Fakulteit Opvoedkunde. Dekaan: Prof M Robinson BA, HOD (Kaapstad), Drs Onderwijskunde (Leiden), MEd, DEd (UWK) JAARBOEK 2016 DEEL 6

Similar documents
Fakulteit Opvoedkunde

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

TOEGANKLIKHEID DEUR UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE MEERTALIGE AANBOD

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

BenguFarm Bestelvorm

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

2016/17. Voorgraadse fakulteitsbrosjure.

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Dekaan: Prof JP Hattingh MA, DPhil (Stell) JAARBOEK 2014 DEEL 4

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

HOëRSKOOL PORTERVILLE

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SIZA takes the sting out of auditing

Inhoudsopgawe L.1 FAKULTEITSREËLS VIR DIE ONDERSKEIE KWALIFIKASIES...1 L.2 REËLS VIR DIE GRAAD HONNEURS BACCALAUREUS ARTIUM...10

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

Mandala Madness Deel 2

FAKULTEITE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

JAARBOEK Nagraads. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. DEKAAN Prof GJ de Klerk. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys

Uit Moerdijk se pen Man en Media

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

INSKRYWINGSVORM

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

JAARBOEK 2010 FAKULTEIT REGTE VOORGRAADS & NAGRAADS. Potchefstroomkampus

Algemeen. Beleide en Reëls JAARBOEK DEEL 1

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Beurse en Lenings. Finansiële ondersteuning vir voorgraadse en nagraadse studente JAARBOEK DEEL 2

Algemeen. Beleide en Reëls JAARBOEK DEEL 1

Die gebruik van letterkunde vir die onderrig en leer van Afrikaans as addisionele taal op skool binne 'n taakgebaseerde benadering

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Die ontwikkeling van kritiese denke deur die gebruik van drama as onderrigmetode binne die vak Lewensoriëntering. deur Amori Stols

Teologie. Voorgraadse fakulteitsbrosjure 2015/16.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

Mosselbaai Munisipaliteit

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

JAARBOEK 2012 FAKULTEIT REGTE VOORGRAADS & NAGRAADS. Potchefstroomkampus

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

JAARBOEK 2011 FAKULTEIT REGTE VOORGRAADS & NAGRAADS. Potchefstroomkampus

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

JAARBOEK 2010 FAKULTEIT OPVOEDINGSWETENSKAPPE HONNEURS EN NAGRAADSE PROGRAMME Hons.B.Ed., M.Ed. & Ph.D. Potchefstroomkampus

Tariewe

KURRIKULUMDIFFERENSIASIE IN DIE VAK WISKUNDE GRAAD R VIR LEERDERS MET ERGE INTELLEKTUELE GESTREMDHEID IN INKLUSIEWE WES-KAAPSE SPESIALE SKOLE

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

FASILITERING VAN LEER IN KOMMUNIKATIEWE T 2 -AFRIKAANST AALONDERRIG

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

JAARBOEK 2012 NAGRAADSE PROGRAMME. Vaaldriehoekkampus

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Prof Kobus Mentz Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

KALENDER 2007 KERNDATUMS

HOOFSTUK 1. ALGEMENE ORleNTERING

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

JAARBOEK 2006 FAKULTEIT LETTERE EN WYSBEGEERTE. DEKAAN [waarnemend] Prof. A.M. de Lange NAGRAADS EN GEVORDERDE DIPLOMA

LETTERE EN WYSBEGEERTE

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Anna Hugo. LitNet Akademies, Jaargang 12, Nommer 3, Desember 2015 ISSN

n Ondersoek na die rol van erkenning van deugde van leerders in die vestiging van n demokratiese, multikulturele

FAKULTEITE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

Die verbetering van onderrig en leer met behulp van die Grootgroepstrategie in die opleiding van Grondslagfase-onderwysers

; Standard Bank. Met ons bring jy dit veel verder. Nie net is my tjeks tot R500. as net kunstenaarsbevrediging bied.

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

MENSLlKE HULPBRONBESTUUR BINNE DIE VERANDERDE SUID AFRIKAANSE PLAASLlKE OWERHEIDSBESTEL. deur. Hugo Brand

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Transcription:

Fakulteit Opvoedkunde Dekaan: Prof M Robinson BA, HOD (Kaapstad), Drs Onderwijskunde (Leiden), MEd, DEd (UWK) JAARBOEK 2016 DEEL 6

Jaarboek 1. Wysigings, Aanspreeklikheid en Akkuraatheid 1.1. In hierdie publikasie sluit woorde wat die manlike geslag aandui die vroulike geslag in, tensy die samehang van die woorde uitdruklik daarmee strydig is of die teendeel aandui. 1.2. Die Universiteit behou hom die reg voor om te eniger tyd wysigings aan die Jaarboekdele aan te bring. 1.3. Die Raad en die Senaat van die Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat in die inhoud van Jaarboekdele mag voorkom nie. 1.4. Alle redelike sorg is egter gedra om te verseker dat die Jaarboekdele die tersaaklike inligting wat met die ter perse gaan beskikbaar was, akkuraat en volledig weergee. 2. Waar vind ek die gedrukte weergawes van die Jaarboekdele? 2.1. Die gedrukte weergawes van die Jaarboekdele kan by die Hulptoonbank in die Admin A- gebou verkry word. 2.2. Afrikaanse (Deel 1 tot 12) en Engelse kopieë van die afsonderlike dele is beskikbaar. 3. Waar vind ek die elektroniese weergawes van die Jaarboekdele? 3.1. Die elektroniese weergawe van die Jaarboekdele is by www.sun.ac.za/jaarboek beskikbaar. 4. Die verdeling van die Jaarboek 4.1. Die Jaarboek is in 13 dele verdeel. 4.2. Deel 1, 2 en 3 van die Jaarboek bevat algemene inligting wat op alle studente van toepassing is. Studente word versoek om hulle veral te vergewis van al die bepalings in Deel 1 van die Jaarboek wat op hulle van toepassing is. 4.3. Deel 4 tot 13 van die Jaarboek is die fakulteitsjaarboekdele. Deel Deel 1 Deel 2 Deel 3 Deel 4 Deel 5 Deel 6 Deel 7 Deel 8 Deel 9 Deel 10 Deel 11 Deel 12 Deel 13 Jaarboek Algemeen Beurse en Lenings Studentegelde Lettere en Sosiale Wetenskappe Natuurwetenskappe Opvoedkunde AgriWetenskappe Regsgeleerdheid eologie Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Ingenieurswese Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Krygskunde

Inhoudsopgawe Hoe om hierdie Jaarboekdeel te gebruik... 1 Algemene Inligting... 4 Inleiding tot die Fakulteit Opvoedkunde... 4 Akkreditering van programme... 4 Veranderinge in die opvoedingsmilieu... 4 Fakulteitstruktuur... 6 aal aan die Universiteit... 7 Hoe om met die Universiteit te kommunikeer... 8 Hoe om met die Fakulteit Opvoedkunde te kommunikeer... 8 Reglement vir Dekaansvergunningseksamens (DVE s)... 9 Graad-, Diploma- en Sertifikaatprogramme... 10 Besondere Bepalings... 10 Voorgraadse Programme... 11 BEd (Algemene Onderwys)... 12 (Grondslagfase)... 15 (Intermediêre en Senior Fase)... 17 Sportwetenskap... 19 BA (Sportwetenskap)... 20 BSc (Sportwetenskap)... 26 Nagraadse Programme... 29 Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS)... 29 Nagraadse Diploma in Hoër Onderwys in Onderrig en Leer [NGDip (Hoër Onderwys) (Onderrig en Leer)]... 36 GOS (Gevorderde Onderwyssertifikaat)... 38 (Fisiese Wetenskappe)... 39 (Inligtingstegnologie)... 40 (Lewenswetenskappe)... 41 (Rekenaartoepassingstegnologie)... 42 (Wiskundige Geletterdheid)... 43 (Wiskundige Wetenskappe) Senior Fase... 45 (Wiskundige Wetenskappe) Verdere Onderwys- en Opleidingsfase... 46 (Skoolbestuur en -leierskap)... 46 HonsBEd... 48 (Kurrikulumstudie)... 51

