OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGS PROSES

Similar documents
ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT (EIA): 12/12/20/944 ESKOM: PROPOSED NUCLEAR POWER STATION AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE

LIDMAATSKAP AANSOEK MEMBERSHIP APPLICATION

BenguFarm Bestelvorm

OMGEWINGSINVLOEDBEPALING: BEOOGDE FOTOVOLTAÏESE SONENERGIE-AANLEG OP HOEKPLAAS NABY COPPERTON, NOORD-KAAP

Prosesse wat gevolg word om sake op te volg op distriksvlak. Processes used to follow up on cases at district level

OMGEWINGSINVLOEDBEPALING: BEOOGDE FOTOVOLTAÏESE SONENERGIE-AANLEG OP PLAAS KLIPGATS PAN NABY COPPERTON, NOORD-KAAP

Die netto waarde van die onderneming en die rekeningkundige vergelyking *

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

SHAREMAX GESINDIKEERDE MAATSKAPPYE OPGEDATEERDE KOMMUNIKASIE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 15 DECEMBER 2017 Contents / Inhoud Legal Notices / Wetlike Kennisgewings SALES IN EXECUTION AND OTHER PUBLIC SALES GER

ESKOM DISTRIBUSIE: VOORGESTELDE NUWE CLOCOLAN

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

ALTERATION, SUSPENSION, REMOVAL OF RESTRICTIONS

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus rd Rondte lb Langbeen alsalleen Agterste lus

In Groenewald v Van der Merwe (1) (1917 AD ), Innes CJ described delivery with the long hand as follows:

PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 23 APRIL LOCAL AUTHORITY NOTICE PLAASLIKE BESTUURSKENNISGEWING LOCAL AUTHORITY NOTICE 106 GREATER TZANEE

EXTRAORDINARY BUITENGEWOON PROVINCIAL GAZETTE PROVINSIALE KOERANT

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week DB Tracker USA (DBXUS) 17 Januarie 2014

RAADSLEDE / COUNCILLORS

BASIC ASSESSMENT REPORT CABRIERE ESTATE, ERF 217 RAWSONVILLE REF: E12/2/3/1-B2/ /06 APPENDIX E: PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

SIZA takes the sting out of auditing

MODULE 2 ALLE RISIKO S. Toepaslike Eenheidstandaarde

1. FUNKSIES EN STRUKTUUR VAN DIE KANTOOR VAN DIE PENSIOENFONDSBEREGTER

"FASCINATION WOOD" Welcome to the 8 th WOOD CONFERENCE PROGRAM. holzbau. Thursday, 15 th February 2018 at CTICC, Cape Town

INHOUD: Die SIZA Program 1 Monitering en Evaluasie 3 SIZA / GRASP Nakoming 1 Koolstofvoetspoor Werkswinkels 5 Die SIZA Platvorm 2

ALPHA PHARM APTEEKPERSONEEL KLINIESE ONDERRIG HANDLEIDING

-1- HOOFSTUK 1 INLEIDENDE ORIËNTERING

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (GAUTENG DIVISION, PRETORIA)

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

Hermanusdoorns Aandeleblok Bpk

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Aspen Holdings. 9 Mei 2014

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

PROPERTY VALUATION ACT WET OP EIENDOMSWAARDASIE

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID AFRIKA (GEHOU TE KAAPSTAD)

Week in oorsig Aandeel van die week Zeder Investments ltd. 19 April 2013

st, sts Steek, Steke hlb Halwe Langbeen vslalleen Voorste lus alleenlik

Mosselbaai Munisipaliteit

REËLS VIR DIE BENOEMING, VERKIESING, AANWYSING EN AANSTELLING VAN RAADSLEDE

AIDS HELPUNE. 1 oaoo We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. FEBRUARY PRETORIA, 19 FEBRUARIE 2004 No. 66. Vol.

