HANDLEIDING VIR DIE TOEPASSING VAN DIE VOORGESKREWE VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD VAN DIE FAKULTEIT REGTE (NWU, POTCHEFSTROOMKAMPUS)

Similar documents
POTCHEFSTROOMSE ELEKTRONIESE REGSTYDSKRIF. VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD 1. Voorgeskrewe verwysingstyl van PER/PELJ,

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

INSTRUKSIES AAN OUTEURS

Direkte aanhalings word in dubbelaanhalingstekens geplaas. Gebruik 'n dubbelpunt voor die

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

RIGLYNE VIR DIE SKRYF VAN SKRIPSIES EN WERKSTUKKE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

TYDSKRIF VIR REGSWETENSKAP REDIGEERINSTRUKSIES

Mandala Madness Deel 2

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

NWU VERWYSINGSGIDS. NWU Harvard Verwysingstyl van die Fakulteit Regte APA. Biblioteekdienste, Potchefstroomkampus. Noordwes-Universiteit Potchefstroom

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Direkte en indirekte rede *

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Rut: n Liefdes Verhaal

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOËRSKOOL STRAND REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE (VRAESTEL 1 - PRAKTIES) GRAAD 10 PUNTE: 150 NOVEMBER 2013 TYD: 3 UUR

Uit Moerdijk se pen Man en Media

SOUTH AFRICAN JOURNAL OF CULTURAL HISTORY

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

SIZA takes the sting out of auditing

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

2016 SACAI-WINTERSKOOL GESKIEDENIS NOTAS

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

NWU PUK campus style guide / Stylgids van die NWU se PUK-kampus

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Government Gazette Staatskoerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

REDES VIR BEVEL IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. Coram : MAJIEDT R. Saaknommer: 86/08 Datum Verhoor: Datum Gelewer:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

POST-KONSTITUSIONELE REGSPRAAK OOR DIE

HOëRSKOOL PORTERVILLE

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

MALHERBE RP et HATTINGH R

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE RIGLYNE VIR DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) GRAAD 12. Hierdie dokument bestaan uit 24 bladsye en twee bylaes.

Tariewe

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Mosselbaai Munisipaliteit

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAAL PROVINSIALE AFDELlNG) Saakno.: 21769/02 Datum gelewer: 13/6/05 UITSPRAAK

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Grondwetlike waardes, openbare administrasie en die reg op toegang tot omgewingsinligting

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Dialoog en paragrawe *

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Handtekening as vereiste vir die geldigheid van n kontrak

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

WATERLISENSIERING EN WATERPRYSBELEID IN DIE NUWE WATERWET GERHARDUS FRANCOIS JOUBERT

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

Die diskresie van 'n trustee van 'n inter vivos trust: wysiging en beperking S TACK

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Handleiding vir Meestersgraad- en Doktorale Studie

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Transcription:

HANDLEIDING VIR DIE TOEPASSING VAN DIE VOORGESKREWE VERWYSINGSTYL EN AANHALINGSTANDAARD VAN DIE FAKULTEIT REGTE (NWU, POTCHEFSTROOMKAMPUS) (Van toepassing op alle werksopdragte en 4de jaarskripsies binne die bestek van die kwalifikasies B Comm Regte, BA Regte en LLB) Hierdie handleiding moet saamgelees word met die Amptelike PER Verwysingstandaard soos op die fakulteitswebblad en/of Efundi. Januarie 2010

Erkennings Hierdie dokument is saamgestel vanuit n verskillende aantal historiese dokumente met betrekking tot die aanhaling- en verwysingstandaard en skryf van skripsies van die Fakulteit Regte (NWU, Potchefstroom). Die bydrae van alle oorspronklike outeurs, Francois De Villiers, verskeie kollegas en die SRVP word hiermee met dank erken. Enige foute of onduidelikhede moet asseblief per epos gestuur word aan Prof Anél du Plessis anel.duplessis@nwu.ac.za. 2

INHOUDSOPGAWE 1. Voorbeelde vir aanhefte 4 2. Tegniese vereistes: lyf (inhoud) van die werksopdrag/skripsie 11 3. Riglyne vir gebruik van verwysingstandaard (voetnotas en bibliografie) 19 Addendum: Plegtige Verklaring 38 3

1. VOORBEELDE VIR AANHEFTE * Voorblad * Inhoudsopgawe * Lys van afkortings 4

1.1.1 VOORBLAD INDIVIDUELE WERKSOPDRAG KW VAN DER MERWE (Katryn) (voorletters, van en noemnaam) 123466781 (studentenommer) JURI 122 (modulekode) Werksopdrag 3 (werksopdragnommer) Dosent: Prof TM Roos (naam van dosent wat module aanbied) 30 April 2010 (inhandigingsdatum) Let wel: Geen prentjies of fotos op voorblad tensy vir n bepaalde opdrag so vereis. Geen plastiekomslae of plastieksakkies word nie toegelaat nie. Die voorblad het nie n bladsynommer nie. 5

1.1.2 VOORBLAD WERKSOPDRAG IN GROEPSVERBAND KW VAN DER MERWE (Katryn) (voorletters, van en noemnaam) 123466781 (studentenommer) AL DICKSON (Adriaan) 14299542 PM DE KOKER (Priscilla) 12289763 WW RICHARDSON (Wilma) 12298544 JURI 122 (modulekode) Werksopdrag 3 (werksopdragnommer) Dosent: Prof TM Roos (naam van dosent wat module aanbied) 18 November 2010 (inhandigingsdatum) Let wel: Geen prentjies of fotos op voorblad tensy vir n bepaalde opdrag so vereis. Geen plastiekomslae of plastieksakkies word toegelaat nie. Die voorblad het nie n bladsynommer nie. 6

