Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Tariewe

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE NORTHERN CAPE PROVINCE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

RAADSLEDE / COUNCILLORS

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Gazete ya Xifundzankulu Kuranta ya Profense Gazethe ya Vundu

Mosselbaai Munisipaliteit

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

I oaoo I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. No. 33. Selling price Verkoopprys: R2,50

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

GRONDWET VAN DIE DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Tariewe

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Direkte en indirekte rede *

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Rut: n Liefdes Verhaal

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MALHERBE RP et HATTINGH R

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR ONBILLIKE DISKRIMINASIE OP GROND VAN RAS

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE DRINGENDE RAADSVERGADERING

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

2 Province of the Western Cape: Provincial Gazette Extraordinary June 2017 SWARTLAND MUNICIPALITY CREDIT CONTROL AND DEBT COLLECTION BY-LAW Und

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 THE UNION OF SOUTH AFRICA

Posbus 282 Ou Stellenboschweg Somerset-Wes 7129 Tel: (021) E-pos: TOELATINGSBELEID

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

AI.DS 'H LPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50 DEPARTMENT OF HEALTH

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Handtekening as vereiste vir die geldigheid van n kontrak

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

INSKRYWINGSVORM

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February 1998 REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

Indien die aansoeker n BK is,

i ffistiile licarrattt

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette. Provinsiale Koerant INHOUD CONTENTS. Friday, 27 July Vrydag, 27 Julie 2007 PROVINCE OF WESTERN CAPE PROVINSIE WES-KAAP

36/85 200/84. N v H GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE GENEESKUNDIGE EN TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

GOVERNMENT GAZETTE STAATSKOERANT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

delik aangespreek vir betaling van skadevergoeding op grond

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) SETSOKOTSANE BUSDIENS (EDMS) BPK

JOHAN GEORG STRYDOM Appellant DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE. ELEKTRISITEITSVOORSIENINGSKOMMISSIE Tweede Respondent

Provincial Gazette Provinsiale Koerant Igazethi Yesifundazwe GAZETTE EXTRAORDINARY BUITENGEWONE KOERANT IGAZETHI EYISIPESHELI

Transcription:

Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

Doc No. CS/COD&E/001 EDUCATION LABOUR RELATIONS COUNCIL Date: SEPTEMBER Rev 0 Page: 2 of 19 Title: HANDLEIDING OOR WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING Document type: MANUAL This document has been seen and accepted by the following: GENERAL SECRETARY OF THE COUNCIL COMPILED/ REVIEWED BY: BERNICE LOXTON RESEARCH & MEDIA MANAGER RECOMMENDED BY: APPROVED BY: O MAKOFANE SENIOR MANAGER: CORPORATE SERVICES NOLUSINDISO FOCA GENERAL SECRETARY DATE OF LAST REVIEW: SEPTEMBER 2017 DATE OF NEXT REVIEW: SEPTEMBER 2019 NOTE: - This document may be changed before the stipulated period as and when a need arises as guided by the Documentation Policy Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2

INHOUD Page 1. INLEIDING 4 2. DIE WERKSAAMHEDE EN STRUKTUUR VAN RAVO 5 3. DIE STRUKTUUR VAN RAVO 5 4. KONTAKBESONDERHEDE 5 5. TOEGANG TOT REKORD WAT RAVO HOU 5 6. BESKIKBARE DIENSTE 6 7. REËLING WAT VIR OPENBARE DEELNAME VOORSIENING MAAK 5 8. DIE REMEDIES BESKIKBAAR INDIEN DIE BEPALINGS VAN DIE WET NIE AAN VOLDOEN WORD NIE 7 9. ANDER INLIGTING SOOS INGEVOLGE DIE WET VOORGESKRYF 8 10. BYWERKING VAN HANDLEIDING 10 11. BESKIKBAARHEID VAN HANDLEIDING 11 12. VERSOEK VAN MINISTER VAN JUSTISIE EN STAATKUNDIGE ONTWIKKELING VIR SAAMSTELLING VAN 'N HANDLEIDING 12 13. VRYSTELLING DEUR MINISTER VAN JUSTISIE EN STAATKUNDIGE ONTWIKKELING VAN ENIGE BEPALINGS VAN DIE ARTIKEL 12 14. AANHANGSELS 15 VOORGESKREWE VORMS VIR TOEGANG TOT REKORDS Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 3

