E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E

Similar documents
E C O N O M I C & M A R K E T A N A L Y S I S

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Verkorte Presidentsrede by die drie-en-tagtigste gewone algemene vergadering van aandeelhouers

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

BenguFarm Bestelvorm

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

Monetêre beleid in Suid-Afrika sedert 1965: die vordering vanaf direkte beheer tot inflasieteikens

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Finansieel Gesproke INHOUD. September n Gebeurtenisvolle jaar. Aandelemarkte verder opgedryf

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Finansieel Gesproke. September 2015 N INNOVERENDE HOOFSTUK VIR OLD MUTUAL UNIT TRUSTS MARKONBESTENDIGHEID IN PERSPEKTIEF

FINANSIEEL GESPROKE INHOUD SEPTEMBER 2016

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

PRETORIA-OOS. Beleggingsaanbieding 8 Maart : Week 5. Weeklikse nuusbrief

GESPROKE FINANSIEEL INHOUD OKTOBER 2013 BLY RELEVANT IN N VERANDERENDE WÊRELD PIETER HUGO OP PAD NA N STADIGE HERSTEL JOHANN ELS

SIZA takes the sting out of auditing

2014 VERKORTE JAARVERSLAG OLD MUTUAL UNIT TRUST MANAGERS (RF) (PTY) LIMITED

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Vraag en aanbod * Siyavula Uploaders. 1 EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE 2 Graad 7 3 EKONOMIESE BEGINSELS 4 Module 2 5 VRAAG EN AANBOD

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Finansieel Gesproke 1

Gefokus, standvastig en oopkop

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Presidentsrede by die agt-en-tagtigste algemene jaarvergadering van aandeelhouers

Rut: n Liefdes Verhaal

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

Mandala Madness Deel 2

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

Direkte en indirekte rede *

Stelsel-evaluasie: Ondergrondse drupbesproeiing op suikerriet

Die rol van die Nasionale Studente finansieringskema (NSFAS) in die fasilitering van toegang tot hoër onderwys vir studente uit armer gemeenskappe

Potchefstroomse U niversiteit vir Christelike Hoer Onderwys

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

NUUSBRIEF JUNIE 2008

DESEMBER 1) FINSOLNET NUUS IN HIERDIE UITGAWE. Sygnia mandate:

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

Die toerismebedryf is hard hierdeur getref, selfs voordat die eerste fluitjie geblaas het.

Tariewe

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

WELVAART SONDER GROEI: EKONOMIE VIR N EINDIGE PLANEET. Johann Basson, Maart Agtergrond en konteks

Nabye aftrede: Predikante se belewing van hul gemeente, persoonlike welstand en finansies

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

SAOU Suid-Afrikaanse Onderwysersunie South African Teachers Union

akkurate onderskrywing Santam het die hulp van alle makelaars nodig om te verseker dat die risiko-adres van alle polishouers reg is.

rr (r ~,~ VOORLOPIGE ONDERSOEK NA INFORMELE VESTIGING IN STELLENBOSCH

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

UITDAGINGS VIR DIE AFRIKAANSE HISTORIKUS. Universiteit van Pretoria

LANDBOU EN AFRIKA : BASIESE INLIGTINGSBOEK SURPLUS PEOPLE PROJECT

Transcription:

