DIE INVWED VAN STRES OP DIE AKADEMIESE PRESTASIE VAN DIE VOLWASSENE-LEERDER: 'N ORTO-ANDRAGOGIESE STUDIE. deur JAN WILLEM LOTZ

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

BenguFarm Bestelvorm

Eerste pogings tot definiering van klimaat en kultuur vanuit die algemene organisasieteorie het nie 'n onderskeid getref tussen die begrippe

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

HOëRSKOOL PORTERVILLE

C"k)o.-,t/1'l I /4-/ 1Cf17

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Uit Moerdijk se pen Man en Media

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

HOOFSTUK 5 EMPIRIESE BEVINDINGE. So ver terug as 1984 is epilepsie deur die Wêreld- gesondheidsorganisasie

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

Spraakoudiometrie in Suid-Afrika: Ideale Kriteria teenoor Kliniese Praktyk

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

DIE FUNKSIONELE BEMAGTIGING VAN DIE OPVOEDER VAN VOLWASSENES IN DIE WES-KAAP

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

DIE BEOEFENING VAN n BEDRYF MET SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE TOESTAAN VAN LENINGS DEUR HOUERMAATSKAPPYE AAN FILIALE OF GEASSOSIEERDES

STANDAARDISERING VAN N GESTRUKTUREERDE OBJEKTIEWE TEMATIESE APPERSEPSIE-TOETS. deur CORNELIA MAGRIETHA PEEK

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

1. BEGRIPSOMSKRYWINGS EN ORIENTASIE

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

DROOMONTLEDING: N OPVOEDKUNDIG-SIELKUNDIGE HULPMIDDEL VIR INSIG IN DIE EMOSIONELE PROBLEME VAN ADOLESSENTE. deur ANITA CATHERINA JONES

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

HOOFSTUK ALGEMENE INLEIDING EN UITEENSETTING VAN DIE STUDIE INLEIDING MOTIVERING VIR KEUSE VAN ONDERWERP...8

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

HOOFSTUK 4 NAVORSINGSONTWERP EN NAVORSINGSVERLOOP 4.1 INLEIDING

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

Rut: n Liefdes Verhaal

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

DIE VERW ANTSKAP TUSSEN STRES EN PERSOONLIKHEIDSWEERSTANDSBRONNE BY BESTUURDERS TYDENS TRANSFORMASIE. deur NELIA BARNARD

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

HOOFSTUK 5 DIE BELANG VAN GESKIEDENIS 5.1 PROBLEEMSTELLING Subprobleem 4

Ingehandig by die F AKULTEIT TEOLQGIE. van. G "'-b DIE UNIVERSITEIT VAN DURB:::WESmLLE. die vereistes tot die voltooiing

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

'N HISTORIES-OPVOEDKUNDIGE ANALISE VAN IDEOLOGIEË, WAARDES EN NORME SEDERT DIE RENAISSANCE-HUMANISME

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

ANNA MARIA SUSANNA VAN NIEKERK

HOOFSTUK 2. 'n Struktuuranalise van die skool word getnaak aan die hand van die

HOOFSTUK 4 Bestuursmodelle, met spesifieke verwysing na die bedryf- en besigheidsaspekte van oop afstandsleer

waai? Dr Japie Coetzee 'n Praktiserende Prokureur, Notaris en Aktevervaardiger Coetzees Ingelyf Parys

BOOK REVIEW BOEKBESPREKING

Die bydrae van n haalbare gasvryheids- en ontmoetingsetiek in die etiese versorging van gesondheidsorgwerkers

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Studentenommer: Ek verklaar hiermee dat:

Direkte en indirekte rede *

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

GRAAD 12-PUNTE AS VOORSPELLER VAN SUKSES IN WISKUNDE BY N UNIVERSITEIT VAN TEGNOLOGIE

STRESSIMPTOMATOLOGIE BY NOOOOIENSPERSONEEL MARINDA OOSTHUIZEN MAGISTER COMMERCII BEDRYFSIELKUNOE UNIVERSITEIT VAN SUIO-AFRIKA

ʼn Model vir die gebruik van Bybelse narratiewe in die pastoraat aan kinders tussen die ouderdom van 6 en 13 jaar

ONDERSOEK NA DIE DAARSTELLING VAN BELEID VIR DIE ORGANISERING VAN SPORT~ EN REKREASIEDIENSTE VAN DIE SUIDELIKE PRETORIA METROPOLITAANSE SUBSTRUKTUUR

Verklaring. Natalie Hislop-Esterhuysen ( ) Junie 2006

Die verantwoordelikheids-etiek van Max Weber: n Toepaslike etiek vir ons tyd? 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

Poësie Performances: n Ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance

COPING IN DIE SUID-AFRIKAANSE GEHEIME DIENS: 'N FORTIGENE-BENADERING

HOOFSTUK 1. ALGEMENE ORleNTERING

BEWUSWORDING BY DIE ADOLESSENTE DWELMAFHANKLIKE TYDENS DIE TERAPEUTIESE PROSES: N GESTALTBENADERING

Die leerondersteuningonderwyser se persepsie rakende die benutting van spelterapie vir grondslagfase-leerders met besondere onderwysbehoeftes

MARIANNE VAN DER HOVEN

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

Geloofsonderskeiding in die Oostelike Sinode van die NG Kerk tydens die besluitnemingsprosesse oor die wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

SIZA takes the sting out of auditing

DIE SELFKONSEP VAN STUDENTE WAT HAKKEL: 'Ν VERKENNENDE ONDERSOEK

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Combined Motor Holdings Ltd. 4 April 2014

VERKLARING. Die ontwikkeling van n werksetiekvraelys gebaseer op n holistiese filosofiese model van etiese besluitneming,

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

'n KRITIESE ONDERSOEK NA DIE

HOOFSTUK 1: INLEIDENDE ORIËNTASIE

Departement Christen Spiritualiteit, Kerkgeskiedenis en Sendingwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), Pretoria

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA. (Noord Kaapse Afdeling KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE INKOMSTEDIENS U I T S P R A A K

GRAAD 8 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

DIE GEBRUIK VAN DIE ONTWIKKELINGSGEFASILITEERDE GROEPMODEL VIR EGSKEIDINGSGETRAUMATISEERDE ADOLESSENTE

Bestuur van Verandering. Hoofstuk2 HOOFSTUK2 BESTUUR VAN VERANDERING 2.1 INLEIDING

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

Grondwetlike waardes en sosio-ekonomiese regte met verwysing na die reg op sosiale sekerheid *

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

BYLAAG A LYS VAN SUID-AFRIKAANSE PRIVAATSKOLE WAT DIE CAMBRIDGE KURRIKULUM VOLG CIE CENTRES IN SOUTH AFRICA

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

Narratief en perspektief in Sleuteloog. deur Hella Haasse

Die invloed van meerdere avontuur-gerigte ervaringsleerprogramme (AEL) op die retensie van indiwiduele gedragsveranderings: n Gevallestudie

HANDLEIDING VIR WERKOPDRAGTE

Transcription:

DIE INVWED VAN STRES OP DIE AKADEMIESE PRESTASIE VAN DIE VOLWASSENE-LEERDER: 'N ORTO-ANDRAGOGIESE STUDIE deur JAN WILLEM LOTZ voorgele luidens die vereistes vir die graad DOCTOR EDUCATIONIS in die vak ORTOPEDAGOGIEK aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA PROMOTOR: PROF. S.F.M. CROUS SEPTEMBER 1995

Ek verklaar hiermee dat: DIE INVLOED VAN STRES OP DIE AKADEMIESE PRESTASIE VAN DIE VOLWASSENE-LEERDER: 'N ORTO-ANDRAGOGIESE STUDIE my eie werk is en dat ek alle bronne wat ek gebruik of aangehaal het deur middel van volledige verwysings aangedui en erken het. -------r- w ~ oi...? v J.W. Lotz Datum +

