Voorgrond VOORBLAD 44 TaalgenooT somer 2015

Similar documents
st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

Rut: n Liefdes Verhaal

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

BenguFarm Bestelvorm

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Uit Moerdijk se pen Man en Media

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRAKSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

INHOUDSOPGAWE. Inleiding... 7 DEEL EEN: SEISOENE IN ONS LEWE

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

33 J.N. Visser. daar was onderbrekings gewees, wat hy tee gedrink het, en

Mandala Madness Deel 2

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Direkte en indirekte rede *

moenie stres nie! moenie stress book.indd 1 08/04/ :22

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SIZA takes the sting out of auditing

Beloftes maak skuld NUUSBRIEF (2014/09)

DIE PROSES VAN DISSIPELSKAP

JAN BOTES / JB MUSIC PORTEFUELJE PROFILE SANGER

(TRASSVAALSE PRQVINSIALE ATDELIS'G)

APOCRYPHA VAN DIE KING JAMES BYBEL 1611 GEBED van AZARIAH & amp; LIED van die drie Jode. Gebed van Azariah en die lied van die drie Jode

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

Kolossense. die nuwe ou volkome onvolmaakte jy. leiersgids vir. inspirasie. Edi Bajema

SA se Samaritane. Gift of the Givers reik wêreldwyd uit EKSKLUSIEF

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood. Waarheen roep die Here vir Lynnwood?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

ARTKAT Studio Johanna Prinsloo

SUBNUUS. In hierdie uitgawe: Ellen s visit to the USA. Ons neem afskeid van Amanda en Susanne. Nuwe studenteassistente. en Bronverskaffing

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

Cambridge International Examinations Cambridge International General Certificate of Secondary Education

Sterdansers by Vensters.

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

3024. hulle praat van n persoon wat so onlangs heengegaan het, meer klem te le op die goeie nie? -- Dit is inderdaad so

GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2016 VOLUME 18

Die Laaste Oordeel 1 50 (Sien ook die Voortsetting in ) Emanuel Swedenborg Arcana Coelestia Geheime van die hemele

Huweliks Seremonies Vir Uitverkorenes

DIE AKTEUR EN SY ROL IN SY GEMEENSKAP

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

HANEKRAAI Nr 2 / April 2007

ʼn Persoonlike waardering van Hennie Aucamp as mentor

Jesus Alleen Liefdesdiens Jesus Alone Love Service

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou Bart weer in die oggenddiens te kry!

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 14 MAART 2016

G. J. du Preez

Rubriek vir skeppende werk

Dinsdag 6 Maart saam met die ATKV BY VANJAAR SE US WOORDFEES! Jaargang 4 Uitgawe 2

Tariewe

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Onze Jan Amptelike skoolkoerant van die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck

Dialoog en paragrawe *

MAYER SE KUNS- EN KULTURELE BEDRYWIGHEDE IN DIE 1930'S

n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit: n Pastorale perspektief THEUNIS CHRISTIAAN ACKERMANN PHILOSOPHIAE DOCTOR (PhD)

Stellenbosch University is a good place to be. Francois Cleophas

HOOFSTUK 3 INTER-DISSIPLINÊRE GESPREK EN INTERPRETASIE VAN IMMIGRASIE-NARRATIEWE

J AAR in jaar uit hoor 'n mens dieselfde versugting:,daar bestaan gee~

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

!"#2. Is dit prakties om eerlik te wees? OOK: INTERNETBEDROG IS JY IN GEVAAR? BLADSY 10 JANUARIE 2012

BEKENDMAKING VAN MIVNIGS-STATUS: 'N GEVALLESTUDIE

D E U R J O H A N G E Y S E R. Op die pad van hoop

Vader sy soenoffer volkome aanvaar

n pamflet wat in Julie gepubliseer is, dat die ANC nie

ENIGE LOS GEDAGTES OOR BEROEPSOPLEIDING

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 7. By: Siyavula Uploaders

Be gees terde werknemers as boublok vir n gesonde samelewing Spirited employees as building block for a healthy society

1 VROUE AFWESIG IN DEBAT

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

ysterkoei moet sweet van Breytenbach Breytenbach.

