Persoonlikheidsontwikkeling. Toekomsbeplanning

Similar documents
BenguFarm Bestelvorm

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

Tariewe

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Tariewe

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

HOëRSKOOL PORTERVILLE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Mandala Madness Deel 2

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

Uit Moerdijk se pen Man en Media

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

SIZA takes the sting out of auditing

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

DIE HOËR TEGNOLOGIESE SKOOL. John Vorster RESOLUSIES VAN DIE ALGEMENE OUERVERGADERING

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

Mosselbaai Munisipaliteit

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad:

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

Jaargang 3 Volume 1 Amptelike Nuusbrief van Zevenzicht Landgoed Maart 2008

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Hierdie is n aansoek om die volgende regshulp:

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

STELLENBOSCH RUGBYAKADEMIE

NG Kempton-Kruin. Kwartaalblad. Augustus 2016 Oktober 2016

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

INSKRYWINGSVORM

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

STELLENBOSCH RUGBYAKADEMIE

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD-KAAPSE AFDELING, KIMBERLEY)

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

Fakulteit Opvoedkunde

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Reproduced by Sabinet Online in terms of Government Printer s Copyright Authority No dated 02 February $taatsftoerant

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

die ArtKat Jaar program

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

RAADSLEDE / COUNCILLORS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Eerste Respondent DIE RING VAN ROODEPOORT, Tweede Respondent DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Hoe om krag te spaar

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (GAUTENG AFDELING, PRETORIA)

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

Voorsitters inset. So droom ons mos maar almal.

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

AIDS. joaoo HElPUNE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure Vol. 10. PRETORIA, 1 0 NOVEMBER 2004 No.

OMSENDBRIEF 6/ Februarie Baie geluk aan die volgende atlete wat deurgedring het na die Distrikskampioenskappe. Die atlete gaan die

HOËRSKOOL BRACKENFELL AANSOEK TOT TOELATING

JACOBUS JOHANNES (KOBIE) COETZEE JOHANNES ERNST (JOHAN) COETZEE. CILLIé, R et EBRAHIM, R et MOCUMIE R

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

Saak nr 350/82 MC. - en - SANTAM VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Kerssangdiens. SA Gemeente

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

Edgehog

Christelike Privaatskool Leipoldtville Ons skool Ons trots

IMPLIKASIES VAN ARTIKEL 3(3)(d) VAN DIE BOEDELBELASTINGWET VIR BOEDELBEPLANNING

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE AKADEMIE NPC NGOS AANSOEKVORM VIR VOORNEMENDE STUDENTE (2019) VIR KANTOORGEBRUIK Studentenommer toegeken:

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

WEET W Ê RELD WAARHEEN DIE OPPAD IS

Transcription:

INLEIDEND Die ATKV-Postmatriekjaar is n tien maande lange wegbreekjaar vir jongmense aangebied op die ATKV-vakansieoorde. Alhoewel ATKV-Drakensville as basis dien, word tot soveel as vyf van die ATKV se spogoorde met hul verskeidenheid ontspanningsfasiliteite geleë in van die mooiste dele van Suid-Afrika deur die loop van die jaar besoek. So baie skoolverlaters is nie seker wat om na matriek te doen nie. Daarom is dit n goeie idee om na skool n breuk te neem en binne n veilige omgewing te besin oor die opwindende, maar uitdagende toekoms wat op jou wag. Die ATKV bied deur Postmatriek so n geleentheid om nie net keuses oor jou loopbaan en toekoms te neem nie, maar ook om deur ervaringsleer verskillende vaardighede te ontwikkel en terselfdertyd lewenslange vriendskappe te smee. Van die hoofdoelwitte van die Postmatriekjaar is om tydens n program gevul met visie, doelwitte, avontuur en uitdaging nie net leierskappotensiaal te ontdek nie, maar ook die insig en vermoë te ontwikkel om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom jou toekoms en loopbaanrigting te neem.