1. INLEIDING 1.1 Die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000) (WBTI), wat voortvloei uit artikel 32 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, gee gevolg aan die grondwetlike regte van toegang tot enige inligting gehou deur die staat en enige inligting gehou deur enige ander persoon, met dien verstande dat sodanige inligting vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word. artikels 31(1)(a) van die Grondwet verskans elke persoon se reg om toegang te verkry tot enige inligting wat deur die staat gehou word. Die doel van die WBTI is tweeledig: Om 'n kultuur van deursigtigheid en toerekeningsvatbaarheid in openbare en privaat liggame te kweek deur gevolg te gee aan die reg op toegang tot inligting; en Om aktief 'n samelewing te bevorder waarin die mense van Suid- Afrika doeltreffende toegang tot inligting het om hulle in staat te stel om al hul regte ten volle uit te oefen en te beskerm. Voor 27 April 1994, het die regeringstelsel in die land 'n geheimsinnige, terughoudende kultuur in openbare en privaat liggame tot gevolg gehad, wat dikwels tot magsmisbruik en menseregteskendings gelei het. Die WBTI het op 9 Maart 2001 van krag geword. 2. WERKSAAMHEDE EN STRUKTUUR VAN RAAD VIR ARBEIDSVERHOUDINGE IN ONDERWYS [ARTIKEL 14(1)(A)] 2.1 Wat is RAVO? 2.1.1 Die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (RAVO) is 'n geregistreerde bedingingsraad wat ingevolge artikel 37 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet No. 66 van 1995 (WoAV), ingestel is. Die RAVO fasiliteer administratief en effektief die bedingings- en konsultasieproses as 'n bedingingskamer, en maak voorsiening vir 'n onpartydige forum vir die voorkoming en beslegting van geskille in die Openbare Onderwyssektor. 2.2 Visie 2.2.1 Die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (RAVO) is 'n Om die kwaliteit van onderrig en leer deur arbeidsvrede te verbeter. Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 4

2.3 Missiestelling 2.3.1 Om voorsiening te maak vir gehalte dienste vir uitnemendheid in onderrig. 2.4 Waardes 2.4.1 Die waardes deur die Raad aanvaar is: 2.4.1.1 Professionalisme: bevorder optrede wat oor die algemeen as korrek en behoorlik aanvaar word; 2.4.1.2 Deursigtigheid: verseker toegang tot inligting deur burgers; 2.4.1.3 Onafhanklikheid: die reg om ingeligte besluite onafhanklik te neem wat botsing van belange beperk of vermy; 2.4.1.4 Toerekeningsvatbaarheid: aanvaar verantwoordelikheid vir handelinge en besluite geneem, met ruimte vir verbeterende stappe en straf vir oortredings; 2.4.1.5 Regverdigheid en billikheid: die beregting van griewe en geskille; 2.4.1.6 Maatskaplike verantwoordelikheid: reageer op die hedendaagse maatskaplike kwessies; en 2.4.1.7 Doeltreffendheid: Lewering van gehalte diens op 'n ekonomiese wyse. 2.5 Strategiese uitkomsgebaseerde doelwitte 2.5.1 Navorsings- en moniteringsevaluasie voorsien getuienis vir verbeterde beleid en beleidsinstelling in basiese onderwys. 2.5.2 Ewe veel gewig word aan proaktiewe geskilvoorkoming en geskilbeslegting geheg. 2.5.3 Kollektiewe bedingingsprosesse maksimaliseer die bestek van die Partye se gedeelde belang. 2.5.4 Voorsien gepaste ondersteuning en opleiding vir alle betrokkenes by geskilbeslegting en kollektiewe bedinging. 2.5.5 Gesonde kommunikasiestrategieë ondersteun die kernaktiwiteite van die Raad en vul dit aan. 2.5.6 Versterk maatskaplike dialoog deur opvoedingsinisiatiewe soos die NECT te ondersteun en daaraan deel te neem. Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 5

