Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

Similar documents
HOëRSKOOL PORTERVILLE

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Direkte en indirekte rede *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Mandala Madness Deel 2

Tariewe

Rut: n Liefdes Verhaal

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Tariewe

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Kos vir ons skoolkatte

GEDAGTE VIR DIE DAG Die geheim om goed met n kind oor die weg te kom, is om nie sy ouers te wees nie!!

Die jaar se kaskar was

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Vinkie. Laerskool Fairland

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

Volgende Kruiner Klets verskyn op 10 Oktober 2017.

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

14/2016 Schalk Reynders HOOF

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

Sterdansers by Vensters.

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

Nelia Van der Walt. Stefan van der Walt

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Geagte Ouers / Voogde en Florries

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

Vinkie. Laerskool Fairland

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Baie geluk ook aan Me A van der Merwe en haar eggenoot, asook Mnr J Wessels en sy eggenote, wat elk 'n seuntjie ryker geword het.

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

Kerssangdiens. SA Gemeente

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

Die Hoërskool DF Malan

Mosselbaai Munisipaliteit

die ArtKat Jaar program

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Hoe om krag te spaar

SIZA takes the sting out of auditing

Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is n honger hart

Quinton Lourens HPP se wintersportspanne

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 22 nr Junie 2015

DIE POTTIEKANER BEDANK OFFICE MADE EASY VIR BORGSKAP, ONDERSTEUNING EN HUL POSITIEWE GESINDHEID. Foto: Quinton Lourens


Transcription:

Menlo Weekliks Nr. 26 15 Augustus 2018 Geagte Ouers/Voogde, HALFJAARVERSLAG VAN BEHEERLIGGAAM AAN OUERS Met die jaar nou amptelik verby die halfpad merk, doen die beheerliggaam graag verslag van werksaamhede vir die eerste deel van die jaar tot op datum. Ons kan opreg sê dit gaan goed op alle terreine van ons skoolbedrywighede. Dit beteken nie dat daar nie uitdagings is nie. Mens hoef bloot die media dop te hou om kennis te neem van die druk van buite wat veral op ons as ouers en personeel geplaas word. Die beheerliggaam in samewerking met die skoolbestuur poog steeds om pro-aktief op te tree om te verseker dat ons kwaliteit onderwys by die skool verskaf en bevorder. Die leerlingtal: Die skool groei konstant die afgelope paar jaar met hanteerbare getalle en hierdie jaar het dit gestabiliseer. Ons poog om ten alle tye te verseker dat ons maksimum leerlinggetalle behou volgens ons skool se beleid. Tot op hede kon ons daarin slaag om ons kleiner klasse - model te handhaaf met nie meer as 25 kinders in n klas nie. Met die herregistrasie van leerlinge vir 2019 is die aanduiding dat ons getalle effens gaan groei, maar binne perke. Naskoolsentrums Die skool beskik tans oor drie naskoolsentrums waarvan die een by die skool self uitgekontrakteer is. Ons naskoolsentrums is optimaal beset en die naskoolpersoneel is ook uitgebrei deur die loop van die eerste ses maande vanjaar. Personeelaangeleenthede Personeel by n skool is en bly n uitdaging aangesien personeel in departementele poste, asook in beheerliggaamposte, aangestel is. Bedankings, siek- en kraamverlof, asook departementele wetgewing en voorskrifte ten opsigte van prosedures, ensovoorts bied n bepaalde uitdaging vir personeelbestuur by n skool. Die uitgangspunt is om die minimum ontwrigting vir kinders in die klas te bewerkstellig. Al ons poste is huidiglik gevul en ons is tevrede met ons nuwe aanstellings. Geen poste is tans vakant nie, maar ons adjunkhoof is tans met kraamverlof. Geboue en terrein Die instandhouding van ons geboue en terrein bly egter van ons grootste uitdagings. Alhoewel dit alles aan die department van onderwys behoort, word geen finansiële hulp deur hulle voorsien nie. Noodsaaklike instandhouding het deurlopende aandag geniet. Al ons dakke is geseël en geverf, die grasdakke is gekam, plaveisel is op noodsaaklike plekke aangebring met braaiers wat gebou is. Ons wil graag verlede

