NUUSBRIEF (2013/11) Die A tot Z van 2013

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Rut: n Liefdes Verhaal

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

Direkte en indirekte rede *

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SIZA takes the sting out of auditing

Finansieel Gesproke 1

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

NUUSBRIEF JUNIE 2018 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

streef na uitnemendheid

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

NUUSBRIEF JUNIE 2008

RSA MAKELAARS. Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET. Bladsy 1

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Gefokus, standvastig en oopkop

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

Tariewe

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

N O V E M B E R

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

HOëRSKOOL PORTERVILLE

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Waardering van oorname-teikens deur middel van finansiële simulasie

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

JUNIE. Sygnia IN HIERDIE UITGAWE

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Transcription:

PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 NUUSBRIEF (2013/11) A: ANC Die A tot Z van 2013 Die regerende party het n moeilike jaar agter die rug danksy binnegevegte, omstredenheid oor beleidsrigtings en gerugte van ongerymdhede vir persoonlike finansiële gewin. Van almal is hulle bes moontlik die blyste dat 2013 aan die einde kom. D: Duur, duur skuld Of dit in SA of die VSA & Europa is, die wêreld verdrink in skuld. In Suid-Afrika het byna 10 miljoen mense swak kredietrekords, wat die druk op banke verder laat toeneem. Meer as 70% van huishoudings se besteebare inkomste gaan tans om skuld te delg. B: Bangui In Maart het 15 Suid-Afrikaanse soldate hul lewens in die Sentraal Afrikaanse Republiek verloor. Hulle het heldhaftig gestaan en veg teen n oormag terwyl die plaaslike weermag gevlug het, en die Franse soldate teruggestaan het. E: Economic Freedom Fighters Mnr Malema is soos n kat met nege lewens. Plaasloos, huisloos, maar met n nuwe party en oulike rooi hoedjies. Met al sy aanmerkings oor President Zuma was hy inderdaad n doring in die vlees van die ANC in 2013. C: Chelyabinsk Ja, jy het reg gelees. In Februarie het n meteoried oor hierdie Russiese stad ontplof. Ongeveer 1500 mense is beseer en byna 4500 geboue beskadig. Dit was die grootste een wat die aarde in byna 100 jaar getref het.

F: Federale Begrotingstekort en Spandering Die uitermatige hoë vlakke van staatsbesteding in die VSA bekommer baie ontleders, wat reken dit moet teruggesny word sodat die tekort meer beheerbaar kan wees. Wat ons egter die meeste bekommer is dat meer as 50% van besteding daar aan pensioene en gesondheidsorg is, terwyl slegs 4% aan onderwys gaan. G: Goud die SA Reserwebank se teikenband van 3%-6% beweeg. Die enigste rede hoekom dit nie nog hoër is nie is ons huidige patetiese vlak van ekonomiese groei wat inflasie effens inperk. J: Justin Bieber Ja, hy was in Suid-Afrika en tienermeisies se knieë was lam en hul stemme hees geskree. Hy het dit ook reggekry om n gholfkarretjie te beskadig by die One & Only Hotel in Kaapstad. Sedert die begin van die jaar het die prys van goud skerp gedaal van $1700 tot die huidige $1250 per ons. Inteendeel, goud is terug na die prysvlakke van 2010 en ekonomiese herstel in die VSA en Europa kan die edelmetaal verder knou. K: Kenia H: Haiyan (Ook Yolanda) Hierdie tifoon of tropiese sikloon het die Filippyne hard getref in November en na raming tot die dood van meer as 5000 mense gelei. Die Westgate winkelsentrum in Nairobi het in n slagveld verander toe terroriste van die Al-Shabaab groep aangeval het. Twee en sestig mense het hul lewens verloor en 170 is beseer. I: Inflasie Danksy stygende elektrisiteitskostes, brandstofpryse wat hemelhoog is, verbysterende looneise en ander uitgawes wat net nie ophou groei nie het inflasie bo L: Laiki Bank Cyprus se tweede grootste bank moes sy deure sluit as deel van n reddingspakket om fondse te kry om die eiland solvent te hou. Deposante het in baie gevalle meeste van hulle bank deposito s verloor.

