Dagsê aan al die Oesterbaaiers

Size: px
Start display at page:

Download "Dagsê aan al die Oesterbaaiers"

Transcription

1 Voorsitter: Walter Kurten Sel: Sekretaresse: Lana Pepler Sel: Tesourier: Hettie Jooste Sel: Adres: Posbus 25, Oesterbaai 6305 Dagsê aan al die Oesterbaaiers En so het die eerste helfte van 2017 alweer by ons verbygegaan en ons hoop dat dit goed gaan met u almal. Gelukkig lê die winter amper op sy rug en oral in die natuur begin die tekens van 'n nuwe lente vir ons loer en daarom deel ek graag hierdie met u: ek stuur vir jou 'n boodskap met die grys duif om my dak met die oostewind wat roer in die olyfboom se tak dalk is dit woorde wat jy kry, dalk maak 'n blommetjie jou bly dalk...net dalk hoor jy vandag hoe vrolik die katjiepiering voor die deur kan lag! (Freda Schoeman) Ook hier in Oesterbaai het die lewe nie stilgestaan nie en ons lig julle graag in aangaande gebeure gedurende die afgelope paar maande in ons dorp! SAND DUNES OVERRUNNING BRANDER STREET AND REPAIRS TO THE SLANG RIVER MOUTH During the Annual General Meeting in December 2016 Joe Meyer gave a detailed report re the work that was done during With limited funds available, Joe commenced with the work in April 2017 and reported as follows: I have moved more sand with funds we got from the residents and I did a lot of rehabilitation in all the affected areas. The following photos will tell the story: You will see that the large dune has been reduced as well

2 The funds have dried up for moving the rest of the sand. We still have to clear Brander Street in two areas which include from my house to Johan Bouwer s house and also on the other side of Johan Bouwer s house to the Branstettor s house. We have requested funds/equipment for three weeks to complete all the sand movement to open Brander Street in the Kouga Budget for 2017/18 which will be finalised at the end of May If we can get the equipment, then I can finish the job quickly and open the road for use again. The rehabilitation went well and with the rain that have fallen so far, a lot have started to grow. I have opened the Slang River mouth again as no water has flown in the river since October It is however open if any heavy rain falls soon. The sand bag wall for which we had bags have been completed WATERVOORSIENING Ten spyte van die onlangse reën is Oesterbaai se waterbronne nog steeds onder groot druk. Die OIV Bestuur het omvattende voorstelle betreffende die watervoorsiening in Oesterbaai/Umzamowethu aan die Munisipale amptenare en betrokke raadslede gemaak, o.a. dat 2 addisionele boorgate benodig word. Raadslid Diana Biggs het ons onlangs meegedeel dat die twee boorgate goedgekeur is en in Desember hierdie jaar gesink en in werking behoort te wees. As gevolg van die ernstige droogte en die Kouga-raad het die munisipale area reeds in Mei tot plaaslike rampsgebied verklaar. Hiermee 'n berig wat op 2 Augustus in die Our Times gepubliseer is:

