Amptelike Nuusbrief van die Malan-Familiebond MALAN VONK. 15de UITGAAF DESEMBER 2014 IN HIERDIE UITGAWE

Similar documents
MALAN VONK. 8de UITGAWE JULIE ste Herdenking van die eerste Malan-saamtrek

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Mandala Madness Deel 2

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

SIZA takes the sting out of auditing

Tariewe

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

Huguenot Newsletter Hugenote Nuusbrief

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

INTRODUCTION. Jean FELIX-PAGANON Ambassador of France. Pretoria

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

G. J. du Preez

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Please keep those articles and contributions coming.

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Hoofstuk 16 ( )

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Kerssangdiens. SA Gemeente

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Sterdansers by Vensters.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

A very big thank you to Elsje van der Linde for her contribution to Eureka.

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

~retoriana. Nr./No. 87 APRIL Prys R 3,00 Price VAN DIE GENOOTSKAP ODD-PRETORIA OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

DIE EERSGEBORENE. deur Ina van Niekerk

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Dialoog en paragrawe *

Die Waarheid Oor KERSFEES

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Tjaart van der Walt: slaaf van Christus δοῦλος Χριστοῦ

Bybelvertaling. Waarom verskil Bybels? Waarom word die Bybel voortdurend vertaal? Watter Bybelvertaling is die beste?

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

MURRAYSBURGER. Sondag 15 Julie The secret is out!

M ENDI FEBRUARY 2 2 N D BANTU SPORTS CLUB' I d. VON W EILIGH STREET SOUTH, JOHANNESBURG. AFRICANS'

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

RIGLYNE VIR DIE SKRYF VAN SKRIPSIES EN WERKSTUKKE

Transcription:

MALAN VONK 15de UITGAAF DESEMBER 2014 Hierdie Malan Vonk verskyn vir die 15de keer en is ook ons Kersfees uitgawe. Dit bevat ook inligting oor die Malan-Famliebond se 25ste verjaardagvieringe wat gehou is in die Paarl by Eat@Simonsvlei Restaurant, Suider-Paarl op 4 Oktober 2015. Kersfeesboodskap n Boodskap van Groot Blydskap. Dit is wonderlik om te sien watter vreugde n klein babatjie vir n mens se lewe bring. Jy sal sommer n wildvreemde outjie se handjies en voetjies soen. Dit is wonderlik om te sien watter moeite oumas en oupas doen om by die geboorte, van n kleinding teenwoordig te wees soms gaan hul selfs oorsee. Nou lees ons in Lukas 2 van skaapwagters wat kennis gekry het van die geboorte van n baba en dit was n tyding van groot blydskap volgens vers 10. Hulle besluit om dadelik te gaan om die baba te sien. Was dit nie n vreugdevolle gebeurtenis nie? Skielik was daar n menigte engele wat God prys en sing: Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mens in wie Hy n welbehae het. Waarom was dié geboorte van die baba so besonders? Die engel het gesê: Hy is die Verlosser. Luk. 2:11. As hy nie gebore sou word nie, sou die hele skepping bly sug het (Rom. 8:22) en ons as mens sou vir ewig verlore wees in die buitenste duisternis. Amptelike Nuusbrief van die Malan-Familiebond IN HIERDIE UITGAWE Boodskap van groot blydskap..1 Malan-Familiebond 25 jaar oud...1 Boodskap van die Beskermheer J C Malan..2 Herkoms en vlug van die Malans van SA..3 Stranding van die Schoonenberg. 4 Die Malan-Familiebond vier fees. 5 Oorkondes...5 Ledegeld en donasies 6 Maar nou het die engel gesê: Daardie kindjie is die Verlosser en daarom die groot vreugde. vrygespreek van sy skuld en het vrede met God (Rom. 5 :1) en sy straf is weggeneem (Rom. 8:1). Wanneer ons dan die geboorte herdenk, kan ons wat verlos is, saam met die engele sing: Die Heiland is gebore soos eeue reeds voorspel Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel Met blye hemel kore wil ons ook juig en sing Ons Heiland is gebore - dis Hy wat redding bring Ja, die geboorte van daardie baba was iets besonders. Hy maak ons harte bly. Laat ons Hom vir ewig omhels. Mag ook hierdie Kersfees vir u n vreugdevolle Kersfees wees. Die Kersfees boodskap is opgestel deur Ds Hercules Malan, emeritus predikant, Strand. Die Malan-Familiebond 25 jaar oud Die Malan-Familiebond van Suid-Afrika is een van die oudste en mees aktiewe familiebonde in Suid-Afrika. Hulle het op 4 Oktober 2014 hul 25ste verjaardag in die Paarl gevier. Die Malan-Famiebond se ontstaan het gespruit uit n begeerte van enkele Malans om in bewaring te neem en te hou dit wat 1

