Volume 2 No 4 Oktober 2006 VOORHEEN BEKEND AS: TROMPSBURG

Similar documents
Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

BenguFarm Bestelvorm

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Mandala Madness Deel 2

Direkte en indirekte rede *

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Hoofstuk 16 ( )

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Tariewe

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SIZA takes the sting out of auditing

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Tariewe

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Rubriek vir skeppende werk

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Kerssangdiens. SA Gemeente

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Sterdansers by Vensters.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

100 DIE GETATOEEERDE K"

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

C.R.. SWART: SY ROL AS MINISTER onns.,.., Verhandeling ter voltooiing van die graad

G. J. du Preez

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPêLAFDELING)

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Transcription:

Volume 2 No 4 Oktober 2006 VOORHEEN BEKEND AS: Saamgestel deur JJ Pottas Bydraes kan gestuur word aan: pottasj.rd@mail.uovs.ac.za Tel. 051 522 7329 Sel 082 569 3727 Stories in uitgawe Trompsburg (vervolg) 2 Lewensskets van oom Herkulaas Mentz McKenzy s Kraal Petrus Steyn (Deel 2) Mense vermelde in die lewensskets van AH Mentz Inleiding tot artikel deur Dr AH Hiemstra 3-5 Ons werk in Ierland 8-9 2007 Jaarprogram 9 6 7 Hiermee begin ons tak n nuwe artikel reeks, waarin ons kyk na die verandering van plekname. Die doel hiermee is om uiteindelik n verwysingsraamwerk daar te stel vir die genealoog, wat dit kan gebruik in sy navorsing en selfs by die uitgee van n boek. Enige leser wat belangstel, kan n bydrae instuur aan die redakteur. Foto s om die artikel te vergesel sal ook verwelkom word. Afhangende van die lengte van n artikel sal een of meer dorpe per uitgawe geplaas word. TROMPSBURG Trompsburg is oorspronklik genoem Jagersfonteinweg, toe die spoorlyn die gebied bereik het gedurende 1891, voordat die syspoor gebou is vanaf Springfontein via Jagersfontein na Koffiefontein, die nedersetting is toe na die stasie wat bekend was as Jagersfonteinwegstasie vernoem. Die stasie is later na Trompsburgstasie herdoop. Van die stasie het tot soveel as 100 transportwaens op die roete na Jagersfontein se myne in gebruik gewees, en het hulle op Middelfontein uitgespan en dit het gelei tot die stigting van die dorp. Kort na die Vrede van Vereniging in 1902 is dit klaarblyklik hernoem na Hamilton, vernoem na sir Hamilton John Goold-Adams, die Luitenantgoewerneur van die Oranjerivierkolonie vanaf 4 Januarie 1901 tot 23 Junie 1903 en goewerneur vanaf 7 Junie 1907 tot 31 Mei 1910. Dieselfde naam is ook gegee aan n stasie destyds digby Bloemfontein, vandag deel van die stad, op die spoorlyn na Kimberley. (Skrywer kon tot hede slegs twee verwysings opspoor na die tweede naamwysiging en nie een is n oorspronklike dokument nie.) Die inwoners rig n versoek dat die verwarring uit die weg geruim moet word en dat die dorp hernoem moet word na Trompsburg. Die naam verwys dan ook na die eienaar van die plaas Middelfontein, Bastiaan Tromp, waarop die dorp uitgelê is, die versoek word toegestaan. Grafkelder Van Stadensrus 10-12 Martha en Bastiaan Tromp (Vervolg op bladsy 2)

BLADSY2 TROMPSBURG (vervolg) (Vervolg van bladsy 1) Bronne: Hoewel die dorp eers in 1902 amptelik geproklameer is as n munisipaliteit, was daar reeds sedert 1893 n gemeenskap hier woonagtig en is die dorp uitgelê deur landmeter Claas Vos gedurende Februarie 1892. Daar was egter reeds sedert 1875 n winkel bedryf deur die Tromps op die plaas Middelfontein. Die eerste skool is in 1892 ge-open met n leerlingtal van 50 leerlinge. Die skoolsaal het dan ook gedien as kerk en gemeenskapssaal vir die vroeë dorpenaars. Die oorspronklike plaasopstal was geleë te Dawidstraat 31, twee huise van waar die gastehuis Slampamper, ook bekend as Pop se Huisie staan. Skuins oorkant die gastehuis en Dawidstr 31, is n reuse akkerboom (eikeboom) wat volgens oorlewering geplant is deur die oorsponklike eienaar van Middelfontein. Dawidstraat 31 (soos in 2006) http://www.routes.co.za/fs/trompsburg/index.html http://www.places.co.za/html/trompsburg.html http://www.zdnet.co.za/o/r/a/orange_river_colony_9f10. html Mev ME Smith Trompsburg 1892 1992, DH Joubert Geliefde Dorp Oorspoel met Genade, NGK Trompsburg 1898 1998, Dr Gerdrie van der Merwe VDM Die blok tussen Dawidstraat aan die Noordekant, Janstraat aan die Suidekant, Voortrekkerstraat aan die Westekant en Fonteinstraat aan die Oostekant het bekend gestaan as De Werf en is deur Bastiaan Tromp uitgehou as sy gronde en dit is hier waar die plaasopstal geleë was. De Werf is dan deur die jare deur Bastiaan onderverdeel en verkoop tot slegs die plaasopstal alleen op erf nr 519 oorgebly het in 1909. Saamgestel deur JJ Pottas Trompsburg vorm vandag deel van die Kopanong Munisipaliteit en is deel van die Distriksmunisipaliteit van Xhariep. NG KERK gedurende die 1940 s Bethulie verskyn in volgende uitgawe