3 VULLISSTORTINGSTERREIN Die OIV het oor die jare verskeie vertoë tot die Munisipaliteit oor die onaanvaarbare stand van ons afvalstortingsterrein, gerig. Dit is aangenaam om te berig dat konstruksie aan die nuwe stortingsterrein in aanvang geneem het. Die DA Munisipale Raad het n kundige op die gebied van afvalbestuur betrek, met wie ons samesprekings gevoer het. Na verneem word sal elke eiendom met n vullishouer met n deksel voorsien word. Skeiding en herwinning van afval word ook as n groot prioriteit beskou en dit word in die vooruitsig gestel om daardeur werk vir n plaaslike inwoner te skep. In die verlede het ons verskeie versoeke gerig dat u, wanneer u Oesterbaai vir 'n vakansie of naweek besoek, u nie u vullissakke op die sypaadjie voor u huis laat nie. Vullisverwydering word net op Donderdae gedoen en indien die sakke oornag, of vir 'n paar dae, op die sypaadjies staan, is die enigste herinnering wat ons aan die vakansie- en naweek-gangers het, rommel wat die hele wêreld vol lê aangesien die apies, muishonde en rondloperhonde die sakke plunder. Indien dit vir u moeilik is om die sakke na die vullisstortingsterrein te neem voor u vertrek en u nie 'n toe asblik beskikbaar het nie, versoek ons u vriendelik om dan die sakke in een van die blou asdromme wat ons oral in die dorp aangebring het, te plaas. SKOONMAAK VAN ERWE. Die onlangse brande in Knysna, Thornhill en by Woodridge College en die tragiese gevolge daarvan, is nog vars in ons almal se geheue en dit is noodsaaklik dat ons, as Oesterbaaiers, alles in ons vermoë doen om te verhoed dat so 'n traumatiese ramp ons dorp tref. Die Kouga Munisipaliteit, op versoek van die OIV, is tans in die proses om aan eienaars met erwe wat oorgroei is, kennis te gee om die erwe te laat ontbos. Ons wil graag alle eienaars wie se erwe oorgroei is, versoek om dringend hieraan aandag te gee. Ons doen n ernstige beroep op alle huiseienaars om erwe naby aan u eiendom wat moontlik 'n brandgevaar mag inhou, om dit dringend te rapporteer. U kan skakel met Mev J Maddatt by of per e-pos by jmadatt@kouga.gov.za. Dit is bemoedigend om te rapporteer dat goeie samewerking van die Munisipaliteit in die verband verkry is.

4 LIDMAATSKAP VAN DIE OESTERBAAI INWONERSVERENIGING n Ernstige beroep word weereens gedoen op alle eienaars/inwoners of enige ander persone wat die belange van Oesterbaai op die hart dra, om as lede van die Vereniging te registreer. Soos reeds in die verlede genoem dra Oesterbaai minder as 1% by ten opsigte van Kouga Munisipaliteit se begroting en indien ons as eienaars/inwoners nie self verantwoordelikheid neem nie, gaan ons dorp definitief stagneer. Ons herinner graag bestaande lede daaraan dat lidmaatskapgelde vir 2017 reeds vanaf 1 November 2016 betaalbaar was en indien u ledegeld nog uitstaande is, sal betaling waardeer word. Lidmaatskapgelde is steeds R50/persoon. Dit beteken dat indien daar meer as een persoon in die huishouding is wat ouer as 18 jaar is en graag sy/haar deel vir ons mooi dorp wil doen, elkeen R50 kan betaal. Inbetalings kan by Hettie Jooste gedoen word of u kan dit ook direk in ons rekening inbetaal met u naam en erfnommer as verwysing. Bankbesonderhede ABSA BANK Tak : Rekening no. : Stuur asseblief bewys van betaling aan Hettie by hjooste@absamail.co.za KERSMARK DESEMBER 2016 Verlede jaar se Kersmark was baie gewild. Ons begin reeds beplan om vanjaar s'n nog beter te maak. Diegene wat daarin belangstel om n tafel te bespreek, kan solank vir Riekie Pienaar by skakel. Enige voorstelle in die verband sal baie waardeer word.