PROGRAMINHOUD Die ATKV-Postmatriekjaar se programinhoud is geakkrediteer en bestaan uit ses opwindende afdelings om elke student tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Persoonlikheidsontwikkeling Algemene lewensvaardighede Persoonlikheidsontleding Emosionele intelligensie Leierskapsontwikkeling Groepdinamika-aktiwiteite Kommunikasie Probleemoplossing Konflikbestuur Toekomsbeplanning Loopbaanvoorligting en begeleide loopbaankeuses. Jou aanleg en belangstellings word individueel deur n bedryfsielkundige gedoen. Skaduwerk. Jy gaan die geleentheid kry om verskillende beroepe te ervaar deur vir n dag of twee saam met suksesvolle persone in die onderskeie velde deur te bring om sodoende n gevoel vir die spesifieke loopbaan te kry. Opstel van CV s. Een van ons doelwitte is om jou te help bou aan n indrukwekkende CV. Sertifikate word dus toegeken vir al die kursusse wat deur die loop van die jaar voltooi is en behalwe vir opleiding in die opstel van n CV, kry jy n professioneel opgestelde en gebinde CV wat al die kursusse van jou Postmatriekjaar insluit.

Straatskerp Algemene regsbeginsels Persoonlike finansies en begroting Entrepreneurskap Basiese besigheidsbestuur Projekbestuur Etiket Die aanleer van Zoeloe Algemene beginsels in Afrikaanse skryfkuns Seksualiteit Wapenvaardigheid Selfverdediging Basiese doen-dit-self-vaardighede Kompas-, kaart- en GPS-navigasie Veldkookkuns Huishoudelike vaardighede (kosvoorbereiding, huishouding) Avontuur Bergfietskursus Skubaduik Stap- en wildernis-ekspedisies Perdehantering en ruiterkuns Witwaterroei (River rafting) Abseil en rotsklim Avontuurresies en -oriëntering Jag- en slagkuns Kampkuns Avontuurfasilitering en -aanbieding Veldoorlewing Noodhulp: vlak 1 en 2 Voël- en boomidentifikasie

Pret Kultuurervarings Bergfietstoer Buurlanduitstappies na Lesotho, Mosambiek en Botswana Leer iets van die omgewing en die geskiedenis daarvan Akademie n Keuse van een uit sewentien geakkrediteerde aanlyn kursusse word gemaak om tydens jou Postmatriekjaar te doen. So word krediete bymekaar gemaak vir die rigting waarin jy belangstel, 'n rigting om te ondersoek of bloot net te werk aan jou indrukwekkende CV. Geakkrediteerde Aanlynkursusse: Marketing management Adobe photoshop course Adobe InDesign course Introduction to interior design Business systems analysis Strategic management Teaching remedial learning teaching Search engine optimization Public relations management Principles of graphic design Managing social media risks Foundations of teaching grade R Emotional intelligence Fundamentals of mobile APP design Labour Law Events management Human resource management

AKKOMMODASIE Studente word gehuisves in n koshuis op die oord. Elke kamer het ingeboude kaste en sluitfasiliteite om persoonlike eiendom te beskerm. Deel van leierskapontwikkeling is om verantwoordelikheid te neem. Dit sluit in die verantwoordelikheid vir skoonmaak en onderhoud van toerusting, kamers ens. VOERTUIE EN SEKURITEIT Alhoewel n paar studente eie voertuie bring, word dit nie aangemoedig nie aangesien daar nie onderdak-parkering op die onderskeie oorde beskikbaar is nie. Die oorde is wel omring met sekuriteitsheinings en beskik oor 24 uursekuriteit. Vervoerreëlings vir studente vanaf ATKV-Postmatriek en terug met vakansietye en af-naweke is die verantwoordelikheid van die ouers en studente. Die naaste busstop by ATKV-Drakensville is Harrismith en vir die tweede kwartaal is dit Tzaneen. KWARTAALDATUMS Voorlopige datums Die eerste kwartaal skop af op ATKV-Drakensville op 3 Februarie 2019, naaste busstop Harrismith (60 km). Tweede kwartaal begin op ATKV-Drakensville waarna ons in die middel van die kwartaal vir 4 5 weke skuif na ATKV Eiland Spa (tussen Tzaneen en Phalaborwa), naaste busstop Tzaneen (70 km), naaste lughawe Phalaborwa (120 km). Ons sluit weer af op Drakensville maar daar sal n afnaweek wees op Eiland Spa indien student van die donderdag oggend sondagaand wil huistoe gaan of ouers kom kuier op die oord. Die derde en vierde kwartaal vind weer plaas op ATKV-Drakensville. Hierdie program kan verander in welke geval daar tydig kennis gegee sal word.