M: Margaret Thatcher Die ystervrou van wêreldpolitiek is in April oorlede. N: Nkandla Van n familietuiste na een van die duurste huise in die land. Ek dink nie daar is veel meer om te sê nie. R: Rand Danksy heelwat van die ander letters van die alfabet het die Rand se waarde sedert die begin van die jaar verswak van R8,45c teen $1 na die huidige R10,20c. S: Stakings Die ekonomie is vanjaar lamgelê daardeur, miljoene man-ure het verlore gegaan en BBP groei het slegs met 0,7% gestyg. O: Obama Barack Obama het n slegte 2013 agter die rug. Hy word deur sy opponent daarvan beskuldig dat hy op soek is na konflik, eerder as om te onderhandel. Van Obamacare tot Iran, die sluiting van sekere staatsdienste tot die spioenasieskandaal, het hy gesteier van een krisis na n ander. P: PSG Konsult Die maatskappy het aangekondig dat hy in 2014 op die JSE gaan noteer. Q: Quinton de Kock Die jongeling het vinnig opgang gemaak en kan oor die loop van die volgende dekade een van die Proteas se wedstrydwenners word. T: Tolgeld E-Toll, om meer presies te wees. Dit was n bielie van n stryd tot nou toe, maar baie mense reken dat die stryd nou eers werklik gaan begin. Dit kan die ANC n stem of 3 in die 2014 verkiesing kos. U: Uraan Iran en ander rolspelers kom ooreen om kernverryking slegs tot sekere vlakke te beperk, sodat sanksies verminder kan word. Israel is nie tevrede nie, noem dit n Historic mistake. V: Vavi Zwelinzima Vavi het eerstehands geleer dat kritiek vinnig teen jou kan draai. Hy het baie vinnig van diamante in koolstof verander en die toekoms van die vakbond Cosatu is nog in die weegskaal. X: X op n stembrief Die verkiesing van 2014 kom nader, maar die tussenverkiesings in 2013 was n hewige geveg. Die

ANC het steeds die oorhand, maar ander partye trek al meer stemme. Google gerus Zuma Zapiro en kyk hoeveel spotprente is bloot vanjaar gepubliseer. Y: Yellen Janet Yellen is aangewys om vir Ben Bernanke op te volg as Voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserwebank. Sy sal die eerste vrou in die pos wees. Z: Zapiro Hy het sy mes vir President Zuma ingehad. Die prestasie van fondse Een ding is verseker, ons is bederf met uitsonderlike fonds bestuurders in ons land. Ten spyte van uitdagende ekonomiese situasies, vind die uitgesoekte bate bestuurders steeds waarde en kry dit reg om puik prestasies te lewer. Ongelukkig is dit waar dat ons, as beleggers baie bederf geword het met bo verwagte opbrengste, veral vanuit die fondse met ʼn meer matig konserwatiewe risiko kalsifikasie. Hier verwys ek na fondse soos Prudential Inflation Plus Fund, of Coronation Balanced Defensive Fund. Selfs inkomste fondse, met n baie lae risiko mandaat, soos Coronation Strategic Income Fund het dubbel syfer opbrengste gelewer die afgelope dekade. Die probleem daarvan om iemand te bederf is dat daar `n verwagting geskep word. `n Verwagting dat hierdie prestasie voortaan die norm sal wees. Ongelukkig is dit `n realiteit dat fondse `n plekkie op die risiko kurwe het. Die beginsel van die risiko kurwe is dat laer risiko fondse `n laer geassosieerde opbrengs potensiaal het. Fondse, soos geldmark en inkomste fondse, lê laag op die risiko kurwe, as gevolg van die feit dat hul oorwegend geen aandeel blootstelling het nie. Daardeur word korttermyn volatiliteit meestal vrygespring, wat die fondse ideaal maak vir korter termyn beleggings. Hierdie tipe fondse word ook met groot sukses gebruik om gereelde inkomstes aan beleggers te voorsien. Hoe hoër die aandeelblootstelling in `n fonds, hoe hoër sy plasing op die risiko kurwe. Natuurlik beteken dit ook dat die tipe fondse `n groter langtermyn opbrengs potensiaal het. Die fondse benodig `n langer termyn ten einde die effek van volatiliteit te verminder in `n portefeulje. Die onderstaande grafiek toon hierdie beginsel grafies:

