Vinkie. Laerskool Fairland. In liefdevolle herinnering Louise le Roux 1 Februarie April 2015

Similar documents
Vinkie. Laerskool Fairland

Vinkie. Laerskool Fairland

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 22 nr Junie 2015

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr April 2016

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Marketstraat 145, Fairland /2 Jaargang 23 nr Mei 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Vinkie. Laerskool Fairland

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Vinkie. Laerskool Fairland

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Direkte en indirekte rede *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Rut: n Liefdes Verhaal

Mandala Madness Deel 2

Marketstraat 145, Fairland (011) /2 Jaargang 24 Nr November 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR. Mnr.

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Tariewe

HOëRSKOOL PORTERVILLE

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Laerskool Voorpos. Saalopening. 31 Julie 2017

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Vrydag, 1 Desember Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks: Revue 2018

Nuusbrief 22 Vrydag, 22 Julie Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Nuusbrief 25 Vrydag, 12 Augustus Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

UIT DIE HOOF SE KANTOOR BELANGRIKE DATUMS VAN DIE BEHEERLIGGAAM

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Tariewe

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Nuusbrief 13 Vrydag, 22 April Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Kos vir ons skoolkatte

Soos n skeermes in die hand van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas. (CJ Langenhoven)

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARY! VALUE FOR TERM 4 - FAIRNESS

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Menlo Weekliks Nr Augustus 2018

UITGAWE 24 VAN 12 AUGUSTUS 2016 EDITION 24 OF THE 12 TH OF AUGUST 2016

Die jaar se kaskar was

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

NUUSTAK 18/ Mei tot 6 Junie 2018

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ONTHOU!!! VERKIESING VAN OUERS VAN LEERDERS OM OP DIE BEHEERLIGGAAM TE DIEN. DATUM : 14 MAART 2018 TYD: 19:00 PLEK : SKOOLSAAL KWORUM : 201 OUERS

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HSH - WE DO ORDINARY EXTRA-ORDINARILY! VALUE FOR TERM 1 WE ARE A FAMILY!

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is n honger hart

Die Randjie-danssterre het gedurende die Junie-vakansie aan die Gauteng Kampioenskappe in Durban deelgeneem.

HOËRSKOOL INHOUD UITGAWE 8/2018 DURBIES HAAL BOLAND WISKUNDESPANNE DURBIES PRESTEER BY VASVRA DURBIES ORKESTE PRESTEER BY EISTEDDFOD

THE LAST STRETCH Kwartaal 4 Uitgawe 1 Oktober 2018

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Finansies / Finances

Nuusbrief 20/2014 Webblad:

Volwassenheid begin in jou groei as jy die dag opmerk dat n ander se belang vir jou belangriker geword het as jou eie. (James MacNaughton)


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: /6181 Faks:

Die Hoërskool DF Malan

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Uit Moerdijk se pen Man en Media

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

make your dream a reality

INSKRYWINGSVORM

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2017 GRAAD 5 7 KAMP

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Baie geluk ook aan Me A van der Merwe en haar eggenoot, asook Mnr J Wessels en sy eggenote, wat elk 'n seuntjie ryker geword het.

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

Stellenberg IN THIS ISSUE. SR-terugblik. Junior Ball. U/12 Hockey. Stellenberg High School Newsletter 6/2018 August 2018

Volgende Kruiner Klets verskyn op 10 Oktober 2017.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Hoërskool Bellville BELANGRIKE DATUMS: BINNE HIERDIE UITGAWE. Volume 1, Uitgawe 11/01

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Sterdansers by Vensters.

WOUWTJIENUUS. Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 8 9 Maart 2018

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Mnr en Mej HSH Hopefield by Artscape Sporttoere en meer binne...

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Geagte Ouers / Voogde en Florries

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Kerssangdiens. SA Gemeente

22 Mei Leraar: Dr. Christo Naude ( ) Kerkkantoor: / Posbus 1648, Pinegowrie, 2123

19/2016. Hannaliza Fechter Direkteur: Bemarking & Skakeling

Prospektus 2017/2018 Laerskool Fairland

14/2016 Schalk Reynders HOOF

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Knowing from the start that this is what you re after, is always a great way to begin.

