WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

Similar documents
MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Nestlé. 11 Oktober 2013

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

Rut: n Liefdes Verhaal

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Mandala Madness Deel 2

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

OASE SKEP 'N TE MIDDE VAN 'N FINANSIËLE DROOGTE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

SIZA takes the sting out of auditing

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Mosselbaai Munisipaliteit

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

VEILINGSREËLS, BEDINGE EN VOORWAARDES 1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van BKB Beperk/ BKB van Wyk (Edms) Beperk/ BKBLouwid (Edms)

Maandagoggend Vooruitsig 21 November 2016

1. Hierdie veiling word gehou onder die beheer van Mpumalanga Lewendehawe en Afslaers Bk

Direkte en indirekte rede *

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

RAADSLEDE / COUNCILLORS

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

FIDUCIARY INSTITUTE OF SOUTH AFRICA FIDUSIÊRE INSTITUUT VAN SUID AFRIKA

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 31 Desember Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

DIE BESKERMING VAN LEWENSPOLISSE TYDENS SEKWESTRASIE -IS DAAR 'N LEEMTE?

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Tariewe

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

IN DIE HOOGGEBEGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) CORBETT, HR, E M GROSSKOPF, VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA BUZZARD ELECTRICAL(PTY)LIMITED. AMCAM INVESTMENTS (PTY) LIMITED Tweede Respondent

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

Verso Multi Bestuurder (Edms) Bpk Kwartaalverslag 30 September Voorberei deur Kobus Sadie Hoof Beleggingsbeampte

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Kwartaalverslag 30 Junie 2015

REËLS VAN DIE SENTRALE VOORSORGFONDS

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

ROLLOMATIC ENGINEERING (EDMS) BPK Respondent. CORAM: BOTHA, HEFER, VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR et HOWIE Wn AR.

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING OP DIE PLAAS 8 Augustus 2009 om 11h00

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

n Vergelyking van die oorgrens-insolvensiewetgewing van Suid-Afrika met die van die Verenigde State van Amerika

LINK MERINO S & Louw Broers

HOëRSKOOL PORTERVILLE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) DUBBEL RING TRADING 172 (EIENDOMS) BPK Appellant UITSPRAAK

Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte huisvesting op plase Daniels v Scribante BCLR 949 (KH)

Misleading marketing material - n aantal onlangse gevalle uit die lêers van die Ombudsman vir Langtermynversekering.

1. Grondlyne vir n nuwe bedeling

MODULE 4 Outeursreg EENHEID 1

Tariewe

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

NUUSBRIEF / NEWSLETTER (2013/5)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Finansieel Gesproke. 2. Hoe marktoestande. fonds-prestasie beïnvloed. 4. n Plek vir kontant. 5. Het ons n winteruitverkoping?

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

SELL Emigration 4 Day Massive Disposal Auction Earthmoving & Agricultural Equipment, Loose Assets & more.

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

Transcription:

360 Nuusbrief van The Core Group Uitgawe 20 3 de Kwartaal September 2018 Newsletter of The Core Group Issue 20 3 nd Quarter September 2018 WEET WAARHEEN DIE W Ê RELD OPPAD IS

INDEKS Vyf BTW-foute wat klein ondernemings maak Waardasies: noodsaaklikheid of luukse? Beleggings: Alles is nie verlore nie Wat is my regte in ʼn saamwoonverhouding? Nog voorgestelde wysigings: Definisies en Stelling 400 n Kort oorsig van die XBRL / FAS-verslagdoening met jaarlikse opgawes