BEDANKINGS Besondere dank en opregte waardering word hiermee uitgespreek teenoor: Prof. S.F.M. Crous onder wie se bekwame leiding hierdie proefskrif geskryf is. Prof. G. Bester vir die skryf van die rekenaarprogram, asook die studieleiding wat daarmee gepaard gegaan het. Dr. M.D. Uys vir die taalversorging en wenke. Mev. A. Fourie vir die Engelse vertaling van die opsomming. Die biblioteekpersoneel van die Universiteit van Suid-Afrika vir puik <liens. Familielede, vriende en kollegas vir die belangstelling en aanmoediging, terwyl ek met hierdie studie besig was. My vrou, Merle, asook kinders Sonia en Wim, vir opofferinge tydens my studie. Soll Deo Gloria! -11-

DIE INVLOED VAN STRES OP DIE AKADEMIESE PRESTASIE VAN DIE VOLWASSENE-LEERDER: 'N ORTO-ANDRAGOGIESE STUDIE deur J.W. LOTZ GRAAD DEPARTEMENT PROMOTOR Doctor Educationis Ortopedagogiek Prof. S.F.M. Crous OPSOMMING Stres is 'n komplekse en veelvlakkige fenomeen wat in die huidige tydsgewrig van aktuele belang beskou word. Die doel van die studie is om die fokus te laat val op die invloed van stres op die akademiese prestasie van die jeugdige student. Ten einde tot begrip van die voorgaande te kom, is daar in eerste instansie 'n omvattende literatuurstudie onderneem. 'n Oorsig is gebied ten opsigte van die aard, etiologie, manifestering en bantering van stres. In die besonder is gelet op faktore wat aanleiding tot distresbelewing by die jeugdige student gee. Benewens die voorgaande, is die wyse waarop die persoonsvoltrekking van die jeugdige student geskied, nagevors. Uit die navorsing het dit geblyk dat sommige jeugdige studente vanwee onder meer distresbelewing en ontoereikende persoonsvoltrekking, in 'n noodsituasie verkeer, wat orto-andragogiese begeleiding noodsaaklik maak. Gevolglik is 'n blik op die orto-andragogiese aanspreeklikheid vir hulpverlening binne tersiere -iii-

opleidingsverband gewerp. In laaste instansie is 'n empiriese ondersoek na die korrelasie tussen stres en verbesonderde akademiesgeorienteerde aangeleenthede geloods. Na aanleiding van die bevindinge en gevolgtrekkings waartoe daar in die loop van die studie en ondersoek gekom is, ls aanbevelings vir toekomstige navorsing gedoen. -IV-

THE INFLUENCE OF STRESS ON THE ACADEMIC PERFORMANCE OF THE ADULT LEARNER : AN ORTHO-ANDRAGOGIC STUDY BY J.W. LOTZ DEGREE DEPARTMENT SUPERVISOR : DOCTOR EDUCATIONIS : Orthopedagogics : Prof. S.F.M. Crous SUMMARY Stress is a complex and multi-dimensional phenomenon of which topical significance is given at present. The aim of this study was to focus on the influence of stress on academic performance of the young student. First, a comprehensive study of the literature was undertaken in order to arrive at an understanding of the foregoing. An overview of the nature, etiology and manifestation of stress, as well as how it is coped with, is offered. Special attention was devoted to factors that cause the young student to experience distress. In addition the way in which the personal actualisation of the young student occurs, was researched. From the research it appeared that owing to, among other things, the experiencing of distress and inadequate personal actualisation, some young students are -v-

in a situation involving need, which requires urgent and essential ortho-andragogic guidance. Consequently, the ortho-andragogic responsibility of rendering aid within the context of tertiary training was addressed. Lastly, an empirical investigation of the correlation between distress and particularised academically oriented issues was launched. Based on the findings and conclusions arrived at during the course of the study and investigations, recommendations have been made for future research. Key terms: Stress; Distress; Adult learner; Academic performance; Ortho-andragogic study; Stress factors; Tertiary training; University student; Stress phenomenon; Student actualisation; Academic prediction; Stress management -Vl-

INHOUDSOPGAWE HOOFSTUK 1: TERREINVERKENNING EN PROBLEEMSTELLING 1. 1 Inleiding......................................... -1-1. 2 Probleemstelling.................................... -5-1. 3 Doel met die studie.................................. -7-1. 4 Metode van ondersoek................................ -8-1. 5 Program van studie.................................. -8- HOOFSTUK2 DIE AARD, ETIOLOGIE, MANIFESTASIES EN DIE BANTERING VAN STRES - 'N LITERATUUROORSIG 2.1 Inleiding... -11-2.2 Begripsverklaring... -13-2.2.1 Stres... -13-2.2.2 Stresser(s)... -14-2.2.3 Strespersepsie... -15-2.2.4 Stresreaksie... -16-2.2.5 Eustres... -18-2.2.6 Distres... ;... -20-2.2. 7 Streshantering... -22-2. 3 Teoretiese benaderings tot stres........................... -23-2. 3.1 Stres as 'n fisiologiese reaksieverskynsel... -24-2.3.2 Stres as 'n stimulus-omgewingsverskynsel... -28- -vn-

2.3.3 Stres as 'n transaksionele omgewings-enpersoonsverskynsel............................. -39-2. 3. 3.1 Eiesoortige persepsie van die omgewing... -40-2.3.3.2 Kognitiewe beoordeling van die omgewing... -41-2.4 Die etiologie van stres................................ -46-2. 4.1 Inleiding... -47-2.4.2 Die etiologie van distresbelewing by die jeugdige student... -50-2.4.2.1 Faktore op die sosiale terrein wat 'n verband toon met distresbelewing......................... -53-2.4. 2. 2 Faktore op die akademiese terrein wat 'n verband toon met distresbelewing... -53-2.4.2.3 Faktore gelee in die jeugdige student self wat 'n verband toon met distresbelewing... -55-2.4.2.4 Faktore van algemene aard wat 'n verband met distresbelewing toon... -55-2.4.2.4.1 Distresbelewing van jeugdige studente binne fakulteitsverband... -57-2.4.2.4.2 Distresbelewing by manlike en vroulike studente -59-2.4.2.4.3 Distresbelewing by jeugdige studente tydens verskillende akademiese jare... -61-2.5 Manifestasies van distresbelewing... -62-2.5.1 Fisieke manifestasies van distresbelewing... -63-2.5.2 Psigiese manifestasies van distresbelewing... -66- -vm-

2.5.3 Gedragsmanifestasies van distresbelewing... -68-2.5.4 Kognitiewe manifestasies van distresbelewing... -69-2.6 Streshanteringsvaardighede... -70-2.6.1 Inleiding... -70-2.6.2 'n Tematiese vermelding van streshanteringsvaardighede... -72-2. 7 Sintese.......................................... -75- HOOFSTUK3 : DIE JEUGDIGE STUDENT 3.1 Inleiding......................................... -76-3. 2 Begripsverklaring... -80-3.2.1 Die jeugdige student... -80-3.3 Die afbakening van die ontwikkelingstydperke van die mens... -80-3.3.1 Teoretiese agtergrond... -80-3.3..1. 1 Die lewensduurmodel............................ -81-3. 3.1.2 Die dwarsprofielmodel... -82-3.3.1.3 Die ontwikkelingsmylpaalmodel... -83-3.3.1.4 Die kategoriale-evolusionere model... -83-3.4 Definiering van die jeugtydperk........................... -84-3.5 Algemene kenmerke van die jeugtydperk... -86-3.5.1 Belewing van eie bekwaamheid... -86-3.5.2 Bewuswording van die wereld van die volwassene... -87-3.5.3 Toenemende bewustheid van die gemeenskaplikheid van mense... -88-3.5.4 Aktivistiese benadering... -88-3.5.5 Die vermoe tot objektiewe persepsie... -89-3.5.6 Oormatige idealisme...... -89- -IX-