Hugenote voorgeslagte vir hul hierheen gebring het. Die gedagte om so n bond te stig is 63 jaar gelede by die eerste Malan-saamtrek op 6 Oktober 1951 te Franshhoek geopper. Die skrywer Jacques Malan se Die Malangedenkboek, wat daardie dag bekend gestel is, was so n element. Sien die uitgawes van Herfs/Winter 1992 en Jaargang 10 Nr 19 van Junie 1998 van die Deus Arx Mea vir meer inligting. n Eerste waarin die eie geskiedenis van die Hugenote-Malans hier te lande met dié van hul naamgenote elders in die wêreld in gebondenheid saam gebind kon word. Die tweede element was die besielende boodskap van Dr D F Malan, toe Eerste Minister van SA, en sy droom dat n Malangeslagregister opgestel moes word. Hierdie droom is bewaarheid met die bekendstelling van die manuskrip van Die Familiegeslagsregister, deur dr Hercules Malan te Krugersdorp op 9 April 1987. Die idee was om n Malan-Familiebond te stig wat sou saamval met die 300-jarige Hugenote-fees op Franschhoek. Dit het groot byval gevind by n saamtrek by die Voortrekker-terrein te Stellenbosch op 16 April 1988, toe Die Malans van SA vrygestel is. Uiteindelik is die Malan- Familiebond gestig te Blyvooruitsig op 15 Desember 1989 met 37 stigterslede as kultuur organisasie sonder winsbejag. n Missie en doelstellings is toe geformuleer. Om die 25 ste verjaardag te vier het die Malan-Familiebond saamgetrek op 4 Oktober 2014 by die Eat@Simonsvlei te Paarl. Die Malans het eers byeengekom te Spice Route voorheen die plaas Leeuwenjacht van Daniel Gerhardus Malan die vader van besonder begaafde kinders wat o.a. predikante, regsgeleerdes en ministers opgelewer het. n Groot verrassing het op ons gewag in die proelokaal toe Teresa Koekemoer en Elsa Gous ons vergas het met hul impromptu vertellings van die geskiedenis van Leeuwenjacht. Hulle het albei op dié plaas grootgeword. Hul ouma was n nooi Malan. Bo: n Groepie Malans voor die opstal Leeuwenjacht, nou n sjokoladefabriek te Spice World. Boodskap van die beskermheer van die Malan-Familiebond J C (Jack) Malan. Die voorsitter, Dennis Malan heet die aanwesiges welkom by die 25ste herdenking van Malan-Familiebond. Hy lees ook die beskermheer JC Malan se boodskap voor, wat as volg lui: Dis met soete herinneringe aan die sikliese genadeklok van lewe en geleenthede dat ons vandag die Bond se 25ste bestaansherdenking kan vier! Welluidend roep dr. D F Malan se jongelingsleuse: Soek in die verlede. En bou dan n toekoms en Voeg bymekaar wat deur innerlike oortuiging bymekaar hoort. Dit was op 15 Desember 1989 dat die Bond deur dr. Hercules Malan met 37 stigterslede te Blyvooruitsig tot stand gekom het. Hy bly in genealogiese terme n meedoënlose Hercules. Ons dank hom vir sy onbaatsugtige diens! Mens staan verstom oor die enorme hoeveelheid werk wat die FAMILIE aangepak en deurgevoer het om hul voorsate op dié wyse te huldig: Verstom dat ons n Bond kon oprig wat 25 jaar later nog 2