ELRC - 2017/18 STARTING SALARY GRADE DMS OFFICE OF THE CFO SCM FINANCE HR CORPORATE SERVICES RESEARCH & MEDIA ICT EXECUTIVE EXECUTIVE COLLECTIVE BARGAINING SERVICES NATIONAL PROVINCIAL ELRC EXCO Audit Committee Functional Reporting E3 General Secretary E2 Chief Financial Officer DU Senior Manager: DMS Senior Manager Corporate Services Internal Auditor Senior Manager CBS D3 DMS Manager Supply Chain Manager Finance Manager HR Manager Research & Media Manager IT Manager IA Manager Manager CBS Provincial Manager CBS (9) C2 Case Management Officers (4) SCM Officers (3) Finance Officers (5) HR Officer IT Officer Personal Assistant IA Officer Committee Officer C1 DMS Administrator Supply Chain Administrator Research & Media Administrator BU Receptionist Provincial Officer (9) B3 Logistics Administrator (Driver) B2 Senior General Assistant B1 General Assistant (4)

3. DIE STRUKTUUR VAN DIE RAVO 3.1 Die RAVO bestaan uit 'n nasionale kantoor in Gauteng, en nege provinsiale kantore. Elke provinsiale kantoor het 'n Provinsiale Bestuurder verantwoordelik vir die globale funksionering van die provinsie. 4. KONTAKBESONDERHEDE HOOFKANTOOR Fisieke adres: Posadres: Kontaknommers: Wesstraat 261 Privaat Sak X126 Tel: (012) 663-7446 Centurion Centurion Faks: (012) 643-1601 0042 0046 E-posadresse: Ontvangs: Algemene Sekretaresse: Mediabestuurder: PulengG@elrc.org.za EstelleP@elrc.org.za BerniceL@elrc.org.za RAVO PROVINSIALE KAMERS OOS-KAAP Posadres : Posbus 474, King Williams Town, 5600 Fisieke adres : Cliffordstraat 12, 2de Vloer, Suite 6 Quigney, Oos-Londen, 5200 Telefoonnommer : (040) 639-3535 Faksnommer : (040) 639-3562 VRYSTAAT Posadres : Posbus 2386 Fisieke adres : Beljac-gebou 131, Zastronstraat, 2de vloer Kantoor No. 201, Bloemfontein, 9300 Telefoonnommer : (051) 430-8927 Faksnommer : (051) 430-5803 GAUTENG Posadres : Posbus 5980, Johannesburg, 2000 Fisieke adres : Von Brandisstraat 32, 4de vloer Johannesburg, 2000 Telefoonnommer : (011) 331-0061 Faksnommer : (011) 331-0062

KWAZULU-NATAL Posadres : Posbus19796, Dormerton, 4015 Fisieke adres : 1ste Vloer, ThekwiniFET-kollege, Daintreelaan 262, Asherville, Durban, 4091 Telefoonnommer : (031) 208-7065 Faksnommer : (031) 208-2372 MPUMALANGA Posadres : Posbus 194, Witrivier, 1240 Fisieke adres : William Lynnstraat 15, Winkel No. 19 A Arena-gebou, Witrivier,1240 Telefoonnommer : (013) 751-2838 Faksnommer : (013) 751-3491 NOORD-KAAP Posadres : Posbus 979, Kimberly, 8300 Fisieke adres : 95 Du Toitspan-gebou, Suite 13, Du Toitspanweg, Kimberley, 8300 Telefoonnommer : (053) 832-0247/8 Faksnommer : (053) 832-0248 LIMPOPO Posadres : Posbus 2100, Polokwane, 0700 Fisieke adres : Landdros Marestraat 49, Std Bank-gebou Kantoor No. 3005, Polokwane, 0700 Telefoonnommer : (015) 291-1460 Faksnommer : (015) 295-3090 NOORD-WES Posadres : Dieselfde as fisieke adres Fisieke adres : 1ste Vloer, Mimosa-gebou, Proteapark, Rustenburg, 0300 Telefoonnommer : (014) 592-0085 Faksnommer : (014) 597-3399 WES-KAAP Posadres : Dieselfde as fisieke adres Fisieke adres : Fairwaysingel, Fairwaypleingebou Noord-blok 1ste Vloer, Parow, 7500 Telefoonnommer : (021) 595-2149 Faksnommer : (021) 595-2949 Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 8