Edgehog

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Transcription:

Vinkie Laerskool Fairland Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 10 16 Maart 2015 In liefdevolle herinnering Louise le Roux 1 Februarie 1957 3 April 2015 BELANGRIKE DATUMS 17 19 April Netbal: Raloka (o/10- tot o/13-spanne) 20 April Oueraand: Gr. R- tot gr. 7-leerders (17:00 18:30) 20 21 April Gr. R-boekuitstalling 21 April Gr. R- en gr. 1-2016: Aansoeke word ingehandig in lapa vanaf 06:00 22 April ATKV-leesprojek: Sluitingsdatum 23 25 April Juniortennis: Truida Kestelltoernooi (Bethlehem) 18 22 Mei Kultuurfees 26 Mei Laerskool Fairland Gholfdag Randpark Gholfklub UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom terug aan een en almal. Ons wens die leerders, ouers en personeel n aangename kwartaal toe. Personalia Dit is met leedwese wat ons verneem het van ons geliefde kollega, Louise le Roux, wat op 3 April na n lang siekbed oorlede is. Haar afsterwe is vir die leerders en personeel in groot verlies en laat n reuse leemte. Ons betuig hiermee ons innige meegevoel met Servaas, Tannie Issie, Elané en Pieter. Mag God se hand julle vertroos. Louise, jou nalatenskap is onuitwisbaar. Jou lekker gesels en spontane vriendelikheid sal ons bybly en deur die moeilike tyd dra. Ons sê welkom terug aan Elize Oosthuizen wat ook n draai in die hospitaal gemaak het. Elize, ons is baie bly jy is perdfris en reg vir die besige kwartaal. Ons dink steeds aan Erika Joubert waar haar pa baie ernstig siek is, ook Verna van Greunen en Hendrik Eloff wat nog aansterk. Wintersdrag Ons beskou die tydperk tot einde April as n oorgangstydperk en dus kan die leerders somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf 4 Mei is wintersdrag verpligtend. Let asb. daarop dat die dogters se groen langbroeke stelselmatig met grys langbroeke vervang word. (Oorgangstydperk van n jaar.) Die leweransiers het die grys langbroeke in voorraad.

