Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Similar documents
Hoofstuk 16 ( )

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Inhoudsopgawe Boy Booysen

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

DIE MEULENAAR. Amptelike Nuusbrief van die. BOND VAN DIE VERMEULEN-FAMILIE Posbus 340, Fontainebleau, 2032 Tel/faks: Sel:

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Rut: n Liefdes Verhaal

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die Benade Familie in Suid-Afrika

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

n Evolusie van die kern sakebuurt van Potchefstroom in 1880

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

TYDSKRIF VAN DIE PRETORIASE HISTORIESE VERENIGING: GENOOTSKAP OUD-PRETORIA JOURNAL OF THE PRETORIA HISTORICAL ASSOCIATION: OLD PRETORIA SOCIETY

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van SA -Noordwes Tak Jaargang 9, uitgawe 3 FAMNEA

Direkte en indirekte rede *

Hoofstuk 18 Johannes Janse van Rensburg (b1) (c.1709 c. 1775)

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

VOETNOTAS. Die Bassons van Simonsvlei, Simondium. Drakenstein Heemkring Paarl Argief Hoofstraat 214. Lees binne. Stay in touch

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Harry en Frank Zeiler

Februarie 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Houtkanon gemaak deur Graaff-Reinet Boere in die vroeë 1800's

Uit Moerdijk se pen Man en Media

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mosselbaai Munisipaliteit

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Omnibus van GGSA Vaaldriehoek. Wel mense - hier is ons baba! Die Grafte Praat. Settlers' Heritage. Eie bodem. Die Ortons se Storie.

BUISFONTEIN: N PIONIERSERFENIS AS TOERISME-BESTEMMING

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Tariewe

Tariewe

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

HOOFSTUKI AMPSWONINGS

THEUNISSEN. (The house is a 20 th century reconstruction) Photo: André R. Morkel

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Official Gazette Extraordinary

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

~retoriana. Nr./No. 87 APRIL Prys R 3,00 Price VAN DIE GENOOTSKAP ODD-PRETORIA OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

SIZA takes the sting out of auditing

Mandala Madness Deel 2

The Annals of the World, deur Larry and Marion Pierce

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Dr. G. W. Eybers, waarnemende Voorsitter, Genootskap Dud-Pretoria. 12. Digitised by the University of Pretoria, Library Services

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Deel 4: Die Venter voorgeslagte

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Sy plaas is later waardeer op 8000 guldens, en sy melk en trekbeeste op 3000 guldens.

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Aansoek Nr. : 2658/2005. In die aansoek van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

I oaoo I AIDS HELPUNE II ' ~ Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. ggle

Transcription:

DIE VERMEULEN FAMILIE SE VERBINTENIS MET PRETORIA DIE EERSTE VERMEULEN's GUILLIAM (GUILLAUME) CHRISTOFFEL VERMEULEN gedoop op 5 November 1788, trou te Graaff-Reinet op 3 April 1809 met Johanna Philliphina WOLFAART, geb. 16 Junie 1786. Guilliam was 'n veeboer woonagtig in die omgewing van Sneeuberg, Graaff-Reinet. Die veeboere, het veral as gevolg van droogte noordwaarts getrek op soek na weiding. Guilliam, en sy Graaf-Reinet buurman, Frederick Coenraad DE BEER met van hul kinders, trek mettertyd tot by die Magaliesberge en sluit hulle aan by die boere op Elandspoort (tans Burgerspark, Pretoria). Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS : 1. Catharina Elizabeth VERMEULEN, gebore 9 Augustus 1815, getroud 12 Junie 1836 met Frederick Jacobus Matthys DE BEER. 2. Hendrik Johannes VERMEULEN, geb. 13 Augustus 1819, getroud met Johanna Sophia VAN NIEKERK. 3. Gerhardus Jacobus VERMEULEN, geb. 15 Mei 1821, getroud 29 Mei 1848 met Phillipina Susanna VAN DER WALT, nadat sy eerste vrou Heiltje Magdalena ESTERHUIZEN op 26 Mei 1847 oorlede is. 4. Maria Adriana VERMEULEN, geb. 31 Januarie 1825, getroud 2 Oktober 1843 met Matthys Johannes DE BEER. 5. Guilliam (Guillaume) Christoffel VERMEULEN, geb. 11 Mei 1833 (kleinseun, s/v. Jan Gabriel VERMEULEN) getroud met Catharina Isabella DU PLESSIS (Frederick Jacobus Matthys DE BEER en Matthys Johannes DE BEER was die seuns van Frederick Coenraad DE BEER) HARTEBEESTPOORT, PRETORIA PLAAS IS ONDERVERDEEL EN TANS BEKEND AS PIONIERSOPELUG MUSEUM : SILVERTON en OOK DIE WILGERS Gedurende 1853 koop Guilliam en sy skoonseun, Frederick Jacobus Matthys DE BEER, getroud met Catharina Elizabeth VERMEULEN, die plaas Hartebeestpoort van David Adolp Michael BOTHA. (Oordrag op 20.04.1853). Guilliam het op die Suidelike gedeelte, waarop die grasdakhuisie, wat deur David BOTHA gebou was, geleë was, geboer en Frederick DE BEER op die Noordelike gedeelte. Deur Guilliam se gedeelte van die grond het die Moreletaspruit geloop. Water is deur die twee eienaars van die plaas verdeel. Guilliam verkoop gedurende 1859 sy gedeelte van die plaas aan sy seun Hendrik Johannes VERMEULEN. (Oordrag vind op 28 October 1859 plaas). Hendrik en sy gesin verhuis, vanaf sy woning in die omgewing van die huidige Kerkplein, na Hartebeestpoort, waar hy vir 14 jaar woon, die plaas verder ontwikkel en die huise verander, soos wat dit tans as die Pioniershuis bekend staan.