Vyf BTW-foute wat klein ondernemings maak Vyf BTW-foute wat klein ondernemings maak Belasting op Toegevoegde Waarde ( BTW )-nakoming is van uiterste belang vir klein ondernemings aangesien nienakoming kan lei tot boetes en rente gehef deur die Inkomstediens (SARS). Onthou dat boetes en rente gehef deur SARS nie kwalifiseer as ʼn inkomstebelastingaftrekking vir sulke klein ondernemings nie. Hier is ʼn paar BTW-foute wat klein ondernemings maak wat kan lei tot die hef van boetes en rente deur SARS: 1. Registreer nie betyds vir BTW nie In terme van artikel 23 van die BTW-wet is een van die gevalle wanneer ʼn persoon vir BTW moet registreer aan die begin van die maand wat volg op die maand waarin die belasbare lewerings gemaak deur die onderneming die R1 miljoen-kerf vir die vorige 12 maande oorskry het. Om nie vir BTW te registreer nie, sal daartoe lei dat die persoon steeds gesien word as ʼn BTW-ondernemer in terme van die definisie van ʼn ondernemer in artikel 1 van die BTW-wet. Gevolglik, selfs al is die onderneming nie vir BTW geregistreer nie, sal die klein onderneming steeds aanspreeklik wees vir 15% BTW op alle lewerings gemaak sodra die verpligte BTW-perk oorskry word selfs al is die BTW nie gehef van verbruikers nie. 2. Die eis van BTW-insetaftrekkings op motorhuur In terme van artikel 17(2) van die BTW-wet mag geen BTW-insetaftrekkings geëis word op die aankoop van ʼn motorvoertuig deur middel van aankoop, huurkoop of huur nie, insluitend die huur van ʼn motorvoertuig van ʼn motorverhuringsmaatskappy. ʼn Motorvoertuig word in artikel 1 van die BTW-wet gedefinieer en sluit oor die algemeen passasiersmotorvoertuie (insluitend ʼn dubbelkajuit-ligte afleweringsvoertuig) in. Die BTW wat ingesluit is in ʼn belastingfaktuur van ʼn motorverhuringsmaatskappy rakende die huur van ʼn passasiersmotorvoertuig kan dus nie as BTW-insetaftrekking geëis word nie, selfs al is die doel van die motorhuur 100% besigheidsverwant. Die eis van so ʼn inset kan lei tot onderstateringsboetes deur SARS gehef van tot 200% van die betrokke BTW. 3. Laat betaling van BTW Sommige klein ondernemings is verkeerdelik onder die indruk dat die laat betaling van BTW, indien dit slegs ʼn dag of twee ná die sperdatum is, nie nadelige gevolge het nie. Dit is ʼn wanopvatting en sulke laat betaling sal negatiewe finansiële gevolge inhou vir die klein onderneming. In terme van artikel 39 van die BTW-wet sal ʼn 10% persentasie nie-nakomingsboete gehef word op die laat betaling van BTW. Dit is van toepassing selfs al is die betaling net ʼn paar uur laat! Die kriteria vir kwytskelding van hierdie boetes is uiters streng en is slegs van toepassing in uitsonderlike omstandighede. ʼn Klein onderneming moet dus die laat betaling van BTW aan SARS verskuldig ten alle koste vermy. 4. Die eis van BTW-insetaftrekkings op bates vir onthaal In terme van artikel17(2) kan ʼn BTW-insetaftrekking nie geëis word op BTW wat oploop op onthaal soos gedefinieer in artikel 1 van die BTW-wet nie. Die BTW-insetaftrekking sal afgekeur word tot die mate waarvoor die goedere of dienste vir die doel van onthaal aangewend word. Die beperking op die eis van ʼn BTW-insetaftrekking op onthaal is nie net beperk tot byvoorbeeld die koste van die onthaal van ʼn kliënt in ʼn restaurant nie. Die verbod sluit ook goedere in wat aangekoop word vir die doel van onthaal soos goedere wat aangeskaf word vir die onthaal van personeel, byvoorbeeld die mikrogolfoond, ketel en yskas in die kantoor of selfs vaste eiendom wat aangeskaf word vir die doel van die onthaal van kliënte.