5. TOEGANG TOT REKORD DEUR RAVO GEHOU [ARTIKEL 14(1)(D)] 5.1 Outomatiese Openbaarmakings [Artikel 14(1)(e)] Toegang kan tot 'n verskeidenheid rekords, verslae en dokumente gekry word op die RAVO se webwerf: www.elrc.org.za Nasionale Hoofkantoor Inligtingsentrum (biblioteek): Die publiek mag die Raad se inligtingsentrum (biblioteek) gebruik, maar mag nie boeke uitneem nie. Die volgende hulpbronne is van die RAVObiblioteek beskikbaar: Boeke Joernale Navorsingsverslae Strategiese Planne Kwartaallikse Verslae Jaarverslae Jaarlikse Prestasieplan Administrasiedienste Notule van vergaderings oor kollektiewe bedinging Geskiltoekennings RAVO-beleid 5.2 Die versoekprosedure 'n Versoeker moet toegang tot 'n rekord van 'n openbare liggaam gegee word indien die versoeker aan die volgende voldoen: 5.2.1 Die versoeker voldoen aan al die prosedurele vereistes in die Wet wat verband hou met die versoek om toegang tot daardie rekord; en 5.2.2 Toegang tot daardie rekord nie op grond van enige grond vir weiering soos hieronder vermeld, geweier word nie: 5.2.2.1 Verpligte beskerming van die privaatheid van 'n derde party wat 'n natuurlike persoon is; 5.2.2.2 Verpligte beskerming van kommersiële inligting van 'n derde party; 5.2.2.3 Verpligte beskerming van sekere vertroulike inligting van 'n derde party; 5.2.2.4 Verpligte beskerming van die veiligheid van individue en die beskerming van eiendom; 5.2.2.5 Verpligte beskerming van rekords wat bevoorreg is teen verstrekking in regsverrigtinge; 5.2.2.6 Verpligte beskerming van navorsingsinligting van 'n derde party en beskerming van navorsingsinligting van 'n openbare liggaam; Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 9

5.2.2.7 Versoeke wat opsigtelik beuselagtig en ergerlik is of wesenlike of onredelike afleiding van hulpbronne; en 5.2.2.8 Verpligte beskerming van ekonomiese belange en welsyn van die Republiek en kommersiële aktiwiteite van openbare liggame. 5.3 Aard van die versoek 5.3.1 'n Versoeker moet die vorm gebruik wat gedruk is in die Staatskoerant Goewermentskennisgewing R187-15 Februarie 2002] (Vorm A). 5.3.2 Die versoeker moet ook aandui of die versoek vir 'n afskrif van die rekord is of dat die versoeker wil inkom en by die kantore van die openbare liggaam na die rekord wil kyk. As die rekord nie 'n dokument is nie, kan dit waar moontlik in die aangevraagde vorm gesien word [s 29(2)]. 5.3.3 Indien 'n persoon vra vir toegang in 'n bepaalde vorm, moet die versoeker toegang verkry op die wyse waarvoor hy/sy gevra het. Dit is tensy dit onredelik sal inmeng by die bedryf van die betrokke openbare liggaam, of die rekord kan beskadig of 'n kopiereg kan verbreek wat nie in besit van die staat is nie. Indien toegang om praktiese redes nie in die vereiste vorm gegee kan word nie, maar wel op 'n alternatiewe wyse, moet die gelde bereken word volgens die manier waarvoor die versoeker aanvanklik daarvoor gevra het [a 2(3) en (4)]. 5.3.4 Die versoeker moet die Navorsings en Mediabestuurder voorsien van voldoende besonderhede om die beampte in staat te stel om die versoeker en die versoekte rekord te identifiseer [a 18(2)(a)]. 5.3.5 Die versoeker moet die taal aandui waarin hy of sy verkies om die versoekte rekord te ontvang [a 18(2)(b)]. 5.3.6 Indien, bykomend tot 'n geskrewe antwoord op hul versoek om die rekord, die versoeker op enige ander wyse van die besluit ingelig wil word, bv. per telefoon, moet dit aangedui word [a 18(2)(e)]. 5.3.7 Indien 'n versoeker namens iemand anders vir die inligting vra, moet die hoedanigheid waarin die versoek gemaak word, aangedui word [a 18(2)(f)]. 5.3.8 Indien 'n versoeker nie kan lees of skryf nie, of 'n gestremdheid het, kan hulle die versoek vir die rekord mondelings doen. Die inligtingsbeampte moet dan die vorm namens so 'n versoeker invul en vir hulle 'n afskrif gee [a 18(3)]. 5.3.9 Die inligtingsbeampte moet die versoeker by kennisgewing verwittig, wat vereis dat die versoeker die voorgeskrewe gelde (indien enige) betaal voordat die versoek verder verwerk word. 5.3.10 Nadat die inligtingsbeampte 'n besluit oor die versoek geneem het, moet die Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 10