BLADSY3 LEWENSSKETS VAN OOM HERKULAAS MENTZ McKENZY SKRAAL PETRUS STEYN (DEEL 2) Mij vee en graan vernietig, en na Ik so 2 weke bij huis was en mij famile versorg had, het Ik n sowat 9 ander burgers ver kommedant Buijs laat weet hij moet ons laat haal, want ons moet onder die naam gaan dat ons gevanene was anders sou die Engelse ons dood skiet as hulle ons weer vang. Toe het kommandant Buijs Willie Bester gestuur en ons laat haal, ons het gegaan om sos voorheen weer te veg toe ons daar kom. Toe se K Buijs ons moet krijgsgevange blij n na Magaliesdorp (Magaliesburg?) gestuur word om na die oorlog gestraf te word. Daar ons niks gedoen het wat verkeerd was nie en gevoel het ons neks vir ons land n volk in die tronk gaan doen nie, het ons trug omgedraai huistoe, en toe Ik n par dae bij huis was het Ik ingegaan Heidelberg toe om ver die Engelse Gen n trekpas kokstad Griekwalandoos te trek, maar die Engelse het mij toe gevange gehou en na n paar dae het mij oorlede vrou te voet 18 mijl ver geloop met 2 klein kenderkies om na mij te kom soik, toe het Ik en trekpas na Griekwaland gekrij en getrek. Onse huis met wat daar in was, het so agter geblij met al onse besetings. Toe in Griekwaland bij mij broer Hendrik n maand in die huis geblij, onder baië bedenkens en plane maak, het Ik n plaas van H Mc Doeleng gekrij, om-helfte te bewerk, en was gelukkeg en het later van sekere Hermanus Smith 200 ooië met lamers gekoop en goed aangegaan, net baie hard hardgewerk, nie lank of Ik had n groot stukland onder water gebring en soggens voor sonop kale voet in die kou water leiland en toe dit vredeword, het Ik na vrede skape opgekoop ook maar op skuld en in die vrijstaat, Harismith n Vrede bste kon verkoop, en toe in vrede Dst en plaas gehuur en daarop later kom boer, het ver twee jaar en was gelukeg behalwe dat Ik daar een van mij liefste seuntjes verloor het, aan wetseerkeel. En in 19_7 weer getrek na die plaas Houaan wat Ik toe gekoop het in die Dst Frankfort, op hom het Ik toe 8 jaar gewoon en hom bebou en bewerk, het huise stale en skuur gebou ook damme n kamppe gemak en met bome beplant Ja het hier harde arbeid gehad, en toe kom die Rebellie wat vir mij n ramp en tot groot ongeluk en nadeel was, en het 6 maande tronk alleen laat onder vent het nie, maar ook mij plaats en besettings laat verloor het, sos 1000-en 50 skape goedgeteeld en 100 beeste 40 pere en al mij landbou geredskap ook wa n spaaider en kar en ook deur te goedere troue n duisend pond moes betaal, waarvoor Ik borggestaan het, ver ander mense, maar Ik was ook toe in Poletiek betroke. Iets wat mij ook baië geld gekos het, maar kon nie help om die belange van mij volk op die hart te dra nie. Net na uniefekasie het Ik in die poletiek deelgeneem en vir tien jaar was Ik dustijds voorsetter van die Nasoinale party tak vir Frankfort en ook van die tweeleng Dengaan komesie, ook het Ik die eersste Dengaanfeeshuis in frankfort Dst met ondersteuning van mij feeskomisie laat hou op die die plaas Inosellie. toe kom die 19-14-15 Rebellie en was Ik en Rebel en was angestel veldkornet en moes later saam met die burgers ooge met die geveg bij Reitz, is mij perd onder mij geskiet, dat Ik tevoet moes uithardloop, daar Ik baië na aan die Engelse en Kakie boere was, en na oons gevang was is ons op die kaal trok se na Kimberlij gestuur, om 6 maande daar in die luis en weeluis kaffer tronke te gaan deurbreng waar ons toe baië leker ruspes en wurm sop moes eet, met biekie akedis sterkies bij. Toe weer trug op mij plaas waar als net so verniel was as in die driejaar oorlog, net nie gebrand nie. Ik het toe mit en deur die Rebellie die waarde van 14000 verloor feitlek mij gehele besetting, wat Ik kan noem vir mij land en volk. Toe hard gewerk en maar op Frankfort gaan woon en losies huis opgeset en ver 12 jaar lank het Ik en mij oorlede vrou dit gedrijf. He het ook n Helpmekaar tak daar gestig wat nou nog bestaan waarvan Ik ver jare voorsetter was, in 1934 toe ons die sware depresie had, het Ik op Frankfort, villiers en Tweeleng armsorg take gesteg, en het baië arm mense met kos gehelp wat die mans dustijds geen verdienste kon krij nie. Ik het ook dustijds aan Gen Hertzog wat toe eerste menester was en Jan P Wessels wat toe ons parlementsled was, geskrijf om hulp, maar wat Ik van hulle gekrij het was dis n goeië saak waarme n begin het, ons hoop die publiek sal jou ondersteun, ook het Ik bij ons Kerk n misiepalelijte angedring vir hulp, maar neks, gekry nie elke Vrijdag het Ik gebedelde kos uit gedeel soms an n 30 huisgesine, tot leie beter geword het, n moes ook daarme baië mooilekheid deurmaak, maar opofereng vir mij volk was nooitte groot nie en kon ons afgeskei het uit die S.A. partij waar Ik ook n voorseter was, en die N.P. gesteg het. was daar tot in 1943 bijna geen kongres van die N.P. wat Ik nie verteenwoordig het nie ook was Ik daar toe oorlede Gen Hertzog die N.P. verlaat het en die Afrikaner Partij gaan steg het, en toe die enersden- (vervolg op bladsy 4)