jaar se graad 7-leerlinge bedank vir die fondse ingesamel vir sommige van die projekte. n Nuwe projek wat reeds eerskomende Maandag sal begin, is die opgradering van die skool se ingangshek by die kantoorblok. n Komitee bestaande uit drie kundige ouers het saam met die hoof die nodige ondersoeke gedoen, planne opgetrek en tenders ingewin. Die beheerliggaam het verlede week die kontrakteur aangestel. Dit sal beteken dat daar tydelik n ontwrigting by die kantoor ingang sal wees wat behoorlik bestuur sal word. Sport en kultuur In die breë gesien lewer die skool steeds besondere prestasies op sport- en kultuurgebied. Afgesien van die Suid- Afrikaanse wenners, ligawenners, distrikte wenners en provinsiale wenners wat reeds opgelewer is, is die groei in deelname n besondere prestasie waarop ons trots is. Verskeie spanne en individue het puik presteer en ons is kompeterend op alle terreine. Akademie Die akademie bly prioriteit en ontledings is gedoen wat duidelik toon dat ons reeds welbekende, hoë standaarde steeds gehandhaaf word. Ons is egter bewus van die druk op ons kinders en is besig om ons strategieë dienooreenkomstig te ontwikkel. Fondsinsamelings Dit bly ongelukkig n noodsaaklike euwel by enige skool waarsonder ons nie kan nie. Daar is vanjaar gepoog om addisionele fondsinsamelingsprojekte tot die minimum te beperk ten einde nie te veel druk op ons ouers te plaas nie. Die enkele projekte wat aangepak was, is egter met groot sukses deurgevoer. Ons wil dan ook graag dit onder julle aandag bring dat die Gemsbok Trust (wat gestig is ten bate van alle leerlinge van Laerskool Menlopark) beplan ook weer n groot wynveiling later vanjaar. Ons wil hul reeds hiervoor bedank en vra dat ons hulle ook hierin sal ondersteun. Vir meer inligting rakende die trust, skakel gerus vir Theo le Roux (083 258 0936). Beheerliggaamfunksies Die nuwe beheerliggaam het gedurende die jaar reeds n paar keer vergader ten einde sake rakende die skool te bespreek. Algemene sake soos personeelaanstellings, die instandhouding en bedryf van die skool word bespreek en finansiële bestuur en kontrole word uitgeoefen. Die dagbestuur en hoof vergader op n deurlopende grondslag. Die lede het opleiding ondergaan, n strategiese beplanningsessie is gehou en elke portefeulje het ook n strategiese plan voorberei vir die oorblywende termyn. Deel van ons strategie is om ouerinsette te verkry en u sal eersdaags n elektroniese vraelys ontvang wat u asseblief moet voltooi ten einde deel te wees van ons oplossings. Baie groete Mnr. Jannie Serfontein Voorsitter: BL Woensdag 15 Augustus 07:30 Algemene kennis 13:30 Skaak: Uitspeelwedstryde in graadverband 13:30 Skaak: Groepafrigting (gr. 1) 13:30 Junior koor: Oefening 13:45 Senior koor: Oefening 14:00 Krieket: Menlo vs Wierdapark (o/9a) tuis 14:00 Krieket: Menlo vs Wierdapark (o/9b) weg 15:00 Krieket: Oefening (o/10 en o/11) 16:30 Voortrekkers: Spanbyeenkoms tot 17:30 17:45 BevCric: o/6, o/7 en o/8 te H/s Menlopark Donderdag 16 Augustus 07:30 ISF: Toets 14:00 Hokkie: Oefening 14:00 Krieket: Menlo vs Wierdapark (o/11a) tuis 14:00 Krieket: Menlo vs Wierdapark (o/10a) weg 14:00 Krieket: Oefening (o/9) 15:30 Krieket: Oefening (o/12 en o/13) 18:00 MenlynWood Sekuriteitsvergadering in saal Redenaars: ATKV Nasionale deelname Vrydag 17 Augustus 13:00 Noord-Gauteng Ekspo - senior tot 20:00 13:00 Hokkie: Liga 14:00 Krieket: Menlo vs Anton van Wouw (o/12a) tuis 14:00 Krieket: Menlo vs Wierdapark (o/11b) tuis 14:00 Krieket: Menlo vs Wierdaprk (o/10b) weg 14:00 Voortrekkers: GGA/GGN Impala Voortrekkers: GGA/GGN Wapadrand Redenaars: ATKV Nasionale deelname Saterdag 18 Augustus 08:00 Algemene kennis: Super 12 te Laerskool Constantiapark 08:00 Noord-Gauteng Ekspo senior tot 16:00 08:00 Hokkie: Liga 08:00 Voortrekkers: GGA/GGN Impala 08:00 Voortrekkers: GGA/GGN Wapadrand 08:00 Landloop: AGN-kampioenskappe te H/s Eldoraigne Sutherlands Sondag 19 Augustus 08:00 Voortrekkers: GGA/GGN Impala 08:00 Voortrekkers: GGA/GGN - Wapadrand Maandag 20 Augustus 07:30 Gr. 6 vertrek op avontuurkamp tot 24/08 13:30 Junior koor: Oefening 13:30 Skaak: Groepafrigting (gr. 2 gr. 7) 13:30 Krieket: Oefening (o/7) 13:45 Krieket: Oefening (o/8) 14:00 Krieket: Menlo vs Anton van Wouw (o/13b) weg 14:00 Tennis: Ligawedstryde 14:00 Hokkie: Oefening 14:00 Netbal: Alg. Jaarverg. te H/s Menlopark 14:30 Krieket: Oefening (o/10 en o/11) 16:00 Krieket: Oefening (o/12a en o/13a)