versoeker daaroor ingelig word op die wyse waarop die versoeker ingelig wil word. 6. BESKIKBARE DIENSTE [ARTIKEL 14(1)(F)] 6.1 Aard van dienste Die dienste van die RAVO word in die volgende diagram skematies uitgebeeld: Dienste wat die RAVO aan die publiek voorsien GESKILBESTUURS- DIENSTE Paneellede Versoenings Arbitrasies Fasilitering/bemiddeling KOLLEKTIEWE BEDINGING Kollektiewe ooreenkomste NAVORSING EN MEDIA Toegang tot rekords soos Kollektiewe Ooreenkomste, toekennings en Inligting oor onderwys en navorsing 6.2 Hoe toegang tot hierdie dienste gekry kan word 6.2.1 Om toegang tot die volgende dienste by die RAVO te kry, moet versoeke aan die tersaaklike departement gemaak word soos hieronder aangedui: Sien Kontakbesonderhede (Deel 4 vir kontakbesonderhede vir die RAVO se provinsiale kantore). Algemene Sekretaris Fisieke adres : Wesstraat 261, Centurion, 0046 Posadres : Privaat Sak X126, Centurion, 0046 Telefoon : (012) 663 7746 Faks : (012) 643 1601 E-pos : EstelleP@elrc.org.za Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 11

Navorsings- en Mediabestuurder Fisieke adres : Wesstraat 261, Centurion, 0046 Posadres : Privaat Sak X126, Centurion, 0046 Telefoon : (012) 663 7446 Faks : (012) 663 1601 Sel : 083 384 7747 E-pos : BerniceL@elrc.org.za Senior bestuurder: Kollektiewe Bedingingsdienste Fisieke adres : Wesstraat 261, Centurion, 0046 Posadres : Privaat Sak X126, Centurion, 0046 Telefoon : (012) 663 7446 Faks : (012) 643 1601 Sel : 073 530 2536 E-pos : SelaeloM@elrc.org.za Senior Bestuurder: Geskilbestuursdienste Fisieke adres : Wesstraat 261, Centurion, 0046 Posadres : Privaat Sak X126, Centurion, 0046 Telefoon : (012) 663 7446 Faks : (012) 643 1601 Sel : 060 560 2536 E-pos : MatloseM@elrc.org.za Senior bestuurder: Korporatiewe Dienste Fisieke adres : Wesstraat 261, Centurion, 0046 Posadres : Privaat Sak X126, Centurion, 0046 Telefoon : (012) 663 7446 Faks : (012) 643 1601 Sel : 060 560 2529 E-pos : OctaviaM@elrc.org.za Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 12

