Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Uit Moerdijk se pen Man en Media

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Direkte en indirekte rede *

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

Pretoria Brief [Februarie] Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Tariewe

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Tariewe

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Kerssangdiens. SA Gemeente

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

SIZA takes the sting out of auditing

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Harry en Frank Zeiler

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Sterdansers by Vensters.

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Februarie 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

April 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Die vroegste ryke in Suidelike Afrika *

Dagsê Alle belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria

Rubriek vir skeppende werk

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

Hoe om krag te spaar

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

A U G U S T U S J A A R G A N G 1 5 N R 3

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

G. J. du Preez

Inleiding. gedurende die Eerste Anglo Boere-oorlog ( ), net voor die uitbreek van die Tweede Anglo Boereoorlog

To promote sales Caxton s management organized a float carrying advertising material and staff members in special costumes through the city centre.

Dialoog en paragrawe *

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Edgehog

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

November Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Mango Travel het met n langtermyn-advertensie begin! Skakel gerus vir Elna of Bill Tempelhoff vir raad en besprekings.

VAANDELDRAER WIE WAS DIE SAMARITANE TRUMP EN CHINA KONFLIK SEINSTEURINGS EN MEER...

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

In die netwerk van nadenke oor die omgewing

From: Innes Burger Sent: 08 February :05 AM To: André Joubert Subject: SONPARK NOORDELIKE KRAGLYN.

Stede en bedienswaardighede *

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Transcription:

September 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, NS. Met vandag se tegnologie kan ons seker n naskrif aan die begin van n brief aanheg. Dit was baie interessant om Daspoort en omgewing op al die kaarte te soek en te bestudeer. Noudat ek dit alles egter weer n keer deurlees lyk dit vir my maar baie deurmekaar as mens nie die kaarte voor jou het nie. Ongelukkig kan ek nie dele van die kaarte saamstuur nie, dan word die brief te groot. Daar is glo n ander formaat waarin dit gestuur kan word wat meer foto s toelaat. Ek sal die tegniek seker ook nog eendag verstaan. Groete, Rosa ------------------------------------------------- Engela Bernardo het verlede maand die volgende navraag gerig: In 1947 was die Britse Koninklike gesin hier in Pretoria op besoek. Daar was 'n toespraak deur iemand van die gesin (miskien die koning) op Kerkplein. Ek is op soek na die presiese datum wat daardie toespraak gehou is. Die volgende antwoord van Anne Lehmkuhl van Engeland: Hier is die datum: Koning George VI, Koningin Elizabeth en die Prinsesse Elizabeth en Margaret het Pretoria op 27 Maart 1947 besoek. Dit was 'n reënerige dag toe hulle met die trein op Pretoria Stasie aangekom het. Oudsoldate het 'n erewag gevorm voordat die Koninklike familie met Paul Krugerstraat na Kerkplein is. Hulle is ook vereer op 'n staatsbanket wat in die Pretoriase Stadsaal gehou is. Bron: Eeufees-album: Pretoria se eerste eeu in beeld; uitgewer: J.L. van Schaik, 1952. Anne Lehmkuhl: Professional researcher specialising in South African historical & genealogical research. Die volgende antwoord van Freda Green Ter antwoord op die ondergenoemde navraag, sien aanhangsel. Volgens die Pretoria News van Saterdag 29 Maart 1947, die dag se gebeure: Ontvangs by Stasie Koninklikes vertrek na kerkplein waar die Administrateur, Genl. J.J. Pienaar die koninklike gesin verwelkom. Die koning beantwoord die welkomsrede. Freda Green Tshwane Community Library and Information Service [ n Deel van die koerantartikel was by die antwoord aangeheg. Ek het dit na Engela deurgestuur.] ------------------------------------------------------- Die volgende navraag kom van Robert Page Ek is tans besig om inligting in te samel oor die woonbuurt "Elandspoort", geleë tussen "Danville" en "Lotus Gardens". As ek na 'n kaart van Elandspoort kyk, is dit opmerklik hoeveel van die straatname iets met oorlog te doen het. Heelwat van die strate is byvoorbeeld na