(Onderwysbestuur)... 51 (Opvoedingsbeleidstudie)... 52 (Opvoedkundige Ondersteuning)... 53 (Opvoedkundige Sielkunde)... 53 (aalopvoeding)... 54 HonsBSc (Biokinetika)... 55 HonsBSc (Sportwetenskap)... 56 (Prestasiesport)... 56 (Kinderkinetika)... 57 MEd... 58 MEd (Navorsing)... 59 MEd (Gestruktureerd)... 60 MEd (Kurrikulumstudie)... 60 MEd (Opvoedingsbeleidstudie)... 62 MEd (Psig)... 63 MEd (Opvoedkundige Ondersteuning)... 66 MPhil... 67 MPhil (Hoër Onderwys)... 67 MPhil (Onderwys en Opleiding vir Lewenslange Leer)... 69 MSc (Sportwetenskap)... 71 DEd... 72 PhD... 72 Vakke, Modules en Module-inhoude... 76 Navorsings- en Diensinstansies... 152 Alfabetiese lys van voorgraadse en nagraadse vakke... 156

Hoe om hierdie Jaarboekdeel te gebruik Lesers van die Jaarboekdeel Die inligting in hierdie Jaarboekdeel is bedoel om deur die volgende groepe lesers gebruik te word: Voornemende voorgraadse en nagraadse studente wat inligting wil hê oor die studieprogramme wat die Fakulteit aanbied Geregistreerde voorgraadse en nagraadse studente van die Universiteit Stellenbosch, wat inligting wil hê oor die kurrikulums (kombinasies van vakke en modules) wat vir bepaalde studieprogramme gevolg moet word, asook vir ander inligting wat op hulle studies betrekking het Doserende, administratiewe en bestuurspersoneel van die Universiteit Stellenbosch wat op hoogte met die inligting hierin vervat moet wees om hulle onderskeie funksies te vervul. Enige persoon wat nie in een van die bogenoemde groepe is nie, maar wat hierdie Jaarboekdeel as inligtingsbron vir welke doel ook al wil gebruik, is uiteraard baie welkom om dit te doen. Hoe om inligting op te spoor Hiermee riglyne van waar om inligting in die verskeie hoofstukke in hierdie Jaarboekdeel op te spoor. Raadpleeg die inhoudsopgawe om die bladsynommers van die hoofstukke waarna hieronder verwys word te vind. Voornemende voorgraadse studente Voorgraadse Programme-hoofstuk o Inligting oor voorgraadse studieprogramme wat aangebied word; o die minimum toelatingsvereistes vir die onderskeie studieprogramme; en o die vakke en modules wat per jaargang vir die verskillende studieprogramme gevolg moet word, met keuses waar van toepassing. Vakke, Modules en Module-inhoude-hoofstuk o ʼn Verduideliking van vakke teenoor modules; o definisies van die taalspesifikasies van modules; o definisies van slaagvoorvereiste, voorvereiste en newevereiste modules; en o ʼn verduideliking van die verskillende syfers wat vir die nommering van modules in die hoofstuk Voorgraadse Programme gebruik word. Algemene Inligting-hoofstuk o Inligting oor die aalbeleid van die Universiteit en die Fakulteit; o inligting oor die proses van inskrywingsbestuur, wat neerkom op keuring vir toelating tot studieprogramme; en 1

o inligting oor kommunikasie met die Universiteit, wat ʼn verduideliking van die begrip studentenommer insluit en relevante navraagpunte met kontakbesonderhede aandui. Indeks o ʼn Indeks van voorgraadse vakke wat in studieprogramme van die Fakulteit gevolg kan word (soos die vakke in die Vakke, Modules en Module-inhoude-hoofstuk voorkom), is agter in hierdie Jaarboekdeel beskikbaar. Voornemende nagraadse studente Nagraadse Programme-hoofstuk o Inligting oor nagraadse studieprogramme wat aangebied word; o die minimum toelatingsvereistes vir die onderskeie studieprogramme; o inligting oor spesifieke sluitingsdatums vir aansoeke, en ander relevante inligting, byvoorbeeld keuring vir toelating; en o die vakke en modules wat per jaargang vir die verskillende studieprogramme gevolg moet word, met keuses waar van toepassing. Vakke, Modules en Module-inhoude-hoofstuk o ʼn Verduideliking wat vakke teenoor modules; en o ʼn verduideliking van die verskillende syfers wat vir die nommering van modules in die hoofstuk Nagraadse Programme gebruik word. Algemene Inligting-hoofstuk o Inligting oor die aalbeleid van die Universiteit en die Fakulteit; en o inligting oor kommunikasie met die Universiteit, wat ʼn verduideliking van die begrip studentenommer insluit en relevante navraagpunte met kontakbesonderhede aandui. Geregistreerde voorgraadse studente Voorgraadse Programme-hoofstuk o Inligting oor voorgraadse studieprogramme wat aangebied word; en o die vakke en modules wat per jaargang vir die verskillende studieprogramme gevolg moet word, met keuses waar van toepassing. Vakke, Modules en Module-inhoude-hoofstuk o ʼn Verduideliking van vakke teenoor modules; o ʼn verduideliking van die verskillende syfers wat vir die nommering van die modules in die hoofstuk Voorgraadse Programme gebruik word; o die afkortings en definisies wat vir die doseerlading van individuele modules gebruik word; o ʼn aanduiding by die individuele modules wat die doseerlading daarvan is; o definisies van die taalspesifikasies van modules, asook ʼn aanduiding by die individuele modules wat die taalspesifikasie is; o die definisies van slaag-, voorvereiste en newevereiste modules, asook ʼn aanduiding by die individuele modules watter van hierdie vereistes daarvoor geld, indien enige; en 2

o die wyse waarop individuele modules geassesseer word, veral waar ʼn module deurlopend of buigsaam geassesseer word. Algemene Inligting-hoofstuk o Die Fakulteit se beleid oor die toestaan van Dekaansvergunningseksamens aan finalejaarstudente; o inligting oor die aalbeleid van die Universiteit en die Fakulteit; en o inligting oor kommunikasie met die Universiteit, asook relevante navraagpunte met kontakbesonderhede. Indeks o ʼn Indeks van voorgraadse vakke wat in studieprogramme van die Fakulteit gevolg kan word (soos die vakke in die Vakke, Modules en Module-inhoude-hoofstuk voorkom), is agter in hierdie Jaarboekdeel beskikbaar. Geregistreerde nagraadse studente Nagraadse Programme-hoofstuk o Inligting oor nagraadse studieprogramme wat aangebied word; en o die vakke en modules wat vir die verskillende studieprogramme gevolg moet word, met keuses waar van toepassing. Vakke, Modules en Module-inhoude-hoofstuk o ʼn Verduideliking van vakke teenoor modules; en o ʼn verduideliking van die verskillende syfers wat vir die nommering van die modules in die hoofstuk Nagraadse Programme gebruik word. Indeks o ʼn Indeks van nagraadse vakke wat in studieprogramme van die Fakulteit gevolg kan word (soos die vakke in die Vakke, Modules en Module-inhoude-hoofstuk voorkom), is agter in hierdie Jaarboekdeel beskikbaar. Doserende, administratiewe en bestuurspersoneel Meeste van die inligting in hierdie Jaarboekdeel is dalk van belang vir die uitvoering van u onderskeie take. Die inhoudsopgawe is die aangewese plek om te begin naslaan, maar gereelde gebruik van die boek sal uiteraard tot vertroudheid met al die inligting in die boek en waar dit geplaas is, lei. 3