1.1.3 VOORBLAD 4de Jaar Skripsie NALATIGHEID EN KONSENSUS: N REGSPERSPEKTIEF OP DIE POSISIE VAN MEDIESE PRAKTISYNS (titel van skripsie) Navorsingsverslag ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Baccalaureus Legum aan die Noordwes Universiteit (Potchefstroomkampus) deur Cornelia Aletta Bekker 12762520 (Nota: die voorblad het nie n bladsynommer nie) Studieleier: Me Anél Terblanché (naam van studieleier) Oktober 2010 (datum van inhandiging) 7

1.2 INHOUDSOPGAWE : VOORBEELD INHOUDSOPGAWE (op aparte A4 pagina, sonder raampie) Lys van afkortings 1 1. Inleiding 2 2. Die regsposisie in Suid-Afrika 4 3. Die regsposisie in die Gauteng Provinsie 8 4. Leemtes in nasionale en provinsiale wetgewing 14 5. Samevatting, slot en aanbevelings 19 Bibliografie 23 Let wel: Die inhoudsopgawe word eers opgestel nadat die werksopdrag/skripsie voltooi is. Die inhoudsopgawe word ingesluit tussen die voorblad van die werksopdrag/skripsie en die eerste bladsy met teks. Die bladsy(e) met inhoudsopgawe kan genommer word in die middel onder aan die bladsy. Gebruik n kleinletter Romeinse numering ( i en ii ). Die gewone bladsynommers (1, 2, 3, ensovoorts) begin by die lys van afkortings of by die eerste bladsy van die teks indien daar geen lys van afkortings is nie. 8

1.1 LYS VAN AFKORTINGS: VOORBEELD LYS VAN AFKORTINGS (op aparte A4 pagina, sonder raampie) DBSA Development Bank of South Africa DEAT Department of Environmental Affairs and Tourism ECHR European Court of Human Rights ECJ European Court of Justice EU European Union LAWSA The Law of South Africa NEMA National Environmental Management Act 107 of 1998 SADC Southern Africa Development Community SAHRC South African Human Rights Commission Let wel: n Lys van afkortings word geplaas direk na die inhoudsopgawe slegs indien onbekende of nie-voor-die-handliggende afkortings in die werksopdrag/skripsie gebruik word. Gelyste afkortings moet byvoorbeeld akronieme en tydskrifname insluit. Die nasiener van die werksopdrag/skripsie moet n afkorting in die lys van afkortings kan naspeur indien hy/sy dit nie herken nie. Gebruik sover moontlik slegs erkende afkortings soos wat dit in woordeboeke verskyn. Voor-die-handliggende erkende afkortings hoef nie gelys te word nie soos onder andere (oa), paragraaf (par), artikel (a), regulasie (reg), byvoorbeeld (by), ter wille van (twv), met betrekking tot (mbt), ten opsigte van (tov), meneer (mnr) ens. Die gebruik van hierdie tipe afkortings moet in elk geval sover as moontlik in die teks van die opdrag of skripsie vermy word. Dit kan wel in `n groter mate in voetnote toegelaat word. Afkortings soos LAWSA ( The Law of South Africa ), DWOS (Departement van Water en Omgewingsake) en VN (Verenigde Nasies) moet wel gelys word. Gebruik afkortings so min as moontlik in die teks, bv artikel 12 Gebruik afkortings soveel as moontlik in die voetnotas, bv a 12 9

Afkortings word sonder punte geskryf. Indien n afkorting aan die begin van n sin of voetnota voorkom word dit met `n hoofletter geskryf. 10

2. TEGNIESE VEREISTES: LYF (INHOUD) VAN WERKSOPDRAG / SKRIPSIE 11

Goue reëls 1. Alle werksopdragte en skripsies moet in MS Word formaat voorberei word. 2. n Goeie werksopdrag/skripsie word logies uiteengesit deur die gebruik van onder andere inleidende en slotparagrawe. 3. 'n Werksopdrag mag slegs ingedien word indien jy doodseker gemaak het dat die taalgebruik deurgaans korrek is. 4. Hou die manier waarop jy na bronne verwys eenvormig regdeur die werksopdrag/skripsie veral in gevalle waar daar nie spesifieke voorskrifte in die verwysingstandaard van die Fakulteit is nie (die verwysingstyl vir spesifieke tipes bronne word later in hierdie dokument bespreek). Voorbeelde Verwys deurgaans in jou teks na die SAMRK in plaas van op sommige plekke na die SAMRK en op ander plekke na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. As jy verskillende idees met kommapunte (;) in plaas van kommas (,) skei, maak seker dat jy soortgelyke sinne deurlopend dieselfde hanteer. 5. Indien enige aangeleentheid mbt die verwysingstandaard nie in die voorgeskrewe stylvereiste dokument gereël word nie, kan die OSCOLA 1 -standaard as riglyn gebruik word: http://denning.law.ox.ac.uk/published/oscola.shtml. 1 Die Oxford Standard for Citation of Legal Authorities. 12