BLADSY4 LEWENSSKETS VAN OOM HERKULAAS MENTZ McKENZY SKRAAL PETRUS STEYN (Vervolg) (vervolg van bladsy 3) kende kongres gehou is was Ik daar, en toe ons besluit het, om die hereenegte Partij te bedank, het Ik oorlede dokter van der Merwe voorgestel as leier, van die gesuiwerde N.P. Partij, waar hij toe gekies as leier van ons Partij met dokter Malan as hoofleier en as Nasionales het Ik ter welle van ons N.P. Partij en ons Nasionale bevolking die SAPartij baië beveg tot nou nog en dit sal seker geskiet, solank Ik leef, en solank as Dr Malan n advokaat Swart so op die regte pad teenoor ons volk blij. Sal Ik hulle onder steun, en Ik hoop mij kenders ook, ja mij sterkste gevoel is ver n Republiek en dis waar voor hulle veg n staan en Republikein se Regeerengs, vorm is ook die beste vir Suidafrika, want dit sal altijd die volksgevoel, vertolk. Nou weer oor mij self in 1926 het Ik n mij oorlede vrou getrek Transvaal toe en in Potchefstroom Dst gaan woon nabij Boskop stasie, op n huurplaas van sekere Durie, ons was ook nie lank daar nie, toe is weer gekies, als voorsetter van die N.P. tak daar, en in 1927 is my vrou daar oorlede. Toe maar weer trug getrek Frankfort toe en toe bijna vir twee jaar ver mij self huis gehou en had een seun bij mij namelek Joagim Frederik, wat ook later oorlede is, en in 1932 is Ik weer met Lenie Slaberts van rooiens Woneng Reitz Dst getroud met wie Ik 6 jaar n angename liefde volle lewe gehad het, en op genoemde plaas geboer, en was voorspoedig, en moes mij kop gebruik, want toe ons agt daë getroud was, kom n brief van standard bank, Reitz waarin sij gevra word om in te kom die bestierder wel haar sien, daargekom seg hij ver haar mev Mentz kijk des depresie en hier is 244 pond skuld van jou aan die bank en die bank het geen sekeuriteid nie jij moet mij nou n bewijs met goed gekeurde borg ge, toe se sij waar sal Ik nou onder hierdie omstandigheid n borg krij, sij kan nie borg ge nie, toe se hij ver haar mev weet jij dat bank reg het om jou plaas te verhuur, totdat hij sij geld het en gaan ook verder n se ver haar of sij weet dat hierdie klom credeteure van haar reg het om beslag te le op die rente van haar weeskenders se geld tot dat hul hulle geld gekrij het, sij en hij vorder nie, toe se Ik ver hom maar ge haar maar nog tijd, Ik sal gaan boer en sien dat die bank sij geld krij, toe maak hij en voorstel en se goed dan sal Ik haar nog tijd ge n maar verder help, maar dan, moet julle altwee na al haar credeteure gaan en gebewijse deur ons altwee geteken, ver helfte vir vier maande en tjek vie die overege dan sal Ik die nog uitbetaal. Ons toe so gemak, en haar skuld was toe 983 en dit was toe ook eerstemaal wat Ik van darie skuld gehoor het. Ik het toe maar plaats toe gegaan en onder baië bedenkings mij verstand gebruik en laat ploeg en self haar gewerk en geboer, n biekie spekeleer en bene 18 maande was haar skuld betaald en he klompie geld in bank. En haar kenders was drie groot dogters n drie seuns nog in huis n die seuns moes skool gaan en dit n Reitz in die hostel en om almal goed te versorg hit baie hoofbrekens gekos en tijdje na het een seun senenkoors Dantje en dit was hij wat mij 80 gekos het, en wat mij later al die leed aangedoen het, deur ongehoorsaamheid en permantigheid deur dat sij ma altijd aan sij kant was, deur hij die outste seun en baië bederf was, en 6 jaar lank het dit darem draglik gegan, die vrou se besetting was en span osse van 16, 40 swart kop skape en omtrend 25 beeste 1 kar en 3 ryperde n he Esel waantje en 3 erwe op davel.tvl en daarbij 738 schuld en dan het sij 5 pon rente van die weeskinders se geld gekrij. Ook had sij n ou motorkar, 70 waardig en 3 ploege eg mielieplanter n 3 span trekgoed en Ik het n korenplanter van 90 gekoop n hooimasjien en hark van 48, n milieplanter 25 2-links 11 n par tuie 6-10 n wa 40 ales kont betaal, later ook n mouterkar 340, wat Ik ook betaal het, maar ales was nie goed nie. Ik noem dit maar net om te wijs die mooilikheid wat Ik op vanrooienswoning gehad het. na die bank ooreenkomste het Ik gaan boer, en het van Hennie Mentz 230 mofskape, om helfte van lammers n wol geneem, en ook 70 skaapooië bij gekoop, en goed angeboer en anteel beeste ook, maar ongelukkig, toe Ik 600 skaap en 200 beeste had, toe kom afguns n jaloersheid bij haar kinders, wat dan ook veroorsaak het dat Ik en sy later uitmekaar en geskij het, ja georg Wapenaar, die man wat Ik soveel Herklaas Mentz en gesin c 1939 Staande vlnr: Sarel Victor, Miemie Victor (Mentz), Victor Mentz, Joey Mentz (Raath), Herman Mentz, Hennie Mentz, Lucy Mentz en Hertzog Mentz Sittende vlnr: Maria Victor, Herman Victor, Anna Mentz (Dippenaar), Rhona Victor, Annatjie Victor, Jeanette Victor, Herklaas Mentz en Herman Mentz (vervolg op bladsy 5)