5 T-HEMDE Baie Oesterbaaiers het gedurende die 2016 Desembervakansie ewe spoggerig in hul Oesterbaai T-hemde rondgestap en ons kan met trots berig dat hierdie projek voorwaar baie suksesvol was. Daar is nog heelwat T- hemde beskikbaar en indien u belangstel, kontak gerus vir Hettie by of hjooste@absamail.co.za. Die Langenhoven familie Die Van Rensburg familie OESTERBAAIERS IN DIE NUUS Pieter du Preez Pieter du Preez is 'n klompie jare gelede ernstig beseer nadat 'n motor hom van sy fiets afgery het en is sedertdien 'n kwadrupleeg, maar het voorwaar nie opgegee nie en het reeds verskeie prestasies behaal. Na 'n uitblinkjaar, word hy genomineer vir 'n Laureus World Sport Award en woon die toekenningseremonie in Berlyn op 18 April 2016 by (foto). Die toekenning is vir die volgende prestasies: Wen 4 maratons (Berlyn Marathon 4de jaar in 'n ry); 5 Afrika rekords en die wêreldrekord in die m op die atletiekbaan; Onoorwonne die jaar as dubbel wêreldkampioen in fietsry; Hy voltooi ook sy 3de Ironman kompetisie, steeds die enigste kwadrupleeg in die geskiedenis. Dit was vir hom en sy gesin baie spesiaal om op wêreldvlak as atleet erken te word! Hy het ook in Maart vanjaar die Robbeneiland na Kaap 8km swem in 3 uur 17 minute voltooi, die eerste spinaal beseerde in die geskiedenis om dit te doen. En dan, om die kersie op die koek te sit, het Pieter en Illse onlangs die trotse ouers van 'n babaseuntjie (Pietman) geword. Baie geluk Pieter! ons Oesterbaaiers is trots om jou as deel van die gemeenskap te hê! Actual Ironman race footage: 5min Robbeneiland swem Lizelle Els se avontuurlike stap in die Himalayas Op 10 April vertrek ons vol moed na Nepal, om groot hoogtes te bereik, min wetende wat op ons wag! 11 April arriveer ons in die besige Kathmandu die hoofstad van Nepal. Hoe sou mens Kathmandu beskryf anders as totale chaos, kosmopolitaans, stof, karre, fietse, motorfietse mense en beeste almal gelyk op die paaie met geen reëls. Stupas en eienaardige beelde wat al die Hindu en Boedha gode uitbeeld. 13 April vlieg ons na Lukla wat 2840m hoog is met n 400 meter aanloopbaan reguit in die berg in dit is vreesaanjaend. Ons ontmoet ons 2 portiere en Nara, ons gids. Daarna durf ons die berg aan. Ons stap die 1ste dag tot by Phakding, waar ons oornag in een van die tea houses - basiese akkommodasie, maar daar is n eetvertrekkie wat warm gemaak word met n vuur van yak mis, en n basiese menu van sop en noodles

6 Die volgende oggend pak ons die groot stap aan na Namche Bazaar. Die paadjie is steil, die hangbruggies met vlaggies hoog en ons moet kort-kort uit die pad staan vir die yak e en muile wat gelaai is met voorrade, om nie te praat van die klein, kort mensies wat met tot 80 kg op hul rûe by ons verbykom nie. Ons styg oor die 800 meter in een dag en die lugdruk begin liggies aan ons longe vat. Ons stap tot by Portche Thenga, oornag daar en besluit om die minder bekende roete te stap na Gokyo Mere i.p.v. Gorak Shep. By beide hierdie punte kan Everest gesien word. Die volgende dag stap ons na Dole waar ons deur n sneeustorm getref word en oornag daar. Op hierdie punt het ons al agtergekom dat n hot shower n bak met warm water en n blikbeker in 'n sementkamertjie met temperature so -8 grade is. Almal ontwikkel die Khumbu cough en een van die mans in ons geselskap raak al hoe sieker. Die dag daarna bereik ons die pragtige Gokyo mere onder die Ngozumba gletser die grootste in Nepal Dit is indrukwekkend. - ons is 4800 meter hoog. Ons bly 2 dae hier oor en besluit om die Cho La pas oor te steek in die rigting van Lobuche, maar dit sneeu so dat dit baie moeilik sou wees om die pas oor te steek en die 3 de persoon in ons geselskap raak al sieker. Ons besluit om terug te draai. Op die 4de dag op ons pad terug reën dit geweldig, die paadjies is glad en modderig en ons vriend kan byna nie meer op sy voete staan weens erge brongitis nie. Laat daardie middag strompel ons in Lukla in, gedaan, maar met n ware lewensondervinding agter ons. Ons vlieg die volgende dag terug vanaf Lukla na Kathmandu, waar ons vriend in die hospitaal opgeneem word. Alles het n gelukkige einde hy is terug na Suid-Afrika waar hy goed aangesterk het. Ek en Willem het Nepal en Thailand verder verken. ALGEMEEN Indien u enige nuuswaardigheid het om met ons te deel of Indien daar enige iets is wat u onder ons aandag wil bring, kontak asseblief enige een van die komiteelede en ons gee graag aandag daaraan. Oesterbaaigroete! Uitvoerende Komitee Oesterbaai Inwonersvereniging N.S. Die OIV Bestuur is in voortdurende kontak met die Munisipaliteit oor ons Dorp. In die volgende uitgawe sal ons meer inligting hieroor met u deel.

