Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Rut: n Liefdes Verhaal

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

September 2010 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Direkte en indirekte rede *

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Mandala Madness Deel 2

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

November 2011 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Februarie 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Harry en Frank Zeiler

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Tariewe

Tariewe

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Pretoria Brief [Februarie] Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

VGGSA Ierse Stamvaders Vrystaat Aangebied deur Johan J POTTAS Bloemfontein

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Kerssangdiens. SA Gemeente

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Guilliam en sy vrou se volgende kinders, asook een kleinseun, was onder die eerste VERMEULENS :

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Mosselbaai Munisipaliteit

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dialoog en paragrawe *

Hoofstuk 16 ( )

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

SIZA takes the sting out of auditing

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

To promote sales Caxton s management organized a float carrying advertising material and staff members in special costumes through the city centre.

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Pasteur en Lister oorwin kieme *

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

DIE GEBOORTEDATUM VAN JESUS HERBEREKEN Een van my vriende in die internetgemeente vra my wat ek dink oor die viering van kersfees op 25 Desember.

The Transactions of the South African Institute of Electrical Engineers PROCEEDINGS AT THE THREE HUNDRED AND FIFTY-SEVENTH GENERAL MEETING.

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

November Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Rubriek vir skeppende werk

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

Construction Activity Pollution Prevention. Development Density & Community Connectivity. Brownfield Redevelopment

Sterdansers by Vensters.

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

April 2012 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

MAGAZINE OF THE OLD PRETORIA SOCIETY

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPELAFDELING

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS FEBRUARIE 2013 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS JULIE 2014 NUUSBRIEF/NEWSLETTER

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Dagsê Alle belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Edgehog

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Transcription:

Pretoria Brief 09/09 September 2009 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg n stukkie uit die geskiedenis van een van die bekendste hotelle van ou Pretoria. Die European Hotel Die hotel was vir baie jare n baken op Kerkplein. Almal het geweet waar die hotel was. Baie groot onthale en ook vergaderings is daar gehou. Dan het die hotel ook diens gedoen vir wat ons vandag as Computicket ken. Meeste konserte en ander vertonings se kaartjies was by die European Hotel beskikbaar. Die erf waarop die hotel gestaan het [ou nommer 382] was vroeg reeds verdeel in twee dele, n oostelike deel en n westelike deel. Alhoewel hulle nooit die eienaars van die hotel was nie het die oostelike deel van die erf voortdurend in besit van die Pretorius-familie gebly. In 1860 skenk M.W. Pretorius die oostelike deel aan Christiaan Petrus Pretorius, wat dit in 1866 laat transporteer op die naam van Nicolaas Jacobus Pretorius. In 1884 kom dit weer terug op die naam van C.P. Pretorius, wat dit in 1887 aan die staat verkoop vir die oprigting van die Ou Raadsaal [Pr-005 p8-9; Pr-006 p16]. Die Ou Raadsaal staan op Erwe 383 en 382. [Dun-01 p18] In 1877 word die Transvaal deur Engeland geannekseer. Hierdie is n foto van n militêre parade op Kerkplein tydens die anneksasie. Die presiese datum waarop die foto geneem is is nie bekend nie. Die gebou heel links op die foto is die eerste Goewermentsgebou. Die wit gebou met die naambord op die stoep se dak is die European Hotel. Die dubbelverdiepinggebou skuins agter die hotel is die Red Brick Store van R.C. Green.