BLADSY5 LEWENSSKETS VAN OOM HERKULAAS MENTZ McKENZY SKRAAL PETRUS STEYN (Vervolg) (vervolg van bladsy 4) goed an gedoen het as geen andermens in die wereld nie. Was die man om mij n sij skoonmoeder uitmekaar te werk, met jan delport Lenie en Dantje, maar hulle he duur daarvoor betaal, want hulle het saam met Lienie Slaberts moeder skoonmoeder teen mij gewerk n saak gemak, en alles verloor en moes alle onkoste betaal mij eis en prokereurs kostes n koste van egskeiding, Ik had neks te betaal nie, en later is Lenie, moeder van die klomp kwaadstokers, se huis, met minste 1500 se waarde, daarin afgebrand alles te same 3000 skade, in rette met die hofsaak, het hulle mouter kar ook so gebreek, dat hulle hom moes inge en ander een koop, en so is my woorde bewaarheid geword. Ja en toe nog het Dantje se senkenkoors en sij been se afsit hulle minste 300 gekos, na aflop van die saak, is Ik toe Ficksburg toe en het bij Victor n Scilla in gewoon, ver so wat 18 maande, waar Ik toe behulpsaam was met sij boerderij en ook en angename tijd deurgebreng het. Hulle was ver mij baië goed en ter ondersteuneng van die N.P. en ons volk weer in die Poletiek, en toe in 1942 24 (A)pril is Ik met Hester Heins van Petrus steijn getroud en woon nog hier, en het n gelukige same lewe. Moet net hard deur sonder bediendes hier n deur Rumatiek en verswakte maag n te hard werk, het Ik hartverlameng gekrij, en neergeslaan op n harde floor en sos n bees wat n kodskoot krij neergeslaan op mij ken, waardeur mij kakebeen 2 plekke gebreek het en terwijl Ik skrijf nog seer is. Dit is 2 Dec 1946 n nou is mij hart so verswak, dat Ik als net ware niks ken doen nie. En moet nou die lekerlui lewe voer, iets wat helemal buiten mij nateur is. Tog is Ik maar verplig om mij gevange te ge. Daar bij dank Ik de liewe Heer dat dit nog so is dat Ik, darm nog gaande is, want dit kon erger gewees het. en vertrou Ik maaar dat mij kragte weer sal trug kom, want op die oomblik is ek baië swak en kragteloos, en sal Ik maar zien en Wijnruit gebruik des mos wat die hart sterkmak, en mij toevlug na die Here neem n op hom vertoue. Ons had ook Saderdag 7 Dec 1946 n vreeleke bui haal, wat al ons groente tuine n vrugte weggeslan het, n word gese die helfte Petrussteijn se koren is al deur die haal weggeslan, dit in onbekende haalgevar, des of die liewe Heer het n kwessaak met die ganze mensdom het, as daar tog maar n terugkeer tot die Heere wel kom. Want volgens die tekens van die teid is die einde aller denge nabij. Ons Dengaans fees van 16- Dec 1946 hier op Petrus Streijn, gevier was n groot sukses. Die opkoms was baië goed. En die redenaars wat as sprekers opgetr het, was wel die mooite werd om na te luister, veral Ds van tonder wat die Godsdiens gelei het en verons, so op al die gevare van ons tijd gewijs, het waardeur, ons Afriekanssprekende deel ten ondergaan. N gooië waarskuwengs vir ouers n kenders gese het, en ook mnr Botes van Kroonstad, wat oor die geskiedenis en die ankoms van ons voor ouers in SAR gepraat het. was baië intersant en ook leersaam vir die jeug, nie aleen nie maar ook ver biaë ons oues in tersant. Ook mnr Stienkam onderwijser op Petrussteijn, wat ook gepraat het, oor die geskienes, en teewoordegetijd, wat ons volk beleeve was waarlek die mooite werd om na te luister, aldrië sprekers het gewijs op die Kominustiese gevaar en ook op die swart, bruin n geel gevare ook in ons land, onder die huidige Regereng, wat ons nou het. Sien volgende artikel. Erkenning: Foto s voorsien en gebruik met vergunning van Stephanus Gabriel (Steve) Mentz van Trompsburg. Lewenskets is in besit van Stephanus Gabriel (Steve) Mentz van Trompsburg. Skenking van enige genealogiese material aan die tak sal verwelkom word. / Any donation of genealogical material to the branch will be appreciated