gewere of kanonne vernoem. Ek wonder of daar enige veldslae / skermutselinge daar plaasgevind het? Nie te ver daarvandaan is daar ook die ou "Wesfort". So ver ek weet was dit in onlangse jare 'n hospitaal vir melaatses. Was dit dalk vroeer gebruik as 'n militêre basis of iets dergeliks? Wat ek ook graag wil weet, is hoekom daardie area (veral Danville) so 'n slegte naam het onder Pretorianers. Het daar iets spesifiek gebeur, of was die gebied dalk deur die owerheid opsy gesit vir minder-gegoede mense? Laat weet seblief as jy enige inligting het, of weet van ander persone wat ek kan kontak. ---------------------------------------- 'n Interessante stukkie inligting. Ek wou weet wat noem mens die reling wat voor baie ou geboue was waaraan die mense hul perde vasgemaak het. Nadat ek vele mense geskakel het het David Panagos uiteindelik 'n Engelse naam vir die ding gegee. Dit is 'n hitching rail. So kon ek toe via die woordeboek die Afrikaanse name kry. Dit word genoem 'n teueltralie of 'n perdereling. --------------------------------------- In die Rekord van 17 Augustus was daar n stukkie oor die oudste bestaande kerkie in Pretoria. U sal verbaas wees hoeveel mense my daaroor gekontak het. Dit wys net hoeveel belangstelling daar nog is vir die bewaring van die ou geboue in Pretoria. Ek plaas twee van die navrae. Is daar miskien iemand wat inligting het oor die geskiedenis van die kerkie? Van Marie Mosterd Ek is nou baie nuuskierig oor n berig wat in die Rekord Noord 17 Augustus op bladsy 16 verskyn. Het jy meer inligting oor die kerkie wat vermoedelik tussen 1880 en 1890 gebou is? Daar is ook n pastorie op die perseel by die rioolwerke en die kerk en pastorie word as stoorkamers gebruik. Van Paul Els Jy het seker gelees in die Rekord oor die oudste kerkie in Pta. Annelie het 'n foto wat ons maandag by die argiewe afgeneem het van die eerste kerkie. Hulle soek hulp oor die geskiedenis. ------------------------------------- Daspoort Die Daspoort waaroor ek hierdie maand skryf is nie die plaas Daspoort waarop n groot deel van Pretoria uitgelê is nie en ook nie die huidige voorstad Daspoort nie, maar wel die poort in die berg. Die navraag oor die ou kerkie het my laat besluit om te kyk of ek op enige van die ou kaarte iets oor die kerk kan sien. Die gebied waar die kerk is lê vandag aan die oostekant van D.F. Malan-rylaan, tussen die Apiesrivier en die Asiatiese Bazaar. n Groot deel van die gebied word vandag gebuik vir Pretoria se rioolsuiweringsaanleg.

Die berg/rand aan die noordekant van die gebied word op ou kaarte die Daspoort Rand genoem. Vandag staan dit bekend as die Witwatersberge. Daar waar D.F. Malan-rylaan vandag deur die berg gaan was nie altyd n pad nie. Dit het bekend gestaan as Daspoort [soms op ou kaarte as twee woorde geskryf]. Dit is die plek waar die Apiesrivier deur die rand gaan, so daar was altyd n deurgang maar dit was moontlik net n voetpad of miskien geskik vir perderuiters. In 1876 [V-01] vra die Z.A.R. nuwe tenders vir die bou van paaie deur Daspoort en Wonderboompoort. In die volgende jaar word die Transvaal deur die Engelse ge-annekseer. Of die pad toe al klaar was is nie bekend nie. By die Poort loop die Skinnerspruit in die Apiesrivier. n Ent hoër op loop die Steenovenspruit ook in die Apiesrivier. Net voor die samevloeiing van die Steenovenspruit en die Apiesrivier loop n klein sytakkie van die spruit deur die lokasie [waar die kerkie is] na die Skinnerspruit. In die sytakkie is n dam gebou [K-08]. H.C. Marais het daar n meule gehad. Of hy die oorspronklike eienaar was, en dus die meule gebou het is nie bekend nie. Hy noem dit die Afrikander Molens van Daspoort [V-01]. Op verskeie van die ou kaarte word die meule aangedui [K-08; K-09]. Maar om n meul te bedryf is n pad nodig. Die volgende advertensie verskyn in die koerant: H.C. Marais & Co. are opening the Daspoort Road so please ask the interested to open their pockets [V-03]. Hier was nou n gulde geleentheid om n tolpad te begin en sommer geld ook te maak.