Algemene Inligting Inleiding tot die Fakulteit Opvoedkunde In enige vooruitstrewende samelewing staan opvoeding sentraal. Dit is die primêre verantwoordelikheid van opvoedkundiges om leerders sodanig te ondersteun dat hulle waardes, kennis, geleenthede en vaardighede wat tot voordeel van die individu en die samelewing is, sal kan identifiseer, evalueer en uitbou. Die Fakulteit het ʼn lang geskiedenis van betrokkenheid by en leierskap ten opsigte van onderwysersopleiding, voor- en nagraadse Opvoedkunde-studie, navorsing en dienslewering op onderwysgebied. Aanvanklik is onderwysers deur middel van die sogenaamde kwekelingstelsel aan die Victoria Kollege (die voorloper van die Universiteit van Stellenbosch) opgelei. Daar was reeds sedert 1913 ʼn leerstoel in Opvoedkunde aan die Victoria Kollege. oe die Universiteit van Stellenbosch in 1918 tot stand gekom het, was die Fakulteit Opvoedkunde een van die eerste vier fakulteite. Opvallende kenmerke van die Fakulteit deur die jare heen was die nastrewing van akademiese en professionele voortreflikheid, sowel as gepaste dienslewering in noue samewerking met indiensnemingsinstansies en die georganiseerde onderwysprofessie. In hierdie verband was lede van die Fakulteit nog altyd regstreeks betrokke by die aktiwiteite op die verskillende terreine, telkens in ʼn leiersrol. Akkreditering van programme Alle programme aan die Fakulteit Opvoedkunde is ten volle geakkrediteer deur die Raad op Hoër Onderwys. Hierdie akkreditering is ʼn duidelike bewys van die erkenning wat Stellenbosch op die gebied van voorgraadse, sowel as nagraadse, onderwysersopleiding geniet. Die programme wat aangebied word deur die Departement van Opvoedkundige Sielkunde verkry ook telkens akkreditering van die Beroepsraad vir Sielkunde van die Raad vir Gesondheidberoepe van Suid- Afrika. en einde tred te hou met veranderinge en nuwe ontwikkeling op onderwysgebied, is nuwe programme (insluitende BEd-, NOS-, Gevorderde Diploma in Onderwys- en Honneurs BEdprogramme) ontwikkel wat aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding sowel as die Raad op Hoër Onderwys vir goedkeuring en akkreditering voorgelê is. Hierdie nuwe programme sal, indien goedgekeur, vanaf 2016 geïmplementeer word. Veranderinge in die opvoedingsmilieu Visie Dit is die visie van die Fakulteit Opvoedkunde om deur navorsing, onderrig en ander diens ʼn leidinggewende rol te speel in die beskikbaarstelling van kwaliteitsonderwys-geleenthede vir lewenslange leer ten einde te help voorsien in die gedifferensieerde onderwysbehoeftes van die breë gemeenskap. Studie in die Opvoedkunde behoort aan voornemende studente geleenthede te 4

bied om hulself toe te rus met kennis, insig en vaardighede sodat ʼn bydrae gemaak kan word tot die individuele en sosiale ontwikkeling binne die veranderende opvoedingsmilieu. Die opleiding wat aan die Fakulteit Opvoedkunde aangebied word, is van so ʼn aard dat studente sterk ontwikkel en groei, veral ten opsigte van onder meer die volgende vaardighede: kommunikasie (skryf en praat) met individue en groepe; konflikhantering (interpersoonlik, organisatories); die ontwikkeling van kreatiewe, kritiese en filosofiese denke; tydsbestuur; entoesiasme; inisiatief; leierskap; en spanwerk. Hierdie vaardighede is nie net verrykend en vormend vir die studente wat daarna streef om hulle goed vir die onderwys voor te berei nie, maar kan ook van waarde wees vir ander beroepe in hul hantering van eietydse eise. Voorbeelde hiervan is kommunikasiekundiges, gemeenskapsontwikkelaars, skakelbeamptes en ander beroepsgroepe wat op kliëntediens, bemarking en verkope gerig is. Die Fakulteit het ten doel om voortreflike onderwys deur middel van sy programme te verwesenlik. Nie alleen word voorsiening gemaak vir die aspirant-onderwyser wat kan kies tussen die voorgraadse program BEd (Algemene Onderwys) en die nagraadse program met die oog op ʼn Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) nie, maar ook vir diegene wat hul eie professionele kwalifikasies wil verbeter deur ʼn Gevorderde Onderwyssertifikaat (GOS), of een van die nagraadse programme HonsBEd, HonsBSc (Biokinetika), HonsBSc (Sportwetenskap), MEd, MPhil, MSc (Sportwetenskap), PhD in ʼn verskeidenheid rigtings, onder andere Sportsielkunde, of DEd. Basiese sowel as praktykgerigte navorsing en ontwikkeling geniet hoë prioriteit ten einde doelgerig met eietydse onderwysuitdagings rekening te hou. Die Fakulteit onderskei onder meer ten opsigte van opvoedkundig-sielkundige ontwikkeling van menslike hulpbronne en potensiaal in skole en gemeenskappe, onderrigleierskap en onderwysbestuur, en voortgesette opleidingsbehoeftes van onderwysers in die nuwe Suid-Afrika. Voornemende studente in die Opvoedkunde kan nie net ʼn bydrae lewer tot die debat van die onderwys-problematiek in Suid- Afrika nie, maar kan ook op verskeie ander vakterreine ʼn nasionale en internasionale navorsingsinset lewer. Missie en doelstellings In die konteks van die Fakulteit se visie word sy missie soos volg geformuleer: Die Fakulteit Opvoedkunde is ʼn akademiese inrigting wat in ooreenstemming met die Universiteit se beleid onderrig, navors en tersaaklike diens lewer met nastrewing van hoë akademiese en professionele standaarde; funksioneer vanuit die waardes en norme wat algemeen aan die Universiteit aanvaar word, met inagneming van waardes en norme van die breë gemeenskap, en, uit respek vir die ideaal van akademiese vryheid, sy akademiese taak op so ʼn wyse verrig dat persoonlike verantwoordelikheid en professionele voortreflikheid van opvoeders daardeur bevorder word; deur die bevordering van lewenslange leer deur relevante onderwys en opleiding ʼn deurslaggewende bydrae lewer tot die ontwikkeling van die menspotensiaal van die breër Suider-Afrikaanse samelewing. 5

een die agtergrond van die missie word die volgende akademiese doelstellings nagestreef: Die handhawing van die hoogste akademiese en professionele standaarde ten opsigte van onderrig, navorsing en tersaaklike dienslewering deur o die volgehoue inisiëring en voortsetting van relevante navorsing oor huidige en toekomstige onderwys-, opvoedings- en verwante behoeftes; o die uitbreiding van voor- en nagraadse studie ten einde die kennisterrein en ook professionalisering van die onderwysberoep te bevorder; o gepaste voortgesette professionele ontwikkelingsprogramme vir onderwyspersoneel, asook gemeenskapsdiens en akademiese steunprogramme, om daarmee by te dra tot die program vir die heropbou en ontwikkeling van onderwys- en opleidingsgeleenthede vir die Suider-Afrikaanse gemeenskap in die geheel. Die optimale toeganklikheid van sy opleiding en geriewe vir almal wat daarvoor kwalifiseer. Die vestiging en uitbouing van samewerking o met professionele en ander instansies (nasionaal sowel as internasionaal), ten einde gepaste opleiding en navorsing te verseker en wedersyds in behoeftes te voorsien; o binne die Universiteit sowel as met ander tersiêre opleidingsinrigtings en tersaaklike instansies, onder andere om onwenslike duplisering van opleiding, navorsing en dienslewering te vermy. Die bevordering van optrede wat voldoen aan die etiek van die onderwys as ʼn professie. Fakulteitstruktuur Die Fakulteit Opvoedkunde bestaan uit die volgende vier departemente: Departement Kurrikulumstudie (Insluitend die Eenheid vir Navorsing oor Wiskunde-onderwys, die Sentrum vir Hoër en Volwassene-onderwys, die Stellenbosch Universiteit Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP), en die Omgewingsopvoedingsprogram (OOPUS)) Departement Opvoedkundige Sielkunde (Insluitend die Praktikumeenheid van die Departement Opvoedkundige Sielkunde) Departement Opvoedingsbeleidstudie (Afdeling Filosofie van die Opvoeding en Afdeling Onderwysadministrasie) Departement Sportwetenskap Graad- en diplomaprogramme wat op voorgraadse vlak aangebied word en wat op professionele onderwysopleiding gerig is, bestaan uit ʼn kombinasie van programme soos deur die vier departemente aangebied. Verdere opleidings- en nagraadse programme is gespesialiseerd of van interdissiplinêre aard. 6