Maak gebruik van die volgende stiplys voor aanvang en na afloop van die tekstuele bespreking in die werksopdrag/skripsie om seker te maak dat al die vereistes nagekom is. 1. Maak seker die voorblad is volledig in ooreenstemming met die voorbeeld in hierdie dokument. 2. Maak seker daar is n volledige inhoudsopgawe in ooreenstemming met die voorbeeld in hierdie dokument. 3. Die inhoudsopgawe se bladsynommers moet ooreenstem met dié van die tekstuele bespreking. 4. Maak seker n lys van nie-voor-die-handliggende afkortings is ingesluit in ooreenstemming met die voorbeeld in hierdie dokument. 5. Maak seker n volledige en korrekte bibliografie is agter aan jou werksopdrag of skripsie op n nuwe bladsy ingesluit (die bibliografie moet ontwikkel word soos wat daar met die skryfstuk gevorder word). 6. Bronne in die bibliografie word nie blindelings gelys in die volgorde waarin jy nageslaan het nie, maar wel alfabeties. 7. Maak seker dat: a. Die werksopdrag/skripsie voorsien is van die nodige inleidende en slotparagrawe soos gepas; b. die werksopdrag/skripsie deurgaans logies lees; c. die werksopdrag/skripsie n beredeneerde eenheid vorm; en d. geen vorm van plagiaat in die voltooiing van die werksopdrag/skripsie gepleeg is nie. Kyk hier na die definisie van plagiaat wat in elke studiegids voorsien word. 8. Soos reeds gesê, maak doodseker dat geen spel, tik of taalfoute voorkom nie. 9. Jou werksopdrag/skripsie moet altyd na die bibliografie voorsien word van n plegtige verklaring waarin jy aandui dat die werk jou eie is. n Voorbeeld van sodanige verklaring vir doeleindes van werksopdragte is aan die einde van hierdie handleiding aangeheg. n Spesifieke verklaringsvorm word gebruik by finalejaarskripsies. 13

Volg die volgende voorskrifte tydens die aanpak van die opdrag/skripsie om te verseker dat die opdrag/skripsie aan al die vereistes voldoen: NUMERING VAN BLADSYE (Rekenaarpad: Insert Page numbers) Bladsye moet altyd in die middel onder aan die bladsy genommer word. Numering in arabiese syfers, bv 1, 2, 3, ens. Begin numering op die eerste bladsy met teks na die voorblad. Dit is gewoonlik die bladsy waarop die lys van afkortings verskyn. Bladsynommers moet in dieselfde lettertipe ( font ) as die teks wees, dus ook in Arial 12pt. Dubbelkliek op die bladsynommer om die lettertipe te wysig indien nodig. OPSKRIFTE Funksie Numering Beskrywing Voorbeeld Hoofopskrif 1 Bold 1 Grondwetlike bepalings Ondergeskikte opskrif Verdere ondergeskikte opskrif Enige opvolgende opskrif 1.1 Bold+ Italics 1.1 Handves van regte 1.1.1 Italics 1.1.1 Reg op lewe 1.1.1.1 (ens) Geen bold of italics 1.1.1.1 Horisontale werking Let wel: Gebruik slegs arabiese syfers soos in voorbeeld. Let op die gebruik van punte. Geen punt na die laaste syfer van opskrifnommers. UITLEG Teks word geblok (justified) met 1½ lyn-spasiëring (Rekenaarpad: Format Allignment Justified) Arial 12pt lettertipe word deurgaans gebruik 14

Alle opskrifte moet teen die linkerkantlyn begin. Een lyntjie tussen opeenvolgende paragrawe word gelaat asook voor en na aanhalings. Tabelle en ander grafika moet opskrifte hê, moet genommer word (bv Tabel 1) en moet deurlopend eenvormig lyk. TAAL British English is altyd die gebruiklike Engels (Rekenaarpad: Tools Language Set Language English (U.K.) OK Kursief vir: alle vreemde woorde in n taal anders as die taal waarin die opdrag/skripsie geskryf word, bv inter alia, Rechtsstaat, ens. Dit geld ook vir Engelse woorde in Afrikaanse werksopdragte/skripsies. Let daarop dat lang aanhalings wat in n vreemde taal voorkom en in jou stuk ingekeep en geblok word, nie in kursief geskryf hoef te word nie. Kursief vir: die name van regstydskrifte, die name van wette en hofsaakname (sien verder die verwysingstandaard). Slegs die eerste woord van opskrifte in jou teks is met n hoofletter, behalwe as die woorde volgens gewone taalreëls met n hoofletter gespel word. Maar by verwysings na die titels van boeke, bv in voetnote, moet elke hoofwoord in hoofletter geskryf word, bv Die Belangrike Boek en nie na Die belangrike boek nie. Maak met behulp van n woordeboek en jou voorgeskrewe handboeke seker van die gebruik van kleinletter- en hoofletterwoorde, bv appèl, regering, staat en amptenaar, maar Landdroshof, Hooggeregshof, Hoogste Hof van Appèl, Konstitusionele Hof en Minister word met hoofletters geskryf. By verwysings na artikels in regstydskrifte gebruik die hoofletters en kleinletters in die titel van die artikel in jou voetnotas en bibliografie soos wat die bron dit self vermeld. As dit ooglopend verkeerd is, moet jy dit regmaak volgens die reël: slegs lidwoorde = kleinletters Vermy die gebruik van my en ek (persoonlike voornaamwoorde). 15