3.5. 7 Vermensliking van eties-normatiewe beginsels... -89-3.5.8 Verandering van genitaliteit na seksuele wederkerigheid... -90-3.5.9 Innoverende potensiaal... -90-3.6 Die persoonsvoltrekking van die jeugdige student... -91-3.6.1 Persoonsvoltrekking op fisieke vlak... -92-3.6.1.1 Inleiding... -92-3.6.1.2 Fisieke ontwikkeling van die jeugdige student... -92-3.6.1.3 Samevatting... -96-3.6.2 Persoonsvoltrekking op kognitiewe vlak... -97-3.6.2.1 Inleiding... -97-3.6.2.2 Enkele teoretiese beskouinge ten opsigte van die leervoltrekking van die jeugdige student........................... -98-3. 6.2.3 Die leervoltrekking van die jeugdige student... -102-3.6.2.4 Samevatting... -109-3.6.3 Persoonsvoltrekking op normatiewe vlak.................. -110-3.6.3.1 Inleiding................................... -110-3.6.3.2 Die ontwikkeling van moraliteit..................... -111-3.6.3.3 Die omlyning van 'n persoonlike konstellasie van waardes en norme by die jeugdige student........................... -113-3. 6. 3.4 Samevatting................................. -115-3.6.4 Persoonsvoltrekking op affektiewe vlak................... -116-3.6.4.1 Inleiding................................... -116-3.6.4.2 Enkele teoretiese beskouinge....................... -116-3.6.4.3 Affektiewe voltrekking... -119- -x-

3.6.4.4 Sarnevatting................................. -123-3.6.5 Persoonsvoltrekking op sosiale vlak..................... -124-3.6.5.1 Inleiding................................... -124-3.6.5.2 Die jeugdige student se emansipasie van sy ouerhuis... -126-3.6.5.3 Die aanknoop van vriendskappe..................... -128-3.6.5.4 Die stigting van 'n intimiteitsverhouding................ -130-3.6.5.5 Samevatting... -136-3.6.6 Die ontwikkelingstake van die jeugdige student.............. -137-3.6.6.1 Inleiding................................... -137-3.6.6.2 Algemene ontwikkelingstake van die jeugtydperk........... -138-3.6.6.3 Eiesoortige ontwikkelingstake van die jeugdige student in opleidingsverband............................. -139-3. 6. 6.4 Sarnevatting... -143- HOOFSTUK 4 : DIE JEUGDIGE STUDENT AS OPGAAF VAN DIE ORTO-ANDRAGOGIEK 4.1 Inleiding........................................ -146-4.2 Die andragogiek as deeldissipline van die agogiek... -147-4.3 Die tersiere opleidingsinstansie as andragogiese situasie........... -149-4.4 Die verhouding tussen die dosent en jeugdige student............. -150-4.5 Die orto-andragogiek................................ -153-4. 6 Die orto-andragogiese begeleidingstaak van die dosent ten opsigte van distresbelewing by die jeugdige student................... -155-4. 7 Samevatting... -157- -Xl-

HOOFSTUK5 : DIE EMPIRIESE ONDERSOEK 5.1 Inleiding........................................ -158-5.2 Hipoteses... -159-5.2.1 Hipotese 1-159- 5.2.2 Hipotese 2-159- 5.2.3 Hipotese 3-160- 5.2.4 Hipotese 4-160- 5.2.5 Hipotese 5-161- 5. 3 Die ondersoekgroep................................. -161-5. 3.1 Die keuse van 'n geskikte tersiere opleidingsinstansie.......... -162-5. 3. 2 Die keuse van studente as proefpersone................... -163-5.4 Die meetinstrument... -165-5.4.1 Inleiding..................................... -165-5.4.2 Teoretiese begronding en strukturering van die vraelys.......... -166-5. 5 Prosedure by die ondersoek............................ -171-5. 6 Verwerking van data................................ -172-5. 7 Samevatting...................................... -172- HOOFSJVK.6 : BEVINDINGE VAN DIE EMPIRIESE ONDERSOEK 6.1 Inleiding........................................ -173-6.2 Die vraelys aan die jeugdige student....................... -173-6.2.1 Itemontleding van die vraelys......................... -173-6.2.2 Betroubaarheid van die vraelys........................ -178-6.3 Toetsing van hipoteses............................... -179-6.3.1 Hipotese 1.................................... -179- -xn-

6.3.2 Hipotese 2 6.3.3 Hipotese 3 6.3.4 Hipotese 4 6.3.5 Hipotese 5-181- -184- -185- -186-6.4 Samevatting van die resultate........................... -189-6.5 Tekortkominge in die ondersoek... -191-6.6 Samevatting... -191- HOOFSTUK 7 : SINI'ESE, BEVINDINGE, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS 7.1 Inleiding........................................ -192-7. 2 Bevindinge...................................... -193-7. 3 Gevolgtrekkings................................... -196-7.4 Aanbevelings en opvoedkundige implikasies.................. -197-7. 5 Moontlikhede vir verdere navorsing....................... -200-7. 6 Slotopmerking.................................... -201- BmUOGRAFJE... -202- BYLAE A......................................... -243- BYLAE B......................................... -244- BYLAE C... -245- BYLAE D... -246- BYLAE E... -251- -xiii-

HOOFSTUKl 1. TERREINVERKENNING EN PROBLEEMSTELLING 1.1 Inleiding Met die koms van die Renaissance is die starre konserwatisme van die Middeleeue ter wille van die ideaal van groter vryheid en verandering verwerp. Verandering is sonder meer met vooruitgang en verbetering gelyk gestel. Namate veranderinge mekaar teen toenemende tempo opgevolg het, het die leefwereld van die mens meer gediversifiseerd en gekompliseerd geraak. Die versnelde tempo waarteen verandering tans intree, is nie slegs kenmerkend van tegnologies ontwikkelde, groot wereldmoonthede nie, maar is ook tiperend van die Suid Afrikaanse lewenskultuur. Binne die Suid-Afrikaanse tegnokratiese bestel, word die "geslaagdheid" van verandering wat plaasgevind het, dikwels aan die hand van prestasie wat behaal is, beoordeel. Dienooreenkomstig het die verwerwing van prestasie een van die belangrikste kriteria in die bepaling van kundigheid, beroepsukses en selfs status geword. Hierdie scenario is nie alleen kenmerkend van die leef- en beroepsmilieu van die volwassene nie, maar dit het reeds sinoniem met die wereld en onderrig van die skoolgaande kind geword. Volgens Prinsloo (1989:33) leer die kind dat dit dikwels nie meer gaan om wat hy as mens is nie, of om die geestelike en emosionele groei wat bereik is nie, maar om hoe goed hy homself bewys - "lwe goed 1ty presteer. " Indien prestasie nie -1-

behaal word nie, loop die kind die gevaar om nie net deur eie tydgenote nie, maar ook deur persone wat vir horn 'n anker en lewensveiligheid hied, verwerp te word. Die uitwerking hiervan manifesteer volgens Prinsloo (1989:33) in intense spanning en angsbelewinge, destruktiewe gedrag, psigosomatiese patologie en uitbranding. Gedagtig aan die voorgaande meedeling dat beide die volwasse beroepsbeoefenaar, asook die skoolgaande kind onderhewig is aan die druk om te presteer, ontstaan die vraag of soortgelyke eise aan die jeugdige student binne tersiere opleidingsverband gestel word, en of hy moontlik, weens bepaalde redes, hiervan gevrywaar is. 'n Goed verantwoorde ondersoek wat onder Amerikaanse studente geloods is, stel Caudill en Carrington (1986:7) in staat om soos volg op die bostaande vraag te antwoord: "In recent years, pressure to peiform well academically, socially, and professionally has caused many students to become ill and in some cases, take their own lives. Indeed suicide has become a very common form of death." Barthey en Belgrave (1987:57) ondersteun die aanname wat deur reeds genoemde navorsers gemaak word, wanneer hul ondersoekbevindinge onteenseglik daarop dui dat selfmoord onder jeugdige studente, weens die belewing van distres, in die afgelope jare 'n drastiese toename getoon het. In aansluiting hierby verklaar Smith (1988: 127) dat sedert die subsidie-formule vir Suid Afrikaanse tersiere inrigtings deels in terme van akademiese sukses uitgedruk word, die belangrikheid van suksesvolle studie vir tersiere opleidingsinstansies van oorlewingsbelang geword het. Die eise waarvoor die jeugdige student in hierdie verband te staan kom, is voor die hand liggend. -2-