Oueraand Die oueraand vind eerskomende Maandag vanaf 17:00 18:30 plaas. Die gr. R- tot gr. 7-personeel kan in registerklasse gespreek word. Gr. R- en gr. 1-aansoeke: 2016 Die aansoekvorms vir gr. R- en gr. 1-inskrywings vir 2016 is op die skool se webtuiste asook die School Communicator. Maak asb. seker dat u kyk na kriteria asook prosedure van aansoek. Die aansoekproses werk soos volg: * Vanaf 13 April kan ouers vorms van die webtuiste aftrek (www.lsfairland.co.za) asook die School Communicator. * Op 21 April vanaf 06:00 kan vorms by Karén Reyneke in die Lapa, Laerskool Fairland ingehandig word. Alle aansoekvorms moet per hand en persoonlik deur die ouers of voog ingehandig word. E-posse of fakse kan gestuur word, maar aansoeke per hand ingehandig geniet voorkeur! Uitstaande dokumentasie: Indien al die nodige dokumentasie nie u aansoek vergesel nie, ontvang u n tydelike nommer wat geldig is vir 2 weke waarna u aansoek sal verval en die proses van vooraf moet begin. Ouers met leerders reeds in Laerskool Fairland MOET hierdie proses volg en nie dit as vanselfsprekend aanvaar dat u kind plek gaan hê in Laerskool Fairland nie! * Die leerder sal dan onmiddellik op die A-lys, A-waglys, of B-lys geplaas word en n nommer sal toegeken word. LET WEL: Hierdie is slegs vir gr. R- en gr. 1-leerders vir 2016. Die huidige gr. 1- tot gr. 6-leerders sal binnekort herregistrasievorms ontvang. Toere Baie dankie aan al die leerders en ouers wat die afgelope vakansie die onderskeie toere bygewoon en ondersteun het. Die leerders het Laerskool Fairland se naam hoog gehou. n Spesiale dankie aan al die personeel wat die leerders op dié toere vergesel het. Naskoolsentrum Baie dankie aan al die personeel wat tydens die vakansie ons naskoolleerders so mooi opgepas het. Dit word opreg waardeer. Tennis Ons tennisspelers presteer puik. Baie geluk aan Mieke van Deventer met haar besondere prestasie en ook aan Megan Basson wat gekies is vir die SA-span. Hierdie is n baie besondere prestasie! Van die personeel Mnr. Goosen, baie welkom terug. Die kwartaal het met n spoed weggespring en ons sien uit om die pad saam met jou te loop. VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat verjaar: Joseph Ncube 22 April Karen Brits 23 April Ons glo en vertrou dat julle nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees. VAN DIE BEHEERLIGGAAM Op die beheerliggaamvergadering van 24 Maart is die volgende portefeuljes toegeken: Verkose lede: Voorsitter & Norm - Chris Dirks Ondervoorsitter - Retief Swart Tesourier - Estra Bester Sekretaresse - Karén Reyneke Regsake - Johan Kilian Inligtingstegnologie - Riaan Graham Sport- en kultuurontwikkeling en Sosiale Verantwoordelikhede - Schalk Aucamp Hoof - Willie Goosen Personeel en Skoolsake - Bettie Viljoen Akademie: Gr. 4 gr. 7 - Servaas Nel Akademie: Gr. R gr. 3 - Marilet Vosloo Gekoöpteerde lede: Fondsinsameling - Johan Nel Kommunikasie en Ouerbetrokkenheid - Maritza Rothmann Dissipline - Ebbe le Roux Laerskool Fairland Gholfdag 26 Mei 2015 Ons herinner graag ons ouers aan hierdie dag. Inskrywingsvorms asook verdere inligting is op die School Communicator beskikbaar. REDAKSIE Louise Ek plant vir jou n boom vriendin, Ek plant vir jou n eik. Daar s kringe om die maan vriendin Om naglig te verbleik. Die swaarste tak wat opwaarts streef Lei jou Hiernamaals heen Waar jy as engelgunst ling leef Wyl al benede ween. 2

Ek sien jou blink gelaat kyk neer In deernis op elkander En weet dat jy nou eers waardeer Hoeveel ons moet verander. Ek plant vir jou n eik vriendin En draai n lint daarom, Gee Lewenswater elke dag Totdat jy weer hier kom. Ons gaan jou vreeslik mis. Erika AKADEMIE Die eksamenrooster sal binnekort in die Vinkie geplaas word. KULTUUR 19 EN 20 MEI 2015 DIS SPIEKERIES: talentfees MAPSTIEKS MARK KOOKPOT KOKKIES KUNSWERF KUNSKOMPETISIE Hou asb. hierdie datums oop vir n heerlike kultuurfees wat bogenoemde aktiwiteite, sowel as die FAIRLAND KOORFEES OP 22 MEI in die Weltevreden NG Kerk insluit. Oefentye vir Talentfees-deelnemers: Donderdae 18:00-19:00 SENIORKOOR Oefeninge: Dinsdae 17:00 tot 19:00 in die saal. Die seniorkoor het baie belangrike optredes wat hierdie kwartaal voorlê. Almal moet asb. die oefeninge bywoon. Skriftelike verskonings moet ingehandig word indien oefeninge nie bygewoon kan word nie. Belangrike datums vir die kwartaal: 15 Mei- Sing in Harmonie 22 Mei Fairland Koorfees Teken solank hierdie datums op die kalender aan. JUNIORKOOR Oefentye Donderdae 14:00-15:30 Let wel: Geen ouers mag oefeninge bywoon nie en moet asb. buite die lokaal vir hulle kinders wag. Ons vra julle samewerking in die verband. Juf. Erika NEA Young Performer Awards 2015 Kwarteindrondte: 14 18 April Halfeindrondte: 05 08 Mei Eindrondte: 16 Mei Koste: R360 per inskrywing (1 deelnemer) R380 per inskrywing (2-5 deelnemers) R530 per inskrywing (6 of meer deelnemers) Inskrywings het nou gesluit. National Eisteddfod Academy Young Performer Awards UITSLAE - Eerste rondte 2015 Die volgende leerders verwerf almal sertifikate vir hul optredes/deelnames: Graad 1 Niel Marais Graad 2 Jessica Janse van Rensburg Josiah Stroh Graad 3 Justine Coulter Ané Noëth Graad 4 Jarik Engelbrecht Jessica Goosen Mia Marais Graad 5 Adam Botha Afrikaans redenaars: oorredingstoespraak Musiek: sangsolo (kontemporêr) Afrikaans poësie: limeriek Afrikaans komiese monoloog Afrikaans redenaars: oorredingstoespraak Afrikaans dramatiese monoloog Afrikaans verhalende prosa 3