Vermy sover moontlik die gebruik van die passiewe vorm. ANDER STILISTIESE VOORSKRIFTE 1. Verwysings na grondwette (algemeen) en die Grondwet van Suid- Afrika (spesifiek) Hoofletter wanneer na n spesifieke wet of grondwet verwys, bv die Namibiese Grondwet of die Grondwet van Australië. Kleinletter wanneer dit n algemene verwysing na n grondwet of wet as regsbron is, bv lande se grondwette omvat gewoonlik almal n lys van afdwingbare regte... of "daar is verskeie grondwette wat eiendomsreg reël...". Die amptelik voorgeskrewe wyse om na die nuwe Grondwet van Suid- Afrika te verwys is: Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 2. Gebruik van hakies As n volle sin binne hakies geskryf word, kom sy punt ook binne die hakies. As slegs n gedeelte van n sin binne hakies geplaas word, kom die hoofsin waarmee die hakie se inhoud saamgelees word se punt buite die hakie. Bv: Piet en sy sussie is blind. ( n Hond het hulle in die oog gebyt.) maar... Piet en sy sussie is blind (as gevolg van n hondbyt). 3. Gebruik van aanhalings (vanuit ander bronne) `n Direkte aanhaling vanuit `n ander bron wat nie langer as een getikte reël is nie, moet in dieselfde sin aangehaal word, bv Swanepoel is van 16

mening "dat mense met lang hare nie geld het om hulle hare te sny nie." (in hierdie geval kom die punt binne die aanhaling. Voor en na n direkte aanhaling vanuit n ander bron wat langer as een getikte reël is, moet daar n skoon reël voor en na sodanige aanhaling oopgelaat word (as t ware n paragravering). Voorbeeld Paragraaf1XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX XXXXXX: XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX (Aanhaling loop hier in lettergrootte 11, enkelspasiëring en sonder enige aanhalingstekens want struktuur dui aan dat dit n direkte aanhaling is. Aanhalings wat so ingekeep en geblok is, word nie kursief gedruk nie, ongeag in watter taal dit is.) Paragraaf2XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX Aanhalings word aan beide kante ingekeep en is geblok ( justified ) Aanhalings word in enkelspasiëring getik. Geen aanhalingstekens word in die lang geblokte aanhalings gebruik nie, bv: Let wel: Die begrip, bv Parlement, is in en die snede ( Parlement word gedefinieër as:) staan in n nuwe lyntjie, maar vas aan die vorige paragraaf. Parlement word gedefinieer as: 17

The ideal form of government which is established by way of collaboration, coordination, co-operation and integration. Enkel-aanhalingstekens word gebruik vir aanhalings binne n aanhaling, bv "the most appropriate form of biodiversity regulation is arguably by means of 'economic instruments'." Leestekens wat deel vorm van die aanhaling word binne die aanhalingstekens geplaas soos met die punt in die voorbeeld hierbo. Alle verwysings na die bron waarin die aangehaalde teks oorspronklik verskyn, geskied by wyse van n voetnoot. Die voetnotaverwysing moet direk na die naam van die outeur verskyn. Voorbeeld: Feris 2 is van mening dat "there may not be enough resources to adequately address environmental justice issues." As daar in die teks van die opdrag/skripsie na n outeur verwys moet word, gebruik altyd slegs die outeur se van bv Meyer, Dankowitz of Rasool (sien voorbeeld hierbo). Onthou: Geen direkte aanhaling kan self n boodskap oorbring indien dit nie in konteks geplaas word en die relevansie van die aanhaling nie verduidelik word nie. Die voetnota-verwysing kom altyd na die leesteken. Voorbeeld: Daar is duisende wette wat kooptransaksies bemoeilik. 3 of Terwyl daar streng kontrole oor kooptransaksies in Suid-Afrika uitgevoer word, 4 is dit so dat korrupsie steeds toeneem in transaksies waarby staatsorgane betrokke is. 5 2 Feris Environmental Justice 3. 3 Sien De Wit Kooptransaksies 299. 18

3. RIGLYNE VIR DIE GEBRUIK VAN DIE VERWYSINGSTANDAARD (VOETNOTAS EN BIBLIOGRAFIE) 4 Sien De Wit Kooptransaksies 299-350. 5 Sien Raubenheimer Korrupsie in SA 12. 19

3.1 ALGEMENE VOORSKRIFTE 3.1.1 Voetnotas (vn) (Rekenaarpad: Insert Reference Footnote Insert. In MS Word 2007: References -> Insert footnote.) Kyk wanneer jy by die footnote and endnote dialogue box is, dat die voetnotas in Arabiese syfers is en continuous is. Maw jy begin nie elke nuwe bladsy se voetnotas weer by nr 1 nie.) Voetnotas verskyn onder aan elke bladsy van jou teks. Geen verwysings na bronne binne die teks self (bv Smith, 2008:5). Geen endnotas eers aan die einde van jou werksopdrag/skripsie nie. Geen punt na die voetnotanommertjie in die voetnotas onder aan jou teks nie. (gebeur outomaties wanneer jy MS Word gebruik) Geen oop lyntjies tussen voetnotas nie. Voetnotas moet in enkelspasiëring wees. Voetnotas word soos die teks geblok. ( justified ) Lettergrootte by voetnotas: 10pt Arial. (dit sal gewoonlik outomaties op die rekenaar so wees) Kantlyn: 0.75cm hanging indent /inspringende paragraaf word gebruik (druk tab wanneer jy met die muis naas die voetnotanommer staan en gereed is om die bron in te tik)). Beweeg met die muis na die teks van die voetnoot en druk Ctrl T om die tweede en daaropvolgende reëls aan die linkerkant onder die eerste reël in te blok. Voetnotas onder aan die bladsy moet nie in superscript wees nie maw die voetnotanommer moet regoor die teks van die betrokke voetnota staan. Sien die voetnotas in hierdie dokument as voorbeeld. n Voetnota word gebruik sodra n skrywer se naam genoem is of n stelling gemaak is, bv Patterson 6 sê... of bv Daar word gereken dat agtien persent van alle mense lei aan ernstige aandagafleibaarheid 7... of bv Die Grondwet 8 stel duidelik dat diskriminasie op grond van geloofsoortuiging verbode is. 6 Plaas die bron hier soos wat die verwysingstandaard dit vereis. 7 Wielandt Psigologiese Hindernisse 18. 8 A 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. 20