Pro~inci~l" Gazette Extraordinary

AIDS I I. HElPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure. Selling price Verkoopprys: R2,50

Provincial Gazette Provinsiale Koerant

2 No.4 PROVINCIAL GAZETTE EXTRAORDINARY, 12 JANUARY 2011 IMPORTANT N01'ICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed docume

Departement Bos- en Houtkunde. Akademiese programme vir Magisterprogramme

HOëRSKOOL PORTERVILLE

HOOFSTUK 7 NAVORSINGSMETODOLOGIE

Regsrekeningkunde-opleiding van prokureurs in Suid-Afrika: Enkele empiriese bevindings

SPLUMA QUESTIONS AND ANSWERS

Nienakoming van die voorgeskrewe prosedures na indiening van n direksiebesluit om met ondernemingsredding te begin: Is

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Distell Groep Beperk. 13 September 2013

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Uit Moerdijk se pen Man en Media

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Steinhoff International Holdings Ltd. 11 Julie 2014

AIDS HELPUNE. Prevention is the cure. We all have the power to prevent AIDS. 1 oaoo gle DEPARTMENT OF HEALTH. ru -~ C)

KLK LANDBOU BEPERK Registrasie nommer: 1997/015589/06 KLK AANDELE VERHANDELING. 1. Verhandelingsprosedures

KLEINMOND BELASTINGBETALERSVERENIGING

Kritieke elemente in die opleiding van onderwysers in Opvoeding vir Vrede binne die konteks van uitkomsgebaseerde onderwys

Die impak van bedingingsraadooreenkomste op kleinsakeondernemings binne die ingenieursbedryf

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

BROODBOOMVERENIGING VAN SUID-AFRIKA CYCAD SOCIETY OF SOUTH AFRICA 1. NAAM 1. NAME

OFFICIAL GAZETTE. AG.Goewermentskennisgewing. AG. Government Notice VAN SUIDWES-AFRIKA UITGAWE OP GESAG EXTRAORDINARY OF SOUTH WEST AFRICA

Beleid oor Botsing van Belange

HOOFSTUK 1. A theory can be proved by experiment; but no path leads from experiment to the birth of a theory. Albert Einstein

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2 WISKUNDE GELETTERDHEID GRAAD 10

Tariewe

WATERLISENSIERING EN WATERPRYSBELEID IN DIE NUWE WATERWET GERHARDUS FRANCOIS JOUBERT

AKSIE. ANDER RAADSLEDE Rdh. A de Vries [DA] : Speaker

Mandala Madness Deel 2

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

I oaoo o I AIDS HELPLINE. We all have the power to prevent AIDS. Prevention is the cure

RAADSLEDE / COUNCILLORS

OM MEE TE BEGIN. Bedagsaamheid

DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE W. BOTHA DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN FORT HARE

My Tracer GPS Voertuig Volg Sisteem Geoutomatiseerde Elektroniese Logboek SAIAS ABSA, ATKV Cross Country Ons Leuse

ADJUNKHOOF. Titel: Adjunkhoof (Skool) Doel van die pos: staan om die skool te bestuur, en om. Verseker die effektiewe implementering van. leierskap.

MEMORANDUM BEROEPSPESIFIEKE BEDELING (BSB) VIR TERAPEUTE IN DIE ONDERWYS, BERADERS EN SIELKUNDIGES WAT IN DIE OPENBARE ONDERWYS IN DIENS IS

2 [PROCLAMATION NO. 04 OF 2016] AMENDMENT OF THE TOWN-PLANNING SCHEME OF BAINSVLEI By virtue of section 29(3), read with section 30 of the Townships O

MENLYN. Weekly in oorsig Aandeel van die week Barloworld ltd. 5 Julie 2013

HOOGSTE HOF VAN APPEL In die saak tussen: DIE KOMMISSARIS VAN BINNELANDSE INKOMSTE Appellant en W J VAN DER HEEVER Respondent Coram: Smalberger,

Final Scoping Report APPENDIX E6 COMMENTS RECEIVED

Government Gazette Staatskoerant

ORDONNANSIE ORDINANCE. Goewermentskennisgewing. Government Notice. BUITENGEWONE OFFISIELE KOERANT VAN SUIDWES-AFRIKA.