OPENINGS-EN AFSLUITINGSFUNKSIE Ouers word uitgenooi om die openings- en afsluitingsfunksie saam met die studente by te woon. Die openingsfunksie vind plaas op 3 Februarie 2019 om 10:00 by ATKV Drakensville. Die afsluitingsfunksie vind plaas op 15 November 2019 by ATKV Drakensville. Ouers is egter verantwoordelik vir hul eie verblyfreëlings en -kostes. Skakel gerus ATKV-Drakensville by 036 438 6287 om akkommodasie te bespreek. Aangesien die oord gewild is word ouers aangemoedig om dit reeds so vroeg moontlik te doen. Meer detail inligting sal gestuur word saam met die gelukwensing met keuring dokumente wat suksesvolle kandidate kan verwag binne 30 dae van aansoek.

INSKRYWINGSPROSEDURES Vul die aansoekvorm in en dien dit saam met n bewys van betaling van R200-administrasiekoste in vanaf 1 Junie tot 30 Oktober 2018. Die keuringsproses vind aan die einde van elke maand plaas vir die inskrywings wat tot dan ontvang is. Kandidate sal na genoemde datums skriftelik in kennis gestel word of hul aansoek suksesvol was al dan nie. Saam met die suksesvolle kandidate se kennisgewing sal n kontrak versend word wat ingevul en saam met die deposito van R12 500 aan die organiseerders teruggestuur moet word binne 30 dae vandat kennisgewing van keuring ontvang is. Indien die deposito nie binne 30 dae ontvang word nie sal die kandidaat se naam op n waglys geplaas word en mag weer in aanmerking geneem word vir keuring na 30 November 2018. Inskrywings wat laat ontvang is asook inskrywings wat onsuksesvol was, sal na 30 November 2018 heroorweeg word. DOEN VROEG AANSOEK EN WEN! Studente wat op 31 Augustus suksesvol gekeur is en wie se deposito s teen 15 September ontvang is, kom in aanmerking vir n gratis -8 C First Ascent-donsslaapsak ter waarde van R4 000. Wenner sal teen 1 Oktober in kennis gestel word.

KOSTES Administrasiefooi betaalbaar saam met inskrywing: (nie terugbetaalbaar) R200 Kursusfooi (BTW ingesluit): R125 000 Kostes vir ATKV-Postmatriekjaar sluit in: Alle etes tydens die program (ongeveer 660 etes per student) Alle vervoer tydens die program (ongeveer 16 000 km) Basiese toerusting Postmatriek-baadjie en -hemp Alle akkommodasie tydens die program Alle kursusse, sertifikate, handleidings en registrasiegelde BETAALOPSIES Opsie 1 (R125 000) Deposito R12 500 (betaalbaar binne 30 dae vanaf kennisgewing van keuring) 10 Maandelikse paaiemente R11 250p.m. (Februarie 2019 tot November 2019 voor of op die 5de van elke maand) Opsie 2 (R120 000 - Spaar 4%) Deposito R12 500 (betaalbaar binne 30 dae vanaf kennisgewing van keuring) Kwartaallikse paaiemente (4 gelyke paaiemente betaalbaar op 31 Desember 2018, 31 Maart 2019, 30 Junie 2019 en 30 September 2019) R26 875p.k. Opsie 3 (R117 500 - Spaar 6%) Deposito R12 500 (betaalbaar binne 30 dae vanaf kennisgewing van keuring) Halfjaarlikse betaling R52 500 (2 gelyke paaiemente betaalbaar op 31 Desember 2018 en 30 Junie 2019) Opsie 3 (R115 000 - Spaar 8%) Eenmalig R115 000 (betaalbaar voor of op 31 Desember 2018)

KONTAK Lizette Odendaal 011 919 9038 lizetteo@atkv.org.za. www.atkvpostmatriek.co.za.