Alle bladsyverwysings moet in die volgende formaat verstrek word: 222-224, en nie 222-4 of 222-24 nie. Geen gebruik van bl of p of bladsy nie slegs die syfers dui die betrokke bladsynommers aan. Boeke se titels word verkort in voetnotas wanneer die titel langer as n getikte reël is. Voorbeeld: Voetnota Cornelius Principles 33. (verkort deur gewoonlik die eerste selfstandige naamwoord van belang in te sluit) Bibliografie Cornelius SJ Principles of the Interpretation of Contracts in South Africa (LexisNexis Durban 2002) n Kommapunt word gebruik om meer as een bron van mekaar te skei, bv 9 (sien voetnota 9 hieronder vir voorbeeld) maar in die geval van twee verwysings uit dieselfde bron word slegs n komma gebruik bv. 10 voorbeeld) (sien voetnota 10 hieronder vir Daar moet n punt na elke voetnoot geplaas word ongeag van watter tipe bron in die voetnota na verwys word. 9 Cornelius Principles 33; Van der Berg Verbode Vrugte 35. 10 Cornelius Principles 33, 67. 21

3.1.2 Bronnelys (Bibliografie) n Bibliografie volg aan die einde van jou teks. Bronne word alfabeties gelys (volgens outers se vanne) onder die volgende sub-opskrifte: Literatuur Alle boeke, tydskrifartikels, hoofstukke in boeke, verslae, konferensiebydraes, koerantberigte, verhandelinge ens. Regspraak Alle hofsake waarna verwys is. Wetgewing Alle wette waarna verwys is (sluit ook die Grondwet in alhoewel die Grondwet nie as n gewone wet beskou word nie) Internasionale instrumente Alle konvensies, verdrae ens (internasionale verslae, boeke ens geskryf deur internasionale outeurs verskyn egter in die lys met literatuur. Slegs amptelike internasionale ooreenkomste en ander internasionale regsinstrumente word hier bedoel) Internetbronne Artikels en literatuur gevind op n webwerf. Tussen elke bron word n spasie gelaat. Bronne gelys in enkelspasiëring, steeds in die lettertipe Arial 12pt. Geen punte kom na die bronne gelys in die bibliografie (slegs by voetnotas in jou teks!). 22

BIBLIOGRAFIE: VOORBEELD BIBLIOGRAFIE (sien die spesifieke voorskrifte hieronder) Literatuur Badenhorst et al Silberberg and Schoeman s The Law of Property (Nota: dit is die formaat van die verwysing wat jy in die voetnote gebruik het, dan volg die volledige verwysing hierna.) Badenhorst PJ et al Silberberg and Schoeman s The Law of Property 4e uitg (Butterworths Durban 2003) (Nota: Let daarop dat die uitgawenommer nie deel vorm van die titel van die boek nie en daarom in Afrikaans aangedui word as die teks van jou opdrag of skripsie in Afrikaans is. As jou teks in Afrikaans is word plekname ook in die Afrikaanse vorm geskryf, byvoorbeeld Kaapstad en nie Cape Town nie.) Bosman Waste Disposal or Discharge Bosman C Waste Disposal or Discharge: A Harmonised Regulatory Framework Towards Sustainable Use (M Sc Environmental Management Dissertation PU for CHE 1999) Du Plessis, Olivier en Pienaar 2004 SA Public Law Du Plessis W, Olivier N en Pienaar J Land Matters: New Developments 2004 (19) SA Public Law 456-470 Regspraak Minister of Public Works and Others v Kyalami Ridge Environmental Association and Others 2001 7 BCLR 652 (KH) (`n Belangrike punt wat by hofsake in gedagte gehou moet word, is die taal waarin jy skryf. Indien jy in Afrikaans skryf, sal dit soms nodig wees om die afkorting van die hof in Afrikaans te vertaal, bv (CC) = (KH), CPD = KPA, C = K, ens. Dieselfde gebeur as jy in Engels skryf en die hofsaak is gepubliseer in Afrikaans. In só geval moet jy dit weer vertaal in Engels.) Silvermine Valley Coalition v Sybrand van der Spuy Boerderye and Others 2002 1 SA 478 (KPD) Wetgewing en staatspublikasies (hieronder afsonderlik behandel) Communal Land Rights Act 2004 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (As n wet ook in Afrikaans beskikbaar is, gebruik die Afrikaanse titel wanneer jy in Afrikaans skryf. Wanneer slegs n Engelse weergawe van n wet bestaan moet die naam in Engels gegee word en mag die naam nie bloot vry vertaal word nie.) Development Facilitation Act 67 van 1995 Environmental Conservation Act 73 van 1989 Extension of Security and Tenure Act van 1997 23