Handleiding oor Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (Wet No. 2 van 2000)

HOOFSTUK3 DIE PROSES VAN AMALGAMERING VAN SKOLE EN DIE BESTUUR DAARVAN

Finansiële aanspreeklikheid: Rehabilitering van myne en sluitingsertifikate PN Meyer

ks Kettingsteek dlb Dubbelslaglangbeen vhk Voorste hekkie gs Glipsteek drieslb Drieslaglangbeen ah Agterste hekkie

Belangrike biodiversiteitsgebiede en die implikasies vir mynbou Mariette Liefferink

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

INGENIEURS-EN TEGNOLOGIEBESTUUR: NOODSAAKLIKE KUNDIGHEID VIR INNOVERENDE NYWERHEDE

KUNSTENAARS EN KULTURELE ORGANISASIES BAAN DIE WEG VIR KLIMAATSGEREGTHEID DWARSOOR SUID-AFRIKA

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Vodacom Group Ltd. 14 Februarie 2014

Provincial Gazette Extraordinary Buitengewone Provinsiale Koerant

Transcription:

OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGS PROSES AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT VOORGENOME KONSTRUKSIE VAN N GEKONSENTREERDE SONLIG KRAGOPWEKKINGS (GSK) EN FOTOVOLTAÏESE (FV) AANLEG EN GEPAARDGAANDE INFRASTRUKTUUR IN DIE SIYANDA DISTRIK MUNISIPALITEIT Junie 2015 DOEL VAN DIE DOKUMENT Die doel van die inligtingsdokument is om aan u, as n Belanghebbende en/of Geaffekteerde Party (B&GP), agtergrondinligting te verskaf met betrekking tot die Gekonsentreerde Sonlig Kragopwekkings (GSK) en Fotovoltaïse (FV) Aanlegte, soos voorgestel deur Solafrica (aansoeker), asook die Omgewingsinvloedbepalings Proses gefasiliteer deur Royal HaskoningDHV (RHDHV). Dit verduidelik verder hoe u addisionele inligting kan bekom, of kwessies kan opper, wat vir u van belang mag wees of u interesseer. Die verskafffing van inligting vorm die basis vir die Publieke Deelname Proses (PDP) en bied u die geleentheid om van die aanvang van die proses aktief by die projek betrokke te raak. Openbare deelname is n belangrike aspek van die Omgewingsinvloedbepalings Proses, aangesien die publiek se insette verseker dat alle moontlike aspekte van belang tydens die studie in ag geneem word. WAT BEHELS DIE GSK PROJEK? Om nuwe krag opwekkingsmoontlikhede te ondersoek, oplossings te vind om die groeiende aanvraag na elektrisiteit aan te spreek en in n poging om hernubare energie-hulpbronne aan te wend, ondersoek Solafrica tans die lewensvatbaarheid van GSK en FV Aanlegte in die Siyanda Distrik (Noordkaap) met n gesamentlike opwekkingskapasiteit van 425 MW. Die aanleg sal die son aanwend as energiebron. Solafrica beoog om drie projekte op te rig wat bestaan uit: n 150MW Gekonsentreerde Sonlig Kragopwekkings (GSK) Aanleg gebasseer op Sentrale Ontvanger tegnologie; n 150MW Gekonsentreerde Sonlig Kragopwekkings (GSK) Aanleg gebasseer op Paraboliese Trog tegnologie; en n 125MW Fotovoltaïse (FV) Aanleg gebasseer op Fotovoltaïse tegnologie. Die fasiliteite sal ook bykomende infrastruktuur, ter ondersteuning van die kragsentrales, behels. Hierdie fasiliteite sluit in: water onttrekking stelsels, afvalbestuur stelsels, kraglyne, paaie, stoor fasiliteite, administrasie en bedryf geboue, konstruksie gebiede en tydelike behuising fasiliteite.