BLADSY6 Mense vermeld in die lewensskets van AH Mentz Verwys na vorige artikel. Information & the South African Genealogical Research Directory Kommandant Buijs (Buys) ABO ZAR magte Hierdie een is miskien Kmdt. Stephanus Bernardus BUYS (oba Fanie) gebore 1852 in Marico, Wes- Transvaal oudste seun van Stephanus Bernardus BUYS en Sara Maria SNYMAN (hulle het die plaas Leeuspruit, Heidelberg, Transvaal, besit) Fanie het deelgeneem in die 1880-81 oorlog word veldkornet van die Heidelberg-Roodekoppen kommando in 1882 in Okt 1899 word hy met die Heidelberg kommando Natal toe gestuur in Feb 1900 word hy waarnemende kommandant na Natal, was die kommando Vrystaat toe en dan na die verdediging van Pretoria hy het vir J.D. WEILBACH as kommandant van die Heidelberg kommando opgevolg was by Donkerhoek en Bergendal hy is naby Machadodorp gewond en het herstel hy was in Vaalrivier gebied toe hy in die knie gewond is en moes dringende mediese hulp kry hy was getroud met Catharina Johanna Susanna LABUSCHAGNE (sy was in 'n konsentrasiekamp) en hulle het 3 seuns gehad (die oudste is in Okt 1899 by Modderspruit dood) en 2 dogters die familie het omtrent 10 km van die Vaalrivier gewoon Sien ook Heidelbergers of the Boer War, deur Ian Uys, 1981 Engelse Bevelvoerder in Heidelberg tydens die ABO Sir William MAHON se Oupa was die bevelvoerder op Heidelberg. 17 May 1900 - Colonel Bryan Thomas MAHON and Lieutenant H. PLUMER relieve Mafeking after a siege of 217 days. 11 June 1900 - Col. B.T. MAHON occupies Potchefstroom In Januarie 1901 was Genl.(?) MAHON in Kroonstad. Inligting verskaf deur: /\/******\/\ Anne Lehmkuhl Professional researcher specialising in South African historical & genealogical research http://www.rupert.net/~lkool/ Jan P Wessels parlementlid van Frankfort c1930-1936 Miskien is dit hy... Johannes Hendricus Brand WESSELS (oba Jan Brand) gebore naby Winburg in 1874 sterf in Bethlehem in Okt 1926 Boere generaal en lid van die Volksraad seun van Cornelis Janse WESSELS en Cornelia Carolina BORNMAN skool geloop te Grey College in Bloemfontein, waar hy 'n onderwys diploma ontvang in 1893 in 1894-95 is hy 'n gouvernements onderwijzer op die plaas Leeuwpan in Hoopstad distrik daarna werk hy as klerk by die Weesheer in Bloemfontein trek na Bethlehem in 1898 as landdros klerk in 1899 sluit hy aan by die kommando en dien onder genls C. R. de Wet, J. J. Naude, Philip Botha en Marthinus Prinsloo hy word self 'n generaal en was 'n bitter-einder in Aug 1901 word hy waarnemende landdros te Thaba Nchu in Junie 1902 werk hy as 'n regs agent in Bethlehem. in 1905 werk hy as prokereur in 'n venootskap en in 1908-13 werk hy allen totdat 'n nuwe vennoot by hom aansluit stig Brand Wessels and Co. in 1919 was een van die stigters van die Algemene Afrikaanse Verbond was burgemeester van Bethlehem 1911-1912 word Volksraad lid in 1913, died in 1915, 1920, 1921 en 1924 was teen die Unie se betrokkenheid by Duitse Suid-Wes Afrika en word as gevangene geneem in Boemfontein in Dec 1914, saam met ander rebelle tot die hofsaak in Junie 1915, waar hy onskuldig bevind word sterf op sy plaas Wesselsheim na 'n siekebed getroud met Laura Peter LINDEQUE (van Belmont, Winburg) in 1903 en hulle het 2 seuns (albei sterf jonk) en 1 dogter gehad Dr van der Merwe wat voorgestel is as leier van die "Gesuiwerde NP" c 1943 Dr. Nicolaas Johannes VAN DER MERWE, kultuurman en politikus gebore 1888 in Senekal was 'n taalstryder in sy studentedae by die Universiteit van Stellenbosch 1915-19 was hy 'n predikant op Wepener in 1916 maak hy 'n voorstel dat die Bybel in (vervolg op bladsy 7)