Internasionale instrumente Convention on the Prevention of Marine Pollution (1972) Copenhagen Declaration (World Summit on Social Development) (1995) Council of Europe Charter of Local Self-Government (1985) Declaration of Bizkaia on the Right to the Environment (1999) Internetbronne Dircksen LM 2007 The Way Forward in Child Rights Adjudication www.childrights.com [datum van gebruik 18 Januarie 2009] Maier T 2006 Courts and Courtesy www.sacourts.gov [datum van gebruik 6 Mei 2007] 24

3.2 MEER OOR BRONVERWYSINGS IN VOETNOTAS EN BIBLIOGRAFIE 3.2.1 Algemeen Daar moet met groot sorg omgegaan word met die tipe bronne wat as stawende materiaal in n werksopdrag/skripsie ingesluit word: o Bronne gevind op die internet ( n webwerf anders as n akademiese databasis soos bv Heinonline) moet sover as moontlik vermy word. o Wikipedia word nie beskou as stawende materiaal vir akademiese werk nie en moet ten alle koste vermy word as gesag. Die algemene reël is dat alle noodsaaklike bibliografiese inligting, m.a.w., inligting waarsonder n bron nie geïdentifiseer kan word nie, eenvormig op dieselfde wyse aangehaal moet word. Indien die verwysing na n spesifieke tipe bron nie in die aanhalingstandaard voorgeskryf word nie, moet daar eenvormig na die spesifieke bron verwys word met soveel as moontlik tersaaklike inligting ingesluit. 3.2.2 Voorbeelde vir die verwysing na spesifieke tipes bronne in bibliografie en voetnotas 25

BOEKE 1 outeur slegs die van uitgawe/volume nie genoem bladsynommer met n punt Voetnoot Strydom Die Belangrike Boek 35. Bronnelys Strydom A Die Belangrike Boek 2e uitg (Juta Kaapstad 2008) die outeur se van en voorletters die boek se titel sê niks as 1e uitgawe 1e plek altyd genoem Geen leestekens in bibliografie! 2 outeurs verbindingswoord ( en ) = in taal van opdrag/skripsie, nie in taal waarin bron verskyn Voetnoot Strydom en Keetman Die Belangrike Boek 35. Bronnelys Strydom A en Keetman NW Die Belangrike Boek 2e uitg (Juta Kaapstad 2008) 3 outeurs Voetnoot Strydom, Keetman en Krige Die Belangrike Boek 35. Bronnelys Strydom A, Keetman NW en Krige SB Die Belangrike Boek 2e uitg (Juta Kaapstad 2008) 4 en meer outeurs Slegs die eerste outeur se naam word vermeld Voetnoot Strydom ea Die Belangrike Boek 35. Bronnelys Strydom A ea Die Belangrike Boek 2e uitg (Juta Kaapstad 2008) 26

ea staan vir en andere. In Engels: et al. Boeke saamgestel deur redakteurs 1. As daar slegs 1 redakteur is: Voetnoot Becker (red) Knowing Nothing Now. Bibliografie Becker TKW (red) Knowing Nothing Now (Kentridge Johannesburg 2009) 2. As daar meer as 1 redakteur is: Voetnoot Lefenya en De Waal (reds) Sportreg. Bibliografie Lefenya Y en De Waal PB (reds) Sportreg (Juta Durban 2005) Verwysings na saamgestelde boeke en hoofstukke deur verskillende outeurs in n saamgestelde werk 1. Waar slegs verwys word na een van die hoofstukke in die saamgestelde werk: Voetnoot Fourie Om Dowe Neute 3-14. Bibliografie Fourie CG Om Dowe Neute in die Bos te Kweek in Joubert WA en Faris JA (reds) Bosstories in Suid-Afrika (Butterworths Durban 2000) 2. Waar verwys word na die saamgestelde werk in sy geheel: Voetnoot Bibliografie Joubert en Faris (reds) Bosstories in Suid-Afrika. Joubert WA en Faris JA (reds) Bosstories in Suid-Afrika (Butterworths Durban 2000) 27

HOFSAKE eiser v verweerder jaar volume van rapportering (ruil om tydens appèl-sake) reeks hofverslae hof waar saak beslis is Spesifieke paragrawe in saak Teks Vn Bronnelys Corris v Corris 1997 2 SA 930 (W)*verskil v hof tot hof Corris v Corris 1997 2 SA 930 (W) 56H-I. Corris v Corris 1997 2 SA 930 (W) Let wel: Nadat daar vir die eerste keer in die teks of n voetnota na n hofsaak verwys is, kan dit daarna kortweg hernoem word na die Corris-saak, maar daar moet uitdruklik aangedui word dat daar verder só na die saak verwys word. Voorbeeld: Daar is in Corris v Corris 11 (vetdruk is slegs om die voorbeeld te illustreer) beslis dat daar weinig is wat die hof aan persoonlike huweliksprobleme kan doen. In die Corris-saak 12 is daar ook bevestig dat die beste belang van die kind n wesenlike onderdeel vorm van die Suid-Afrikaanse kinderreg. 11 1997 2 SA 930 (W) (hierna die Corris-saak). 12 53A-B. 28