Carter & Co. adverteer in 1878 dat hulle die eienaars is van n nuwe restaurant, The Gridiron, wat so pas ge-open het. Mnr. Canile is die kok en die beste en sappigste tjops en steak in Pretoria word bedien. Die groot eetkamer [50 vt x 20 vt] is ook beskikbaar vir funksies en onthale [V 1878-05- 14]. Ek dink die boere het maar gesukkel om die snaakse naam reg uit te spreek en net twee weke later word berig dat The Gridiron van Carter & Co. voortaan bekend sal staan as The European Hotel [V 1878-05-21]. In n ander advertensie word die hotel beskryf as geleë tussen R.C. Green se Red Brick Store en die Hooggeregshof [V 1878-05-28]. Edward F. Sandeman besoek Pretoria in Mei 1878. In sy boek Eight months in an ox-waggon beskryf hy die European Restaurant as volg: While we were in Pretoria a restaurant, the European, was opened, and rapidly cut out the Edinburg [hotel] in the custom af all those who lived at table d hôtes; and no wonder, for I there had better cooking, better attendance, better plate and better liquors, than I had come across anywhere else in the whole of South Africa, outside the three clubs. The two proprietors have put their hearts into the business; and, although socially far above the greater part of their customers, are far more attentive and obliging than the ordinary hotelkeepers. I know it made me feel quite uncomfortable at first to have my plate of soup and glass of sherry brought to me by one who was formely first among the football team at Eton, and a deservedly popular member of society in England [Bol-01 p28]. Wie Carter & Co. was kon ek nie vasstel nie. In 1873 word in De Volksstem [V 1873-10-03] berig dat H. Carter in Pretoria aangekom het en tuisgaan in Gainsford s Hotel. n Jaar later in 1874 het De Heer Carter [geen voorletters word gegee] Geyser se plaas De Fonteine, waar die Apiesrivier sy oorsprong het, gekoop vir 1250. Dit is n baie mooi plek en hy be-oog om daar n uitspanning en piekniekplek te maak. Regter Kotze noem in sy biografie dat Carter, eienaar van die European Hotel, in 1879 die voedsel voorsien het tydens die verwelkomingsete van Sir Bartle Frere in die Ou Raadsaal [Kot-02 p591]. Diesefde jaar maak A.A. Anderson n tekening van die aankoms van hoofman Sekoekoeni in Pretoria [All-01 p100; Bol-01 p30]. In die tekening word die hotel blou ingekleur wat beteken dat dit moontlik n sinkplaatgebou was. In daardie tyd is daar heelwat sulke geboue in Pretoria opgerig. In 1880 vind ons dat R.A. Colquhoun nou die eienaar van die hotel is. Wanneer hy dit gekoop het is nie bekend nie. Volgens n berig in De Volksstem [V 1880-10-09] is die aanbouings nou voltooi. Die hotel het nou n tweede verdieping bygekry. Die volgende jaar vertrek R.A. Colquhoun na Engeland en tydens sy afwesigheid sou Thomas Colquhoun volmag hê om namens hom sake te doen [V 1881-10-29]. Net n paar maande later word berig dat hy op 21 Desember 1881 in Engeland getroud is met Adeline Reddy [V 1882-01- 28].

Terug in Pretoria word hul eerste dogter gebore op 24 Oktober 1882. Dit gaan nie goed met sy vrou se gesondheid nie en in Junie 1883 is daar n advertensie in die koerant dat Mev. Colquhoun van die European Hotel n verpleegster soek [V 1883-06-23]. Colquhoun besluit om terug te gaan na Engeland [ter wille van sy vrou se gesondheid] en die hotel op n veiling te verkoop. Volgens die advertensie word slegs die hotel opgeveil en nie die grond nie. Die huurkontrak van die grond is nog geldig tot April 1898. Die hotel bestaan uit n eetkamer, kroeg, leeskamers, biljartkamer, 19 slaapkamers en stalle vir 16 perde [V 1883-09- 11]. Die nuwe eienaars spring sommer dadelik aan die werk en kort daarna verskyn die eerste advertensie wat sê dat ys nou by die European Hotel van Vorstman & Co. te koop is teen 1 sjieling per pond [V 1883-10-05] Hier is die nuwe dubbelverdieping European Hotel nadat dit in 1880 verander is. Op die balkon is heelwat gemakstoele. Bo in die middel van die balkon sit twee manne by n ronde tafeltjie met twee bottels voor hulle. Die rankplante wat later byna die hele hotel sou toegroei het hier al ver gevorder. Op een plek rank hulle al tot by die dak. Die European Hotel sowel as die eerste Goewermentsgebou is in 1888 gesloop om plek te maak vir die bou van die nuwe Goewermentsgebou wat vandag as die Ou Raadsaal bekend staan. Bronnelys All-01 Allen, Vivien. Kruger's Pretoria. Kaapstad: A. Balkema. 1971. Bol-01 Bolsmann, Eric. Pretoria: artist's impressions 1857-2001. Pretoria: Protea Boekehuis. 2001. Dun-01 Dunston, Lola. Young Pretoria 1889-1913. Lola Dunston: Pretoria. 1975. Kot-02 Kotzè, John Gilbert. Biographical memoirs and reminiscences. Cape Town: Maskew Miller. Pr-05 Rex, H.M. Enige mededelings i.v.m. die geskiedenis van twee erwe en n straat. Pretoriana, Deel 2 Nr. 2, Desember 1952.