Castle Walk Corporate Park Blok B Cnr Swakop & Nossob Straat ٠Erasmuskloof ٠ 0048 Tel +27 (0) 12 484 2000 ٠ Faks +27 (0) 12 484 2001/2 E K O N O M I E S E & M A R K A N A L I S E Dynamic Wealth is n Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer JUNIE 2008 MARKONTLEDING TABEL 1: KERN MARKAANWYSERS MEI 2008 AANWYSER 30 Mei sluiting Maandelikse beweging Verwagting vir die maand ALSI 31859 +1098(+3.57%) Toename Nywerheidsindeks 25139 +801(+3.29%) Toename Goudindeks 2226-23 (-1.02%) Volatiel Finansiële indeks 18257 1335 (-6.81%) Afname SA Eiendomsindeks 261-21(-7.29%) Afname Rand/dollar R7.62 +7 (+0.91%) R7.70-R8.15 Goudprys $886 Nul $860-$900 Dow Jones 12638-181(-1.42%) Afname FTSE-100 6053-34 (-0.56%) Toename Nikkei 14338 +488 (+3.53%) Toename Hang-Seng 24123-1632(-6.34%) Afname R157 10.14% +64 (+6.74%) Toename Weens rekordstygings in die internasionale pryse van voedsel en olie, het finansiële markte regoor die wêreld hul onseker en wisselvallige bewegings in Mei en in die eerste twee weke van Junie voortgesit. Die sterk styging in die prys van ru-olie van 18.35% oor die afgelope ses weke, het tot die voortsetting van dieselfde patroon sedert die begin van die jaar op wêreld-aandelemarkte gelei. Kommoditeitspryse en kommoditeitsaandelepryse het gestyg, terwyl kleinhandel, finansiële en eiendomsaandelepryse gedaal het. Die Dow Jones en FTSE indekse het elke week sedert 30 April volatiel en in teenoorgestelde rigtings beweeg. Inflasie- en rentekoersonsekerhede oorskadu hierdie markte en die olieprysdebat verhoog die volatiliteit. In hierdie opsig kom verskeie studies uit verskillende oogpunte tot verskillende gevolgtrekkings. Dus strek die vooruitsigte vir die olieprys oor die volgende twee jaar van $40 per vat tot $200 per vat. Verdere onsekerhede rondom die VSA ekonomie rakende inflasie- vs resessievrese dra ook by tot die huidige volatiele beweging op internasionale beurse. Gegewe die huidige inflasionistiese druk voortspruitend uit die stygende oliepryse, word hoër rentekoerse regoor die wêreld n sekerheid. Dus is ekonomiese groei vir 2008 deur die Wêreldbank van 5.0% tot 3.8% afgeskaal. Dit blyk of Japan die uitsondering is met n verwagte skerp styging in ekonomiese groei vir 2008 tot meer as 3.0% van byna zero in 2007. Dus word dit verwag dat die Nikkei-indeks verder skerp sal styg. Bladsy 1 van 6

Figuur 1: Die verskil in prestasie van die JSE hulpbron 20 en finansiële indekse Plaaslik duur die skewe prestasie binne die JSE voort (sien Figuur 1). Die skerp stygings in kommoditeitspryse, veral platinum, steenkool, ystererts en sagte kommoditeite verhoog die hulpbron 20 indeks byna op n daaglikse basis (27.91% styging vir die jaar tot datum) teenoor die daling in die finansiële indeks (22.3% laer vir die jaar). In hierdie opsig het die ALSI met net meer as 7% sedert die begin van die jaar tot en met die sluiting op Vrydag, 13 Junie 2008 gestyg. Maar die volatiliteit blyk uit die afwaartse beweging van 14.75% op 22 Mei tot 5.1% op 6 Junie. Die fundamentele drywers van die aandele-, effekte, geld- en eiendomsmarkte in Suid-Afrika is die twee wanbalanse, naamlik steeds stygende inflasiekoers en die eskalasie in die lopenderekening-tekort. Dit word verwag dat inflasie-x die 12% vlak teen Augustus sal bereik byna dubbeld die 6.3% van Augustus 2007. Dieselfde met die lopenderekening-tekort wat as % van BBP van 6.9% in die eerste kwartaal van 2007 tot 9.0% in die eerste kwartaal van 2008 gestyg het (sien die Ekonomiese Ontleding). Hierdie twee wanbalanse, tesame met die internasionale olieprys, VSA sub-prima probleme, $/Euro wisselkoers en wêreldinflasie sal die beweging in aandelepryse vir die res van die jaar domineer. TEGNIESE ONTLEDING Die Top 40 indeks het in Mei aansienlik verswak en die opwaartse neigingslyn is gebreek. Die indeks het begin om n klassieke kop en skouers formasie te vorm, wat daarop dui dat n ommekeer in die mark gaan plaasvind. Soos blyk uit die grafiek, word die regterskouer gevorm. Indien dit gebeur en die Top 40 indeks breek deur die neklyn van 28650 punte, sal die indeks met sowat 10% tot 15% van sy huidige vlak daal tot 25550 punte. Bladsy 2 van 6