Kurrikulumstudie Opvoedkundige Sielkunde Opvoedingsbeleidstudie Sportwetenskap VOORGRAADS BEd (Alg Ond) BEd (Alg Ond) BEd (Alg Ond) BA/BSc/BEd (Alg Ond) NAGRAADS en GEVORDERD NOS, GOS NOS NOS, GOS NOS NGDip (HO) (O&L) HonsBEd (rigtings HonsBEd (rigtings HonsBEd (rigtings HonsBSc (rigtings Kurrikulumstudie en Opvoedkundige Onderwysbestuur Sportwetenskap en aalopvoeding) Ondersteuning en en Biokinetika) Opvoedkundige Sielkunde) Opvoedingsbeleidstudie) MEd/MPhil MEd/MPhil/ MEd (Psig) MEd/MPhil MSc (Sportwetenskap) DEd/PhD DEd/PhD DEd/PhD PhD (Sportwetenskap) of PhD (Sportsielkunde) aal aan die Universiteit Die Universiteit Stellenbosch (US) gebruik Afrikaans én Engels as voorgraadse onderrigtale in sy strewe na die bevordering van meertaligheid. Die Universiteit is daartoe verbind om Afrikaans as goedgevestigde akademiese taal te beskerm en verder te ontwikkel met inagneming van hierdie strewe na die bevordering van meertaligheid. Die US gee ook erkenning aan Engels as internasionale akademiese taal en medium waarmee die meeste Suid-Afrikaners met mekaar kan kommunikeer. Hierbenewens maak die Universiteit voorsiening vir die ontwikkeling van vakterminologie en kommunikasievaardighede in isixhosa, en isixhosa-onderrig in sommige akademiese programme vir studente wat dit nodig sal hê in hulle beroepe. alle van ons modules word reeds deur parallelmediumonderrig en intydse tolking in Afrikaans én Engels aangebied. Dit is egter nie moontlik om die voorlesings van alle modules volledig in Afrikaans en Engels aan te bied nie. Die onderrigmedium van elke module word gevolglik in die betrokke fakulteit se jaarboek aangedui. Meer inligting oor taal aan die Universiteit is beskikbaar op die webwerf www.sun.ac.za/taal. Ondersteuning met die bemeestering van akademiese taalvaardigheid in Afrikaans én Engels word voorsien. Parallelmedium: ʼn Klas word verdeel in aparte Afrikaanse en Engelse strome. Studente verskaf hul voorkeuronderrigtaal by registrasie. olking: Intydse tolking tydens klasonderrig kan na Afrikaans of Engels plaasvind na gelang van die doseertaal. weetalig: ʼn Kombinasie van onderrig in Afrikaans (nagenoeg 50%) en Engels (nagenoeg 50%) in dieselfde klas. Afrikaans en Engels: ʼn Klein persentasie van die modules word slegs in Afrikaans of Engels aangebied. 7

Hoe om met die Universiteit te kommunikeer Gebruik van studentenommer By die hantering van nuwe formele aansoeke ken die Universiteit aan elke aansoeker ʼn studentenommer toe. Die studentenommer dien as unieke identifikasie van die betrokke individu om toekomstige kommunikasie te vergemaklik. Wanneer u studentenommer aan u bekend gemaak is, moet u dit asseblief in alle toekomstige korrespondensie met die Universiteit vermeld. Stuur korrespondensie aan die volgende adresse Korrespondensie in verband met akademiese aangeleenthede, d.w.s. studieaangeleenthede, beurse en lenings, ens., asook koshuisplasings, moet gerig word aan: Die Registrateur Universiteit Stellenbosch Privaat Sak X1 MAIELAND 7602 Korrespondensie in verband met finansiële en dienste-aangeleenthede, insluitend diensaspekte van koshuise, moet gerig word aan: Die Bedryfshoof Universiteit Stellenbosch Privaat Sak X1 MAIELAND 7602 Hoe om met die Fakulteit Opvoedkunde te kommunikeer Kontakbesonderhede van die Fakulteit: Die Dekaan, Fakulteit Opvoedkunde elefoonnommer Faksnommer E-posadres 021 808 2257 021 808 2269 opvoed@sun.ac.za Visedekaan (Onderrig) 021 808 2122 aec2@sun.ac.za Visedekaan (Navorsing) 021 808 2122 afataar@sun.ac.za Fakulteitsekretaris 021 808 3945 021 808 3822 jbdb@sun.ac.za Departement Kurrikulumstudie 021 808 2300 021 808 2295 lva@sun.ac.za Departement 021 808 2419 021 808 2283 joostem@sun.ac.za Opvoedingsbeleidstudie Departement Opvoedkundige 021 808 2308 021 808 2021 sonjab@sun.ac.za Sielkunde Departement Sportwetenskap 021 808 4915 021 808 4817 mimibotha@sun.ac.za Vir Universiteitsomgewings wat nie hier gelys word nie, kontak die Universiteit Stellenbosch Kontaksentrum op die Stellenboschkampus by 021 808 9111 per telefoon, 021 808 3822 per faks of info@sun.ac.za per e-pos. 8

Stuur korrespondensie met die Fakulteit aan die volgende adresse: Die Dekaan Fakulteit Opvoedkunde Universiteit Stellenbosch GG Cilliégebou Privaat Sak X1 Matieland 7602 Afdeling Studentesake (Nie-akademiese sake) Neelsie Privaat Sak X1 Matieland 7602 Reglement vir Dekaansvergunningseksamens (DVE s) 1. ʼn Finalejaarstudent wat, nadat alle eksamens afgelê is en alle prestasiepunte beskikbaar is, een module met ʼn maksimum van 36 krediete kort ten einde ʼn graad te verwerf, kan onderhewig aan die bepalings van paragraaf 2 hieronder as vergunning deur die Dekaan, in konsultasie met die betrokke akademiese departement, tot ʼn DVE toegelaat word. 2. Waar ʼn student reeds na die eerste eksamengeleentheid (Junie of November) vir ʼn DVE in ʼn eksamenmodule kwalifiseer, sal sodanige DVE gedurende die tweede eksamengeleentheid (Desember of Januarie) afgelê word. Dit bly die betrokke student se verantwoordelikheid om hom as ʼn DVE-kandidaat te identifiseer en die nodige sekerheid te kry. Indien die student weer die module sak, sal geen verdere DVE toegestaan word nie. 3. Waar ʼn student egter eers na die tweede eksamengeleentheid (Desember of Januarie) vir ʼn DVE toegelaat word, sal sodanige DVE op ʼn geskeduleerde tyd tydens die laaste week van Februarie afgelê word. 4. en opsigte van paragraaf 3 hierbo, sal fakulteitsekretarisse die studente identifiseer en die name via die dekaanskantoor aan die departemente verskaf. Die onus rus op studente wat vir ʼn dekaansvergunningseksamen mag kwalifiseer om betyds met die fakulteitsekretaris te skakel oor moontlike toelating tot die dekaansvergunningseksamen. oegelate studente moet hulself aanmeld vir die eksamen, wat departementeel afgeneem word. 5. DVE s in modules wat van deurlopende assessering gebruik maak, sal op dieselfde tydstip vermeld in paragraaf 3 hierbo afgelê word, ingevolge die prosedures neergelê in paragraaf 4 hierbo. 6. Studente aan wie ʼn DVE toegestaan word, moet hulle van die tyd en plek van die betrokke DVE vergewis en daar aanmeld. 7. Dekaansvergunningseksamens word slegs met die goedkeuring van die Dekaan toegestaan. Departemente moet onder geen omstandighede self dekaansvergunningseksamens aan studente toestaan nie. Geen dosent kan ʼn onderneming aan ʼn student hieroor gee nie. 9