INTERNETBRONNE Anonieme outeur datum waarop bron geskep is webbladadres (nie in blou/onderstreep) onthou die punt! Voetnoot Bibliografie Anon 2007 http://www.ihavethehammer.com. Anoniem 2007 Ek het die Hammer http://www.ihavethehammer.com [datum van gebruik 16 Nov 2008] datum waarop nageslaan (maand word afgekort) punt nie in blou/onderstreep en geen Bekende outeur Voetnoot Bibliografie De Meier 2007 http://www.ihavethehammer.com. De Meier TW Ek het die Hammer http://www.ihavethehammer.com [datum van gebruik 16 Nov 2008] Datum waarop bron geskep is onbekend Voetnoot Bibliografie De Meier Datum Onbekend http://www.ihavethehammer.com. De Meier TW Datum Onbekend Ek het die Hammer http://www.ihavethehammer.com [datum van gebruik 16 Nov 2008] Let wel: As dit nie duidelik is wie die individu is wat die bron geskep het nie (bv die artikel geskryf het), kan daar na die instansie op wie se webblad die artikel of bydrae verskyn verwys word, bv Verenigde Nasies of Departement Gesondheid of Kankervereniging SA. Internetbronne sonder volledige inligting soos datum(s) en outeur(s) moet sover as moontlik vermy word vir doeleindes van verwysings in werksopdragte en skripsies. Dieselfde geld vir algemene en hoofsaaklik onwetenskaplike blogs soos Wikipedia. Wees versigtig vir die inhoud van verouderde webbladsye! 29

Regstydskrifte wat op die internet gepubliseer word (bv die Potchefstroom Elektroniese Regstydskrif of Erasmus Law Review), word aangehaal asof n gewone tydskrifartikel en nie as n internetbron nie. Dieselfde geld vir wetgewing en hofsake wat op die internet in n databasis vervat is. Belangrik: Google, Yahoo en soortgelyke soekenjins is nie internetbronne nie en mag daarom nooit as n verwysingsbron in die bibliografie gelys word nie. 30

KOERANTBERIGTE EN ARTIKELS IN POPULÊRE TYDSKRIFTE (BV BEELD EN HUISGENOOT) bladsynommer (nie volume nommer) Voetnota Hartely Business Day 4. Bibliografie Hartely G DA rails at Selebi s use of crime figures Business Day 18 Julie 2006 4 bladsynommer (nie volumenommer) Let wel: Daar moet baie versigtig omgegaan word met nie-wetenskaplike inligting soos vervat in koerantartikels en populêre tydskrifartikels. Die gebruik van hierdie bronne as gesag vir stellings in werksopdragte en skripsies moet tot die minimum beperk word. 31

KONFERENSIEBYDRAES Gepubliseerde konferensiebydrae (bv in konferensiebundels) Voordragtitel in aanhalingstekens Voetnota Faure "Die Regsplig van Munisipaliteite" 10-12. Bibliografie Faure G "Die Regsplig van Munisipaliteite in SALGA Local Government Law Conference 25-28 September 2007 Johannesburg 10-17 n Byeenkoms / instelling / geleentheid Onderwerp van bespreking in italics Ongepubliseerde konferensiebydrae (toespraak op internet of elders) toespraak, daarom geen bladsynommers Voetnota Faure "Die Regsplig van Munisipaliteite". Bibliografie Faure G "Die Regsplig van Munisipaliteite (Ongepubliseerde voordrag gelewer by SALGA se konferensie aangaande plaaslike owerheidsreg in Johannesburg 25-28 September 2007 Johannesburg) 32

PROEFSKRIFTE EN VERHANDELINGS Voetnota Wessels Mynwese in Suid-Afrika 221. Bibliografie Wessels J Mynwese in Suid-Afrika en die Nuwe Omgewingsregraamwerk (LLM-verhandeling Universiteit van Pretoria 2005) 33

STAATSPUBLIKASIES Voetnota GK R456 in SK 11456 van 24 April 2006. Bibliografie Presies dieselfde R=Regulasie Altyd in n Staatskoerant (SK) Afhangend van die tipe publikasie kan hierdie ook wees: Regeringskennisgewing (GK) Proklamasie (Prok) Algemene Kennisgewing (AK) Voorbeelde: GK R456 in SK 11456 van 24 April 2006 Prok R34 in SK 10345 van 13 Desember 2005 AK 342 in SK 24567 van 24 Desember 2006 Nommer en datum van publikasie 'n Regulasie se onderafdelings is regulasies en kan afgekort word as "reg" in die voetnote, byvoorbeeld. GK R456 13 bepaal dat xxxx. Regulasie 3 bepaal dat niemand xxxxx. As iemand sou xxxxxxx. 14 13 In SK 11456 van 24 April 2006. 14 Reg 5(2). Sien ook regs 7-9. 34

AKADEMIESE TYDSKRIFARTIKELS TYDSKRIFnaam bladsy(e) in die artikel waarna verwys word Voetnoot Strydom 2008 Regstydskrif van Suidelike Afrika 35-36. Bronnelys Strydom A Die Geskrewe Artikel 2008 Regstydskrif van Suidelike Afrika 35-50 titel van artikel bladsye waarop die hele artikel verskyn soos opgeneem in tydskrifindeks Let wel: Die name van tydskrifte word sover moontlik afgekort en ingesluit in die lys van afkortings vooraan die werksopdrag/skripsie. Die afgekorte tydskrifnaam word kursief geskryf. Sekere tydskrifte meld in die redaksionele blaaie hoe die betrokke tydskrifnaam afgekort moet word, bv THRHR vir Tydskrif vir Hedendaags Romeins-Hollandse Reg en SALJ vir South African Law Journal. Hoofletters en kleinletters in die titel van die artikel word gebruik soos dit in die oorspronklike artikel vermeld is in ooreenstemming met die reël bly vas dat slegs lidwoorde in kleinletters geskryf word. Die jaartal van die betrokke tydskrifuitgawe verskyn in beide die voetnota en bibliografie. 35