Kerssangdiens. SA Gemeente

Openingsrede dew Sy Edele S. P. Botha, L.V., Minister van Arbeid en van Mynwese

Praat reg oor God F E B R U A R I E N E D G E R E F G E M E E N T E C O N S T A N T I A

Hoe om krag te spaar

(Photograph: Paul Roux, Welgevonden Estate) WELGEVONDEN BULLETIN APRIL 2016

Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier

DIE ONTWIKKELING VAN ALTERN A TIEWE KONSTRUIKSIES IN 'N TERAPEUTIESE GESPREK: 'N GEVALLESTUDIE. deur ALETTA MARIA VOGES

Edgehog

IN DIE NOORD GAUTENG HOë HOF, PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA) REINETTE DEE SOUSA JARDIM...Eerste Applikant

Tariewe

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOOFSTUK 5 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

BKMAIL HME FILLING STATION: SISHEN. SISHEN SkORPION PROJECT: ROSH PINAH PEOPLE. Cape Town Metropolitan Schools P4 / PROJECTS P1 / FOREWORD

Brandmure, rookverklikkers, brandblussers, nooduitgange is almal kwessies. Wat doen die administrasie hieroor? Prof Russel Botman (Rektor en

HOOFSTUK 5: BEVINDINGS EN BESPREKING

Afdeling Frans Universiteit van die Vrystaat E-pos:

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Die dans van die Christen: Die genealogie van tyd en ruimte in n postmoderne samelewing 1

Elsje Büchner 1 Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

HK sê nou howzit vir eerstejaars. Oktober 2001 Bladsy 1. Jaargang 38 Uitgawe 6 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis November 2001

Die subtíele aanleg en moonuikhede van die nominale styl: 'n Studie in Nuwe- Testamentiese Grieks

Transcription:

Voorgrond VOORBLAD 44 TaalgenooT somer 2015

Magdalene Minnaar is soveel Meer as net n bekende sopraan... Die flambojante M s agtjarige was operasanger reeds op Magdalene Minnaar se lys van toekomstige beroepe. Maar dit was nie al nie; sy wou ook digter, aktrise, skilder én sjef word. Magdalene het toe reeds geweet sy gaan in haar loopbaan beslis nie net op één ding fokus nie, en sy bewys by die dag hoeveel van n verkleurmannetjie sy werklik is. In haar ateljee in haar heuwelhuis in Pretoria, met haar twee Skotse terriërs wat om haar draai, het Magdalene, in haar eie woorde, full circle gekom. Ná vyftien jaar in Kaapstad is sy terug in Pretoria en woon sy weer om die draai van haar broer Louis (hy is lid van Bittereinder) die ander helfte van hul duo, MiNNAAR. Haar amper-tweejarige seuntjie, Jacob, gaan selfs een van die dae na dieselfde kleuterskool waar sy as kleuter haar dae verwyl het. Die 34-jarige Magdalene is baie meer seker van haar plek in die Suid-Afrikaanse musieklandskap as die 19-jarige wat sak en pak Kaap toe is met die belofte van sanglesse by Nellie du Toit en n BMus-graad by Ikeys as wortel voor haar neus. Sedertdien is sy in n verskeidenheid rolle gesien op plaaslike verhoë en in die buiteland, waaronder as Papagena in William Kentridge se produksie van Die Zauberflöte, as Gilda in die opera Rigoletto en sekerlik in haar bekendste rol, as Christine Daeé in The Phantom of the Opera. somer 2015 TaalgenooT 45