WAT IS DIE DOEL VAN DIE PROJEK? Eskom is verantwoordelik vir die verskaffing van betroubare en bekostigbare krag aan Suid-Afrika. Eskom voorsien ongeveer 95% van Suid-Afrika se elektrisiteitsgebruik. Elektrisiteit kan nie in groot hoeveelhede gestoor word nie en moet dus gebruik word soos dit opgewek of gegenereer word. Dit is om dié rede dat elektrisiteitsopwekking plaasvind soos die aanvraag dit vereis. Die aanvraag na elektrisiteit in Suid-Afrika het die afgelope jaar teen 3% per jaar gegroei. Die groeiende aanvraag plaas n toenemende druk op Suid-Afrika se bestaande kragopwekkingskapasiteit. Die toenemende ekonomiese groei en sosiale-ontwikkeling in Suid-Afrika, aan die ander kant, plaas n groeiende druk op energievoorsiening. Met die gepaardgaande gemeenskapsontwikkeling, is daar ook 'n groeiende bewusmaking van omgewingsimpakte, klimaatsverandering en die noodsaaklikheid vir volhoubare ontwikkeling. Die gebruik van hernubare-energie tegnologie, as een van n groep tegnolgieë wat beskikbaar is om aan die toekomstige energieverbruik vereistes te voldoen, word tans ondersoek deur Eskom asook verskeie Onafhanklike Krag Produsente (OKP). Solafrica is n energie ontwikkelings maatskappy wat hulle daartoe verbind om opsies te ondersoek en te evalueer aangaande sonkrag energie projekte in Suid Afrika. Die suksesvolle gebruik van hernubare-energie tegnolgie in Suid-Afrika vereis nog verdere intensiewe navorsing, alhoewel die GSK tegnologieë geïdentifiseer is as potensieël lewensvatbaar en geskik om op groot skaal aangewend te word. Om aan die toekomstige energie aanvraag te kan voldoen, is Solafrica tans besig met die evaluering van die lewensvatbaarheid om GSK en FV aanlegte in die Noord-Kaap Provinsie te bou. Die aanleg is onderhewig aan die Omgewinginvloedbepalings Prosess soos voorgeskryf deur die Wet op Nasional Omgweingbestuur (Wet Nr. 109 van 1998)(soos gewysig). Dit is n vereiste dat die GSK en FV Aanlegte op n tegnies aanvaarbare area gebou moet word. Solafrica het vooraf n lewensvatbaarheid studie onderneem wat onder andere die beskikbaarheid van eiendom en grondgebruik-kapasiteit, brandstofbeskikbaarheid en koste, asook ander aanverwante aspekte ondersoek het. Die studies het getoon dat die plaas Sand Draai 391 naby die Groblershooparea in die Noord-Kaap Provinsie as die mees lewensvatbare ligging vir die vestiging van die GSK en FV Aanlegte is. Verder het die Groblershoop area die hoogste sonbestralingswaardes ter wêreld (verwys na Figuur 1 en Tabel 1), met n Direkte Normale-Isolasie (DNI) van ongeveer 2900 kwh/m 2 per jaar.

Figuur 1: Jaarlikse inkomende kort-golf bestraling vir Suid-Afrika Tabel 1: Internasionale Sonkragpotensiaal relevant tot Suid-Afrika Location Site Latitude Annual DNI (kwh/m2) Relative Solar Resource South Africa Upington, North Cape 28ºS 2,955 100% United States Barstow, California 35ºN 2,725 92% Las Vegas, Nevada 36ºN 2,573 87% Albuquerque, New Mexico 35ºN 2,443 83% International Northern Mexico 26-30ºN 2,835 96% Wadi Rum, Jordan 30ºN 2,500 85% Ouarzazate, Morocco 31ºN 2,364 80% Crete 35ºN 2,293 78% Jodhpur, India 26ºN 2,200 74% Spain 34ºN 2,100 71% WAT IS DIE GSK & FV AANLEGTE EN HOE WERK DIT?