Figuur 2: TOP 40 Indeks FTSE/JSE Africa Top 40 (29,181.70, 29,632.00, 29,043.80, 29,546.70, +365.000) Head 32000 31500 LS RS???? 31000 30500 30000 29500 29000 O Neckline 28500 28000 27500 27000 26500 26000 25500 25000 24500 24000 23500 23000 22500 22000 21500 21000 12 ber 19 26 3 10 18 24 7 December 2008 14 21 28 4 11 February 18 25 3 10 March 17 25 31 7 April 14 21 29 12 19 26 2 9 17 23 30 7 14 21 28 4 May June July Au EKONOMIESE ONTLEDING INTERNASIONAAL Skerp stygende inflasieverwagtings wat hoofsaaklik deur hoë oliepryse gedryf is ($139 per vat in Junie van $65 per vat n jaar tevore) oorheers die wêreldtoneel. Om die stygende olie- en voedselgedrewe inflasie teen te werk, word rentekoerse wêreldwyd verhoog. Weens die negatiewe impak van hierdie verwikkelinge op verbruikers, word betogings teen die hoë olieprys regoor die wêreld gehou. Gevolglik is n Internasionale Olieberaad op 22 Junie gehou, waar die hoofboodskap was dat vraag steeds die produksie oorskry. Alhoewel die BRIC lande n voortdurende impak op die wêreldekonomie het, is dit die ontwikkelings in die Verenigde State (VSA) wat wêreld-ekonomiese tendense bepaal. Die hoofoptreders is stygende inflasie en n teer verbruikersgedrewe ekonomie. Die VSA penarie is dat dit inflasie moet teenwerk, maar kan dit nie doen met hoër rentekoerse nie, omdat dit ekonomiese groeivooruitsigte selfs verder sal demp. Gevolglik gebruik die regering en sentrale bank hul oorredingsvermoë tydens toesprake om die dollar te probeer verstewig. Die doel is dat n sterker dollar invoerpryse (veral olie) verlaag wat dan inflasie so kan beperk. Huidige ramings van die Internasionale Monetêre Fonds dui daarop dat die swakker dollar verantwoordelik is vir sowat een-derde in die styging van die olieprys. Bladsy 3 van 6

Figuur 3 Olieprys styg soos die dollar verswak $180 $1.8 $160 $140 $/E wisselkoers $1.6 $1.4 $120 $1.2 $100 $1.0 $80 $0.8 $60 $40 Olieprys $0.6 $0.4 $20 $0.2 $0 14/05/2008 20/02/2008 28/11/2007 05/09/2007 13/06/2007 21/03/2007 27/12/2006 04/10/2006 12/07/2006 19/04/2006 25/01/2006 02/11/2005 10/08/2005 18/05/2005 23/02/2005 01/12/2004 08/09/2004 16/06/2004 24/03/2004 31/12/2003 07/10/2003 15/07/2003 22/04/2003 28/01/2003 05/11/2002 13/08/2002 21/05/2002 26/02/2002 04/12/2001 11/09/2001 19/06/2001 27/03/2001 02/01/2001 09/10/2000 17/07/2000 22/04/2000 31/01/2000 08/11/1999 16/08/1999 24/05/1999 01/03/1999 04/12/1998 11/09/1998 19/06/1998 27/03/1998 02/01/1998 $0.0 Vir die oorredingstrategie strategie om suksesvol te wees, moet die dollarversterking die ingevoerde inflasie oortref. En die verstewiging moet volhoubaar wees. In beide gevalle blyk dit hoogs onwaarskynlik te wees. Eerstens, want hoewel die dollar met 4% verstewig het sedert die begin van die oorredingstrategie n maand gelede, styg pryse vinniger (as die dollarverstewiging) in lande vanwaar die meerderheid van VSA invoere afkomstig is. Asiatiese inflasie het byvoorbeeld 7.5% in April bereik dubbel die koers van n jaar gelede. In die Midde-Ooste het inflasie van olie-uitvoerders soos Saoedi-Arabië, Oman, Qatar en Koeweit bykans verdubbel. Tweedens, n sterker dollar moet deur fundamentele faktore gedryf word. Dit is nie die geval in die VSA nie. Die handelstekort vergroot steeds, terwyl werkloosheid tot 5.5% gestyg het. Dus, totdat die fundamentele faktore op n versterkende geldeenheid dui, kan die sterker dollar van n korttermyn aard wees. SUID-AFRIKA Ekonomiese groei verlangsaam, die geldeenheid is aan t verswak, inflasie styg en rentekoerse kan verder verhoog word. Alhoewel dit genoeg rede vir pessimisme is, vorm dit deel van die ekonomiese herbalanseringspakket. Die eindresultaat sal n gesonder ekonomie wees. Bladsy 4 van 6

