n Fotoplakaat wat die lewe van Dr Malan uitbeeld is aan die Spesiale 3

Malans voor die opstal van La Motte. Let daarop dat dit nie oorspronlike Bo-La Motte van Jacques Malan, stamvader van die Malans van SA is nie. Dennis Malan voorsitter van die Malan-Familiebonde van SA verwelkom die gaste by die 65ste herdenking by die Hugenote Monument. Regs sit sy seun Dr Chris Malan van die NG Kerk die Lynnwoodrif, Pretoria wat met skriflesing en gebed die verrigting geopen het. Die watermeul te La Motte is nog in werkende toestand. Tot onlangs is meel al hier gemaal vir brood in die restaurant. Die dag is afgesluit met n besoek aan die spesiale Malan-uitstalling by die Hugenote Museum te Franschhoek. Malans voor die Hugenote Monument tydens die viering van die eerste byeenkoms 65 jaar gelede. Prof. Johan en Cecilie de Villiers besoek die Malanuitstalling by die anneks van die Hugenote Museum. Cecilie is die suster van Avril Malan, voormalige Springbokkaptein. Dag twee het afgeskop by die Hugenote Monument waar Dr Chris Malan van die NGK, Lynnwoodrif, Pretoria die opening met skriflesing en gebed waargeneem het. Dit is opgevolg met n voordrag deur Dr Andrew Kok voorsitter van die Hugenote Vereniging van SA getiteld Die Franse Hugenote en die Suid-Afrikaanse Malanverbintenis. Hierdie groepie Malans het 65 jaar gelede ook die eerste Malan-Saamtrek te Franschhoek in 1951 bygewoon. Van L na R: Martin, Dr Jan, Danie, Niel, Cecilie, Edie, Zona, Francois en Dennis. 4

D ennis Malan Voorsitter van die Malan-Familiebond van SA oorhandig n besondere mooi glas wynkraffie met die Malan-wapen op, aan Dr Hercules Malan vir jare lange uitmuntende diens aan die Malan-Familiebond en die Malans van Suid-Afrika. Die Malan-Familiebond het dus op n baie gepaste wyse uitvoering gegee aan die drome van sy Edele Dr D F Malan, in lewe Eersteminister van Suid-Afrika deur op hierdie wyse in herinnering te roep wat vyfen-sestig jaar gelede op 6 Oktober 1951 net drome was. Die enigste drie Danie s wat ook in 1951 die eerste Malan-Saamtrek bygewoon het, uit n groep van 36 wat op die oorspronklike foto voorkom wat saam met Dr D F Malan geneem is. Hierna is die verrigtinge voortgesit by Eikenhof. Prof. Herman Giliomee het gepraat oor Dr D F Malan, die ongewone politieke leier. n DVD van die toespraak van Dr Lindie Koorts is vertoon. Die verrigting is afgesluit met n baie spesiale bydrae deur Dr Francois Malan, kleinseun van Dr D F Malan wat aan dieselfde universiteit in Nederland as sy oupa gestudeer het. Die titel van sy voordrag was Twee Malans in Nederland Oupa en Kleinseun. Maureen Malan Druif het ons heeldag vergas met musiek en sang. Malan-Saamtrek te Pretoria. Die program vir Vrydag 1 September 2017 vind weer plaas in die Koloniekamer van die Restaurant by die die Voortrekker Monument, Pretoria. 10:30 Registrasie tee en koffie word bedien. 10:45 Verwelkoming en Opening deur Dennis Malan. 11:00 Wat is die stand van die konstitusie van Suid-Afrika? Prof. Koos Malan van UP 11:45 Middagete in die restaurant. 13:00 Al gehoor van SAILOR MALAN n Kragpunt (Power Point) aanbieding deur D S Malan. 13:45 Die Malans van SA. Splinter nuwe uitgawe deur Dr Hercules Malan. Dr Francois Malan en Maureen Malan Druif. 14 15 Bond-sake en afsluiting. Malan-Saamtrek te Paarl vind plaas op 21 Oktober 2017. Program beskikbaar in September uitgawe. Koste: R150 pp, Kinders R125 <12 jaar. Betalings: ABSA Spaar 916 844 977, Strand, Tak 632005. Opgestel deur Dennis Malan, Ledegeld: R150 per indiwidu of gesin / jaar. nagesien en elektronies versend Hercules Malan. 5

6

7