Die projek behels die konstruksie van GSK en FV Aanlegte met n geoormerkde/saamgestelde opwekkingskapasiteit van 425MW. Die projek behels verder die ontwikkeling van infrastruktuur benodig vir die funksionering van die aanleg. Dit sal onder andere paaie, pyplyne en kraglyne insluit. Die GSK en FV Aanlegte word gekenmerk deur die volgende 2 funksionele elemente: n Versameling veld, en n Ontvanger. Die volgende tegnologie/sisteem alternatiewe word oorweeg deur Solafrica: Trog sisteem, Sentrale/Kragtoring sisteem, of Fotovoltaïse sisteem. Trog sisteme maak gebruik van paraboliese konsentreerders om sonlig te fokus na n gesentraliseerde ontvanger. Die ontvanger is in beginsel n hitte-uitruiler wat die gekonsentreerde sonstrale absorbeer en dit omskakel in hitte. Die hitte word oorgedra na n werkingsvloeistof (bv. vloeibare sout) en word op hul beurt gebruik om stoom te genereer vir konfensionele kragopwekking (verwys na Figuur 2). Figuur 2: Trog sisteem Die sentrale/kragtoring tegnologie is gebasseer op die konsep van duisende groot dubbel-as nasporende spieëls (ook bekend as heliostats ) wat die sonstrale naspoor en dan n gekonsentreerde straal na n gemeenskaplike fokuspunt reflekteer. Die fokuspunt of sentrale ontvanger word geplaas op 'n hoë toring in die middel van die heliostats om enige steuring tussen die weerspieëlde bestraling en die ander nasporende spieëls te voorkom. Die hitte word, weereens soos met trog sisteme, oorgedra na n werkingsvloeistof (bv. vloeibare sout) wat stoom genereer vir konfensionele kragopwekking (verwys na Figuur 3).

Figuur 3: Kragtoring sisteem In Fotovoltaïse tegnologie vind die krag omskakeling plaas via fotovoltaïse modules wat lig en sonkrag direk na elektrisiteit omsit. Hierdie proses verskil vanaf ander groot skaals sonkrag generering tegnologie wat hitte gebruik om elektrisiteit te genereer. Sonpanele (Figuur 4) word gebruik en produseer Gelykstroom (GS) elektrisiteit, dus word omskakeling toerusting benodig om die stroom om te skakel in Wisselstroom (WS). Hierdie proses vind plaas deur gebruik te maak van omsetters. Doeltreffendheid word gemaksimeer deur gebruik te maak van maksimum kragpunt spoorsnyers. Figuur 4: Fotovoltaise Tegnologie TERREIN ALTERNATIEWE OORWEEG VIR DIE GSK EN FV AANLEGTE Die voorgestelde terrein is geïdentifiseer as n potensiële lewensvatbare terrein vir die bou van die GSK en FV Aanlegte en sal geëvalueer word deur middel van die Omgewinginvloedbepalings Proses. Die volle terrein sal tydens die proses geëvalueer word (verwys na Figuur 5). Alternatiewe terreine sal geïdentifiseer word vir verdere evaluering tydens die impakstudie fase. Alternatiewe belyning vir toegangspaaie, waterpyplyne en kraglyne geassosieer met die vestiging van die GSK en FV Aanleg sal ook geïdentifiseer en geëvalueer word tydens die Omgewinginvloedbepalings Proses.