Graad-, Diploma- en Sertifikaatprogramme (Elke program se vlak op die Kwalifikasieraamwerk vir Hoër Onderwys (KRHO) word tussen hakies aangedui.) Graadprogramme DEd (vlak 10) PhD (vlak 10) MEd (vlak 9) MEd (Psig) (vlak 9) MPhil (vlak 9) MSc (Sportwetenskap) (vlak 9) HonsBEd (vlak 8) HonsBSc (Biokinetika) of (Sportwetenskap) (vlak 8) BEd (Algemene Onderwys) (vlak 7) Sertifikaatprogramme NOS (Nagraadse Onderwyssertifikaat) (vlak 7) GOS (Gevorderde Onderwyssertifikaat) (vlak 6) Diplomaprogram NGDip (Nagraadse Diploma in Hoër Onderwys in Onderrig en Leer) (vlak 8) Besondere Bepalings Benewens die Algemene Bepalings, moet studente hulle vergewis van die besondere bepalings wat op elke program in die Fakulteit Opvoedkunde betrekking het, soos vervat in Deel 1 van die Jaarboek. Studente moet hulle verder vergewis van watter vereistes t.o.v. slaagvoorvereistes (S), voorvereistes (V) en newevereistes (N) vir elke module gestel word. Die besonderhede word by die beskrywings van die modules (onder Vakke, Modules en Module-inhoude) van elke departement gegee. Opmerking: Om Engels- of Afrikaansmedium in die laer graad te slaag, word ʼn prestasiepunt van minstens 50% daarin vereis; om in die hoër graad te slaag, word ʼn prestasiepunt van minstens 60% daarin vereis. 10

Voorgraadse Programme Voorgraadse-inskrywingsbestuur en einde die Raadsteikens ten opsigte van die grootte (die totale getal studente) en vorm (studierigtings en diversiteitsprofiel) van die Universiteit Stellenbosch (US) se studentebevolking te kan bereik, is dit nodig om die voorgraadse inskrywings aan die US te bestuur. Die US se totale getal inskrywings word bestuur om in te pas binne die beskikbare kapasiteit. Die US bied ʼn gebalanseerde pakket programme aan wat strek oor al drie hoofstudievelde, naamlik (a) die humaniora, (b) die ekonomiese en bestuurswetenskappe, en (c) die natuurwetenskappe, landbouwetenskappe, gesondheidswetenskappe en ingenieurswese (Wetenskap, Ingenieurswese en egnologie / Science, Engineering and echnology of SE). Die US is verbind tot die bevordering van diversiteit. Voorgraadse-inskrywingsbestuur aan die US geskied binne die raamwerk van die nasionale hoëronderwysstelsel. ʼn Verantwoorde samehang tussen nasionale en institusionele doelwitte met respek vir belangrike beginsels soos institusionele outonomiteit, akademiese vryheid en openbare verantwoordelikheid word nagestreef. Die volgende vertrekpunte is van toepassing: - Die uitbouing van akademiese uitnemendheid deur die handhawing van hoë akademiese standaarde. - Die handhawing en verbetering van hoë sukseskoerse. - Die nakoming van die US se verbintenis tot regstelling, sosiale verantwoordelikheid, en die lewering van ʼn bydrae tot die opleiding van toekomstige rolmodelle uit alle bevolkingsgroepe. - Die verbreding van toegang tot hoër onderwys, veral aan studente uit onderwysbenadeelde en ekonomies behoeftige omstandighede wat oor die akademiese potensiaal beskik om suksesvol aan die US te studeer. As gevolg van die beperkte beskikbaarheid van plekke en die strategiese en doelgerigte bestuur van inskrywings sal nie alle voorgraadse aansoekers wat aan die minimum toelatingsvereistes van ʼn betrokke program voldoen, noodwendig toegelaat word nie. Besonderhede oor die keuringsprosedures en toelatingsvereistes vir voorgraadse programme is by www.maties.com en op die Fakulteit se webtuiste by http://www.sun.ac.za/education beskikbaar. Vir die 2013-inname en verdere jare moet alle voornemende voorgraadse studente die Nasionale Normtoets (NN) (National Benchmarking est of NB) skryf. Raadpleeg die NB-webtuiste (www.nbt.ac.za) of die US se webtuiste (www.maties.com) vir meer inligting oor die Nasionale Normtoetse. Die uitslae van die Nasionale Normtoetse kan deur die US vir die volgende doeleindes gebruik word (besonderhede is beskikbaar by www.maties.com): - ondersteuning met die besluitneming oor die plasing van studente in verlengde 11

graadprogramme, - keuring, en - kurrikulumontwikkeling. BACCALAUREUS-PROGRAMME BEd (Algemene Onderwys) Hierdie struktuur sal waarskynlik vanaf 2017 verander, aangesien nuwe programme ontwikkel is wat aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding en die Raad op Hoër Onderwys vir goedkeuring en akkreditering voorgelê is. Aansoeke sluit op 30 Junie. Doelstellings Die hoofdoel van die vierjarige program is die aanvanklike opleiding van opvoeders vir die Algemene Onderwys- en Opleidingsfase. Die keusemoontlikhede van die program maak spesialisering ten opsigte van die Grondslagfase of die Intermediêre en die Senior Fases vanaf die tweede jaar moontlik. oelating oelating tot die BEd (Algemene Onderwys)-program is aan keuring onderworpe en slegs ʼn beperkte getal plekke is beskikbaar. Slegs akademiese meriete geld in die keuringsproses en voldoening aan die minimum toelatingsvereistes waarborg nie keuring nie. Aansoeke sluit op 30 Junie, waarna die keuringsproses sal begin. Die minimum toelatingsvereistes is die volgende: 1. Die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS), waarvoor ʼn gemiddelde van 55% verwerf moet word. 2. Skryf die Nasionale Normtoetse AQL 3. Die slaag van vier universiteitstoelatingsvakke, elk op minstens vlak 4. 4. Die volgende spesifieke vereistes t.o.v. taal en wiskunde: 4.1. Afrikaans: Indien u in Afrikaans skoolgegaan het, moet u soos volg in WEE van die onderstaande taalvakke gepresteer het: Vlak 5 vir Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele aal) en Vlak 4 vir Engels (Huistaal of Eerste Addisionele aal) of Vlak 4 vir Xhosa (Huistaal of Eerste Addisionele aal) 4.2. Engels: Indien u in Engels skoolgegaan het, moet u soos volg in WEE van die onderstaande taalvakke gepresteer het: Vlak 5 vir Engels (Huistaal of Eerste Addisionele aal) en Vlak 4 vir Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele aal) of Vlak 4 vir Xhosa (Huistaal of Eerste Addisionele aal) 4.3. Wiskunde: Vlak 3 vir Wiskunde of Vlak 5 vir Wiskundige Geletterdheid. 12