Maria Prinsloo Juan Schoeman Graad 6 Michél Croucamp Sancia Engelbrecht Layla Flockhart Zoë Franck Chloë Morrow Kyla Saayman Lize-li Smit Mathilda Steyn Danièle van der Merwe Nadia van Niekerk Graad 7 Chadé Fourie English narrative prose English comic monologue Musiek: sangsolo (kontemporêr) Afrikaans verhalende prosa Dans: Spaanse dans, solo Afrikaans liriese poësie Beweging-en mimiekteater: voorbereide mimiek Afrikaans komiese monoloog English comic monologue English dramatic monologue Musiek: sangsolo (popmusiek) English comic monologue (x2) Afrikaans komiese monoloog Afrikaans verhalende prosa Afrikaans redenaars: oorredingstoespraak Beweging-en mimiekteater: voorbereide mimiek Afrikaans redenaars: oorredingstoespraak Afrikaans verhalende prosa English comic monologue English lyric poetry Musiek: sangsolo (popmusiek) English lyric poetry (x2) REDENAARS Die eerste ronde van die ATKV is verby en ons is trots om te sê dat 5 van ons sprekers deurdring na die tweede ronde wat op 23 Mei by die Vaaldriehoek-kampus sal plaasvind. Die 5 sprekers is: André van Graan Adam Botha Dané Taljaard Jean-Mari Engelbrecht Pieter le Roux Baie geluk aan elkeen van julle. Ons pronk behoorlik van trots! 4 SPORT KAAPTOER: 19 23 Julie Spanne wat saamtoer is soos volg: 1ste rugby-, netbal- en hokkiespanne (hokkieseuns en -dogters) Tennis: Seniorseuns en dogters A-spanne NETBAL George-toer Poel A-wedstryde: Fairland vs Wierdapark 7-19 (verloor) Fairland vs Van Riebeeckpark 18-9 (wen) Fairland vs Middelburg 14-15 (verloor) Fairland vs Vastrap 10-17 (verloor) Fairland vs Constantiapark 11-18 (verloor) Fairland vs Randhart 25-13 (wen) Uitspeelwedstryde: Fairland vs Orion 18-12 (wen) Fairland vs Midstream 8-15 (verloor) Fairland vs Tygerpoort 12-16 (verloor) Fairland vs Midstream 12-15 (verloor die finaal vir plek) o/13-netbalspan eindig 10de uit 16 skole. Proewe Die volgende dogters is deur na die streekproewe: o/12 - Mathilda Steyn Stephanie van der Merwe o/13 - Lenka van Dyk Lana Gouws Lené van Heerden Megan Starbuck Megan Basson Amica Human Belangrike datums: 17 19 April (A- tot D-spanne) o/10 o/13 Raloka 9 Mei o/9a-d- o/13a-d-spanne Trinitytoernooi D10-ligadatums (D-spanne): Neem asb. kennis dat hierdie datums slegs voorlopig is en dat dit kan verander. Geen verdere inligting is nog beskikbaar nie. 22 April 29 April 6 Mei 13 Mei 20 Mei 27 Mei Jomo-liga (A- tot C-spanne): 21 April Roodekrans (weg) 23 April Kenmare (tuis) - gaan heelwaarskynlik verander 30 April Fontainebleau (weg) - gaan heelwaarskynlik verander 6 Mei Louw Geldenhuys (weg) 12 Mei Helderkruin (weg) 21 Mei Bryanston (tuis)