BenguFarm Bestelvorm

BenguFarm Bestelvorm BenguFarm Bestelvorm Advanced Livestock Management Software Voorletters & Van of Besigheidsnaam: Posadres: Poskode: BTW no: Taalkeuse: BenguFarm Kliënt Nommer (indien bestaande BenguFarm kliënt): BPU Stamboek

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus Mandala Madness Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsanlbrokset.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 6 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak Processes used to follow up on cases at district level Januarie 2018 / January 2018 Lizette Smith HULP MET DIENSVOORWAARDES Die SAOU staan lede

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 11 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

Rut: n Liefdes Verhaal

Rut: n Liefdes Verhaal Bybel vir Kinders bied aan Rut: n Liefdes Verhaal Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

More information

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION Member Number Reg. 2103/02 LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION 1. Ons is 'n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) vir die Groter Overberg-streek (Overberg Distriksmunisipaliteit area).

More information

Mandala Madness Deel 2

Mandala Madness Deel 2 Mandala Madness Deel 2 Hierdie week gaan julle almal verander word in mooi sterretjies, so laat jou kreatiwiteit glinster en blink. Moenie vergeet om jou werk met ons te deel nie, sommer op facebook waar

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2019 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2019 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * OpenStax-CNX module: m25006 1 Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons

More information

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE 150mm x 200mm ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE AVAILABILITY OF DRAFT ENVIRONMENTAL IMPACT REPORT AND ASSOCIATED SPECIALIST

More information

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320 KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 7320 20 OKTOBER 2015 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, TEENWOORDIG RAADSLEDE Rdh J Raats [DA] Speaker Rdl

More information

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie Kopiereg: Helen Shrimpton, 2015. Alle regte voorbehou. Deur: Helen at www.crystalsandcrochet.com US terme word deurgaans gebruik. Deel 16 Afkortings st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste

More information

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE 2 1354 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL 2007 CONTENTS INHOUD Page Gazette LOCAL AUTHORITY NonCE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING 106 Town-planning and Townships Ordinance (15/1986): Greater Tzaneen

More information

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOëRSKOOL PORTERVILLE P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE TROTS RESPEK

More information

NOTULE OIV. 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig en open die vergadering met gebed.

NOTULE OIV. 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai. Die voorsitter verwelkom almal teenwoordig en open die vergadering met gebed. NOTULE OIV 18 April 2017 : Paling straat, Oesterbaai TEENWOORDIGHEID - Walter Kurten () - Adriaan van Wyk (AvW) - Hettie Jooste (HJ) - Riekie Pienaar (RP) - Fanie Groenewald (FG) - Joe Meyer (JM) - Lana

More information

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10 75 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat n n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is

More information

Tariewe

Tariewe Tariewe 2018 014 001 7014 marula.bookings@wisurf.co.za www.marulaoase.co.za INLIGTING 2018 Met aanvaarding van kwotasie is daar n 50% nie-terugbetaalbare deposito betaalbaar. Bewys van betaling moet groot

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

More information

Direkte en indirekte rede *

Direkte en indirekte rede * OpenStax-CNX module: m24032 1 Direkte en indirekte rede * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2

More information

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT North West Noordwes EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT Vol. 258 MAHIKENG, 21 AUGUST 2015 AUGUSTUS No. 7522 We oil Irawm he power to pment kiidc Prevention is the cure AIDS

More information

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS TOWN PLANNING AND ENVIRONMENT DEPARTMENT ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS Application for Alteration, Removal or Suspension of Restrictions in terms of Removal of Restrictions Act (No. 84

More information

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS Centre for Conveyancing Practice Page 1 SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS DISCLAIMER The answers provided are based on general principles and do not take into account the facts and circumstances of specific

More information

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows: ANSWERS ANTWOORDE: STUDY UNIT / STUDIE EENHEID 5 Question 4 pg 136 / Vraag 4 bl 137 S can only succeed with the rei vindicatio if he can prove that X and Y in fact transferred ownership to him by means