17:00 Senior koor: Oefening tot 19:00 17:30 Bybelvasvra 2de rondte Rapportryerskompetisie by L/s Die Poort Dinsdag 21 Augustus 13:45 Tennis: Oefening (gr. R- en gr. 1-seuns) tot 14:15 14:00 Hokkie: Oefening 14:00 Krieket: Menlo vs Anton van Wouw (o/13a) weg 14:00 Krieket: Oefening (o/9) 14:15 Tennis: Oefening (gr. R- en gr. 1-dogters) tot 14:45 14:45 Tennis: Oefening (gr. 2- en gr. 3-seuns) tot 15:15 15:15 Tennis: Oefening (gr. 2- en gr. 3-dogters) tot 15:45 Woensdag 22 Augustus 13:30 Junior koor: Oefening 13:30 Skaak: Uitspeelwedstryde in graadverband 13:30 Skaak: Groepafrigting (gr. 1) 13:30 Kultuurweek: Vergadering 13:34 Senior koor: GEEN OEFENING NIE 14:00 Hokkie: Oefening 14:00 Krieket: Menlo vs Anton van Wouw (o/9a) weg 14:00 Krieket: Menlo vs Anton van Wouw (o/9b) tuis 15:00 Krieket: Oefening (o/10 en o/11) 16:30 Voortrekkers: spanbyeenkoms tot 17:30 17:45 BevCric: o/6 en o/7 te H/s Menlopark 17:45 BevCric: o/8 te L/s Menlopark Spur. Daar moet sommer n massa van groen Laerskool Menloparkies wees. Moenie dit mis nie! Nog n datum wat onthou moet word is 7 September. Dis die aand van kuier, eet en vermaak. Koop julle kaartjies en kom geniet jou vriende se geselskap! Pak vir die kinders n piekniekmandjie of ondersteun die kosstalletjies! Daar is baie om van te kies en te keur. Die volwasse toegangskaartjie sluit n ete (potjiekos) in. Bring net eie eetgerei, stoele en drinkgoedjies asook n lekker kuier vibe saam. GEMSBOKFEES KUIER-AAND 7 SEPTEMBER 2018 Na die langnaweek is elkeen se battery sommer vol gelaai. Welkom terug! Daar was geringe aktiwiteite wat plaasgevind het. Ek het wel die volgende ontvang: Wiskunde: Ruben Steenberg presteer tydens die Mental Mathematics Challenge. XY-trots! Redenaars ATKV: Marinus Venter (gr. 3), neem Donderdag aan die ATKV Nasionale finale wat by Rustenburg plaasvind, deel. Ons hou styf duim vas! Die week het Lone Hawk Spur ons wel verras enige leerling wat in Laerskool Menlopark drag geklee is, kan n gratis ete geniet. Die promosie behels een gratis ete per kind wat gepaard gaan met een volwasse maaltyd wat betaal word. Die promosie is van toepassing op Dinsdag 14/08, Woensdag 15/08 en Donderdag 16/08. Ek is seker ons kan die Spur se naam verander in die drie dae na die Laerskool Menlopark Alle aktiwiteite vind op die A-rugbyveld plaas. Parkering: Gratis op die B-veld, asook parkering op die sypaadjie voor die skool. (Daar sal wel karwagte op diens wees). Ingangshekke: Slegs 2 hekke: Langs die snoepie en B- veld. TYD: 17:00 tot laat WAT SLUIT JOU KAARTJIE VAN R120 IN? Toegang Potjiekos (18:30 21:00 beskikbaar). Musiekoptrede met Wicus Botma, Higgo van Biljon en ander. n Lui-lekker kuier saam met jou mense. Ronddwaal by die markstalletjies.