Wanneer selfmoord as die enigste uitweg vir mislukte prestasie gestel word, word nie net die beginsels wat die tegnokratiese bestel ten grondslag le, onder verdenking geplaas nie, maar word die ontwerp en implementering van voorkomings- en hulpverleningsmaatreels as die hoogste prioriteit, geaksentueer. Navorsers is dit eens dat selfmoord, in die meerderheid gevalle, nie die resultaat van impromptu besluitneming is nie, maar dat dit voorafgegaan word deur bepaalde optredes, gemoedstemminge en so meer, wat dikwels simptomaties van selfvemietiging is. In hierdie verband verklaar Bayley (1984: 139), Jones (1991 :81) en Fisher (1986:217-218) dat benewens gevoelens van depressiwiteit en ingeperktheid, die belewing van distres van beduidende belang is en deur talle deskundiges as een van die etiologiee van selfmoord gereken word. In die lig van die voorgaande moet noodwendig gevra word na die aard van stres. Literatuumoterings bring aan die lig dat daar ten opsigte van die konseptualisering van stres, uiteenlopende gesigspunte bestaan. Fleming, Baum en Singer (1984:939) slaag daarin om die teenswoordige diversiteit in stresbeskouinge soos volg saam te vat: 11 Some consider stress to be events external to the organism that make demands on it; others suggest that stress is the organism's response to the events that challenge it (Se lye 1976 ). Still others view both external and internal events as stress, emphasizing the interaction between environment and response (Lazarus en Launier 1978; Mason 1975). These differences reflect only part of the confusion - there are so many different disciplinary approaches within these perspectives that it is often difficult to grasp the connection between them. 11-3-

Uit die voorgaande blyk dit enersyds dat eenstemmigheid oor wat met die begrip "stres" bedoel word nog geensins bereik is nie en dat 'n eenmalige definiering van stres andersyds, moontlik op 'n oorvereenvoudiging van 'n komplekse aangeleentheid kan dui. Daar sa1 voorlopig met die voorgaande verduideliking volstaan word, maar vanwee die besondere betekenis van die vraag oor die aard van stres, blyk 'n wetenskaplike begronding en deurskouing van stres in die loop van die studie, onafwendbaar te wees (vergelyk hoofstuk 2). 'n Kursoriese verkenning van navorsing wat rondom die vraag na die aanwesigheid van stres by die jeugdige student wentel, toon dat hy, vanwee sy "nuutverkose" opleidingsgesitueerdheid, voor vele opgawes en uitdagings te staan kom, wat tot beide eustres (aangename stresbelewinge) en distres (onaangename stresbelewinge) aanleiding gee. Whitman, Spendlove en Clark (1984:24) maak melding van die feit dat die teenwoordigheid van stres binne tersiere opleidingsverband as gegewe aanvaar moet word. Waarop egter gehoop word en deurentyd as ideaal voorgehou word, is naamlik dat die jeugdige student se belewing van stres, nie alleenlik tot verhoogde leerbetrokkenheid en akademiese prestasie sa1 lei nie, maar in 'n gevoel van toenemende (akademiese) bekwaamheid sa1 vergestalt. Die navorsingsbevindinge van Archer en Lamnin (1985:210), asook die van Bayley (1984: 139) wek egter kommer wanneer dit binne die konteks van die onderhawige studie gespieel word. Archer en Lamnin (1985:214) verklaar dat distresbelewing aanleiding tot fisieke en psigiese probleme gee wat in die besonder nadelig op akademiese prestasie -4-

inwerk. Op sy beurt konstateer Bayley (1984: 139) dat die belewing van distres by Amerikaanse studente, reeds epidemiese afmetings aangeneem het en dat hulpverlening aan studente van reele belang geword het. Indien distresbelewing by die jeugdige student daartoe aanleiding gee dat nie alleen sy akademiese loopbaan in gevaar gestel word nie, maar dit gevolglik ook dreig om horn van sy volwaardige persoonsvoltrekking - sy /ewe - te ontneem, le dit voor die hand dat die jeugdige student as noodhebbende op die ondersteuning van ander mense aangewese is. Wie hierdie begeleidings- en hulpverleningsaksie as opgaaf het, sal duidelik in hoofstuk 4 na vore kom. Wat reeds aanvaar moet word, is dat hulpverlening noodwendig af gestem sal wees op die bestudering en beskrywing van dit wat aanleiding tot distresbelewing en ooreenkomstige ontoereikende persoonsvoltrekking gee. Uit die enkele vrae wat gestel is en voorlopige antwoorde wat in die literatuur gevind is, wil dit voorkom of die algemene (populere) opvatting, naamlik dat die jeugdige student "stresvry" is, nie meer geredelik aanvaar kan word nie, en dus aan verdere praktykverkenning en teoretiese verbesondering onderhewig is. Hierdie aangeleentheid, asook ander verwante sake, sal noodwendig in die loop van hierdie studie aan die orde gestel moet word. 1.2 Probleemstelling Dit word algemeen aanvaar dat stres 'n onlosmaaklike deel van die ontwikkelende samelewing geword het. V oorts bevestig literatuumoterings die vermoede dat stres reeds -5-

'n bekende fenomeen in tersiere opleiding is. Uit hoofde van die voorgaande blyk daar bepaalde probleemareas en knelpunte na vore te tree wat prominente aandag verdien. Dit lei tot die volgende vrae: Wat is stres? Om tot 'n duidelike perspektief en begrip van stres te kom, sal wetenskaplik gefundeerde antwoorde op onder meer die volgende vrae verskaf moet word, naamlik: Wie is die jeugdige student? Ten opsigte van die jeugdige student is dit te verstane dat daar in die loop van die studie rekenskap gegee moet word van die volgende aangeleenthede, te wete: Watter teoretiese benaderings word ten opsigte van die aard van stres gehuldig? Waarin is die etiologie van stres in die algemeen, en in die besonder, by die jeugdige student gelee? Watter stresreaksies is simptomaties van distresbelewing? Wat is die verband tussen stres en die akademiese prestasie van die jeugdige student? Van watter streshanteringswyses kan gebruik gemaak word om stres effektief te hanteer? -6-

In watter ontwikkelingstydperk bevind die jeugdige student horn? Wat is die algemene kenmerke van hierdie ontwikkelingstydperk? Hoeveel jeugdige studente is by tersiere opleiding betrokke? Hoe vergestalt die persoonsontwikkeling en - voltrekking van die jeugdige student in tersiere opleidingsverband? Voor watter ontwikkelingstake kom die jeugdige student gedurende hierdie ontwikkelingstydperk te staan? Wat is die taak van die tersiere opleidingsinstansie as orto-andragogiese situasie ten opsigte van die jeugdige student? Die kompleksiteit van die studenteleefwereld is so omvangryk dat dit bykans 'n onbegonne taak is om selfs naastenby 'n volledige greep daarop te kry. Die vraag onstaan: Op watter wyse(s) kan die jeudige student wat onder meer vanwee distresbelewinge in nood verkeer, begelei word om stres effektief te hanteer ten einde sy persoonsvoltrekking op toereikende wyse te volvoer? 1.3 Doel met die studie Met die oog op 'n daadwerklike aanspreek van die probleme wat in die voorgaande gedeelte opgehaal is, is die doel met die studie om : -7-