More information

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE ALLE RISIKO S Toepaslike Eenheidstandaarde 10011 Apply knowledge of personal all risk insurance 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance 1011 Apply technical knowledge and

More information

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA   CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA   1. NAAM 1. NAME CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA www.cycadsociety.org BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA www.cycadsociety.org 1. NAME The Society shall be known as the CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA, hereafter referred to

More information

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: CC ^S2/S5 DELMAS 1987-06-18 DIE STAAT teen: PATRICK MABUYA BALEKA EN T 21 AXDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST ASSESSOR

More information

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) SAAKNOMMER: C 185/99 IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD) In die saak tussen: IMATU APPLIKANT EN KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE RESPONDENTE U I T S P R A A K BASSON,

More information

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00 1. Verwelkoming Die voorsitter open die vergadering om 11h00 deur alle aandeelhouers te verwelkom en rig n spesiale woord van

More information

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

More information

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur

More information

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en 2010 33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en waar hy geset het en koeldrank gedrink het, en gerook het. Ek sien. GEEN VERDERE VRAE DEUR PROF SMITH ADV HAASBRCEK ROEP:

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings 9 Mei 2014 Disclaimer: The

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Oktober 2008 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Dankie aan almal wat verlede maand ge-antwoord het. Dit gee my sommer nuwe moed om weer met die brief aan te gaan. Dit is

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, April 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Ek is tans besig om n lys te maak van al die erfnommers in ou Pretoria. Dit is nou die deel wat vandag die middestad is. Wat

More information

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING NOTULE VAN N BESTUURSKOMITEEVERGADERING GEHOU OP 2 MAART 2017 Opening en verwelkoming: Gebed deur: Carl Greyling TEENWOORDIG: Jan-Willem van Staden Roelf Beukes Susan

More information

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER Vol. 630 Pr t ri 15 December 2017 e 0 a, Desember No. 41320 LEGAL NOTICES WETLIKE KENNISGEWINGS SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GEREGTELIKE EN ANDER QPENBARE VERKOPE 2 No. 41320 GOVERNMENT GAZETTE,

More information

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Uit Moerdijk se pen Man en Media MOERDIJK DIE MENS Agtergrond en familie geskiedenis Tweede Anglo Boere-oorlog Studiejare VROë LOOPBAAN Robertsons Deep Myn Johannesburg jare Kerkgeboue vir Suidafrika (1919) KERKGEBOUE VIR SUIDAFRIKA dit

More information

Mosselbaai Munisipaliteit

Mosselbaai Munisipaliteit Mosselbaai Munisipaliteit GRASIE VIR VOLDOENING VAN ADVERTENSIETEKENS Die Stadsraad het n grasietydperk van 1 Julie 2015 tot 31 Desember 2015 aan besighede toegestaan om hulle die geleentheid te bied om

More information

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal. Nuusbrief Julie 2013 Voorsitters inset Die jaar is al weer verby sy halfpadmerk. Voor ons dit besef is ons weer besig om vir kerstyd voor te berei. So gepraat daarvan: Indien kersvader hierdie nuusbrief

More information

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE 21 Julie 2011 Bykomend tot vorige kommunikasie, is die direksies van die Sharemax gesindikeerde maatskappye ( Maatskappye ) onder direktiewe

More information

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. 2 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING

More information

Kerssangdiens. SA Gemeente

Kerssangdiens. SA Gemeente Son 25 Nov 2012 Welkom by SUIDWYK SA Gemeente 1 Kerssangdiens SA Gemeente Visie Wen vir Jesus Bind in die familie van gelowiges Leer uit die Woord Stuur as verskilmakers vir die Koninkryk Predikant: Dr

More information

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER 1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER Die Kantoor van die Beregter vir Pensioenfondse is gestig met ingang vanaf 1 Januarie 1998 om ondersoek in te stel na en besluite

More information

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so 3024. --- Ek sou aanvaar dat dit n invloed het Edelagbare. Is daar nie *11 menslike geneigdheid by mense om wanneer hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie

More information

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008 Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008 It is with great pleasure that we bring you the autumn edition of Gozzip. We hope that you find the contents informative and helpful,