lewensvatbaar is. Inderwaarheid een van die voorste Hugenote-familiebonde in Suid-Afrika! Deur middel van hul nuusbrief Deus Arx Mea (nou, elektronies Die Malan Vonk); jaarlikse familie-saamtrekke; oorsese besoeke aan ons bakermat; bydraes tot die Genealogiese Genootskap; die Hugenote Vereniging van SA en die internet kan ons met versugting terugkyk op die kronkelpaaie waarlangs ons gekom het. Groot dank aan ons voorsitter Dennis Malan vir sy bekwame leiding en al ons lede vir hul wonderlike ondersteuning. Ons gedenk dan ook plegtig dié talle lede wat ons vooruitgegaan het, waaronder ons eerste Beskermvrou, Tini (Malan) Vorster (eertydse premiers- en Staatspresidentsvrou; haar opvolger as Beskermheer, Mnr Frans Malan van Simonsig Landgoed,Stellenbosch en na hom prof. Fanie Malan, Pretoria. Dan wil ek as voorsitter die naam van JC (Jack) Malan jarelange voorsitter en redakteur van Die Deus Arx Mea en tans beskermheer van die Bond byvoeg: Ons sal hulle altyd onthou!! Ten slotte bring ek hulde aan die geëerde senator F S Malan (1871 1941); regsgeleerde, joernalis, staatsman en per geleentheid Eerste Minister van die Unie van SA wat na my mening die noodsaaklike bewusmaking van ons Hugenote/Waldensieserfenis/nalatenskap in die anale van ons geskiedenis verewig het. Hy het naamlik gesê: * Die Hugenote het vir ons geen aardse goedere gebring nie, maar geestesgoedere * Hulle het vir ons gebring die besef van: --persoonlike waardes vryheid van gewete vryheid van godsdiens vryheid van die indiwidu n Vredevolle herdenkingsfees u elkeen toegewens!! J C Malan Beskemheer Die herkoms van die Malans van SA en Die vlug van Jacques Malan. Drie Suid-Afrikaanse Malans, Dr Hercules, Danie (JD) en Past. Josua Malan, wat vir Danie (DG) op die nippertjie vervang het, aangesien Danie skielik siek geword het, het op 8 Mei 2014 na Frankfurt vertrek om die spore van die stamvader van die Malans van SA te volg. Na drie weke van intensiewe navorsing het hul op 24 Mei 2014 weer teruggevlieg na Suid-Afrika. Dr Albert de Lange n gebore Nederlander woonagtig in Karlsruhe, Duitsland en kenner van die Waldensiese geskiedenis het hulle vergesel. Kommunikasie op die toer was baie vergemaklik omdat Albert, benewens Nederlands, Duits, Italiaans en Frans vlot kan praat. Die Waldensiese museum in Őtisheim- Schönenberg en verskeie Waldensiese dorpe in Duitsland is ook besoek. Die groepie het Boergondië, waar die Malans waarskynlik oorspronklik vandaan kom besoek, asook die Angrognavallei in Piedmont en die Queyrasvallei (waar die eerste verwysing na n Malan aangeteken is) en daarna die Luberongebied, waar Jacques Malan ons stamvader gebore is. Daarna is die roete wat Jacques in 1687 met sy vlug uit Frankryk gebruik het, gevolg. Dit sluit in Lausanne en Scaffhausen in Switserland en Heidelberg Frankfurt in Duitsland. Die tyd het dit nie toegelaat om die die vlugroete tot in Rotterdam te voltooi nie. Hercules het aan die hand van skyfies ons saam op hul toer geneem tydens ons saamtrek. Wat n belewenis vir almal, veral vir dié wat al voorheen saam getoer het. Ons kon alles in die gees meedoen. Ons is groot dank verskuldig aan Hercules en sy span! Die inligting wat hul versamel het is van onskatbare waarde vir die Malans van Suid- Afrika en ook ander Hugenote afstammelinge. Prof. Christo Viljoen, wat die Hugenote Vereniging verteenwoordig het, het vir Hercules gevra om n artikel vir Die Hugenote Bullitin se 2015 uitgawe te skryf. Hercules het ook al die eerste twee hoofstukke vir die nuwe Malan boek geskryf. Ek as voorsitter van die Bond het dit nou al n paar maal deurgelees. n Mens staan verbaas oor die in diepte besonderhede wat na vore kom. So is vasgestel dat Antoine waarskynlik Jacques se oupagrootjie was en sy oupa Pierre Malan. Laasgenoemde het 5 kinders gehad nl Antoine, Daniel, Jacques, André en Jean. 3