Let wel: - Een van Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele aal) of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele aal) moet vir die NSS op Vlak 5 geslaag word. - Indien u ʼn ander amptelike landstaal (Huistaal of Eerste Addisionele aal) in die plek van Afrikaans of Engels gevolg het, moet die taal op vlak 4 geslaag word. - Indien u een van die genoemde taalvakke op vlak 5 behaal het, maar dit is nie u taal van onderrig nie, kan u diskresionêr toegelaat word. - Studente wat vóór 2008 die skooleindeksamen afgelê het, moet minstens Wiskunde Standaardgraad (SG) op Graad 12-vlak geslaag het. Keuringsbeleid Van 2011 af word ʼn keuringsbeleid vir toelating tot die BEd (Algemene Onderwys)-program toegepas. Kragtens hierdie beleid word daar vir ʼn beperkte getal plekke vir eerstejaarstudente voorsiening gemaak. Vir skoolgaande kandidate sal plekke volgens prestasie toegeken word. Vir huidige ingeskrewe studente word beide skoolprestasie en huidige prestasie in aanmerking geneem. Daar word, in ooreenstemming met die Universiteit se diversiteitsbeleid, voorsiening gemaak vir toelating van kandidate uit die onderverteenwoordigde groepe. Alle aansoekers moet steeds aan sowel die US se algemene toelatingsvereistes as aan die fakulteitspesifieke toelatingsvereistes vir die BEd-program voldoen. Aansoeke sluit op 30 Junie. Die keuringsproses begin direk daarná. Hoofrigtings Voornemende studente moet by hul aanvanklike aansoek om toelating aandui watter rigting hulle van hul tweede jaar af wil volg, naamlik Intermediêre en Senior Fases (ISF) of Grondslagfase (GF). ʼn Hoofrigting word slegs aangebied indien die personeelposisie dit moontlik maak en minstens tien studente tot die program toegelaat word. Skoolbesoek Onderrig en Leer-modules is deel van die skoolpraktyk en is slaagvoorvereistes vir die volgende studiejaar. Hierdie modules moet 120 krediete oor vier jaar genereer en word soos volg uiteengesit: - In die eerste studiejaar doen studente ervaring op in skoolpraktyk aan die Fakulteit gedurende die jaar deur observasie en mikro-onderrig. Hierdie praktyk is deel van die klaspunt vir Onderrig en Leer 178. - In die tweede, derde en vierde studiejaar doen studente gedurende die derde skoolkwartaal by skole praktykervaring op. Hierdie praktyk is deel van die klaspunt vir Onderrig en Leer 278/288, 378/388 en 478/488. In die tweede en derde studiejare doen studente skoolbesoek (observasie) by skole van hul keuse 13

aan die begin van die skooljaar (begin saam met die onderwysers) en die skoolbesoek word soos volg uiteengesit: - weedejaarstudente (GF) moet aan die begin van die skooljaar ʼn verpligte observasie van 10 skooldae in Graad R doen, wat deel van die klaspunt vir Onderrig en Leer 288 is. - Derdejaarstudente (GF) moet aan die begin van die skooljaar ʼn verpligte observasie van 10 skooldae in Graad 1-3 doen, wat deel van die klaspunt vir Onderrig en Leer 388 is. - weedejaarstudente (ISF) moet aan die begin van die skooljaar ʼn verpligte observasie van 10 skooldae in enige Graad 4-6 (7) doen, wat deel van die klaspunt vir Onderrig en Leer 278 is. - Derdejaarstudente (ISF) moet aan die begin van elke skooljaar ʼn verpligte observasie van 10 skooldae in enige Graad (7), 8-9 doen, wat deel van die klaspunt vir Onderrig en Leer 378 is. - weede- en derdejaarstudente volg ʼn stelsel van tuisskoolbesoek tydens die derde skoolkwartaal. Vierdejaarstudente doen hul proeftydperk by skole op Stellenbosch en in die omgewing sodat dosente hulle kan besoek tydens die derde skoolkwartaal (WKOD-skoolkwartaal). Kwalifikasie vir Onderrig en Leer In die geval waar daar duidelike bewyse is dat ʼn student nie voldoende voorbereid is om deel te neem aan praktiese skoolbesoek nie, kan die Dekaan, in oorleg met die betrokke Departementele Voorsitter en programkoördineerder, die student deelname aan die praktiese skoolbesoek van die Onderrig en Leer-module, weier. Die student sal die betrokke module vir Onderrig en Leer in die daaropvolgende jaar moet herhaal. Dit sal effektief die student se studies met een jaar (of meer) verleng. Meertaligheidsvereistes Die graad word slegs toegeken aan studente wat aan die meertaligheidsvereistes voldoen het in ooreenstemming met die provinsiale taalbeleid en die beleid van moedertaalgebaseerde meertaligheid in Wes-Kaapse skole. Dit beteken dat minstens een taal as onderrig-leertaal (met ʼn slaagvereiste van 60%), ʼn tweede taal as professionele kommunikasiemiddel (met ʼn slaagvereiste van 50%) en ʼn derde taal met basiese kommunikasievaardighede (met ʼn slaagvereiste van 50%) gevolg en geslaag moet word. oelating tot HonsBEd (Opvoedkundige Sielkunde) Studente wat ná verwerwing van die BEd-graad belangstel in toelating tot die HonsBEd-studie (Opvoedkundige Sielkunde), moet voldoen aan die vereiste van Sielkunde I, II en III of ekwivalente modules soos goedgekeur deur die Departement Opvoedkundige Sielkunde. (Volgens die roosters van die betrokke fakulteite is dit ongelukkig nie moontlik vir studente om die vak Sielkunde by die BEd-program in te pas nie. Studente sal as uitsondering op die reël toegelaat word om Sielkunde as ekstra vak by Unisa gelyktydig met hul BEd-studie te neem, of eers ná voltooiing van die BEd-graad.) 14

Struktuur (programmodules) (Kyk vakalfabetiese lys vir module-inhoude.) BEd (Algemene Onderwys) (Grondslagfase) Eerste jaar (130 krediete) Verpligte Modules Afrikaans en Nederlands 178(24) of Afrikaanse aalverwerwing 188(24) English Studies 178(24) Xhosa 178(24) (Inleiding tot Xhosa aal en Kultuur) (nie-eerstetaalsprekers) of 188(24) (Inleiding tot Xhosa aal, Kommunikasie en Kultuur) (eerstetaalsprekers) Studente kies twee van bogenoemde tale vir die volgende vier akademiese jare as tale van onderrig. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ond) 178(10) Inligtingvaardighede 172(6) Studente wat reeds Inligtingvaardighede of enige ander US-module wat MS Word, Excel, PowerPoint en Internet insluit, geslaag het, hoef nie vir Inligtingsvaardighede 172(6) te registreer nie, op voorwaarde dat die betrokke module minstens 6 krediete dra. Kurrikulumstudie 144(10) Natuurwetenskappe (Ond) 178(10) Onderrig en Leer 178(16) (Praktikum) Opvoedkundige sielkunde 124(10) (Ontwikkeling en leer) Sosiale Wetenskappe (Ond) 178(10) Wiskunde (Ond) 178(10) weede jaar (130 krediete) Verpligte Modules Afrikaans (Ond) (GF) 284(15) English (Ed) [FP] 284(15) Xhosa (Ond) 284(15) Studente kies twee van bogenoemde tale, soos uit die vorige akademiese jaar, vir die volgende drie akademiese jare as tale van onderrig. 15

Afrikaans as taal van onderrig en leer 288(5) Engels as taal van onderrig en leer 288(5) Xhosa as taal van onderrig en leer 288(5) Studente kies twee van die bostaande taalmodules. As voorbeeld moet studente wat Engels (Ond) 284 en Xhosa (Ond) 284 kies, Engels as taal van onderrig en leer 288(5) en Xhosa as taal van onderrig en leer 288(5) kies. Filosofie van die Opvoeding 288(20) Kuns en Kultuur (Ond) 288(10) (Musiek en Kuns) Onderrig en Leer 288(35) (Praktikum Graad R) egnologie (Ond) 288(10) Wiskunde (Ond) (Grondslagfase) 284(15) Derde jaar (130 krediete) Verpligte Modules Afrikaans (Ond) (GF) 384(15) English (Ed) [FP] 384(15) Xhosa (Ond) 384(15) Studente kies twee van bogenoemde tale, soos uit die vorige akademiese jare, vir die volgende twee akademiese jare as tale van onderrig. Xhosa (Kommunikasie) 388(10) Afrikaans (Kommunikasie) 388(10) Studente volg ʼn basiese kommunikasiekursus in die taal wat hulle nie in hul eerste jaar gekies het nie, byvoorbeeld: indien ʼn student Engels (Ond) en Afrikaans (Ond) gekies het, moet hy Xhosa Kommunikasie 388 volg. Kuns en Kultuur (Ond) Lewensoriëntering 388(10) (Dans en Drama) 386(10) (Fisieke Ontwikkeling en Beweging) 387(10) (Multireligie en -kultuur) 388(5) (Omgewing en kurrikulum) Onderrig en Leer 388(20) (Praktikum Graad 1-3) Opvoedkundige sielkunde 388(20) (Leerderdiversiteit) Wiskunde (Ond) (Grondslagfase) 384(15) Vierde jaar (130 krediete) Verpligte Modules Afrikaans (Ond) (GF) 484(15) English (Ed) [FP] 484(15) Xhosa (Ond) 484(15) 16