Figuur 5: Voorgestelde terrein bekend as Sand Draai 391 SKOON ONTWIKKELINGSMEGANISME PROJEK Die aansoeker (Solafrica) beplan om die voorgestelde projek te registreer as n Skoon Ontwikkelingsmeganisme Projek om die finansiële lewensvatbaarheid van die projek te verseker. Skoon Ontwikkelingsmeganisme Projekte word hoofsaaklik gekenmerk deurdat dit n verlaging in kweekhuis gas vlakke tot gevolg het. Dit stel Solafrica in staat stel om met koolstof-krediete te handel. U word vriendelik versoek om kommentaar op die aspek in te dien. WAAROM IS OMGEWINGSTUDIES NODIG? In die Omgewingsinvloedbepalings Regulasies, word dit voorgeskryf dat Solafrica magtiging moet verkry van die Nasionale Departement van Omgewingsake om die begenoemde aktiwiteit te onderneem. Om die nodige magtiging vir die voorgestelde projek te verkry, moet n omvattende omgewingsimpakstudie in ooreenstemming met die voorafgenoemde Regulasies onderneem word. n Omgewingsinvloedbepalings Proses is n effektiewe beplanning en besluitnemingsmeganisme. Dit laat toe om omgewingsimpakte van n voorgestelde projek te identifiseer en te bestuur deur die beplanningsproses. Solafrica het RHDHV, as onafhanklike omgewingskonsultante aangestel om die Proses te fasiliteer en sodanig die betekenisvolle potensiële omgewingsimpakte te identifiseer en te evalueer wat moontlik geassosieer kan word met die voorgestelde projek. As deel van die omgewingstudies kan B&GPe aktief betrokke raak deur die PDP. Die omgewingsimpakstudies sal die volgende fases insluit: Fase 1: Omgewing Bestekopnamestudie (OBS), en

Fase 2: Omgewingsimpak Evaluering (OIE) die fase sal n Omgewingsbestuursplan (OBP) insluit. Die OBS evalueer die geïdentifiseerde terrein en tegnologie alternatiewe, en sal aanbevelings maak met betrekking tot die mees gunstige opsie wat verder ondersoek moet word tydens die OIE fase. Kommentaar en insette van B&GPe tydens die OIE word aangemoedig om te verseker dat alle potensiële impakte oorweeg word tydens die studie. WAT IS DIE MOONTLIKE OMGEWINGSIMPAKTE WAT GEASSOSIEER KAN WORD MET DIE VOORGESTELDE PROJEK? n Aantal potensiële omgewingsimpakte wat met die projek geassosieër kan word, is geïdentifiseer. Gespesialiseerde studies sal potensiële impakte identifiseer wat verder in die OIE fase ondersoek sal word. Die studies sluit die volgende in: Spesialis Veld Voëllewe Impakstudie Biodiversiteits Impakstudie Geo-hidrologie Geraas Impakstudie Visuele Impakstudie Erfenis Impakstudie Sosiale Impakstudie Lug Kwaliteit Impakstudie Afval Impakstudie Grondwater & Akwatiese Impakstudie Organisasie Chris van Rooyen Clayton Cook & Prof. Leslie Brown Groundwater Consulting Services Lodewyk Jansen (RHDHV) Paul da Cruz (RHDHV) Cobus Dreyer Kementhree Moonsamy (RHDHV) Stuart Thompson (RHDHV) Siva Chetty (RHDHV) Paul da Cruz & Mathew Ross Meer indiepte studies vir elk van die geïdentifiseerde potensiëel betekenisvolle impakte sal tydens die OIE fase van die projek ondersoek word. Insette van die publiek, tydens die PDP, verskaf ook waardevolle insette tot die identifisering van kwessies wat ondersoek moet word tydens die OIE fase. Die OBS sal areas beklemtoon wat vermy moet word om moontlike impakte te minimaliseer, en evalueer die alternatiewe terreine vir die voorgestelde aanleg en geassosieerde infrastruktuur. Die OBS sal die mees lewensvatbaare terrein en tegnologie alternatiewe aanbeveel vir die GSK en FV Aanlegte wat in detail verder ondersoek moet word in die OIE fase. PUBLIEKE DEELNAME PROSES Dit is belangrik dat G&BPe vanaf die begin van die projek geïdentifiseer en betrek word in die PDP. Ten einde effektiewe openbare deelname te verseker, word die volgende stappe in die PDP ingesluit: STAP 1: STAP 2: STAP 3: Adverteer die OIE Proses (streek en plaaslike koerante). Registreer B&GPe en sleutel-rolspelers op die projek databasis (deurlopend). Konsultasie met en deurgee van inligting aan B&GPe deur openbare vergaderings,