Jacques Malan stamvader van die Malans van SA het op La Belle Etoile waar sy vader Jacques geboer het, grootgeword in die distrik St. Martin-de-la-Brasque (vroeër St. Martind Aigues) so 300 meter van La Motte d Aigues. La Belle Etoile in Frans beteken die mooi ster. Amper het ons bly geword. Dit klink dan so baie na Morgenster die familieplaas van Jacques te Somerset-Wes. Dit is egter n vervorming van die Provensaalse Bello Estello wat as dit vertaal word die goeie Ettienne beteken. Die Franse gebruik was om die boerdery na die inwoners te benoem. Etienne was dus die eerste inwoner van La Belle Etoile. (Ontleen aan ongepubliseerde dokumente deur Dr Hercules Malan) Ná Hercules se boeiende aanbieding was die kele regtig droog en is ons deur die keldermeester van Simonsvlei vergas met n lekker wynproe wat ons in die regte stemming gebring het vir n voorslag middagete. Die Malans sit aan vir n lekker wynproe. Links voor: Hercules en Roeline (Polokwane), Regs voor: Niel (Voorheen van Diamant Suider-Paarl, Wayne en Thea (Strand) Dr Christo Viljoen en sy gade Hanna het die Hugenote Vereniging verteenwoordig as ere-gaste en die heildronk ingestel. Stranding van die Schoonenberg Dr Jan Malan (Bredasdorp) Dr Jan Malan het gepraat oor die stranding van die Schoonenberg aan die Bredasdorp se kus op 21 November 1722. Volgens The Hinges Creaked deur Eric Rosenthal en South African Beachcomber deur Eric G Lawrence was Jacob Malan van Vergelegen, Hendrik Klopper en Jacob van der Heiden, al drie boere van die Hottentots Holland distrik, verantwoordelik vir die stranding van die Schonenberg op pad vanaf Batavia. Die buit is vervoer na Vergelegen waar dit begrawe is. Die skeepskaptein is die enigste persoon wat skuldig bevind was. Navorsing deur eers Tommie Malan en toe Dr Jan Malan het bewys dat die skrywers n lekker storie opgemaak het en dat hul weergawe nie waar en korrek is nie. Behalwe dat die storie van Rosenthal en Lawrence in hul boeke verskyn wat in die 1950 s die lig gesien het, verskyn die storie tans ook in die kwartaalblad van Schoonenberg, n baie groot sekuriteitsontwikkeling te Somerset-Wes. Die verkeerde inligting word ook vertoon in die Bredasdorp se skeepsmuseum. Selfs verskyn daar in The Malan and Morkels n geskrif wat die verwantskap van die twee families aandui die volgende: (Stamouer Jacques Malan s first son Jacobus was involved in the somewhat dubious salvage venture with van der Heyden, of the treasure of the wreck of the Schoonenberg in 1722. Read about it in our story about the wreck. Jacobus died young, soon after the Schonenberg incident.) Hierdie mistastings word tans deur die Malan- Familiebond aangespreek. (Navorsingsresultate sal in die volgende Hugenote Bulletin verskyn.) Dr Jan Malan het ook meer inligting oor die geskiedenis van die plaas Diamant met die gehoor gedeel. 4