7. REëLING WAT PUBLIEKE DEELNAME MOONTLIK MAAK [ARTIKEL 14(1)(G)] 7.1 Indien lede van die publiek enige navrae of kwellings oor die RAVO het en aan die formulering van beleid wil deelneem, sal hulle deur die Algemene Sekretaris moet aansoek doen of met enige lid van die maatskaplike vennote onder wie se kiesafdeling sodanige lid val, in verbinding moet tree. Byvoorbeeld, as die lid van die publiek 'n unielid is, sal hy die aangeleentheid na die kiesafdeling moet verwys wat arbeid verteenwoordig. 8. DIE REMEDIES WAT BESKIKBAAR IS INDIEN DIE BEPALINGS VAN DIE WET NIE AAN VOLDOEN WORD NIE [ARTIKEL 14(1)(H)] 8.1 Die versoeker kan 'n interne appèl by die Algemene Sekretaris van die RAVO aanteken. Die versoeker kan 'n appèl aanteken wat verband hou met: 8.1.1 'n Besluit om nie toegang tot 'n rekord toe te staan nie; 8.1.2 'n Besluit om die tydperk vir die hantering van die versoek te verleng; of 8.1.3 Weiering deur die liggaam om die rekord in die vorm waarvoor die versoeker gevra het, vir die versoeker te gee. 8.2 Die prosedure is soos soos volg: 8.2.1 Daar sal van die versoeker vereis word om die tersaaklike appèlvorm binne 60 dae in te vul. 8.2.2 Nadat die versoeker die vorm ingevul het, moet dit na die Inligtingsbeampte gestuur word. 8.2.3 'n Versoeker kan versoek om ingelig te word van die resultaat van die appèl op enige wyse buiten 'n skriftelike antwoord, byvoorbeeld, per e-pos of per telefoon. 8.2.4 Die appellant moet sy of haar kontakbesonderhede voorsien. 8.2.5 Die Inligtingsbeampte moet binne 10 werksdae op die versoek reageer en indien die versoek geweier word, moet die Inligtingsbeampte redes vir die weiering verstrek ingevolge die Wet. 9. ANDER INLIGTING SOOS INGEVOLGE DIE WET VOORGESKRYF [ARTIKEL 14(1)(I)] 9.1. Daar is tans geen inligting ingevolge artikel 92 van die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste beskikbaar om hier in te voeg nie. 10. BYWERK VAN DIE HANDLEIDING [ARTIKEL 14(2)] 10.1. 'n Openbare liggaam moet, indien nodig, sy handleiding in subartikel (1) van artikel 14 bedoel, bywerk en publiseer, met tussenposes van nie meer as 'n jaar nie. Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 13

11. BESKIKBAARHEID VAN DIE HANDLEIDING [ARTIKEL 14(3)] 11.1 Regulasie No. R 187 van 15 Februarie 2002 skryf in artikel 4(1) voor dat die handleiding van 'n openbare liggaam op die volgende wyse beskikbaar gestel moet word: 11.1.1 Die handleiding moet op die webwerf, indien enige, van die openbare liggaam beskikbaar gestel word. 12. VERSOEK AAN DIE MINISTER VAN JUSTISIE EN KORREKTIEWE DIENSTE VIR DIE SAMESTELLING VAN 'N HANDLEIDING [ARTIKEL 14J(4)(a) EN ARTIKEL 14(4)(B)] 12.1. Indien die werksaamhede van twee of meer openbare liggame nou met mekaar verbind is, kan die Minister, op versoek of uit eie beweging, bepaal dat die twee of meer liggame slegs een handleiding saamstel. Die betrokke openbare liggame moet die koste van die samestelling en beskikbaarstelling van sodanige handleiding deel soos die Minister bepaal. 13. VRYSTELLING DEUR DIE MINISTER VAN JUSTISIE EN KORREKTIEWE DIENSTE VAN ENIGE BEPALING VAN HIERDIE ARTIKEL VIR 'N BEPAALDE T YDPERK (ARTIKEL 14(5)] 13.1 Vir sekuriteits-, administratiewe of finansiële redes, kan die Minister, op versoek of uit eie beweging, by kennisgewing in die Staatskoerant, enige openbare liggaam of kategorie van openbare liggame, vrystel van enige bepaling van hierdie artikel vir sodanige tydperk wat die Minister gepas ag. Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 14

14. AANHANGSELS VOORGESKREWE VORMS VIR TOEGANG TOT REKORDS AANHANGSEL B VAN KENNISGEWING 187 IN DIE STAATSKOERANT OP 15 FEBRUARIE 2002 VORM A VERSOEK VIR TOEGANG TOT REKORD VAN BEDINGINGSRAAD [Artikel 18(1) van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)] [Regulasie 2] VIR DEPARTEMENTELE GEBRUIK Verwysingsnommer:... Versoek ontvang deur:... (staatsrang, naam en van van inligtingsbeampte / adjunkinligtingsbeampte) op (datum)... (plek) Versoekgeld (indien enige): R... Deposito (indien enige): R...... Handtekening van Inligtingsbeampte/ Adjunkinligtingsbeampte BESONDERHEDE VAN BEDINGINGSRAAD Die Inligtingsbeampte: Bernice Loxton Navorsings- en Mediabestuurder Tel: 012 663 7446 Fax: 012 643 1601 Epos: BerniceL@elrc.org.za www.elrc.org.za Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 15