Studente kies twee van bogenoemde tale, soos uit die vorige akademiese jare, vir die vierde akademiese jaar as tale van onderrig. Kurrikulumstudie 488(20) Onderrig en Leer 488(35) (Praktikum Graad 1-3) Opvoedkundige Sielkunde 414(15) (Assessering en leerondersteuning) Perspektiefstelling op Onderwysstelsels 488(15) Wiskunde (Ond) (Grondslagfase) 484(15) Navrae Programbestuurder: Dr L Rutgers el.: 021 808 3930 E-pos: lrutgers@sun.ac.za Webtuiste vir meer besonderhede: http://www.sun.ac.za/education BEd (Algemene Onderwys) (Intermediêre en Senior Fase) Eerste jaar (130 krediete) Verpligte Modules Afrikaans en Nederlands 178(24) of Afrikaanse aalverwerwing 188(24) English Studies 178(24) Xhosa 178(24) Inleiding tot Xhosa aal en Kultuur (nie-eerstetaalsprekers) of 188(24) Inleiding tot Xhosa aal, Kommunikasie en Kultuur 188 (eerstetaalsprekers) Studente kies twee van bogenoemde tale vir die volgende vier akademiese jare as tale van onderrig. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ond) 178(10) Inligtingvaardighede 172(6) Studente wat reeds Inligtingsvaardighede of enige ander US-module wat MS Word, Excel, PowerPoint en Internet insluit, geslaag het, hoef nie vir Inligtingsvaardighede 172(6) te registreer nie, op voorwaarde dat die betrokke module minstens 6 krediete dra. Kurrikulumstudie 144(10) Natuurwetenskappe (Ond) 178(10) Onderrig en Leer 178(16) (Praktikum) Opvoedkundige sielkunde 124(10) (Ontwikkeling en leer) Sosiale Wetenskappe (Ond) 178(10) Wiskunde (Ond) 178(10) 17

weede jaar (130 krediete) Verpligte Modules Afrikaans (Ond) (ISF) 278(15) English (Ed) [ISP] 278(15) Xhosa (Ond) 278(15) Studente kies twee van bogenoemde tale, soos in die vorige akademiese jaar, vir die volgende drie akademiese jare as tale van onderrig. Afrikaans as taal van onderrig en leer 278(5) Engels as taal van onderrig en leer 278(5) Xhosa as taal van onderrig en leer 278(5) Studente moet twee van die bostaande modules volg ten einde hul taalspesialiseringkeuses aan te vul. As voorbeeld moet studente wat Engels (Ond) 278 en Xhosa (Ond) 278 kies, Engels as taal van onderrig en leer 278(5) en Xhosa as taal van onderrig en leer 278(5) kies. Filosofie van die opvoeding 278(20) Kuns en Kultuur (Ond) 278(10) (Musiek en Kuns) Onderrig en Leer 278(20) (Praktikum) egnologie (Ond) 278(10) Wiskunde (Ond) 278(15) Keusemodules kies een van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ond) 278(15) Natuurwetenskappe (Ond) 278(15) Sosiale Wetenskappe (Ond) 278(15) Derde jaar (130 krediete) Verpligte Modules Xhosa (Kommunikasie) 378(10) Afrikaans (Kommunikasie) 378(10) Studente volg ʼn basiese kommunikasiekursus in die taal wat hulle nie in hul eerste jaar gekies het nie, bv. indien Afrikaans (Ond) en Engels (Ond) gekies is, moet Xhosa Kommunikasie 378 gevolg word. Kuns en Kultuur (Ond) 378(10) Opvoedkundige sielkunde 378(20) (Leerderdiversiteit) Lewensoriëntering 376(10) (Fisieke ontwikkeling en beweging) 377(10) (Multireligie en multikultuur) 378(5) (Omgewing en die kurrikulum) Onderrig en Leer 378(25) (Praktikum) 18

Keusemodules Kies twee van: Afrikaans (Ond) (ISF) 378(20) Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ond) 378(20) English (Ed) [ISP] 378(20) Natuurwetenskappe (Ond) 378(20) Sosiale Wetenskappe (Ond) 378(20) Wiskunde (Ond) 378(20) Xhosa (Ond) 378(20) Vierde jaar (130 krediete) Verpligte Modules Kurrikulumstudie 478(20) Onderrig en Leer 478(40) (Praktikum) Opvoedkundige Sielkunde 414(15) (Assessering en leerondersteuning) Perspektiefstelling op onderwysstelsels 478(15) Keusemodules Kies twee van: Afrikaans (Ond) (ISF) 478(20) Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Ond) 478(20) English (Ed) [ISP] 478(20) Natuurwetenskappe (Ond) 478(20) Sosiale Wetenskappe (Ond) 478(20) Wiskunde (Ond) 478(20) Xhosa (Ond) 478(20) Navrae Programbestuurder: Dr MLA le Cordeur el.: 021 808 2265 E-pos: mlecorde@sun.ac.za Webtuiste vir meer besonderhede: http://www.sun.ac.za/education Sportwetenskap Ná behaling van die BA- of die BSc-graad (met Sportwetenskap) kan ʼn student aansoek doen om toelating tot die volgende nagraadse programme: die NOS en daarna, desverkiesende, die HonsBEd; die HonsBSc (Biokinetika) (aansoeke sluit op 31 Augustus); of die HonsBSc (Sportwetenskap) (aansoeke sluit op 31 Augustus); of die HonsBA- of HonsBSc- of MA-program in die ander hoofvak wat saam met Sportwetenskap vir die B-graad gevolg is. 19

Vir die nodige toelatingsvereistes en verdere besonderhede word u verwys na die BA en BSc (Sportwetenskap)-uiteensettings wat hieronder verskyn en presies moet ooreenstem met die uiteensettings in Deel 4 (Lettere en Sosiale Wetenskappe) en Deel 5 (Natuurwetenskappe) van die Jaarboek. BA (Sportwetenskap) Spesifieke toelatingsvereistes - ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) soos gesertifiseer deur Umalusi met ʼn punt van minstens 4 in elk van die vier skoolvakke uit die lys van aangewese universiteitstoelatingsvakke. - Huistaal (Afrikaans of Engels) kode 4 (50%) - Eerste Addisionele aal kode 3(40%) - Wiskunde 3 (40%) OF Wiskundige Geletterdheid kode 6 (70%) - ʼn Minimum prestasie soos volg behaal in een van die volgende vakke: Fisiese Wetenskappe kode 3 (40%) of Lewenswetenskappe kode 4 (50%) Hoofstroomtoelatingsvereiste (driejarig): - ʼn Gemiddelde persentasie vir NSS (Lewensoriëntering uitgesluit): 60% Let wel: 1. Studente in hierdie program is onderworpe aan keuring. Die keuringsbeleid is by die Departement verkrygbaar. 2. Hierdie program is nie ʼn opsie vir VGP-studente nie. Raadpleeg asseblief die paragraaf aangaande Voorgraadse-inskrywingsbestuur aan die begin van hierdie hoofstuk. Programinhoud en -struktuur Besonderhede Die graadprogram in Sportwetenskap is ʼn driejarige program. Sportwetenskap kan in kombinasie met een van die volgende gevolg word: Geografie en Omgewingstudie, Sielkunde, Engels en Afrikaans en Nederlands. Let op die volgende voorvereistes: Sportwetenskap 112 is ʼn slaagvoorvereiste vir Sportwetenskap 262. Fisiologie 114, 144 is ʼn voorvereiste vir Sportwetenskap 232, 252. Sportwetenskap 184 is ʼn slaagvoorvereiste vir Bewegingsopvoeding, Sport en Rekreasie 282. Besondere bepalings 1. Slegs ʼn beperkte aantal studente word jaarliks tot die eerste studiejaar van hierdie program toegelaat. Aansoeke sluit 30 Junie van die voorafgaande jaar. Keuring vir die program geskied volgens duidelike riglyne op die grondslag van sowel akademiese as nieakademiese meriete van die aansoeker. Studente wie gekeur word, sal ʼn mediesegeskiedenisvorm moet voltooi. Indien ʼn student nie medies geskik is nie, kan die 20