WAT SLUIT KINDERS SE KAARTJIES van R60 IN? Toegang Spring, speel, klim en klouter en nog vele meer. Daar is ook ponieritte beskikbaar. Musiekoptrede. Bring jou eie piekniekmandjie of ondersteun die kosstalletjies. MOET EK EKSTRA GELD BRING? JA! Markstalletjies. Koffiestalletjie. WAT MOET EK SAAMBRING? Eie drinkgoed. Piekniekmandjies vir kinders. Eetgerei. Opvoustoele. Jou partytjie skoene en n lekker vibe! SIEN JULLE DAAR! Net n groot dankie vir almal, ouers en leerlinge, se deelname aan al ons aktiwiteite by ons mooi skool. Laerskool Menlopark se ouerkorps maak ons sukses! Net weer ons mooi taal met sy uitdrukkings om te onthou: Hy het by pakke gesit hy het moed verloor. Jy kan nie vye van dissels pluk nie..dis onwaarskynlik dat daar uit iets slegs iets goeds te voorskyn sal kom. Hy is net n doeniet hy is uiters lui. Hy kou sommer hout hy mors tyd. Gedagte vir die week: Met vrouedag wat verby is het ek sommer gedink om iets vir elkeen te gee om na te dink: Vandag gaan ek dankbaar wees vir die oorvol wasgoedmandjie met vuil jeans en sokkies, skoolklere en hemde met af knope, want daar gaan n dag aanbreek wat dieselfde wasgoedmandjie gaan leeg wees Tot n volgende keer! Mnr. F. van Biljon MENLO-HET-TALENT Baie dankie vir almal se inskrywings vir die kultuurweek. Ons sien uit na n opwindende tydjie wat voorlê. Die name van die leerders wat aan die kultuurweek gaan deelneem, sal teen die Mediasentrum se aansteekbord vasgesteek word. Neem asb. kennis van wanneer u kind gaan deelneem. Wees asb. 10 minute voor die tyd reeds gereed in die betrokke lokaal. Kunswerke moet asb. teen 10 September ingehandig word by juffrou Coetzer. Program vir die Kultuurweek MENLO-HET-TALENT Wanneer Waar Wat Hoe laat? Dinsdag Saal Drama 14:00 4 September Dinsdag 4 September Juffrou Joanita se klas Klavier 14:00 Woensdag 5 September Woensdag 5 September Donderdag 6 September Dinsdag 11 September Saal Dans Individueel Juffrou Joanita se klas Juffrou Susan se klas Dans Groepe Ander instrumente: Tjello Blokfluit Kitaar Ander 14:00 14:30 14:00 14:15 14:30 Tromme 14:00 Saal Kuns 08:00 Juffrou Susan se klas Sang Klassiek Kontemporêr 14:00 14:30 Kultuurkomitee