Potensiële Opbrengs `n Ander voorbeeld hiervan is die Prudential Inflation Plus Fonds: Na die groot finansiële krisis van 2007/2008 het daar `n baie groot Internasionale soektog begin na hoër opbrengste, aangesien beleggers dit nie gevind het in hul eie ontwikkelde lande nie. Die opkomende markte het geweldig baat gevind by die eksplorasie proses, met Suid Afrika as een van die groot wenners. Verskeie faktore het bygedra tot ons gewildheid by Internasionale beleggers, wat die volgende insluit: Stabiele bank sisteem Likiede geldeenheid Likiede kapitaalmark In vergelyking met ander opkomende markte was ons politieke arena kalm. Hierdie faktore het daartoe aanleiding gegee dat meer en meer kapitaal ingestroom het, veral na ons kapitaalmark. Teen 2012 was daar byna R95 biljoen kapitaalmarkinstrument gekoop deur Internasionale beleggers. Hierdie sterk lopie in die kapitaalmark sektor het fantastiese resultate te weë gebring in lae risiko fondse. Die fondse het hul eie teikens ver uitpresteer. Die onderstaande grafiek toon die prestasie behaal in die Coronation Balanced Defensive fonds, sedert sy aanvang in 2007, tot en met Oktober 2013 Alhoewel uitprestasie van teikens en die verskaffing van goeie opbrengs in beleggers portfeuljes baie goed is, is dit belangrik om onrealistiese verwagtings te identifiseer en jouself weer te herhinner aan wat normaal is. Hierdie realiteit het nou aangebreek. Sedert Mei 2013 word ons al hoe meer gewoond gemaak aan die gedagte dat die Amerikaanse Federale Bank hul ekonomiese stimulus programme gaan afskaal. Die rede daarvoor is omdat die Amerikaanse makro ekonomiese data dui op `n volhoubare ekonomiese herstel. Die direkte gevolg van die aankondigings rondom die fiskale afskalings programme was dat ons plaaslike Suid Afrikaanse 10 jaar gewaarborgde kapitaalmark instrument verhandel het vanaf `n lae opbrengs koers van 5.6% na `n hoogte punt van 8.0%. Dit is belangrik om te

othou dat daar `n inverse verhouding is tussen die prys en opbrengs van kapitaalmark instrumente. Die oomblik wat die oprengs opgaan, daal die prys, amper soos n wipplank, sonder die kinderspeletjies. Beleggers het hierdie onverwagse regstelling in hul portefeuljes gesien. realistiese opbrengs verwagtiging te skep. As jy enigsens twyfel of die effektetrust fondse ingesluit in jou portefeulje geskik is vir jou beleggings doelwit is dit belangrik dat jy ons moet kontak om die realistiese doelwitte te bevestig. Alhoewel daar sedertdien weer `n stelselmatige herstel plaas gevind het, verwag ons egter voortaan dat beleggers gewoond gaan moet raak aan laer opbrengs vanuit fondse met groter kapitaalmark instrumente. Met ander woorde, die realiteit van die risiko kurwe sal bes moontlik begin geld. Dit sal ook beteken dat beleggers die doel van hul beleggings fondse in oënskou moet neem. Inkomste fondse kan nie in `n portefeulje ingespan word om kapitaal appresiasie te bewerkstellig nie. Dit is resep wat nie gaan werk nie en moontlike aanleiding kan gee tot `n kapitale verlies. Spesifiek vir die doel het PSG `n goed ontwikkelde beleggings metodiek. Dit behels onder andere dat alvorens kapitaal belê word, daar `n proses gevolg word, wat die voltooing van `n risiko profiel analiese insluit. Die proses behels ook die bevestiging van die beleggingsdoelwit, sowel as termyn. Hierdie beleggings metodiek help ons, om die belegger se stand op die risiko kurwe te vind en sodoende So aan die einde van die jaar Vrolike harte, helder flikkerende liggies op die kersboom en, natuurlik, geskenke onder die kersboom. Ek vertrou dat die jaar n spesiale jaar sal wees waar die hart van Kersfees elke woonkamer sal binne dring en die feesseisoen sal ophelder. Wees asseblief versigtig op die paaie en veilig waar ookal jul mag gaan. Geseënde Kersfees en n voorspoedige nuwe jaar.