TABEL 2: KERN EKONOMIESE AANWYSERS Ekonomiese Aanwyser Jongste* Periode Vorige 2007 2006 Verbruikersprysinflasie (VPI) 11.1% Apr 10.6% 7.1% 4.7% Inflasieteiken (VPIX) 10.4% Apr 10.1% 6.5% 4.6% Produksieprysinflasie: (PPI) 12.4% Apr 11.8% 10.0% 7.7% M3-Geldvoorraad 21.1% Apr 21% 22.2% 22.8% Private Sektor Kredietverlening 19.6% Apr 22.6% 23.7% 24.1% Repokoers 12% Jun 11.5% 11.0 8.0 Prima koers 15.5% Apr 15% 14.5% 12.5% Ekonomiese Groei * 2.1% KW1 5.3% 5.1% 5.4% Kleinhandelverkope -1.1% Apr -0.3% 5.1% 9.6% Vervaardigingsproduksie-volume 9.8% Apr -1% 4.1% 4.8% Werkloosheid (eng definisie) 23% Sept 07 25.5% 25.5 25.6% Lopende Rekeningtekort werklike bedrag (R miljard) R41.1 KW1 R38.1 R145 R112.4 Handelstekort (R miljard) **) -R31.6 Jan-Apr R20.9 R69.3 -R68.6 Buitelandse Aankope: Aandele en Effekte (R miljard) R18.1 Jan-Apr -R22 R83.8 R107.8 Reserwes na Lopende Rekeningtekort (R miljard) R8.7 Jan-Apr R6.4 R47.8 R29.7 Netto Buitelandse Reserwes ($ miljard) $32.9 Apr $33.1 $31.3 $22.98 * Die terme periode, jongste en vorige verwys na die jaar-tot-jaar groei in die betrokke aanwyser vir onderskeidelik die jongste beskikbare en vorige maand. Ekonomiese groei verwys egter na die groei in een kwartaal na n volgende kwartaal, uitgedruk in jaarterme en aangepas vir seisoensfaktore vorige verwys dus na die groei tussen die vorige twee kwartale. Kumulatiewe syfers verwys na die totale bedrag van die begin van die jaar tot die jongste en vorige maande. Die repo- en prima koers verwys na die koers op die vorige rentekoersvergadering en jaareinde koerse. ** Die handelstekort van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens soos bo aangetoon verskil van die werklike bedrag wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik word omdat die Reserwebank ook handel na die doeane-unie insluit. EKONOMIESE GROEI Ekonomiese groeimomentum (as die ekonomie die res van die jaar in dieselfde tempo as in die eerste kwartaal groei) vir die eerste kwartaal het verlangsaam tot 2.1% vanaf 5.3% in die vierde kwartaal. n Feit wat egter deur meeste ontleders misgekyk word, is dat ekonomiese groei steeds 4% was wanneer dit met die eerste kwartaal van verlede jaar vergelyk word. Dit is n goeie prestasie in ag genome die elektrisiteitskrisis, hoër rentekoerse en stygende olie- en voedselpryse. Groeimomentum was gedryf deur die konstruksie-, handels- en finansieringsektore. Die konstruksiesektor het weer gesprankel met momentumgroei van 14.9% om 0.5% tot die groeikoers van 2.1% by te dra. Ten spyte van hoër pryse en rentekoerse, het die handelsektor n groeikoers van 3.6% aangeteken (in vergelyking met 2.1% in die vierde kwartaal), terwyl die finansiële sektor 4.9% (8.5% in die vierde kwartaal) aangeteken het. Die 12.5% groeimomentum van die landbousektor moet ook nie buite rekening gelaat word nie. Die mynbedryf se groeimomentum het gekrimp teen n koers van 22.1%, wat die land se groeikoers met 1.1% verlaag het. Vervaardiging het ook met 1% gekrimp wat die groeikoers met 0.2% verlaag het. Afgesien van die elektrisiteitskrisis, was groeimomentum ook nadelig beïnvloed deur die Paasfees publieke vakansiedae in die eerste kwartaal (dit was verlede jaar in die tweede kwartaal). Tegnies het dit produksie verlaag. Alhoewel die groeimomentum vir die tweede kwartaal deur die hoër inflasie- en rentekoerse beïnvloed word, mag dit dalk styg weens die tegniese publieke vakansie-aspekte. Bladsy 5 van 6