SPESIALE TOEKENNINGS: English Speech Festival The annual English Speech Festival was held on Wednesday 8 August 2018. One hundred and fifty three pupils, ranging from grade R to grade 7, participated in the following categories: individual poetry, group poetry, sight reading and unprepared speech. Eleven pupils took part in two categories. The following certificates were awarded: 1 red, 6 silver, 19 silver+, 85 gold, 46 gold+ and 7 gold++ The adjudicators were impressed with the high standard of English at the school and the way in which the pupils handled themselves with self-confidence and poise. Congratulations to all the pupils who participated. We are proud of your outstanding achievements. A special word of thanks to Ms Isabel Breet who organised the event as well as the teachers and students who helped on the day. UITSLAE JUNIOR WETENSKAP EKSPO Ons leerlinge het verlede Woensdag 8 Augustus deelgeneem aan die Junior Wetenskap Ekspo wat plaasgevind het by Maragon Privaat Skool vanaf 08:00 tot 16:00 uur. Die uitslae was as volg: 1. Die Wetenskap Ekspo Afdeling: 5 Leerlinge het aan hierdie afdeling deelgeneem: Ons het 1 goud en 4 silwer toekennings asook 3 spesiale toekennings in hierdie afdeling ontvang. SILWER TOEKENNING David de Lange Annabel van Niekerk Marlene Kruger Cari Billman GOUE TOEKENNING: Mika Groenewald Cari Billman ontvang n spesiale prys van R300 vir die projek met die beste Afrikaanse Taalversorging. Mika Groenewald ontvang twee spesiale toekenning vir die beste gr. 6-projek, R200, en daarmee dring sy dan ook deur na die Nasionale Wetenskap Ekspo wat op 4 en 5 Desember plaasvind. Ons het ook 15 leerlinge gehad wat deelgeneem het aan: 2. Wetenskap Meganiese Kunsprojekte: In hierdie afdeling het ons net so goed gedoen. Ons het 5 goue toekennings, 7 silwer, 2 brons en 1 ystertoekenning ontvang. Ons het ook twee spesiale toekennings ontvang. YSTER: Lente Swanepoel BRONS: André Burger Elzette Fouché SILWER: Luzé Niemand Nina Davel Emike Sciocatti Mia van Dyk Christian Gous Danielle Hogg Nina Schomper GOUD Nadine Kruger Stephen Adams Carli van Wyk Paul Kotze Jenna M Macklin SPESIALE TOEKENNINGS Nadine Kruger wat slegs in gr. 1 is, se projek word aangewys as die beste projek in die gr. 1- tot 3-afdeling. Jenna-Marique Macklin se projek word aangewys as die beste projek in gr. 4 tot 6. Hulle ontvang die Menlyn-prys. Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het. Julle het Menlopark se naam hoog gehou. Dankie aan al ons ouers wat ons bygestaan en gehelp het. Me. I. Davis (Organiseerder)

Ons is tans besig om voor te berei vir Gauteng-Noord kampioenskappe op Saterdag 18 Augustus. Oefentye word nou per groep gekommunikeer. Na afloop van Saterdag se kampioenskappe gaan ons slegs oefen met die atlete wat n top 20-plek behaal het ter voorbereiding vir SA s te Port Elizabeth op 8 September. Baie sterkte vir die laaste deel van die seisoen! Ons sweet nie verniet nie! Landloopgroete Me. A. Middel Liga-uitslag vir Maandag 13 Augustus 2018 Seuns: Oop liga: 1ste span: wen Hennopspark 28 vs 26 2de span: loslootjie 3de span: verloor teen Lynnwood 26 vs 29 o/11-liga: A-span: uitgestel B-span verloor teen Lynnwood 16 vs 39 C-span: verloor teen Duitse skool 16 vs 27 D-span: verloor teen St. Paulus 10 vs 33 Dogters: Oop liga: 1ste span verloor teen Tygerpoort 15 vs 40 Sterkte vir die volgende atlete wat Saterdag aan die Gauteng- Noord kampioenskappe deelneem by H/s Eldoraigne: Alé Theron Zoé van Staden Heike Swart Annerike Heyneke Leandri Botha Megan Fourie Zanèl van Breda Mika Loots Maya van Greunen Klarissa Engelbrech Mia Slippers Lisa Kleyn Carli McDonald Sebastian Conradie Righard Terblanche Victor Wentzel Tobie Loots Reinhardt Snyman Hanru Kruger Anrich Mörs Wihan Velloen Ewan Postma Stefan van Niekerk o/11-liga: A-span wen Tygerpoort 24 vs 19 Me. D. Klopper Me. A. Middel

Lees alle inligting wat vervat is op die bestelvorm noukeurig deur om die proses van elkeen se bestelling korrek te ontvang.