More information

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 Nuus Volume 4, Uitgawe 5 Augustus 2016 INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2 SIZA PROGRAM VORDER GOED SIZA lidmaatskap

More information

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22 moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/2014 16:22 moenie stress book.indd 2 08/04/2014 16:22 moenie stres nie! Positiewe boodskappe vir Suid-Afrikaners, deur Suid-Afrikaners Alan Knott-Craig

More information

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C) 0 0 Vol. 12 PRETORIA, 1 SEPTEMBER 2006 No. 333 "C) C) a t:j ru -~ C) 0 We all have the power to prevent AIDS Prevention is the cure gle AIDS HELPUNE 1 oaoo 012 322 1 DEPARTMENT OF HEALTH 0 J06-271217-A

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 19 PRETORIA, 8 MARCH MAART 2013

More information

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid OM MEE TE BEGIN Bedagsaamheid Die nuwe jaar het ongemerk sy loop geneem en hier staan ons alreeds aan die begin van die derde maand daarvan. Die Trustees hoop dat die nuwe jaar suksesvol verloop en dat

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Pretoria Brief 09/09 September 2009 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, Hier volg n stukkie uit die geskiedenis van een van die bekendste hotelle van ou Pretoria. Die European

More information

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING 9 FEBRUARIE 2016 1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG, 9 FEBRUARIE 2016 OM 10:00 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL, VREDENDAL

More information

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY) Sekere persoonlike/private besonderhede van partye of getuies in die dokument is geredigeer in ooreenstemming met die wet en SAFLII se beleid. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

More information

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode www.scriptural-truth.com Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode Die gebed van Azariah {1:1} en hulle loop

More information

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE INHOUDSOPGAWE Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE Seisoene is belangrik vir groei... 15 Wat van die mens?... 17 Lente... 20 Somer... 23 Herfs... 28 Winter... 42 Gevolgtrekking... 68 DEEL TWEE:

More information

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en 1 Gesprek met personeellede van die Wilcocksgebou 1-2 nm, 10 Februarie 2011, Fismersaal Opmerkings deur prof Russel Botman, rektor en visekanselier, Universiteit Stellenbosch, gevolg deur n vraag-enantwoordsessie

More information

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) '"'?"/"" : " IK DIE HOOGGEREGSBOF VAX SUID-AFRIKA (TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G) SAAKSOMMER: CC DELMAS 1987-04-29 DIE STAAT teen: PATRICK MABITA BALEKA EN 21 ANDER VOOR: SY EDELE REGTER VAN DIJKHORST

More information

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo ARTKAT Studio Johanna Prinsloo Julie 2007 Hallo al julle Artkatte, Pavane studente en vriende, Hierdie maand kom die nuusbrief vroeër as gewoonlik uit omdat Marie, wat vir die blad uitleg sorg, reeds die

More information

Edgehog

Edgehog The Issue 1-2014 Edgehog www.kgsa.co.za Guild Show 2013 January 2014 PAGE 2 2014 Committee CHAIRMAN VICE- CHAIRMAN: CAREL SMITH CELL: 071 8819960 carelsmith1965@gmail.com Chairmans Chat Nov 2013 WILLIE

More information

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK

More information

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA. OFFICIAL GAZETTE EXTRAORDINARY UITGAWE OP GEBAG. OF SOUTH WEST AFRICA. PUBLIBBBD BY AUTBOBJ'l'Y. 10c Vrydag, 28 JUDie 1963. WINDHOEK Friday, 28th June

More information

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema inspirasie leiersgids vir Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema Oorspronklik uitgegee deur Faith Alive Christian Resources. Kopiereg 2010 Faith Alive Christian Resources. Kalamazolaan

More information

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No. Selling price Verkoopprys: R2,50 Ott1er countries Buitelands: R3,25 Vol. 10 PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No. 502 We all have the power to prevent AIDS Prevention is the cure e AIDS HElPUNE joaoo 012 3221

More information

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education ambridge International Examinations ambridge International General ertificate of Secondary Education *2709373978* FRIKNS S SEOND LNGUGE 0548/02 Paper 2 Listening October/November 2016 pprox. 35 45 minutes