Nadat Hendrik se vrou gedurende 1872 sterf verkoop hy sy gedeelte van Hartebeestpoort aan sy seun Jan Albert en twee skoonseuns. Op 25 September 1874 verkoop hulle egter hul erfgrond aan Hans MUNDT afstammelinge. Die MUNDTS verkoop 'n gedeelte, tans bekend as DIE WILGERS en ook THE WILLOWS aan Hendrik STRUBEN. n Verdere gedeelte is in 1890 aan The Silverton Estate Comp. verkoop. Die dorp SILVERTON is op hierdie gedeelte ontwikkel. Die laaste gedeelde met die woning word deur Johanna Louisa MUNDT geb KLEINHANS in 1961 aan die Stadsraad van Silverton geskenk met die doel om dit vir die nageslag te bewaar. Die Staatspresident, Dr N DIEDERICKS het op 5 November 1975 die gerestoreerde grasdakhuisie met die werf ongeveer 3 hektaar groot en die kerkhof amptelik as DIE PIONIERSOPELUGMUSEUM geopen. In die kerkhof op Hartebeestfontein is Guilliam Christoffel VERMEULEN, wie tot met sy afsterwe by sy seun Hendrik gewoon het, ook Frederick Coenraad DE BEER, oorlede 1860 wat by sy seun, Frederick Jacobus Matthys DE BEER en skoondogter Catharina Elizabeth, geb. VERMEULEN gewoon het, begrawe. KERKPLEIN, PRETORIA Hendrik Johannes VERMEULEN, geb. 13 Augustus 1819,getroud met Johanna Sophia VAN NIEKERK. en sy broer Gerhardus Jacobus VERMEULEN, (Bekend as kootjie), geb 15 Mei 1821, getroud met Phillipina Susanna VAN DER WALT, (sy tweede vrou), trek saam met hul vader Guilliam Christoffel VERMEULEN tot by die Magaliesberge. Hulle twee vestig hulle egter in die omgewing van die huidige Kerkplein, Pretoria.

Hendrik Johannes VERMEULEN woon op grond met 'n huis wat geleë was waar die huiduge Paleis van Justisie tans staan. Hy verhuis gedurende 1859 na Hartebeestfontein, die gedeelte wat hy van sy vader Guilliam, gekoop het. Gerhardus Jacobus VERMEULEN op grond met 'n baksteenhuisie, waar die Capital Teater, langs die Oostelike ingang tot die huidige gebou van die Provinsiale Administrasie, opgerig is. In Kootjie se testament word oa. Die volgende vermeld : "Aan Johanna Susanna Elizabeth VERMEULEN de Noordelyke helft van Erf No. 389, Blok B.B., gelegend Pretoriusstraat, in het stad Pretoria en aan Benjamin VERMEULEN de Zuidelyke helft met de daarop staande gebouwen". Kootjie is op 8 November 1898 oorlede en het waarskynlik toe nog daar gewoon. Albei was tuiniers en hulle het 'n aandeel gehad in die aanlê van water na Kerkplein. VERMEULENSTRAAT, PRETORIA Vermeulenstraat is na Hendrik en Kootjie Vermeulen vernoem. Die Stigting van Pretoria : Die stigting van Pretoria as 'n dorp is op 16 November 1855 deur die Volksraad goedgekeur. Die eerste Volksraadvergadering, wat daarna in Pretoria gehou was, vanaf 27 to 30 Mei 1856 het in die huis van Hendrik VERMEULEN plaasgevind. Op die notule van die vergadering, gehou op 29 Julie 1857, onder voorsitterskap van Landdros DU TOIT, waarop Dorpsregulasies vir Pretoria saamgestel is, verskyn ook die name van Hendrik en Kootjie VERMEULEN. Met die uitmeet van die dorp is die eerste twee erwe, waarop Hendrik en Kootjie reeds etlike jare gewoon het, toegeken. Die VERMEULENS word beskou as die eerste inwoners van die dorp Pretoria. Hierdie artikel met foto verskyn in die tydskrif Die Bronberger, "November 2009" Pretoria Hotel Dié foto (derde foto onder) is in 1893 of 1894 geneem. Die Raadsaal, links op die foto, is pas voltooi maar die horlosie is nog nie geïnstalleer nie. Die lang gebou met die stoep aan die regterkant van die foto was in 1899 die Pretoria Hotel. Sy naam het later verander na die South African Hotel. Hugh Romily Abercrombie. Die boom op die foto is die laaste oorblywende akkerboom wat oorspronklik, net na die aanleg van Pretoria, deur Kootjie Vermeulen voor sy huis aangeplant is. Die bome was vir jare n landmerk in Pretoria en daar is gereeld veilings in hul skadu gehou. Na die tweede Vryheidsoorlog het die laaste boom finaal van die toneel verdwyn.