Vir die week geëindig: 2013-11-29 PSG MENLYN Newlands Office Park, Blok B, 261 Lois Laan, Newlands, Pretoria, 0049 Posbus 118, Newlands, Pretoria, 0049 Tel: +27 (12) 368 1778 Faks: +27 (12) 368 1770 menlyn@psg.co.za www.psg.co.za/menlyn FTSE/JSE indekse Sluitings prys Maand tot op datum Jaar tot op datum Laaste 12 maande All-Share Index 44975.67-1.20% 14.60% 18.60% All-Share Index Total Return 5670.89-1.10% 17.90% 22.30% Resources Index 27359.32-2.20% -3.40% 0.00% Industrials Index 59644.32-0.20% 27.00% 30.70% Financials Index 32874.13-2.70% 11.80% 17.60% Top 40 Index 40169.32-1.20% 15.40% 19.30% Shareholder Weighted Index 14067.05-1.60% 16.60% 21.90% SA Listed Property Index 1381.65-3.00% 7.30% 7.40% SA Volatility Index 16.65 10.80% 18.90% 9.30% Rente-draende indekse BEASSA All Bond Index 431.8-1.40% -0.50% 1.60% SteFI Composite Index 292.84 0.40% 4.70% 5.20% Inflation-Linked Bond Index 538.09 0.40% -0.30% 2.80% Rentekoerse Prime rate 8.50% 0.00% Repo rate 5.00% 0.00% Kommoditeite (in US dollars) Gold price 1253.50-5.20% -25.10% -27.40% Platinum price 1362.00-6.10% -11.50% -15.40% Oil price 111.02 2.20% -0.10% 0.40% Globale indekse (in basis-geldeenheid) Dow Jones (US) 16097.33 3.50% 22.80% 23.60% S&P 500 (US)* 1807.23 2.90% 26.70% 27.60% FTSE (UK)* 3549.06-1.00% 14.70% 15.70% Nikkei (Japan) 15661.87 9.30% 50.70% 66.60% Cac 40* 4302.42 0.10% 18.20% 20.60% Dac* 839.77 3.60% 24.80% 28.20% MSCI Emerging 839.77 3.60% 24.80% 28.20% MSCI Developed 1628.42 1.60% 21.70% 23.90% US Volatility Index 13.7-0.40% -24.00% -9.00% Wisselkoerse Rand/US dollar 10.06 0.10% 19.80% 14.60% Rand/euro 13.65 0.00% 23.30% 19.80% Rand/pound 16.65 3.30% 19.30% 18.30% Dollar/euro 1.36 0.20% 3.10% 4.90% Inflasie aanwyser CPI 5.50% Groep aanwyser MMI Holdings 25.97 5.40% 17.10% 26.10% Momentum ICI 54.56-2.40% -3.20% -6.90% Source: Momentum weekly queues

PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) 368 1778 Fax: +27 (12) 368 1770 Volg ons op Facebook by www.facebook.com/psgmenlyn en like ons bladsy. Ons is ook te vinde op Twitter by @PSGMenlyn PSG Menlyn Adres Newlands Kantoorpark Blok B, Grondvloer 261 Lois Laan Newlands Pretoria Posbus 118 Newlands Pretoria 0049 T: (012) 3681778 / F: (012) 368-1770 Marius Cornelissen mariusc@psg.co.za Magdeleen Cornelissen Magdeleen.cornelissen@psg.co.za Martin Louw martinl@psg.co.za Gerda Potgieter Gerda.potgieter@psg.co.za Ben Fraser Ben.fraser@psg.co.za Kliënte Administrasie Menlyn@psg.co.za Facebook: www.facebook.com/psgmenlyn Twitter: @PSGMenlyn