OORKONDES Bestuur het besluit om sommige van sy lede en donateurs wat n groot bydrae tot die ontstaan, uitbouing en onderhouding van die Malan-Familiebond op n paslike manier te vereer. Die beskermheer J C Malan het die Oorkonde ontwerp en laat druk. n Besondere stukkie kunswerk. Terselfdertyd het hy n pragtige kaartjie met sy boodskap daarop laat druk. Ons is groot dank aan hom verskuldig. Dr Jan Malan van Bredasdorp aan die woord. Die Malan-Familiebond vier fees. n Verjaardag sonder n koek, is nie n verjaardag nie. Die voorsitter het gesorg dat daar n heerlike versierde wortelkoek was, met die Malanfamiliewapen daarop. Die bewoording van die Oorkonde lui as volg: Met die viering van die 25ste Herdenking van die Malan-Familiebond word hierdie spesiale titel aan: Jacobus Coenraad Malan toegeken vir volgehoue bydrae wat onvoorwaardelik op n verskeidenheidryke maniere tot voordeel van die BOND en daarmee saam tot heil van n groter gemeenskap onbaatsugtig gelewer was. Oom Japie Malan (95) oud-orrelis van die Groote Kerk in Kaapstad sny die verjaardagkoek om die 25ste bestaansjaar te vier. Links staan Dennis Malan (Voorsitter) en regs Dr Hercules Malan (Onder-voorsitter). Die skinkbord is deur die voorsitter se pa, Danie, aangekoop tydens die eerste Malan-Saamtrek op 6 Oktober 1951 nl 63 jaar gelede en behoort nou aan die voorsitter. Van L na R: Lede wat oorkondes ontvang het tydens die 25 ste Herdenking Edie Malan (Voorsitter Wes-Kaap), Elsiby Malan 5

(Weduwee van wyle Tommie Malan), Dr Hercules Malan (O-Voorsitter), Dennis Malan (Voorsitter, Malan-Familiebond van SA), Ds Hercules Malan (Vorige Voorsitter- Wes-Kaap) en Dr Jan Malan( Vir navorsing oor die Schooneneberg ens). ontvang. Sedert Frans Malan hul vader beskermheer van die Malan-Familiebond was, is die die Malans van Simonsig sterk ondersteuners van die Bond. Behalwe die persone wat reeds vermeld is. is daar ook besluit om aan Daniel Gerhardus Malan (Mede-skrywer van die Malans van SA), Jacob Daniel Malan (Biograaf Boksburg), Aletta Malan (Genealoog- Upington), Daniel Francois Malan (Allesverloren), Jacques Deetlefs Malan (Malanseuns - Pretoria) en Catharina Susanna (Tant Kitty) Oom Fanie se weduwee) oorkondes te gee. Dit sal per geleentheid ook aan hul oorhandig word. LEDEGELD Drie geslagte Malans met die oorhandiging van die Oorkonde en glase aan Giulio Bertrand eienaar van Morgenster oorspronklike familieplaas van Jacques Malan, stamvader van die Malans van SA. Voor L na R: Giulio Bertrand en Dennis Malan (Voorsitter). Agter: Dr Chris Malan (Predikant te Lynnwoodrif, Pretoria met sy seun Daniel Christiaan Malan (Kleinseun van die voorsitter) Geen organisasie kan bestaan sonder lede nie. Om n sukses van die Malan-Familiebond te maak en om dit uit te bou en sy bestaan te verseker is ons afhanklik van ledegeld en donasies. Die koste om saamtrekke te reël word al hoe hoër en die Bond moet alle saamtrekke finansieël ondersteun. Dan is daar ander administratiewe koste. om die Malan Vonk uit te gee is ook nie kosteloos nie. Ledegeld vir 2015 bedra R150 per indiwidu of gesin per jaar. Die Malan Vonk is gratis as dit elektronies gevonkpos word. Landpos kos egter R30 per jaar. BETALING Maak betaling uit aan Malan-Familiebond rekeningnommer 916 844 8977 te ABSA Strand-tak 632 005 deur direkte- of internetbetaling. BEVESTIG u betaling deur betalingbewys te vonkpos na d.s.malan@telkomsa.net of per faks na 086 725 3059. Verstrek asseblief jou voor- en noemnaam, van en telefoonommer, sodat ek jou makliker kan idetifiseer. Jy kan ook bewys pos aan D S Malan, Die Palms 1, Kusweg 44, STRAND, 7140. Kontak my persoonlik by 083 375 3251 of 021 853 5219. Dennis Malan oorhandig n Oorkonde aan Francois Malan, Besturende Direkteur van Simonsig, Koelenhof. Hy het ook die oorkondes namens Pieter en Johan Malan n Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2015 word jou en jou familie toegewens. Opsteller D Malan. Nasiener en versender Dr H M Malan. 6