Oefentye: 1ste sessie 13:35 14:10 2de sessie 14:15 15:30 3de sessie 15:30 16:45 1ste sessie 13:05 13:50 2de sessie 13:50 15:05 MAANDAE Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerblad Klein teerblad o/6 o/8 mini-netbal o/13a&b o/10a&b o/9c&d (deel met E&F op kleinteerblad) o/13c&d (tot 16:00 - skuif dan na teerblad) o/11c&d (tot 16:00 - skuif dan na teerblad) o/9a&b o/10c&d o/11a&b o/9e&f (deel met C&D op Baan 3) o/12a&b o/12c&d DINSDAE Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerblad Klein teerblad o/6 o/8 mini-netbal o/13a&b o/10a&b o/9e&f (deel met C&D op klein teerblad) o/9a&b o/10c&d o/11a&b o/9c&d (deel met E&F op klein teerblad) 15:05 16:20 o/13c&d o/11c&d o/12a&b o/12c&d WOENSDAE Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerblad Klein teerblad 1ste sessie o/6 o/8 mini-netbal 13:05 13:50 2de sessie 13:50 15:05 o/13a&b o/10a&b o/9c&d (deel met E&F op klein teerblad) o/9a&b o/10c&d o/11a&b o/9e&f (deel met C&D op klein teerblad) 15:05 16:20 o/13c&d o/12a&b o/12c&d o/11c&d Mini-netbal Oefentye: Maandae: 13:35 14:10 Dinsdae en Woensdae: 13:05 13:50 o/9-toernooi Elke week speel 2 spanne by elk van die volgende skole: (volledige inligting volg later) 22 April; 6 Mei; 20 Mei; 3 Junie Fontainebleau, TrinityHouse, Little Falls en Curro Aurora o/6- tot o/8-toernooi Al hierdie wedstryde vind by Laerskool Unika plaas. 7 Mei; 13 Mei; 21 Mei Lillian Fouché RUGBY Trinityhouse Rugby Festival 07 Mei 18:50 19:50 Fairland 1ste vs DPHS Newlands A 08 Mei 08:30 09:30 Fairland 1ste vs Merchiston Newlands A 09 Mei 08:00 08:40 Fairland o/10a vs TrinityHouse Newlands A Fairland o/9a vs TrinityHouse Kingspark A 08:45 09:25 Fairland o/11a vs TrinityHouse Newlands A Fairland o/10b vs TrinityHouse Kingspark A 5 09:30 10:10 Fairland 2de vs TrinityHouse Newlands A Fairland o/9b vs TrinityHouse Kingspark A 10:15 11:15 Fairland o/11b vs TrinityHouse Kingspark A 11:20 12:20 Fairland 3de vs TrinityHouse Kingspark A 13:00 14:00 Fairland 1ste vs Rondebosch Newlands A TAU-spanne (o/7- & o/8-spanne gaan ook aan bogenoemde toernooi deelneem. Inligting volg later.) Oefentye: MAANDAG o/7 o/8 o/9a&b o/8a o/10a&b 3de, 4de o/11a&b Konka-toer: Uitslae o/10 vs Genl. Alberts wen 40 0 vs Pietersburg verloor 7 19 vs Curro Aurora, Hazeldene verloor 5 10 vs Bryanston Parallel verloor 5 0 o/11 vs Genl. Hendrik Schoeman wen 19 5 vs Thabazimbi gelykop 10 10 vs Constantia verloor 20 15 vs Jan van Riebeeck wen 7 0 1ste vs Proteapark wen 31 10 vs Pietersburg-Suid wen 37 5 vs Mooirivier wen 22 0 vs Bastion wen 15 12 Eerste span is ook algehele wenners van die toernooi. TAU-Rugby Die TAU-rugbytoernooi vind by Laerskool Unika plaas en wel op die volgende dae: 7 Mei 13 Mei 21 Mei 1 e, 2de 13:35-14:10 B-veld A-veld 14:10 15:10 B-veld A-veld 15:10 16:10 B-veld A-veld DINSDAG o/7 o/8 o/9a&b o/8a o/10a&b 3de, 4de o/11a&b 1e, 2de 13:10 13:40 B-veld A-veld 13:45 14:45 B-veld A-veld 14:45 15:45 B-veld A-veld WOENSDAG o/7 o/8 o/9a&b o/8a o/10a&b 3de, 4de o/11a&b 1e, 2de 13:10 13:40 B-veld A-veld 13:45 14:45 B-veld A-veld 14:45 15:45 B-veld A-veld