FOTOS VAN KERKPLEIN MET KOOTJIE SE AKKERBOOM 1876 ca 1890 1893 1894 EERSTE KERK IN PRETORIA Die eerste Kerk in Pretoria was die Nederduitsch Hervormde Kerk, Philadelphia, Broederstroom gemeente, gestig 1854. Gedurende 1854 is begin met die bou van 'n kerk, op Kerkplein en is die kerk voltooi in 1856.Die kerkinwyding was op 21 en 22 Februarie 1857. Gedurende 1965 word 'n konsistorie en 'n kantvleuel aangebou. Die twee VERMEULEN broers, Hendrik Johannes en Gerhardus Jacobus (Kootjie) was handige messelaars en was behulpsaam met die bouwerk aan die kerk. Kootjie was ook die eerste koster van hierdie gemeente, 'n pos wat hy vir baie jare bekleë het.

Een van Kootjie se dogters, Philippina Susanna VERMEULEN, gebore 8 November 1857, word op 5 September 1858 in die Kerkplein NH Kerkie gedoop saam met 47 anders. Sy was moontlik die eerste VERMEULEN kind wat in dié kerkie gedoop is. Die Kerkie soos geskilder deur Kerk nadat daar aangebou is in 1865 Graf Kootjie se dogter, Marianne Churchill (1857) gedoop op 5.9.1858 GARSFONTEIN, PRETORIA Die jongste dogter van Guilliam Christoffel VERMELEN, Maria Adriana VERMEULEN, geb. 31.1.1825, getroud met Matthys Johannes DE BEER, geb.11.6.1820. vestig hulle, ongeveer gedurende dieselfde tyd wat Guilliam en sy gesin hulle te Hartebeestpoort vestig, op die die plaas Garsfontein, Pretoria. Die plaas was 911 morge, 590 vierkante roede groot. Hierdie plaas het voorheen aan ene JA BEETGE behoort. Matthys Johannes DE BEER, sterf te Garsfontein op 21.4.1879 en Maria op 21.10.1901. Albei is op Garsfontein in 'n familiekerkhof begrawe. Nadat Matthys sterf word die plaas Garsfontein, nr. 428 verdeel onder hulle kinders in 9 gelyke gedeeltes. Hul skoonseun, Andries Johannes VERMEULEN, geb. 14.11.1857, getroud met Catharina Elizabeth DE BEER, geb. 19.11.1856 erf gedeelte D van gemelde Garsfontein. Andries se suster, Maria Sophia VERMEULEN, was getroud met Catharina se broer Jacobus Coenraad DE BEER. Hulle erf gedeelte H. Hierdie Andries Johannes en sy suster was die kinders van Guilliam Christoffel VERMEULEN, geb. 11.5.1833 en Catharina Isabella DU PLESSIS, geb. 31.7.1836. Guilliam was die seun van Jan Gabriel VERMEULEN, die broer van Maria Adriana DE BEER, geb. VERMEULEN. Vermelde Guilliam Christoffel en sy vrou Catharina het ook op Garsfontein gewoon. Guilliam sterf op 27.7.1879 te Garsfontein en is ook daar begrawe. Hierdie Guilliam het vermoedelik by sy seun Andries of dogter Maria op Garsfontein gewoon. Sy boedel toon dat hy nie eiendom besit het nie. Die vermoede bestaan dat toe Guilliam vanaf Colesberg na Garsfontein getrek het, die res van sy kinders hulle vergesel het, aangesien almal hulle ook in die omgewing van Pretoria gevestig het. Andries en Catharina het op Garsfontein gedeelte D gewoon en het ook vir 'n aantal jare 'n plaas Waaikraal in die Delmas distrik besit. Andries is op 3.5.1928 oorlede en op Garsfontein begrawe. Sy graf asook ander is, volgens oorlewering, met die oprigting van die Menlyn Hyperama kompleks in 1980, gelyk gemaak en die oorskot van die oorlewenes in die Zandfontein begraafplaas, herbegrawe. Catharina het na Andries se dood in die ou