Aan die vraagkant het huishoudingbesteding se groeimomentum wel tot 3.3% afgeplat, maar dit was steeds meer as die groei in inkomste van 2.7%. Gevolglik het ontsparing verder gestyg tot 0.7% van besteebare inkomste. En investering se groeimomentum het versnel tot 14.7% van 14.1% af. Dit het veroorsaak dat groei in bruto binnelandse besteding 14.2% beloop het, wat die produksiegroei van 2.1% ver oorskry het en dus tot die vergroting in wanbalanse bygedra het. INFLASIE EN RENTEKOERSE Alhoewel die repokoers op 12 Junie tot 12% verhoog is en sodoende die primakoers tot 15.5% gelig het, is die einde van die stygende siklus in sig. Nog n verhoging van 50 basispunte in Augustus lyk na n uitgemaakte saak, maar dit kan die laaste koersverhoging in hierdie siklus wees. Die Monetêre Beleidskomitee het in sy verklaring sy inflasievooruitsig tot n gemiddeld van 12% in die derde kwartaal verander, waarna dit geleidelik afwaarts behoort te neig om die inflasieteikenband in die derde kwartaal van 2010 te bereik. Die elektrisiteit- en olieprysstygings sal die omvang van die inflasiestyging bepaal. Indien die regering Eskom bystaan, kan die inflasie-impak van elektrisiteitskoersverhogings beperk word. En indien oliepryse daal, sal die styging in die VPIX skerp val. Nog n faktor om fyn dop te hou, is internasionale verwikkelings in rentekoerse. Indien koerse in die EU en VSA verhoog, kan dit tot n uitvloei van portefeuljekapitaal in Suid-Afrika lei wat sal bydra tot die depresiasie van die rand. Indien die depresiasie ernstig is, sal rentekoerse dalk na Augustus verhoog moet word. LOPENDEREKENING-TEKORT Die lopenderekening-tekort het tot 9% van Bruto Binnelandse Produk (BBP) in die eerste kwartaal vergroot. Hoewel dit die grootste lopenderekening-tekort in die land se geskiedenis is, moet dit versigtig beoordeel word. Eerstens, elektrisiteitsprobleme het tot stadiger produksie bygedra, wat die BBP-groei verlaag het en dus die verhouding tussen die lopenderekening-tekort en BBP oordryf. Tweedens, kragonderbrekings het tot laer uitvoere gelei, wat die handelstekort vergroot het. Derdens, weens kleiner produksie is meer ingevoer, wat die lopenderekening-tekort vergroot het. Dus kon die lopenderekening-tekort onder normale omstandighede laer gewees het. Die lopenderekeningtekort sal egter groot bly omdat die groot infrastruktuurinvoere nou eers begin. En dit sal voortduur totdat die elektrisiteitsprobleem opgelos is en oliepryse daal of stabiel bly (omdat dit saam met masjinerie die grootste invoer-items is). Die lopenderekening-tekort sal dus n groot risiko vir die randwisselkoers, inflasie en rentekoerse bly. VOORUITSIG Laer ekonomiese groei, hoë inflasie en meer druk op rentekoerse bly die vooruitsig. Alles kan in n oomblik verander indien oliepryse na $100 per vat terugsak. Dit sal slegs gebeur indien OPUL besluit om meer olie te produseer, of indien Chinese ekonomiese groei val, wat die wêreld tot naby n ekonomiese resessie sal stuur iets wat vermy moet word. Prof Chris Harmse Johann van Tonder Tony Gustavo Hoof Ekonoom Ekonoom Senior Handelaar en Tegniese Ontleder Junie 2008 Bladsy 6 van 6