Voorlopige wedstryddatums: Woensdag 29 April - L/s Orion (weg) Woensdag 12 Mei - L/s Fontainebleau (tuis) Woensdag 20 Mei - Randhart (tuis) Woensdag 27 Mei - L/s Pres. Steyn (tuis) Dean Benadie TENNIS Seniors Megan Basson en Mieke van Deventer het tydens die vakansie die Sentraal-Gauteng tennisspan verteenwoordig. Hulle span het 2de uit 16 spanne geëindig. Megan Basson is opgeneem in die SA-span wat Augustus na Amerika toer. Nasionale kompetisie: By die nasionale kompetisie het Megan tot posisie 5-8 gekom (nie uitgespeel nie a.g.v. reën). Die gemengde dubbels het hulle in die semi -finaal verloor en het dus in die Top 4 geëindig. Sy het eerste gekom in die dubbels. Grey Kollege BloemfonteinTennistoernooi Seniordogters: 27 31 Mei Oefeninge: Seniors begin Maandag 20 April met oefeninge by Jean. Daagwedstryde sluit 5 Junie. JUNIORS Oefening Dit is baie belangrik dat alle spelers die verpligte oefeninge sal bywoon. Seuns moet by juf. Lizahn verskoning maak en dogters by juf. Penny. Tyd: Maandae 16:00 17:00 Philip Lawson 6 Bethlehem (Truida Kestell) Woensdag 22 April - Saterdag 25 April Tennisafrigting: gr. 1- en gr. 2-leerders Indien daar enige belangstelling is, kontak asb. vir Philip Lawson (082 079-8531). SKAAK Oefening: Gr. 1 : Donderdag Na skool tot 14:15 Kamer 22 Gr. 2 3 : Donderdag 14:00 15:00 Kamer 27 Gr. 4 7 : Donderdag 15:00 16:30 Kamer 31 INLIGTINGSENTRUM ATKV-SPELATHON 2015 Ons neem vanjaar vir die eerste keer aan dié spelkompetisie deel. Die eerste uitdunrondte vind plaas op Dinsdag 19 Mei om 10:30 by Laerskool Roodekrans. Leerders wat Laerskool Fairland sal verteenwoordig is: Gr. 6: Mathilda Steyn en Schalk Viljoen Gr. 7: Kyle Vorster en Anja Steyn Baie sterkte met jul voorbereiding! ATKV-LEESPROJEK 2015 ( GR. 6 EN GR. 7 ) Laatslapers kan nog tot en met Maandag 20 April hul name by juf. Leanie inhandig en hul inskrywingsgeld van R10 betaal. Dié projek is aan die leerders in hul klasse bekendgestel. Daar moet 6 boeke gelees word en in Augustus skryf leerders n olimpiade-vraestel oor die inhoud van die boeke. Kom neem gerus deel! Dit is lekkerleesboeke! WOW-SPELFEES 2015 Spellyste is aan die einde van die eerste kwartaal reeds uitgedeel. Hier volg die woorde wat aangeleer moet word vir die eerste uitdunrondte. Alle gr. 1- tot gr.7-leerders neem aan die eerste rondte deel. Die eerste rondte is slegs skriftelik van aard. Gr. 1: Blokke A - N woorde 1-112 Gr. 2: Blokke A - J woorde 1-120 Gr. 3: Blokke A - K woorde 1-176 Gr. 4: Blokke A - L woorde 1-247 Gr. 5: Blokke A - K woorde 1-264 Gr. 6: Blokke A - K woorde 1-264 Gr. 7: Blokke A - F woorde 1-168 of Blokke A - G woorde 1-159 soos op die Communicator. Die eerste skriftelike uitdunrondte sal plaasvind teen einde Mei. Gr. 1- tot gr. 3-leerders sal die afbakening van woorde wat weekliks aangeleer moet word van hul klasonderwysers ontvang. Die tweede uitdunrondte sal ook skriftelik van aard wees en vanaf die derde uitdunrondte geskied uitdunne mondelings. Gr. 1 en gr. 2 moet woorde foneties klank en gr. 3 tot gr. 7 moet woorde alfabeties spel. Riglyne is by juf. Leanie en juf. Islé (gr.1/27) beskikbaar. Word woordslim! - Leanie Taljaard