'n Verteenwoordigende oorsig te gee oor stres, met spesfieke verwysing na distresbelewing by die jeugdige student. 'n Uiteensetting te bied van die wyse waarop die persoonsvoltrekking van die jeugdige student geskied. Aan te toon wat die taak van die tersiere opleidingsinstansie en meer in die besonder die orto-andragogiek, ten opsigte van die noodbelewinge van die jeugdige student is. Vas te stel of daar 'n verband bestaan tussen distres en die akademiese prestasie van die jeugdige student. 1.4 Metode van ondersoek Die metode van ondersoek is tweerlei van aard en wen tel om 'n literatuurstudie en 'n empiriese ondersoek. 'n Uitgebreide literatuurstudie sal onderneem word om stres, die jeugdige student en die terrein van die orto-andragogiek bekend te stel. 'n Empiriese ondersoek sa1 uitgevoer word in 'n poging om vas te stel in watter mate distres die akademiese prestasie van die jeugdige student be1nvloed. 1.5 Program van studie Na die orienterende propedeutiese hoofstuk, sien die verdere program van studie soos volg daaruit: -8-

In HOOFSTUK 1WEE sal oorgegaan word tot 'n volledige begronding en deurskouing van stres met die klem op die aard, etiologie, manifestasies en hanteringswyses daarvan. Die literatuur wat hieroor handel, sal in die lig van die segswaarde daarvan vir die jeugdige student, binne tersiere opleidingsverband beskou word. In HOOFSTUK DRIE sal die jeugdige student aan die orde gestel word. 'n Duidelike omskrywing van onder meer die lewenstydperk waarin hierdie jeugdige student horn bevind, sy persoonsvoltrekking en die ontwikkelingstake waarvoor hy te staan kom, sal onder die loep geneem word. In HOOFSTUK VIER. sal die taak van die tersiere opleidingsinstansie as andragogiese situasie, met betrekking tot distresbelewing van die jeugdige student, aangetoon word. In HOOFSTUK VYF sal die beplanning en uitvoering van die empiriese ondersoek bespreek word. Die hipoteses wat uit die literatuur afgelei kan word, sal in die hoofstuk gestel word. Die ondersoekgroep sal beskryf word en die meetinstrument, asook die navorsingsprosedure vir die versameling en verwerking van die gegewens, sal aangestip word. Die resultate van die onderskeie komponente van die empiriese ondersoek sal in HOOFSTUK SES aangebied word. HOOFSTUK SEWE sal bestaan uit 'n samevatting van die bevindings en gevolgtrekkings wat in die loop van die studie gemaak is. Aanbevelings sal aan die hand gedoen word -9-

en terreine vir verdere navorsing sal aangetoon word. -10-

HOOFSWK2 2. DIE AARD, EflOWGIE, MANIFESTASIES EN DIE HANTERING VAN STRES - 'N IJIERAWUROORSIG 2.1 lnleiding. It's rwt the large things that send a man to the madhouse... rw it's the continuing series of small tragedies that send a man to the madhouse... rwt the death of his love bllt a shoelace that snaps wit rw nme..... h left II Charles Bukowski In die voorgaande hoofstuk het dit reeds duidelik geword dat daar ten aansien van die konseptualisering van stres, uiteenlopende beskouinge in die literatuur bestaan. Redes vir die diversiteit in beskouinge, moet onder meer gesoek word in die kontrasterende aard van dissiplines waarbinne navorsing oor die eeue heen reed~ ondemeem is en steeds in 'n toenemende mate geloods word. -11-

In die verband word onder meer gedink aan die omvangryke studieterrein van die gedrags- en natuurwetenskappe. Met die aanvang van die 14de eeu word stres verwoord in gevestigde begrippe van die tyd, te wete, "lyding", "teenspoed", "kwelling" en "nood" (Lumsdem 1981). In die laat 17de eeu verkry stres in die fisika die betekenis van 'n eksteme krag of hoeveelheid druk wat op 'n voorwerp toegepas word, om dit te vervorm of te buig (Striimpfer 1983:5). As een van die oorsake van algemene swak gesondheid, maak stres in die begin van hierdie eeu sy debuut in verskeie navorsingsartikels van geneeskundige aard (Hinkle 1974). Ook in die sosiologie word stres in die geskrifte van Marx, Weber en Durkheim binne die kader van die bestaande sosiologiese orde beredeneer en is dit ten besluite veral die werk van Grinker en Spiegel (1945) getitel "Men under stress", wat stres binne die konteks van die sielkunde sou plaas. Gesien teen hierdie agtergrond, val die opmerking van Goldberger en Breznitz (1982:4) dan ook nie vreemd op die oor nie. "Although the lack of agreement on the definition of stress is seen by some as indicative of a paradigm crisis, the absence of consensus more properly reflects the rapid expansion of stress research in many divergent directions and may be more conducive to future theorizing than a premature closure. " Gedagtig aan die doel van hierdie studie, naamlik om in eerste instansie, die verband tussen distres en die akademiese prestasie van die jeugdige student te bepaal, is dit voor die hand liggend dat daar gepoog sa1 word om 'n wetenskaplik gefundeerde verkenning van stres as onderwerp te ondemeem. Daarom is die doel met hierdie hoofstuk om: deur middel van 'n begripsverldaring aan te toon wat met bepaalde begrippe, soos -12-

Die voorgaande uiteensetting kan moontlik die indruk wek dat op volledigheid aanspraak gemaak word, wat egter nie die geval is nie. Wat wel waar is, is dat bogenoemde stresverwante aspekte vanwee hul interafuanklike aard, nie in isolasie bestudeer kan word nie. 'n Sinvolle interpretasie van insigte is alleenlik moontlik, indien dit teen die agtergrond van stres as multidimensionele begrip bereken word. 2.2 Begripsverklaring 2.2.1 Stres Soos in paragraaf 1.1 aangedui, word stres as sambreelterm gebruik vir 'n verskeidenheid stimuli, response, toestande en belewinge wat in bepaalde teoretiese beskouinge vervat is. Linguisties beskou, is die begrip "stres" aan die Latynse woord "stringere" ontleen wat in hierdie studie gebruik, bedoel word, die belangrikste teoretiese benaderings aangaande die aard van stres te ondersoek, die etiologie van stres in die algemeen en in die besonder by die jeugdige student, te verhelder, om mani,festasies van distresbelewing uit te lig en kontemporere streshanteringsvaardighede bekend te stel. -13-

beteken "om styf vas te maak ". In die verband dui stres volgens Humphrey ( 1986: 1) op 'n beperkende mag of invloed wat veral binne die konteks van menslike liggaamlikheid besondere betekenis verkry. Insgelyks word stres in "The Concise Oxford Dictionary" (Sykes en Fowler 1982: 1053) as "... a demand upon physical or mental energy" omskryf. Ten einde 'n aanhaling van tallose definisies van stres, soos in die literatuur vervat, te voorkom, word stres vir die doeleindes van die onderhawige studie omskryf as 'n wyse waarop betekenis aan die stressers (eise) wat vanuit die omgewing asook die mens self kom, gegee word. Die betekenisgewing en gevolglike hantering van stres kan positief (eustres) of negatief (distres) van aard wees. 2.2.2 Stresser(s) Girdano en Everly (1986:6) definieer 'n stresser as "... an event or condition that may be purely physical, social or psychological, including anticipation and imagination, and that triggers a stress reaction. " Roos en Moller (1988:27) belig hierdie begrip deur te verklaar dat eksteme faktore, soos onder meer werkdruk, die dood van 'n gelief de en verkeersknope, asook eie innerlike houdings en gedagtes - wat byvoorbeeld in akademiese aspirasies en lewensideale vergestalting vind - as oorsaaklik vir distresbelewing beskou kan word en dus as stresser gereken moet word. Gefundeer op navorsingsbevindinge, word die mening gehuldig dat enige lewensgebeurtenis, hetsy positief of negatief, wat merkbare aanpassing vereis, as 'n stresser geag moet -14-