More information

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die OMSENDBRIEF 6/2017 13 Februarie 2017 ATLETIEK Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die 20ste Februarie deelneem by Pilditch. Baie sterkte

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 20 PRETORIA, 15 JANUARY JANUARIE

More information

SIZA takes the sting out of auditing

SIZA takes the sting out of auditing SIZA takes the sting out of auditing INTRO: The fruit industry s ethical trade programme, the Sustainability Initiative of South Africa (SIZA), not only allows fruit growers to remedy weaknesses in their

More information

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09) Marius Cornelissen CFA Portefeulje Bestuurder

More information

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT

ELECTRICAL WIREMENS & CONTRACTORS ACT (1939) PROPOSED AMENDMENTS FIRST DRAFT Voorgestelde Wysigings aan die Wet: Proposed Amendments to the Act: Die eerste konsep vir die wysiging van die Wet, is tans onder oorweging en op versoek van die Departement van Arbeid is die kommentaar

More information

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing SUBNUUS Vol. 28(1) Nuusbrief: Universiteit van Stellenbosch Biblioteekdiens April 2008 In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA Ons neem afskeid van Amanda en Susanne Nuwe studenteassistente by IDP

More information

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Pro~inci~l Gazette Extraordinary Pro~inci~l" Gazette Extraordinary Buiteri"g~Wone Proviilsiclle Koerant Selling price Verkoopprys: R2,50 Other countries Buitelands: R3,25 Vol. 10 AUGUST PRETORIA, 4 AUGUSTUS 2004 No. 314 We all have the

More information

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is Panamo Properties (Pty) Ltd v Nel die (regte) antwoord? Anneli Loubser Anneli Loubser,

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 36/2018 Hierdie is die laaste nuusbrief vir 2018 en ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om u n geseënde

More information

SECOND DAY TWEEDE DAG MORNING SESSION OGGENDSITTING. Municipal Undertaking " as published in Volume (1)

SECOND DAY TWEEDE DAG MORNING SESSION OGGENDSITTING. Municipal Undertaking  as published in Volume (1) Mr. H. Barnard (Brakpan) took the opportunity of conveying his thoughts on translation in Proceed ings and other matters. The President thanked Mr. Barnard for his thoughts and advised that they would

More information

RAADSLEDE / COUNCILLORS

RAADSLEDE / COUNCILLORS NOTULE: RAADSVERGADERING / COUNCIL MEETING - 25 APRIL 2017 1 NOTULE VAN N ALGEMENE RAADSVERGADERING GEHOU OM 09:00 OP DINSDAG 25 APRIL 2017 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL TE BREDASDORP MINUTES OF A GENERAL

More information

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses.

ABC. Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. ABC ABCDE DEFA Voorbladnuus Oppie Oog Fees 21 September 2013 Die Oppi-Oog Fees was weer eens n reuse sukses. AE Daar was n groot verskeidenheid stalletjies en ek glo elkeen kon na hartelus loer of koop.

More information

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker s MUNISIPALE KANTORE, PIKETBERG TEENWOORDIG: LEDE VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE Rdh. EB Manuel [DA] : Uitvoerende Burgemeester Rdd. SM Crafford [DA] : Uitvoerende Onderburgemeester Rdh. RM van

More information

INSKRYWINGSVORM

INSKRYWINGSVORM INSKRYWINGSVORM - 2016 VOLTOOI MET 'N SWART PEN ASSEBLIEF HET U ENIGE LEERDERS TANS/VOORHEEN IN HIERDIE SKOOL? Ja Nee Naam van Sentrum/Tutor : Graad : LEERDERINLIGTING LEERDER Geboortedatum: Nasionaliteit:

More information

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50 Selling price Verkoopprys: R2,50 Other countries Buitelands: R3,25 Vol. 9 MAY PRETORIA, 30 MEl 2003 No.203 We all have the power to prevent AIDS Prevention is the cure le AIDS HElPLINE I 0800 012 322 I

More information

Dialoog en paragrawe *

Dialoog en paragrawe * OpenStax-CNX module: m25785 1 Dialoog en paragrawe * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 AFRIKAANS HUISTAAL Graad 4