ALGEMEEN VERE-KAS Die Vere-kas is op soek na mammas wat in die klerebank kan werk op Maandagmiddae vanaf 13:30-14:00. Skakel asb.lillian Ankersmit 082 324 5034 indien jy belangstel. Die wintersweetpakke is beskikbaar by Constantia en School and Leisure. Geen wintersweetpakke is te koop by die Vere-kas nie. Verlore sweetpakke word gehou binne die Vere-kas. Daar is alreeds n paar verlore baadjies. Kan die ouers asb. die leerders stuur om binne in die Vere-kas te kom kyk vir verlore klere. Tye: MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit Lillian Ankersmit 082 324-5034 STERRE VAN DIE WEEK Week: 19 Maart 2015 Gr. 1/18 : Joshua Liebenberg Gr. 1/22 : Kian Vermaak Gr. 1/24 : Tristan Harmsen Gr. 1/25 : Marco Olivier Gr. 1/26 : Zandré Barkhuizen Gr. 1/27 : Mia Moore Gr. 2/14 : Karla Strümpfer Gr. 2/15 : Lené Visagie Gr. 2/16 : Talya Goosen Gr. 2/17 : Nina Kotzé Gr. 2/21 : Danel Styger Gr. 2/23 : Genevieve Parry Gr. 3/12 : Luaan Kleyn Gr. 3/13 : Richard Steenekamp Gr. 3/28 : Deoné Botha Gr. 3/29 : Claudi Greeff Gr. 3/45 : Benno Coetzee Gr. 3/46 : Luke Groenewald ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 7 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1500 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: Karén Reyneke (karen@lsfairland.co.za) BAIE DANKIE Gr. 2.15-maats en ouers Baie dankie vir my pragtige blomme en al my briefies. Het so lekker aan hulle gelees. Hoop jul het almal n heerlike vakansie gehad. Baie liefde Juf. Elize 7 MY SCHOOL-, SCHOOL & LEISURE- EN MAKROKAARTE School & Leisure-kaarte Support your school earn cash rewards for you and your school. Apply instore for a School Benefit Card or visit our website: www.schoolandleisure.co.za. Aansoekvorms is ook by Louisa van Rensburg in die kantoor beskikbaar. Address: Heathway Centre, Cnr. Beyers Naude and Castle Hill Drive, Cresta. Contact details: (011) 431-0406 Business hours: Monday Sunday Ons vra dat ouers asb. ook hierdie projek sal ondersteun. Makro en Myschool Projek (Gratis kaart) Baie dankie aan al die ouers wat reeds MySchool- en Makro-kaarte het wat gekoppel is aan Laerskool Fairland. Hoe moet u te werk gaan om vir n Makro- of MySchoolkaart te registreer? Makro Gaan na die webtuiste van Makro (www.makro.co.za / Makro Card / Apply for a Makro Access card) en voltooi u besonderhede aanlyn. Vir ander inligting, kontak asb. vir Louisa van Rensburg (louisa@lsfairland.co.za). MySchool Besoek gerus MySchool se webtuiste (www.myschool.co.za / Get a card) en voltooi u besonderhede aanlyn. Die webwerf dui ook die vennote aan waar die MySchoolkaart gebruik kan word. Ons maak staat op almal se samewerking om ook van hierdie projekte n groot sukses te maak. Vriende van Fairland As enige iemand dalk vergeet het of nog iets wil skenk, is hulle baie welkom. Ons het min van die volgende items ontvang: 1. SOPPOEIER 2. CREMORA/MELKPOEIER 3. TEE 4. INGEMAAKTE SLAAI 5. CUP-A-SOUP 6. SKOTTELGOEDSEEP 7. DEODORANT VIR VROUE Spensgroete Irene Aucamp 0836517230