opstal op hul gedeelte, bly woon. Sy het die laaste paar jaar voor haar dood op 5.8.1952 in die hoë ouderdom van 96 beurtelings by twee getroude dogters van haar seun Guillaume, op Garsfontein gewoon. Sy is op Tweefontein, 'n ander DE BEER familieplaas, begrawe. Na Andries se dood is sy gedeelte van Garsfontein verder verdeel tussen sy erfgename en het die volgende twee seuns die volgende gedeeltes ge-erf : Matthys Johannes VERMEULEN, geb. Garsfontein 28.7.1882, getroud met Isabella Elizabeth Maria ROOS, geb. 8.11.1887, gedeelte 3, van gedeelte D, van Garsfontein 428. Matthys sterf op 11.7.1951 en Isabella op 19.6.1940. Albei op gedeelte D van Garsfontein begrawe. Guillaume Christoffel VERMEULEN, geb. Garsfontein 12.7.1884, getroud met Margaretha Johanna ROOS, geb. 9.10.1885, die restant gedeelte van gedeelde D van Garsfontein 428. Guillaume het feitlik sy hele lewe lank, tot op die ouderdom van 81 jaar, op Garsfontein gewoon, sy 7 jongste kinders is ook almal daar gebore. Guillaume Christoffel se seun, ook Guillaume Christoffel VERMEULEN, geb. 6.9.1914, sterf in 'n motorfietsongeluk op 8.6.1937 te Pretoria. Hy word op gedeelte D van Garsfontein begrawe. Die Menlyn sakesentrum word opgerig op 'n gedeelte van Garsfontein. Nadat die geboue voltooi is, word drie grafte in die area wat as parkeerarea aangebring is, ontdek. Hierdie drie grafte is van Matthys en Isabella VERMEULEN, geb. ROOS, en sy broer se seun Guilaume Christoffel begrawe, op gedeelte D van Garsfontein. Sien fotos van die grafte. FOTOS VAN GARSFONTEIN SE VERMEULENS. Maria Adriana DE BEER, geb. VERMEULEN 3.1.1825-21.10.1901 Andries en Catharina VERMEULEN, Sy * DE BEER Erfgename van gedeelte D van Garsfontein, 428. Catharina Elizabeth VERMEULEN, * DE BEER met Matthys J, L. voor, Guilaume C, R. voor en Catharina I, R. agter ( Die drie erfgename van GARSFONTEIN, gedeelre D

DRIE ERFGENAME VAN GARSFONTEIN, DEEL D. Matthys J VERMEULEN en Isabella, geb. ROOS Guiillaume C VERMEULEN en Margaretha J, geb ROOS Catharina I VAN DER SCHYFF, geb. VERMEULEN GUILLAUME EN MARGARETHA met die viering van hul goue bruilof, September 1957, op Garsfontein GUILLAUME EN MARGARETHA met al hul kinders. GUILLAUME EN MARGARETHA met kinders, skoon- en kleinkinders op Garsfontein

GRAFTE, GARSFONTEIN, PRETORIA Die Menlyn sakesentrum is opgerig op 'n gedeelte van Garsfontein. Nadat die geboue voltooi is word drie grafte in die area, wat as parkeerruimte aangebring is, tans bekend as Balistraat 275, Newlands, ontdek. Hierdie drie grafte is van Matthys en Isabella VERMEULEN, geb. ROOS, en sy broer se seun Guilaume Christoffel begrawe, op gedeelte D van Garsfontein. DIE DRIE GRAFTE WAARNA VERWYS WORD, MET FOTOS VAN DIE PERSONE BEGRAWE. BRONNE 1. Geslagsregister van die Vermeulen familie in Suider-Afrika. (Bond van die Vermeulen Familie, Johan en Izak Vermeulen) 2. Die Vermeulens van Garsfontein. (JWJ Fouché, Pretoria.) 3. Pretoria se Pionierslys. (Sy tyd en sy mense) (Celestine Pretorius (Hoofstadpers, Pretoria). 4. Rosa Swanepoel. (Inligting en fotos per e-pos verstrek.)