5. Die eis van BTW-insetaftrekkings sonder ʼn geldige belastingfaktuur Om BTW-insetaftrekkings te eis in terme van artikel 16 van die BTW per definisie van insetbelasting soos gedefinieer in artikel 1 van die BTW-wet, moet ʼn klein onderneming beskik oor ʼn geldige belastingfaktuur in terme van die vereistes gelys in artikel20(4) van die BTW-wet (inaggenome dat die verskaffer geregistreer is op die faktuurbasis). ʼn Verskaffer het vyf jaar om ʼn BTW-insetaftrekking te eis. Daarom, selfs al is die uitgawe insluitend die BTW-gedeelte aangegaan gedurende ʼn BTW-periode, kan geen BTW-insetaftrekking geëis word alvorens die klein onderneming nie in besit is van ʼn geldige belastingfaktuur nie. Die afgelope paar jaar was daar talle gevalle waar klein ondernemings BTW-insetaftrekkings geëis het nog voordat hulle in besit was van ʼn geldige belastingfaktuur. Eers wanneer SARS die BTW-insetaftrekking afkeur, kry die klein onderneming die belastingfaktuur en verskaf dit aan SARS. SARS, ingevolge die BTW-wet, keur dan steeds die BTW-insetaftrekking af vir die BTW-periode en in die meeste gevalle word boetes en rente ook gehef. Alhoewel die klein onderneming dan die BTW-insetaftrekking gedurende ʼn latere BTW-periode kan eis, sal die onderneming steeds finansieel die prys betaal in terme van die boetes en rente wat deur SARS gehef word. Voorberei deur CORE TAX. Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Waardasies: noodsaaklikheid of luukse? Waardasies: noodsaaklikheid of luukse? Is n waardasie van eiendom of roerende bates n noodsaaklikheid of n luukse? Baie mense dink dalk dat waardasies n luukse is, maar wat as jou huis of kommersiële gebou afbrand of jou roerende bates gesteel word? Was jou geboue korrek verseker? Het jy n professioneel-saamgestelde verslag as inventaris? Mense besef dikwels eers wat die gevolge is wanneer jou versekeraar jou inlig dat jy onderverseker was en dat dit nou te laat is om iets daaromtrent te doen. Wanneer jy in ag neem wat die moontlike verliese is weens onderversekering, maak dit bloot sin om n professionele waardasie te kry. By CORE Valuations het ons n kliënt gehad wat skade gely het weens n donderstorm. Toe hulle die versekeraar kontak, is hulle ingelig dat hulle onderverseker is. Ons het toe aan die versekeraar n afskrif van ons verslag gegee, wat inligting oor die afwerkings, groottes, ens., asook gedetailleerde foto s en beskrywings bevat het. Die versekeraar het sy aanvanklike bevinding teruggetrek en die kliënt is ten volle vergoed. Nog n voorbeeld is n persoon wat hul huis en roerende bates in n brand verloor het. Aangesien daar geen bewyse van die roerende bates was nie, kon hulle slegs eis vir die bedrag op hul versekeringskedule. Kort daarna het die persoon ons gekontak om n volledige inventaris van hul roerende bates op te stel. Aan die hand van bogenoemde voorbeelde het ons tot die besef gekom dat mense oningelig is of waardasies as n luukse sien. Dit is eers wanneer die noodlot tref dat hulle besef dat n waardasie in werklikheid n noodsaaklikheid is. Moenie huiwer wanneer jy moet besluit oor n waardasie nie... dit kan jou duur te staan kom. Kontak CORE Valuations by 016-976 1287, stuur n e-pos aan admin@corevaluations.co.za of besoekwww.corevaluations. co.za Voorberei deur CORE VALUATIONS. Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Beleggings: Alles is nie verlore nie Beleggings: Alles is nie verlore nie Die eerste sewe maande van 2018 was maar bra sleg vir Suid-Afrikaanse beleggers, skryf Patrick Cairns. Die plaaslike aandelemark het van die winste wat in die tweede helfte van verlede jaar gemaak is, teruggegee, gelyste eiendom was skerp negatief en die opbrengste op effekte was wisselvallig. Die beleggingsomgewing in geheel was ook uitsonderlik moeilik. Kommer oor handelsoorloë het n invloed op ontluikende markte gehad, die Rand het gesukkel as gevolg van beleggings wat land-uit gevloei het en die Suid-Afrikaanse ekonomie kan maar net nie momentum opbou nie. 2018 was tot dusver baie moeilik, sê Nadir Thokan, portefeuljebestuurder by 27Four Investment Managers. Selfs op n driejaar-oorsig is daar geen plaaslike bateklas wat jaarliks dubbelsyfer-opbrengste gelewer het nie. Selfs internasionale ekwiteite het skaars meer as 10% vir hierdie periode gelewer, die meeste as gevolg van die depresiasie van die Rand. Gebalanseerde fondse het dus uiters gemiddelde opbrengste gelewer. Beleggers is nie baie bemoedig nie, sê Thokan. Suid-Afrika se BBP-getalle vir die eerste kwartaal was skokkend, sakevertroue neem af ná Ramaphoria, die brandstofprys maak verbruikers seer en die Reserwebank het heeltemal van deuntjie verander ná die laaste rentekoersverlaging omdat inflasie oor die medium termyn aan die styg is. Dit lei daartoe dat baie mense wonder wat hulle met hul geld moet doen. Mense het nie baie vertroue in hul vermoë om in die toekoms beter opbrengste te ontsluit nie, sê Thokan. Beleggers is uitsonderlik ongemaklik oor hierdie laeopbrengs-omgewing, veral omdat dit lyk asof dit nou gekom het om te bly. Die grootste risiko vir beleggers in hierdie scenario is egter hulself. Mense is geneig om hul langtermyn-doelwitte te vergeet en emosionele besluite te neem wat ongelukkig dikwels op die verkeerdste moontlike tyd geneem word. Beleggers sien dat hulle beter daaraan toe sou wees in kontant oor die laaste drie jaar en vra hoekom hulle n risiko in die ekwiteitsmark moet loop wanneer dinge nie verbeter nie, sê Thokan. Ekwiteite en riskante bates bied egter baie meer waarde nou as in enige stadium die afgelope drie jaar. Hy wys daarop dat beleggers verskeie onlangse voorbeelde moet oorweeg wat illustreer hoe beleggingsbesluite gebaseer op sentiment heeltemal die verkeerde besluite sou wees. Toe Nhlanhla Nene in Desember 2015 as Minister van Finansies afgedank is, het vrese oor Suid-Afrika se toekoms daartoe gelei dat baie mense staatseffekte verkoop het en hierdie bateklas totaal geïgnoreer het. Die volgende jaar was daar egter n beduidende opswaai in die effektemark en straatslim-beleggers het n klomp geld gemaak. Terwyl mense emosioneel geraak het oor die afdanking van die Minister van Finansies, was die realiteit dat die werklike opbrengs vir buitelandse beleggers reusagtig was, verduidelik Thokan. Hulle was groot kopers van plaaslike effekte. In die middel van 2017 is Suid-Afrika se soewereine kredietgradering afgegradeer tot sub-belegging deur S&P en Fitch. Weer was die emosionele reaksie om staatseffekte te verkoop, maar weer het hierdie bates sterk opgeswaai in die daaropvolgende maande. Aan die ander kant, met Ramaphoria op sy hoogste vroeg jaar, sou n emosionele belegger gereken het dat dit n goeie tyd is om weer tot die effektemark toe te tree. Dit sou egter weer swak tydsberekening gewees het, met opbrengste wat opgegaan het en beleggers wat kapitaalverliese gely het.