word (vergelyk Hamberger en Lohr 1984:9). In laaste instansie word daar by Curtis en Detert (1981:20) aangesluit, wat tot die gevolgtrekking kom dat stressers as primer of sekonder van aard beskryf moet word. 'n Primere stresser word as die aanvanklike inisieerder van die stresreaksie beskou, terwyl die sekondere stresser die reaksie wat uit die primere stresser voortvloei, geaktiveerd hou, deur te verhoed dat die liggaam na sy normale toestand terugkeer. As toeligting word 'n situasie geskets waar 'n werknemer sy ontslag ontvang - wat as die primere stresser beskryf word - en die kommer en beangstheid oor hoe sy gesin voortaan versorg gaan word, as die sekondere stresser beskou word. Vir die doeleindes van hierdie studie word gekonkludeer dat : 'n stresser in sinonieme verband met die woord "eis" staan, 'n stresser as positief of negatief deur die mens beteken word, en in 'n (stres)reaksie manifesteer en stressers (ekstem en intern) onbeperk in getal kan wees. 2.2.3 Strespersepsie Strespersepsie wat in die literatuur ook as stresbeoordeling ("appraisal") bekend staan, is volgens Goldberger en Breznitz (1982: 141) van besondere betekenis in die navorsing van stres, vanwee die "vertolkingsfu.nksie" wat dit vervul. In hierdie verband word verklaar dat "... the appraisal fu.nction includes not only what the stimulus is but also what it has meant in the past, how it was met and what current significance it has for the individual. " -15-

McGrath (1970:76) merk tereg op wanneer hy se dat stres in die oe van die beoordelaar is. Volgens horn word affektiewe belewinge en reaksie van die mens grootliks gerig deur sy persepsie of kognitiewe beoordeling van 'n situasie. Weitz (in McGrath 1970: 126) brei uit op die voorgaande beskouing, deur daarop te wys dat 'n persoon se persepsie van 'n situasie, as byvoorbeeld potensieel gevaarlik, nie afhanklik is van 'n persoonlike deurleefdheid van die situasie nie. Magnusson en Stattin (1978:317-319) sluit by Weitz aan wanneer hulle konstateer dat daar binne stresverband regverdiglik van 'n "werklike of 'n denkbeeldige situasie" gepraat kan word. Ook Spielberger (1972:27) onderskryf die belangrikheid van hierdie begrip wanneer hy verklaar dat 'n persoon se reaksie op 'n situasie, grootliks deur sy eie beskouing daarvan be1nvloed word. Strespersepsie word binne die konteks van hierdie studie as 'n persoonlike aangeleentheid beskou wat deur eie sin- en/of betekenisgewing gekenmerk word. 2.2.4 Stresreaksie Vir Higgins (1991:8) verkry die onderhawige begrip besondere betekenis wanneer dit teen die agtergrond van die fisiek-psigiese totaliteit van die mens beskou word. Hoe bloeddruk, spierspasmas, allergiee en so meer kan as fisieke reaksie van die liggaam beskou word, wanneer dit aan (oormatige) stres blootgestel word. Benewens die voorgaande, kan die stresreaksie ook psigies van aard wees en uitdrukking vind in onder meer 'n gevoel van senuweeagtigheid wat weer tot ongeduld en ge1rriteerdheid aanleiding -16-

kan gee. 'n Stresreaksie word deur Levitt (1967: 12) beskryf as "... an alteration of the individual's condition or peiformance which comes about presumably as a result of being under stress." Warrick (1981:37) wys daarop dat stresreaksies nie net op die fisieke en psigiese terrein van die mens van toepassing is nie, maar ook binne menslike gedrag gevind word. Ten opsigte van gedrag kan 'n persoon 6f konstruktief met toenemende deursigtigheid reageer 6f destruktief, onvanpas of selfs selfvernietigend wanneer hy onder stres verkeer. 'n Stresreaksie kan vergestalt in: 'n direkte uitwerking van die stresser op die liggaam, 'n inwendige reaksie wat weefselverdediging stimuleer of wat help om skadelike stowwe te vernietig, of 'n inwendige reaksie wat weefsel vernietiging veroorsaak deur onnodige, oormatige verdediging te inhibeer. Samevattend verklaar Roos en Moller (1988:35), Burns (1988:12-13), asook Sutherland en Cooper (1990:99) dat die mens se reaksie op stresbelewing multidimensioneel van aard kan wees en binne fisieke, psigiese, kognitiewe en gedragsverband manifesteer. 'n Diagrammatiese voorstelling van die voorgaande sien soos volg daaruit: -17-

Fisieke reaksie Psigiese reaksie Stressers l waarneming, kognisie! stres i 7~ Kognitiewe reaksie Gedragsreaksie Binne hierdie studie, sal die pas vermelde outeurs se omskrywing van 'n stresreaksie as vertrekpunt geneem word. 2.2.5 Eustres is van die Griekse woo rd "eu " af gelei wat "goed" beteken en met 'n gevoel van euforie geassosieer word (Goldberger en Breznitz 1982: 16). Pestonjee (1992:29) beweer dat die funksionele gebruik van hierdie begrip te danke is aan 'n veranderende benadering in stresnavorsing. Stres word nie slegs as 'n belemmerende invloed beskryf nie, maar aksent word ook op die verrykende en positiewe inwerking van stres geplaas. Selye (1974:96) is van mening dat stres wat 'n gevoel van tevredenheid en jeugdige krag -18-

teweegbring, as aangename, positiewe of eustres beskou moet word. Eustres word ook geassosieer met situasies wat uitdagings bied en deur persoonlike groei en ontwikkeling gekenmerk word (Whitman, Spendlove en Clark 1984: 17). Haan (1982:255) onderstreep dit wat reeds genoem is deur te verklaar: "... stress does not invariably lead to deterioration. It may facilitate growth. " Die verskil tussen eustres en distres is primer in 'n persoon se persepsie van die situasie gesetel (Baley 1984: 139). Wanneer 'n persoon 'n stresvolle situasie as 'n geleentheid vir selfverwerkliking beleef, word stres as konstruktief of positief van aard beskryf (Maples 1980:27). 'n Deursigtige omskrywing van eustres word in die volgende aanhaling gevind: "Eustress is associated with excitement, adventure, thrilling experiences. It is fun, it enhances vital sensations, it turns people on, it releases energy" (Striimpfer 1983:6). Binne tersiere opleidingsverband wys Ovcharchyn, Johnson en Petzer (1981: 248-255) daarop dat eustres onder meer 'n positiewe korrelasie met akademiese prestasie toon. Ten slotte word daar by Roos en Moller (1988: 19) aangesluit wat 'n onderskeid tussen gevaarlike (negatiewe) en niegevaarlike (positiewe) stres tref. Hulle laat die klem daarop val dat stres nie noodwendig altyd nadelig of "sleg" is nie. Baie gebeure wat die mens as opwindend of gewens beskou, kan net so stresproduserend as ongunstige omstandighede wees. Voorts vermeld hulle dat die afwesigheid van stres ook 'n stresser kan wees. -19-