student nie vir die verpligte praktiese modules, (byvoorbeeld Sportwetenskap 184) registreer nie. 2. Voorgeskrewe reëls in verband met kleredrag moet deur studente nagekom word. Besonderhede in die verband kan met die aanvang van die akademiese jaar van die Departement Sportwetenskap verkry word. 3. Die bywoning van alle praktiese klasse is verpligtend. ʼn Minimum van 40% word vir elke afdeling van die praktiese klasse vereis. Die slaagvereiste vir alle praktiese en teoretiese modules is 50%. Formele bepalings Assessering Vir die besonderhede oor assessering moet die deelnemende departemente geraadpleeg word. Raadpleeg ook hul inskrywings in Jaarboek Deel 6 (Opvoedkunde), Vakke, Modules en Module-inhoude. Vakkombinasies Alle vakkombinasies is onderworpe aan roostermoontlikhede. Raadpleeg ook die skematiese voorstellings vir vakkombinasies op die uitvoublad agter in hierdie boek. Aanbieding Hierdie program word om ʼn progressie van professionele vaardighede ontwerp wat in die eerste jaar bekend gestel word, en in die tweede en derde jaar verfyn en uitgebrei word. Onderwerpe in sportsielkunde, motoriese leer, en oefenfisiologie word periodiek herverken by toenemende vlakke van akademiese bekwaamheid oor die drie studiejare. Die keuse van een area vir professionele spesialisasie in die derde jaar verseker dat studente voldoende geleentheid sal hê om een professionele area deeglik te verken. Bykomende besluite gebaseer op internasionale standaarde vir voorgraadse studie is oor die diepte van die program gemaak. aalopsie Raadpleeg die relevante taalspesifikasies vir medium van onderrig vir modules in die Sportwetenskap-program Navrae Programkoördineerder: CM Uys el.: 021 808 4723 e-pos: carienjvr@sun.ac.za 21

BA (Sportwetenskap) SPORWEENSKAP ME GEOGRAFIE EN OMGEWINGSUDIE Basisvlak (eerste jaar) (138 krediete) Verpligte Modules Inligtingvaardighede 172(6) Sportwetenskap 112(8), 142(8), 184(12) Geo-omgewingswetenskap 124(16), 154(16) (volg Geografie en Omgewingstudie op tweede- en derdejaarsvlak) Sosiologie 114(12), 144(12) Fisiologie 114(12), 144(12) Keusemodules Plus een van die volgende vakke (24 krediete): Afrikaans en Nederlands 178(24) English Studies 178(24) Sielkunde 114(12), 144(12) (slegs eerste jaar) Intermediêre vlak (tweede jaar) (128 krediete) Verpligte Modules Sportwetenskap 222(8), 232(8), 252(8), 262(8) Geografie en Omgewingstudie 225(16), 265(16) (volg Geo-omgewingswetenskap op eerstejaarsvlak) Bewegingsopvoeding, Sport en Rekreasie 212(8), 222(8), 242(8), 282(8) Keusemodules Plus voortgesette studie van een van die volgende vakke (32 krediete): Afrikaans en Nederlands 278(32) English Studies 278(32) Sosiologie 212(8), 222(8), 242(8), 252(8) Gevorderde vlak (derde jaar) (128 krediete) Verpligte Modules Sportwetenskap 312(6), 322(6), 332(6), 342(6), 352(6), 362(6), 382(6), 392(6) Geografie en Omgewingstudie 314(12), 323(12), 358(16), 363(16) 22

Keusemodules oegepaste Kinesiologie (kies slegs een van die volgende opsies) (24 krediete): oegepaste Kinesiologie 324(12), 344(12) Aangepaste Fisieke Aktiwiteit 313(12), 353(12) Sportafrigting 314(12), 352(12) Fiksheidsbedryf BA (Sportwetenskap) SPORWEENSKAP ME SIELKUNDE Basisvlak (eerste jaar) (130-138 krediete) Verpligte Modules Inligtingvaardighede 172(6) Sportwetenskap 112(8), 142(8), 184(12) Sielkunde 114(12), 144(12) Sosiologie 114(12), 144(12) Fisiologie 114(12), 144(12) Keusemodules Plus een van die volgende vakke (24 krediete): Afrikaans en Nederlands 178(24) English Studies 178(24) Geo-omgewingswetenskap 124(16), 154(16) (slegs eerste jaar) Intermediêre vlak (tweede jaar) (128 krediete) Verpligte Modules Sportwetenskap 222(8), 232(8), 252(8), 262(8) Sielkunde 213(8), 223(8), 243(8), 253(8) Bewegingsopvoeding, Sport en Rekreasie 212(8), 222(8), 242(8), 282(8) Keusemodules Plus een van die volgende (32 krediete): English Studies 278(32) Sosiologie 212(8), 222(8), 242(8), 252(8) 23

Gevorderde vlak (derde jaar) (120 krediete) Verpligte Modules Sportwetenskap 312(6), 322(6), 332(6), 342(6), 352(6), 362(6), 382(6), 392(6) Sielkunde 314(12), 324(12), 348(24) Keusemodules oegepaste Kinesiologie (kies slegs een van die volgende opsies) (24 krediete): oegepaste Kinesiologie 324(12), 344(12) Aangepaste Fisieke Aktiwiteit 313(12), 353(12) Sportafrigting 314(12), 352(12) Fiksheidsbedryf BA (Sportwetenskap) SPORWEENSKAP ME ENGLISH SUDIES Basisvlak (eerste jaar) (130-138 krediete) Verpligte Modules Inligtingvaardighede 172(6) Sportwetenskap 112(8), 142(8), 184(12) English Studies 178(24) Fisiologie 114(12), 144(12) Keusemodules Plus twee van die volgende vakke (2 24 krediete): Afrikaans en Nederlands 178(24) Geo-omgewingswetenskap 124(16), 154(16) (volg Geografie en Omgewingstudie op tweedejaarsvlak) Sielkunde 114(12), 144(12) Intermediêre vlak (tweede jaar) (128 krediete) Verpligte Modules Sportwetenskap 222(8), 232(8), 252(8), 262(8) English Studies 278(32) Bewegingsopvoeding, Sport en Rekreasie 212(8), 222(8), 242(8), 282(8) 24

Keusemodules Plus voortsetting van een van die volgende vakke (32 krediete): Afrikaans en Nederlands 278(32) Geografie en Omgewingstudie 225(16), 265(16) (volg Geo-omgewingswetenskap op eerstejaarsvlak) Sielkunde 213(8), 223(8), 243(8), 253(8) Gevorderde vlak (derde jaar) (120 krediete) Verpligte Modules Sportwetenskap 312(6), 322(6), 332(6), 342(6), 352(6), 362(6), 382(6), 392(6) English Studies 318(24), 348(24) Keusemodules oegepaste Kinesiologie (kies slegs een van die volgende opsies) (24 krediete): oegepaste Kinesiologie 324(12), 344(12) Aangepaste Fisieke Aktiwiteit 313(12), 353(12) Sportafrigting 314(12), 352(12) Fiksheidsbedryf BA (Sportwetenskap) SPORWEENSKAP ME AFRIKAANS EN NEDERLANDS Basisvlak (eerste jaar) (130-38 krediete) Verpligte Modules Inligtingvaardighede 172(6) Sportwetenskap 112(8), 142(8), 184(12) Afrikaans en Nederlands 178(24) Fisiologie 114(12), 144(12) Keusemodules Plus twee van die volgende vakke (2-24 krediete): English Studies 178(24) Geo-omgewingswetenskap 124(16), 154(16) (volg Geografie en Omgewingstudie op tweedejaarsvlak) Sielkunde 114(12), 144(12) 25