Een van my broers het drie ou poskaarte van Daspoort in die Kaap opgespoor. Hier is twee van die poskaarte. Ek onthou nog so vaagweg die groot rots wat tussen die pad en treinspoor gestaan het. Vandag lyk dit natuurlik heeltemal anders. Op die poskaarte sien ons n blokhuis tussen die treinspoor en die pad. Kan een van die slim mense asseblief help? Ek weet nie of dit wel n blokhuis is en of dit n ander benaming het nie. Op nie een van die kaarte word die blokhuis aangedui nie. Daar was wel n River Redoubt [riviervesting] op die bult aan die oostekant van die pad [K-10]. Later word die bult dan ook Redoubt Hill genoem [K-14]. Op die bult aan die westekant van die pad was n bridle path [rypaadjie] wat na n aantal mure gelei het. Dit lyk asof dit verskansings kon wees, seker om die treinspoor op te beskerm [K-10]. Heelwat later was die Native Location Bantule hier gebou [K-14]. Die eienaars van die meule by Daspoort het gedurende die oorlog in April 1900 aangebied om elke Saterdag, solank as wat die oorlog duur, gratis vir behoeftige families meel te maal [The-02 p51]. Ek weet nie of dit nog steeds dieselfde meule was nie. Om terug te keer tot die geskiedenis van die ou kerkie. In die gebied van die meule was n lokasie. Daar was n groot straat, Jerusalemstraat, wat van suid na noord geloop het en dit met Pretoria verbind het. Dan was daar nog twee dwarsstrate, Marabastraat en Molenstraat. In die gebied was meer as een kerk. Daar was ook n begraafplaas en in 1899 was daar ook n polisiekantoor in aanbou [K-08]. Watter kerk die een is wat vandag nog bestaan kan nie van die kaart af vasgestel word nie. Groete tot volgende maand. Rosa Swanepoel

Bronverwysings K-08 Donaldson & Hill s New Map of the City of Pretoria and Suburbs. Compiled by D. Seccadanari, Engineer and Carthographer. Revised to Oct. 1904 [Scale 600 Cape feet = 1 inch] [ENG-04 p383]. K-09 Pretoria and Environs. Surveyed June-July, and Revised to November, 1900 by No. 1 Survey Section under Major H.M. Jackson, R.E. Field Intelligence Dept., Army Headquarters, Pretoria [scale 1 inch = I mile]. K-10 Geological Survey of the Transvaal: Pretoria and Environs. Surveyed June-July, and Revised to November, 1900 by No. 1 Survey Section under Major H.M. Jackson, R.E. Field Intelligence Dept., Army Headquarters, Pretoria. Geological survey in Nov.-Dec., and Januarie 1904-1905 by H. Kynaston, B.A., F.G.S. Director, A.I. Hall, B.A., F.G.S. and F.A. Steart F.G.S. [Scale 1 inches = I mile] [ENG-04 p383]. K-14 Paff s Plan of Pretoria Compiled and drawn by Capt. Paff, D.T.D., late Perm. Force Staff, DU.D.F. Scale 1:22885. [1929]. The-02 2000. Theron, Bridget. Pretoria at War. Pretoria: Protea Boekhuis. V-01 De Volksstem 15 Januarie 1876. V-02 De Volksstem 16 April 1878. V-03 De Volksstem 9 April 1878.