Na aanleiding van die voorgaande gedeeltes word eustres omskryf as stres wat 'n persoon in staat stel om optimaal te funksioneer. 2.2.6 Distres Distres ontstaan wanneer die hoeveelheid stres wat ervaar word, enersyds te ver onder, of andersyds te ver bo die optimale stresvlak wat effektiewe funksionering moontlik maak, daal of styg (Sharpe en Lewis 1977:65). Soortgelyk aan die siening van Sharpe en Lewis (1977:65) berig Sutherland en Cooper (1990:34) dat distres gekenmerk word deur twee opponerende pole van onder- en oorbelading. Curtis en Detert (1981:28) verduidelik die betekenis van negatiewe stres of distres soos volg: "Inappropriate elicitation of the stress response -(response triggered too frequently in a short period of time or constantly over a longer period of time) - can cause problems and can lead to the condition we call 'stress gone bad'." Uit die literatuur wil dit voorkom of distres ook in verband gebring kan word met onder meer depressie, selfmoord, gewelddadige optrede en swak akademiese prestasie (Baley 1984 : 139). Insgelyks is Jorde (1982:36) van mening dat te veel stres gevaarlik kan wees en 'n verswarende uitwerking op die welsyn van 'n persoon kan he. Kaplan (1983:34) verwoord distres in sy navorsing as 'n algemene gevoel van onaangenaamheid, wat enersyds in fisiologiese veranderinge (byvoorbeeld duiseligheid) en andersyds in gemoedstemminge, soos onder meer depressie en angs, neerslag vind. -20-

Dit is nie duidelik waarom een soort stres (distres) patogenies is en die ander (eustres) oenskynlik nie, terwyl albei alledaagse fisiologiese subtrekke in die simpatiese senuweestelsel het (Posner en Leitner 1981: 10). So kan distres tot 'n verskeidenheid psigosomatiese siektes en selfs die dood lei. Dunham (1986:95), asook Sutherland en Cooper (1990:34) se beskouing van distres stem oereen met die van Sharpe en Lewis ( 1977: 65). Aan die hand van Hebb se teorie word van die standpunt uitgegaan dat 'n gebrek aan eise, tot verveling aanleiding kan gee. In teenstelling hiermee word 'n geleidelike toename in eise wat gestel word en steeds binne die hanteringsvermoe van die persoon val, as stimulerend en energiewekkend beskou. Sodra die eise waaraan voldoen moet word buite die hanteringsvermoe van die persoon strek, word hoe vlakke van angs en verminderende werkeffektiwiteit, vermoeidheid, uitputting en selfs uitbranding beleef. 'n Diagrammatiese voorstelling van die voorgaande beskouing, sien soos volg daaruit: -21-

Topprestasie An gs Bise word gesien as 'n uitdaging Vermeerderde motivering Swak konsentrasie Vermoeidheid Uitputting Verveling Uitbranding... Min eise Vermeerderde eise Baie eise Uit die beskouinge van die genoemde navorsers blyk dit dat distres deur almal as 'n tekort aan, of 'n oormaat stressers getipeer word. Vanwee die aard van die tersaaklike studie sal aan insigte met betrekking tot distresbelewing besondere prominensie verleen word. Gevolglik word na distres verwys as stres wat die hanteringsvermoe van die persoon oorskry en dus tot 'n wanbalans tussen die gestelde eise en die effektiewe hantering daarvan aanleiding gee. 2.2. 7 Streshantering Fleming, Baum en Singer (1984:942) is die mening toegedaan dat streshantering fundamenteel te make het met ''pogings" wat aangewend word om die nadelige gevolge Probleme met besluitneming -22-

van stres so ver moontlik te verlaag. Volgens hulle is daar baie wyses waarop stres hanteer kan word. Die hantering van stres wentel hoofsaaklik rondom "style" of "strategiee" wat gei'mplementeer word ten einde die mens meer opgewasse teen ( oormatige) stresbelewing te maak (Du Toit 1992:40). In hierdie verband moet streshantering as een van die veranderlikes in die stresproses gesien word. Krohne en Laux (1982:6) fokus op die belangrikheid van hierdie begrip deur Lazarus se woorde aan te haal: "... how people cope with stress is even more important to overall morale, social.functioning and somatic health than the frequency and severity of the stress episodes themselves." Bmne die konteks van hierdie studie moet streshantering beskou word as bewustelike of onbewustelike pogings wat aangewend word om eksteme, sowel as inteme eise wat gestel word, te hanteer. Vervolgens word oorgegaan tot die beskrywing van teoretiese benaderings ten opsigte van die aard van stres. 2.3 Teoretiese benaderings tot stres Ten einde die diversiteit in die konseptualisering van stres te begryp, is dit nodig om die belangrikste teoretiese benaderings tot stres, onder oe te neem. -23-

Volgens Appley en Trumbull (1967:3-20), Cooper (1981:6-10), Mason (1975:29), Lazarus en Folkman (1984: 12-21), Fisher (1986:7-12), Krohne en Laux (1982:3-6), Van Der Linde (1990: 10) en Sutherland en Cooper (1990: 10), word stres hoofsaaklik vanuit die onderstaande teoretiese benaderings bestudeer, te wete: Stres as 'n fisiologiese reaksieverskynsel Stres as 'n stimulus-omgewingsverskynsel Stres as 'n transaksionele omgewings-en-persoonsverskynsel 2.3.1 Stres as 'n.fisiologiese reaksieverskynsel (Hierdie benaderingswyse staan in die literatuur ook as die medies-biologiese, die fisiologiese of patogenemodel bekend.) Alhoewel mediese belangstelling in stres alreeds vanaf die begin van hierdie eeu bestaan, is dit veral die navorsingswerk van Cannon (in Lazarus en Folkman 1984:2) wat die aandag trek. Cannon beskou stres as 'n noodrespons wat die persoon in staat stel om gevaar te hanteer. 'n Bewuswording van gevaar, word opgevolg deur adrenalienaktiwiteit, asook simpatiese stimulering wat tot verhoogde hartslag, asemhaling en spiersametrekking lei, terwyl die bloedvloei na die vel verminder word. Deur 'n persoon op 'n gereedheidsgrondslag te plaas, word hy in staat gestel om die aanslag af te weer of om op die vlug te slaan. Gevolglik word stres as 'n reaksie op gevaar wat direk aan oorlewing en aanpassing gekoppel is, gesien. Alhoewel die navorsingswerk van Cannon 'n belangrike vertrekpunt in die verstaanbaarmaking van stres is, word Selye (1976) allerwee as een van die baanbrekers op die -24-

gebied van stresnavorsing beskou. Hy is die eerste persoon wat 'n sistematiese beskrywing verskaf van die veranderinge waardeur die menslike liggaam gaan wanneer dit aan 'n bepaalde bedreiging of gevaar blootgestel word. Selye (1974:27) definieer stres as "... the nonspecific response of the body to any demand made upon it. " Volgens horn moet stres beskou word as iets wat binne die individu plaasvind en in fisiese en chemiese veranderinge in die liggaam manifesteer. Die voorgaande omskrywing staan as die "algemene aanpassingsindroom" bekend wat die uitwerking van stres op die mens aan die hand van die volgende fases verduidelik (Golberger en Berznitz 1982:10-14): Die alannfase Volgens die teorie van Selye word hierdie fase, wat ook as die "veg- of vlugfase" bekend staan, deur fisiologiese veranderinge wat met affektiewe belewing verbind word, gekenmerk. Sodra 'n stresser gei:dentifiseer word, en die fisiologiese werking van die endokriene stelsel geaktiveer word, ontstaan daar 'n tydelike inklinasie onder die normale weerstandsvlak van die persoon ten einde die liggaam op die gevaar voor te berei. Tydens hierdie fase word die normale spysverteringsfunksies vertraag, terwyl energie beskikbaar gestel word deur die vrystelling van bloedsuiker. Terselfdertyd word die hartslag verhoog wat 'n styging in die bloeddruk tot gevolg het en die toevoer van bloed na die reeds vergrote are, verseker. Vinnige en diep asemhaling voorsien suurstof wat vir energieproduksie verlang word. Hierdie "skoktoestand" waarin die liggaam verkeer, staan in sterk kontras met die staat van ewewig waartydens dit onder normale omstandighede van ontspanning verkeer. Ty dens die alarmfase kan dit gebeur dat die persoon siek voel, alhoewel daar geen fisieke skade is nie. Hy mag selfs flou word, -25-