BLADSY7 Mense vermeld in die lewensskets van AH Mentz (vervolg) (vervolg van bladsy 6) Afrikaans vertaal word en dat predikante in Afrikaans preek 1924 word hy 'n Volksraadslid (Nasionale Party) vir Winburg, 'n setel wat hy tot sy dood behou het was 'n volgeling van dr. D.F. Malan en leier van die Nasionale Party (Vrystaat) was 'n stigterslid en eerste voorsitter van die FAK in 1929 was die Voortrekkerbeweging se eerste nasionale leier sterf in Aug 1940 in Bloemfontein Henri Albertus Gravendaal REEDERS die bestuurder. Reeders is in daardie pos vanaf Januarie 1911 tot Julie 1932. Gedurende Augustus 1932 word hy opgevolg deur: Joseph Johannes GOEDHALS, is aangestel as die Standard Bank,Reitz se takbestuurder. Inligting verskaf deur: Inligting verskaf deur: /\/******\/\ Anne Lehmkuhl Professional researcher specialising in South African historical & genealogical research http://www.rupert.net/~lkool/ Information & the South African Genealogical Research Directory Elize Sutherland Standard Bank Archives & Historical Services Ground Floor Standard Bank Gallery Corner Frederick & Simmonds St Johannesburg Bestuuder van Standard Bank Reitz Inleiding tot artikel deur Dr AH Hiemstra. Ann is die stadgeneesheer van van die Mangaung munisipaliteit. Sy is n verlangse familielid van Simon du Plooy, voorsitter van die Noord-Wes tak en via Simon se bemoeiïng, kom ek, Johan Pottas in kontak met Ann. Kort voor hul vetrek na Ierland, spandeer ek en sy n aand hier by my huis en maak ek haar touwys met die gebruik van n genealogiese program en praat ons oor hul besoek aan Ierland en haar herkoms vandaar. So besluit sy na ons gesperk om weer n poging aan te wend om haar oupagrootjie se herkoms te probeer opspoor tydens hulle besoek aan Ierland. Hier volg haar opgesomde dagboek van haar wedervaringe in Ierland. Ann, baie dankie dat jy bereid is om met ons jou emosies en veral blydskap te deel.

PAGE 8 Ons werk in Ierland en soek na ons Higgins voorsate deur Ann Higgins Hiemstra Vrydag, 8 April 2006. The Red Setter, Carlow Sondag, 16 April. New Ross Ek sit hier alleen in ons kamertjie in die Red Setter Guest house in die hartjie van Carlow in sentraal Ierland en verlang na ons mense by die huis. My laptop is staangemaak op n spieëlkas wat net sowel 200 jaar oud kan wees. Hier by my, in n gewone water glas, geballanseer teen die staander van die spieël, staan drie briljant-geel affodille so groot soos my handpalm. Die affodille, die vroegste aankondigers van die komende lente, groei wild op alle denkbare en ondenkbare plekke! In die kleinste tuintjies, in die parke en ente langs die paaie is hulle half makgemaak seker op n stadium aangeplant. Selfs in die oop geilgroen weilande verf hulle die son op die palet van die landskap in. Louis, my dapper wederhelfte, is uit op n huisroep. Hy het mos besluit om ná meer as twintig jaar in die akademie, weer sy hand te waag aan algemene medieses praktyk en dit, vir drie maande, in die Ierse plattelend van alle plekke! Die locum agentskap deur wie die werk gereël is, het n intensiewe program vir hom uitgewerk wat gaan behels dat hy, met die uitsondering van die drie week-lange sessie in Longford, - ek weet nog nie eers mooi waar die plek is nie!-elke week in n ander dorp gaan werk. Hy is omtrent voltyds baie besig en baie angstig oor die hele opset. Wat ek hier gaan doen met myself? Dit sal tyd leer. Miskien kan ek weer die drade optel van my en my pa, Joseph of sommer Joe vir die meeste mense, se soektog na die wortels van my oupa-grootjie, Joseph Patrick Higgins. Ek en Pa, toe 79 jaar oud, het in 1999 tydens ons kort besoek aan Ierland n poging probeer aanwend om Higgins-wortels te soek. (Looking for your roots is n groot bedryf in Ierland!) Die General Registrar s Office in Dublin het destyds gesê al die rekords is in 1880 in n groot brand verwoes. Pa het sover hy kon, elke moontlike spoor probeer volg sonder sukses. Hy het nou eintlik tou opgegooi met die soektog. Intussen doen ek al die administrasie van ons toer en vreemde nomadiese Bed and Breakfast huishouding. Baie van my emosionele energie bestee ek aan Louis en die Home base support. Here in a country of haunting natural beauty, of kings and castles, of music and poetry - a land of legend. And at its heart lies the town of New Ross, staan op die mooi glans-brosjure van die hulpvaardige inligtingskantoor. Louis was die oggend nie aan diens nie en ons het n ent gaan stap eers deur die dorp met sy nou, styl straatjies en toe langs die Durrow rivier af. Die Durrow is hier n taamlike groot en baie diep rivier. Dit vorm deel van die bevaarbare waters van Ierland en mens sien van die houseboats in die hawetjie lê. Die Info centre is op die wal van die rivier en die replica van die Dunbrody emigrant ship ook genoem die famine ship lê daar in die hawe. Ongelukkig is hulle besig om dit te herstel en kon ons dit nie besoek nie. Die Info centre het baie aangrypende literatuur oor die potato famine wat in die jare 1845 tot 1851 hier gewoed het. Aartappels was in daardie tyd die mense se stapelvoedsel n volwasse man kon maklik 6 kg aartappels op n dag eet! Die potato blight, veroorsaak deur n fungus, het die aartappel-oeste swart en slymerig en on-eetbaar gemaak en tussen 2 en 3 miljoen mense van die totale bevolking van 8 miljoen, is van honger dood. Omtrent n miljoen het voor die hongersnood uitgevlug en só geemigreer na Engeland, Australiė en veral Amerika..en dalk Suid Afrika? Een van die families wat Amerika toe is, was die Kennedy s van die nimlike John F K faam. Hulle is Quebec toe. Vanmiddag het ek, terwyl my flukse man moes werk, uitgery na die landgoed waar die Kennedy-huis nog staan en toe na die JFK Arboretum. Dis n wonderlike 250 hektaar-grootte park wat in 1969 deur n groep Amerikaners in samewerking met die Ierse regering ter aandenking van JFK, wat in 1963 deur n sluipmoordenaar vermoor is, aangelê is. Duisende bome vanoor die wereld is hienatoe gebring en, saamgegroepeer in boomtipe-areas, aangeplant Selfs ons Suid Afrikaanse Erica s staan hulle plek in n spesiale bedding vol! Dit het my omtrent 3 ure se flink stap geneem om minder as die helfte van die park deur te stap! Vanaand het ons heerlik geëet by Dr Mike Walsh en sy dierbare vrou. Hulle huis is gebou in 1630 ( toe Jan van Riebeeck nog n bog-snuitertjie in Holland was!) en gerestoureer deur Mike se oupa. Mike dink this man ( dis nou Louis) must be mad to spend his Sabbatical holday working like this! Hulle hou net aan dat ons weer New Ross toe moet kom en dan by hulle moet kom woon! Naula belowe om my Family Tree vir vriende te (vervolg op bladsy 9)