Pr-06 Rex, H.M. Enige mededelings i.v.m. die geskiedenis van twee erwe en n straat. Pretoriana, Deel 2 Nr. 3, April 1953. V De Volksstem. Groete tot volgende maand, Rosa Swanepoel Van Albi Meyer -------------------------------------------------- Jou brief elke maand is glad nie te lank nie, asseblief! Veral die foto's is baie interessant! Ek het vandag se stukkie oor Eerste Fabrieke nou baie insiggewend gevind. Ek het ou melkkanne van my oupa geërf waarop "Eerste Fabrieke" gegraveer is. My oupa het sy melk in die oggend per trein na Eerste Fabrieke se stasie gestuur. Die middag kom die melkkanne weer terug (per trein) met die geld binne-in die leë kanne! (En daar was skynbaar nooit 'n voorval van diefstal nie). Baie toevallig was ek nou die dag self op die stasie by Eerste Fabrieke. Ons geniet jou briewe baie! Dankie daarvoor. Van Louw van Deventer ---------------------------------------------- Baie dankie vir die Augustus Pretoria Brief. Dit het vir my aangename herinneringe gebring aangesien ons gedurende 1951/2 in Eerstefabrieke gewoon het. Toe was daar niks meer oor van die fabrieke nie. Ons het egter nog baie verkillende soorte bottels daar gevind. Dit was basies net n paar spoorweghuise en n Joodse en Sjinese winkel. My pa was werksaam as stasievoorman. As kinders het ons baie in die Pienaarsrivier geswem en vis gevang. Ons het later ook in Koedoespoort gewoon (ook net n spoorwegstasie) met kantore en werkswinkels. Van Adriaan en Susan Swanepoel -------------------------------------------------- Jy sal jou herinner dat ek in die verlede inligting by jou bekom het oor Tielman de Villiers en AC Vlok, twee inwoners van ou-pretoria. Ek, en my vrou Susan, het sommige van die inligting gebruik as agtergrond vir 'n boek wat ons geredigeer het. Die boek bevat die briewe wat Tielman de Villiers se eggenote vir haar dogter Maria (Baby) Vlok uit die buiteland geskryf het gedurende die periode 1897 tot 1905. Die briewe bevat talle verwysings en brokkies inligting oor persone wat in daardie tyd in Pretoria gewoon en gewerk het. Meer inligting oor die boek - asook bestelinligting - is beskikbaar op http://dearbaby.za.net ------------------------------------

Van Johan Victor Johan het vir my die volgende brief van Colin Pretorius aangestuur. Vanaf 2002 het Herman Potgieter 'n Pretoriuswebblad bedryf, wat vir baie mense van groot nut was. Ongelukkig is die webblad so 'n paar jaar gelede tot niet gemaak, wat na my mening 'n groot verlies was. Die GOEIE NUUS is egter dat ek vandag 'n nuwe Pretoriuswebblad kan aankondig. Daar is oor die afgelope paar weke baie ure aan die blad bestee, en ek wil sommer hier ook vir die mense wat meegehelp het, bedank. Veral vir Richard (wie se hulp met die Perl-kode vir die familieboom besonder waardevol was), Herman (vir die beskikbaarstelling van al die data wat hy ingevoer het) en vir Chris (wat met die ander aspekte van die webblad gehelp het). Die webblad beoog om inligting oor die Pretoriusfamilie gratis beskikbaar te stel. Die volgende afdelings is reeds aanlyn: die familieboom (met bykans 24000 individue), asook 'n lys van name en vanne; artikels sover 'n aantal artikels oor die stamvader, die kinders van Wessel Schout/Pretorius en Josyntgen Claesdochter van Egmond, die stamvader se tyd op Mauritius, besoek aan Ouddorp en nog ander; 'n produkte-afdeling, waar ek Pretoriusverwante boeke, cd sowel as hardeband, beskikbaar wil stel; 'n argief van Pretoriusverwante grafstene (tans met ongeveer 1400 foto s). Daar sal ook 'n fotogalery wees, wat vroeg volgende week reg behoort te wees. Graag nooi ek julle uit om die webblad te besoek, en natuurlik daarin rond te blaai en vir familie te soek. En as enigiemand enige bywerkings, regstellings, foto s, artikels ensomeer het om by te dra, kontak my asb! Ek is tans juis op soek na familiefoto s wat in die galery geplaas kan word. Die URL is: http://www.pretoriusfamilie.info Colin Pretorius ----------------------------------------