Die punt is dat beleggingsentiment en beleggers-emosie jou dikwels lei om die verkeerde besluit te neem, sê Thokan. Wat die effektemark betref, was die deurslaggewende faktor eintlik die opbrengsdifferensiaal tussen die VSA en Suid- Afrika. Met ander woorde, dit was nog altyd meer oor die fundamentele waardasie as oor sentiment. n Soortgelyke verhaal het hom die afgelope agt maande in die Suid-Afrikaanse ekwiteitsmark afgespeel. Kort voor die ANC-kongres aan die einde van verlede jaar was die narratief dat die plaaslike ekonomie in n resessie was, dat die omgewing onseker was en dat banke dus gaan sukkel om wins te groei. Dit is egter presies wanneer jy daardie besighede wou besit, omdat die prys-tot-verdienste [PE] differensiaal tussen die banke en die JSE baie wyd was, sê Thokan. Ja, daar was uitdagings, maar dit is meer as weerspieël in die pryse wat jy betaal het. Banke het handel gedryf op PE s van omtrent nege, terwyl die oorkoepelende mark op 18 gestaan het. Van Desember tot Maart het hierdie tellers beduidend verander, met FirstRand naby aan 40% en Standard Bank wat meer as 35% geklim het. Dit was die tydstip waarop Ramaphoria begin opbloei het en emosioneel was dit wanneer beleggers sou gedink het dit is die regte tyd om hierdie aandele te koop. Weer sou dit die verkeerde besluit gewees het, sê Thokan. Sedert die einde van Maart is banke af met tussen 25% en 30%. Die sleutel was weer die fundamentele aspekte. Omdat die aandelepryse op hierdie tellers reeds so hoog geklim het, was hul waardasies nou veel hoër en die veiligheidsgrens veel laer. Dit is die les wat beleggers nou moet oorweeg. Opbrengste was beslis baie sleg vir n geruime tyd, maar wat nou saak maak is waar die fundamentele aspekte lê. Die JSE handel op sy goedkoopste veelvoud op n vooruitgrondslag in n lang tyd, sê Thokan. Maatskappye genereer verdienstegroei en dryf handel op aanvaarbare dividendopbrengste. Dit beteken dat jy n aanvaarbare buffer het. Terwyl beleggers gefrustreerd is met hoe lank hulle al in hierdie lae-opbrengs-omgewing is, is dit nou presies die tyd wanneer jy in ekwiteite wil wees omdat dit fundamentele waarde bied. Bron: https://www.moneyweb.co.za/investing/after-three-years-of-poor-returns-what-do-investors-have-to-be-excitedabout/ Voorberei deur CORE FINANCIAL SOLUTIONS. Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Wat is my regte in ʼn saamwoonverhouding? Wat is my regte in ʼn saamwoonverhouding? Saamwoonverhoudings kom al meer voor, maar word nie deur die reg erken nie en geniet geen beskerming nie.daar bestaan n wanpersepsie dat, indien n paartjie lank genoeg saamwoon en kinders saam het, hulle outomaties as eggenote beskou sal word, met dieselfde voordele en regte as wat getroude paartjies geniet. Die waarheid is egter dat so iets nie bestaan nie. Die groot verskil is dat die huwelik deur die reg beskerm word, terwyl n saamwoonverhouding nie beskerm word nie. Sodra n paartjie getroud is, is hulle daarop geregtig om onderhou te word deur n gade en is hulle ook verplig om mekaar te onderhou, onderhewig aan hul onderskeie inkomste. Die wedersydse verpligting om te onderhou bestaan ongeag of partye binne of buite gemeenskap van goedere getroud is. Dit geld egter nie vir saamwoonverhoudings nie. Die paartjie kan nie onderhoud van mekaar eis nie. Indien partye in saamwoonverhoudings hierdie verpligting wil skep, moet hulle n saamwoonooreenkoms opstel ingevolge waarvan hulle ooreenkom dat een of albei partye verplig sal word om die ander te onderhou. In ʼn huwelik, wanneer een gade sterf, sal die ander gade n reg hê om vir onderhoud te eis teen die bestorwe boedel. In saamwoonverhoudings het die ander party geen eis vir onderhoud uit die bestorwe boedel van sy / haar saamleefmaat nie. In n huwelik sal die langslewende gade geregtig wees om in terme van intestate erfregreëls te erf indien die ander gade sou sterf sonder om n testament na te laat. In saamwoonverhoudings sal n maat slegs kan erf indien hy / sy as erfgenaam benoem is in sy / haar maat se testament. Waar n lewensmaat te sterwe kom sonder om n geldige testament na te laat, sluit intestate erfregreëls nie enige lewensmaats in nie. In n huwelik sal jy geregtig wees op n aandeel of die helfte van die gemeenskaplike boedel (indien getroud binne gemeenskap van goed) of die helfte van die gade se aanwas (indien die aanwasbedeling op die huwelik van toepassing gemaak is). In saamwoonverhoudings gaan jy uit die verhouding uit slegs met dit wat jy daar ingebring het. Indien daar n geskil ontstaan oor wie die eienaar van bepaalde eiendom is, sal jy moet bewys dat die eiendom aan jou behoort. Dit kan moeilik wees, veral waar dit n baie lang verhouding was. Saamwoonmaats kan mekaar insluit by mediese fondse indien die mediese fonds se reëls dit sou toelaat. Hulle kan mekaar insluit as begunstigdes by versekerings- of pensioenfondse. Hulle hoef ook nie skenkingsbelasting te betaal indien hulle skenkings aan mekaar maak nie. Bemakings aan n lewensmaat in terme van n testament is vrygestel van boedelbelasting indien dit n permanente saamwoonverhouding was. Saamwoonmaats behoort n ooreenkoms aan te gaan ingevolge waarvan hulle mekaar se regte en verpligtinge duidelik uiteensit. In die ooreenkoms moet die partye uiteensit hoe hulle hul verhouding sal bedryf. Die ooreenkoms moet ook bepaal wat sal gebeur indien die verhouding tot n einde kom.