PAGE 9 Ons werk in Ierland en soek na ons Higgins voorsate (vervolg) (vervolg van bladsy 8) gee wat ge-intresseerd is in genealogie. Dalk kan hulle iets uitvind oor Joseph Patrick Higgins. Vrydag 21 April. Longford van die centre sal vra om my te skakel. Wat is die kanse? Woens- 26 April. Die Thrift Shop en Jules Flynn Ons woon nou alreeds meer as n week in Longford in n beskeie maar lekker warm woonstelletjie bokant die spreekkamerr waar Louis werk. Wat n weelde is dit om n kombuisie te hê en dis tog te heerlik om nie alweer Vrydag te moet oppak en trek nie! Vir aand-ete gaan ons na die The Red Rose Café net hier bo in die straat, so 5 deure van die spreekkamer af. Die flukse vrou wat die plekkie vingersiel-alleen bedryf, kon net sowel Tannie Irish, Pa Joe se enigste eie suster, gewees het. Die klein Joseph was maar 2 jaar oud en Irish 2 maande toe hulle pa, Hubert Henry, seun van die Ierse emigrant, Joseph Patrick, dood is. Ek lees hier in n brosjure oor Longford dat die einste Longford Arm s Hotel hier in Main Street wat vandag nog as hotel gebruik word, reeds in 1807 gebou is. Skielik klink 1860, toe Joseph Parick Suid Afrika toe gekom het, tog nie so lank gelede nie. Maandag 24 April. Op soek na die genealogy centre Ek voel al meer dat ek die spoor van Joseph Patrick Higgins weer wil probeer optel. My soektog na die Genealogy Centre in Church St soos dit op die kaart van Longford se Tourist Info aangedui is, bring my voor dooiemans deur. Kantoor-ure om die researcher te kan spreek, is net in die week van 10:30 tot 12:00. Terug by Info Centre belowe die meisie dat sy vir Jules Flynn Uit ons slaapkamer-venster het ek n goeie uitsig op Dublin street. Hier reg oorkant ons, is n vreemde variasie van besighede en winkeltjies. Heel links is daar n leë gebou met vensters wat oopstaan en waar n paar kransduiwe besluit het om hulle in tuis te maak. Dan n elegante mansklerewinkel, Spirit Clothing. Langs aan, die Thrift shop en dan n grys-blou deur wat lei na wie weet wat se kantoortjie. Elke oggend vroeg sien ek vrouens sakke goed voor die deur van The Thrift Shop op die sypaadjie neersit en so ná 10:00 kom daar n paar tannies wat oopsluit en die sakke goed die winkeltjie in dra. Ná my oggend-roetine gaan stel ek ondersoek in. Dis die enigste winkel wat ek nog hier in Ierland gesien het wat n kennisgewing van no bags allowed op die voordeur het en waar n mens n klokkie moet lui om te kan inkom. Ek word deur n redelik formele platbors plooibekkie tannietjie ingelig dat die Thrift shop n aflaaiplek is vir good quality used cloething wat dan aan vir n regtig geringe bedrag verkoop word. Die inkomste word dan aan tehuise vir die needy geskenk. Die vrouens wat daar rondsnuffel is almal goed versorg en netjies aangetrek. Jules Flynn skakel toe sowaar en sê ek kan moreoggend vir Pauline by die Genealogy Centre kom spreek. Hulle kantoor is, kan jy glo!, by die grysblou deur langs die Thrift Shop! Program vir 2007 se byeenkomste 10 Januarie 2007 Geen 14 Februarie 2007 Johan van Schalkwyk Intestate erfreg 1652 tot vandag Verkiesing van vakante poste: Redakteur skakelbeampte en Sekretaris/Sekretaresse 14 Maart 2007 Hendrik Louw van Johannesburg 11 April 2007 Algemene Jaarvergadering vir tak 9 Mei 2007 Dr Nerina Van der Merwe (Dosent in Genetiese en Oorerflike siektes) 13 Junie 2007 11 Julie 2007 8 Augustus 2007 12 September 2007 10 Oktober 2007 Simon du Plooy/Johan Vermeulen 14 November 2007 12 Desember 2007