More information

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, September 2007 Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria, NS. Met vandag se tegnologie kan ons seker n naskrif aan die begin van n brief aanheg. Dit was baie interessant om Daspoort

More information

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA

GENOOTSKAP OUD-PRETORIA all accepting that they are because they have not produced anything and in the still distant future "intend" doing it, knowing full well that it would never happen; yes, knows that these "cultured" men

More information

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP ARNO MARIANNE CLAASSEN N VARS NUWE DENKE OOR GEMEENTEWEES! (DEEL 11) 2 KOPIEREG 2010 ARNO & MARIANNE CLAASSEN LIFEWISE CONSULTANTS UITGEGEE DEUR: LIFEWISE UITGEWERS ABSA, Takkode

More information

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 24 OCTOBER 2008 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. GENERAL NOTICES ALGEMENE KENNISGEWINGS 334 Town-planning and T

2 No PROVINCIAL GAZETTE, 24 OCTOBER 2008 No. CONTENTS INHOUD Page No. Gazette No. GENERAL NOTICES ALGEMENE KENNISGEWINGS 334 Town-planning and T Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu (Registeredas a newspaper) (As 'n nuusb/ad geregistreer) (Yi rhijistariwi/e tanihi Nyuziphepha) (E ngwadisitlwe

More information

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014 PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands, Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 MENLYN Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd 14 Februarie 2014 Disclaimer:

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant THE PROVINCE OF GAUTENG G A U T E N G PROVINCIAL GOVERNMENT UNITY IN DIVERSITY DIE PROVINSIE GAUTENG Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant Vol. 21 PRETORIA, 12 FEBRUARY FEBRUARIE

More information

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in 51 100) Emanuel Swedenborg 1688 1772 Arcana Coelestia Geheime van die hemele Die Laaste Oordeel was Volbring Die Laaste Oordeel was Volbring. In die

More information

Hoe om krag te spaar

Hoe om krag te spaar = Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede + Hoe om krag te spaar Grondslagfase (Graad R) Opvoedersgids Huistaal, Wiskunde, Lewensvaardighede # Powering

More information

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde

Skets (a) Maan 28 dae Merkurius 88 dae. Om die Aarde Om die Aarde Om die Aarde Aarde 2. Pasga Om die Pasga te bepaal moet daar eers na sekere feite gekyk word, want die slang geslag is slu en verduister die waarheid vir die uitverkore. In die Skrif vind ons die kalender wat gevolg moet

More information

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant The Province of Gauteng UNITY IN DIVERSITY Die Provinsie Van Gauteng Provincial Gazette Provinsiale Koerant EXTRAORDINARY BUITENGEWOON Selling price Verkoopprys: R2.50 Other countries Buitelands: R3.25

More information

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA) SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH

More information

Sterdansers by Vensters.

Sterdansers by Vensters. MY Teaser News Ontmoet "Elke WHS wedstryd se eie as 'Brainiac' n hoogtepunt." 2 Culture Leadership Conference with Geingos inspires LRC's 3 This school newspaper is brought to you by My Zone as part of

More information

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 (Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016 From the Editor The seasons, once again, have turned. Welcome to the fall issue of the Welgevonden Bulletin. In this issue we

More information

G. J. du Preez

G. J. du Preez G. J. du Preez 072 1876 076 1. Die plat Aarde As ons begin kyk na die filosowe en reisigers was daar redelik bakleiery tussen hulle oor n ronde aarde en n plat een. So 200 of wat jare voor YAHUSHA het

More information

die ArtKat Jaar program

die ArtKat Jaar program die ArtKat Augustus 2009 Uitgawe 3 van 2009 Liewe Artkat studente en vriende, Die Hanswors, Harlekyn, Pierrot of Fool het nog altyd die verbeelding aangegryp. Kortom skeer hy oënskynlik gek en neem die

More information

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev.

505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 505. Hoekom ek Sabbat hou vanaf 12 uur en nie 6 uur sononder nie. Kom ons kyk eers wat in die Skrifte (Geskiedenis boek) staan oor die saak. Lev. 6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die Wet

More information