Hoewel baie mense in Suid-Afrika in saamwoonverhoudings betrokke is, is dit tog steeds die beste om in die huwelik in te gaan. n Saamwoonooreenkoms kan sekere beskerming verleen aan saamwoonmaats, maar om algehele beskerming onder die reg te verkry,bly die huwelik die beste opsie. Voorberei deur CORE TRUSTS & ESTATES. Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

Nog voorgestelde wysigings: Definisies en Stelling 400 Nog voorgestelde wysigings: Definisies en Stelling 400 In ons vorige nuusbrief het ons die voorgestelde wysigings tot Stellings 000 en 300 van die B-BBEE Kodes bespreek wat op 29 Maart 2018 vir openbare kommentaar gepubliseer is. Terwyl ons met opgehoue asem vir die uitkoms van hierdie konsep gewag het, is nog veranderinge op 15 Junie 2018 aangekondig toe die Departement van Handel en Nywerheid (Dti) onverwags n tweede stel voorgestelde wysigings tot die B-BBEE Kodes in die Staatskoerant gepubliseer het. Die areas wat moontlik deur hierdie voorgestelde wysigings geraak kan word, word kortliks opgesom: Definisies die Dti het voorgestel dat sommige definisies aangepas word, wat dalk n beduidende impak mag hê op B-BBEE-voldoening en waarop gelet moet word. Absorpsie Absorpsie is van toepassing op die vyf (5) bonuspunte wat beskikbaar is op die Vaardigheidsontwikkeling-telkaart. Dit verwys na die entiteit wat gemeet word se vermoë om suksesvolle formele permanente of langtermynindiensnemingskontrakte vir die leerder aan te bied of om die leerder se vordering met verdere onderrig en opleiding by te staan. Die voorgestelde wysiging sal die bystand tot n leerder se vordering met verdere onderrig en opleiding skrap tot die mate dat slegs n langtermyn-indiensnemingskontrak erken sal word vir die toeken van bonuspunte. Langtermyn-indiensnemingskontrak Dit verwys na n wettige ooreenkoms tussen n individu en n entiteit ingevolge waarvan hierdie individu sal werk tot sy/haar verpligte datum van aftrede. Tot hierdie mate sal n vastetermyn-indiensnemingsaanbod aan n leerder nie genoeg wees in terme van die absorpsiepunte nie. Aangewese groep-verskaffer n Definisie vir Aangewese groep-verskaffer is bygevoeg. Bonuspunte is beskikbaar op die Onderneming & Verskaffer-ontwikkeling-telkaart vir verkryging vanaf Aangewese groep-verskaffers wat > 51% swart eienaarskap het. Kortliks verwys dit na: n Verskaffer aan die entiteit wat gemeet word en waarvan minstens 51% besit word deur een of meer van die volgende kategorieë van eienaarskap binne die strukture daarvan: o werklose swart mense; o swart mense wat jeugdig is; o swart gestremde mense; o swart mense wat in plattelandse en onderontwikkelde gebiede woon;en o swart militêre veterane. Let daarop dat hoewel die Bemagtigende Verskaffer -vereiste reeds sedert November 2011 nie toegepas word nie, die definisie nie weggelaat is uit die voorgestelde wysigings nie, wat die idee skep dat dit in n stadium weer in werking kan tree.