Voorgrond VOORBLAD Die afgelope vyf jaar beskryf Magdalene as van haar beste. In dié tyd het sy nie net ma geword nie, maar ook geboorte geskenk aan n rits produksies wat haar styl en droom vir operamusiek in Suid-Afrika weerspieël. Een van die grootste suksesstories is ongetwyfeld Poskantoor die eerste vollengte Afrikaanse opera van die 21ste eeu. Dit is gebaseer op n radiodrama deur Tertius Kapp met die titel Die flambojante L. Dit gaan oor poskantoorwerkers op n dorpie wat uit nuuskierigheid briewe begin oopstoom en afkom op n liefdesdriehoek waarin n man hom in verskillende gedaantes aan die dorpsvroue voordoen. Dit het ses jaar van práát oor die projek en dróóm oor die projek en sóébat vir finansiering geneem om dit uiteindelik op die planke te kry. Toe dit in 2014 opgevoer is, is dit as die beste produksie op die Aardklop Nasionale Kunstefees aangewys. My groot passie is om konsepte uit te dink en my eie kuns te maak. Ek is minder en minder net n performer en meer en meer n creator, en dit is totaal en al waar ek myself sien. Magdalene beskryf Poskantoor as moeilik, maar sê in dieselfde asem dat Suid-Afrikaanse gehore gereed is vir meer uitdagings. Opera in Suid-Afrika is eintlik op n baie goeie plek. Ja, daar is nie noodwendig vol huise nie, maar die mense wat daar is, wíl graag daar wees. Iets waarop sy en haar span by Biblioteek Produksies hulle toespits, is juis om n nuwe gehoor te bou. Ek het in n stadium begin moeg raak daarvoor om in n gehoorsaal te staan en daar s nét oumense. My vriende kom kyk nie hoe ek Die Messias sing nie. Dis vir my baie belangrik om my vriende, wat ontwerpers, kunstenaars en mede-musikante is, te kry om klassieke uitvoerings by te woon. En dit is juis by dié nuwe gehoor dat Biblioteek Produksies se konserte aanklank gevind het. Biblioteek Produksies is in 2010 begin om n kreatiewe platform te skep vir Suid-Afrikaanse kunstenaars hetsy musikante, regisseurs, choreograwe of ontwerpers om saam te werk en n nuwe gesig aan klassieke musiek in SuidAfrika te gee. Met Magdalene aan die stuur, natuurlik. Skielik is dit nie meer net gesoute teatergangers wat kaartjies koop vir klassieke- musiekuitvoerings nie, maar 46 OpeRA in SuiD-AfRikA is eintlik Op n BAie goeie plek. JA, DAAR is nie noodwendig VOL huise nie, maar Die mense wat DAAR is, wíl graag DAAR wees. jongmense van tatoeëerkunstenaars tot musikante. Biblioteek Produksies se vernaamste konsertreekse In The Dark, Co/Mission en Little Maestros gaan van krag tot krag. In The Dark is n reeks konserte waarin moderne klassieke musiek in stikdonkerte uitgevoer word. Lede van die gehoor het selfs die opsie om geblinddoek te word sodat niks hulle aandag van die musiek kan aflei nie. Die inkomste van die kaartjieverkope word geskenk aan die organisasie Mercy Vision, wat hom daarop toespits om katarak-operasies te doen vir diegene wat dit nie kan bekostig nie. Met Co/Mission word twee of drie komponiste gekies om n kunstenaar of n groep van die 90 s se musiek te verwerk. Só het n fluitspeler, tjellis, pianis en mezzosopraan onlangs die musiek van Nirvana voor n groot gehoor uitgevoer. Die laaste konsertreeks, Little Maestros, het Magdalene begin toe sy iets in Kaapstad gesoek het wat sy en Jacob saam kon doen. Omdat sy maklik verveeld raak, het sy begin om navorsing te doen oor die impak wat klassieke musiek, veral komposisies van die ou meesters soos Mozart en Bach, op n kind se brein kan hê. Sy het klassieke musikante genader en begin om kort musiekuitvoerings te hou vir ouers en kinders tussen die ouderdom van drie maande en sewe jaar. Little Maestros is so gewild dat uitvoerings eersdaags ook in Durbanville, Swellendam, Stellenbosch, Pretoria en Johannesburg gehou sal word. Magdalene het as n klassieke operasanger opleiding in Italië en New York ontvang en is al die geleentheid gebied om verder musiek in Nederland en Kanada te studeer. Al is daar tradisionele operarolle waarvoor sy nie sommer sal nee sê nie, was Magdalene nooit van plan TaalgenooT somer 2015