fokusgroep vergaderings en werkswinkels met sleutel-rolspelers. STAP 4: Vaslegging van alle kommentaar, kwellinge en kwessies geopper deur B&GPe in n kwessieverslag wat n integrale deel uitmaak van die OIE verslae. STAP 5: B&GPe word uitgenooi om kommentaar te lewer op die konsep-bestekopname en OIE verslae (kommentaartydperk van 30 dae). HOE RAAK U BY DIE PROSES BETROKKE? 1. Deur te reageer op uitnodigings om betrokke te raak, wat in plaaslike- asook in streekskoerante geadverteer sal word. 2. Deur die ingeslote kommentaarvorm aan RHDHV te pos of te faks. 3. Deur vergaderings by te woon wat tydens die verloop van die projek gehou sal word. Indien u as n B&GP registreer, sal u persoonlike uitnodigings ontvang om dié vergaderings by te woon. Die datums van die publieke vergaderings sal ook in plaaslike sowel as streekskoerante geadverteer word. 4. Deur telefonies met die openbare deelname konsultante in verbinding te tree sou u enige vrae of kommentaar hê of addisionele inligting verlang rakende die projek; en deur die registrasie- en kommentaarvorm in te vul. 5. Deur die konsep-bestekopnameverslag te bestudeer binne die kommentaartydperk van 30 dae. Indien u uself as n B&GP beskou met betrekking tot die projek, wil ons u vriendelik dog dringend versoek om van die geleenthede wat deur die PDP aangebied word, gebruik te maak en by die proses betrokke te raak. U word ook uitgenooi om enige kwessies en bekommernisse rakende die projek te opper en sou u bykomende inligting verlang, RHDHV ter enige tyd te kontak. U insette tot die proses vorm n integrale deel van die omgewingstudies en ons sal graag u standpunte oor die voorgestelde projek wil hoor. Deur die aangehegte kommentaarvorm te voltooi en terug te stuur, word u outomaties as n B&GP vir die projek geregistreer. U word sodoende ook daarvan verseker dat u bekommernisse en vrae oor die projek genoteer word. Die openbare deelname konsultante sal alle kommentaar en navrae wat tydens die verloop van die projek ontvang word, beantwoord. KOMMENTAAR EN NAVRAE Rig alle kommentaar en navrae aan: Johan Blignaut Posbus 867 Gallo Manor 2052 : (011) 798 6436 : (011) 798 6010 : johan.blignaut@rhdhv.com Webtuiste: www.rhdhv.co.za

VOORGENOME GEKONSENTREERDE SONLIG KRAGOPWEKKINGS EN FOTOVOLTAISE AANLEGTE ASOOK GEPAARDGAANDE INFRASTRUKTUUR IN DIE SIYANDA DISTRIK REGISTRASIE EN KOMMENTAAR VORM BESONDERHEDE VAN BELANGHEBBENDE EN GEAFFEKTEERDE PARTY Naam: Organisasie: Posadres: Straatadres: Pos Kode: Telefoon nr: Selfoon nr: Taal voorkeur: Pos Kode: E-Pos: Faks nr: 1. Wat is u primêre belang(e) aangaande die voorgestelde projek? 2. Is daar enige kwessies en bekommernisse rakende die projek wat u graag wil opper? 3. Is daar enige addisionele Belanghebbende en Geaffefkteerde Party(e) wat u voorstel moet in kennis gestel word van die projek? JA / NEE Indien JA, veskaf die kontak besonderhede van die betrokke Belanghebbende en Geaffefkteerde Party(e) (naam, adres en telfoon nr) NAAM: HANDTEKENING: Voltooi asseblief en stuur aan: Johan Blignaut : Posbus 867, Gallo Manor, 2052 : (011) 798 6436 : (011) 798 6010 : johan.blignaut@rhdhv.com BYVOORBAAT DANK VIR U DEELNAME