bewe, opgooi of 'n toename in polsslag ervaar. Wanneer die gei'dentifiseerde stresser verwyder word, of nie meer as 'n bedreiging beskou word nie, keer die funksionering van die liggaam na normaal terug. Die weerstandsfase Wanneer stres vir 'n onbepaalde tyd voortduur, betree die persoon die sogenaamde weerstandsfase. Gedurende hierdie fase word 'n groter mate van liggaamlike, asook psigiese krag verlang om in beheer van die situasie te bly en probeer die liggaam steeds om van die (oormatige) stres ontslae te raak. As gevolg van toenemende energieverbruik, word die liggaam kwesbaar gelaat, en lei dit tot groter blootstelling aan byvoorbeeld siektetoestande. Die uitbrandingsfase Wanneer geen beheer oor die stresser verkry word nie en die persoon nie daartoe in staat is om die stres te hanteer nie, betree hy die uitbrandingsfase. Die intensiteit van die stresser wat ervaar word, die tyd wat afgestaan word om weerstand te bied, asook die vermoe van die persoon om by die stresser aan te pas, bepaal grootliks of die liggaams- en psigiese energie tot onder die normale vlak van weerstand daal. 'n Verskeidenheid fisieke probleme soos hartkwale, maagsere, hoe bloeddruk, ensovoorts, is dikwels direk herleibaar na die belewing van (oormatige) stres. 'n Diagrammatiese voorstelling van Selye se teorie sien soos volg daaruit (Curtis en Detert 1981:41-42): -26-

Resistance Alarm Normal level of Exhaustion Alhoewel sekere aspekte van Selye se teorie later heftige kritiek ontlok het, lewer hy 'n belangrike bydrae tot die inisiele konseptualisering van stres. Insigte wat uit die navorsing van Selye verkry is en binne hierdie studie van betekenisvolle waarde beskou word, is naamlik dat: die mens se belewing van stres baie duidelik op die fisieke terrein manifesteer. (Ander terreine van manifestasie word nie hierby uitgesluit nie.) verskillende endogene faktore, soos onder meer genetiese predisposisie, geslag, ouderdom en so meer, van kardinale belang beskou moet word in die hantering van stres. Bogenoemde aspekte dra daartoe by dat aanbevelings ten opsigte van streshantering persoonsgerig geskied en veralgemeende stellingnames aan bande gele word. verligting van stresbelewing te weeg gebring kan word deur die toediening van -27-

medikasie. Medici word in staat gestel om onder meer neurale aktiwiteite te verminder, hartklop te reguleer en bloeddruk te verlaag (vergelyk Higgins 1991:40). stres 'n onvermydelike deel van die lewe is en nie noodwendig as skadelik beskou word nie (Selye 1974:xv). stres op verskeie wyses "gemeet" of geskaleer kan word. Hier word verwys na die "lewensgebeurlikheidsvraelyste" van Holmes en Rahe (1967). Binne hierdie teoretiese benadering word stres gedefinieer as iets wat binne die mens plaasvind. Kontemporere navorsing wat hierdie beskouing as uitgangspunt neem, word in die werk van Adams (1980:9), en Otto (1986:5) gevind. 2.3.2 Stres as 'n stimulus-omgewingsverskynsel Navorsers is dit eens dat stres as stimuluskarakteristieke van die omgewing, die mees algemene benadering tot 'n konseptualisering van stres is. In hul strewe om 'n redelike mate van deursigtigheid in 'n andersins "vertroebelde" navorsingsterrein te bewerkstellig, bied Krohne en Laux (1982:349), Fisher (1986:8) en McGrath (1976: 1352) ten aanvang verskeie interpretasies aan van wat met stres as 'n stimulus-omgewingsverskynsel bedoel word: "Stress denotes environmental conditions that are characterized by some degree of objective physical or psychological danger" (Krohne en Laux 1982:349). -28-

"There is a potential for stress when an environmental situation is perceived as presenting a demand which threatens to exeed the person's capabilities and resources for meeting it" (McGrath 1976: 1352). "The responses that characterise the behaviour of an individual under stress can be seen as part of an attempt to avoid or escape extreme conditions of the environment" (Fisher 1986:8). Teen die agtergrond van die voorgaande aanhalings verklaar Harris (1979:9) <lat alle lewende dinge (mens-, <lier- en plantlewe) ter wille van oorlewing op voortdurende "aanpassing" by die omgewing aangewese is. Wanneer daarin geslaag word om op 'n effektiewe wyse by 'n veranderende omgewing aan te pas, word voortbestaan verseker. Gevolglik word tot die slotsom geraak <lat van die plant- en dierspesies wat vandag bestaan, die resultaat is van aanpassing wat deur die eeue toereikend geskied het. Ook in die geval van die mens (prehistories) is met omgewings- en dus "oorlewingseise" gekonformeer. 'n Direkte gevolg van die voorgaande beginsel was <lat mens- en diergetalle toegeneem het wat gaandeweg meer druk op beskikbare lewensbronne geplaas het. Die vermoe om te oorleef het 'n nuwe probleem, naamlik populasiedruk, na vore gebring. Die mededinging om die verkryging van voedsel het met verloop van tyd nie meer uit wedywering tussen mens en <lier bestaan nie, maar gestalte gevind in openlike konfrontasie tussen mensegroepe. Beskikbare woongebied het al skaarser geword. So blyk <lit <lat sedert die mens 5,000 jaar gelede in stede begin woon het, hy voortdurend by een of ander destruktiewe konfliksituasie of vemietigende oorlog betrokke was. Aanvanklik het oorloe begin vanwee onderlinge groep- of stammededinging, maar na -29-

verloop van tyd het die stres wat binne hoedigtheidsamelewings ervaar is, aanleiding gegee tot oorreaktiewe optrede wat dikwels in geweld gekulmineer het (Harris 1979: 9-11). Die onderhawige benadering tot stres het sy oorsprong in die natuurwetenskappe waar stres beskou word as 'n fisiese krag of druk wat toegepas of uitgeoefen word (Sutherland en Cooper 1990: 16). In hierdie verband beskik beide organiese, asook anorganiese inhoude oor weerstandsvlakke wat, indien dit oorskry word, tydelike of permanente skade tot gevolg het. Wanneer die druk wat toegepas word, verwyder word en bepaalde kritiese grense nie oorskry is nie, stel dit die inhoud, (byvoorbeeld metaal), in staat om na 'n normale toestand terug te keer. Na analogie van die voorgaande word ook die mens voortdurend onder druk geplaas deur potensieel stresvolle "toestande" vanuit die omgewing. Die addisionele toevoeging van slegs 'n enkele, dikwels onbenullige "stresser", kan 'n wanbalans in die effektiewe bantering van omgewingstressers te weeg bring en 'n algehele ineenstorting van hanteringsvaardigheid tot gevolg he. Die spreekwoordelike strooi wat die kameel se rug breek, is binne hierdie verband besonder relevant. 'n Diagrammatiese voorstelling van hierdie benadering tot stres word deur Sutherland en Cooper (1990: 16) soos volg verbeeld: -30-