PAGE 10 DIE GOUWSE VAN BETHEL, VAN STADENSRUS Inligting oor hierdie familie is skaars en die nageslag weet ook nie juis besonder baie van die vroeëre mense se bedrywighede nie. Die volgende is wel bekend. (Die nommerstelsel 1, 2,..., ens., toon slegs die betrokkenes en is nie bedoel om genealogies korrek te wees nie, aangesien die lysting bloot n segment van die Gouwse verteenwoordig): 1 Erik (1844 1922): Die oprigter van die grafkelder, Erhard Petrus Gouws ( Erik ), is op 26 Julie 1844 te Cradock gebore en is op 5 September 1922 te Bethal oorlede. Hy was getroud met Francina Cornelia Elizabeth Smith (gebore te Uitenhage in 1846, oorlede in 1927 te Bethal). Hulle het vanaf Cradock noordwaarts getrek en hulle op Bethal, naby die suidelike grens van Wepener gevestig. Hy het die huis van Bethal gebou en sy naam, en die datum 1893, is op die klip bokant die voordeur aangebring. Die grafkelder is waarskynlik voor sy oorlye gebou, n logiese afleiding as die deeglikheid en permanensie van die ondergrondse struktuur in ag geneem word. Geoordeel aan die styl van die grafkelder en die groot huis moes hulle sekerlik gegoede mense gewees het. (Om een geslag verder terugwaarts te beweeg Erik was die seun van Johann Georg Gouws, gedoop 17 April 1803, oorlede in 1877 te Visgat, Rouxville en Hester Sophia Stroh). Interessant, sy tweede vrou, Susanna Snyman, was die heel laaste een daar in, en sy is ses maande na hom daar begrawe. Haar besonderhede is nêrens op die grafsteen aangebring nie. Faan Wiesner, ondernemer van Wepener het haar begrafnis behartig. Koos Wessels, n buurman van die plaas Erfdeel, was ook by en het gehelp, en hy sê hulle was nogal ongemaklik en onseker oor hoe dit sou wees met Kerneels wat slegs ses maande vroeër daar te ruste gelê is. Daar was egter geen probleem hoegenaamd nie. Haar kis is net bo-op Kerneels s n geplaas. Die ander kiste staan op die vloer langs mekaar. Die kelder was op daardie tydstip vol en daar is toe besluit om die kelder permanent te verseël deur die deuropening toe te bou. 3 Erik (1908 1978): Kerneels se oudste seun, Erik Petrus (1908 1978) het op Spitskop, n buurplaas aan Bethel, geboer en was getroud met Maria Greyling (1910 1954), van Axel, Zastron. Hulle was die ouers van Paul en Neels Gouws, bekende oesversekeringsmense van Sentraoes te Ficksburg van n paar jaar gelede, wat op Spitskop hul jeugdae deurgebring en op Zastron skoolgegaan het. Hierdie Erik, en sy vrou Maria, is ook daar in die kerkhof begrawe, maar nie in die grafkelder nie. Die kindertjies wat in die kelder herbegrawe is, was eers begrawe in n nabygeleë klein begraafplaas. Hierdie Erik, en sy broer Frans, het die feite oor die herbegrafnisse persoonlik aan Koos Wessels van die buurplaas Erfdeel meegedeel. 2 Kerneels (1881 1963): Erik en Francina se vyfde kind, Cornelis Francois, Kerneels, (gebore 1881, oorlede1963) is ook op Bethal oorlede en hy was die voorlaaste van nege mense wat in die grafkelder begrawe is. (vervolg op bladsy 11)

PAGE 11 DIE GOUWSE VAN BETHEL, VAN STADENSRUS (vervolg) (vervolg van bladsy 10) DIE LAASTE GOUWS-NAAMDRAERS VAN (vervolg op bladsy 12)

PAGE 12 (vervolg van bladsy 11) DIÉ LYN DIE GOUWSE VAN BETHEL, VAN STADENSRUS (vervolg) Neels Gouws. Neels het na skool tot die wolbedryf toegetree en was as veldbeampte vir WGA (Wool Growers Association), onder andere te Dewetsdorp en Elliot werksaam. Hy het in 1975 by Sentraoes aangesluit, en was onder andere werksaam te Burgersdorp, Queenstown en Middelburg. Hy was op Middelburg ten tye van sy aftrede. Paul Gouws: Na hy in 1955 matriek gemaak het, is Paul na die Universiteit van Pretoria waar hy die grade BSc Agric en opvolgend MAgric Inst Agrar verwerf het. Hy was vir twee jaar voorligter te Vaalharts, gestasioneer by Vaalharts Navorsingstasie, en later, vanaf 1965 tot 1973, voorligter te Burgersdorp, vanwaar hy na Ficksburg is om by Sentraoes aan te sluit. Met sy aftrede, sowat nege jaar gelede, was hy adjunkhoofbestuurder van Sentraoes. Paul sê die Gouws-naam van hulle stamlyn loop by hom en Neels dood. Neels het nie kinders nie en Paul en Leonie se seun en dogter het n nageslag, maar daar is nie n seun nie. Neels én Paul het na hul aftrede in Danabaai gaan woon, lekker by die see, met gholf en ander mooi dinge deel van hul daaglikse lewens. Bronne geraadpleeg: Paul en Neels Gouws van Danabaai: Persoonlik. Koos Wessels, Erfdeel, Vanstadensrus: Persoonlik. Grafkelderreeks vervolg in volgende uitgawe Artikel geplaas met dank aan MC Fourie en OVK Nuusbrief BYDRAES TOT MAIORES Enige persoon wat belangstel om n bydrae te lewer tot Maiores, sien bladsy een vir kontakbesonderhede/ Anyone that whishes to make a contribution to Maiores, see page one for contact details