BESONDERHEDE VAN PERSOON WAT TOEGANG TOT DIE REKORD VERSOEK (a) Die besonderhede van die persoon wat toegang tot die rekord versoek moet hieronder aangeteken word. (b) Verstrek 'n adres en/of faksnommer in die Republiek waarheen die inligting gestuur moet word. (c) Bewys van die hoedanigheid waarin die versoek gedoen word, indien van toepassing, moet aangeheg word. Volle name en van:... Identiteitsnommer:... Posadres:...... Faksnommer:... Telefoonnommer:... E-posadres:... Hoedanigheid waarin versoek namens iemand anders gedoen word:... d. BESONDERHEDE VAN PERSOON NAMENS WIE VERSOEK GEDOEN WORD Hierdie artikel moet slegs ingevul word indien 'n versoek vir inligting namens iemand anders gedoen word. Volle name en van:... Identiteitsnommer:... e. BESONDERHEDE VAN REKORD Verstrek volle besonderhede van die rekord waartoe toegang versoek word, met inbegrip van die verwysingsnommer wat aan jou bekend is, sodat die rekord opgespoor kan word. Indien die spasie wat voorsien is, onvoldoende is, gaan asseblief op 'n aparte folio aan en heg dit by hierdie vorm aan. Die versoeker moet al die bykomende folio's onderteken. Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 16

Beskrywing van rekord of tersaaklike deel van die rekord:...... Verwysingsnommer (indien beskikbaar):... Enige verdere besonderhede van rekord:......... f. VORM VAN TOEGANG TOT REKORD Indien 'n gestremdheid jou daarvan weerhou om die rekord in die vorm van toegang waarvoor in 1-4 hier onder voorsiening gemaak word te lees, te kyk of daarna te luister, stel jou gestremdheid en dui aan in watter vorm die rekord benodig word. Gestremdheid:... Vorm waarin rekord benodig word:... *Merk die gepaste boks met 'n 'X'. (a) (b) (c) Jou aanduiding ten opsigte van die benodigde vorm van toegang hang af van die vorm waarin die rekord beskikbaar is. Toegang in die vorm aangevra kan onder sekere omstandighede geweier word. In so 'n geval sal jy ingelig word as toegang in 'n ander vorm toegestaan sal word. Die geld betaalbaar vir toegang tot die rekord, indien enige, sal gedeeltelik bepaal word deur die vorm waarin die toegang benodig word. 1. Indien die rekord in geskrewe of gedrukte vorm is: Afskrif van rekord* Inspeksie van rekord* Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 17

2. Indien rekord uit visuele beelde bestaan: Dit sluit foto's, skyfies, video opnames, rekenaargegeneerde beelde, sketse, ens in. Besigtig die beelde* Afskrif van die beelde* Transkripsie van die beelde* 3. Indien 'n rekord uit opgeneemde woorde of inligting wat in klank gereproduseer kan word bestaan: Luister na die klankbaan (oudiokasset)* Transkripsie van klankbaan (geskrewe of gedrukte dokument)* 4. Indien 'n rekord op rekenaar of in 'n elektroniese of masjienleesbare vorm gehou word: Gedrukte kopie van rekord* Gedrukte kopie van inligting aan die rekord ontleen* Afdruk in rekenaarleesbare vorm (Kompakskyf)* As jy 'n kopie of transkripsie van 'n rekord (hier bo) versoek het, wil jy hê die kopie of transkripsie moet aan jou gepos word? JA NEE Let wel dat as die rekord nie in die taal wat jy verkies beskikbaar is nie, kan toegang in die taal waarin die rekord beskikbaar is toegestaan word. In watter taal sal jy die rekord verkies?... g. KENNISGEWING VAN BESLUIT OOR VERSOEK VIR TOEGANG Jy sal skriftelik in kennis gestel word of jou versoek goedgekeur/geweier is. As jy op enige ander manier daarvan ingelig wil word, spesifiseer asseblief die manier en voorsien die nodige besonderhede om voldoening aan jou versoek moontlik te maak. Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 18

Hoe sal jy verkies om ingelig te word van die besluit oor jou versoek vir toegang tot die rekord?...... Geteken op hierdie dag van 20... HANDTEKENING VAN VERSOEKER/PERSOON NAMENS WIE VERSOEK GEDOEN WORD:.. Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 19