WETGEWING Teks/Voetnoot 1e keer verwys Nasionale Waterwet 36 van 1998. volledige wetnaam en nommer 2e keer en verder verwys NWA (mits daar in die teks/voetnoot aangedui is dat dit is hoe daar vervolgens na die Waterwet verwys gaan word) Bibliografie Nasionale Waterwet 36 van 1998 Bibliografie bevat geen verwysing na spesifieke artikels in die wet nie, slegs wetnaam. As al die verwysings in die teks van die werksopdrag/skripsie na dieselfde wet is, kan daar bloot na die wet of n afgekorte vorm (bv NWA of Kinderwet) verwys word nadat die volledige verwysing die eerste keer gegee is. n Verkorte vorm van die wetnaam (byvoorbeeld Kinderwet) of n afkorting van die wetnaam (byvoorbeeld NWA) word nie in kursief geskryf nie. Wette bevat artikels (Engels: sections ). Daar word dus verwys na bv. artikel 12 van die Strafproseswet. Afkortings is moontlik waar daar in voetnotas na artikels in wette verwys word: bv. A 12 (begin van n sin) of a 12 (later as die eerste woord in die sin). As jy op een slag na n paar artikels in een wet verwys, kan daarna verwys word in voetnotas as Aa 4, 7 en 11 van die Strafproseswet of aa 11 tot 13 van die Kinderwet. 36

Addendum PLEGTIGE VERKLARING: WERKSOPRAGTE Ek, die ondergetekende (voorletters en van),...(universiteitsnommer) verklaar hiermee plegtig dat: 1. Ek weet dat dit verkeerd is om enige teks (dus enige sinne, paragrawe of langer stukke teks) net so uit ʼn handboek, tydskrif, studiegids, voorgeskrewe studiemateriaal, vanaf die internet of teks wat deur ʼn ander student of enige iemand anders geskryf is, oor te skryf (of te kopieer en plak) en aan te bied as my eie werk, selfs al verwys ek na die bron of oorsprong van die teks. 2. Ek weet dat dit ook onaanvaarbaar is om teks stuk-stuk te kopieer of oor te skryf en dat ek nie sinne en paragrawe uit ander tekste net so kan gebruik nie, selfs al voeg ek hier en daar my eie sinne tussen-in of herrangskik ek die volgorde van die teks. 3. Ek verstaan dat ek tekste as bronne moet gebruik in die sin dat ek die beginsels wat daarin vervat is, moet interpreteer en in my eie woorde moet weergee sodat ek die vraag wat gevra is kan beantwoord. 4. Ek weet dat ʼn opdrag om addisionele bronne te gebruik, steeds inhou dat ek daardie bronne ook nie net so mag kopieer of oorskryf nie. 5. Ek verstaan dat ek kort aanhalings mag gebruik maar dat ek die teks wat ek aanhaal, dan duidelik volgens die stylvereistes as ʼn aanhaling moet aandui. Dit is die enigste wyse waarop ek regmatig teks net so kan oorskryf en insluit in enige opdrag. 6. Ek weet dat ek enige feitestelling moet staaf met verwysing na ʼn toepaslike bron en dat ek ook in ʼn bronverwysing erkenning moet gee vir elke idee of standpunt van iemand anders, wat ek in my teks gebruik. 7. Ek weet dat ek in my teks deurlopend voetnote moet gebruik om na bronne te verwys en dat ek alle bronne wat ek gebruik het, in ʼn bronnelys aan die einde van my opdrag moet lys. 8. Ek weet dat ek net bronne wat ek self gelees en gebruik het, mag insluit by my bronverwysings en bronnelys. As outeur X byvoorbeeld verwys na ʼn ander boek of artikel van outeur Y en ek lees nie self die boek of artikel van outeur Y nie, mag ek nie die boek of artikel van outeur Y in my bronverwysings of bronnelys insluit nie. Dieselfde geld ook vir wetgewing en regspraak waarna outeurs verwys. 9. Ek weet dat ek myself onder meer skuldig maak aan akademiese oneerlikheid en ʼn oortreding van die NWU se reëls indien ek: a. enigsins optree in stryd met bogenoemde beginsels. b. my eie werk op enige wyse aan iemand anders beskikbaar stel en daardie persoon sodoende in staat gestel word om my werk te kopieer of te gebruik om sy / haar opdrag te voltooi. c. ʼn memorandum wat in my besit is net so aanbied as die antwoord op ʼn vraag of vrae wat in ʼn opdrag gevra word. d. enige iemand anders se werk as my eie aanbied, hetsy dit die werk van ʼn ander huidige of voormalige student aan die NWU of enige ander instelling is, of indien dit die werk is van enige iemand anders wat namens my die opdrag gedoen het, hetsy dit op my instruksie of versoek was of nie. e. my werk namens iemand anders aanbied of indien ek toelaat dat my werk namens iemand anders aangebied word. 10. Ek weet dat ʼn gebrek aan tyd, ʼn druk program, groepsdruk, koshuistradisie of persoonlike omstandighede nie ʼn verweer op ʼn aanklag van akademiese oneerlikheid is nie. 11. Ek weet dat daar dissiplinêre stappe teen my geneem sal word indien daar gronde is om te vermoed dat ek akademies oneerlik opgetree het. 37

12.Ek besef verder dat ek my toekomstige loopbaan as regspraktisyn in gedrang sal plaas indien ek myself enigsins aan akademiese oneerlikheid skuldig maak, omdat dit op my universiteitsrekord sal verskyn.... (Handtekening) (Datum) 38