Stelling 400 (Onderneming en Verskaffer-ontwikkeling) Die volgende wysigings is voorgestel rakende Voorkeurverskaffing en Onderneming en Verskaffer-ontwikkeling: Die bekendstelling van n vermenigvuldigerfaktor van twee (2) vir verskaffers met minstens 51% swart eienaarskap (aan die hand van die deurvloei-beginsel) op die Voorkeurverskaffing-telkaart; Die verwydering van die vermenigvuldigerfaktor (1.2) wat tans toeskryfbaar is vir eerstekeer-verskaffers tot die entiteit wat gemeet word; n Toename in sowel die teiken as die gewigspunte vir verkryging vanaf n verskaffer met 51% swart eienaarskap 11 punte vir n 50%-teiken (tans 9 punte vir n 40%-teiken); Die twee afsonderlike aanduiders vir aankope van sowel QSE s (Kwalifiserende Klein Ondernemings) as EME s (Vrygestelde Mikro-ondernemings) word saamgevoeg tot n enkele aanduider met vyf (5) punte en n bestedingsteiken van 25% (tans 15%); Erkenning van Onderneming en Verskaffer-ontwikkelingsinisiatiewe ongeag omset of die begunstigde dit beteken dat Generiese entiteite met 51% swart eienaarskap ook kwalifiseer as begunstigdes van Onderneming en Verskafferontwikkelingsbydraes; Daar word duidelik gestel dat n Verskaffer-ontwikkelingsbegunstigde deel moet vorm van die verskaffingsketting van die entiteit wat gemeet word, en n Onderneming-ontwikkelingsbegunstigde vorm nie deel van die verskaffingsketting van die entiteit wat gemeet word nie; n Toename in erkenning vir waarborge van 3% tot 50% onder die voordeelfaktormatriks vir Onderneming en Verskaffer-ontwikkeling. Die periode vir openbare kommentaar het op 14 Augustus 2018 geëindig en die BEE-eenheid van die Dti oorweeg tans die kommentaar en sal dan voortgaan om die dokument te finaliseer vir finale publikasie in die Staatskoerant. Tans is daar geen aanduiding wanneer die finale publikasie in die Staatskoerant gepromulgeer sal word nie, maar die Dti het aangedui dat geen oorgangsperiode toegelaat gaan word nie. Dit beteken dat die wysiging onmiddellik van krag sal wees ná promulgering. Vir enige B-BBEE-verwante bystand, kontak asseblief die CORE BEE-span. Voorberei deur CORE BEE Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188

n Kort oorsig van die XBRL / FAS-verslagdoening met jaarlikse opgawes n Kort oorsig van die XBRL / FAS-verslagdoening met jaarlikse opgawes Vanaf 01 Julie 2018 vereis die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) die digitale verslagstelsel vir alle kwalifiserende entiteite wanneer jaarlikse opgawes ingedien word. Vanaf 01 Julie 2018 moet alle entiteite hul jaarlikse finansiële state (AFS) by CIPC indien in n XBRL-formaat of deur die indien van n Finansiële Verantwoordbaarheidsupplement (COR30.2). Alle entiteite wat tans hul AFS in PDF-formaat via e-pos by die CIPC indien, sal hul AFS in XBRL/FAS via n webportaal moet indien. XBRL-kwalifiserende entiteite benodig sagteware aan die kliënt se kant om AFS in XBRL te skep voordat dit by die CIPC opgelaai word. Geen van die reëls oor jaarlikse finansiële state het verander nie, behalwe die meganisme van PDF-formaat na XBRLformaat. Alle wetgewing bly dieselfde. Wie dien wat in? Kwalifiserende entiteite: Indien ek nie indien nie? Die Maatskappyewet gee gesag aan CIPC om op te tree in gevalle waar die vermoede bestaan of wanneer die CIPC ingelig word dat n entiteit nie aan die vereistes voldoen nie. CIPC trek elke kwartaal n lukrake steekproef waarvan die voldoening van daardie entiteite getoets word. Entiteite wat nie voldoen nie sal n nie-voldoeningskennisgewing van die CIPC ontvang wat die entiteite opdrag gee om aan die vereistes te voldoen deur hul XBRL/FAS binne 40 werksdae in te dien. ( n Hof het ten gunste van CIPC bevind in die geval van drie maatskappye wat nie voldoen het nie, wat sodoende n presedent geskep het.) Gebaseer op hierdie presedent sal entiteite n adminboete verskuldig wees van die groter som, hetsy een miljoen rand (R1 000 000) of 10% van die entiteite se jaarlikse inkomste. Voorberei deur CORE CO SERVICES Vir meer inligting, skakel : +27 (0) 51 448 8188