somer 2015 TaalgenooT 47

Voorgrond VOORBLAD 48

om nét n operasangeres te wees nie. Ek dink ek het my sterretjies verdien met operarolle en so aan, maar dit is op hierdie stadium nie heeltemal wat ek wil doen nie. As iemand vir my n rol in La Traviata aanbied, sal ek dit enige tyd doen, maar dis nie ál wat ek wil doen nie. Ek wil in my studio sit en n nuwe show uitdink of lus voel om n 360-video-opera te maak, en dan doen ek dit. Net soos wat n loopbaan buite die kunste nooit eens n oorweging vir Magdalene was nie, so is n loopbaan as n operasanger in die buiteland ook nie vir haar nie. Haar liefde vir Suid-Afrika en vir haar mense hou haar hier. Sy sou ook nie die revolusie, wat volgens haar nou in Suid-Afrikaanse kunsmusiek aan die gebeur is, wou misloop nie. Baie van my beste vriende is komponiste en regisseurs en dis wat ons doen: Ons maak kuns. Ek sal nooit hierdie goed oorsee kan doen nie. As ek nou moet Duitsland toe gaan en in een of ander dorpie gaan sit en net opera sing, sal ek doodgaan. Ek sal dit nie kan doen nie. Tydens n gesinsvakansie het Magdalene se ma na haar gaan soek en haar aangetref waar sy Psalms in die badkamer voorsing, tot die genot van n klein gehoor. Dit was egter tydens n opvoering saam met die Pretoriase Kinderkoor in die Staatsteater in Pretoria dat sy haar eerste voorsmakie gekry het van n loopbaan op die verhoog. Sy is onmiddellik meegevoer deur die helder ligte en reuk van die teater, en het nog nie weer teruggekyk nie. Die tradisionele metafoor vir metamorfose is n ruspe wat in n skoenlapper verander. In Magdalene se geval het sy in n hele rits uiteeenlopende skoenlappers verander: Die klassieke operasanger, die een helfte van n elektroniese-musiekduo, die skepper van nuwerwetse operakonsepte, die bestuurder, die eggenoot en die ma. Sy sê: My lewe voel altyd of ek in n rat race is, en as ek terugkyk, besef ek wát ek al gedoen het. DEUR JANICE RAATH FoTo s: ANToNIA steyn KREATIEwE REgIE: JUANITA KoTzé/ Ko PRoDUCTIoNs HARE: saadique RyKlIEF grimering: liz van DER merwe magdalene se UITRUsTINgs DEUR suzaan HEyNs, EKsKlUsIEF vir TAAlgENooT. Die musiek wat Magdalene sedert 2012 saam met Louis maak, is so nuut dat dit nie eens in n spesifieke genre pas nie. Een van die lede van Bittereinder het dit as electropera beskryf: n Kombinasie van elektroniese en operamusiek. Sedert haar hoërskooldae sal Magdalene veel eerder na elektroniese musiek as klassieke musiek luister en een van haar grootse invloede was die Yslandse sanger Björk, wat ook as n klassieke musikant en sanger opgelei is. Magdalene bespeel n verskeidenheid instrumente, onder meer die viool, altviool en fagot. Die fokuspunt in haar ateljee is n Baby Grand-vleuelklavier, wat sy hoop eersdaags die middelpunt van heelparty jolige huispartytjies sal wees. Halfpad deur die onderhoud kom loer haar blondekopseuntjie en sy oppasser in en Magdalene se gesig helder op. Sy was aanvanklik bang om kinders te hê, want sy wou nie haar loopbaan prysgee nie. Maar Jacob het al van vyf maande n paspoort en reis saam wanneer sy bekende ma se werk dit vereis. Dit was juis Jacob wat Magdalene gehelp het om die grootste uitdaging tot dusver in haar loopbaan en persoonlike lewe te oorkom: Om te aanvaar waar sy is, sonder om altyd méér te wil hê. Om eerder in die oomblik te leef. Magdalene was nie veel ouer nie as wat Jacob nou is toe sy haar eerste nie-amptelike konsert gehou het. 49