VAKANTE POSTE Vriende van Fairland het tans die volgende vakante vrywilligersposte: 1. Fondsinsamelings As deel van hierdie span kan jy betrokke raak deur fondsinsamelingsgeleenthede te identifiseer, organiseer en koördineer, om sodoende fondse te bekom vir die behoeftes waar VVF betrokke is. 2. Kommunikasie VVF benodig tans n persoon wat ons kan help met verskeie kommunikasietake. Dit sluit in opdatering van Webblad, kommunikasie rondom funskies wat ons hou, Vinkie nuusberigte oor VVF en algemene bewusmaking van VVF se missie. Skakel gerus met Dalene van Niekerk 083 953 3916 indien jy sou belangstel in enige van die poste. SALON DEL MAR AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND SWEM Adriaan Steyn ( gr. 7/33 ) het die naweek van 19-22 Mrt deelgeneem aan die SA Swem streek -kampioenskap (vlak 2). Hy verwerf 5 goue -, 1 silwer - en 1 bronsmedalje vir sy ouderdomsgroep en skuif op na vlak 3. ADVERTENSIES RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL BERARIO-ONTSPANNINGSENTRUM Wanneer jou potte verander in dromme, en die messe in stokkies, weet jy een ding DIS TYD om in te skryf vir musieklesse! Ons bied lesse te kies en te keur - klavier, sang, viool, dromme, kitaar, en musiek- programmering. Retha Jacobs, 081 351 7491, Berario Ontspanningsentrum. TOTAL GARAGE DEVON VALLEY Ondersteun die winkel by die Devon Valley-petrolstasie en kry n seël elke keer as jy ietsie aankoop. Indien jy wil deelneem, kry jou kaart by die skool en begin seëls plak. Sodra die kaart vol is, ontvang jy n R50 bewys om by die winkel te spandeer. 8 In Fairland sedert 2009. Ons het vier baie talentvolle haarkapsters, elkeen met meer as vyf jaar ervaring. Spesiale aanbieding: alle kinderhaarsnye (laerskool) vir slegs R150 by Rosan. En terwyl jy wag, vra gerus vir n gratis konsultasie. Aanbod geldig tot 24 Mei 2015. FISIOTERAPEUT Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep Pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of taboersphysio@gmail.com. PROJEK-ADMINISTRASIE KONTRAKPOSISIE BESKIKBAAR ( Future Creation kantore in Northcliff 011 476 5484) * 10 maande kontrakposisie beskikbaar. * ICB Opleidingsprojek ( Institute of Certified Bookkeepers) * Administrasie en leerder-koördinering * 3 vol dae per week * Projekbestuur en administratiewe ondervinding noodsaaklik. BAK EN BROU- HULP In vandag se besige tye het mammas min tyd vir bak en brou. Skakel my as u kolwyntjies (cupcakes) of n koek of selfs net gewone koekies nodig het vir n spesiale geleentheid. Kontak Lillian 082 324 5034.

ADVERTENSIES RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL BERARIO-ONTSPANNINGSENTRUM Wanneer jou potte verander in dromme, en die messe in stokkies, weet jy een ding DIS TYD om in te skryf vir musieklesse! Ons bied lesse te kies en te keur - klavier, sang, viool, dromme, kitaar, en musiekprogrammering. Retha Jacobs, 081 351 7491, Berario Ontspanningsentrum. TOTAL GARAGE DEVON VALLEY Ondersteun die winkel by die Devon Valley-petrolstasie en kry n seël elke keer as jy ietsie aankoop. Indien jy wil deelneem, kry jou kaart by die skool en begin seëls plak. Sodra die kaart vol is, ontvang jy n R50 bewys om by die winkel te spandeer. 9